SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 26

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Barnard (209/1984) [1986] ZASCA 26 (24 March 1986)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


LL Saak No 209/1984

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

Insake die appèl van:

MARTHINUS CHRISTOFFEL BARNARD Appellant

teen

DIE STAAT Respondent

CORAM: JANSEN, VAN HEERDEN ARR et

NESTADT WAR

VERHOORDATUM: 17 MAART 1986

LEWERINGSDATUM: 24 MAART 1986

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR ...

2.

VAN HEERDEN AR:

Die gebeure wat hul in die vroeë oggendure
van 17 Februarie 1983 in die omgewing van die Hoogge-
regshofgebou in Pietermaritzburg afgespeel het, hor-
inner aan 'n tragikomedie. Die een oomblik het wyle
Brian James Eudey, 'n jong man in die fleur van sy lewe,
nog in 'n gees van uitbundigheid die stadstilte rnet
terugplowwe van sy voertuig versteur. Die volgende
oomblik is hy noodlottig getref deur koeëls uit die
pistool van die appellant, 'n konstabel en eweneens 'n
jong man. As gevolg van 'n sameloop van omstandighede
wat tereg as bizar bestempel kan word, is hy naamlik
weens 'n aaklige vergissing verkeerdelik deur die ap-
pellant as 'n terroris aangesien.

Hierdie gebeure het gelei tot die appellant
se vervolging in die Natalse Provinsiale Afdeling op 'n
aanklag van moord. Hy is deur Nienaber R en assessore

/aan ..

3.

aan strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis tot
drie jaar gevangenisstraf, wat voorwaardelik opgeskort
is, asook 'n boete van R3 000 of 'n verdere 3 jaar ge-
vangenisstraf. Met verlof van hierdie Hof is die
appèl slegs teen die skuldigbevinding gerig.

Weens die bevinding waartoe ek gekom het, hoef
slegs die volgende, bondige weergawe gegee te word van
agtergrondsfeite wat nie in geskil is nie.
Twee dae voor die noodlottige gebeure leer die
appellant hoe om sy bakkie te laat terugplof. Hy kan
dit doen deur die aansluitingsmeganisme van die voertuig
aan en af te draai; altans wanneer dit in beweging is.
Omstreeks 2 vm op 17 Februarie ry die oorledene en 'n
vriendin in die bakkie in Pietermaritzburg rond, o a
in Collegeweg wat voor die Hooggeregshofgebou ("die
hof") verby loop. (Collegeweg word Wesstraat maar
gerieflikheidshalwe verwys ek na dié twee strate as een
straat met eersgenoemde naam.) Op 'n paar geleenthede

/veroorsaak ...

4.

veroorsaak die bakkie as gevolg van terugploffing knal-
geluide. Die dame word afgelaai en die oorledene en
'n vriend, ene Currie, durf weer die leë strate aan.
Soos voorheen word die bakkie deur die appellant be-
stuur. Hulle ry weer in Collegeweg verby die hof,
draai kort daarna in Park Drive af en ry 'n paar draaie
in die omgewing. Die oorledene draai terug in Park
Drive en hou stil by 'n stopteken by die kruising van
hierdie straat en Collegeweg. Tot dusver het die
oorledene telkens die bakkie laat terugplof. Hy draai
nou regs in Collegeweg, d w s in die teenoorgestelde
rigting as wat hy sou moes volg indien hy weer by die hof
verby wou ry. Alvorens die bakkie 'n afstand van by-
kans 60 meter in Collegeweg beweeg het, word die oorle-
dene o a in die kop en die hart getref. Hy sterf
onmiddellik.

Die appellant was die aand van 16 Februarie op

patrolliediens. Hy was geklee in 'n uniform en het 'n

/polisiepet ...

5.

polisiepet gedra. Hy was in beheer van 'n voertuig
met 'n tweerigting radio. Saam met hom was konstabel
Mzila. Omstreeks 2 nm op 17 Februarie het radiobeheer
hom meegedeel dat skote by die hof afgevuur was. Kort
vantevore is 'n aanval op dié gebou deur terroriste ge-
loods en die polisie is gewaarsku dat nog aanslagte op
hofgeboue te wagte kon wees. As gevolg van dié berig
is die appellant na die hof waar die nagwag hom meege-
deel het dat iemand met 'n vuurwapen vanuit 'n sportter-
rein op hom geskiet het.

