SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 65

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Jacobs (443/84) [1986] ZASCA 65 (28 May 1986)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


DANIEL JOHANNES JACOBS APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

SAAK NO. 443/84

/ccc

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

DANIEL JOHANNES JACOBS APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: TRENGOVE, VILJOEN et JACOBS ARR

VERHOOR: 16 MEI 1986 GELEWER: 28 MEI 1986

UITSPRAAK TRENGOVE, AR:

Die/
2. Die appellant is in die landdroshof op Middelburg, Transvaal, skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 140(1)(a) van Ordonnansie 21 van 1966 (Transvaal), dit wil sê, dat hy 'n motorvoertuig op 'n openbare pad bestuur het terwyl hy onder die invloed van sterk drank was. Hy is gevonnis tot 18 maande ge-vangenisstraf waarvan 9 maande vir 'n tydperk van 5 jaar op sekere voorwaardes opgeskort is. Die appellant het na die Transvaalse Provinsiale Afdeling slegs teen sy vonnis geappelleer maar die appèl is afgewys. Verlof is egter daarna deur hierdie hof aan die appellant ver-leen om teen die vonnis in hoër beroep te kom. Wat die skuldigbevinding self betref, is daar dus geen dispuut

nie./

3. nie.
Die feite van hierdie saak is baie een-voudig. Konstabel Botha van die Suid-Afrikaanse Polisie op Middelburg het destyds in 'n woonstel gewoon wat skuins oorkant 'n hotel in Middelburg geleë is. Gedurende die nag van 25 Februarie 1983, om ongeveer 01h30, het hy wakker geword as gevolg van 'n rumoer by die hotel. Hy het vanaf sy woonstel gesien dat mense buitekant die hotel aan die baklei is. Hy het opgestaan, aangetrek en soheentoe gegaan. Net toe hy daar kom en die mense uitmekaar wou maak, gewaar hy 'n motorvoertuig wat uit die parkeerarea beweeg, in die pad indraai en ongeveer 10 tree verder aan by 'n rooi verkeerslig stilhou. Die

bestuurder/
4. bestuurder van hierdie voertuig het toe een of ander opmerking na konstabel Botha geskree. Hy gaan toe na die voertuig. Die appellant was die bestuurder. Hy was in 'n opstandige bui. Konstabel Botha het die voertuig afgeskakel, die deur oopgemaak, en die appellant aangesê om uit te klim. Hy was klaarblyklik onder die invloed van "sterk drank. Sy oë was bloedbelope, hy het met 'n sleeptong gepraat en hy was baie onvas op sy voete. Konstabel Botha het hom na die aanklagkantoor geneem waar 'n bloedmonster getrek is. Die appellant is ongeveer 'n uur later deur dr Marcel Myburgh, 'n plaaslike distriks-geneesheer, ondersoek. Sy het by die verhoor bevestig dat die appellant ten tyde van haar ondersoek onder die

invloed/
5. invloed van sterk drank was en hoegenaamd nie in 'n posisie was om 'n motorvoertuig met die nodige sorg en behendigheid te bestuur nie. Volgens die bloedmonster wat van die appellant getrek was, was die konsentrasie alkohol in sy bloed 0,20 gram per 100 milliliter. Die appellant het nie oor die meriete van die saak getuig nie. Om tot sover saam te vat. Dit is duidelik dat die appellant die betrokke aand heelwat gedrink het en dat-hy klaarblyklik onder die invloed van sterk drank was toe hy met sy motorvoertuig by die hotel weggetrek het.
Nadat die appellant skuldig bevind is, het dit aan die lig gekom dat hy twee vorige veroordelings

vir/

6.

vir aanverwante oortredings het. Hy is op 13 Januarie 1977 op Estcourt skuldig bevind aan nalatige bestuur en gevonnis tot betaling van 'n boete van R60 of 30 dae ge-vangenisstraf; en op 30 April 1982 is hy weer eens aan nalatige bestuur skuldig bevind en by dié geleentheid is hy gevonnis tot betaling van 'n boete van R300 of 100 dae gevangenisstraf plus 'n verdere 100 dae gevangenis-straf wat opgeskort is op voorwaarde dat hy nie 'n motor-voertuig op 'n openbare pad vir 12 maande bestuur nie.
Die appellant het na sy skuldigbevinding onder eed getuig oor sy persoonlike omstandighede wat soos volg saamgevat kan word. Hy was destyds 24 jaar oud. Hy is getroud, sy eggenote werk nie, en hulle

het/

7. het drie kinders waarvan die oudste, 'n aangenome kind, 10 jaar oud was en die jongste 2 jaar oud. Die appellant het ook 'n vaste betrekking by 'n konstruksiemaatskappy waar hy ongeveer Rl 000,00 per maand verdien.
Die landdros het uitvoerige redes verstrek vir die vonnis wat hy opgelê het. Dit blyk daaruit dat hy ag geslaan het op die persoonlike omstandighede van die appellant en dat hy, daarteenoor, ook sekere straf-verswarende faktore in aanmerking geneem het. Die eerste hiervan is die appellant se twee vorige veroor-delings wat, soos die landdros dit gestel het, albei "in verband staan met die bestuur van 'n motorvoertuig". Die landdros het met verwysing na die vorige veroordeling

