South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 149

| Noteup | LawCite

S v Campher (155/86) [1986] ZASCA 149; [1987] 4 All SA 87 (AD) (28 November 1986)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
HESTER SUSARA CAMPHER Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: VILJOEN, JACOBS, ARR et BOSHOFF, WAR Verhoor: 16 September 1986 Gelewer: 28 November 1986

UITSPRAAK JACOBS, AR :

Ek het die voorreg gehad om my kollega

Viljoen se uitspraak te lees. Hy gee 'n volledige uiteen-

setting van die tersaaklike feite en in besonder van

appellante .... / 2

2 appellante se getuienis, wat deur die Verhoorhof aanvaar is,
waarin sy die ongelukkige huweliksverhouding tussen haar en die
oorledene skets. Haar relaas van die tragiese gebeure op die

oggend van 2 Mei 1984 toe oorledene gedood is deur 'n rewolwer-

skoot wat deur appellante afgevuur is, word ook deur my kollega

uiteengesit. Ek sal slegs, waar nodig, te gelegener tyd sekere

aspekte van appellante se getuienis omtrent die gebeure van die

oggend van 2 Mei wat ek as van besondere belang beskou, uitlig

en beklemtoon.

My kollega kom tot die gevolgtrekking dat op die

getuienis dit nie bewys is dat toe appellante die skoot wat oor-

ledene se dood veroorsaak het, afgetrek het sy vir daardie hande-

ling strafregtelik toerekenbaar was nie en dat sy dus onskuldig

bevind en ontslaan moes gewees het. Met hierdie gevolgtrekking

kan .... / 3

3

kan ek met eerbied nie saamstem nie. As ek my kollega se uit-

spraak reg verstaan kom sy gevolgtrekking kortliks daarop neer
dat hoewel dit nie uit appellante se getuienis af te lei is dat

sy nie oor die vermoë beskik het om die ongeoorloofdheid van
haar handeling (tw die afvuur van die skoot) te besef nie, daar

'n redelike twyfel bestaan of sy, weens die emosionele druk waar-

onder sy verkeer het, op die kritieke oomblik die vermoë gehad

het om ooreenkomstig die besef van die ongeoorloofdheid van haar

handeling op te tree of, soos my kollega dit stel, sy die ver-

moë gehad het om weerstand te bied teen die drang om die oorle-

dene, wat sy op daardie stadium as 'n monster beskou het, te ver-

nietig. Haar herhaalde verwysings na die oorledene as 'n
"monster" was natuurlik figuurlik bedoel waarskynlik in dié sin

dat hy vir haar, op die kritieke oomblik, die versinnebeelding

van .... / 4

4

van onmenslike wreedheid was wat daarop uit was om haar emosio-
neel af te kraak en te vernietig.

Dit is duidelik uit my kollega se uitspraak dat
hoewel appellante se advokaat in sy betoog voor die Hof a quo

en in sy aansoek om verlof om te appelleer verwys het na appel-

lante se sogenaamde "gebrek aan weerstandskrag" die advokaat

self hierdie "verweer", as ek dit so mag noem, in verband ge-

bring het met die invloed van die beweerde provokasie as gevolg

waarvan appellante dan nie die vereiste opset ten aansien van

moord sou gehad het nie en slegs aan strafbare manslag skuldig

bevind moes gewees het. Adv Mostert se versekering in hierdie

Hof dat die verweer van ontoerekenbaarheid wel in die Hof a quo

geopper is was dus nie heeltemal juis nie want, soos my kollega

aandui, het advokaat van Oosten wat namens appellante voor die

Hof.../ 5

5

Hof a quo opgetree het gedurende sy voordrag aan die Hof van die
verweer van'gebrek aan weerstandskrag (asook in appellante se
versoekskrif aan hierdie Hof om verlof om te appelleer) nooit na
die verweer van ontoerekeningsvatbaarheid as sulks verwys of dit
as selfstandige verweer geopper nie. Die Verhoorregter kan dus
nouliks verkwalik word waar hy in sy uitspraak gesê het:

"Sy (appellante) het getuig dat sy oorledene wou dood maak -sy het nie getuig dat toe sy die sneller opsetlik getrek het, sy haar selfbeheer kwyt was nie. Dit was ook nie
aangevoer dat die beskuldigde ontoerekeningsvatbaar was toe sy die sneller getrek het nie."

Die feit dat advokaat van Oosten wat namens appel-

lante by die verhoor verskyn het geen psigiatriese getuienis

aangebied het nie en self blykbaar nie appellante se getuienis

vertolk het as sou dit daarop neerkom dat sy weens 'n onweer-

staanbare drang ("irresistible impulse") verhinder was om haar

optrede .... / 6

6

optrede te beheer nie,maak dit vir hierdie Hof uiters moeilik,
en wat myself betref onmoontlik, om 'n afleiding te maak dat
appellante weens enige skielik opvlammende impulsiewe drang wat
onweerstaanbaar was nie instaat was om haar handelinge in te rig
of te kontroleer ooreenkomstig haar insigte nie. Ek is in elk
geval van mening dat die sogenaamde onweerstaanbare drang
maatstaf wat in ons reg voor 1977 erken en toegepas is, heeltemal

deur art 78(1)(b) van die Strafproseswet no 51 van 1977 (die

Wet) vervang is en dat, net soos voor die inwerkingtreding van

die voormelde artikel van die Wet 'n persoon wat oor die vermoë

beskik om die ongeoorloofdheid van sy handeling te besef maar

nie oor die vermoë beskik om ooreenkomstig 'n besef van die on-

geoorloofdheid van sy handeling op te tree nie, slegs dan straf-

regtelik nie toerekenbaar is vir son handeling nie indien sy

onvermoë .... / 7

7

onvermoë om sy handeling ooreenkomstig sybesef in te rig die
gevolg is van geestesongesteldheid of- gebrek. Die geskied-
kundige agtergrond van die "onweerstaanbare drang"- toets word
na my mening duidelik en bondig soos volg saamgevat deur Hiemstra:

Suid-Afrikaanse Strafproses, derde uitgawe op bl 178:

"Die regsposisie betreffende ontoerekeningsvatbaarheid was vroeër gemeenregtelik gereël en was kortliks soos volg:
Iemand is ontoerekeningsvatbaar geag indien dit geblyk het dat hy deur geesteskrankheid of- gebrek -

(a) verhinder is om te weet wat die aard en kwaliteit

van sy gedraging was, of dat dit ongeoorloof was; of (b) dat hy gebuk gegaan het onder 'n onweerstaanbare

drang of impuls wat hom verhinder het om sy gedraging te beheer."

Die geleerde skrywer haal dan sekere gesag aan en gaan voort:

"Die eerste van die maatstawwe - waarin die begrip 'onge-oorloof' die belangrikste element was en benader is met die toets of hy kan onderskei tussen reg en verkeerd - is ont-leen aan die bekende M'Nachten-reëls van die Engelse reg (Rumpff-verslag Hoofstuk III en in besonder par 3.18; 3.25).

Die .... / 8

8

Die tweede, die sogenaamde 'onweerstaanbare drang'-
toets, waardeur die M'Naghten-reëls ingrypend gekwalifiseer is, is onder invloed van die Amerikaanse en Duitse- reg deur Lord de Villiers in Suid-Afrika ingevoer in Q v Hay (1899) 16 SC 290 en later uitdruklik deur die Appèlhof erken, o.a. in R v Koortz 1953 1 SA 371(A)".

Nou meen ek nie daar kan enige twyfel bestaan dat
die verweer van ontoerekeningsvatbaarheid weens "onweerstaanbare
drang" soos gemeenregtelik geformuleer altyd berus het op geestes-
ongesteldheid of, om dit anders te stel, dat geestesongesteldheid

van die dader 'n onontbeerlike vereiste was vir die verweer om

te slaag. In R v von Zell 1953 (3) SA 303 (A) op 309 H

stel Van den Heever AR dit dan ook soos volg:

"'Irresistible impulse' is a self-explanatory term which every layman can grasp. The only legal point that arose was that such impulse as a defence is conditioned by the existence of mental disease or defect .... "

Ook in R v Smit 1950 (4) SA 165 (0) op bl 168 H sê De Beer RP:

" Irresistible.../ 9

9

"Irresistible impulse is a form of legal insanity."

Dit is ook duidelik uit o a die sake wat my
kollega aanhaalidat in alle gevalle waar die verweer van ontoe-
rekeningsvatbaarheid, gegrond op "onweerstaanbare drang" op die
ou grondslag, geslaag het, die beskuldigde as 'n kranksinnige be-
handel is en hy na 'n gevangenis of inrigting verwys is hangende
die beskikking van die Goewerneur-generaal of Staatspresident.

Soos Hiemstra verder op bl 176 aandui was die Rumpff-kommissie
van mening dat die ou gemeenregtelike formulering van "on-
weerstaanbare drang" onbevredigend is enersyds omdat dit die

indruk skep "van 'n skielike opvlammende konflik wat 'n impul-

siewe drang veroorsaak wat onweerstaanbaar is" terwyl die drang

ook die produk mag wees "van 'n geleidelike proses van disinte-

grasie, en andersyds gee dit 'n skyn asof 'n psigopaat wat in 'n

bui... / 10

10

bui van woede 'n daad begaan, sonder meer nie aanspreeklik is nie."
Na die kommissie se verslag en in uitvoering van die kommissie
se aanbevelings is art 78(1)(b) van die Wet verorden wat, soos

in S v Kavin 1978 (2) SA 731 (W) tereg gesê is wyer is as die

ou "onweerstaanbare drang"- toets. Dit sluit egter dít waar-

na vroeër verwys is as "onweerstaanbare drang" in. Die feit

dat die kommissie in sy aanbevelings nie 'n psigopaat, wat nor-

maalweg nie as geestesongesteld, beskou word nie, sonder meer

as ontoerekeningsvatbaar wou laat kwalifiseer nie, toon na my me-

ning dat art 78(1)(b) van die Wet, net soos die ou "onweerstaanbar*

drang"-toets, geestesongesteldheid as grondslag het. Soos

Hiemstra op bl 177 na my mening tereg aandui is dit wel moontlik

dat ook die psigopaat ten tyde van die daad weens 'n emosionele

storm in 'n staat van geestesongesteldheid verkeer het en nie

in .... / 11

11

in staat was om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handeling op te tree nie. In dié verband word dan na die saak van S v Kennedy 1951 (4) SA 431 (A) verwys. Ook Snyman: Strafreg wys op bl 136 dat art 78(1)(b) van die Wet die ou "onweerstaanbare drang"-toets vir ontoerekeningsvatbaarheid heeltemal vervang. Ook De Wet en Swanepoel: Strafreg, vierde uitgawe bl 115 wys daarop dat art 78(1) van die Wet in wese aan-sluit by die benadering wat in die regspraak van weleer aanvaar is "met die verbetering dat die verwerplike uitdrukking 'irre-sistible impulse' vermy word."