Net daarna hoor die appellant skote weergalm.
Hy sien 'n bakkie wat regs draai in Collegeweg en in die
rigting van die hof beweeg. Hy hoor weer 'n skoot en
meen dat daar vanuit die bakkie op hom geskiet word.
Die voertuig draai links in Park Drive en vir die appel-
lant klink dit daarna of 'n klein oorloggie aan die gang
is soos die nagstilte die knalgeluide oordra. Die
appellant en Mzila klim daarop in hulle voertuig en gaan

/hou ...

6.

hou stil in Collegeweg ongeveer 40 meter kort van die
kruising met Park Drive, d w s aan die hof se kant van
die kruising. Nou klim die appellant uit sy voer-
tuig. Hy hoor nog verdere skote uit die omgewing van
die agterkant van die hof en sien 'n voertuig in park
Drive indraai en daarna by die reedsgenoemde stopteken
tot stilstand kom. Hy is vas onder die indruk dat
daar terroriste in die voertuig is. Volgende op in-
sidente wat in geskil is, sien hy die voertuig regs
draai in Collegeweg, d w s weg van sy eie voertuig.
Hy vuur eers vier skote na die bande van die bewegende
voertuig. Niks gebeur nie en die bakkie ry voort.
Nou mik hy doelbewus na die bestuurder. Hy vuur nog
'n aantal skote en drie daarvan tref die oorledene. Die
oorledene sak inmekaar en Currie slaag daarin om die
bakkie tot stilstand te bring.

In stryd met die appellant se verwagting word
geen vuurwapen in of naby die bakkie gevind nie. Maar

/die ...

7.

die koeelgate in die bakkie en die oorledene se lyk is
stomme getuienis dat die appellant helaas nooit skote
van 'n vuurwapen (behalwe sy eie) gehoor het nie, maar
inderdaad slegs knalgeluide wat nes skote geklink het,
en dat hy dus as gevolg van 'n tragiese dwaling die oor-
ledene se dood veroorsaak het.

By die verhoor het die appellant hom beroep op
die bepalings van art 49 (2) van clic Strafproseswet 51 van
1977 ("die nuwe wet"). 'n Hele aantal regsaspekte is aan
die einde van die verhoor gedebatteer, oa of die bewyslas
betreffende die vereistes van die artikel op die appel-
lant gerus het en of art 49 (2) saam met art 49 (1) ge-
lees moet word. Die verhoorh.of het ten gunste van die
appellant veronderstel dat eersgenoemde subartikel vier-
kantig op sy eie bene staan, en dat die respondent moes
bewys dat die doodslag nie weens die bepalings daarvan ge-
regverdig was nie. Nietemin is bevind dat die respondent
hom van dié bewyslas gekwyt het, maar dat wederregtelik-

/heidsbewussyn ...

8.

heidsbewussyn ontbreek het. Vandaar die skulcligbe-
vinding aan strafbare manslag in teenstelling tot moord.

Ek keer later in meer besonderhede terug na
die feitlike bevindings van die verhoorhof. Op hier-
die stadium is dit egter dienstig om die veronderstel-
lings wat gemaak is nader onder oënskou te neem. Die
tweede een lewer geen probleme op nie. In S v Swane-
poel 1985 (1) SA 576 (A), het hierdie hof naamlik
beslis dat wanneer 'n beskuldigde van moord of strafbare
manslag aangekla word, en hy hom beroep op die beskerm-
ing wat art 49 (2) verleen, hy moet bewys dat aan die
vereistes daarvan voldoen is.

Wat die eerste veronderstelling betref, is
dit nodig om op die bewoording van die twee subartikels
te let. Hulle lees soos volg:

"(1) Indien iemand wat ingevolge hierdie Wet
gemagtig is om 'n ander in hegtenis te
neem of om met sy inhegtenisneming be-
hulpsaam te wees, poog om so 'n persoon

/in ...