en/
8. en vonnis van 30 April 1982 gesê dat dit baie duidelik is dat die appellant een van die opskortingsvoorwaardes verbreek het deurdat hy 'n voertuig op 'n openbare pad bestuur het en dat die hof dus by vonnisoplegging verder in gedagte moet hou dat, ongeag die vonnis wat die hof gaan oplê "daar 'n verdere 100 dae gevangenisstraf is wat die Staat seer sekerlik sal aansoek doen om in werking gestel te kry." Ek moet miskien in hierdie verband net daarop wys dat die inwerkingstelling van 'n opgeskorte vonnis volgens artikel 297(9) 'n saak van diskresie is, dat dit nie outomaties volg nie en steeds in die lig van al die relevante omstandighede oorweeg moet word.

Die landdros het tereg ook die ernstigheid

van/
9. van hierdie soort oortreding, en die lewensgevaar wat dit uiteraard vir andere skep, beklemtoon. Hy het verwys na die ontstellende hoë ongeluksyfer op ons paaie, en die gevolglike lewensverlies, wat onteenseg-lik in 'n hoë mate aan drankbestuur te wyte is. Die landdros het ook gesê dat hierdie tipe oortreding in die distrik Middelburg ernstige en sorgwekkende afmetings begin aanneem. Volgens 'n distriksgeneesheer wat in 'n vorige saak voor hom getuig het sou daar gedurende Augus-tus, September en Oktober 1982 "166 gevalle van dronk-bestuur" in Middelburg gewees het. Dit blyk nie uit die uitspraak of die distriksgeneesheer se gegewens op sy eie kennis gegrond is, of wat die bron daarvan was

nie. /
10. nie. Dit is ook nie heeltemal duidelik nie of die 166 gevalle betrekking het op persone wat nie slegs van dronkbestuur aangekla is nie maar wat ook inderdaad daaraan skuldig bevind is. Ek aanvaar nietemin dat die landdros op grond van sy eie kennis en ervaring geweet het dat hierdie soort oortredings, ondanks hoë strawwe en die publisiteit wat daaraan gegee word, steeds in die Middelburg-distrik aan die toeneem is. Wat die onderhawige geval betref, het die landdros in ag ge-neem dat die appellant eintlik geen wesenlike gevaar ge-skep het tot op die stadium wat hy by die verkeerslig stilgehou het nie. Die landdros het egter bygevoeg dat dit 'n faktor is wat maar geringe strafversagtende werking

het/

11.

het omdat, soos hy dit gestel het, hy ys as hy daaraan dink wat kon gebeur het as die appellant nie vroegtydig deur konstabel Botha voorgekeer was nie. Die landdros het, ten slotte, ook verwys na 'n hele aantal bekende sake waarin ons howe vir etlike jare reeds waarsku dat swaar strawwe vir dronkbestuur opgelê sal word. Dit was op grond van al hierdie oorwegings dat die landdros besluit het om die appellant te vonnis tot 18 maande gevangenisstraf waarvan 9 maande voorwaardelik vir 'n tyd-perk van 5 jaar opgeskort is. Die landdros het ook ingevolge artikel 146 van Ordonnansie no 21 van 1966 (Tvl) die appellant onbevoeg verklaar om 'n leerling -of bestuurderslisensie te verkry vir 'n tydperk van

12/

12.

12 maande vanaf die datum van die vonnis.
Ek kom vervolgens by die meriete van die appèl. Daar is namens die appellant betoog dat die vonnis buitensporig swaar is. Elke vonnis moet vanself-sprekend in die lig van sy eie feitlike agtergrond be-oordeel word. Ek stem volkome met die landdros saam dat die appellant se oortreding in 'n ernstige lig beskou moet word. Hy is klaarblyklik 'n heeltemal onverant-woordelike motorbestuurder. Na my mening kan 'n vonnis van gevangenisstraf, sonder die keuse van 'n boete, nie in die onderhawige omstandighede as onvanpas beskou word nie. Die vraag wat egter in dié verband oorweeg moet word,is of die landdros nie die appellant tot

periodieke/
13. periodieke gevangenisstraf liewer as ononderbroke ge-vangenisstraf moes gevonnis het nie. In S v Erwee 1982(3) S A 1057 (A) 1064H het Diemont Wn AR daarop gewys dat die howe in die verlede reeds by herhaling aangemoedig is om in gepaste gevalle van periodieke gevangenisstraf gebruik te maak. Hy het in dié ver-band o m met goedkeuring verwys na die volgende passasie in die uitspraak van Fannin R in S v Bhadloo 1971(1) S A
53(N) 54:

