South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 16

| Noteup | LawCite

S v Mabhani (172/85) [1986] ZASCA 16 (17 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

172/85

JONAS VUYANI MABHANI
EN
DIE STAAT

172/85

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

JONAS VUYANI MABHANI Appellant

en

DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, BOSHOFF, ARR et NESTADT, Wn AR
VERHOOR: 3 Maart 1986
GELEWER: 17 Maart 1986

UITSPRAAK
NESTADT, Wn AR
Die appellant is as beskuldigde 2, saam met
beskuldigde 1, in die Witwatarsrandse Plaaslike Afdeling

aan
2
aan moord (met versagtende omstandighede) skuldig bevind.
Hulle is elkeen tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Appellant is ook op klagte 2 aan roof skuldig bevind. Ten
opsigte van hierdie misdaad is hy 'n verdere een jaar gevang-
enisstraf opgelê. Dit is gelas dat sy twee vonnisse saam-
lopend uitgedien moet word. Hy kom tans in hoër beroep
teen sy skuldigbevinding aan moord nadat die nodige verlof
hom deur die verhoorhof toegestaan is. Die aansoek om ook
teen die skuldigbevinding aan roof te appelleer is geweier
en hierdie aspek van die saak is nie verder gevoer nie.
Die volgende blyk uit die getuienis. Om onge-
veer 9.30 uur op die aand van 14 Julie 1984 het die oorle-
dene Ganda Mokushana, 'n 26 jarige Swartman, in die veld

naby
3
naby die Vosloorus Stadium in die distrik van Boksburg in
'n voorval met beskuldigde 1, wat deur appellant vergesel is,
betrokke geraak. Gedurende die loop daarvan is hy weder-
regtelik aangerand, meer besonderlik deur die toediening
van twee steekwonde. Een was 'n 2 cm. steekwond aan die
linker nekwortel en die ander 'n 3 cm. steekwond net bo die
tepellyn. Laasgenoemde het blykbaar die eerste gedeelte
van sy aorta deurgesteek en dit het tot inwendige bloed-
ing gelei. As gevolg hiervan is hy oorlede.
Die vraag wat beslis moet word, is of die be-
vinding van die verhoorhof dat appellant saam met be-
skuldigde 1 aan die moord deelgeneem het, korrek is al
dan nie. Die antwoord hang af van watter rol, indien

enige

4
enige, hy, ten opsigte van oorledene se dood, gespeel
het. In dié verband is 'n sekere Benjamin Ramashala se
getuienis, namens die Staat, van belang. Hy het te
kenne gegee dat hy in die veld gestap het toe hy oor-
ledene, beskuldigde 1 en n derde persoon ongeveer 10 m
voor hom opgemerk het. Hy het nie gesien hoe oorledene
aangerand of gesteek is nie. Hy het egter gewaar dat be-
skuldigde 1 en die ander persoon hom aan weerskante van sy
bo-arms gehou het en dat elkeen in besit van 'n mes was.
Oorledene, wie se bors bebloed was, het geworstel om hom
te bevry, maar kon nie. In 'n stadium het die derde persoon
oorledene gelos. Hy het die getuie genader, nog steeds
met 'n mes in sy hand, en R22,00 kontant uit sy hempsak ge-

vat

5
vat. Dit is op dié wyse dat hy beroof is.
Kort gestel, appellant se getuienis was dat hy
en beskuldigde 1 op pad huistoe van 'n smokkelkroeg die
oorledene in die veld teëgekom het. 'n Woordewisseling
het tussen oorledene en beskuldigde 1 ontstaan. Die
oorledene het 'n mes uitgehaal. Beskuldigde 1 het ook 'n
mes te voorskyn gebring en oorledene daarmee gesteek. Ap-
pellant het gepoog om beskuldigde 1 weg te trek maar hy
het weer na oorledene (dws. vir 'n tweede keer) gesteek al-
hoewel hy onseker is of hy hom getref het. Appellant
het daarin geslaag om beskuldigde 1 se arm te gryp en
op sy voorstel is hulle toe weg. Hy het ontken dat hy
Ramashala beroof het. Trouens, hy het hom glad nie die

aand

6
aand gesien nie. Hy het geen mes besit nie. Ek moet
meld dat beskuldigde 1 in sy getuienis ontken het dat
hy in enige voorval met oorledene betrokke was maar dit is
onnodig om verder hieroor uit te brei.
Dit is voor die hand liggend dat, op sy relaas,
appellant glad nie in die aanval op oorledene betrokke was
nie; inteendeel het hy dit probeer verhoed. Op hierdie
basis het hy geen deelname aan die moord gehad nie. Die
verhoorhof het egter Ramashala se getuienis aanvaar en, by
implikasie appellant s'n, waar dit daarmee gebots het, ver-
werp. Dit het 'n bevinding behels dat beskuldigde 1 se
makker appellant was. Op grondslag van hierdie geloof-
waardigheidsgevolgtrekking is dit verder beslis dat, al