9.

in hegtenis te neem en so 'n persoon:

(a)hom teen die poging verset en nie
sonder die aanwending van geweld
in hegtenis geneem kan word nie;
of
(b)vlug wanneer dit duidelik is dat
'n poging gedoen word om hom in
hegtenis te neem, of hom teen die
poging verset en vlug,

kan die aldus gemagtigde persoon, ten
einde die inhegtenisneming uit te voer,
die geweld aanwend wat in die omstandig-
hede redelikerwys nodig is om die verset
te bowe te kom of om die betrokke persoon
te verhinder om te vlug.

(2) Waar die betrokke persoon in hegtenis

geneem staan te word weens 'n in Bylae 1
bedoelde misdryf of in hegtenis geneem
staan te word op grond daarvan dat hy
redelikerwys verdink word so 'n misdryf
te gepleeg het, en die persoon wat in-
gevolge hierdie Wet gemagtig is om hom
in hegtenis te neem of om met sy inhegte-
nisneming behulpsaam te wees, hom nie op
'n ander wyse in hegtenis kan neem of kan
verhinder om te vlug as deur hom te dood
nie, word die doding geag straffelose
doodslag te wees."

Subartikel 1 slaan op geweld wat nie die dood van
'n persoon veroorsaak nie, terwyl die tweede subartikel

/juis ...

10.

juis op doodslag betrekking het. In die onmiddellike
voorganger van art 49, nl art 37 van die Strafproses-
wet 56 van 1956 ("die ou wet"), soos ook in art 44 van
Wet 31 van 1917, is streng volgens woordlui slegs vir
die uitsluiting van strafregtelike aanspreeklikheid ten
opsigte van doodslag voorsiening gemaak. Soos Botha
AR egter in Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629
(A) 640, aangedui het, het daar onsekerheid bestaan oor
die trefwydte van art 37 van die ou wet, en meer
bepaald oor die vraag of dit in bepaalde gevalle aan-
spreeklikheid vir 'n mindere vorm van liggaamsaantasting
as doding uitgesluit het. Soos Botha AR tereg aange-
toon het, is dit redelik om te aanvaar dat die wetgewer
beoog het om dié onsekerheid uit die weg te ruim deur in
art 49 van die nuwe wet twee aparte subartikels van
toepassing te maak op enersyds geweld wat die dood van
'n persoon tot gevolg het, en andersyds geweld met 'n
andersoortige gevolg, soos bv liggaamlike besering.

/Die ...

11.

Die rede waarom dit goed gevind is om in die
nuwe wet sodanige voorsiening te maak, lê voordie hand.
Die wetgewer het naamlik beoog dat doodslag onstraf-
waardig moet wees slegs ten opsigte van "ernstiger" mis-
dade, d w s misdrywe vermeld in die eerste bylae tot
die wet. Daar is dus geen rcde om te vermoed nie dat
die wetgewer van die vereistes vir 'n geslaagde beroep
op die bepalings van art 37 van die ou wet, en wat in
art 49 (1) van die nuwe wet beliggaam is, nie ook inge-
volge art 49 (2) vir geregverdigde doodslag wou laat
geld nie.
Die vraag wat pertinent in hierdie appêl ter
sprake kom, is of die vereiste van art 49 (1) dat die
te gearresteerde persoon moet "vlug wanneer dit duide-
lik is dat 'n poging gedoen word om hom in hegtenis te
neem", ook van toepassing is vir die doeleindes van art
49 (2). Hierdie vraag is bevestigend beantwoord deur
Botha AR in sy minderheidsuitspraak in Macu, supra. Hy

/het ...

12.

het sy gevolgtrekking soos volg geformuleer (op pp
641-2):

"Ek het reeds daarop gewys hoe die bewoord-

ing van die ou art 37 (1) in die nuwe art
49 (2) gewysig is. Die inleidende woorde
van art 49 (2):

'Waar die betrokke persoon in hegte-

nis geneem staan te word ...',

verwys klaarblyklik, soos ek reeds gesê het,
na die persoon wat genoem word in art 49 (1):
dit is 'n persoon ten opsigte van wie 'n poging
aangewend word om hom in hegtenis te neem en
wat

'(a) hom teen die poging verset en
nie sonder die aanwending van
geweld in hegtenis geneem kan
word nie; of

(b) vlug wanneer dit duidelik is dat
'n poging gedoen word om hom in
hegtenis te neem ...'

