SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 64

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Maake (318/85) [1986] ZASCA 64 (27 May 1986)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


318/85 /mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

SEPEKE GEORGE MAAKE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : VILJOEN, BOTHA, ARR et NESTADT, WAR

VERHOORDATUM : 19 MEI 1986 LEWERINGSDATUM: 27 MEI 1986

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Die/

2.
Die appellant het saam met ene Marupine
Samuel Mahlo voor die Rondgaande Hof van die
Transvaal op Tzaneen tereggestaan op drie aan-
klagte: een van moord, een van roof met verswarende
omstandighede en die derde dat hy 'n dooie liggaam
geskend het. Hy het op al drie aanklagte onskuldig
gepleit. Hy is egter skuldig bevind aan moord,
diefstal en skending van 'n dooie liggaam. Met
verlof van die Verhoorhof appèlleer hy teen die
skuldigbevinding aan moord en dat hy 'n dooie
liggaam geskend het.
Marupine Samuel Mahlo (hierna Samuel genoem) wat aanvanklik saam met die appellant tereggestaan het en,net soos die appellant, voor

die/
3. die Hof a quo onskuldig gepleit het, het in die loop van die verhoor skuldig gepleit van begun-stiging tot die pleging van die misdaad van diefstal op aanklag 2 (naamlik roof van 'n voer-tuig) terwyl hy sy pleit van onskuldig op die ander twee aanklagte naamlik moord en die skending van 'n dooie liggaam herhaal het. Sy pleite is deur die aanklaer aanvaar en die verhore is geskei. Op die dag na die aanvaarding van sy pleit is hy gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf waarvan 18 maande opgeskort is op sekere voorwaardes. Daarna is hy deur die Staat gebruik as 'n getuie.
Die beweerde slagoffer in al drie die aanklagte was 'n Swart vrou, Daisy Ncha. In die

klagstaat/

4.
klagstaat is beweer dat die twee beskuldigdes op 13 Mei 1983 langs die Gravelotte-pad in die distrik Ritavi vir Daisy Ncha (hierna die oor-ledene genoem) vermoor het, dat hulle haar van 'n voertuig beroof het en dat hulle haar dooie liggaam geskend het deur na haar dood haar oë en sekere dele van haar geslagsorgane te verwyder.
Luidens getuienis wat deur die Staat aangevoer is, en waaroor daar geen of weinig dis-puut is, het Hitler Mahlo, die broer van die oorledene, met laasgenoemde gereël om sy Toyota bakkie te bestuur vanaf Lenyeenye, Lebowa,om hom en sy swaer op Vrydag, 13 Mei 1983, op Trichardts-dal te haal. Sy het nooit met die bakkie daar

opgedaag/
5. opgedaag nie. Op Maandag 23 Mei het speurder-konstabel Gideon Leonard Mlomdozozi, nadat hy 'n sekere berig ontvang het, na die Khujwana-dam gegaan waar hy die lyk van die oorledene tussen biesies in die water gevind het. Daar was 'n lyfband om haar nek en 'n kombers of 'n tjalie waarin daar twee groot klippe was, was om haar geklede liggaam gewikkel. 'n Lykskouing is daarna op haar ultgevoer en volgens die lykskouings-verslag is die oorsaak van dood aangegee as "waarskynlik verwurging". Die "waarskynlik" is aangeteken omdat die liggaam in 'n gevorderde stadium van ontbinding was. Haar oë en labia majora was afwesig.

