SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 168

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Cabinet Of the Interrim government For South west Africa And Another v Katofa (375/85) [1986] ZASCA 168 (1 December 1986)

Saak nommer 375/85 E du R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPêLAFDELING)
In die saak tussen:
THE CABINET OF THE INTERIM GOVERNMENT
FOR SOUTH WEST AFRICA Eerste Appellant
THE OFFICER COMMANDING WINDHOEK
PRISON Tweede Appellant
en
NIKODEMUS KATOFA Respondent.
Coram: RABIE, HR, JANSEN, TRENGOVE, BOTHA et

VAN HEERDEN, ARR.

2 UITSPRAAK

RABIE HR:
Die appellante appelleer teen die bevel wat die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op 26 Augustus 1985 in die saak Katofa v. Administrator-General for South West Africa and Another 1986(l) SA 800 gegee het. Die bevel het hulle gelas om Josef Katofa, die broer van die respon-dent in hierdie appél, uit aanhouding in die gevangenis op Windhoek te bevry en om die respondent se koste te be-taal. Besonderhede van die aanhouding en van die geskil tussen die partye oor die geldigheid al dan nie van die aanhouding word hieronder vermeld. Met die uitreik van die gemelde bevel het die hof 'n bevel nisi bekragtig wat hy op 20 Junie 1985 op aansoek van die huidige respondent

verleen/
3 verleen het. Die uitspraak wat die hof op 20 Junie 1985 gegee het, is ook gerapporteer: kyk Katofa v. Administrator-General for South West Africa and Another 1985(4) SA 211. Daar is ook 'n teenappêl deur die respondent. Hy appelleer teen die bevel van die hof a quo wat sy aansoek om sekere aanvullende beëdigde verklarings aan die hof voor te lê met koste afgewys het. Soos uit die gemelde hofverslae blyk, is die hoofuitspraak van die hof in albei gevalle deur Levy R geskryf en het Berker R P albei kere, in 'n aparte uitspraak deur hom geskryf, met die uitspraak van Levy R saamgestem.

Die saak waaruit hierdie appèl voortvloei,het op 4 Junie 1985 begin toe die respondent in hierdie appèl aan die Administrateur-Generaal van Suidwes Afrika, as eerste

respondent/

4 respondent, en die bevelvoerende offisier van die Windhoekse gevangenis, as tweede respondent, kennis gegee het dat hy die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op 10 Junie 1985 in 'n dringende aansoek sou vra om die

volgende bevele (soos gewysig op die dag toe die aansoek

aangehoor is) uit te reik, nl. dat -

"1. This Honourable Court dispenses with the form and service provided for in the Rules of Court in terms of Rule 6(12)(b).

That the Respondents produce the person of JOSEF KATOFA to this Honourable Court on a date and time to be fixed by the Honourable Court.

Directing the respondents to grant access by attorney David Frank Smuts to JOSEF KATOFA

forthwith.

3. bis. Directing the Respondents to apply and

enforce the peremptory requirements of Sections 5(1) and 6(1) of Proclamation AG 26 of 1978 (as amended).

4/

5

4. That a rule nisi do hereby issue, calling
upon the Respondents to show cause before this
Honourable Court, on a date to be determined
by it why:-

JOSEF KATOFA should not forthwith be re-leased from custody;

The Respondents should not furnish infor-mation to this Honourable Court as to whether:

(i) thê said JOSEF KATOFA is under arrest; (ii) on what charges he was arrested; (iii) why he is being detained;

(c) JOSEF KATOFA should not be granted access
to attorney David Frank Smuts forthwith.

That prayer 3(c) operate as an interim positive interdict pending the aforesaid return day.

Directing that the costs of this application be borne by the Respondents."

Die respondent het twee beëdigde verklarings by sy kennisgewing van mosie aangeheg. Die een is deur homself gemaak, en die ander deur sy prokureur, die boge-

melde/
6 melde Smuts. Die inhoud van die respondent se verklaring kan soos volg saamgevat word. Hy (die respondent) is teen die einde van Mei 1984 uit aanhouding vrygelaat en hy het toe verneem dat sy broer (Josef Katofa) vroeër daardie maand in Ovambo aangehou is. Toe hy teen Februarie 1985 niks verder van sy broer verneem het nie, het hy Smuts gevra om ondersoek in te stel. Smuts het toe vasgestel dat sy broer ingevolge die bepalings van Proklamasie AG 26 van 1978 in die gevangenis op Windhoek aangehou word, en op 3 Junie 1985 het hy en Smuts na die gevangenis toe gegaan. Hy het daar met sy broer gepraat, maar hy is nie toegelaat om aantekeninge van die gesprek te maak nie. Smuts is nie toegelaat om met sy broer te praat nie. Sy broer het aan hom (die

respondent)/

7

respondent)vertel dat hy op 7 Mei 1984 in Ovambo aangehou

is; dat hy daar (op Oshakati) in aanhouding gebly het

tot Desember 1984; dat hy tydens sy aanhouding aldaar ver-
skeie male deur lede van die Veiligheidspolisie aangerand

is, en dat hy in Desember 1984 na die gevangenis op
Windhoek oorgeplaas is. Hy het verder gesê dat hy

sedert Desember 1984 nooit deur enigeen ondervra is nie;
dat hy gedurende die hele duur van sy aanhouding nooit
deur 'n landdros besoek is nie, en dat hy slegs een keer

in 'n maand deur 'n geneesheer besoek is. In die slot-

paragraaf van sy verklaring sê die respondent die volgende:

"7. My brother further told me that he was distressed at being detained against his will, which I verily believe to be true, and expressed the desire to be released forthwith. I refer to the affidavit of DAVID FRANK SMUTS and have been advised by the said Smuts that my brother's detention

is/

8

is unlawful and I verily believe that he is being unlawfully detained and accordingly pray that it may please this Honourable Court to grant the relief set out in the Notice of Motion."

Smuts sê in sy beedigde verklaring dat die
Administrateur-Generaal hom skriftelik meegedeel het dat
die aangehoudene kragtens Proklamasie AG 26 van 1978 in
die Windhoekse gevangenis aangehou word en dat hy daar deur
sy broer (die respondent) besoek kon word, maar dat hy

(Smuts) nie toegelaat sou word om die aangehoudene te spreek
nie. Hy (Smuts) het nogtans op 3 Junie 1985 saam met die

respondent na die gevangenis toe gegaan. Hy wou daar met
die aangehoudene praat, maar 'n gevangenisbeampte, ene kaptein
Nel, het hom verlof geweier om dit te doen. Nel het aan

hom gesê dat hy op instruksies van die Administrateur-

Generaal handel. Smuts sê verder in sy verklaring dat

artikels/
9 artikels 5 en 6 van Proklamasie AG 26 van 1978 bepaal dat 'n aangehoudene minstens een maal elke drie dae deur 'n ge-neesheer besoek moet word, en minstens een keer elke veertien dae deur 'n landdros, en dat dit (volgens wat die aangehou-dene aan die respondent gesê het) in die geval van die aangehoudene nie gebeur het nie. Gevolglik, betoog Smuts, is die aangehoudene se aanhouding ultra vires die bepalings van die gemelde Proklamasie en dus ongeldig. Smuts sê verder dat die aangehoudene sy vryheid ontneem is, dat hy teen sy sin aangehou word en dat hy nooit van enige oor-treding aangekla is nie. Ten slotte voer Smuts aan dat Proklamasie AG 26 van 1978 nie die Administrateur-Generaal magtig om 'n aangehoudene te belet om sy regsadviseur te

raadpleeg/

10 raadpleeg nie en dat die Administrateur-Generaal se weiering om hom, wat die aangehoudene se regsadviseur is, toe te laat om die aangehoudéne te spreek, onwettig is.
In sy beantwoordende beëdigde verklaring sê die Administrateur-Generaal dat hy op 30 Mei 1984, nadat die aangehoudene reeds tevore ingevolge art. 4(2) van Proklamasie AG 9 van 1977 in Ovambo aangehou is, 'n bevel vir die aanhouding van die aangehoudene kragtens art. 5 bis van dié Proklamasie uitgereik het. Op 14 November 1984 het hy ingevolge art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 'n lasbrief vir die inhegtenisneming en aanhouding van die aangehoudene uitgereik en gelas dat hy na die gevangenis op Windhoék oorgeplaas word. Die Administrateur-Generaal sê in hierdie verband:

"Ek/
11

"Ek was toe, en is nog daarvan oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in

Artikel 2 van die proklamasie."

En ook:

"Ek is steeds oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in Artikel 2 van die gemelde Proklamasie en het besluit om nie sy vrylating te gelas nie."

Art. 2(1) van die gemelde Proklamasie lui soos volg:

"2. (1) Indien die Administrateur-Generaal oor-tuig is -

(a) dat die vreedsame en ordelike staatkundige ontwik-
keling van Suidwes-Afrika verhinder, belemmer of
bedreig word deur geweld teen of intimidasie

van, of die bedreiging of bevordering van geweld teen of intimidasie van, 'n bepaalde persoon of persone wat lede van 'n bepaalde klas, groep of organisasie is, of persone in die algemeen; en

(b) dat iemand sodanige geweld of intimidasie gepleeg
of probeer pleeg het of die pleging daarvan op
enige wyse bevorder of bevorder het,

kan hy 'n lasbrief vir die inhegtenisneming en aanhouding van daardie persoon uitreik."

Hy/
12

Hy sê verder ook:

"Tot op datum het die aangehoudene nog nie my skriftelik versoek om aan hom redes vir sy aanhouding te verstrek nie. Indien so 'n versoek tot my gerig word sal redes ter vol-doening van Artikel 4(2) verstrek word."

Art. 4(2) van die Proklamasie lui soos volg:

"Indien 'n aangehoudene die Administrateur-generaal skriftelik versoek om aan hom die redes vir sy aanhouding en die gegewens wat die Adminis-trateur-generaal beweeg het om die lasbrief vir sy inhegtenisneming en aanhouding uit te reik, mee te deel, dan moet die Administrateur-generaal aan die aangehoudene die redes vir sy aanhouding en soveel van daardie gegewens as wat, na sy oordeel, sonder benadeling van die openbare beleid bekend gemaak kan word, skriftelik meedeel."

Met betrekking tot die vraag van toegang tot 'n

aangehoudene deur 'n regsverteenwoordiger, sê die Administra-

teur-Generaal dat art. 3(2) van die Proklamasie (AG 26 van

1978/
13. 1978) aan hom die bevoegdheid gee om voorwaardes vir die aan-houding van 'n aangehoudene te bepaal; dat hy kragtens hier-die bevoegdheid o.m. bepaal het dat (behoudens die bepalings van art. 5(1) en 6(1) en enige voorwaardes bepaal in art. 3(2)(b) van die Proklamasie) die aangehoudene "deur niemand behalwe 'n persoon in diens van die Staat wat sy amptelike werksaamhede verrig, of 'n persoon aan wie die Administrateur-Generaal toestemming daartoe verleen het, besoek (mag) word nie", en dat hierdie bepaling ook op regverteenwoordigers van toepassing is. (Art. 5(1) en 6(1) het betrekking op besoeke deur geneeshere en landdroste, en art. 3(2)(b) het betrekking op die ondervraging van 'n aangehoudene deur 'n vrederegter. Kyk 1985(4) SA op 218 F-G en 219 B-D.) Hy sê verder in hierdie verband dat die aangehoudene geen vertoë

oor/

14

oor 'n besoek deur 'n regsverteenwoordiger tot hom gerig het

nie, en dat indien hy so 'n versoek sou ontvang, hy dit

volgens meriete sou oorweeg.

Met betrekking tot besoeke aan die aangehoudene

deur geneeshere en landdroste, verwys die Administrateur-
Generaal na opgawes wat daaroor aan hom verstrek is. Daar-
uit blyk dat, wat geneeshere betref, daar gedurende die
tydperk 19 November 1984 tot 5 Junie 1985 op 5 geleenthede
meer as 3 dae tussen besoeke aan die aangehoudene verloop het.
Die tussenpoos was in twee gevalle 5 dae, in twee ander
gevalle G dae, en in die vyfde geval 7 dae. Wat besoeke
deur landdroste betref, blyk dit dat daar in die tydperk

19 Desember 1984 tot 7 Februarie 1985 geen besoeke aan die
aangehoudene was nie. (Die hooflanddros van Windhoek, van

wie daar 'n beëdigde verklaring by dié van die Administrateur-

Generaal/

15 Generaal geheg is, sê dat hy hierdie versuim nie kan ver-duidellk nie.) Dit blyk dat daar op 5 ander geleenthede ook meer as 14 dae tussen besoeke verloop het. Die versuim in daardie 5 gevalle was onderskeidelik 1,2,3,7 en 8 dae.
Kapt. Nel, na wie daar in die bogemelde beëdigde verklaring van Smuts verwys word, sê in 'n beëdigde verkla-ring wat by dié van die Administrateur-Generaal aangeheg is, dat hy die hoof is van die sekerheidsafdeling waar persone ingevolge Proklamasie AG 26 van 1978 in die Windhoekse gevangenis aangehou word en dat hy die bepalings van art. 4(2) en (3) en art. 7(l)-(6) van die Proklamasie onder die aandag van die aangehoudene gebring het toe hy in die gevangenis opgeneem is. Die aangehoudene, sê Nel, het aangedui dat hy dit "verstaan en begryp". (Art. 4(2) is

hierbo/
16 hierbo aangehaal. Art. 4(3) bepaal dat die persoon in beheer van 'n plek waar 'n aangehoudende aangehou word, op versoek van die aangehoudene sy eggenoot (eggenote), ouers of kind per brief van sy aanhouding en die plek van aan-houding moet laat weet. Art. 7 het betrekking op die hersieningskomitee wat ondersoek na aanhoudings instel. Die Engelse teks van hierdie artikels verskyn in 1985(4) SA op 218 I-J en 219 E-220 B.) Nel sê verder dat die aangehoudene hom nooit versoek het om vertoë tot die Administrateur-Generaal te rig nie, en ook nooit versoek het om die Administrateur-Generaal om die redes vir sy aanhouding aan te vra nie. Nel ontken die bewering van die respondent (hierbo genoem) dat hy (Nel) op 3 Junie 1985 die respondent belet het om aantekeninge van sy ge-

sprek/
17 sprek met die aangehoudene te maak. Nel sê dat die respon-dent wel "enkele notas" van die gesprek gemaak het, dat hy (Nel) die tolk gevra het om die aantekeninge vir hom te lees, en dat hy die respondent toegelaat het om dit te behou aangesien daar niks "onwettigs of verdág" daarin voorgekom het nie.
In 'n kort repliserende verklaring herhaal die respondent sy vroeëre bewering dat Nel hom belet het om aantekeninge van sy gesprek met die aangehoudene te maak. Hy verwys na die beëdigde verklaring van prokureur Smuts, wat hy by syne aanheg, en sê dat die aanhouding van die aangehoudene, asook die weiering om Smuts toegang tot die aangehoudene te verleen, onwettig is.