(Die verdere woorde 'of hom teen die poging
verset en vlug' behoef geen bespreking nie,
omdat dit klaarblyklik slegs beoog om voor-
siening te maak vir 'n geval waar die omstan-
dighede van sowel para (a) as para (b) aan-
wesig is.) Dit is duidelik, volgens my
mening, dat die beperkende woorde van para
(b), wat 'n voorvereiste daarstel vir die aan-
wending van geweld wanneer iemand vlug, ook
van krag is by die toepassing van art 49 (2).
Dit is waar dat hierdie vertolking neerkom op
die aanvaarding van 'n nuwe bepcrking op die
magtiging van die gebruik van geweld by 'n

/inhegtenisneming ...

13.

inhegtenisneming, wat nie voorheen bestaan
het nie, maar so 'n resultaat is myns insiens
onvermydelik aan die hand van die nuwe be-
woording van die wetsbepalings. Dit sou on-
logies wees om die verwysing na 'die betrokke
persoon' te lees as 'n verwysing bloot na 'n
persoon wat vlug, sonder die bykomende ver-
eiste 'wanneer dit duidelik is dat 'n poging
gedoen word om hom in hegtenis te neem', net
soos daar geen rede is nie om die verwysing
na 'n persoon wat hom verset te lees sonder
die bykomende gedagte van 'en nie sonder die
aanwending van geweld in hegtenis geneem kan
word nie'."

Hierdie motivering van Botha AR is nie in stryd
met enigiets wat in die meerderheidsuitspraak gesê is nie,
en ek vereenselwig my volmondig daarmee. Ek sou egter
ook die volgende oorweging opper. In beide die meerder-
heids- en minderheidsuitsprake is beslis dat die sinsnede
(in art 49(1) (b)) "vlug wanneer dit duidelik is dat 'n poging
gedoen word om hom in hegtenis te neem" meebring dat dit
vir die persoon wat gearresteer staan te word duidelik
moet wees dat die gemagtigde poog om hom te arresteer
(Macu pp 633 en 644). Hy moet dan vlug met die opset

/om ...

14.

om die poging te fnuik. Indien dié vereistes nie
by art 49 (2) betrek sou word nie, sou dit tot die on-
houdbare resultaat lei dat mindere vereistes vir reg-
verdiging van doodslag geld as vir, sê, 'n ligte graad
van verwonding binne die raamwerk van art 49 (1).
Derhalwe het die appellant se advokaat in hierdie hof
tereg toegegee dat art 49 (2) saam met eersgenoemde
subartikel gelees moet word.

Ingevolge art 40 (1) (b) van die nuwe wet
kan 'n vredesbeampte iemand sonder lasbrief in hegtenis
neem indien hy dié persoon redelikerwyse verdink dat hy
'n in die eerste bylae bedoelde misdryf gepleeg het
(behalwe een omskrewe misdryf wat nie ter sake is nie).
Die appellant was 'n vredesbeampte wat sonder 'n lasbrief
opgetree het, en dit staan vas dat hy die insittendes
van die bakkie verdink het van sodanige misdryf (ter-
roristiese bedrywighede binne die raamwerk van wet 7 4
van 1982). In die lig van die voorgaande kan die

/vereistes ...

15.

vereistes van art 49 (2) wat vir die doeleindes van
hierdie appèl ter sake is, nou soos volg getabuleer
word:

(a)Die appellant moes die insittendes
redelíkerwyse van die pleging van die betrokke misdryf
verdink het.
(b)Die oorledene (en Currie) moes in
hegtenis geneem staan te gewees het.
(c)Die oorledene moes bewus gewees het
van 'n voorneme van die appellant, wat dus kenbaar ge-
maak moes gewees het, om hom in hegtenis te neem.
(d)Die oorledene moes met daardie bewussyn
gevlug het, dws gepoog het om inhegtenisneming te ont-
duik deur ontvlugting.
(e)Ten einde uiteindelike ontvlugting te
verhoed moes daar geen uitweg gewees het anders as om
die oorledene te dood nie.

/Indien ...

16.

