South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 145

| Noteup | LawCite

Attoney-General of Natal v Ndlovu (73/86) [1987] ZASCA 145 (30 November 1987)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

Saak No. 73/86

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPêLAFDELING)

In die saak tussen:

THE ATTORNEY-GENERAL OF NATAL Appellant

en

ISAAC NDLOVU Respondent

Coram: RAIJIE WND MR, JOUBERT, HEFER ARR , BOSHOFF et

STEYN WND ARR.
Verhoordatum:
Leweringsdatum:

15 September 1987
30 November 1987

UITSPRAAK

RABIE WND HR:

Dit is 'n appèl deur die prokureur-generaal van

Natal/

2

Natal ingevolge die bepalings van art. 311(1) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977, teen die beslissing van die Natalse Provinsiale Afdeling in die saak S. v. Ndlovu 1986(1) SA 510(N). Die bevinding van die hof waarteen die appèl gerig is, is dat skuld in die vorm van dolus, hetsy dolus directus of dolus eventualis, vereis word vir 'n oortreding van art. 8 ( 1) (d ) van die Wet op Publikasies, No. 42 van 1974, en dat nalatigheid (culpa) nie voldoende is nie.

Die betrokke bepaling lui soos volg: "8.(1) Niemand mag -

(d) 'n publikasie of voorwerp besit nie

indien die besit van daardie publika-sie of voorwerp kragtens artikel 9(3) verbied is en daardie verbod by

kennisgewing/...

3

kennisgewing in die Staatskoerant bekend gemaak is;".

Art. 9(3) van die gemelde wet bepaal dat 'n komitee "die besit deur enigiemand van 'n publikasie of voorwerp wat volgens 'n beslissing van 'n komitee ongewens is",
kan verbied. Art 4 van die wet maak voorsiening vir
die aanstel van komitees.
Dit was gemene saak by die verhoor in die land-droshof dat 'n nommer van die periodieke publikasie Isandlwana wat in 1981 uitgegee is, op 8 Desember 1983 in 'n laaikas van die beskuldigde (die respondent in hierdie appèl) gevind is en dat dit aan hom behoort het, Die respondent, 'n organiseerder in diens van 'n vakbond, die National Union of Textile Workers, het getuig dat 'n

blanke/

blanke man genaamd Mike die publikasie in ongevéer Januarie 1983

tydens 'n vakbondsëminaar in Johannesburg aan hom gegee het; dat hy

by daardie geleentheid net vlugtig daarna gekyk het ("I

just looked at it", het hy gesê); dat hy dit huis toe

geneem het met die idee om dit later te lees, maar dat

hy nooit die tyd gevind het om dit te doen nie, en dat

hy nie geweet het dat die besit daarvan verbode is nie

Die landdros het bevind dat sekere van die inhoud van

die publikasie geweld en revolusie aanblaas; dat 'n

redelike man sou besef of vermoed het dat die besit

daarvan verbode was en dat die respondent nalatig was

deurdat hy nie navraag gedoen het om vas te stel of dit

verbode was nie. Die hof a quo het, soos reeds gesê,

bevind/....
4

5

bevind dat nalatigheid nie voldoende was om 'n oortreding

van die gemelde art. 8(l)(d) te skep nie. Dit het ook

bevind dat die getuienis nie 'n bevinding van dolus -

selfs in die sin van dolus eventualis - geregverdig het

nie. Die prokureur-generaal is verlof verleen om na

hierdie hof te appelleer teen die bevinding dat dolus

vir Yt oortreding van art. 8 (1 ) (d) vereis word en dat

nalatigheid nie voldoende daarvoor is nie.

Die appellant betoog tereg nie dat art. 8(1)(d)

'n absolute verbod bevat nie. So 'n betoog sou onhoud-

baar wees. Kyk bv. S. v. Arenstein 1964(1) SA 361 (A)

op 365 C-D; S. v. De Blom 1977(3) SA 513 (A) op 532

B-C en S. v. Ngwenya 1979(2) SA 96 (A) op 99 i.f Die

betoog/....

6

betoog is, soos reeds gesê, dat nalatigheid voldoende is

om 'n oortreding van art. 8( 1) (d) te skep.

Mnr Paver, namens die appellant, het sy betoog

begin deur te sê dat daar in die bewoording van art.