Uit wat ek hierbo gesê het, behoort dit duidelik te wees dat ek die mening huldig dat waar, soos in die onder-hawige geval, aanvaar word dat appellante oor die vermoë beskik het om die ongeoorloofdheid van haar handeling te besef sy

nie .... / 12

12

nie kan aanvoer dat.sy weens onweerstaanbare drang of impuls
verhinder was om haar gedraging te beheer en dus vir haar hande-

ling strafregtelik ontoerekenbaar was nie tensy sy bewys dat
haar onvermoë om ooreenkomstig haar besef van die ongeoorloofd-
heid op te tree te wyte was aan geestesongesteldheid of geestes-

gebrek, hoe tydelik ook al van aard, waaraan sy ten tyde van

die daad gely het. Na my mening het daar nog nooit in die ver-

lede en bestaan daar ook nie vandag verskillende begrippe van

"sieklike" onweerstaanbare drang en "gesonde" onweerstaanbare

drang wat strafregtelike toerekeningsvatbaarheid uitsluit nie.

Dit volg natuurlik ook dat indien appellante onder die bepalings

van art 78(1)(b) val die Hof verplig is om 'n bevel ingevolge

art 78(6) te maak en sy nie "ontslaan" kan word nie.

My kollega spreek die mening uit dat indien die

appellante .... / 13

13

appellante nie ontoerekenbaar was vanweë die feit dat.sy gebuk

gegaan het onder 'n onweerstaanbare drang wat haar verhinder het

om haar handeling te beheer nie, sy korrek skuldig bevind is

aan moord aangesien daar, na sy oordeel, nie ruimte was vir 'n

skuldigbevinding aan strafbare manslag nie. Met hierdie siening

stem ek met respek saam. Ek was aanvanklik van mening dat daar

miskien heelwat steek in die argument dat appellante, weens die

oorledene se krenkende optrede en gedrag teenoor haar waar sy

in die hoenderhok moes kniel om die gaatjie reg te bid, en die

dreigemente van, en poging tot, fisiese geweld teenoor haar veral

voor sy weggehardloop het na die huis toe en terwyl hulle daarna

in die huis was, geregtig was om haar eer en haar liggaam teen

oorledene se optrede te beskerm. Hoewel ek oortuig was dat

daar geen sprake daarvan was dat die verweer van noodweer as

regverdigingsgrond .... /

14

regverdigingsgrond kon slaag nie, het ek ernstige oorweging
gegee aan die moontlikheid dat sy, hoewel sy die perke van nood-
weer oorskry het, redelikerwys kon glo dat sy geregtig was om

in noodweer op te tree en dat wederregtelikheidsbewussyn ge-
volglik ontbreek het en sy miskien net skuldig is aan strafbare
manslag (vgl S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A) op 436). By heroor-

weging van die aangeleentheid het ek egter tot die gevolgtrekking

gekom dat die bedreiging van fisiese geweld heeltemal buite

rekening gelaat kan word. Die foto toon dat die skroewedraaier

waarmee sy aanvanklik gedreig is 'n ent buite die duíwehok lê

en dus deur oorledene daar neergegooi moes gewees het voor hy en

appellante die hoenderhok binne gegaan het. Daar is ook geen

suggestie dat oorledene toe hy in sy rug geskiet is appellant

enigsins fisies bedreig het nie. Ek stem ook saam dat dit nie

uit.../ 15

15

uit appellante se getuienis af te lei is dat sy die skoot afge-vuur het om haar dignitas te beskerm nie. Sy sê ook nie so nie en as ek haar getuienis reg verstaan was dit maar 'n gewoonte van oorledene as iets verkeerd gaan om haar te beveel om dit reg te bid. Die beroep op noodweer kan dus nie slaag nie.

Ek het vroeër reeds gesê dat appellante na my mening vir haar handeling strafregtelik toerekenbaar was en dat sy korrek skuldig bevind is aan moord. Ek sal net kortliks my redes vir daardie mening aanstip.

Volgens appellante het daar die oggend vroeg, ter-

wyl sy besig was om skottelgoed te was, reeds 'n gevoel van veront-

waardiging en ontsteltenis in haar begin opbou weens oorledene

se beledigende en krenkende optrede en gedrag teenoor haar en die

kinders vroeër die oggend. Sy het gevoel dat sy deur oorledene

bloot .... / 16

16

bloot as "vloerlap" gebruik word en dat hy op haar "getrap (het)
net omdat hy luskry." Hierdie gevoel het in intensiteit toe-
geneem nadat oorledene op haar begin skel het omdat die gaatjie

skeef geboor is en het waarskynlik sy toppunt bereik toe sy be-

veel is om in die duiwehok te kniel en te bid. Hoewel sy ge-

tuig het dat haar gedagtes op daardie stadium verward was erken

sy dat terwyl sy daar gekniel het wreedhede en beledigings aan

die kant van die oorledene deur haar gedagtes geflits het. Sy

het gedink aan hoe oorledene by geleentheid sy eie kind by 'n

vorige vrou mishandel het deur hom aan sy voete te gryp en sy

kop op die grond te stamp. Sy het gedink aan hoe oorledene die

week tevore sy eie ma geslaan het. Sy het daaraan gedink hoe

sy soms geforseer was om gedurende die nag die buite-toilet te

gebruik. Dit was op daardie stadium wat oorledene vir haar

soos .... / 17

17

soos "'n monster" was, 'n ding wat besig was om my af te kraak".

Daarna getui'g sy:

"Ek het gedink ek moet dit vernietig wat besig was om my ten gronde te gaan, my emosioneel .... af te breek."

En dan is daar haar antwoorde op vrae deur advokaat Henning na-

mens die Staat:

"Ja maar dit was om die 'monster' dood te maak, mevrou. Was dit u begeerte? Om nou maar u terminologie te ge-bruik .... Ja Met die rewolwer, mevrou?
Hof: Wat is u antwoord mevrou? .... Ja."