Wat/
18 Wat Smuts se beëdigde verklaring betref, hoef net die volgende gesê te word. Hy betoog daarin dat

Proklamasie AG 26 van 1978 nie aan die Administrateur-
Generaal die bevoegdheid verleen om 'n aangehoudene te
belet om sy regsadviseur te raadpleeg nie en dat die
Administrateur-Generaal se weiering om hom (Smuts) toe-
gang tot die aangehoudene te verleen dus ongeldig is.
Verder sê hy die volgende met betrekking tot die beëdigde
verklaring van die Administrateur-Generaal:

"I note the said Van Niekerk asserts that he

is still convinced that the detainee is a

person as defined in Section 2 of the Proclamation

notwithstanding the unchallenged statement in

applicant's founding affidavit that the detainee

has not been questioned since December 1984.

Nor/

19

Nor does the said Van Niekerk seek to advance any reasons for the view he purports to have held and still to hold."

Die respondent se aansoek, waarvan die besonder-
hede hierbo gegee is, is op 10 Junie 1985 verhoor en die hof
het sy beslissing op 20 Junie 1985 gegee. Dit het die
respondent in die aansoek gelas om prokureur Smuts toegang
tot die aangehoudene te verleen en om die koste van die
aansoek te betaal. (Daar is geen appél teen hierdie bevel
nie.) Verder het die hof 'n bevel nisi uitgereik wat die
eerste respondent in die aansoek (die Administrateur-
Generaal) gelas het om op 1 Augustus 1985 redes aan te

toon waarom -

"3.(a) Josef Katofa should not forthwith be released from detention;

(b) why there had not been strict and punctual compliance with sections 5(1) and 6(1) of Proclamation AG

26/

20

26 of 1978;

(c) why respondents should not be ordered to pay the costs incurred in this matter as from date hereof."

Die korrektheid al dan nie van die beslissing om die
bevel nisi uit te reik, word later bespreek. In hierdie
stadium wys ek net daarop dat albei regters bevind het dat
daar 'n las op die Administrateur-Generaal gerus het om aan
te toon waarom die aangehoudene sy vryheid ontneem is en
dat hy gevolglik die redes waarom, en die inligting op grond
waarvan, hy besluit het om die aangehoudene te laat aanhou

aan die hof moes openbaar het en dat, aangesien hy dit nie
gedoen het nie, die hof nie kon bevind dat daar redelike
gronde bestaan het vir sy beweerde oortuiging dat

die aangehoudene 'n persoon is soos in art. 2 van Proklamasie

AG 26 van 1978 bedoel nie. Kyk 1985(4) SA op 221 A-C,

221/

21 221 G-222 E en 223 I-225 A.
Enkele dae voordat die hof sy pas gemelde beslissing gegee het, het daar 'n verandering in die regeringstelsel van Suidwes-Afrika gekom. 'n Proklamasie van die Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika - Proklamasie No. R 101 van 1985 - wat ingevolge art. 38 van die Wet op die Konstitusie van Suidwes-Afrika No. 39 van 1986 uitgevaardig is en wat op 17 Junie 1985 in werking getree het, het 'n Wetgewende Vergadering vir die gebied ingestel(art. 2) en vir die samestelling van 'n Kabinet uit die lede van daardie liggaam voorsiening gemaak (art. 23). Die Kabinet sou uit 'n aantal Ministers, van wie een die voorsitter sou wees, bestaan. Volgens art. 29(1) van hierdie Proklamasie het elke bevoegdheid, plig of werk- .

saamheid/

22

saamheid wat voorheen by die Administrateur-Generaal berus
het vanaf 17 Junie 1985 by die Kabinet berus. As ge-
volg van hierdie verandering het die voorsitter van die
Kabinet, mnr Bezuidenhout, en nie die Administrateur-
Generaal nie, 'n beëdigde verklaring gemaak om te antwoord
op die bevel nisi wat deur die hof uitgereik is.

Mnr Bezuidenhout sê in sy verklaring (gedateer

15 Julie 1985) dat hy dit in sy hoedanigheid as voorsitter
van die Kabinet, en "duly authorised by the Cabinet", maak.
Met betrekking tot die aanhouding van die aangehoudene sê
hy die volgende in paragraaf 3 van sy verklaring:

"3. 1 I have received from the Administrator-General for the Territory of South West Africa all the documents relating

to/

23

to the arrest and detention of the detainee, Josef Katofa. I have perused the reports from various persons relating to the grounds for the detention of Katofa.

3.2. In the interests of the security

of the state and of the public interest I do not deem it advisable to make known either the identity of the persons who made the reports or of the nature of the reports themselves.
3.3. I am, however, satisfied that the
nature of the reports themselves and
the reliability of the persons who
made them are such that the then
Administrator-General for the
Territory of South West Africa was
entitled to be satisfied that Josef
Katofa was a person who committed or
attempted to commit or promoted
the commission of violence or in-
timidation of persons as envisaged
in section 2 of Proclamation AG 26
of 1978.

3.4/

24

I am advised that inasmuch as there is no attack in the application or in any of the affidavits upon the BONA FIDES of the then Administrator-General for the Territory of South West Africa or upon his motives in issuing the warrant concerned, there is no reason at law to give further information in regard to the detention of Josef Katofa.

Inasmuch further as the duration of the detainee's detention is now in my discretion and inasmuch as I am satisfied on reading of all the available information that the release of Josef Katofa at this time is not advisable, I respectfully ask the court to discharge the rule in paragraph 3(a) of the order."

Wat daardie gedeelte van die bevel nisi
betref wat op besoeke aan die aangehoudene deur geneeshere
en landdroste betrekking het, sê mnr Bezuidenhout dat

die/
25 die bevel op so 'n wyse geformuleer is dat dit net op die verlede slaan; dat Proklamasie AG 26 van 1978 nie aan die Administrateur-Generaal die bevoegdheid verleen het -en ook nie aan hom (Bezuidenhout) verleen - om oor besoeke deur geneeshere en landdroste aan aangehoudenes toesig te hou nie; dat die mediese beampte en landdros wat die verantwoordelikheid het om aangehoudenes te besoek, nie partye by die aansoek is nie, en dat hy (Bezuidenhout) nie kan verklaar waarom daar nie aan die bepalings van art. 5 en art. 6 van die Proklamasie voldoen is nie.
Op 25 Julie 1985 is daar namens die respondent kennis gegee dat hy op die keerdag van die bevel nisi (1 Augustus 1985) aansoek sou doen om sekere beëdigde

verklarings/

26

verklarings in te dien ter aanvulling van dié wat vroeer deur hom voor die hof gelê is. Die hof het die aansoek geweier, en hierdie weiering is, soos tevore aangedui, die onderwerp van die respondent se teenappèl. Die saak is gevolglik beslis op die stukke wat by die vroeëre verrigtinge voor die hof was, tesame met Bezuidenhout se verklaring.
Die hof het die bevel nisi, vir sover dit op die vrylating van die aangehoudene betrekking gehad het, bekragtig en die onmiddellike vrylating van die aangehoudene gelas. Die hof het, op grond van dieselfde oorweging as wat daar by hom gegeld het toe hy die bevel nisi uitgereik het, bevind dat Bezuidenhout, wat besluit het om die aangehoudene in aanhouding te laat bly, verplig

was/
27

was om die redes waarom, en die inligting op grond waarvan,
hy tot sy besluit geraak het, aan die hof te openbaar,
en dat hy vanweë sy versuim om dit te doen nie redes aange-
voer het waarom die aangehoudene nie vrygelaat moet word
nie. Levy R het bygevoeg (1986(1) SA op 804 F-I) dat, selfs
indien dit vir Bezuidenhout voldoende sou gewees het
om te sê dat hy daarvan oortuig is dat die aangehoudene 'n
persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26
van 1978, hy dit nie doen nie, maar bloot sê dat hy
daarvan oortuig is dat "the release of Josef Katofa at
this time is not advisable."

Die hof het geen bevel met betrekking tot die versuim om aan die bepalings van art. 5 en art. 6 van

Proklamasie/

28

Proklamasie AG 26 van 1978 te voldoen, gegee nie. (Kyk 1986(1) SA op 806 H.) Wanneer ek dus hierna na die bevel nisi en die bekragtiging daarvan verwys, bedoel ek slegs daardie gedeelte van die bevel wat die appellante gelas het om redes aan te voer waarom die aangehoudene nie vrygelaat moet word nie.
Voordat ek die appellante se appèl teen die bekragtiging van die bevel nisi behandel, bespreek ek eers twee argumente wat deur mnr Gauntlett, namens die respondent, geopper is. Die eerste, wat direk hierna bespreek word, is dat die bevel van die hof a quo nie appelleerbaar is nie.

Die/
29 Die tweede, wat ek daarna sal bespreek, is dat art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 kragteloos geword het toe Proklamasie No. R 101 op 17 Junie 1965 aangeneem is en dat die aangehoudene dus nie ná dié datum ingevolge die bepaling van daardie artikel aangehou kon gewees het nie.
Mnr Gauntlett se eerste betoog kan soos volg saamgevat word: die aansoek om die vrylating van die aangehoudene was 'n habeas corpus-aansoek; die beginsels van habeas corpus, 'n remedie wat in die Engelse "common law" teen onregmatige gevangesetting verleen word, is in ons reg opgeneem toe die Kaap in 1806 onder Britse bewind gekom het en het sedertdien naas die interdictum de libero homine exhibendo in ons reg bly voortbestaan; dit was tot betreklik onlangs 'n erkende reël van habeas corpus in die

Engelse/

30

Engelse reg dat wanneer die hof 'n habeas corpus-aansoek toegestaan het, die persoon of liggaam teen wie die bevel gegee is nie daarteen kon appelleer nie; hierdie reel van die Engelse reg is in 1960 deur wetgewing afgeskaf; daar was geen dergelike wetgewing in Suid-Afrika nie en gevolglik moet bevind word dat waar daar - soos in die onderhawige geval gebeur het - in 'n habeas corpus-aansoek beveel is dat iemand uit aanhouding vrygelaat moet word, daar nie teen dié bevel geappelleer kan word nie. Hierdie betoog hou in dat die beweerde reël gesien moet word as 'n "wetsbepaling", soos bedoel in art. 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof No. 59 van 1959, wat die uitwerking het dat hierdie hof nie die bevoegdheid het om 'n appèl teen die bevel van die hof a quo aan te hoor nie.

Dit/

31 Dit blyk duidelik te wees dat daar in die Engelse reg tot in 1960, toe die posisie deur wetgewing verander is (t.w. art. 15 van die Administration of Justice Act, 1960), nie geappelleer kon word teen 'n hofbevel wat 'n habeas corpus-aansoek toegestaan het nie. Kyk bv. Secretary of State for Home Affairs v. O'Brien 1923 AC 603 (HL); Halsbury's Laws of England, 4de uitg., band 11, para. 1505. Die vraag is of gesê kan word dat hierdie reël deel van ons reg geword het toe, soos aangevoer is, die beginsels van die habeas corpus-leerstuk van die Engelse reg in ons reg opgeneem is. Mnr Gauntlett het betoog dat dit wil voorkom asof hierdie hof in die saak Wood and Others v. Ondangwa Tribal Authority and Another 1975(2) SA 294 aanvaar het dat die beginsels van die Engelsregtelike

habeas/

32
habeas corpus in ons reg opgeneem is en dat dié remedie langs die interdictum de libero homine exhibendo in ons reg be-staan. Hy het ook aangevoer dat hierdie beginsels van die Engelse reg in sekere vroeë sake, na sommige waarvan in Wood se saak verwys is, erken en toegepas is. Die advokaat het ons in hierdie verband verwys na In re Willem Kok and Nathaniel Balie 1879 Buch. 45; In re Marechane (1882) 1 ZAR 32; In re Fourie 17 SC 173; In re Cakijana and Tobela 1908 NLR 193 en Principal Immigration Officer and Minister of Interior v. Narayansamy 1916 TPD 274.
In Wood se saak is daar in die Hooggeregshof in Suidwes-Afrika deur drie applikante aansoek gedoen óm 'n bevel wat twee Stamowerhede moes belet om lyfstraf toe te pas op persone wat lede of ondersteuners van sekere politieke

partye/

33

partye was, of wat daarvan verdink was dat hulle lede of ondersteuners van daardie partye was. Daar is namens die Stamowerhede aangevoer dat die applikante nie locus standi gehad het om die aansoek te doen nie. Die hof het die be-toog gehandhaaf op grond daarvan dat ons reg nie 'n actio popularis erken nie en dat 'n individu dus nie 'n geding in die belang van die publiek aanhangig kan maak nie. Hierdie hof het (per Rumpff HR) bevind dat hoewel die actio popularis van die Romeinse reg in onbruik geraak het, daar nogtans bevind moes word dat die applikante die nodige locus standi gehad het om die aansoek te doen. Die hof het, toe hy tot hierdie bevinding geraak het, daarop gewys dat, hoewel die actio popularis nie in die Romeins-Hollandse reg be-

staan/
34 staan het nie, daar volgens Voet 43.29 nietemin erken is dat dit vir enigiemand (cuivis ex populo) geoorloof was om 'n interdictum de libero homine exhibendo aan te vra. Die aansoek in Wood se saak was nie 'n aansoek om so 'n interdictum nie aangesien die persone wat die applikante wou beskerm nie in aanhouding was nie, maar die hof het beslis dat die locus standi van die applikante nogtans erken moes word omdat, soos Rumpff HR gesê het (op 312 E-F), "It would be quite illogical, indeed fatuous, to insist that appellants had to stay their hands until the prospective victims were actually apprehended by respondents." Rumpff HR het hom, in sy bespreking van die vraag van die locus standi van die appellante, op die interdictum de libero homine exhibendo beroep en het verwys na wat in Voet