8(1)(d) geen aanduiding is van welke skuldvorm, d.w.s

nalatigheid of dolus, die wetgewer vir 'n oortreding

van die artikel vereis nie. Dit is 'n juiste stelling,

Sy betoog is egter dat daar verskeie oorwegings is wat

daarop dui dat dit die bedoeling van die wetgewen is

dat nalatigheid voldoende vir 'n oortreding van die artikel

is. Die eerste oorweging is, aldus die betoog, dat die

artikel 'n hoë graad van sorg of omsigtigheid van die kant

van die onderdaan vereis en dat dit toon dat die wet-

gewer/...
7
gewer bedoel het dat nalatigheid voldoende is om 'n

oortreding van die artikel mee te bring. Mnr Paver het

ons ter ondersteuning van hierdie betoog verwys na S.v.

Arenstein, supra, waar dit gegaan het oor die vraag of

die appellant tereg skuldig bevind is aan 'n oortreding

van art. 10 quat (l) van die Wet op die Onderdrukking

van Kommunisme, No. 44 van 1950, soos gewysig, deurdat

hy versuim het om te voldoen aan die bepalings van 'n

kennisgewing wat hom beveel het om hom gedurende 'n sekere

tydperk elke dag behalwe Saterdae en openbare vakansie-

dae op 'n bepaalde tyd by 'n polisiestasie aan te meld.

Daar is namens die appellant betoog dat nalatigheid nie

voldoende/....

8

voldoende vir 'n oortreding van die kennisgewing was nie en dat dolus vereis was. Botha AR het gesê dat in die afwesigheid van woorde soos "wilfully" of "intentionally" wat presies aandui welke soort geestesgesteldheid ("mental state") vereis word -

"the degree of mens rea must depend on that foresight or care which the statute in the circumstances demands."

Die geleerde regter het daarop voortgegaan en gesê (op 366 E-G):

"In the present case the Legislature has not given any express indication of the degree of blameworthiness required for a culpable failure to comply with a notice under sec. 10 quat (1). But in my view various considerations indicate that a high degree of circumspection and care on the

part/

part of an addressee of a notice is demanded by the Legislature. Any failure to exercise that degree of circumspection or care con-stitutes the mens rea necessary for a culpable violation of the notice. (Cf. Rex v. Federated Meat Industries Ltd and Another, 1949(2) S.A. 795 (N) at p. 798).

The object of a notice under sec. 10 quat (1) is clearly to facilitate the exercise of effective control, in the interest of the safety of the State, over the movements of persons, whose activities or suspected activities are regarded as a danger to the safety of the State. That object could be completely defeated unless a high degree of circumspection or care to ensure compliance with such a notice is required, and it is unlikely that the Legislature could have intended failures to comply with such a notice, other than wilful failures only, to be excusable."

Mnr Paver het ons in hierdie selfde verband ook verwys na S. v. Oberholzer 1971(4) SA 602 (A), waar dit om 'n

oortreding/
9

10

oortreding van art. 3l(l)(a) van die Wet op Mate en Gewigte, No. 13 van 1958 gegaan het. Botha AR het daarop gewys dat die wetgewer deur die gebruik van die woord "opsetlik" in sommige artikels van die wet duidelik getoon het dat opset in die geval van daardie artikels die vereiste skuldsoort was, maar dat hy di t nie in die geval van art. 3l(l)(a) gedoen het nie. Hierdie feit, het die geleerde regter gesê (op 661 i.f.), "lei onvermydelik tot die gevolgtrekking dat opset nie vir 'n strafbare oortreding van laasgenoemde artikel (d.w.s. art. 31(1)(a)) nodig is nie." Botha AR het daar-na voortgegaan om te sê dat, waar die wet die beskerming van die algemene publiek teen uitbuiting in die handel

beoog/

11

beoog het, daardie doel verydel sou kon word indien slegs opsetlike oortredings van die bepalings van die wet strafbaar sou wees. In 'n passasie waarin hy na S.v. Arenstein, supra, verwys het, het Botha AR ook gesê (op bl. 612 A-C):

"Die Wetgewer verg egter klaarblyklik vir die verwesenliking van sy oogmerke 'n hoë mate van omsigtigheid van diegene op wie die bepalings van die Wet van toepassing is, en die opsetlike of nalatige versuim om daardie mate van omsigtigheid uit te oefen, maak die nodige mens rea uit vir 'n strafbare oortreding van, onder meer, art. 3l(l)(a). (S. v. Arenstein, supra op bl. 366). Dit volg dus dat, aangesien die ver-bod in art. 3l(l)(a) vervat nie 'n absolute verbod is nie, nalatigheid of culpa vol-doende is vir 'n strafbare oortreding daarvan. (R. v. H . , supra op bl. 130.)"

