![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
DANIEL JOHANNES JACOBS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
SAAK NO. 443/84
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
DANIEL JOHANNES JACOBS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: TRENGOVE, VILJOEN et
JACOBS ARR
VERHOOR: 16 MEI 1986 GELEWER: 28 MEI 1986
UITSPRAAK TRENGOVE, AR:
Die/
2. Die appellant is in die landdroshof op Middelburg, Transvaal,
skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 140(1)(a) van Ordonnansie
21 van
1966 (Transvaal), dit wil sê, dat hy 'n motorvoertuig op 'n openbare pad
bestuur het terwyl hy onder die invloed van
sterk drank was. Hy is gevonnis tot
18 maande ge-vangenisstraf waarvan 9 maande vir 'n tydperk van 5 jaar op sekere
voorwaardes opgeskort
is. Die appellant het na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling slegs teen sy vonnis geappelleer maar die appèl is afgewys.
Verlof is egter daarna deur hierdie hof aan die appellant ver-leen om teen die
vonnis in hoër beroep te kom. Wat die skuldigbevinding
self betref, is daar
dus geen dispuut
nie./
3. nie.
Die feite van hierdie saak is baie een-voudig. Konstabel Botha van
die Suid-Afrikaanse Polisie op Middelburg het destyds in 'n woonstel
gewoon wat
skuins oorkant 'n hotel in Middelburg geleë is. Gedurende die nag van 25
Februarie 1983, om ongeveer 01h30, het hy
wakker geword as gevolg van 'n rumoer
by die hotel. Hy het vanaf sy woonstel gesien dat mense buitekant die hotel aan
die baklei
is. Hy het opgestaan, aangetrek en soheentoe gegaan. Net toe hy daar
kom en die mense uitmekaar wou maak, gewaar hy 'n motorvoertuig
wat uit die
parkeerarea beweeg, in die pad indraai en ongeveer 10 tree verder aan by 'n rooi
verkeerslig stilhou. Die
bestuurder/
4. bestuurder van hierdie voertuig het toe een of ander
opmerking na konstabel Botha geskree. Hy gaan toe na die voertuig. Die appellant
was die bestuurder. Hy was in 'n opstandige bui. Konstabel Botha het die
voertuig afgeskakel, die deur oopgemaak, en die appellant
aangesê om uit
te klim. Hy was klaarblyklik onder die invloed van "sterk drank. Sy oë was
bloedbelope, hy het met 'n sleeptong
gepraat en hy was baie onvas op sy voete.
Konstabel Botha het hom na die aanklagkantoor geneem waar 'n bloedmonster getrek
is. Die
appellant is ongeveer 'n uur later deur dr Marcel Myburgh, 'n plaaslike
distriks-geneesheer, ondersoek. Sy het by die verhoor bevestig
dat die appellant
ten tyde van haar ondersoek onder die
invloed/
5. invloed van sterk drank was en hoegenaamd nie in 'n posisie
was om 'n motorvoertuig met die nodige sorg en behendigheid te bestuur
nie.
Volgens die bloedmonster wat van die appellant getrek was, was die konsentrasie
alkohol in sy bloed 0,20 gram per 100 milliliter.
Die appellant het nie oor die
meriete van die saak getuig nie. Om tot sover saam te vat. Dit is duidelik dat
die appellant die betrokke
aand heelwat gedrink het en dat-hy klaarblyklik onder
die invloed van sterk drank was toe hy met sy motorvoertuig by die hotel
weggetrek
het.
Nadat die appellant skuldig bevind is, het dit aan die lig
gekom dat hy twee vorige veroordelings
vir/
6.
vir aanverwante oortredings het. Hy is op 13 Januarie 1977 op
Estcourt skuldig bevind aan nalatige bestuur en gevonnis tot betaling
van 'n
boete van R60 of 30 dae ge-vangenisstraf; en op 30 April 1982 is hy weer eens
aan nalatige bestuur skuldig bevind en by dié
geleentheid is hy gevonnis
tot betaling van 'n boete van R300 of 100 dae gevangenisstraf plus 'n verdere
100 dae gevangenis-straf
wat opgeskort is op voorwaarde dat hy nie 'n
motor-voertuig op 'n openbare pad vir 12 maande bestuur nie.
Die appellant
het na sy skuldigbevinding onder eed getuig oor sy persoonlike omstandighede wat
soos volg saamgevat kan word. Hy was
destyds 24 jaar oud. Hy is getroud, sy
eggenote werk nie, en hulle
het/
7. het drie kinders waarvan die oudste, 'n aangenome kind, 10 jaar oud was en
die jongste 2 jaar oud. Die appellant het ook 'n vaste
betrekking by 'n
konstruksiemaatskappy waar hy ongeveer Rl 000,00 per maand verdien.
Die
landdros het uitvoerige redes verstrek vir die vonnis wat hy opgelê het.