43/
35 43.29 en Dig. 43.29.1, 3 en 4 daaroor gesê word. Hy het verder daarop gewys dat in Gane se vertaling van Voet daar in 'n voetnoot by 43.29 na drie gewysdes verwys word, nl. Principal Immigration Officer and Minister of Interior v. Narayansamy, supra, In re Marechane, supra, en In re Cakijana and Tobela, supra. Ek verwys 'n bietjie later weer na hierdie sake.
In die loop van sy bespreking oor die kwessie van locus standi het Rumpff HR (op 310 H) met betrekking tot "the habeas corpus of English law" 'n paragraaf in Halsbury, Laws of England, 3de uitg., band 11, para. 37, aangehaal waarin gesê word dat "Any person is entitled to institute proceedings to obtain a writ of habeas corpus

for/

36 for the purpose of liberating another from illegal imprison-
ment ".
Die uitspraak van Rumpff HR bied nie grond vir die betoog dat hierdie hof in Wood se saak aanvaar het dat die beginsels van die Engelsregtelike habeas corpus-remedie in ons reg opgeneem is nie. Die hof het na die Engelse reg verwys bloot om aan te toon dat in die -geval van 'n habeas corpus-aansoek, net soos in die geval van 'n aansoek om 'n interdictum de libero homine exhibendo, die aansoek deur enigiemand gedoen kan word. Die saak het bloot om die kwessie van locus standi gegaan. Die vraag van die toelaatbaarheid van 'n appél teen die ver-lening van 'n interdictum de libero homine exhibendo of 'n habeas corpus-bevelskrif was nooit ter sprake nie.

Die/.
37 Die vroegste gerapporteerde saak waarvan ek weet waarin die hof hom oor die interdictum de libero homine exhibendo en habeas corpus uitgelaat het, is In re Willem Kok and Nathaniel Balie 1879 Buch 45, wat reeds hierbo vermeld is, Dit was 'n aansoek om die vrylating van Kok en Balie, wat in 'n militêre fort - na bewering as krygs-gevangenes - aangehou is. De Villiers HR, met wie se uitspraak Fitzpatrick R saamgestem het, het verwys na die hof van eerste instansie se bevel dat die twee persone voor die hof gebring moes word en dat die offisier in wie se bewaring hulle was die rede vir hulle aanhouding moes verstrek, en het in verband daarmee gesê (op 60-61) dat hierdie bevel "analogous to the writ de homine libero exhibendo

of/

38
of the Roman-Dutch Law" was. Hy het verder ook gesê

(op 64): .

"It is unnecessary to consider the rights which under the Roman-Dutch law free persons had to a release or to the writ de homine libero exhibendo, for, in my opinion, the rights of the personal liberty, which persons within this colony enjoy, are substantially the same, since the abolition of slavery, as those which are possessed in Great Britain. Where those rights are violated this Court would at least have the same power of restraining such violation as the Supreme Court of Holland had to interdict the infringement without sufficient cause of the rights to personal liberty as understood by the Roman-Dutch law."

Hieruit blyk dat De Villiers HR bedoel het
om die beginsels van die interdictum de libero homine
exhibendo van die Romeins-Hollandse reg toe te pas, al
het hy dit nie nodig gevind om/die presiese inhoud daarvan

in/
39 in te gaan nie omdat hy van oordeel was dat "the rights of the personal liberty, which persons within this colony enjoy, are substantially the same .... as those which are possessed in Great Britain." Hy het nie bevind dat die beginsels van die Engelsregtelike habeas corpus, waarna hy nie by naam in sy uitspraak verwys het nie, deel van die reg van die Kaapkolonie was nie. Die vraag van 'n reg van appél teen 'n bevel wat 'n interdictum de libero homine exhibendo of 'n habeas corpus-bevelskrif toegestaan het, was nooit ter sprake nie. Dwyer R, wat 'n minder-heidsuitspraak geskryf het, het na die aansoek as 'n aansoek om 'n "writ of habeas corpus" verwys en het op grond van Engelse gewysdes (wat nie in die uitspraak ver-meld word nie) beslis dat die aansoek afgewys moes word

omdat/
40 omdat daar nie beweer was dat Kok en Balie Britse onderdane was nie.
Die tweede oudste gerapporteerde saak waarvan ek bewus is waarin die interdictum de libero homine exhibendo en habeas corpus ter sprake gekom het, was In re Marechane, waarvan reeds hierbo melding gemaak is. Dit blyk uit die uitspraak dat die "Staatsprocureur" in 'n vroeë stadium van die saak getwyfel het of die hof "macht had een order of bevelschrift uit te reiken van gelijken aard als een writ van Habeas Corpus". Kotzé HR sê hieroor in sy uitspraak dat hy hierdie bevoegdheid van die hof nooit sou betwyfel het nie, maar dat die saak nietemin uitgestel is om die Staatsprocureur die geleentheid te gee om op die

vraag/

41

vraag in te gaan. Op die uitgestelde dag, blyk dit uit

Kotzé HR se uitspraak (op 35), het die Staatsprocureur toe

"erken" dat daar wel "een rechtsmiddel in de Republíek be-

staat van gelijksoortigen aard met het writ Habeas Corpus".

Kotzé HR het verder o.m. gesê dat, waar Grotius, Van Leeuwen

en Van der Linden nie inligting oor 'n vraag gee nie -

"vereischt onze locale Wet dat wij de praktijk van Zuid-Afrika moeten volgen. Dus is het dat de gewijsden van het Hooggerechtshof in de Kaapkolonie, meestal gegrond op de beginselen van het Romeinsch Hollands Recht, aangehaald en gevolgd worden in dit Hof."

Die geleerde Hoofregter het toe verwys na die uitspraak

van De Villiers HR in In re Willem Kok en Nathaniel Balie,

supra, en gesê (op 37) dat Voet 43.29 die aard van die
"writ de homine libero verder behandeld ". Dit ly

geen/
42 geen twyfel dat Kotzé HR bedoel het om Romeins-Hollandse reg tóe te pas nie, en daar is niks in sy uitspraak wat enigsins suggereer dat die beginsels van die Engelse remedie van habeas corpus in ons reg opgeneem is nie. Die vraag van die toelaatbaarheid van 'n appèl teen 'n bevel wat 'n interdictum de libero homine exhibendo verleen het, was nooit in In re Marechane ter sprake nie.
Wat verdere vroeë beslissings betref, het De Villiers HR in Sigcau v. The Queen (1895) 12 SC 256 op 263 na sy uitspraak in In re Willem Kok and Nathaniel Balie, supra, verwys in verband met die reg "of every inhabitant to protection against any illegal infraction of personal liberty". In die saak In re Fourie (1900) 17

SC/
43 SC 173, waarna Mnr Gauntlett ons verwys het, het Waarnemende Hoofregter Buchanan o.a. gesê (op 177): "Although we have no Habeas Corpus Act, it has been fully established that our Courts have ample authority in times of peace to restrain the violation of the right of personal liberty which is enjoyed by every subject of Her Majesty." Hierdie uit-spraak bied geen gesag vir die betoog dat die beginsels van die Engelsregtelike habeas corpus in ons reg opgeneem is nie. Dit gee eerder te kenne dat daar aan die Kaap 'n remedie bestaan het wat aan 'n persoon wie se vryheid hom op onregmatige wyse ontneem is dieselfde verligting as die habeas corpus-remedie van die Engelse reg gebied het.

Die/
44

Die laaste van die vroeë uitsprake aan die Kaap waarna ek wil verwys, is In re Naudé and Others (1901) 18 SC 75. In daardie saak het Jones R gesê (op 86) dat die aansoek wat voor die hof gedien het "to all intents and purposes similar to an application for a writ of Habeas Corpus in England, or de homine libero exhibendo of the Roman-Dutch law" was, en hy het ook bygevoeg: ".... I take it that, as a rule, in times of peace, we must follow the principles laid down by the Chief Justice in In re Willem Kok and Nathaniel Balie." Ook in hierdie saak is daar dus blyke van 'n erkenning dat, hoewel die habeas corpus-prosedure en die interdictum de libero homine exhibendo dieselfde oogmerk het, die een 'n remedie van die Engelse reg is, en die ander 'n remedie van die Romeins-Hollandse

reg/
45 reg. Daar is geen suggestie dat die beginsels van habeas corpus in ons reg opgeneem is nie.
In die vroeë Natalse saak waarna daar in Wood se saak verwys is en waarop mnr Gauntlett ons ook gewys het, nl. In re Cakijana and Tobela, supra, het Bale HR (op 199) gepraat van "the similarity between the Habeas Corpus process in England and the writ de libero homine exhibendo", en, wat laasgenoemde betref, het hy (op 201) gewys op wat Voet 43.29 en Dig. 43.29 in verband daarmee sê. Die hof het dus gewys op die ooreenkoms tussen die gemelde twee remedies, maar het terselfdertyd aangedui dat die een 'n remedie van die Engelse reg is, en die ander 'n remedie van Romeins-Hollandse reg.

In/

46

In 'n vroeë Transvaalse saak, Tonge v. Governor

the ' of/Johannesburg Gaol 1903 TH 393, het Mason R, met verwy-

sing na die bogemelde sake In re Marechane en In re Willem

Kok and Nathaniel Balie gesê (op 401): "It is settled
law in South Africa that a writ analogous to the habeas
corpus may be issued by a superior court ".
Die verwysing na "a writ analogous to the habeas corpus"
was klaarblyklik 'n verwysing na die interdictum de libero
homine exhibendo, en dit is duidelik dat die geleerde regter
laasgenoemde as 'n regsmiddel wat 'n eie, selfstandige
bestaan voer, gesien het.

Die laaste van die vroeë sake waarna mnr

Gauntlett verwys het (en waarna daar ook in Wood se saak

verwys is), is die reeds hierbo gemelde saak Principal

Immigration/

47

Immigration Officer and Minister of Interior v. Narayansamy.
In daardie saak het Wessels R in die hof van eerste instansie
gesê (op 276):

"Apart from any legislative enactment, there

is an inherent right in every subject, and in

every stranger within the Union, to sue out

a writ of habeas corpus. This right is given

not only by English law, but also by the

Roman Dutch law. (De libero homine exhibendo.

Voet 43.29)".

Die hof het hier te kenne gegee dat hoewel die habeas corpus-
bevelskrif en die interdictum de libero homine exhibendo
dieselfde verligting bied, die eerste 'n remedie van die
Engelse reg is, en die tweede 'n regsmiddel van die

Romeins-Hollandse reg. Daar is geensins gesuggereer dat

die beginsels van habeas corpus in ons reg opgeneem is nie.

Die/
48 Die vroeë sake waarna ek hierbo verwys het, bied nie steun vir die betoog dat die beginsels van die Engelse reg aangaande habeas corpus in ons reg opgeneem is nie. En verder, soos sal blyk uit wat hierbo met betrekking tot dié sake gesê is, het die vraag van die appelleerbaar-heid van 'n bevel wat 'n interdictum de libero homine exhibendo, of 'n bevel van habeas corpus, toegestaan het, nooit ter sprake gekom nie. Die indruk wat 'n mens by die lees van hierdie vroeë sake kry, is dat dit die uitgangspunt van die howe was dat hulle die beginsels van die interdictum de libero homine exhibendo moes toepas, maar dat hulle feitlik deurgaans ook verwys het na die habeas corpus-remedie van die Engelse reg omdat aanvaar is dat die twee remedies in dieselfde omstandighede toepassing vind en

dieselfde/

49 dieselfde oogmerk het.
In uitsprake van ons howe wat gevolg het op die bogemelde vroeë sake, is daar ook niks te vind wat mnr Gauntlett se betoog, hierbo genoem, steun nie. In die meer resente sake word daar eintlik minder met betrekking tot die reg gesê as wat in sommige van die vroee sake gesê is. In die bekende saak Ganyile v. Minister of Justice and Others 1962(1) SA 647 (OKA) vind 'n mens bv. bloot 'n aanhaling van die passasie in die uitspraak van Wessels R in Principal Immigration Officer and Another v. Narayansamy wat ek hierbo aangehaal het. Heel dikwels vind 'n mens in die latere sake 'n herhaling van die stelling dat die een remedie analoog aan die ander is,

of/
50 of daarmee ooreenstem. Kyk bv. Kauluma and Others v. Minister of Defence and Others 1984(4) SA 59 (SWA),waar gesê word (op 61 G) dat die interdictum de libero homine exhibendo "in essence identical to the writ of habeas corpus in English law" is, en ook (op 64 B) dat die interdictum "analogous to the English writ of habeas corpus" is.
'n Betoog dat die Staat nie kan appelleer teen 'n bevel wat 'n interdictum de libero homine exhibendo verleen het nie, is in die saak Minister of Home Affairs and Another v. Dabengwa 1984(2) SA 345 deur die Hooggeregs-hof van Zimbabwe verwerp. Die hof het in sy uitspraak o.m. verwys na 'n artikel ("A Note on Habeas Corpus") van Lord Goddard in die Law Quarterly Review van 1949 waarin hy

betoog/

51

betoog dat die reël van die Engelse reg dat daar nie teen
die verlening van 'n habeas corpus-bevel geappelleer kan
word nie, nie voortgevloei het uit die bekende reel van die
Engelse reg dat wanneer iemand eenmaal vrygespreek is hy
nie weer in hegtenis geneem kan word nie, maar die gevolg
was van 'n omstandigheid van bloot tegniese aard. Lord
Goddard sê o.m. (op 35-36):

"The real reason for the finality of an Order of

Discharge appears to be that there was never

any method of appeal from the judgment of a

superior court, until the Common Law Procedure

Acts and the Judicature Act gave one, except

by means of proceedings in Error; and Error

did not lie in the case of a prerogative writ... ".