Mnr Paver het voorts betoog dat dit die oogmerk van die Wet op Publikasies is om streng beheer oor die

voortbrenging/

12

voortbrenging, verspreiding, invoer en besit van verbode

publikasies uit te oefen en dat die wetgewer nie kon

bedoel het dat slegs opsetlike oortredings van die be-

palings van die wet strafbaar sou wees nie. Die oogmerk

van die wetgewer met art. 8(1)(d) van die wet sou dus

ondergrawe of verydel kon word, aldus die betoog, indien

bevind sou word dat nalatigheid nie voldoende is om 'n

oortreding daarvan te skep nie.. In hierdie verband is

ook aangevoer dat die besitter van 'n verbode publikasie

maklik aanspreeklikheid sou kon vermy indien dolus as

vereiste vir 'n oortreding van art. 8( 1) (d) gestel word

aangesien dit vir die Staat baie moeilik is om dolus,

selfs in die vorm van dolus eventualis te bewys

Mnr/...

13

Mnr Paver het vir sy betoog ook gesteun op die strawwe wat in art. 43(1) van die wet voorgeskryf word. Sy betoog is dat dié strawwe 'n sterk aanduiding is dat groot sorg en omsigtigheid van die kant van die onder-daan vereis word en dat dit 'n faktor is wat daarop dui dat nalatigheid voldoende is om 'n oortreding van art. 8(l)(d) te skep. Die straf vvat vir 'n oortreding van art. 8(1)(d) (asook die ander bepalings van art. 8) voorgeskryf is, is: (i) indie geval van 'n eerste skuldig-bevinding, 'n boete van hoogstens R500 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 6 maande, of sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf; (ii) in die geval van 'n tweede skuldigbevinding, 'n boete van minstens R500

en/

14

en hoogstens R1 000 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van

hoogstens 6 maande, of sowel sodanige boete as sodanige

gevangenisstraf; en (iii) in die geval van 'n derde of

daaropvolgende skuldigbevinding, 'n boete van minstens

R1 000 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van minstens 6

maande, of sowel sodanige boete as sodanige gevangenis-

straf.

Die bogemelde betoog laat my geensins daarvan

oortuig dat die bevinding van die hof a quo nie korrek

was nie. Nie een van die oorwegings wat deur die ad-

vokaat genoem is, en ook nie almal van hulle tesame, weeg

na my mening so swaar as die onbillike en onaanvaarbare

gevolge wat die aanvaarding van nalatigheid as die

vereiste skuldvorm by art. 8(1)(d) sou meebring nie, en

ek/....

15

ek meen nie dat die wetgewer sulke gevolge kon beoog

het nie. Voordat ek in meer besonderhede hierop ingaan,

behandel ek net eers kortliks die verskillende oorwegings

waarop die advokaat gesteun het

Die eerste van hierdie oorwegings is, soos hierbo

gesê , dat art. 8(1)(d) 'n hoë graad van sorg en omsigtigheid

van die onderdaan vereis en dat dit daarop dui dat die

wetgewer bedoel het dat nalatigheid voldoende vir 'n

oortreding van die artikel sou wees. Soos hierbo aan-

getoon is, het mnr Paver hom in hierdie verband beroep

op wat Botha AR in die saak S. v. Arenstein, supra,

gesê het. My siening van die aangeleentheid is dat,

hoewel die feit dat 'n wetsbepaling groot sorg en omsig-

tigheid van die onderdaan vereis 'n aanduiding kan wees

dat/...

16

dat die wetgewer bedoel het dat 'n nalatige versuim om die bepaling te gehoorsaam voldoende is om 'n oortreding te skep, dit nie noodwendig of altyd so is nie. Daar moet op alle relevante oorwegings gelet word, onder meer ook, soos in die onderhawige geval, op wat die gevolge sou wees indien nalatigheid eerder as dolus as die ver-eiste skuldvorm beskou sou word, en welke gevolge die wetgewer in die omstandighede sou beoog het. Ek meen ook nie dat Botha AR in S. v. Arenstein, supra, te kenne wou gegee het dat waar 'n wetsbepaling 'n hoë graad van sorg of omsigtigheid vereis, dit noodwendig of altyd 'n af doende bewys is dat die wetgewer nalatigheid eerder as dolus as voldoende vir 'n oortreding van die bepaling bedoel het nie. In S. v. Oberholzer, supra, op 612, het die-
selfde regter, met verwysing na S. v. Arenstein, die

volgende/.....