Dit blyk daaruit dat hy ag geslaan het op die persoonlike
omstandighede van die
appellant en dat hy, daarteenoor, ook sekere straf-verswarende faktore in
aanmerking geneem het. Die eerste
hiervan is die appellant se twee vorige
veroor-delings wat, soos die landdros dit gestel het, albei "in verband staan
met die bestuur
van 'n motorvoertuig". Die landdros het met verwysing na die
vorige veroordeling
en/
8. en vonnis van 30 April 1982 gesê dat dit baie duidelik is
dat die appellant een van die opskortingsvoorwaardes verbreek het
deurdat hy 'n
voertuig op 'n openbare pad bestuur het en dat die hof dus by vonnisoplegging
verder in gedagte moet hou dat, ongeag
die vonnis wat die hof gaan oplê
"daar 'n verdere 100 dae gevangenisstraf is wat die Staat seer sekerlik sal
aansoek doen om
in werking gestel te kry." Ek moet miskien in hierdie verband
net daarop wys dat die inwerkingstelling van 'n opgeskorte vonnis volgens
artikel 297(9) 'n saak van diskresie is, dat dit nie outomaties volg nie en
steeds in die lig van al die relevante omstandighede
oorweeg moet word.
Die landdros het tereg ook die ernstigheid
van/
9. van hierdie soort oortreding, en die lewensgevaar wat dit
uiteraard vir andere skep, beklemtoon. Hy het verwys na die ontstellende
hoë ongeluksyfer op ons paaie, en die gevolglike lewensverlies, wat
onteenseg-lik in 'n hoë mate aan drankbestuur te wyte
is. Die landdros het
ook gesê dat hierdie tipe oortreding in die distrik Middelburg ernstige en
sorgwekkende afmetings begin
aanneem. Volgens 'n distriksgeneesheer wat in 'n
vorige saak voor hom getuig het sou daar gedurende Augus-tus, September en
Oktober
1982 "166 gevalle van dronk-bestuur" in Middelburg gewees het. Dit blyk
nie uit die uitspraak of die distriksgeneesheer se gegewens
op sy eie kennis
gegrond is, of wat die bron daarvan was
nie. /
10. nie. Dit is ook nie heeltemal duidelik nie of die 166 gevalle
betrekking het op persone wat nie slegs van dronkbestuur aangekla
is nie maar
wat ook inderdaad daaraan skuldig bevind is. Ek aanvaar nietemin dat die
landdros op grond van sy eie kennis en ervaring
geweet het dat hierdie soort
oortredings, ondanks hoë strawwe en die publisiteit wat daaraan gegee word,
steeds in die Middelburg-distrik
aan die toeneem is. Wat die onderhawige geval
betref, het die landdros in ag ge-neem dat die appellant eintlik geen wesenlike
gevaar
ge-skep het tot op die stadium wat hy by die verkeerslig stilgehou het
nie. Die landdros het egter bygevoeg dat dit 'n faktor is
wat maar geringe
strafversagtende werking
het/
11.
het omdat, soos hy dit gestel het, hy ys as hy daaraan dink wat kon gebeur het as die appellant nie vroegtydig deur konstabel Botha voorgekeer was nie. Die landdros het, ten slotte, ook verwys na 'n hele aantal bekende sake waarin ons howe vir etlike jare reeds waarsku dat swaar strawwe vir dronkbestuur opgelê sal word. Dit was op grond van al hierdie oorwegings dat die landdros besluit het om die appellant te vonnis tot 18 maande gevangenisstraf waarvan 9 maande voorwaardelik vir 'n tyd-perk van 5 jaar opgeskort is. Die landdros het ook ingevolge artikel 146 van Ordonnansie no 21 van 1966 (Tvl) die appellant onbevoeg verklaar om 'n leerling -of bestuurderslisensie te verkry vir 'n tydperk van
12/
12.
12 maande vanaf die datum van die vonnis.
Ek kom
vervolgens by die meriete van die appèl. Daar is namens die appellant
betoog dat die vonnis buitensporig swaar is. Elke
vonnis moet vanself-sprekend
in die lig van sy eie feitlike agtergrond be-oordeel word. Ek stem volkome met
die landdros saam dat
die appellant se oortreding in 'n ernstige lig beskou moet
word. Hy is klaarblyklik 'n heeltemal onverant-woordelike motorbestuurder.
Na my
mening kan 'n vonnis van gevangenisstraf, sonder die keuse van 'n boete, nie in
die onderhawige omstandighede as onvanpas beskou
word nie. Die vraag wat egter
in dié verband oorweeg moet word,is of die landdros nie die appellant
tot
periodieke/
13. periodieke gevangenisstraf liewer as ononderbroke
ge-vangenisstraf moes gevonnis het nie. In S v Erwee 1982(3) S A 1057 (A)
1064H het Diemont Wn AR daarop gewys dat die howe in die verlede reeds by
herhaling aangemoedig is om in gepaste
gevalle van periodieke gevangenisstraf
gebruik te maak. Hy het in dié ver-band o m met goedkeuring verwys na die
volgende
passasie in die uitspraak van Fannin R in S v Bhadloo 1971(1) S
A
53(N) 54:
"It is not clear to me, however, why the magistrate did not regard this as an appropriate case for the passing of a sentence of periodical imprisonment which, as has been said more than once, has many advantages in a case such as this over an ordinary sentence of imprisonment. In the circumstances it seems to me that this is a case where this Court can pro-perly reconsider the question as to
whether/
14.