word

7
word dit aanvaar dat beskuldigde 1 eerder as appellant
oorledene daadwerklik gesteek het, hy daarvoor verant-
woordelik is deurdat hulle twee ter uitvoering van 'n ge-
meenskaplike oogmerk om hom te vermoor, opgetree het.
Die eerste vraag wat oorweging verg, is die kor-
rektheid al dan nie van die geloofwaardigheidsbevinding.
Namens appellant is dit deur mnr Schutte op verskeie gron-
de aangeval. Dit is beklemtoon dat Ramashala 'n enkele
ooggetuie was. Dit is aan die hand gedoen dat sy ge-
tuienis in verskeie opsigte vir kritiek vatbaar is en
meer in besonder in die volgende opsigte. Hy was onder
die invloed van drank en besig. om van die polisie te vlug;
aanvanklik het hy getuig dat terwyl hy op pad was, hy

gesien

8

gesien het hoe oorledene gesteek is, maar later het hy
homself gekorregeer deur te erken dat hy nie enige steke-
ry in werklikheid gesien het nie; hy het aangeneem dat
dit appellant is wat aan die voorval deelgeneem het aan-
gesien hy die appellant "vandag in die hof sien"; op grond
van sy vorige kennis van beskuldigde 1 het hy hom as een
van die aanvallers herken maar tog kon hy nie sê of beskuldigde
1 'n blanke of 'n swarte was nie; ongeag dat hy beweer dat
die gebied goed verlig is, neem hy aan dat die slagoffer
swart was bloot omdat dit 'n swart gebied is; dit is on-
waarskynlik dat hy die aanvallers gelate sou genader het
met 'n houding van "let what is going to happen, happen".
In die lig hiervan is aangevoer dat sy getuienis onbe-

troubaar .....
9
troubaar was. Stawing vir appellant se relaas was, so
is dit verder betoog, die getuienis van Johanna Ngwenya,
wat ook deur die Staat geroep is. Sy het in haar hoof-
getuienis erken dat toe appellant dieselfde aand direk
na die voorval dit aan haar gerapporteer het, hy gesê
het dat hy beskuldigde 1 se aanval op oorledene probeer
keer het. Dit strook met sy weergawe en dien as weer-
legging van 'n aantyging van 'n onlangse versinsel. Deur
geen gewig hieraan te verleen nie, sou die hof a quo ge-
fouteer het. Selfs was die bevinding dat appellant
Ramashala beroof het geregverdig, het die verhoorhof hom
wanvoorgelig deur daarvan af te lei dat die aanval op die
oorledene ook daarop gemik was om hom te beroof (en der-

halwe
10
halwe dat die appellant aan die aanval op hom deelgeneem
het).
Ek kan met hierdie betoog nie saam stem nie.
Heelwat van die kritiek wat teen Ramashala ge-opper word,
val weg as dit in ag geneem word dat appellant self hom
op die toneel van die misdaad geplaas het. Met ander
woorde, identiteit is hier nie in geskil nie. Die per-
soon wat volgens Ramashala saam met beskuldigde 1 was,
kon slegs appellant gewees het soos appellant in kruis-
ondervraging erken het. Wat op die toneel gebeur het, is
die eerste struikelblok wat teen appellant staan, dat hy
noodwendig gebonde is aan die bevinding dat hy Ramashala
beroof het. Dit bring mee dat laasgenoemde se weergawe

aanvaar

11

aanvaar moet word. Na my mening geld dit nie net ten
opsigte van die gebeure tussen Ramashala en appellant nie,
maar ook ten opsigte van oorledene. Die voorval kan nie
in aparte afdelings geskei word nie. Op hierdie benadering
volg dit dat appellant 'n mes gehad het en dat hy oorledene
beetgehad het in die omstandighede soos alreeds beskryf.
In iedere geval, al is die heroorweging van die
botsende relase oor hoe oorledene gesteek is geregverdig,
kan ons met die verhoorhof se feitebevinding in dié ver-
band nie ingryp nie. Alhoewel die verhoorregter niê
uitdruklik meld dat Ramashala 'n enkele ooggetuie is of
dat die versigtigheidsreel toegepas moet word nie, is
dit duidelik dat hy dit moes besef het. Hy sê dat hy deur

hom
12
hom beïndruk is. Die getuienis van 'n enkele ooggetuie
hoef nie sonder gebreke te wees nie (S v Sauls & Others,
1981(3) SA 172 (A) te 180). Sy toegewing dat hy die werk-
like stekery nie gesien het nie is, in 'n mate, 'n waarborg
van sy eerlikheid. Die beligting en sy afstand van be-
skuldigde 1 en appellant was sodanig dat sy waarnemings-
vermoëns nie te betwyfel is nie. Alhoewel hy erken dat
hy sterk drank die aand gedrink het, ontken hy dat dit
hom beïnvloed het. Daar bestaan geen rede om dit te ver-
werp nie.
Daar is verskeie swakhede in appellant se ge-
tuienis. Ek noem enkele voorbeelde daarvan. Ex hypo-
thesi is sy ontkenning dat hy Ramashala beroof het vals.