Mnr Gauntlett het betoog dat die Zimbabwiese hof fouteer

het deur die mening van Lord Goddard te volg aangesien

Engelse/
52 Engelse gewysdes toon dat die reël teen die toelaat van 'n appèl teen 'n bevel wat 'n habeas corpus-aansoek toestaan, 'n reël van die Engelse "common law" was, en nie bloot 'n reël wat aan prosesregtelike oorwegings toe te skryf was nie. My kennis van die Engelse reg en regsgeskiedenis laat my nie toe om tot hierdie geskil toe te tree nie. Ek vind dit ook nie nodig om die aangeleentheid te probeer ondersoek nie, want, al sou 'n mens aanvaar dat die ge-melde reël 'n reël van die Engelse "common law" was (soos deur mnr Gauntlett betoog), dan is daar na my mening nog geen rede om te aanvaar dat daardie reel ooit deel van ons reg geword het nie. Appèlle wat teen die beweerde reël sou indruis, is (soos in Dabengwa se saak aangedui is)

in/
53 in Minister of the Interior v. Farmer 1914 TPD 130 en Principal Immigration Officer and Minister of the Interior v. Narayansamy, supra, aangehoor, hoewel bygevoeg moet word dat die respondente in daardie sake hulle nie op die be-weerde reël beroep het nie. Hierdie hof het ook onlangs sulke appèlle aangehoor. Kyk Minister of Law and Order v. Gumede and Others 1986(2) SA 756 en Minister of Law and Order v. Hurley and Another 1986(3) SA 568. Dit is waar dat die respondente in hierdie twee appèlle hulle ook nie op die beweerde reël beroep het nie, maar my bevinding is, soos hierbo aangedui, dat daar nie so 'n reel in ons reg bestaan nie. Na my mening behoort daar ook nie aan so 'n reël erkenning verleen te word nie. By 'n aansoek

om/

54

om 'n interdictum de libero homine exhibendo, net soos by 'n aansoek om 'n habeas corpus-bevel, gaan dit om die vraag of iemand sy vryheid sonder wettige rede ontneem is, en dit is moeilik om te begryp waarom daar aan net een van die partye wat by so 'n aangeleentheid betrokke is die geleentheid gegun moet word om teen 'n bevel van 'n hof van eerste instansie in hoer beroep te gaan.
Ek bespreek vervolgens die betoog van die respondent dat die inwerkingtreding van Proklamasie R 101 op 17 Junie 1985 die uitwerking gehad het dat art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 kragteloos geword het en dat die appellante hulle dus nie op daardie artikel kan beroep vir sover dit die aanhouding van die aangehoudene ná 17

Junie/

55

Junie 1985 betref nie. Die advokaat se betoog kan soos
volg saamgevat word. Proklamasie R 101 van 1985 bevat,

in Aanhangsel 1 daarby, 'n "Handves van Fundamentele Regte
en Doelstellinge". (Die opskrif van Aanhangsel 1 is:
"Fundamentele Regte vervat in Handves van Fundamentele
Regte en Doelstellinge".) In art. 2 van hierdie Handves
word o.m. verklaar: "Niemand mag vir 'n onbepaalde tyd
aangehou word sonder 'n billike en behoorlike verhoor deur
'n hof nie." Art. 34 van Proklamasie R 101 van 1985,
wat op die vraag van die voortbestaan van wette betrekking
het, lui soos volg:

"34. Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie of 'n ander wet bly alle wette, met inbegrip van 'n wet wat kragtens Proklamasie

181/

56

181 van 1977 by proklamasie deur die Administra-teur-generaal uitgevaardig is, wat in die ge-bied gegeld het onmiddellik voor die eerste byeenkoms van die Vergadering van krag vir sover dit aldus gegeld het totdat dit deur 'n bevoegde gesag herroep of gewysig word."

Die Handves is deel van Proklamasie R 101, en die woorde

"Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie" in art.
34 van die Proklamasie het dus die uitwerking dat 'n wet
wat strydig is met die Handves uitgesluit is van die
wette wat kragtens art. 34 bly voortbestaan. Art. 2 van
Proklamasie AG 26 van 1978, lui die betoog, is strydig
met art. 2 van die Handves en is dus nie 'n wetsbepaling
wat ingevolge art. 34 ná die inwerkingtreding van

Proklamasie R 101 op 17 Junie 1985 bly voortbestaan het

nie/

57

nie. Hierdie siening oor die uitwerking van die woorde "Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie" in art. 34 van Proklamasie R 101, lui die betoog verder, is in ooreenstemming met die meerderheidsbeslissing van hierdie hof in S. v. Marwane 1982(3) SA 717 aangaande die uit-werking van die woorde "Subject to the provisions of this constitution" in art. 93(1) van die Republic of Bophutatswana Constitution Act. No. 18 van 1977.
Ek aanvaar, vir die doeleindes van die bespreking van die betoog, dat die Handves as deel van Proklamasie R 101 beskou moet word, en ook dat die verklaring in art. 2 van die Handves, nl. dat "Niemand mag vir 'n onbepaalde tyd aangehou word sonder 'n billike en behoorlike verhoor

deur/
58 deur 'n hof nie", strydig is met die bepalings van art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978. Ek stem egter nie saam met mnr Gauntlett se betoog met betrekking tot art. 34 van Proklamasie R 101 nie. Daar is na my mening verskeie artikels in Proklamasie R 101, nl. artikels 3, 11 en 19, waaruit blyk dat die woorde "Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie" in art. 34 nie die betekenis en uit-werking kan hê wat deur die advokaat voorgestaan word en wat in die meerderheidsuitspraak in S. v. Marwane, supra, daaraan toegeskryf is nie. Art. 3(2)(a) bepaal dat die Wetgewende Vergadering van die gebied nie bevoeg is om 'n wet te maak

wat/

59

"wat enige fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk
doen" nie. ('n "Fundamentele reg" is'n fundamentele reg
soos beoog in enige van die 11 artikels van die Handves:
kyk art. 1(1) van Proklamasie RlOl.) Art. 3(3) bepaal
soos volg:

'3.(3) Die bepalings van paragraaf (b) van sub-artikel (2) word nie so uitgelê nie dat dit die Vergadering belet om die bepalings van die een of ander wet -

wat in die gebied gegeld het onmiddellik voor die eerste byeenkoms van die Vergadering;

wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen; en

wat die veiligheid van die gebied ten doel het,

op so 'n wyse te wysig dat laasgenoemde bepalings so 'n fundamentele reg in 'n mindere mate ophef, inkort of aan afbreuk doen nie, of om so 'n wet te herroep en om die bepalings daarvan in 'n

ander/

60

ander wet wat sommige van die aldus herroepe bepalings op so 'n wyse wysig dat dit 'n fundamentele reg in 'n mindere mate ophef, inkort of aan afbreuk doen, te herverorden."

In hierdie art. 3(3) is daar nie blyke van 'n bedoeling
dat 'n bestaande wetsbepaling (soos art. 2 van Proklamasie
AG 26 van 1978) wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of
aan afbreuk doen en wat die veiligheid van die gebied ten
doel het met die inwerkingtreding van Proklamasie R 101
kragteloos sou word nie, maar wel van 'n bedoeling dat so 'n
wet sou bly voortbestaan en deur die Wetgewende Vergadering
gewysig sou ko.n word in die mate wat in die laaste paar
reëls van die subartikel aangedui word. Art. 11 van
Proklamasie R 101 bepaal o.m. dat een van die nege staande

komitees/

61

komitees van die Wetgewende Vergadering "elke wet" wat voor
die eerste byeenkoms van die Wetgewende Vergadering (d.w.s. op 17 Junie 1985: kyk art. 9) in die gebied gegeld het
en wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen, moet oorweeg en dat, indien hy van oordeel is dat 'n wet "herroep of gewysig behoort te word vir sover dit 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen", hy daaroor aan die Wetgewende Vergadering verslag moet doen en vir dié doel 'n wetsontwerp kan voorlê. Hierdie bevoegdheid van die staande komitee om verslag te doen oor 'n wet wat 'n fundamentele reg ophef, inkort of aan afbreuk doen indien dit na sy oordeel herroep of gewysig behoort te word, veronder-stel dat so 'n wet ná 17 Junie 1985 bly voortbestaan het en is strydig met die suggestie dat dit ingevolge die

bepalings/

62

bepalings van art. 34 kragteloos geword het toe Proklamasie
R 101 op 17 Junie 1985 in werking getree het. Volgens art. 19(2) kan die Kabinet die vraag of 'n wet wat voor 17 Junie 1985 gegeld het 'n fundamentele reg ophef, ens., aan die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika vir beredenering en beslissing laat voorlê, en art. 19(3) bepaal dat indien die hof besluit dat so 'n wet wel 'n fundamentele reg ophef, ens., die Kabinet dan die betrokke bestaande komitee van die Wetgewende Vergadering moet vra om die wet te oorweeg en aan hom verslag te doen oor die vraag of die wet "herroep of gewysig behoort te word." Art. 19(3) is strydig met die suggestie dat 'n wet wat by die inwerkingtreding van Proklamasie R 101 bestaan het en wat 'n fundamentele reg

ophef/

63

ophef, ens., vanweë die werking van art. 34 kragteloos geword het. Die bepaling dat verslag gedoen moet word oor die vraag of so 'n wet "herroep of gewysig" behoort te word, veronderstel dat die wet nog bestaan en is nie te rym met die gedagte dat dit vanweë die werking van art. 34 met die inwerkingtreding van Proklamasie R 101 kragteloos geword het nie.
Uit bostaande volg dat na my mening art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 ná die inwerkingtreding van Proklamasie R 101 van 17 Junie 1985 bly voortbestaan het en dat die woorde "Behoudens die bepalings van hierdie Proklamasie" nie die bepalings van die Handves insluit nie. Die woorde sal op daardie bepalings in die

Proklamasie/

64

Proklamasie waarin wetgewing gewysig of herroep word nl. artikels 36, 37 en 38, betrekking hê.
Dit volg uit wat ek hierbo gesê het dat die menings wat Levy R in sy uitspraak in die onlangse saak van The State v. Andreas Heita and Others (gelewer op 14 Oktober 1986 in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika) na aanleiding van die bogemelde Handves oor die betekenis ên uitwerking van art. 34 van Proklamasie RlOl van 17 Junie 1985 uitgespreek het, onjuis is.

Ek bespreek vervolgens die appellante se appèl teen die hof a quo se bekragtiging van die bevel nisi, d.w.s.

daardie/
64(a) daardie deel van die bevel nisi wat die appellante gelas het om redes aan te voer waarom die aangehoudene nie vrygelaat moet word nie. Mnr Hugo, namens die appellante, het betoog dat die hof a quo fouteer het toe dit die bevel nisi uitgereik het, en dus ook toe dit daardie bevel bekragtig het. Wat die uitreik van die bevel betref, lui die betoog dat die hof a quo verkeerdelik bevind het dat dit nie vir die Administrateur-Generaal voldoende was om te verklaar dat hy daarvan oortuig was, en is, dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26 van

1978/
65 1978 nie, maar dat hy die redes vir sy oortuiging aan die hof moes verstrek sodat die hof kon oordeel of daardie redes die aanhouding van die aangehoudenes redelikerwys kon re-verdig. Kyk 1985(4) op 221 J-222 E en 224 i.f.-225 A. Wat die hof a quo se bekragtiging van die bevel nisi betref, kom mnr Hugo se betoog op die volgende neer: Die Administrateur-Generaal se bevel dat die aangehoudene aange-hou moes word, was'nwettige bevel; die aangehoudene moes daarna, ingevolge die bepalings van art. 3(3) van Proklma-masie AG 26 van 1978, aangehou word "totdat die Administrateur-Generaal sy vrylating gelas"; die aanhouding van die aangehoudene sou dus geldig bly totdat die Administrateur-Generaal in die uit-

oefening/
66 oefening van die diskresie wat deur art. 3(3) aan hom ver-leen word, sou besluit om hom vry te laat; hierdie diskresie, wat deur art. 3(3) aan die Administrateur-Generaal verleen is, het ingevolge die bepalings van Proklamasie R 101 van 1985 op die Kabinet oorgegaan; die verklaring van mnr Bezuidenhout, die voorsitter van die Kabinet, dat "I am satisfied on reading of all theavailable information that the release of Josef Katofa at this time is not advisable", toon dat die Kabinet nog nie die diskresie wat daar op hom oorgegaan het om oor die aangehoudene se vrylating te be-sluit, uitgeoefen het nie, en dat dit derhalwe nie gesê kan word dat die aanhouding van die aangehoudene, wat oorspronklik op wettige wyse geskied het, op enige tydstip daarna ongeldig geword het nie.