"It is not clear to me, however, why the magistrate did not regard this as an appropriate case for the passing of a sentence of periodical imprisonment which, as has been said more than once, has many advantages in a case such as this over an ordinary sentence of imprisonment. In the circumstances it seems to me that this is a case where this Court can pro-perly reconsider the question as to

whether/

14.

whether a sentence of periodical imprison-ment should be imposed. As to that, there can be no doubt but that a sentence of periodical imprisonment is a very real form of punishment, and one which brings home at regular intervals to a convicted person the seriousness of the offence which he had committed and the consequences like-ly to follow if he sins again. It has the advantage, too, that it does not prevent him from earning a living, during the week, and in general, too, is likely to spread over a longer period of time than an ordi-nary sentence of imprisonment. Tomy mind, this type of sentence is appropriate for many if not most cases of driving while under the influence of liquor, and I regard this as a suitable case for the imposition of periodical imprisonment." (Diemont Wn AR se onderstreping)

(Kyk ook: S v Bothma en Andere, 1963(1) S A 265(T) 266B - 267E; S v Nagel 1970(2) S A 483(T) 484 A - E;

S v Botha/

15. S v Botha 1970(3) S A 407(T) 409F - H; S v Van Dyk 1970(4) S A 508(N) 509 F - G en S v Rabbets 1974(1) S A 320(K) 322C - E.)
Dit blyk nie uit die landdros se uitspraak oor vonnis, of uit sy aanvullende redes, dat hy enigsins die moontlikheid van periodieke gevangenisstraf oorweeg het nie. Die landdros het heelwat moeite gedoen met sy uitspraak. Hy het na talle sake verwys wat by straf-toemeting in 'n geval soos die onderhawige ter saak is maar daar is nie 'n enkele verwysing na enige gewysde wat op periodieke gevangenisstraf betrekking het nie. Ek meen dat dit dus aanvaar kan word dat hy nie hierdie vorm van straf oorweeg het nie. Dít is na my mening 'n

leemte /

16. leemte in sy benadering tot die kwessie van 'n gepaste vonnis wat reggestel behoort te word.
Ek is van mening dat 'n betreklike lang tyd-perk van periodieke gevangenisstráf in die onderhawige ge-val 'n gepaste vonnis sal wees. Dit sal die appellant in staat stel om sy werk te behou en gevolglik ook sy vrou en kinders te onderhou. Dit is sy eerste oortreding vir dronkbestuur. Hoewel die persentasie alkohol in sy bloed hoog was, het hy in werklikheid nie vir enigiemand in ge-vaar gestel voordat konstabel Botha hom gearresteer het nie. So 'n vonnis sal die appellant ook telkens aan die onbe-sonnenheid van sy optrede en die prys wat hy daarvoor

moet/

17. moet betaal, herinner. Alles in ag genome, sal periodieke gevangenisstraf van 1 200 ure na my mening 'n gepaste straf wees.
En, ten slotte, net 'n enkele opmerking in verband met die moontlikheid dat die Staat mag vra dat die appellant se opgeskorte vonnis van 100 dae gevangenis-straf van 30 April 1982 ingevolge artikel 297(9) van die Strafkode in werking gestel word. Ek wil in dié ver-, band net daarop wys dat Human Wn R in die hof a quo bedenkings gehad het oor die geldigheid van die voor-waarde waarskynlik omdat dit argumenteerbaar is dat die voorwaarde te wyd gestel is. As so 'n aansoek wel ge-doen word, en die hof sou nie die tenuitvoerlegging van

die/
18. die vonnis ingevolge artikel 297(4) uitstel nie, sal dit vanweë die bepalings van artikel 285(5) natuurlik beteken dat die doel met die oplegging van periodieke gevangenisstraf verydel sal word. Dit sal jammer wees as dit sou gebeur.

Die slotsom is dus soos volg: (a) Die appèl slaag. Die vonnis van 18 maande ge-

vangenisstraf, waarvan 9 maande voorwaardelik op-geskort is, word vervang deur 'n bevel dat die appellant ingevolge artikel 285 van die Strafkode 1 200 ure periodieke gevangenisstraf moet onder-gaan. Met die oog hierop word die aangeleentheid na die landdros terug verwys met die opdrag dat

hy/

19.

hy die nodige stappe doen om 'n skriftelike kennisgewing ingevolge artikel 285(2) aan die appellant te laat beteken. (b) Indien die appellant die houer is van 'n be-

stuurderslisensie word sodanige lisensie ingevolge artikel 146 van Ordonnansie 21 van 1966 (Tvl) op-geskort vir 'n tydperk van 12 maande vanaf datum van hierdie vonnis en, indien die appellant nie die houer van 'n bestuurderslisensie is nie, word hy kragtens voormelde artikel onbevoeg verklaar om 'n leerling- of bestuurderslisensie te verkry vir 'n tydperk van 12 maande vanaf datum van hierdie vonnis.

VILJOEN, AR )

JACOBS, AR ) STEM SAAM


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1986/65.html