Samuel/

6.
Samuel is op 16 Junie 1983 gearresteer en het die volgende dag 'n verklaring voor 'n magistraat afgelê. Hierdie verklaring is as bewysstuk F sonder beswaar aan die Hof besorg toe hy nog beskuldigde 2 was. Ook is die Hof voorsien van 'n verklaring wat hy op 4 Julie 1983 gemaak het ten tyde van verrigtinge kragtens a 119 van die Strafproseswet (bewysstuk D).
In bewysstuk F het hy verklaar dat hy en die appellant op 13 Junie op die Tzaneen-Lydenburg-pad waar die Trichardtsdal-pad afdraai, gestaan het toe die oorledene daar teen ongeveer 17h30 verbykom met 'n bakkie. Die appellant het vir die oorledene gevra om hulle na Ritavi-

distrik/
7. distrik te neem waar hulle volgens die appellant 'n siek vrou wou gaan haal. Die appellant het vir die oorledene R20 aangebied. Sy het hulle opge-laai. Die appellant het voor by haar in die kajuit van die bakkie gesit en hy agter op. Hulle het nle ver gerý nie toe die bakkie tot stilstand kom. Hy sien die appellant druk die vrou met een hand asof hy haar uit die voertuig wou druk. Hulle het gepraat maar hy kon nie hoor wat hulle sê nie. Die oo-rledene was, so het dit vir hom voorgekom, onwillig om uit die voertuig te klim. Hy sien die appellant gryp die vrou aan haar nek en met die ander hand het hy die deur aan die vrou se kant oopgemaak. Hulle het albei by die deur uitgeval.

Toe/
8. Toe hulle op die grond val het die appellant die vrou gewurg. Samuel het geskree "wat doen jy?" Hy het egter niks verder gedoen nie want hy was bang vir die oorledene. Hy is later deur die appellant gelas om te help om die liggaam van die vrou op die bakkie te laai. Die appellant het vandaar bestuur en gery na 'n sekere stam-
gebied. Naby die Letsitele-plaas het die appel-
lant stilgehou en vir hom (Samuel) gevra om af te klim. Hy het gesê hy kom later terug. Die appellant het weggery en later weer teruggekom sonder die liggaam van die oorledene. Hulle het toe met die voertuig huis-toe gery. Toe hulle by die huis kom het die appellant gesê hy gaan

die/
9. die voertuig by sy (Samuel se) huis bêre. Nadat hulle die voertuig geparkeer het, het hy (Samuel) die windskerm afgehaal en dit in sy huis gaan bêre. Die volgende oggend het die appellant teen ongeveer 8h00 weer na sy huis gekom. Die appellant het hom toe gelas om die wiele van die voertuig af te haal en te gaan bêre. Hierdie opdrag het hy uitgevoer. Die polisie het hom by sy huis kom arresteer.

Bewysstuk D bevat meer besonderhede wat

betref die omstandighede waaronder hy in die
appellant se geselskap gekom het voordat die oor-ledene hulle langs die pad opgelaai het. Dit wyk ook af van bewysstuk F ten aansien van die gebeure

nadat/

10.

nadat hulle die liggaam van die oorledene op die

bakkie gelaai het. Dit is origens ook meer volledig

en bevat sekere grusame besonderhede. Hy verklaar

naamlik dat hy op 13 Mei 1983 op pad was na die

rivier met 'n waslap of 'n handdoek om homself daar

te gaan was toe die appellant,wat heelwat ouer as

hy en 'n buurman van hom is, vir hom versoek om
hom te vergesel na 'n sekere plek waar die appellant

sy Shangaan-vrou sou ontmoet. Hulle het na die

bushalte geloop en nadat hulle die bus bestyg het,
het die appellant ook sy reisgeld betaal aangesien
hy self nie relsgeld gehad het nie. Met die bus
het hulle gery tot by Namakgale. Daarna is hulle
met 'n huurmotor verder tot hulle 'n kruispad bereik

het/

11.

het wat afdraai na Ofcolaco naby 'n skool waar die vrou sou wees. Die appellant het egter, sonder om veel ondersoek in te stel, te kenne gegee dat 6ie vrou nie daar is nie. By 'n vrugtestalletjie het die appellant 'n avokado gekoop wat hy met 'n mes gesny het en wat hulle toe geëet het. Hulle het daar lank gewag tot ongeveer 18h00. Daar het voertuie verby gekom en uiteindelik het die oor-ledene in 'n Toyota-bakkie daar verby gekom. Die appellant het haar gestop. Hy het haar gevra om hulle op te laai na Pebeng waar hy sy vrou sou kry. Hy het haar R20 aangebied. Samuel het toe agter-dogtig geword aangesien die appellant vir hom gesê het die vrou is by daardie skool naby die plek waar

hulle/

12.