Uit/

67
Uit hoofde van die oorwegings wat ek hiema noem, stem ek saam met die betoog dat die hof a quo nie die bevel nisi moes verleen het nie, maar ek meen nietemin, soos ook hier-onder aangetoon sal word, dat die hof vanweë die inhoud van mnr Bezuidenhout se verklaring tereg beslis het dat die aangehoudene vrygelaat moes word.
Ek aanvaar, vir die doeleindes van die appèl, dat die hof a quo korrek was toe dit bevind het (kyk 1985 (4) op 221 A-E) dat daar 'n onus op die Administrateur-Generaal gerus het om sy bevel dat die aangehoudene aan-gehou moes word, te regverdig. (Vgl. Brand v. Minister of Justice and Another 1959(4) SA 712(A) op 714 H-F; Minister of Law and Order v. Hurley and Another 1986(3) SA 568(A) op 589 D-E.) Die vraag is egter, soos Levy R tereg aangedui

het/
68 het (1985(4) op 221 F-G), wat die Administrateur-Generaal geroepe was om in sy beëdigde verklaring te sê om hom van daardie onus te kwyt. Levy R se mening hieroor blyk uit die volgende uittreksel uit sy uitspraak (in 1985(4) op 221 I-
222 E):

"To be 'satisfied' the Administrator-General must have reason to be satisfied. In other words objective reasonable grounds must exist to make him satisfied and he must apply his mind to the consideration thereof. (See Sigaba v. Minister of Defence and Police and Another 1980 (3) SA 535 (Tk) and cases there collected and Secretary of State for Education and Science v. Tameside Metropolitan Borough Council 1977 AC 1014.)

The question is whether or not the Administrator-General is obliged to divulge these reasons to the Court to justify the detention and whether the Court is entitled to consider whether they do in law justify the detention. In terms of s 4(2) of the proclamation the Administrator-General, subject to his not having to disclose

information /

69

information detrimental to public policy, is obliged to give those reasons to the detainee himself. Similar provisions to this are not to be found in the legislation considered in those cases which have come before the Courts in the Republic of South Africa. One of the objects of s 4(2) is to enable the detainee to ascertain whether there are grounds for his detention. If the detainee himself is entitled to the reasons for his detention why should the Court not be? The proclamation provides in considerable detail for the establishment of a review committee and for the procedure to be pursued by a detainee for the review of his case.

The proclamation thereafter provides specifically:

'No court of law shall have jurisdiction to pronounce upon the functions or recommendations of the review committee.'

A fortiori, the proclamation recognises the right of the Court to pronounce on all other matters concerning or arising from the proclamation or the application thereof. Even if the afore-going provisions (s 4(2) and 7(4) (d)) did not exist in Proc 26 of 1978, I am persuaded by the

authorities/

70

authorities that the detainee is entitled to ask the Court for his release and, unless the Administrator-General can show some legal cause for his detention, it is 'bound to grant it' (to quote WESSELS J in The Principal Immigration Officer case supra). The mere ipse dixit of the Administrator-General would therefore not be sufficient for the Court would not be able to judge therefrom whether legal grounds do exist."

Ek kan met hierdie sienswyse nie saamstem nie. Ek aanvaar
dat, om daarvan oortuig te gewees het dat die aangehoudene
'n persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26
van 1978, die Administrateur-Generaal 'n rede,of redes,
vir sy oortuiging moes gehad het, maar dit beteken nog
nie dat hy dié rede(s) aan die hof moes verstrek het sodat
die hof dit kon oorweeg om te kyk of dit redelikerwys

tot sy oortuiging kon gelei het nie. Die vraag of sy

rede(s)/
71 rede(s) wel aldus beregbaar is, hang af van wat die wetgewer in dié verband bedoel het, en dié bedoeling moet in die woorde van die betrokke wetsbepalings gesoek word. Levy R het hom beroep op Sigaba v. Minister of Defence and Police and Another 1980(3) SA 535 (Tk) en die sake daar genoem, asook op Secretary of State for Education and Science v. Tameside Metropolitan Borough Council 1977 AC 1014. (Kyk 1985(4) op 221 I). In Sigaba se saak, waar dit gegaan het oor die aanhouding van die appellant se eggenoot inge-volge die bepalings van art. 47(1) van die Transkeise Public Security Act No. 30 van 1977, was die relevante woorde "if he has reason to believe." Die hof het bevind dat die wetgewer met hierdie woorde bedoel het dat die hof ondersoek kon instel na die vraag of die polisiebeampte wat die

aangehoudene/

72
aangehoudene in hegtenis geneem het redelike gronde gehad het vir sy geloof dat die aangehoudene 'n misdaad ingevolge die wet gepleeg het. Daar is al in verskeie gevalle be-slis dat waar iemand deur 'n wet gemagtig word om die een of ander besluit te neem "if he has reason to believe" dat sekere feite of omstandighede bestaan en hy dan so 'n besluit neem, die redes vir sy besluit objektief - d.w.s. deur die hof - beregbaar is. Kyk bv. die onlangse saak Minister of Law and Order v. Hurley and Another, supra, waar hierdie hof 'n dergelike inhoud aan die woorde "if he has reason to believe" in art. 29(1) van die Wet op Binnelandse Veilig-heid No. 74 van 1982, gegee het nadat o.m. daarop gewys is dat die wetgewer daarmee 'n ander toets wou geskep het as

met/
73 met die woorde "if in his opinion there is reason to apprehend" in art. 28(1)(c) van dieselfde wet. Laasge-noemde woorde, het hierdie hof gesê, is "in subjective terms" en skep 'n "subjective test". (Kyk op 578 I-579 D van die hofverslag.) In art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 het die wetgewer egter nie die woorde "if he has reason to believe" gebruik nie, maar wel die woorde "if the Administra-tor-General is satisfied" ('ïndien die Administrateur-Generaal oortuig is"), en die hof a quo het nie aangedui waarom hy gemeen het dat gewysdes wat oor die woorde "if he has reason to believe" gegaan het as gesag vir die betekenis van die formule "if he is satisfied" moet dien nie. Hy het ook nie aangedui waarom hy nie verwys het na gewysdes waar die

formule/
74 formule "if he is satisfied" pertinent ter sprake was nie. Daar is al meermale bevind, ook in beslissings van hierdie hof, dat wanneer 'n wet iemand magtig om die een of ander handeling te verrig of die een of ander besluit te neem wanneer hy van die bestaan van die een of ander feit of omstandigheid oortuig ("satisfied") is en hy dan 'n besluit neem of 'n handeling verrig omdat hy aldus oortuig is, die redes vir sy oortuiging nie objektief beregbaar is nie. Dit beteken nie dat so 'n persoon se beslissing nie aange-veg kan word nie. Dit kan wel aangeveg word, maar slegs op sekere beperkte gronde, soos aangedui in die bekende saak Shidiack v. Union Government (Minister of the Interior) 1912 AD 642, waarna ek hieronder verder verwys.

Wat gewysdes betref waarin daar aan die woorde

"if/
75

"if he is satisfied" 'n betekenis gegee is soos hierbo genoem,
verwys ek hieronder na enkele beslissings van hierdie hof.

In Shidiack se saak supra, waar dit gegaan het
oor die vraag of iemand 'n aansoek om toelating tot die
land ingevolge die Cape Immigration Act, 1906 "to the
satisfaction of the Minister" voltooi het, het die hof

(per Innes ACJ) die volgende gesê (op 651-652):

"The decision of the Minister being essential, it becomes necessary to consider the circumstances under which the Courts can properly question his decision. Now it is settled law that where a matter is left to the discretion or the determi-nation of a public officer, and where his dis-cretion has been bona fide exercised or his judgment bona fide expressed, the Court will not interfere with the result. Not being a judicial functionary no appeal or review in the ordinary sense would lie; and if he has duly

and/

76

and honestly applied himself to the question which has been left to his discretion, it is impossible for a Court of Law either to make him change his mind or to substitute its conclusion for his own. This doctrine was recognised in Moll v. Civil Commissioner, Paarl (14 S.C. at p. 468); it was acted upon in Judes vs. Regis-trar of Mining Rights (1907, T.S., p. 1046); and it was expressly affirmed by this Court in Nathalia vs. Immigration Officer (1912, A.D. 23). There are circumstances in which interference would be possible and right. If for instance such an officer had acted mala fide or from ulterior and improper motives, if he had not applied his mind to the matter or exercised his discretion at all, or if he had disregarded the express provisions of a statute - in such cases the Court might grant relief. But it would be unable to interfere with a due and honest exercise of discretion, even if it considered the decision inequitable or wrong."

En ook (op 653):

"No doubt there are reasons why it is desirable that the Court should have power to inquire into the merits of such decision. But if the language of the statute prevents that, there is

no/

77

no justification for the Court arrogating to itself a jurisdiction of which it has been deprived."

In Union Government (Minister of Mines and

Industries) v. Union Steel Corporation (South Africa) Ltd

1928 AD 220, waar dit om die betaling van sekere premies

("bounties") gegaan het indien die Minister van sekere feite

oortuig ("satisfied") was, het De Villiers AR (op 234) na
die Minister se diskresie as "free and unfettered" verwys,
terwyl Stratford AR o.m. gesê het (op 237):

"It is quite beyond the powers of a Court of Law to say on what evidence the Minister

should be satisfied and on what he should not".

In Sachs v. Minister of Justice 1934 AD 11 het dit gegaan oor die geldigheid van 'n kennisgewing wat die Minister kragtens art. 1(12) van die Oproerige

Bijeenkomsten/

78 Bijeenkomsten en Krimineel Recht Wijzigingswet No. 27 van

1914 uitgereik het. Die subartikel het o.m. bepaal:

"Whenever the Minister is satisfied that any person is in any area promoting feelings of hostility between the European inhabitants of the Union on the one hand and any other section of the inhabitants of the Union on the other hand, he may by notice under his hand, addressed and delivered or tendered to such person prohibit him .... from being within any area defined in such notice: ....".

Daar is o.m. betoog dat die kennisgewing ongeldig was
omdat die Minister se bevoegdheid beperk was tot sodanige
persone "as are actively and publicly and directly promoting
feelings of hostility." Stratford Wnd HR het hieroor ge-

sê (op 37-38):

"This argument entirely ignores the words 'whenever the Minister is satisfied' which leaves the selection of the individual on whom he serves notice entirely to his discretion. If he is satisfied that such individual is promoting feelings of hostility he can validly serve the notice on him whether in fact he is promoting hostility or not. The appellant's

contention/

79

contention involves an enquiry on, and the determination of, a question of fact which would defeab the whole object of the section and render prompt action impossible. The only question of fact with which the Court is concerned is whether the Minister was satisfied."

Nog 'n beslissing van hierdie hof waarin bevind is dat die woorde "if he is satisfied" op 'n subjektiewe oortuiging dui wat nie deur die hof beregbaar is nie,is Winter and Others v. Aministrator-in-Executive Committee and Another 1973(1) SA 873.

Ek wys ook op enkele uitsprake van Engelse howe waarin daar gesê is dat die formule "if he is satisfied" op 'n "unlimited discretion" dui wat, indien dit bona fide uitgeoefen word, nie objektief beregbaar is nie. In

Liversidge/

8()

Liversidge v. Anderson and Another (1941)3 All ER 338 (HL)

het dit gegaan om reg. 18 B van die Defence (General)

Regulations, 1939 wat soos volg gelui het:

"If the Secretary of State has reasonable cause to believe any person to be of hostile origin or associations or to have been recently concerned in acts prejudicial to the public safety or the defence of the realm or in the preparation or instigation of such acts and that by reason thereof it is necessary to exercise control over him, he may make an order against that person directing that he be detained."

Vier lede van die hof het bevind dat die woorde "If the
Secretary of State has reasonable cause to believe" 'n
subjektiewe toets skep endat indien die gemagtigde 'n bevel
uitgereik het teen iemand wat na sy oortuiging 'n persoon

was/
81 was soos in die regulasie bedoel, sy beslissing nie objektief beregbaar was nie. Die vyfde lid van die hof, Lord Atkin, het van hierdie mening verskil, en howe in Engeland aanvaar vandag dat die meerderheidsmening oor die vraag verkeerd was en dat Lord Atkin s'n korrek was. Lord Atkin het beslis dat die woorde op 'n objektiewe toets dui, en dat 'n hof gevolglik geregtig was om te kyk of die feite waarop die gemagtigde gesteun het, redelike gronde vir sy geloof gebied het. (Kyk 353 G-H.) In sy bespreking van die aangeleentheid het Lord Atkin die woorde "If the Secretary of State has reasonable cause to believe" gekontrasteer met woorde soos "if he is satisfied". Laasgenoemde formule, het hy gesê, dui op 'n "unlimited", of "unqualified", diskresie (kyk 354) wat, indien dit bona fide uitgeoefen

word/

82.

word, nie objektief beregbaar is nie. Waar so 'n toets geld, het

Lord Atkin ook gesê, hoef die gemagtigde nie die redes vir sy be-

slissing voor die hof te lê nie, en is dit vir hom voldoende om te

sê dat hy sy bevoegdheid uitgeoefen het. Hy het in hierdie ver-

band o.m. gesê (op 363 B-C).

"Of course, if the subjective theory is right and the Secretary of State has indeed unconditional power of imprisonment, it is enough for him to say that he exercised the power".