Ek meen nie dat uit die getuienis hierbo aangehaal enige ander afleiding gemaak kan word as dat appellante die opset gehad het om oorledene te dood nie. Hierdie afleiding word na my mening versterk deur appellante se optrede onmiddellik ná die skoot geknal en oorledene inmekaar gestort het. Daar is geen

suggestie .... / 18

18

suggestie dat sy daarna, en totdat die polisie opgedaag het en
haar in die huis gevind het waar sy op die bed gelê het, enige po-
ging aangewend het om vas te stel of oorledene miskien nog lewe
nie. Na my mening was dit nie nodig nie want sy het geweet hy

is dood omdat sy geskiet het om dood te skiet. Soos ek haar
getuienis verstaan was haar grootste bekommernis op daardie sta-

dium dat sy "as kind van God (sy is ooglopend h diep godsdienstige

persoon) heeltemal gefaal het" .... "deur iemand se dood (te) ver-

oorsaak" .... want "h mens be-eindig nie iemand se lewe nie."

Sy het aan sers Thoms erken dat sy onthou dat sy die rewolwer se

sneller getrek het en dat die skoot afgegaan het en.op die Ver-

hoorregter se vrae omtrent wat sy alles besef het toe sy na die

skoot terug by die huis aankom,het sy geantwoord dat sy o a besef

het "dat ek iemand se dood veroorsaak het."

Ek... /19

19

Ek meen dus nie dat daar enige twyfel kan bestaan dat appellante die oorledene wederregtelik en opsetlik gedood het nie en dat sy tereg skuldig bevind is aan moord met versagtende omstandighede.

Wat die appèl teen die opgelegde vonnis betref, is
daar nie namens appellante aangevoer dat die Verhoorregter enige

mistasting begaan het nie. Advokaat Mostert het egter betoog

dat indien al die omstandighede van hierdie geval in regte

perspektief beskou word, die vonnis wat opgelê is ontstellend

onvanpas is en dat hierdie Hof ten volle geregtig is om daarmee

in te meng. Sy argument was o a dat dit hoegenaamd geen doel kan

dien om appellante gevangenisstraf te laat ondergaan nie en dat

hierdie by uitstek 'n geval was waar, alhoewel appellante skuldig

bevind is aan moord, 'n algehele opgeskorte vonnis aangewese is

en .... / 20

20

en aan al die doelstellings van straf sal voldoen. Adv Henning,
wat namens d'ie Staat by die verhoor opgetree het, het nie self
voor hierdie Hof verskyn nie maar die betooghoofde wat voor ons
was is deur hom opgestel en ek kan miskien met vrug die slot-
paragraaf van daardie betooghoofde aanhaal. Dit lui soos volg:

"Wanneer die uitwerking wat die oorledene se gedrag op Appellante se gemoedstoestand moes gehad het in aanmerking geneem word, dan kan Respondent die vonnis wat opgelê is nie met dieselfde oorgawe as die skuldigbevinding onder-steun nie."

Die misdaad waaraan appellante haar skuldig gemaak
het is ongetwyfeld 'n ernstige een. In ons huidige samelewing waar

rusies tussen getroude pare dikwels uitloop op die dood van een

(of soms albei) van hulle behoort die element van afskrikking in

straf normaalweg sterk na vore te tree. Die huidige is egter,

na my mening, nie 'n geval waar daardie element belangrik is nie.

Appellante .... / 21

21

Appellante was 'n eerste oortreder en daar is geen suggestie
hoegenaamd dat sy 'n neiging tot geweld het nie. Die teenoorge-

stelde blyk eerder uit die getuienis. Feitlik vanaf die begin

van die huwelik was sy onderwerp aan vernedering en fisiese aan-

randings en is sy in haar diepste wese getref deur minagting en

bespotting van haar gevoelslewe tw haar godsdiens. Dit alles

het sy verdra en gelate aanvaar omdat, soos sy sê, hoewel dit

amper ongelooflik klink as 'n mens sy aggressiewe, wrede en bele-

digende optrede teenoor haar in aanmerking neem, sy lief was vir

die oorledene. Soos die Verhoorregter dan ook tereg opmerk, dat

indien oorledene nie op die oggend van 2 Mei, nadat appellante 'n

desperate poging aangewend het om van hom af weg te kom, haar

op geweldadige wyse weer na die duiwehok terug gesleep het, en,

mag ek byvoeg, haar daar weer aan vernederings en bespotting

onderwerp .... / 22

22

onderwerp het nie, sou hierdie tragiese gebeurtenis waarskynlik

nooit plaasgevind het nie. Ek kan ook vir geen oomblik dink

dat 'n regdenkende gemeenskap iets anders as 'n gevoel van jammerte
vir, en 'n mate van deernis teenoor, appellante sal hê nie.

Appellante, en haar kinders sou ek dink, het reeds baie gely

onder oorledene se neurotiese- mens kan amper sê kranksinnige -

optrede en gedrag. Om haar effektiewe gevangenisstraf op te lê

sal na my mening geen ander doel as dié van vergelding dien nie.

Ek stem volkome saam dat in die lig van die absolute buitengewone

omstandighede van die onderhawige saak 'n vonnis van vyf jaar ge-

vangenisstraf wat in sy geheel opgeskort word aangewese is en aan

al die doelstellings van straf sal voldoen. Ek sou dus die

volgende bevel maak:

"Die appèl teen die skuldigbevinding word afgewys.
Die .... / 23

23

Die appèl teen die vonnis slaag. Die opgelegde vonnis word ter syde gestel en in plek daarvan word beskuldigde gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf wat in geheel opge-skort word vir vyf jaar op voorwaarde dat sy nie skuldig bevind word aan 'n misdaad waarvan geweld teenoor die per-soon van 'n ander 'n element is, gepleeg gedurende die tyd-perk van opskorting, en waarvoor sy gevonnis word tot on-opgeskorte gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete nie."