Indien die appellant bewys het dat al vyf
vereistes bevredig was, sou hy nie aan enige misdaad
skuldig bevind kon word nie. Hy sou hom dan met suk-
ses op 'n statutêre regverdigingsgrond kon beroep het
omdat hy bewys het dat die doodslag nie onregmatig was
nie. Dit volg egter nie dat indien nie aan een of
meer van die vereistes voldoen is nie, die appellant
wel 'n misdaad gepleeg het nie. Hy is juis nie aan
moord skuldig bevind nie omdat wederregteliksheidsbe-
wussyn ontbreek het. Al was die doodslag wederreg-
telik, sou die nodige skuldvorm gevolglik aanwesig
moes wees ten einde strafregtelike aanspreeklikheid
mee te bring. Wat strafbare manslag betref, waar die
skuldvorm nalatigheid is, sou die appellant derhalwe
nie aldus aanspreeklik gewees het nie "indien hy rede-
likerwyse geglo het" dat al die genoemde vereistes be-
vredig was. (Ek gebruik die frase in aanhalings-
tekens as 'n elliptiese maar gerieflike ekwivalent van

/"indien ...

17.

"indien 'n redelike persoon in sy plek sou geglo het".)

In Swanepoel, supra, het die Hoofregter
twyfel uitgespreek aangaande die juistheid van 'n be-
toog dat indien 'n gemagtigde wat 'n persoon wil arres-
teer op redelike gronde glo dat laasgenoemde vlug, die
persoon dan inderdaad beskou moet word as iemand wat
vlug. Dié betoog is egter benader met die oog op die
regverdigingsvereistes van art 49 (2) en nie met ver-
wysing na die skuldvraag nie. Dit kom my dan ook
met eerbied voor dat in R v Koning 1953 (3) SA 220 (T)
225, Ramsbottom R betreffende 'n statutêre bepaling soortgelyk
aan art 49 nagelaat het om die onderskeid tussen weder-
regtelikheids- en skuldvereistes voor oë te hou.

Normaalweg moet die Staat die nodige skuld-
vorm bewys. In 'n geval soos die onderhawige meen ek
egter dat in die lig van die oorwegings geopper in
Swanepoel dit vanself volg. dat die beskuldigde die
afwesigheid van skuld met betrekking tot die vereistes

/van ...

18.

van art 49 (2) moet aantoon, altans wat nalatigheid
betref. 'n Beroep op die afwesigheid van skuld in
so 'n geval sluit immers onregstreeks 'n beroep op die
subartikel in, sodat die wederregtelikheidsvraag en
die skuldvraag grotendeels, en betreffende die al of
nie aanwesigheid van nalatigheid feitlik altyd, in die
lig van dieselfde feite beantwoord moet word. Indien
die bewyslas onder bespreking op die Staat sou rus,
sou die onhoudbare situasie kon ontstaan dat die onus
rakende een en dieselfde feitekompleks nou op die be-
skuldigde en dan weer op die Staat sou rus. Gestel
byvoorbeeld dat indien XYZ bestaan, dit die afleiding
regverdig dat die te gearresteerde persoon gevlug het
om inhegtenisneming te vermy. Gestel voorts dat in
die afwesigheid van XYZ dit duidelik is dat 'n redelike
persoon nie sou gedink het dat bedoelde persoon inder-
daad gevlug het nie. Ten einde op geregverdigde
doodslag ooreenkomstig art 49 (2) te steun, sou die

/beskuldigde ...
19.

beskuldigde XYZ moes bewys. Indien hy hom nie van
hierdie las sou kwyt nie, sou 'n bevinding van onreg-
matige doding volg. Maar indien die bewyslas betref-
fende skuld met betrekking tot die vereistes van die
subartikel op die Staat sou rus, sou dit daarna op sy
beurt die afwesigheid van XYZ moes aantoon ten einde
nalatigheid en derhalwe strafregtelike aanspreeklik-
heid te bewys!

Soos reeds genoem, het die Hoofregter in
Swanepoel dit onnodig gevind om uitsluitsel te gee
oor die aanvaarbaarheid van 'n betoog dat aan die be-
trokke regmatigheidsvereiste van art 49 (2) voldoen
word indien die beskuldigde redelikerwyse dink dat die
te gearresteerde persoon vlug. Daarna het hy die
volgende gesê (op p 590):

"Ek is gevolglik van mening dat die
appellant se beroep op art 49 nie kan slaag
nie. Hierdie bevinding maak natuurlik nog
nie 'n einde aan die saak nie: dit beteken

/slegs ...