(Ek is nie onbewus van wat Lord Denning in Secretary of State for Education and Science v. Tameside Metropolitan Borough Council, supra, op 1024 G- 1025 C oor Lord Atkin se mening oor die begrip "satisfied" gesê het nie).
In die betreklik onlangse saak Zamir v. Secretary of State for the Home Department (1980)2 All ER 768 (HL) het Lord Wilberforce in die loop van sy uitspraák (op 772 d-e) te kenne gegee dat die formules "in the opinion of the Secretary of State" en "the Secretary of State must

be/

83

be satisfied" 'n subjektiewe toets skep wat inhou dat daar nie ingegaan kan word op die vraag of daar feite bestaan het wat die opinie of oortuiging van die gemagtigde reg-verdig nie.
Wat gewysdes in ander gebiede betref, verwys ek ten slotte na wat daaroor gesê word in 'n artikel waarop ons aandag gevestig is, nl. "Control of executive discretion under preventive detention law in Zambia", deur Collins Parker, in (1980) XIII CILSA, op 159-176. Volgens dié artikel vertolk die howe in Zambië, op grond van Engelse beslissings, die woorde "If the President is satisfied", wat in sekere veiligheidswetgev.ing voorkom, as woorde wat op "a subjective satisfaction of the President" dui en wat "not subject to judicial inquiry" is. Die skrywer verwys
o.a./.....
84 o.a. na die saak Harry Nkumbula v Attorney-General (1972) Z R 204 op 209 waar bevind is dat 'n beslissing wat gegee is kragtens 'n bevoegdheid wat uitgeoefen kan word "if the President is satisfied" nie in 'n hof aangeveg kan word nie, behalwe as dit op grond van mala fides en sekere ander beperkte gronde aangeval word.
Vir sy bogemelde mening dat die Administrateur-Generaal redes vir sy aanhouding van die aangehoudene moet gee, het Levy R steun gevind in die feit dat art. 4(2) van Proklamasie AG 26 van 1978 bepaal dat die Administrateur-Generaal redes vir die aanhoudingsbevel aan die aangehoudene moet gee. Aangesien die aangehoudene op redes geregtig is, sê die geleerde regter, waarom dan nie ook die hof nie? Na my mening steun die inhoud van art. 4(2) nie die hof se

vertolking/

85

vertolking van art. 2 van die Proklamasie nie. Dit is wel so dat 'n aangehoudene die Administrateur-Generaal die redes vir sy aanhouding kan vra, maar dit beteken nie dat die Administrateur-Generaal verplig is om dit aan hom te verstrek as hy nie daarom vra nie. En, wat betref die vraag wat die hof gevra het (op 222 B-C), sou 'n mens net so goed kon vra of 'n aangehoudene, wat die reg het om die redes vir sy aanhouding aan te vra en dit nie doen nie, met reg kan sê dat sy aanhouding ongeldig is omdat die Administra-teur-Generaal nie vanself sy redes vir die aanhouding aan die hof gegee het nie. Daar kan ook op gewys word dat die Administrateur-Generaal in sy beantwoordende verklaring gesê het dat indien 'n versoek tot hom gerig sou word, "redes

ter/
86 ter voldoening van art. 4(2) verstrek (sal) word." Daar is nie op hierdie aanbod gereageer nie. In hierdie verband kan ook bygevoeg word dat die respondent nie in sy stukke voor die hof beweer het dat die Administrateur-Generaal se aanhoudingsbevel ongeldig is omdat hy nie redes vir die bevel verstrek het nie.
Levy R het ook in 'n verdere bepaling van Pro-klamasie AG 26 van 1978 steun vir sy mening gevind, t.w. die bepaling in art. 7(4)(d) dat geen geregshof bevoeg is om uitspraak te doen oor die werksaamhede of aanbevelings van die hersieningskomitee nie. Hierdie bepaling, sê die geleerde regter, erken ("recognises") die reg van die hof om hom oor alle ander aangeleenthede in verband met die proklamasie uit te spreek. Ek kan geen sodanige erkenning

in/
87 in die bepaling sien nie. Die bepaling het net op die funksies en aanbevelings van die hersieningskomitee betrek-king en werp geen lig op die betekenis van art. 2 van die Proklamasie nie.
In die lig van wat hierbo met betrekking tot die uitspraak van Levy R gesê is, is dit nie nodig om die uitspraak van Berker RP in besonderhede te bespreek nie. Ek verwys net na die steun wat hy vir sy standpunt vind in die passasies in die uitspraak van Lord Dennihg en Lord Wilberforce in Secretary of State for Education and Science v. Tameside Metropolitan Borough Council, supra, wat in 1985(4) SA op 224 B-E aangehaal word. Ek stem nie saam met die suggestie in die aangehaalde passasies dat wanneer 'n wet 'n besiissing aan die subjektiewe oordeel van iemand

oorlaat/

88

oorlaat, daardie oordeel alleen op die evaluering van feite
betrekking het, en nie ook op die vraag van die bestaan van
die betrokke feite nie. 'n Mens moet in elke besondere
geval vasstel wat die bedoeling van die wetgewer is.
Die wetgewer kan immers, indien hy wil, sowel die vraag of
sekere feite bestaan as die evaluering van die feite aan die
subjektiewe oordeel van 'n persoon oorlaat. Kyk bv. wat
in die hierbo aangehaalde passasies in Union Government

(Minister of Mines and Industries)v. Union Steel Corporation

(South Africa) Ltd en Sachs v. Minister of Justice aan-
gaande die bevoegdheid van die betrokke Minister gesê is.

In die onderhawige saak het die wetgewer dit na my mening

aan die Administrateur-Generaal oorgelaat om op grond van

sodanige feite as wat hy relevant en voldoende ag, te
besluit of iemand 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van

Proklamasie/.....
89 Proklamasie AG 26 van 1978.

Soos ek hierbo gesê het, aanvaar ek dat daar
'n onus op die Administrateur-Generaal gerus het om aan te toon dat sy besluit om die aangehoudenes te laat aanhou, geldig was. Die hof a quo se bevinding in hierdie verband was dat die Administrateur-Generaal se verklaring - sy ipse dixit, het die hof a quo dit genoem - dat hy daarvan oortuig was dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 nie voldoende is nie, en dat hy die redes vir sy oortuiging - en, volgens Berker RP (op 224 i.f.-225 A), ook die inligting op grond waarvan hy besluit het - moes verstrek het sodat die hof kon bepaal of die redes (en inligting) redelike gronde vir sy beweerde oortuiging bied. Ek kan nie met hierdie siening van die

saak/

90
saak saamstem nie. Indien my bevinding, soos hierbo genoem, dat die Administrateur-Generaal nie verplig is om sy redes aan die hof te openbaar nie, korrek is, volg dit na my mening logies dat, waar hy nie op grond van mala fides of een van die ander gronde wat in Shidiack se saak, supra, genoem word, aangeval word nie, dit vir hom voldoende is om hom van die bogemelde onus te kwyt as hy sê dat hy die aangehoudene laat aanhou het omdat hy oortuig is dat hy 'n persoon is soos bedoel in art. 2 vah Proklamasie AG 26 van 1978. In hierdie verband kan verwys word na die passasie in Sachs v. Minister of Justice wat ek hierbo aangehaal het en waar hierdie hof o.a. gesê het (op 38): "The only question of fact with which the Court is concerned is whether the Minister was satisfied." Ek wys ook weer eens op wat

Lord/

91
Lord Atkin in sy uitspraak in Liversidge v. Anderson and Another, supra, op 363 B-C, gesê het met betrekking tot wat die geval sou gewees het indien die Secretary of State se beslissing van sy eie subjektiewe oordeel sou afgehang het, nl.:

"Of course, if the subjective theory is right

and the Secretary of State has indeed unconditional power of imprisonment, it is enough for him to say that he exercised the power."

Ek is dus van mening dat die Administrateur-
Generaal hom van die bogemelde bewyslas gekwyt het toe hy
verklaar het dat hy die aangehoudene laat aanhou het omdat
hy daarvan oortuig is dat hy 'n persoon is soos bedoel in

art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978. Hieruit volg dat

die/

92

die hof a quo na my mening nie die bevel nisi moes verleen het nie.
Mnr Hugo het betoog dat indien die bevel nisi verkeerdelik uitgereik is, daar geen geldige bevel was wat die hof a quo op die keerdag kon bekragtig het nie. Die argument klink logies: 'n hof kan nie 'n ongeldige bevel geldig maak deur dit te bekragtig nie. 'n Mens het egter met ietwat eienaardige feite in hierdie saak te doen, enek meen dat die hof a quo tereg besluit het dat die aangehou-dene vrygelaat moes word, al was dit, soos ek die saak sien, tegnies nie korrek om die bevel nisi wat vroeer uit-gereik was, te bekragtig nie. Die wesenlike vraag waarom die saak gegaan het, was die geldigheid al dan nie van die

aanhouding/

93

aanhouding van die aangehoudene. Hierdie aanhouding was 'n deurlopende daad wat op 14 November 1984 begin het en op die keerdag nog voortgeduur het. Dit volg derhalwe dat indien die aanhouding ten tyde van die keerdag ongeldig was, die aangehoudene op sy vrylating geregtig was, al sou sy aanhouding aanvanklik geldig gewees het. Die Administrateur-generaal het in sy beëdigde verklaring gesê dat hy die aangehoudene laat aanhou het omdat hy daarvan oortuig was dat hy 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 en dat hy op die datum van sy verklaring (17 Junie 1985) nog steeds van dieselfde oortuiging was. Na my mening, soos hierbo aangedui, moet op grond van hier-die verklaring bevind word dat die aanhouding van die aange-

houdene/

93 (a)
houdene tot op laasgenoemde datum ooreenkomstig die bepalings van art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 geskied het en dus geldig was. Die bevoegdheid van die Administrateur-Generaal met betrekking tot die aanhouding van persone het ingevolge Proklamasie R 101 op 7 Junie 1985 op die Kabinet oorge-gaan, en die vraag van die geldigheid van die aanhouding van die aangehoudene vanaf daardie datum moet gevolglik in die lig van die verklaring van mnr Bezuidenhout, die voorsitter van die Kabinet, bepaal word. Mnr Bezuidenhout sê in sy verklaring dat hy die stukke wat op die geval be-trekking het, gelees het en dat hy daarvan oortuig is dat die Administrateur-Generaal geregtig ("entitled") was om daarvan oortuig te wees dat die aangehoudene 'n persoon is

soos/
94 soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978. Wat die aanhouding van die aangehoudene ná 17 Junie 1985 betref, sê hy in sy verklaring dat, nadat hy die inligting tot sy beskikking nagegaan het, hy daarvan oortuig is "that the release of Josef Katofa at this time is not advisable." Mnr Hugo het, op grond van art. 3(3) van Proklamasie AG 26 van 1978, wat bepaal dat 'n aangehoudene aangehou moet word totdat die Administrateur-Generaal sy vrylating beveel, betoog dat die aanhouding van die aangehoudene, indien dit ten tyde van sy aanhouding geldig was, geldig sou bly totdat die Administrateur-Generaal, of, ná hom, die Kabinet, in die uitoefening van sy diskresie sou besluit om die aangehoudene vry te laat. Volgens mnr Bezuidenhout se

verklaring/

95

verklaring,lui die betoog, het hy (of die Kabinet) nog nie besluit om die aangehoudene vry te laat nie, en ingevolge die bepalings van art. 3(3) bly die aanhouding dus geldig. Na my mening het art. 3(3) nie die uitwerking wat die advokaat daaraan toeskryf nie. Art. 2 magtig die Administra-teur-Generaal (en, ná 17 Junie 1985, die Kabinet) om iemand aan te hou indien hy daarvan oortuig is dat daardie persoon iemand is soos in dié artikel bedoel, en ek kan nie aanvaar dat die wetgewer bedoel het dat die Administrateur-Generaal, of Kabinet, iemand wettig in aanhouding kan hou wanneer hy nie daarvan oortuig is dat die aangehoudene 'n persoon is soos in art. 2 bedoel nie. Hoewel art. 3(3) dus bepaal dat iemand wat ingevolge die bepalings van art. 2 aangehou is, aangehou moet word totdat die Administrateur-Generaal

(tans/
96 (tans die Kabinet) sy vrylating gelas, beteken dit nie dat die Administrateur-Generaal (of Kabinet) hom kan laat aanhou wanneer hy nie meer daarvan oortuig is dat hy 'n persoon is soos in art. 2 bedoel nie. Mnr Bezuidenhout sê bloot dat die vrylating van die aangehoudene volgens sy oortuiging "at this time" nie "advisable" is nie. Hy sê nie dat hy (of die Kabinet) daarvan oortuig is dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art. 2 nie. Soos ek reeds aangedui het, magtig Proklamasie AG 26 van 1978 na my mening die aanhouding, of voortgesette aanhouding, van 'n persoon alleen as, en vir solank as wat, die Administrateur-Generaal (of Kabinet) daarvan oortuig is dat die betrokke persoon iemand is soos in art. 2 bedoel, en mnr Bezuidenhout se verklaring toon nie dat daar ná 17 Junie 1985 so 'n oortuiging

bestaan/
97 bestaan het nie. Die hof a quo was na my mening gevolglik geregtig om te bevind dat die appellante hulle nie gekwyt het van die las om te bewys dat die aanhouding van die aange-houdene ten tyde van die keerdag geldig was nie.
Wat die appél betref, wys ek ten slotte verder daarop dat mnr Hugo in die loop van sy betoog ook die argument geopper het dat die aangehoudene uit hoofde van 'n lasbrief,deur die Administrateur-Generaal uitgereik, aange-hou is, en dat hierdie lasbrief, vanweë die feit dat dit, na die vorm daarvan geoordeel, as geldig voorkom en dat dit nie aangeveg is nie, 'n volkome antwoord op die respondent se aansoek bied.