Dit

13
Dit is aan beskuldigde 1 namens hom gestel dat hulle vroeër
die aand die oorledene teëgekom het en dat beskuldigde
1 in 'n voorval met hom betrokke geraak het. In sy ge-
tuienis, egter, verklaar hy dat hy nie weet of dit die-
selfde persoon was al dan nie. Appellant se weergawe
van die verslag aan Ngwenya was dat beskuldigde 1 beweer
het dat hy 'n persoon beseer het. Dit moet vergelyk word
met wat aan beskuldigde 1 gestel is toe hy namens appel-
lant kruisondervra is, naamlik, dat hy erken het dat hy
iemand gedood het. In sy artikel 115 pleitverduideliking
beweer die appellant dat hy nie die voorval aan die polisie
gerapporteer het nie (iets wat op sigself teen sy weergawe
tel) omdat hy vir sy lewe gevrees het nadat beskuldigde 1

hom
14
hom gedreig het. In sy getuienis egter, beweer hy slegs
dat hy vir beskuldigde 1 bang was; hy kon die rede daar-
voor nie verduidelik nie behalwe dat hy gehoor het dat
beskuldigde 1 "an evil man" is. In kruisondervraging van
beskuldigde 1 is dit namens appellant gestel dat toe hy
hom probeer keer, hy (beskuldigde 1) hom met 'n mes ge-
dreig het en dat hy (appellant) Ngwenya daarvan vertel het.
Hierdie aantygings is nog aan Ngwenya gestel nbg in appel-
lant se eie getuienis beweer. Hy het net getuig dat toe
beskuldigde 1 oorledene gesteek het, hy geskrik het. Dit
is onnodig om uitsluitsel te gee oor appellant se vorige
ooreenstemmende verklaring aan Ngwenya. Al word dit aan-
vaar, veral inagnemend dat dit deur die Staat gelei is,

dra

15
dra dit, myns insiens, geen gewig nie. Non constat dat
dit nie 'n vroeëre versinsel was nie. Bygevolg kan geen
beswaar gemaak word teen die verhoorhof se versuim om dit
in die guns van appellant te neem nie. Wat die beweeg-
rede vir die aanval op oorledene betref, is daar veel te
sê vir die bevinding dat dit roof was. Selfs al word dit
aangeneem dat dit nie bewys is nie, sodat geen motief vir
die stekery daargestel is nie, is ek tevrede dat (inagge-
nome bogemelde oorwegings en, sonder om oor die hoof te
sien dat dit nie nodig is dat appellant se getuienis ge-
glo moet word nie maar slegs dat dit redelik moontlik moet
wees) Ramashala se getuienis van die betrokke aand se ge-
beure korrek deur die verhoorhof aanvaar is.

Die
16
Die tweede en oorblywende vraag is of, op so-
danige getuienis, die enigste redelike afleiding is dat
appellant en beskuldigde 1 kragtens n gemeenskaplike oog-
merk opgetree het. Dit ontstaan omdat, luidens Ramashala
se weergawe, dit nie gesê kan word wie die noodlottige wond
toegedien het nie en of appellant oorledene inderdaad ge-
steek het. Daar was geen bewering dat daar bloed aan
appellant se mes was nie. In die lig hiervan moet die
saak benader word op die basis dat dit beskuldigde 1 was
wat oorledene gesteek het. Selfs op hierdie veronderstel-
ling is ek die mening toegedaan dat die vraag bevestigend
beantwoord moet word. Wat die Staat wel bewys het, is
onder andere die volgende. Appellant moes bewus gewees

het
17
het dat beskuldigde 1, met wie hy die aand saam geloop
het, in besit van 'n mes was en dat hy oorledene gesteek
het. Hy het ook met 'n mes gewapen, oorledene aan sy
een arm beetgehad en met hom geworstel. Hierdie feite
het prima facie aangedui dat appellant, met die nodige
opset, hom met beskuldigde 1 se aanval op die oorledene
vereenselwig het en aan sodanige aanval deelgeneem het.
Deur valslik te beweer dat hy gepoog het om beskuldigde 1
te keer, het appellant versuim om vir sy optrede teenoor
die oorledene 'n verduideliking te verskaf. In die af-
wesigheid daarvan het bogemelde bewys afdoende geword.

Om saam te vat, ek is tevrede dat die verhoorhof
se bevinding dat die Staat daarin geslaag het om te bewys

dat
18

dat appellant aan moord skuldig is, korrek is.
Bygevolg word die appèl afgewys.

H NESTADT, Wn AR

JOUBERT, AR )

BOSHOFF, AR ) Stem saam