20.
slegs dat die appellant nie geregtig is op
die beskerming wat art 49 (2) bied nie.
Die Staat moet nog steeds bewys dat hy
skuldig is aan moord of aan 'n ander mis-
daad waaraan hy by 'n aanklag van moord
skuldig bevind kan word."
Dit is duidelik, meen ek, dat die Hoofregter

nie die bewyslas betreffende die aan- of afwesigheid
van skuld met betrekking tot die meermaal genoemde ver-
eistes in gedagte gehad het nie. In Swanepoel
was die appellant (beskuldigde) se weergawe naamlik
dat hy nie sy vuurwapen op die oorledene gerig het toe
hy die noodlottige skoot afgevuur het nie. Al wat dus
in die aangehaalde passasie te kenne gegee is, was dat
die Staat skuld moes bewys het in die sin dat die ap-
pellant die dood van die oorledene opsetlik of nalatig
veroorsaak het. In verband met daardie kwessie was
art 49 (2) nie eens onregstreeks ter sprake nie. Ge-
volglik is die passasie geensins in stryd met die ge-
volgtrekking waartoe ek hierbo gekom het nie.

/Ek ...

21.

Ek kom dan by die aspekte van die gebeure
onmiddellik voor die noodlottige skietery wat in ge-
skil is, en die verhoorhof se bevindings dienaangaande.
Die appellant getuig dat nadat hy sy voertuig in Col-
legeweg geparkeer en uitgeklim het, hy sy passasier
aangesê het om aan die sypaadjiekant van die voertuig
te skuil. Hy self het stelling voor die voertuig in-
geneem. Die hoofligte daarvan het gebrand, alhoewel
dié verdof was, en bowendien was hy feitlik direk onder
'n straatlamp. Toe die bakkie ongeveer 14 - 15 meter
vanaf die reedsgenoemde stopteken was, het hy nog 'n
skoot gehoor. Hy het geskrik want hy het geglo daar
word op hom gevuur. Hy het dus gekoets. Toe die
bakkie by die stopteken stilhou, het hy orent gekom,
sy regterhand in die lug gesteek en geskreeu: "Halt,
police. Come here." Dit het hy tweekeer gedoen.
Die bakkie het egter weggetrek en daar het weer 'n
skoot weergalm. Hy het onmiddellik op sy knieë

/gesak ...

22.

gesak, sy vuurwapen uit die skede getrek en vier skote
op die bakkie se wiele gevuur. Toe die bakkie egter
sy draai vanuit Park Drive in Collegeweg voltooi het,
het hy na die bestuurder geskiet.

Hierdie weergawe is tot 'n mate deur die ge-
tuienis van die passasier, Mzila, gestaaf. Hy beaam
dat die appellant wel voor hul voertuig gestaan het,
sy hand opgelig het en die insittendes van die bakkie
beveel het om te stop. Hy sê egter dat die appellant
nooit op sy knieë gestaan het nie, en meld dat die
appellant se rewolwer op 'n stadium grondwaarts gewys
het.

Currie ontken dat die bakkie teruggeplof het
nadat dit verby die stopteken beweeg het en sê dat hy
geen knalgeluid gehoor het nie voordat die bakkie feit-
lik sy draai na regs in Collegeweg voltooi het.
Daarna was daar wel sodanige geluide wat hom laat dink
het dat die bakkie terugplof. Uit die oorledene se

/reaksie ...

23.

reaksie was dit vir hom duidelik dat dit ook eersge-
noemde se indruk was.

Currie getuig voorts dat terwyl die bakkie
by die stopteken stilgestaan het, hy na links in
Collegeweg gekyk het om te sien of daar aankomende
verkeer was. Hy het 'n geparkeerde voertuig (klaar-
blyklik dié van die appellant) gesien maar het niemand
in of buite die voertuig opgemerk nie. Hy het ook
niemand hoor skreeu nie. Hoewel hy van mening was
dat die hoofligte van die voertuig nie gebrand het nie,
het hy toegegee dat sy indruk moontlik verkeerd kon
wees. Die appellant sou egter 'n leuen vertel, aldus
sy getuienis, indien hy sou sê dat hy voor die gepar-
keerde voertuig gestaan het.