hulle was. Die appellant het voor in die bakkie

geklim en Samuel agter op. Ongeveer 3 km verder

het hy gevoel die bakkie gaan van die pad af en

kom tot stilstand. Hy sien dat die appellant

die oorledene aan haar keel beet het. Hulle
val op die grond buite die bakkie. Samuel vra
die appellant wat hy besig was om te doen. Die
appellant sê vir hom as hy aanhou skree sal hy
hom daar in die bos agterlaat. Hy het toe stil
gebly want hy het nie 'n sent in sy sak gehad nie.
Hy het daaraan gedink om weg te hardloop maar hy
was bang vir wilde diere. Die oorledene was later
bewusteloos. Die appellant het hom gevra om haar

aan die bene te vat en hom te help om haar op die

bakkie/
13. bakkie te laai. Hy het haar eenkeer laat val. Die appellant klap hom. Met die tweede probeer-slag kry hulle die oorledene se liggaam op die bakkie. Die appellant ry in die rigting van die Khujwana-dam. Op pad daarheen hou hy stil en die appellant gaan na die agterkant van die bakkie waar hy die oorledene se oë uithaal met 'n mes en dit agter in die bakkie laat. Daar-vandaan ry hulle na die Khujwana-dam waar die appellant die voertuig langs die water tot stil-

stand bring en 'n kombers of 'n tjalie voor uit die

bakkie haal, met sy (Samuel se) hulp die liggaam

daarop neerplaas, die oorledene se liggaam in die

kombers/

14.

kombers toewikkel en die liggaam na die water dra.

By die water aangekom he t hy (Samuel) geskrik vir

'n beweging in die water. Hy het gedink dit is 'n

krokodil. Die appellant het hom egter gerusgestel

en self eerste in die water ingegaan. Die liggaam

het hulle tussen biesies laat lê. Die appellant
het 'n klip tussen die kombers en die liggaam ge-

plaas en vir hom (Samuel) gestuur om nog 'n klip
te gaan haal. Toe hy terugkom met die klip sien
hy dat die appellant die corledene se rok opgeskuif
het en met sy mes aan die oorledene se geslagsdele
sny. Die appellant het die rok weer afgetrek en
die klip wat Samuel gebring het ook tussen die
kombers en die liggaam geplaas. Die liggaamsdele

wat/
15. wat hy verwyder het, het die appellant in 'n dra-sak ("travelling bag") geplaas. Hulle het gery en by appellant se huis stilgehou. Die appellant het na sy kraal gegaan. Hy (Samuel) het in die voertuig agtergebly. Die appellant het terugge-kom en die bakkie na sy (Samuel se) ouers se stat bestuur. Daar het hy die windskerm afgehaal en die appellant het vir hom gesê as iemand hom vra wie se voertuig dit is moet hy sê dit is syne. Die volgende dag het die appellant daar met 'n domkrag gekom en hulle het die wiele afgehaal.
Hulle het ook die bak van die voertuig en sekere ander dele afgehaal. Die goedere is daar by sy (Samuel se)ouers se stat gelaat. Hy is saam met

die/
16. die appellant na laasgenoemde se huis toe. Daar het die appellant 'n bewysboek tevoorskyn gehaal en die rybewys wat daarin was verwyder. Die appellant het gesê Samuel moet dit hou en dat hy dit later in Samuel se bewysboek sal invoeg. Die verklarings waarna ek verwys het, is natuurlik geen getuienis teen die appellant nie. Ek het egter redelik volledig daarna verwys omdat dit gebruik is vir kruisondervraging-doeleindes teen Samuel en daar klem gelê is op sekere verski'lle tussen die twee verklarings onderling en tussen hulle en sy getuienis in die

Hof.