17

volgende gesê in 'n passasie wat ek reeds hierbo aange-haal het, maar wat ek geriefshalwe ween hier aanhaal:

"Die Wetgewer verg egter klaarblyklik vir die verwesenliking van sy oogmerke 'n hoë mate van omsigtigheid van diegene op wie die bepalings van die Wet van toepassing is, en die opsetlike of nalatige versuim om daardie mate van omsigtigheid uit te oefen, maak die nodige mens rea uit vir 'n strafbare. oor-treding van, onder meer, art. 31 (l) (a). (S. v. Arenstein, supra op bl. 366). Dit volg dus dat, aangesien die verbod in art. 31 (l) (a) vervat nie 'n absolute verbod is nie, nalatigheid of culpa voldoende is vir 'n strafbare oortreding daarvan. (R. v. H., supra op bl. 130.)"

Die geleerde regter gee hier te kenne, indien ek die passasie reg verstaan, dat in die geval van wetsbepalings wat "'n hoë mate van omsigtigheid" vereis van diegene

op/...

18

op wie dit van toepassing is, mens rea in die opsetlike

of nalatige versuim om dit na te kom, kan bestaan.

Maar hoe dit ook al sy, dit is van belang om daarop te

let dat (soos sal blyk uit wat ek hierbo gesê het)

die hof in S. v. Oberholzer op verskeie oorwegings ge-

let het toe dit besluit het dat nalatigheid die vereiste

skuldvorm vir 'n oortreding van art. 31(1)(a) van die

Wet op Mate en Gewigte was. Dit het m.a.w. nie die

enkele feit dat art. 31 (1) (a) 'n hoë mate van sorg en omsig-

tigheid vereis as afdoende bewys dat nalatigheid die

vereiste skuldvorm was, beskou nie.

Die tweede oorweging waarop mnr Paver gesteun het,

is, soos hierbo aangedui, dat art. 8(1)(d) deel uitmaak

van/...

19

van 'n wet wat beoog om 'n streng vorm van beheer oor nie

net die voortbrenging, verspreiding en invoer van verbode

publikasies en voorwerpe uit te oefen nie, maar ook oor

die besit daarvan, en dat hierdie oogmerk ondermyn en

verydel sou word indien bevind sou word dat die besit van

'n verbode publikasie strafbaar is slegs indien daar dolus

aanwesig is. Ek aanvaar dat dit normaalweg vir die

Staat moeiliker sal wees om dolus (selfs in die vorm van

dolus eventualis) as nalatigheid te bewys, maar dié feit

weeg na my mening nie so swaar dat bevind moet word dat

'n nalatige oortreding van art. 8 ( 1) (d) strafbaar moet

wees nie. Ek moet dit op hierdie tydstip miskien ook

net duidelik stel dat hierdie uitspraak net oor art.

8(l)(d)/

20

8(1)(d) gaan en dat nie aanvaar moet word dat wat ek

i.v.m. dié bepaling sê noodwendig ook op die ander be-

palings van art. 8(1) van toepassing is nie. In hier-

die verband kan daarop gewys word dat prof. J C W

Van Rooyen (die huidige voorsitter van die Appèlraad

oor Publikasies) se Censorship in South Africa, op 141-

142, blyke gee van 'n mening dat vir 'n oortreding van

8(l)(b), wat op die verspreiding van verbode publikasies

betrekking het, culpa vereis word, maar vir 'n oortreding

van art. 8(1)(d), dolus. Ek vind dit nie nodig om op

hierdie mening aangaande art. 8( 1) (b ) in te gaan nie.

Mnr Paver het ook betoog, soos hierbo gesê,

dat die straf wat vir 'n oortreding van art. 8( 1) (d)

voorgeskryf is, daarop dui dat dit die bedoeling van die

wetgewer/

21

wetgewer is dat nalatigheid voldoende vir 'n oortréding

van die artikel is. Ek vind dit voldoende om te sê

dat die. voorgeskrewe straf na my mening geen regverdiging

bied vir 'n bevinding dat die wetgewer bedoel het dat

nalatigheid eerder as dolus vir 'n oortreding van art

8(l)(d) vereis word nie.

Ek het reeds hierbo gesê dat die hof a quo na my

mening tereg bevind het dat die vereiste skuldvorm by

art. 8(l)(d) nie nalatigheid is nie aangesien dit ge-

volge sou meebring wat die wetgewer nie kon beoog het

nie. 'n Bevinding dat nalatigheid die vereiste skuld-

vorm is, sou beteken dat daar by die bepaling van die

vraag/....