Die verhoorhof het bevind dat Currie 'n eer-
like getuie was maar dat sy getuienis met omsigtigheid
benader moet word; hoofsaaklik omdat hy 'n vriend van
die oorledene was, hy tot 'n mate onder die invloed van

/drank ...

24.

drank was en hy "kennelik fouteer" het deur te sê dat
die appellant nie buite sy voertuig was nie. Laas-
genoemde punt van kritiek is na my mening ongegrond
want Currie het nooit betwis dat die appellant uit sy
voertuig geklim het nie. Al waaroor hy onvermurf-
baar was, was dat die appellant op die tersaaklike
tydstip nie voor die geparkeerde voertuig gestaan het
nie.

Mzila se getuienis moet volgens die oordeel
van die verhoorhof met nog groter omsigtigheid benader
word. Hy was, aldus die uitspraak, alles behalwe 'n
betroubare getuie op wie se waarnemings peil getrek
kon word. Ek vind dit egter onnodig om in besonder-
hede te verwys na die geregverdigde kritiek wat teen
sy getuienis uitgespreek is.

Aangaande die appellant is bevind dat hy
nie 'n "doelbcwuste, leuenagtige" getuie was nie. Daar
was egter onbevredigende aspekte in sy getuienis en

/die ...

25.

die hof se indruk was dat hy soms oordryf het en sy
getuienis aangepas het al na gelang dit sy verweer
die beste gepas het. Hoe hierdie indruk te rym is
met die eerste bevinding is nie so duidelik nie,
tensy die hof van mening was dat die appellant later
eerlik, maar verkeerdelik, geglo het dat sekere dinge
al of nie gebeur het.

Na ontleding van die getuienis en die
waarskynlikhede het die hof oa bevind dat die appel-
lant hom nie so opsigtelik gemaak het as wat hy voor-
gegee het nie. Voorts is bevind dat die appellant
nie redelikerwyse kon geglo het dat die insittendes
van die bakkie terroristiese bedrywighede gepleeg het
nie, en ook dat die doodskiet van die oorledene in
elk geval nie die enigste wyse was waarop die appel-
lant kon verhoed dat die verdagtes ontvlug nie.

Omdat die verhoorhof ten gunste van die
appellant veronderstel het dat art 49 (2) van die

/nuwe ...

26.

nuwe wet as't ware op sy eie bene staan, is geen defi-
nitiewe mening uitgespreek aangaande vereistes (c) en
(d) hierbo nie. Dit ly egter geen twyfel nie dat
die oorledene nie bewus was van enige voorneme van die
appellant om hom in hegtenis te neem nie, en derhalwe
ook nie gevlug hek om inhegtenisneming te fnuik nie.
Indien die appellant dus nie redelikerwyse gedink het
dat die twee vereistes wel bevredig was nie, volg dit
dat die appèl nie kan slaag nie.

Waarskynlik om bogenoemde rede ontbreek ook
'n omlyning deur die verhoorhof van sy bevinding dat
die appellant hom nie so opsigtelik gemaak het as wat
hy voorgegee het nie. Die mate waartoe die appellant
wel opsigtelik was, indien enige, is egter van deur-
slaggewende belang in die verband onder bespreking.

Soos reeds genoem, sê die appellant dat hy
in die gloed van sy motor se hoofligte en 'n oorhoofse
straatlamp voor die geparkeerde voertuig stelling

/ingeneem ...

27.

ingeneem het. Currie het dié voertuig gesien, en
indien die appellant wel op die bewuste plek gestaan
het, moes Currie hom gewaar het. Die weergawes van
Currie en die appellant rakende hierdie aspek is daar-
om direk teenstrydig. Na my mening spreek die waar-
skynlikhede egter oorweldigend ten gunste van Currie
se weergawe.

Die appellant sê dat volgens voorligting wat
hy as polisieman ontvang het, hy geweet het dat ter-
roriste waarskynlik nie geredelik sal oorgee nie en
hul weg uit 'n bedreiging van hul vryheid sal probeer
oopskiet. Hy sê ook dat hy bedag was op die moontlik-
heid dat handgranate na sy geparkeerde voertuig gegooi
kon word. Hy verkondig voorts dat toe die bakkie by
die stopteken stilhou en hy die reedsgenoemde bevel
geskreeu het, hy besef het dat "daar ... 'n 100% kans
[was] dat hulle my daar sou doodskiet", en dat hy geen
twyfel hoegenaamd gehad het nie dat "die mense ... [my]
/... ...