Sy getuienis was wesentlik dieselfde as

die/
17. die relaas vervat in sy verklaring bewysstuk D. Dit verskil ten aansien van sekere besonder-hede en ook vir sover hy sekere besonderhede in sy getuienis weggelaat het en ander bygevoeg het. Aldus het hy byvoorbeeld in sy getuienis gesê dat hy bly staan het toe die appellant besig was om die oorledene te verwurg omdat hy vreesbevange en ook nuuskierig was. Toe daar in kruisonder-vraging vir hom daarop gewys is dat hy in sy verklaring gesê het dat hy nie weggehardloop het nie omdat hy bevrees was vir wilde diere kon hy nie 'n verklaring aanbied vir die verskil nie. Hy het getuig dat, toe hulle terugkom by hulle woon-plek, hy dadelik afgeklim het van die voertuig en

in sy/
18. in sy eie hut gegaan het. Daarna het hy gehoor sy pa en ma gesels met die appellant daar buite. Hy kon nie hoor wat hulle praat nie. Dit verskil van sy verklaring D daarin dat hy nie in sy ge-tuienis vermeld het dat hulle eers na die appellant se stat is nie en dat hy nie in sy verklaring van sy ma en pa se gesprek met die appellant vermeld het nie. In die Hof het hy getuig dat toe die appellant die volgende dag by hom opdaag, hy twee kannetjies spuitverf by hom gehad het waarmee hulle die neus van die bakkie wat eers groen was blou geverf het. In sy verklaring het hy niks van die spuitverf gesê nie. Hy het in sy getuienis gesê dat die appellant die registrasie-plate van die

voertuig/
19. voertuig verwyder het,'n besonderheid wat nie in sy verklaring voorkom nie. Hy het ook getuig dat hy die voorste en agterste wiele van die bakkie verwyder het omdat hy wou verhoed dat die appellant die bakkie vandaar na Pietersburg verwyder, soos wat hy gedreig het om te doen. Hy wou die bakkie daar hou totdat die polisie opdaag, het hy getuig. Volgens sy verklaring was dit nie sy oogmerk nie. Na aanleiding van ander getuienis, waarna ek aan-stons sal verwys het hy in kruisondervraging gesê, toe dit aan hom gestel is, dat die appellant wel die volgende oggend na die aand waarop hulle met die bakkie tuisgekom het, vir hom gewys het hoe om te bestuur. Hierdie stukkie detail kom nie in sy

verklaring/

20. verklaring voor nie. Die wiele, sê hy, is afge-

haal nadat die appeliant hom geleer bestuur het.

Mokgadi Josephine Mahlo (hierna Josephine

genoem), die moeder van Samuel, het getuig dat
Samuel een aand op 'n Vrydag gedurende Mei 1983
met 'n voertuig by die huis gekom het. Sy en haar
man het al gelê. Sy het gehoor dat Samuel met
die appellant buite geseis en dat die appellant
vir Samuel sê dat hy die volgende dag sou kom om
vir Samuel te leer bestuur. Haar man het uitge-
gaan en vir die appellant gevra waar die bakkie
vandaan kom. Sy antwoord was dat dit sy eiendom
was wat hy aan Samuel verkoop het. Op 'n vraag
van haar man waar die dokumente van die
voertuig was, het die appellant geantwoord

dat/

21. dat hy die dokumente sou oorhandig sodra Samuel hom betaal het. Die appellant is toe daar weg. Die volgende oggend het hy teruggekeer en hy en Samuel het weggetrek na 'n oop stuk grond waar hy vir Samuel geleer het om te bestuur. Hulle het met die bakkie teruggekeer. Sy weet nie wat daarna gebeur het nie want sy is weg dokter toe.
Die broer van Samuel, Magale Peter Mahlo (hierna Peter genoem) het getuig dat hy by hulle buurman se huis was - 'n huis wat hy in die afwesigheidvan die eienaar opgepas het - toe hy die bakkie by hulle huis sien intrek. Dit was 'n groen Toyota. In die bakkie was twee persone wat later uitgeklim het. Dit was Samuel en die