22

vraag of iemand die artikel oortree het van 'n objektiewe

maatstaf, t.w. die maatstaf van die bonus paterfamilias,

of redelike man, gebruik gemaak moet word. Die goeie

huisvader, of redelike man, is, soos in R. v. Mbombela

1933 AD 269 op 272 deur De Villiers AR gesê is, "the man

of ordinary intelligence, knowledge and prudence".

Waar iemand van 'n oortreding van art. 8( 1) (d) aangekla

word, sal sy gedrag dus met die maatstaf van "the man of

ordinary intelligence, knowledge and prudence" gemeet

moet word, wat die werklike peil van sy intelligensie,

kennis en verstandigheid ook al mag wees. In Suid-

Afrika, gesien sy heterogene bevolking en die bestaan

van mensegroepe wie se ontwikkelings- en onderwyspeil

soms wyd van mekaar verskil, sou die toepassing van so

'n/......

23

'n maatstaf wat vir almal oral in die land geld onbillike

gevolge kon meebring wat die wetgewer nie kon beoog

het nie. Laat ons kortliks kyk na art. 8(1)(d) en wat

dit verg om jou nie aan 'n oortreding daarvan skuldig te

maak nie. Die artikel belet die besit van 'n publikasie

indien 'n komitee (ingestel kragtens art. 4 van die wet)

dit verbied en daardie verbod in die Staatskoerant be-

kend gemaak is. Indien iemand dus wil verseker dat hy

art. 8(l)(d) nie oortree nie , sal hy telkens wanneer hy

'n boek of ander soort publikasie koop, of van iemand anders

ontvang, of wanneer hy 'n pamflet in sy posbus vind,

ens., moet vasstel of die betrokke publikasie nie ver-

bode verklaar is nie. Hy sal ook, met betrekking tot

publikasies wat reeds in sy besit is, met elke verskyning

van/....

24

van 'n Staatskoerant, d.w.s. minstens een maal elke week,

moet vasstel of die een of ander van daardie publikasies

nie verbode verklaar is nie, want 'n publikasie wat die

vorige week nie verbode was nie, kan dalk nou verbode

wees. In dié respondent se skriftelike betoogpunte

word, met verwysing na gegewens wat uit Staatskoerante

geneem is, getoon dat daar elke jaar etlike honderde

publikasies verbied word, en dit behoef geen betoog dat

dit geen geringe taak sal wees om op die hoogte van alle

verbiedinge te bly nie. Art. 16 van die wet maak

voorsiening vir die publikasie in die Staatskoerant

van 'n jaar en 'n vyf jaarlys van verbode publikasies.

Teen die einde van Januarie 1987 (toe die respondent

se skriffelike betoogpunte opgestel is) het daar nog

net/...

25

net een vyfjaarlys verskyn, t.w. dié vir die periode

1975-1979 (Staatskoerant 440 van 13 Maart 1981), terwyl

die laaste jaarlys dié ten opsigte van die jaar Januarie -

Desember 1983 was. Dit blyk dus duidelik te wees dat,

om op die hoogte van verbode publikasies te bly, 'n mens

op Staatskoerante soos dit van week tot week (en soms

met korter tussenpose) verskyn, aangewese is. (Mnr.

Paver het te kenne gegee dat daar biblioteke is waar 'n

mens (waarskynlik) die nodige inligting sal kan bekom.

Ek weet nie of dit so is nie, maar ek meen dat in ieder

geval aanvaar kan word dat daar nie sulke bronne van

inligting in plattelandse gebiede beskikbaar is nie.)

Ek het ernstige bedenkinge oor die vraag of selfs diegene

wat werklik oor die persoonlike eienskappe beskik wat

die/....

26

die redelike man veronderstel is om te hê, in staat sal
wees om steeds op dié hoogte te wees van publikasies wat

verbode verklaar is, en die gedagte dat almal in'die land,

dus ook diegene wat nie oor daardie eienskappe beskik nie, veronderstel moet word om wel daaroor te beskik wanneer 'n oortreding van art. 8(1) (d) ter sprake is, is so on-realisties dat die wetgewer dit na my mening nie kon bedoel het nie.