28.

... gaan afmaai." Nieteenstaande verkondig hy dat
hy doodsveragtend oop en bloot in 'n helder ligkol
stelling ingeneem het! Boonop staan hy aldus met
sy pistool in sy skede tot nadat die bakkie vanaf die
stopteken wegtrek en is hy dus nie eens in 'n posisie
om die verwagte skote op hom in gelyke munt te beant-
woord nie.

'n Mens hoef net die essensie van die weer-
gawe te konstateer om dit sonder huiwering te verwerp.
Dit is inherent onaanvaarbaar. Wat veel meer aan-
neemlik is in die lig van Currie se getuienis, is dat
die appellant aan die linker voorkant van sy motor
weggekruip het ten einde nie vir die vermeende ter-
roriste sigbaar te wees nie, en eers begin skiet het
nadat die bakkie in Collegeweg in 'n teenoorgestelde
rigting begin wegdraai het.

Insoverre Mzila die appellant se wecrgawe
onder bespreking steun, moet sy getuienis ook op grond

/van ...

29.

van die inherente waarskynlikhede verwerp word. Die
appellant het egter heel moontlik op 'n stadium voordat
hy die bakkie in aantog in Park Drive opgemerk het,
voor sy geparkeerde voertuig gestaan, en indien wel,
pas dit in by Mzila se getuienis. Laasgenoemde het
egter toe gaan wegkruip, was sekerlik vreesbevange, en
het in alle waarskynlikheid nie daarna gesien wat ge-
beur het nie. Dit word bevestig deur die feit dat
volgens hom (maar verkeerdelik) i) die bakkie nie by
die stopteken stilgehou het nie, en ii) die appellant
uit 'n staande posisie geskiet het.

Ek het sterk twyfel of die appellant ooit die
beweerde waarskuwingskrete geuiter het, want dit sou vol-
gens sy oortuiging die aandag op hom gevestig en tot
spervuur op hom gelei het. Maar al het hy dit gedoen,
kon hy nie redelikerwyse gedink het dat dit oor 'n af-
stand van bykans 40 meter hoorbaar sou wees vir die
insittendes van die bakkie waarvan die

/enjin ...

30.

enjin geluier het en trouens volgens die appellant met
die wegtrek vanaf die stopteken kwaai gewentel het,
terwyl hy nie eens waargeneem het of die vensters van
die bakkie oop of toe was nie.

Die appellant het dus nie bewys nie dat ver-
eistes (c) en (d) bevredig was, of dat hy redelikerwyse
gemeen het dat dit wel die geval was. Derhalwe is hy
tereg skuldig bevind en is dit onnodig om die ander
vereistes te behandel. Ek kan egter noem dat ek
akkoord gaan met die verhoorhof se bevinding dat die
appellant nie redelikerwyse die insittendes van die
bakkie van terroristiese bedrywighede kon verdink het
nie. In dié verband hoef slegs gewys te word op die
onaanneemlikheid dat terroriste op die hof sal skiet; sal
vertrek en na 'n hele rukkie weer terugkeer om die aan-
val te hervat; daarna kruis en dwars in die omgewing
agter die hof sal ry en 'n oorlog in die kleine maak,
en dan, met die stellige wete dat die polisie van hul

/bedrywighede ...

31.

bedrywighede verwittig is en hulle naby die toneel
moet bevind, ewe getroos en wetsgehoorsaam in die
vroeë oggendure by 'n stopteken sal stilhou terwyl
daar geen verkeer in Collegeweg in aantog is nie.
Meer nog: op die appellant se weergawe van waar en
hoe hy voor sy voertuig stelling ingeneem het sou
enige redelike persoon in sy plek die stellige ver-
wagting gehad het dat indien die insittendes van die
bakkie terroriste was, hulle op hom, wat duidelik as
polisieman kenbaar was, sou vuur terwyl die
bakkie stilstaande by die stopteken was.

Die appèl word afgewys.

H.J.O. VAN HEERDEN AR

JANSEN AR
STEM SAAM
NESTADT WAR


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1986/26.html