H.R. JACOBS, AR


HESTER SUSARA CAMPHER Appellante

en

DIE STAAT Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING)
In die saak tussen:
HESTER SUSARA CAMPHER Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: VILJOEN, JACOBS, ARR et BOSHOFF, Wn AR
Verhoor: 16 September 1986

Gelewer: 28 September 1986

UITSPRAAK

BOSHOFF, Wn AR :

Ek het die voorreg gehad om insae te hê tot die uitsprake van my kollegas Viljoen en Jacobs.

Hulle /2
-2-Hulle beide verwys volledig na die tersaaklike feite en in besonder na die getuienis van die appellante waarop hulle hulle beslissings fundeer. Kollega Viljoen kom tot die gevolgtrekking dat, toe die appellante op haar knieë gestaan het en die oorledene met die rewolwer agter in sy rug geskiet het en sy dood veroorsaak het, sy nie vir haar handeling strafregtelik toerekenbaar was nie en dus deur die verhoorhof onskuldig bevind moes gewees het. Hy gee toe dat indien dit nie volgens die getuienis bevind kan word dat sy ontoerekeningsvatbaar was nie, die ver-hoorhof geregverdig was om haar skuldig te bevind aan moord. Kollega Jacobs is tevrede dat die appellante deur die verhoorhof tereg skuldig bevind is aan moord met

versagtende /3
-3- versagtende omstandighede.

Aangesien ek ook van mening is dat die appellante volgens die getuienis tereg skuldig bevind is aan moord met versagtende omstandighede, is dit slegs nodig omkortliks my redes te verstrek waarom ek met eerbied nie met kollega Viljoen kan saamstem nie dat die getuienis toon dat die appellante ontoerekeningsvatbaar was toe sy die oorledene doodgeskiet het.

Dit is natuurlik so dat dit 'n belangrike voorvereiste van strafregtelike verantwoordelikheid vir enige misdaad is dat die dader tydens sy optrede toe-rekeningsvatbaar is. Dit is 'n begrip wat te doen het

met /4
-4-met die dader se geestesvermoëns. Luidens artikel 78(1) van die Strafproseswet No 51 van 1977 is iemand wat 'n handeling verrig wat 'n misdryf uitmaak nie vir so 'n handeling strafregtelik toerekenbaar nie indien hy ten tye van so 'n verrigting aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek ly wat tot gevolg het dat hy nie oor die vermoë beskik - (a) om die ongeoorloofdheid van sy handeling te besef nie, of (b) om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handeling op te tree nie.

Geestesongesteldheid of geestesgebrek wat die genoemde gevolg het kan tydelik of permanent wees en van organiese of funksionele aard wees. Dit is egter vir die reg nie van enige belang wat die oorsaak van

die /5
-5-die geesteskrankheid is nie. 'n Verhoorhof moet slegs beoordeel of 'n dader wel aan geesteskrankheid gely het en of dit sodanig was dat dit die genoemde gevolg gehad het. Dit moet volgens die getuienis voor die verhoorhof beoordeel word en uit die aard van die probleem is dit vanselfsprekend dat medies-psigiatriese getuienis on-ontbeerlik is. Die Wetgewer het dit besef en gevolglik in onderartikels (2),(3),(4) en (5) van art 78 en art 79 van voornoemde Wet bepaal hoe daar te werk gegaan moet word.

Die afwesigheid van toerekeningsvatbaarheid is nie beperk tot gevalle waar die dader aan 'n gees-teskrankheid ly nie. Dit is ook denkbaar en bestaanbaar

by /6
-6-by gevalle van tydelike verstandelike beneweling. In die saak van S v Chretien 1981(1) SA 1097 (A) op
bladsy 1106 F-G stel Rumpff HR die posisie t o v dronk-enskap as volg:-

"Indien iemand 'n handeling verrig (meer as 'n onwillekeurige spierbe-weging) maar so besope is dat hy nie besef wat hy doen nie of dat hy die ongeoorloofdheid van sy handeling nie besef nie, is hy nie toerekening-svatbaar nie. Maar ek wil herhaal dat 'n hof alleen op grond van getuienis wat dit regverdig tot die konklusie, of redelike twyfel, sal kom dat wan-neer iemand inderdaad 'n handeling (of omissie) begaan het wat 'n misdaad is, hy dermate besope was dat hy nie

toerekeningsvatbaar.../7
-7 -

toerekeningsvatbaar is nie."

In die saak S v Bailey 1982(3) SA 772 (A) wat

te doen gehad het met 'n regsvraag wat beperk was tot noodtoestand (dwang) as skulduitsluitingsgrond en nie spesifiek met toerekeningsvatbaarheid gehandel het nie, het Jansen AR die volgende stelling obiter gemaak:

"Dit is duidelik dat vrees wat as gevolg van dreigemente ontstaan, fisiologies en psigologies op die slagoffer kan inwerk. Dit is denkbaar dat hy so vreesbevange kan word dat hy nie behoorlik die gevolge van sy handeling kan insien nie of kan insien dat wat hy doen wederreg-telik is nie; in 'n uiterse geval kan hy selfs ontoerekeningsvatbaar word. (Vir 'n bespreking hiervan,

sien /8

-8-

sien Van der Westhuizen Noodtoestand as regverdigingsgrond in die Strafreg op 270 e v.)"

Op die aangehaalde plek probeer die laasgenoemde skrywer aantoon dat die reg nie die sielkundige en selfs fisio-logiese uitwerking van 'n skielike nood of ernstige dreigemente kan negeer nie vanweë die invloed wat dit op 'n dader se geestestoestand, soos sy wilsvryheid, oor-deelsvermoë en emosionele beheer het. Hy verwys dan in die breë na die belangrikste fisiologiese prosesse wat in werking gestel word, en die uitwerking daarvan en die effek daarvan op die funksionering van die menslike senuweestelsel en dus op sy psigiese ingesteldheid en reaksies.