appellant./
22. appellant. Hulle het by die neus van die bakkie gestaan en gesels. Hy is kamer toe en het gaan slaap. Die afskeidswoorde van die appellant wat hy gehoor het was dat die appellant die volgende dag vir Samuel sou leer om te bestuur. Die appel-lant het inderdaad die volgende oggend gekom. Sy getuienis onder kruisondervraging was dat die appellant gesê het hy los die bakkie by Samuel omdat hy sekere onderdele vir die bakkie wou koop. Die appellant het nie vir hom gesê dat hy die
bakkie aan Samuel verkoop het nie. Die bakkie was groen. Die kajuit van die bakkie was geverf met 'n ander kleur. Hy weet egter nie wie die verfwerk gedoen het nie.

Die/

23.
Die bakkie is daar by Samuel se ouers se huis op 27 Mei 1983 deur Hitler Mahlo uitgeken as sy bakkie waarmeesy suster, die oorledene, vir hom en sy swaer by Trichardtsdal sou haal. Toe hy die bakkie uitken was dit blou geverf, drie wiele was af, die lugdraad van die radio was op 'n ander plek gemonteer en die registrasie-plate was verwyder.
Die appellant is gearresteer op 18 Junie 1983, nie by sy huis nie, maar by Thabamoopo in Lebowa-Kgomo. Speurder-sersant Thomas Mlomdozozi, die broer van speurder-konstabel Gideon Mlomdozozi wat die lyk van die oorledene gevind het, het getuig dat hy na die appellant se arrestasie met

die/
24. die appellant verskillende onderhoude gevoer het. Die appellant het eers alles ontken maar op 20 Junie 1983 het hy 'n verklaring voor 'n magistraat gemaak, die toelaatbaarheid waarvan in 'n afsonder-like verhoor ondersoek is, en vanweë sekere tegniese tekortkomings nie toegelaat is nie. Die getuie het egter getuig dat die appellant sekere plekke aan hom uitgewys het. Aldus het die appellant aan hom sekere plekke langs die pad uitgewys wat ooreenstem met die plekke wat Samuel genoem het, onder andere die plek waar hulle volgens Samuel se getuienis die bakkiebestyg het, asook 'n plek by 'n sekere kruising naby Gravelotte waar die oorledene verwurg is. Die appellant het ook aan die getuie 'n

spesifieke/

25.

spesifieke plek tussen biesies by die Khujwana-

dam gaan uitwys. Dit stem ooreen met die plek

waar die oorledene se liggaam gevind is. Die

getuie het erken dat, toe die appellant hom die

plek by die dam uitgewys het, hy reeds geweet

het dat die liggaam by die Khujwana-dam gevind

is. Sy broer het hom dit meegedeel. Hy het
egter nie geweet by watter spesifieke plek die
liggaam gevind is nie. Die appellant het hom
ook geneem na die woonplek van Samuel waar hy
die betrokke bakkie aan hom uitgewys het.

Die verweer van die appellant, soos

wat dit uit kruisondervraging van die Staats-
getuies en ander aanduidings wat namens hom gegee

is/

26.

is, geblyk het, was dat hy nie op 13 Mei 1983 by sy huis was nie, maar by Dina Mohwale se stat naby Thabamoopo in die Pietersburg-area, ver van sy huis. Hy was daar om as kruiedokter sekere pasiënte of 'n besondere pasiënt te behandel, is beweer. Om hierdie verwagte verweer die hoof te bied, is Dina as getuie vir die Staat geroep. Sy het getuig dat sy vir die beskuldigde by die stat van haar bure gesien het nadat die skool vir die winter gesluit het en dat hy nie daar of by haar stat was op 13 Mei nie.