Die betoog hou in,soos dit my voorkom, dat die lasbrief wat deur die Administrateur-Generaal uitgereik is

dieselfde/
98 dieselfde uitwerking het as 'n lasbrief wat ingevolge sekere bepalings van die Strafproseswet No 51 van 1977 deur 'n landdros of vrederegter uitgereik word. (Kyk bv. art. 43.) Ek stem nie saam met hierdie betoog nie. 'n Lasbrief wat deur die Administrateur-Generaal (of Kabinet) uitgereik word, kan nie gelykgestel word aan 'n lasbrief wat deur 'n landdros of vrederegter uitgereik word nie. Die landdros of vrederegter oefen 'n diskresie van 'n regterlike aard uit wanneer hulle 'n lasbrief uitreik (kyk Groenewald v. Minister van Justisie 1973(3) SA 877(A) op 883 H-884 A; Minister of Law and Order and Others v. Hurley and Another, supra, op 581 G-H), wat nie die geval is by 'n lasbrief wat ingevolge art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 uitgereik word nie.

Daarby/

99
Daarby kom nog die verdere oorweging, reeds hierbo genoem, dat, selfs indien 'n mens aanvaar dat die Administrateur-Generaal se lasbrief by die uitreik daarvan onaanvegbaar was (en dus ook die aanvanklike aanhouding van die aange-houdene op grond daarvan),die posisie is dat die verklaring van mnr Bezuidenhout nie toon dat die oortuiging dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art. 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 ná 17 Junie 1985 nog bestaan het nie.

Ek kom nou by die respondent se teenappêl. Die respondent het op 25 Julie 1985 kennis gegee dat hy op die keerdag van die bevel nisi (1 Augustus 1985) aan-soek sou doen om sekere aanvullende beedigde verklarings by die hof in te dien. Die aansoek is met koste afgewys. (Kyk 1986(1) SA 800 op 802 E-J en 806 I.) Die teenappèl

is/

100 is teen hierdie bevel.
Die respondent wou beëdigde verklarings deur homself, sy prokureur (Smuts), Josef Avia'('n pastor van 'n kerkgenootskap in Suidwes-Afrika) en Titus Shikalepo (die onderhoofman van die Engolo-gebied in Ovambo) voorlê. Die hof a quo het geweier om die verklarings as aanvullende verklarings toe te laat. Daar is voor ons betoog dat die hof fouteer het, veral deur te bevind (op 802 H) dat "Where, however, all three sets of affidavits have been filed and the matter has not only come to Court but the Court has already adjudicated on the matter, leave to file a supplementery affidavit will not be granted." Ek is geneig om saam te stem met die betoog dat die hof fouteer

het/
101 het deur die aangeleentheid te sien as 'n geval waar "the Court has already adjudicated on the matter", en ek meen dat die hof wel in die uitoefening van sy diskresie die verklarings sou kon toegelaat het, maar ek is nietemin nie daarvan oortuig dat die hof se beslissing om die verklarings uit te sluit verkeerd was en dat die teenappèl derhalwe moet slaag nie. Ek gee die inhoud van die verklarings hieronder kortliks weer.
Josef Avia en Titus Shikalepo sê albei in 'n kort verklaring dat die aangehoudene aan hulle goed bekend is en dat hulle hom ken as 'n stil, vredeliewende man wat gereeld kerk toe gaan en wat, vir sover hulle kennis strek,

nog/

102

nog nooit in politieke bedrywighede betrokke was nie en
nog nooit skuldig bevind is aan 'n misdaad waarby geweld
of intimidasie betrokke was nie. Die aangehoudene
vertel in die eerste paar paragrawe van sy verklaring van sy lewe in Ovambo, waar hy 'n winkelier is, en daarna gee hy 'n lang relaas van hoe hy deur die Veilig-heidstroepe ("Security Forces") in Ovambo aangehou, ondervra, aangerand en van ondermynende bedrywighede beskuldig is. Daarop volg 'n paragraaf waarin hy vertel van die respondent se besoek aan hom in die gevangenis op Windhoek. (Hy sê in verband hiermee o.m. dat hy nie aan aan die respondent gesê het dat hy deur die Veiligheidspolisie

aangerand/
103 aangerand is en dat hy geen besoeke van 'n geneesheer of landdros ontvang het nie, en dat die respondent hom moes misverstaan het toe hy sulke bewerings in sy beëdigde verklaring aan die hof gemaak het.) Die tweede helfte van die verklaring bestaan hoofsaaklik uit bewerings dat die Administrateur-Generaal geen gronde gehad het vir die aanhoudingsbevel wat hy uitgereik het nie, dat hy nie sy aandag aan die aangeleentheid gegee het nie, dat hy bloot willekeurig gehandel het en dat hy nie te goeder trou O'in good faith ") opgetree het nie. Smuts vertel in sy verklaring van die aangehoudene se bewerings oor aanrandings wat daar op hom gepleeg is en van die aangehoudene se voorneme om 'n aksie vir skadevergoeding in te stel.

sy/
104 Sy verklaring eindig met die stelling dat redelikerwys afgelei kan word dat "the continuing detention of the detainee is ... prompted by considerations other than those the deponents Van Niekerk (d.w.s. die Administrateur-Generaal) and Bezuidenhout purport to rely on."
Na my mening kon verklarings soos dié van Avia en Shikalepo voor die hof gelê gewees het toe die respon-dent sy aansoek gedoen het. Dit geld ook vir die inhoud van die eerste paar paragrawe van die aangehoudene se verklaring waarin daar van sy lewe en werk in Ovambo vertel word. Die aangehoudene se relaas van wat Veiligheids-troepe in Ovambo teenoor hom gedoen het, is nie by die aansoek relevant nie. Die tweede helfte van sy verklaring

bevat/
105 bevat bewerings wat daarop gerig is om die Administrateur-Generaal van kwaaie trou te beskuldig en aldus 'n nuwe grondslag vir die respondent se aansoek te skep. Die respondent was klaarblyklik nie geregtig om dit in so 'n laat stadium van die verrigtinge te probeer doen nie. Die woorde in Smuts se verklaring wat ek hierbo aangehaal het, bevat ook 'n suggestie van oneerlike optrede en kwaaie trou.
In die lig van die bostaande kan ek nie bevind dat die beslissing om die bogemelde verklarings nie as aanvullende verklarings toe te laat nie, verkeerd was nie. Die verklarings was nie bedoel om op bewerings van die appellant te antwoord nie, en die hof a quo was tereg van mening (op 802 i.f.) dat dit nie as repliserende verklarings gekwalifiseer het nie.

106 Daar word soos volg beveel:

Die appèl word met koste afgewys.

Die teenappèl word met koste afgewys.

P J RABIE HOOFREGTER.

JANSEN AR. Stem saam

THE CABINET OF THE INTERIM GOVERNMENT

FOR SOUTH WEST AFRICA EERSTE APPELLANT

THE OFFICER COMMANDING WINDHOÊK

PRISON TWEEDE APPELLANT

en

NIKODEMUS KATOFA RESPONDENT

SAAK NO. 375/85

/ccc

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
THE CABINET OF THE INTERIM GOVERNMENT

FOR SOUTH WEST AFRICA EERSTE APPELLANT

THE OFFICER COMMANDING WINDHOEK
PRISON TWEEDE APPELLANT
en
NIKODEMUS KATOFA RESPONDENT

CORAM : RABIE HR, JANSEN, TRENGOVE, BOTHA et VAN HEERDEN, ARR

VERHOOR: 2 SEPTEMBER 1986

GELEWER: 1 DESEMBER 1986

UITSPRAAK

TRENGOVE :/
2. TRENGOVE, AR:

Ek het die voorreg gehad om die uit-

spraak van die geleerde Hoofregter in hierdie saak te

lees en ek stem, behalwe in een opsig, met eerbied, vol-
kome daarmee saam. Ek verskil slegs met die Hoofregter
ten aansien van sy standpunt dat die hof a quo nie die
bevel nisi van 20 Junie 1985 moes verleen het nie. Na
my oordeel was die hof wel geregtig om die betrokke be-
vel uit te reik. Soos uit die Hoofregter se uitspraak
blyk, het hierdie bevel o m gegeld as 'n tussentydse

interdictum de libero homine exhibendo. In Principal

Immigration Officer and Minister of Interior v Narayansamy

1916 TPD 274 op 276 het Wessels R met verwysing na 'n

aansoek om 'n interdictum de libero homine exhibendo

o m gesê/
3. o m gesê: "Prima facie therefore every person arrested by warrant of the Minister, or by any other person, is entitled to ask this Court for his release, and this Court is bound to grant it unless there is some lawful cause for his detention". Kyk ook Wood and Others v Ondangwa Tribal Authority and Another 1975(2) S A 294 (A) 309 E - F.
Die wesenlike geskilpunt in die onder-hawige saak was of die inhegtenisneming en aanhouding van die aangehoudene, ingevolge 'n lasbrief uitgereik deur die Administrateur-Generaal kragtens artikel 2 van Proklamasie AG 26 van 1978, regtens geoorloof was al dan nie.

Dit is tans gemene saak dat daar 'n onus

op/

4.

op die Administrateur-Generaal gerus het om die uit-

reiking van die lasbrief te regverdig. Kyk Brand v
Minister of Justice and Another 1959(4) S A 712(A) op

714 F - H en Minister of Law and Order and Others v
Hurley and Another 1986(3) S A 568(A) op 589 D - E. In

die Brand-saak het die dispuut gegaan oor 'n eis om skade-
vergoeding vir beweerde onwettige arrestasie en aan-
houding. Die tweede respondent het hom beroep op
die bepalings van artikel 22(1)(a) van Wet 56 van 1955.
Wat die onus betref, het Ogilvie Thompson AR in sy
uitspraak op bl 714 F - H gesê:

"Second respondent justified his action in admittedly arresting appellant without a warrant by relying upon s 22(1)(a) of

Act/

5.

Act 56 of 1955 which authorises a peace officer to arrest, without warrant, 'any person who commits any offence in - his presence'. It was conceded by counsel for respondents in this Court that the onus of establishing that an offence was committed in his presence rests upon the peace officer who relies upon the above-cited s 22(1)(a) of the Code. This concession was, in my opinion, rightly made."

In die Hurley-saak was die hof gemoeid met die inhegtenis-
neming en aanhouding van 'n persoon ingevolge artikel
29(1) van Wet 74 van 1982. Aangaande die onus het die
Hoofregter, met verwysing na die Brand-saak, op bl 589
D - F gesê:

".... I hold that the above-quoted passage in the judgment of Ogilvie Thompson JA in Brand's case supra contains a correct statement of the law as to the guestion of onus in the case of arrests without warrant and, furthermore, that the law

as/

6.
as there stated also applies to arrests under s 29(1) of Act 74 of 1982. I would add that I consider it to be good policy that the law should be as there stated. An arrest constitutes an interference with the liberty of the individual con-cerned, and it therefore seems to be fair and just to require that the person who arrested or caused the arrest of another person should bear the onus of proving that his action was justified in law".
Die Administrateur-Generaal se standpunt

was dat die inhegtenisneming en aanhouding van die aan-
gehoudene regsgeldig was. Hy het hom in sy beantwoordende
beëdigde verklaring beroep op die bepalings van artikel 2
van Proklamasie AG 26 van 1978 en in dié verband gesê:

"Ek was toe, en is nog daarvan oortuig dat die aangehoudene n persoon is soos bedoel in Artikel 2 van die proklamasie".

En/

7. En ook:

"Ek is steeds oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in Artikel 2 van die gemelde Proklamasie en het be-sluit om nie sy vrylating te gelas nie."

Na my mening kan dit nie gesê word dat die Administrateur-
Generaal hom met hierdie verklaring van voormelde bewyslas
gekwyt het nie. Ek het om die volgende redes tot hierdie
slotsom gekom.

Die voorskrifte van artikel 2 van Proklamasie

AG 26 van 1978 lui soos volg:

"2. (1) Indien die Administrateur-Generaal oor-tuig is -

(a) dat die vreedsame en ordelike staatkundige ontwikkeling van Suidwes-Afrika verhinder, belemmer of bedreig word deur geweld teen

of/

8.
of intimidasie van, of die bedreiging of bevordering van geweld teen of in-timidasie van, h bepaalde persoon of persone wat lede van 'n bepaalde klas, groep of organisasie is, of persone in die algemeen; en
(b) dat iemand sodanige geweld of intimidasie gepleeg of probeer pleeg het of die pleging daarvan op enige wyse bevorder of bevorder het,
kan hy 'n lasbrief vir die inhegtenis-neming en aanhouding van daardie persoon uitreik."

Die Administrateur-Generaal word onteenseglik kragtens
artikel 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 met h besonder
ingrypende bevoegdheid beklee wat, indien dit aangewend
word, ernstige inbreuk maak op die regte en persoonlike vry-
heid van die betrokke individu. Waar iemand dus, in h geval
soos die onderhawige, in hegtenis geneem en aangehou word,

noop/

9.

noop dit 'n hof om noulettend na te gaan of die
Administrateur-Generaal sy bevoegdheid om 'n lasbrief
uit te reik stiptelik ooreenkomstig die voorskrifte
van voormelde artikel 2 uitgeoefen het. In Sachs
v Minister of Justice soos gerapporteer in Sachs v
Minister of Justice 1934 AD 11, het De Waal RP, met
verwysing na die bevoegdhede waarmee die Minister van
Justisie kragtens artikel 1(2) van die Oproerige
Bijeenkomsten en Krimineel Recht Wijzigingswet 27 van

1914 beklee was, op bl 17 gesê:

"Those, almost autocratic powers Parliament, in its wisdom, has conferred on the-Minister, a matter of policy with which the Courts of the land are not concerned. Our sole concern is to see that the Minister, in issuing his notice, has in every respect complied with the provisions of the Act

conferring/

10.
conferring on him those powers, and whether he has acted strictly within the four corners of the powers con-ferred."