Die /9
-9-Die "uiterse geval" wat die geleerde regter hier in gedagte het, moet noodwendig 'n geval wees waar die dreigemente sodanig is dat die fisiologiese en psigo-logiese inwerking op die slagoffer inderdaad sy geestes-toestand so affekteer dat hy nie die vermoë het om die ongeoorloofdheid van sy handeling te besef nie, of om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handeling op te tree nie.

Tydens die aanhoor van die getuienis in die onder-hawige saak was daar nie deur die verdediging staatgemaak op die ontoerekeningsvatbaarheid van die appellante nie met die gevolg dat geen besondere aandag daaraan bestee is nie. Dit was skynbaar eers met die betoog-stadium aan die einde van die saak wat dit vir die eerste

keer /10

-10-

keer te berde gebring is. Dit verklaar miskien waarom daar nie van vakkundige mediese getuienis gebruik gemaak is nie.

Die vraag wat dus ontstaan is of die getuienis wat wel voor die hof is bewys lewer dat die appellante aan 'n tydelike verstandelike beneweling gely het as ge-volg waarvan sy nie oor die vermoë beskik het om die on-geoorloofdheid van haar handelíng te besef nie of om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van haar handeling op te tree nie.

Hoewel die Staat die elemente van die misdaad moet bewys bestaan daar 'n vermoede dat 'n beskuldigde

wel /11

-11-

wel toerekeningsvatbaar is. Wanneer die vraag ontstaan of daar toerekeningsvatbaarheid was weens geesteskrank-heid, rus die bewyslas om geesteskrankheid te bewys op die beskuldigde. Die beslissing omtrent geesteskrank-heid in so 'n geval word gegee volgens die oorwig van waarskynlikhede. Indien die vraag ontstaan of die on-toerekeningsvatbaarheid die gevolg is van 'n geestes-versteuring wat nie deur geesteskrankheid veroorsaak is nie, en indien daar 'n grondslag gelê word in die getuienis vir 'n beroep op ontoerekeningsvatbaarheid nie deur geesteskrankheid veroorsaak nie, moet uitsluitsel gegee word ten gunste van die beskuldigde indien daar 'n redelike twyfel oor

die /12
-12-die oorsaak van sy ontoerekeningsvatbaarheid bestaan. S v Mahlinza 1967(1) SA 408 (A) op bladsy 419 A-C. S v Chretien (supra) bladsy 1106 B-C.

In die onderhawige saak is daar geen sprake van geesteskrankheid nie en is daar ook geen grondslag ge-lê vir 'n beroep op ontoerekeningsvatbaarheid wat nie deur geesteskrankheid veroorsaak is nie. Daar is ook geen psigiatriese of klinies-sielkundige getuienis wat enigsins kan aantoon dat die appellante wel 'n geestes-versteuring gehad het wat die gevolg kon gehad het dat sy nie oor die vermoë beskik het om die ongeoorloofdheid van haar handeling te besef nie of om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorlofdheid van haar handeling op te

tree /13

-13-
tree nie. Die appellante het wel in haar getuienis vertel wat haar gewaarwordinge voor, tydens en na afloop van haar handeling was, maar volgens my beskeie mening is n hof nie sonder die hulp van psigiatriese of klinies-sielkundige getuienis in die vermoë om te kan oordeel of sy op enige stadium aan 'n geestesversteuring gely het wat die vereiste gevolge vir ontoerekingsvatbaarheid gehad het nie. Trouens, uit haar getuienis is af te lei dat sy deurgaans die vermoë gehad het om die onge-oorloofdheid van haar handeling te besef en dat sy versuim het om haar wilsbeheer, 'n vermoe waaroor sy subjektief beskik het, uit te oefen. Dit was in wese die bevinding van die verhoorhof en ek is nie oortuig dat die bevinding

verkeerd..../14

-14-

verkeerd is nie.

Myns insiens was daar genoegsame gronde vir

die verhoorhof om die appellante aan moord skuldig te bevind en ook om te bevind dat daar versagtende omstandig-hede was.

Vir die redes aangevoer deur kollega Jacobs moet daar in die straf wat deur die verhoorregter op-gelê is, ingegryp word en ek stem saam met hom dat die

straf wat hy aan die hand doen 'n behoorlike en gepaste straf in al die omstandighede is.

BOSHOFF Wn AR

235/85

/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèlAFDELING)

In die saak tussen:

HESTER SUSARA CAMPHER Appellant

DIE STAAT Respondent

CORAM : VILJOEN, JACOBS, ARR et BOSHOF, WAR

VERHOORDATUM : 16 SEPTEMBER 1986

LEWERINGSDATUM : 28 NOVEMBER 1986

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Die/

2.

Die appellante het in die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling voor 'n Regter (blykbaar sonder assessore) tereggestaan op 'n aanklag van moord op haar man Nicolaas Jacobus Campher (hierna die oor-ledene genoem). Sy is skuldig bevind aan die aan-klag haar ten laste gelê en nadat die Verhoorhof bevind het dat daar versagtende omstandighede bestaan, is sy 'n vonnis van 10 jaar gevangenisstraf opgelê helfte waarvan op sekere voorwaardes opgeskort is. Met verlof van hierdie Hof, toegestaan nadat 'n aan-soek om verlof om te appelleer deur die Verhoorregter geweier is, kom sy in hoër beroep teen haar skuldig-bevinding sowel as haar vonnis.