Die hof a quo was dieselfde mening toegedaan. Shearer R het in die loop van sy uitspraak (op 514 C-E) o.m. gesê dat die volgende passasie in die uitspraak van Fannin R in die saak S. v. Naidoo 1974(4) SA 574 (N) -'n saak wat oor art. 3 van die Wet op die Misbruik van

Afhanklikheidsvormende/

27

Afhanklikheidsvormende Stowwe en Rehabilitasiesentrums,

No. 41 van 1971 gegaan het - na sy mening ook op die

onderhawige geval van toepassing is:

"In coming to the conclusion that mere culpa is not sufficient, I am mindful of the widely different standards óf culture, education and social awareness of various groups of persons to whom, as citizens of South Africa, the Act applies, and of the fact that application of an objective standard to many of such persons may well result in a hardship so unjust as to make it unlikely that Parliament could have in-tended any such result."

Ek stem saam met die mening van die geleerde regter dat

die aangehaalde woorde van Fannin R ook op die onder-
hawige geval van toepassing is. Ek stem ook saam met

sy opmerking wat op die aangehaalde woorde volg,nl.:

To/....

28

"To apply, for example, an objective standard to an illiterate living near the border at whose home offensive literature has been left would create so unjust a result that it could not have been intended."

Mnr Paver het hom in die loop van sy betoog ver-plig gevoel om toe te gee dat indien nalatigheid voldoende vir 'n oortreding van art . 8(1) (d) sou wees, dit vanweë die "widely different standards of culture, education and social awareness" van die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika waarvan Fannin R in S. v. Naidoo, supra, gepraat het, dikwels tot onbillike gevolge sou kon lei. Die oplossing wat hy vir hierdie situasie voorstel, is dat hierdie hof moet verklaar dat die toets vir nalatig-heid nie objektief is nie, maar subjektief. As dit ge-

doen/

29

doen sou word, sê hy, sal die gedrag van elke persoon

wat van 'n oortreding van art. 8(1) (d) aangekla word, in

die lig van sy eie persoonlike eienskappe beoordeel word,

en nie diê van die denkbeeldige redelike man nie. Die

advokaat het ons daarop gewys dat daar in geskrifte

van sekere regsakademici die draak gesteek word met die

hele begrip van die redelike man en die redelike man-

toets by die bepaling van nalatigheid. Hy het ook be-

toog dat daar reeds in sekere beslissings, ook in be-

slissings van hierdie hof, te kenne gegee is dat die

toets vir nalatigheid nie volkome objektief is nie, en

het gevolglik 'n beroep op die hof gedoen om nou die knoop

deur te hak en reguit te verklaar dat die toets vir na-

latigheid/....

30

latigheid subjektief is. In die onlangse saak S. v. Ngubane 1985(3) SA 677 (A) het Jansen AR daarop gewys dat sekere regsakademici 'n subjektiewe toets vir na— latigheid voorstaan en beweer dat daar in sekere resente beslissings van ons howe 'n neiging te bespeur is om 'n subjektiewe toets te aanvaar. Die hof se mening oor die aangeleentheid blyk uit die volgende woorde van Jansen AR op 686 E-F:

"The view generally held by our Courts is that culpa is constituted by conduct falling short of a particular standard, viz that of the reasonable man .... Although the reasonable man standard may to some extent be individualised in certain circumstances, it remains an objective standard."

Ek/....

31

Ek is nie bereid om die beroep wat die advokaat op die hof gedoen het, te aanvaar nie en ek is nie voornemens om die aangeleentheid. verder te bespreek nie. Ek sou net wou byvoeg dat dit na my mening totaal onwaarskynlik is dat die wetgewer ten tyde van die aanneem van die wet in 1974 die mening sou gehuldig het dat die toets vir nalatigheid in ons reg enigiets anders as die objektiewe toets van die redelike man is.

Ek is dus van mening, soos reeds hierbo
gesê is, dat die beslissing van die hof a quo korrek was. Hieruit volg dat die bevinding in S. v. Mati 1986(2) SA 248 (OKA) op 25O D-E dat culpa voldoende is om 'n oortreding van art. 8(1)(d) te skep, na my mening ver-

keerd is.

Die/

32

Die respondent het versoek dat die appellant ge-

las moet word om sy koste te betaal indien die appêl

nie slaag nie. Art. 311(2) van die Strafproseswet,

No. 51 van 1977 magtig die hof om so 'n bevel te gee, en

daar is geen rede waarom dit in die onderhawige geval

nie gedoen moet word nie. Kyk Attorney-General,

Transvaal v. Lutchman and Another 1959(2) SA 583 (A)

op 588.

Die appèl word met koste afgewys, insluitende die

koste van twee advokate.

P J RABIE

WND HOOFREGTER.

JOUBERT AR

HEFER AR

Stem saam

STEYN WND AR