Waar die bewyslas in die onderhawige geval op die
Administrateur-Generaal gerus het, moes hy, na my mening,

in sy beëdigde verklaring prima facie bewys gelewer het dat
hy, met die uitreiking van die lasbrief, in elke opsig
aan die voorskrifte van artikel 2 voldoen het, en stiptelik
binne die bestek daarvan gehandel het. Dit blyk nie uit
die Administrateur-Generaal se beëdigde verklaring dat dit
inderdaad gebeur het nie.

Ek aanvaar dat die Administrateur-Generaal

se uitoefening van sy diskresie kragtens artikel 2 slegs
op sekere bepaalde gronde (soos bv aangedui in Shidiack v

Union /

11.

Union Government (Minister of the Interior) 1912 AD 642) aangeveg kan word. Ingevolge artikel 2 word die Administrateur-Generaal, en niemand anders nie, beklee met die bevoegdheid om die betrokke lasbriewe uit te reik. Die Administrateur-Generaal se oortuiging, in 'n subjektiewe sin, oor die aangeleenthede wat in sub-paragrawe (a) en (b) van artikel 2 uiteengesit word, is 'n voorvereiste vir die uitoefening van sy diskresie. Ek stem terloops ook, met eerbied, met die Hoofregter saam dat gewysdes wat oor die strekking van die woorde "if he has reason to believe" ("indien hy rede het om te glo") gaan,nie as gesag vir die betekenis van die sinsnede "if he is satisfied" ("indien hy oortuig is") aangewend

kan/

12.

kan word nie.

Ek aanvaar dus dat 'n hof nie sy eie
oortuiging (of oordeel) in die plek van dié van die
Administrateur-Generaal kan stel nie. Die Administrateur-
Generaal kan egter nie sy diskresie na willekeur uitoefen
nie. Daarom moet 'n hof in 'n geval soos die onderhawige
vasstel of die lasbrief regsgeldig is, d w s of die
Administrateur-Generaal sy diskresie om die lasbrief
uit te reik ooreenkomstig die voorskrifte van artikel 2
uitgeoefen het. In die Shidiack-saak, supra, het die
hof (per Innes Wn HR) bl 651-652 gesê:

"The decision of the Minister being essential, it becomes necessary to consider the cir-cumstances under which the Courts can pro-perly question his decision. Now it is

settled/

13.

settled law that where a matter is left to the discretion or the determination of a public officer, and where his discretion has been bona fide exercised or his judgment bona fide expressed, the Court will not interfere with the result. Not being a judicial functionary no appeal or review in the ordinary sense would lie; and if he has duly and honestly applied himself to the question which has been left to his discretion, it is impossible for a Court of Law either to make him change his mind or to substitute its conclusion for his
own There are circumstances in
which interference would be possible and right. If for instance such an officer had acted mala fide or from ulterior and improper motives, if he had not applied his mind to the matter or exercised his discretion at all, or if he had disregarded the express pro-visions of a statute - in such cases the Court might grant relief. But it would be unable to interfere with a due and honest exercise of discretion, even if it considered the decision inequitable or wrong."

Waar/

14.

Waar die bewyslas in die onderhawige geval op die
Administrateur-Generaal gerus het, ontstaan die
vraag dus of hy prima facie aangetoon het dat "he has
duly and honestly applied himself to the question which
has been left to his discretion".

In Union Government (Minister of Mines and

Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) Ltd

1928 AD 220 het Stratford AR, op bl 237-239, met verwysing
na die wye diskresie waarmee die betrokke Minister beklee
was, gesê:

"In my judgment, however, the un-reasonableness of the Minister by it-self affords no grounds for a court's interference with the exercise of his discretion. The only assumption in the Act is that the Minister, whoever he

may/

15.

may be, and whatsoever mental type he may be, shall honestly bring his mind to bear upon the real question he has to decide. There is no authority that I know of, and none has been cited, for the proposition that a court of law will interfere with the exercise of a discretion on the mere ground of its unreasonableness. It is true the word is often used in the cases on the subject, but nowhere has it been held that unreasonableness is sufficient ground for interference; emphasis is al-ways laid upon the necessity of the un-reasonableness being so gross that some-thing else can be inferred from it, either that it is 'inexplicable except on the assumption of mala fides or ulterior motive,' see African Realty Trust v Johannesburg Municipality (1906, T H 179) or that it amounts to proof that the person on whom the discretion is conferred, has not applied his mind to the matter. See Crown Mines Limited v Commissioner for Inland Revenue (1922, A D 91)."

Hier/

16.

Hier kan die vraag ook weer gestel word of dit ex facie
die Administrateur-Generaal se verklaring blyk dat hy
behoorlik en opreg aandag geskenk het aan "the real
question he has to decide".

In Sachs v Minister of Justice, supra,
het dit, soos reeds vermeld, gegaan oor die geldigheid
van 'n kennisgewing wat die Minister kragtens artikel 1(12)
Wet No 27 van 1914 uitgereik het. Hierdie subartikel
het o m bepaal:

"When the Minister is satisfied that any person is in any area promoting feelings of hostility between the European in-habitants of the Union on the one hand and any other section of the inhabitants of the Union on the other hand, he may by notice under his hand, addressed and

delivered/

17.
delivered or tendered to such person
prohibit him from being in any

area defined in such notice."

Die kennisgewing wat ingevolge artikel

1(12) aan die appellant beteken is, het soos volg gelui:

"In terms of the provisions of sub-sec (12) of sec 1 of Act 27 of 1914, as amended by sec 1 of Act 19 of 1930, you are hereby notified that whereas I find that you are creating feelings of hostility between the European inhabitants of the Union on the one hand and the coloured and native inhabitants of the Union on the other hand, in the Magisterial dis-tricts of Benoni, Boksburg, Brakpan, Germiston, Johannesburg, Krugersdorp and Springs, in the Province of the Transvaal, I hereby prohibit you from being present within the aforementioned Magisterial districts of Benoni, Boksburg, Brakpan, Germiston, Johannesburg, Krugersdorp and Springs, in the Province of the

Transvaal/

18.

Transvaal, for a period of twelve months as from the seventh day after the delivery or tender to you of this Notice."

Hier blyk dit dus, ex facie die kennisgewing, dat die Minister 'n behoorlike begrip gehad het van die strekking van artikel 1(12).

In die uitspraak van die Appêlhof, het
Stratford, wn HR met verwysing na die "unfettered discretion" van die Minister of bl 36-37 gesê:

"One further general observation I would make is this: that once we are satisfied on a construc-tion of the Act, that it gives

to/

19.

to the Minister an unfettered discretion, it is no function of a Court of law to curtail its scope in the least degree, indeed it would be quite improper to do so. The above observation is, perhaps, so trite that it needs no statement, yet in cases before the Courts when the exercise of a statutory discretion is challenged, arguments are sometimes advanced which do seem to me to ignore the plain principle that Parliament may make any encroachment it chooses upon the life, liberty or property of any inidivdual subject to its sway, and that it is the function of courts of law to enforce its will. In the present case we were re-ferred to many decisions dealing with the exercise of discretionary powers. In this division, at all events, no decision affirms the right of a Court to interfere with the honest exercise of a duly conferred discretion. For the sake of greater caution I should perhaps add, that in exercising a conferred discretion, the procedure laid down in terms of its grant must, of course,

be/

20.
be observed as essential conditions of its exercise." (My onderstreping).

Ek wys ook, in die verbygaan, net daar-

op dat De Waal RP (in die uitspraak van die volle bank
van die Transvaalse Provinsiale Afdeling) op bl 17
die volgende gesê het in verband met die ondersoek wat
die Minister moet instel voordat hy sy diskresie uit-
oefen:

"Now under sub-sec (12) the Minister must be satisfied that the person affected by his notice is promoting feelings of hostility; and the question is asked at once: How is he to satisfy himself? Obviously from information supplied to him. He must bring his mind to bear on the information supplied to him, and must satisfy himself that a given

person/

21.
person is, in any given area, pro-moting feelings of hostility between the European inhabitants of the Union on the one hand and any other section of the inhabitants of the Union on the other. Having so satisfied him-self, he may then, by notice under his hand, prohibit such person from being and remaining within any area defined in the notice, for the duration of a period mentioned in the notice."
In die Shidiack-saak, supra, asook in die

ander sake hierbo genoem, is daar met betrekking tot die
beperkte gronde waarop die uitoefening van die betrokke
diskresie aanvegbaar was, uitgegaan van die standpunt
dat die persoon wat die uitoefening van die diskresie wou
aanveg, die bewyslas gedra het om die aanwesigheid van
sodanige gronde te bewys. Die ligging van die bewyslas

is/

22.

is nie pertinent bespreek nie. Dieselfde geld vir die saak Winter v Administrator-in-Executive Committee and Another 1973(1) S A 873 (A). Waar dit egter gaan om die interdictum de libero homine exhibendo, is dit duide-lik dat die instansie wat verantwoordelik is vir die vry-heidsberowing van die individu die bewyslas dra om die hof te oortuig van die regmatigheid van die aanhouding. Daaruit moet dit volg dat hy ook die behoorlike uit-oefening van die betrokke diskresie moet bewys, al is dit dan slegs met verwysing na die beperkte gronde waar-op die uitoefening van sodanige diskresie aanvegbaar is.
Om nou weer na die onderhawige saak terug te kom. Die twee passasies in die beantwoordende be-ëdigde verklaring waarop die Administrateur-Generaal steun

ter/

23.

ter voldoening van die bewyslas wat op hom gerus het, skiet na my mening in die volgende opsigte te kort. Dit blyk nie uit die passasies dat die Administrateur-Generaal hoegenaamd bewus was van die strekking, en die kumulatiewe werking, van subparagrawe (a) en (b) van artikel 2 van die Proklamasie nie. Dit is immers 'n voorvereiste vir die behoorlike uitoefening van sy diskresie. Om te sê dat hy daarvan oortuig was, en nog is, dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in artikel 2 van die Proklamasie is eintlik niksseggend tensy dit ook uit sy verklaring blyk dat hy presies geweet het wat die strekking van die twee subparagrawe is. Dit is verder 'n voorvereiste vir die uitoefening van sy diskresie, dat

die/
24. die Administrateur-Generaal oortuig moet wees van die feitlike omstandighede wat in die subparagrawe uiteengesit word. Hy mag geen ander omstandighede of oorwegings in ag neem nie. Die Administrateur-Generaal het ook nie in die betrokke passasies die redes vir sy oortuiging, of die gegewens waarop dit gegrond is, verstrek nie. Dit is dus nie moontlik om te sê of die Administrateur-Generaal te goeder trou geglo het dat die gegewens waarop sy oortuiging gegrond is binne die bestek van subparagrawe (a) en (b) van artikel 2 val nie en of daardie gegewens hoegenaamd vatbaar is vir die afleiding wat hy daarvan gemaak het nie. Dit is duidelik dat die Administrateur-Generaal oor sekere gegewens moes beskik het. Artikel 4(2) van die Proklamasie bepaal dat hy op versoek van die aangehoudene redes vir die uitreiking van die

25.

lasbrief aan die aangehoudene moet verstrek tesame met soveel van die gegewens wat hom beweeg het om die las-brief uit te reik as wat volgens sy oordeel bekend ge-maak kan word sonder om die openbare belang te benadeel. Die Administrateur-Generaal het in dié verband in sy verklaring gesê dat indien die aangehoudene so 'n versoek tot hom sou rig "redes ter voldoening van art 4(2) verstrek (sal) word". Die aangehoudene het weliswaar nie redes ingevolge artikel 4(2) aangevra nie, maar hy was ook nie verplig om dit te doen nie. Dit was immers nie 'n voorvereiste vir sy aansoek om 'n interdictum de libero homine exhibendo nie. Die Administrateur-Generaal was op sy beurt ook nie regtens

verplig/

26.

verplig om sy redes vir die uitreiking van die las-brief aan die hof a guo te verstrek nie. Maar hy moes, na my oordeel, nogtans besef het dat hy hom waar-skynlik nie van die bewyslas wat op hom gerus het, sou kon kwyt nie tensy hy die redes aan die hof ver-strek, of 'n bevredigende verduideliking gee waarom hy dit nie doen nie.
Om saam te vat. Na my mening blyk dit nie uit die Administrateur-Generaal se beëdigde verklaring dat hy sy diskresie om die lasbrief vir die inhegtenis-neming en aanhouding van die aangehoudene uit te reik ooreenkomstig die voorskrifte van artikel 2 van Proklamasie AG 26 van 1978 uitgeoefen het nie. Hy het hom dus nie

van/

27.

van die bewyslas wat op hom gerus het, gekwyt nie. Derhalwe sou ek die appèl, in die eerste plek, om hierdie rede afwys.

TRENGOVE, AR BOTHA, AR - STEM SAAM

LL Saak No 375/1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

THE CABINET OF THE INTERIM GOVERNMENT

FOR SOUTH WEST AFRICA Eerste Appellant

THE OFFICER COMMANDING WINDHOEK
PRISON Tweede Appellant
en
NIKODEMUS KATOFA Respondent

CORAM : RABIE HR, JANSEN, TRENGOVE, BOTHA

et VAN HEERDEN ARR

VERHOORDATUM: 2 SEPTEMBER 1986 LEWERINGSDATUM: 1 DESEMBER 1986

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR...

2.
VAN HEERDEN AR:

Behoudens wat hieronder gesê word, saam met die uitspraak van die Hoofregter.

Die vraag waaroor die Hoofregter e lega, Trengove, verskil, nl, of die hof a gu
nisi van 20 Junie 1985 moes verleen het, is nie ten volle voor ons beredeneer nie, en aa nie nodig is om vir die doeleindes van hierd mening daaroor uit te spreek nie, ag ek dit om sulks te doen nie.

H.J.O. VAN HEERDEN


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1986/168.html