Dit is nie deur die appellante betwis nie

dat/
3.
dat die oorledene dood is as gevolg van 'n rewolwer-
skoot wat sy op die oggend van 2 Mei 1984 afgevuur
het. Haar verweer was egter dat vanweë die omstan-
dighede wat geheers het voor en toe sy die skoot
afgetrek het, (ek stel dit opsetlik neutraal omdat
ek later sal terugkom op die spesifieke verweer of
verwere wat namens haar geopper is), slegs aan straf-
bare manslag skuldig bevind moes gewees het.

Die partye het op die betrokke datum ge-woon te Andersonstraat 49, Venterspos, in die dlstrik van Westonaria. Die Staat se saak het berus op die getuienis van kaptein Thoms van die

S A Polisie/
4.
S A Polisie wat na die gebeure by die huis van die
oorledene en appellante teen ongeveer 8h30 opgedaag

het, op die lykskouingsverslag en die getuienis
van dr Joubert wat die lykskouing behartig het so-
wel as op erkennings wat daar gemaak is namens die

appellante.

Die mediese getuienis is soos volg in die

uitspraak van die Verhoorregter opgesom:

"Die oorsaak van dood is 'n skietwond van agter deur die hart. Die rigting van die wond is van regs na links van agter. Die koeël het ingegaan in die middel van die rug regs agter en die rigting was daarna opwaarts na links, en die koeël is deur die dokter by die linker sleutelbeen gevind.
Die getuienis is dat dood oombliklik na

die toedien van die skoot ingetree het.

Daardie getuienis van die dokter is
geensins betwis nie.
Die dokter is uittenlik gekruisverhoor

op/

5.

op een aspek, naamlik dat die toedien van die skietwond kon plaasgevind het terwyl die beskuldlgde op haar knieë was, of in die proses was om op te kom. Die dokter het toegegee dat die rigting van die wond versoenbaar is met daardie stelling van die verde-diging."
Die Verhoorregter het die geskilpunt

soos volg ingesien:

"Soos uit my uitspraak sal blyk is daar net een vraag wat oorbly vir beslissing en dit is of die dood van die oorledene op moord of strafbare manslag neerkom."

Nadat die Verhoorregter meldlng daarvan
gemaak het dat die Staat geen ooggetuies se getuie-
nis kon aanbied nie en dat die enigste getuie wat
lig kon werp op die skietvoorval die appellante
self was, het hy soos volg verwys na die getuienis
van/
6. van kaptein Thoms:

"Soos ek die getuienis verstaan, is dit redelik kort na die voorval. Hy het 'n fotograaf laat roep, wat fotos geneem het van die toneel wat hy daar besigtig het. Die fotos is ingehandig as BEWYS-STUK B. Op die fotos kan die oorledene gesien word in die posisie wat hy gevind is in die duiwehok buite die huis van die beskuldigde en die oorledene. Die duiwe-hok word ook aangedui, sowel as die skuif-slot wat deel uitmaak van die beskuldigde se verweer.
Die slaapkamer van die beskuldigde, en die bedkassie waaruit die vuurwapen uit-gehaal is, word ook aangedui op die fotos, sowel as die kombuistafel met die vuur-wapen en die holster daarop, waar kaptein Thoms dit gevind het.
Daar is ook fotos geneem van die oorledene,

met/

7.

met sy klere aan en met sy trui en hemp opgestoot om aan te dui waar die koeël . ingegaan het.

Een van die fotos het ook aangedui dat daar gereedskap in die omgewing van die duiwehok was en, meer belangrik, 'n Yankee skroewedraaier, soos Kaptein Thoms dit beskrywe het, wat teenwoordig was.

Kaptein Thoms het gesê dat, inaggenome die prentjie wat hy daar gesien het, en die gereedskap wat hy daar gevind het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat daar aan die hok gewerk was deur die oorledene, en dat hy reparasies daaraan aangebring het. Dit pas'in met die beskuldlgde se weergawe. Hy het die beskuldigde op die bed, wat aan-gedui word op een van die fotos in BEWYSSTUK B, gekry. Op daardie stadium het hy nie geweet dat die beskuldigde betrokke was by die aangeleentheid nie.

Hy het haar gevra of sy enige verduideliking kan gee ten opsigte van die skietvoorval. Sy het onmiddellik gesê dat sy vir die oor-ledene geskiet het. Kaptein Thoms het haar onmiddeilik daarna stilgemaak en haar ge-waarsku in terme van Regtersreëls.

Haar/

8.

Haar verdere verduideliking na daardie waarskuwing, was die volgende:

Beskuldigde het gesê dat sy die oorledene geskiet het. Sy het verder gesê dat die oorledene het haar gedwing om te help met die herstelwerk in die betrokke duiwehok -en omdat sy nie die skuifslot behoorlik vasgehou het nie, waaraan hy, dit wil sê die oorledene, 'n gat moes boor, het die oorledene die skroewedraaier, BEWYSSTUK 3 geneem, en haar daarmee gedreig met die dood. Sy het gevlug na die slaapkamer, waar sy die vuurwapen uit die bedkassie gehaal het. Die oorledene het haar agter-volg, en haar onmiddellik terugforseer na die duiwehok. Toe sy teruggebring is na die duiwehok, het hy vir haar gemaak kniel voor die deur en vir haar gesê sy moet bid dat die gat wat skeefgeboor is nou regkom met gebed.

Kaptein Thoms is ook deur mnr Henning vir die Staat gevra, of die beskuldigde ver-duidelik het hoe die skietery plaasgevind het. Kaptein Thoms het gesê dat die be-skuldlgde verduidelik het dat terwyl sy gekniel het en gebid het, kan sy nie veel

onthou/

9.

onthou wat verder gebeur het nie, dinge het donker geword, behalwe, (en die behalwe was die kwalifikasie op onthou), dat sy die sneller getrek het en die skoot het afge-gaan. Met ander woorde, soos ek Kaptein Thoms se getuienis verstaan het, kon beskul-digde nie veel onthou, behalwe dat sy die sneller getrek het en dat die skoot afgegaan het nie. Kaptein Thoms is geensins oor hierdie erkenning van die beskuldigde deur die verdediging ondervra nie.