Die beskuldigde se verweer wat hy opgewerp het in sy getuienis was inderdaad 'n alibi. Hy het getuig dat hy niks van die misdrywe waarvan hy aangekla is, weet nie. Vanaf 1 Mei tot 18 Junie 1983 was hy by ene Mohwale se stat om pasiënte, veral een vrou, Modiba, medies te behandel. Op 13 Mei was sy onder sy behandeling. Hy het haar

behandel/

27. behandel vir 'n bloedkwaal en vroue-siekte. Toe die polisie hom daar gearresteer het, was Modiba nog daar gewees.

Hy het ontken dat hy enige uitwysings
gedoen het. Hy beweer dat die polisie hom na die betrokke plekke geneem het waar hulle vir hom uitgewys het en beweer het dat daar sekere gebeure plaasgevind het en dat hy daar sekere handelinge sou verrig het wat in verband staan met die beweerde oortredings. Hy het geen uit-wysings self gedoen nie.
Modiba het namens die appellant getuig dat sy gedurende Mei 1983 vir haar ouma besoek het by Mphahlele waar sy siek geword het en na Mohwale

se kraal/
28. se kraal daar naby gegaan het na die appellant van wie sy verneem het dat hy 'n dokter was. Dina, sê sy, is ook 'n toordokter en het saam met die appellant daar geneeskundige dienste verrig. Sy het rondom 10 Mei 1983 na Mohwale se kraal gegaan. Die appellant het haar behan-
del vir seer voete en nie vir vroue- of bloed-
kwale nie. Toe die polisie vir die appellant gearresteer het, was sy nie meer by Mohwale se kraal nie, maar by haar ouma se kraal. Sy het periodiek nog na Mohwale se kraal gegaan om 'n vars voorraad kruie te kry. Toe sy een dag daar kom het Dina vir haar gesê dat die polisie vir die appellant kom haal het. Dina het in haar

getuienis/

29. getuienis gesê dat sy glad nie vir Modiba ken nie.
Die Hof a quo, soos dit blyk uit die geleerde Verhoorregter se uitspraak, het dit in ag geneem dat Samuel, wat die omstandighede betref waaronder die oorledene gedood is, 'n enkelgetuie en ook 'n medepligtige was en het sy getuienis besonder versigtig benader. Die Hof het nietemin bevind dat Samuel die waarheid vertel het. Op sy ge-tuienis oor sy aandadigheid aan die dade waarvan hulle aangekla is, was daar tereg, meen die Hof a quo, kritiek uitgespreek maar na die Hof se mening het die punte van kritiek nie afbreuk gedoen aan sy weer-gawe van wat op 13 Mei 1983 gebeur het nie. Die

Hof/
30. Hof het geredeneer dat daar geen rede was waarom Samuel vir die appellant, as hy onskuldig was, by die voorval sou betrek nie. Hy het geen haat, soos hy dit gestel het, teen die appellant gekoes-ter nie. Die appellant is 'n ou man en Samuel is 'n veel jonger man, word in die uitspraak gesê, en die Hof het geen twyfel dat hy die waarheid vertel het nie. Die getuienis van Samuel word ook gestaaf deur Samuel se ma en broer, meen die Hof, en hulle kon geen rede vind om hulle getuienis nie te aanvaar nie. Speurder-sersant Mlomdozozi het, luidens die

uitspraak,'n goeie indruk op die Hof gemaak en waar

die getuienis van Mlomdozozi met dié van die

appellant gebots het wat die uitwysing van sekere

plekke/
31. plekke betref, het die Verhoorhof die getuienis van Mlomdozozi aanvaar en die van die appellant verwerp.
Ten aansien van die appellant se alibi het die Hof Dina se getuienis dat die appellant nie op 13 Mei 1983 by haar stat was nie, aanvaar, Die Hof het ock in aanmerking geneem dat Modiba se getuienis teenstrydig was met die appellant s'n ten aansien van die tye wat hy beweer hy by Mohwale se stat was, hoe lank Modiba daar vertoef het en die kwale waarvoor hy haar behandel het. Die Hof het gevolglik die alibi verwerp.
Die Hof het ten slotte die benadering gevolg, wat myns insiens die korrekte benadering is,