whether a sentence of periodical imprison-ment should be imposed. As to that, there can be no doubt but that a sentence of periodical imprisonment is a very real form of punishment, and one which brings home at regular intervals to a convicted person the seriousness of the offence which he had committed and the consequences like-ly to follow if he sins again. It has the advantage, too, that it does not prevent him from earning a living, during the week, and in general, too, is likely to spread over a longer period of time than an ordi-nary sentence of imprisonment. Tomy mind, this type of sentence is appropriate for many if not most cases of driving while under the influence of liquor, and I regard this as a suitable case for the imposition of periodical imprisonment." (Diemont Wn AR se onderstreping)
(Kyk ook: S v Bothma en Andere, 1963(1) S A 265(T) 266B - 267E; S v Nagel 1970(2) S A 483(T) 484 A - E;
S v Botha/
15. S v Botha 1970(3) S A 407(T) 409F - H; S v Van Dyk 1970(4)
S A 508(N) 509 F - G en S v Rabbets 1974(1) S A 320(K) 322C - E.)
Dit
blyk nie uit die landdros se uitspraak oor vonnis, of uit sy aanvullende redes,
dat hy enigsins die moontlikheid van periodieke
gevangenisstraf oorweeg het nie.
Die landdros het heelwat moeite gedoen met sy uitspraak. Hy het na talle sake
verwys wat by straf-toemeting
in 'n geval soos die onderhawige ter saak is maar
daar is nie 'n enkele verwysing na enige gewysde wat op periodieke
gevangenisstraf
betrekking het nie. Ek meen dat dit dus aanvaar kan word dat hy
nie hierdie vorm van straf oorweeg het nie. Dít is na my mening
'n
leemte /
16. leemte in sy benadering tot die kwessie van 'n gepaste vonnis wat
reggestel behoort te word.
Ek is van mening dat 'n betreklike lang tyd-perk
van periodieke gevangenisstráf in die onderhawige ge-val 'n gepaste
vonnis
sal wees. Dit sal die appellant in staat stel om sy werk te behou en
gevolglik ook sy vrou en kinders te onderhou. Dit is sy eerste
oortreding vir
dronkbestuur. Hoewel die persentasie alkohol in sy bloed hoog was, het hy in
werklikheid nie vir enigiemand in ge-vaar
gestel voordat konstabel Botha hom
gearresteer het nie. So 'n vonnis sal die appellant ook telkens aan die
onbe-sonnenheid van sy
optrede en die prys wat hy daarvoor
moet/
17. moet betaal, herinner. Alles in ag genome, sal periodieke gevangenisstraf
van 1 200 ure na my mening 'n gepaste straf wees.
En, ten slotte, net 'n
enkele opmerking in verband met die moontlikheid dat die Staat mag vra dat die
appellant se opgeskorte vonnis
van 100 dae gevangenis-straf van 30 April 1982
ingevolge artikel 297(9) van die Strafkode in werking gestel word. Ek wil in
dié
ver-, band net daarop wys dat Human Wn R in die hof a quo
bedenkings gehad het oor die geldigheid van die voor-waarde waarskynlik
omdat dit argumenteerbaar is dat die voorwaarde te wyd gestel
is. As so 'n
aansoek wel ge-doen word, en die hof sou nie die tenuitvoerlegging van
die/
18. die vonnis ingevolge artikel 297(4) uitstel nie, sal dit
vanweë die bepalings van artikel 285(5) natuurlik beteken dat die
doel met
die oplegging van periodieke gevangenisstraf verydel sal word. Dit sal jammer
wees as dit sou gebeur.
Die slotsom is dus soos volg: (a) Die appèl slaag. Die vonnis van 18 maande ge-
vangenisstraf, waarvan 9 maande voorwaardelik op-geskort is, word vervang deur 'n bevel dat die appellant ingevolge artikel 285 van die Strafkode 1 200 ure periodieke gevangenisstraf moet onder-gaan. Met die oog hierop word die aangeleentheid na die landdros terug verwys met die opdrag dat
hy/
19.
hy die nodige stappe doen om 'n skriftelike kennisgewing ingevolge artikel 285(2) aan die appellant te laat beteken. (b) Indien die appellant die houer is van 'n be-
stuurderslisensie word sodanige lisensie ingevolge artikel 146 van Ordonnansie 21 van 1966 (Tvl) op-geskort vir 'n tydperk van 12 maande vanaf datum van hierdie vonnis en, indien die appellant nie die houer van 'n bestuurderslisensie is nie, word hy kragtens voormelde artikel onbevoeg verklaar om 'n leerling- of bestuurderslisensie te verkry vir 'n tydperk van 12 maande vanaf datum van hierdie vonnis.
VILJOEN, AR )
JACOBS, AR ) STEM SAAM
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1986/65.html