dat/
32. dat ten spyte van die verwerping van die alibi die Hof nogtans moes bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant skuldig is aan die oortredings wat hom ten laste gelê is. Die Hof het bevind dat wat aanklagte 1 en 3 betref die Staat daardie bewyslas gekwyt het. Wat die aanklag van roof van die bakkie be-tref het die Hof getwyfel of hy die oorledene ge-
dood het met die opset om haar van die bakkie te
beroof en het aan die appellant die voordeel van die twyfel gegee.
Met die oog op die aard van die verweer en die betoog voor ons dat die Staat nie daarin geslaag het om te bewys dat die appellant wel 'n

aandeel/

33. aandeel gehad het in die pleeg van die ten laste gelegde misdade nie, kom dit vreemd voor dat die appellant nie ook ten aansien van sy skuldig-bevinding op die diefstal van die bakkie verlof gevra het om te appelleer nie. Ons aanvaar egter

dat dit 'n oorsig was.

Die grondslag van die betoog namens die appellant was, eerstens, dat die getuienis van Samuel Mahlo nie geloofwaardig genoeg was om bo redelike twyfel te bevind dat hy die waarheid vertel het nie en, tweedens, dat die stawing wat die Hof a quo bevind het vir die getuienis van Samuel nie genoegsaam was nie. Die verskille

tussen/

34. tussen die verklarings F en D en tussen verklaring

D en Samuel se getuienis is beklemtoon sowel as

onbevredigende en leuenagtige antwoorde en ver-

duidelikings wat hy verskaf het in sy getuienis.
Daar is gewys op die verskillende redes wat hy
aangevoer het waarom hy nie die toneel waar die
oorledene verwurg is, verlaat het nie, dat hy
in sy eerste verklaring (F) voor die magistraat
te kenne gegee het dat hy nie saam met die appel-
lant by die Khujwana-dam was nie, dat hy verskillende
redes aangevoer het waarom hy die wiele afgehaal
het en dat hy aanvanklik verswyg het dat die appel-
lant hom geleer het om te bestuur. Dieselfde kritiek
is uitgespreek in die Hof a quo. Die Verhoorhof het,
soos blyk uit die uitspraak, hierdie kritiek deeglik

35.

oorweeg en het die advokaat gelyk gegee dat die
kritiek geregverdig is. Nietemin het die Verhoor-hof bevind dat Samuel die waarheid vertel. Ek stem saam. Die getuienis wat gekritiseer is het betrekking op die verduidelikings wat Samuel aan-gevoer het vir sekere optredes tydens en na die gebeure. As iemand wat nou betrokke was by die gebeure is dit aanneemlik dat daar 'n neiging by hom sou bestaan om homself te verontskuldig en in die proses nie die volle waarheid te vertel nie. Sy getuienis kan egter om hierdie rede nie in die geheel yerwerp word nie. Na my oordeel het die Verhoorhof geen wanvoorligting begaan nie in die bevinding dat Samuel se getuienis, wat die gebeure op daardie dag

betref/

36.

betref, aanvaar behoort te word.
Samuel se relaas is bowendien sterk gestaaf deur ander getules. Kritiek is uitge-spreek teen Josephine en Peter se getuienis. Hierdie kritiek is sonder enige verdienste. Die verskille wat daar bestaan tussen hulle weergawes wcrd verklaar deur die felt dat Peter nie alles gehoor het wat sy ma gehoor het nie. Die Hof het speurder-sersant Mlomdozozi se ge-
tuienis aanvaar. Die uitwysing is sterk stawing van Samuel se getuienis. Ek stem saam met die Verhoorhof dat die vermelding van Mlomdozozi se
broer aan hom dat die lyk van die oorledene gevind

is by die Khujwana-dam nie afbreuk doen aan sy

getuienis/

37. getuienis van die uitwysing van die spesifieke plek waar, volgens ander getuienis, die lyk gevind is nie.

Die appèl word van die hand gewys.

APPéLREGTER

BOTHA AR)
) - Stem saam NESTADT WAR)


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1986/64.html