Kaptein Thoms het ook die slot ondersoek, en het die beskuldigde se weergawe bevestig dat die gaatjies nie behoorlik geboor was nie.

Kaptein Thoms het ook 'n vuurwapendeskundige se verslag ingehandig - die enigste belang-rikste punt wat uit daardie verslag ontstaan, is dat toe die skoot afgevuur is, dit gemene-saak is dat die loop nie verder van die oorledene kon gewees het as 20cm nie."

Die uitspraak vervolg:

"Die eerste vraag wat ontstaan, is of die feitlike weergawe van die beskuldigde geglo

kan/

10.

kan word. Daardie weergawe kan in twee ver-deel word.

Eerstens, die ongelukkige huweliksverhouding wat aanleiding gegee het tot die skietery.

Tweedens, die omstandlghede waaronder die dood van die oorledene veroorsaak is.

As ek kyk na die feitlike getuienis van Kaptein Thoms, kan ek die beskuldigde se relaas van wat op die betrokke oggend plaas-gevind het, nie verwerp nie. Wat aanleiding daartoe gegee het, alhoewel party aspekte daarvan oordryf en onwaarskynlik is, kan ook nie verwerp word nie. Ek verwys na die huweliksverhouding tussen die beskuldigde en

die oorledene, en veral die maand net voor die skietvoorval plaasgevind het.

Dit is alles agtergrond en feite waarteen ek moet bepaal wat die gemoedstoestand van die beskuldigde was ten tye van die afvuur van die noodlottige skoot. Ek sal derhalwe die saak beoordeel op die basis dat beskul-digde se getuienis redelik moontlik waar is.

Voordat ek die beskuldigde se getuienis ont-

leed/

11.

leed, wil ek die volgende sê: Die verweer in hlerdie saak, is wat in ons reg genoem word, provokasie. Dit word aangevoer dat die provokasie van so 'n aard en intenslteit was, dat beskuldigde op die kritieke stadium nie die opset kon vorm om te moor nie. Die aard van die provokasie was die verhoudinga-probleme van beskuldigde en oorledene, wat aanlelding gegee het tot konflikte, en uiteindelik tot gewelddadige reaksie.

Dieselfde tipe feite en omstandighede wat in hierdie saak voorkom, het voorgekom in die bekende saak van S v MEYER 1981 (3) SA 11.AA.

Die verdediging se saak is gebaseer, vir alle praktlese doeleindes, op die volgende woorde van ons Oud-Hoofregter in die MEYER se saak:

'Soms is die intensiteit van die woede so groot dat die dood wat andersins moord sou wees, as straf-bare manslag beoordeel word.'

Die toets ten aansien van die beskuldigde se opset, is 'n subjektiewe toets - die

Staat/

12.

Staat en die verdediging is dit eens, op hierdie punt. Ek verwys na S v MOKONTO 1971 (2) SA 319 AA, en ek haal uit daardie saak aan:

'In crimes, in which the subjective intention is an element, the question of the existence of such intention is a subjective one, namely, what was going on in the mind of the ac-cused. Provocation, inter alla, is relevant to the question of the exis-tence of such intention.'

Ek is ook verwys, ek dink deur beide advokate, na die saak van S v LESCH 1983 (1) SA 814 (0). Ek haal aan uit hierdie verslag, vanaf bladsy 824, paragrawe D tot E:

'Dit is geykte reg, dat getuienis be-treffende die gebeure wat gelei het tot die emosionele opwelling, die beskuldigde se gedrag voor en ten tyde van die daad, sy gedrag daarna, inslultende sy eie getuienis van sy herinnering van wat plaasgevind het tydens die pleging van die daad en daarna, van kardinale belang is om

vas/

13.

vas te stel of die beskuldigde ty-dens die kritieke oomblik 'n emosio-nele storm beleef het."

Ek sal hierdie beginsels met goedkeuring op die feite van hierdie saak toepas.

Ek is ook verwys na wat gesê is in die toon-aangewende saak van die S v MOKONTO 1971 (2) 5A (AD) 319 op bladsy 326:

'On the other hand, the facts of a particular case might show that the provocation, far from negati-ving an intentlon to kill, actually caused it. The crime would be murder, not culpable homicide'.

Die bewyslas is op die Staat om die moontlik-heid van strafbare manslag onder hierdie omstandighede uit te skakel. Die Staat be-twis nie dat daar provokasie teenwoordig was nle, maar voer aan dat die provokasie nie die bedoeling om te vermoor, uitgeskakel het nie, maar eerder bydraend was tot die vorming van die opset om te dood.

Beskuldigde se bedoeling was eintlik aange-

wakker/

14.
wakker deur die provokasie, sê die Staat. Die Staat het verder betoog dat beskuldigde, op haar eie weergawe, en in wat sy aan Kaptein Thoms gesê het, die bedoeling om te vermoor geopenbaar het. Alternatiewelik, dat al die feite inaggenome, die enigste afleiding is dat beskuldigde die bedoeling om te vermoor, gehad het."

Teen hierdie agtergrond het die Verhoor-

regter die appellante se weergawe ontleed. Die
geskiedenis van die verhouding tussen hulle voor
die dag van die gebeure ten aansien waarvan sy
getuig het, is soos volg deur die Hof opgesom:

"Sy was voorheen getroud met ene Rauben-
heimer, en drie klnders is uit daardie
huwelik gebore - die kinders is sestien,
veertien en nege jaar oud. Sy het die
oorledene in ongeveer Januarie 1983 ont-
moet, toe sy alreeds 2 jaar geskei was.
Sy het toesig en beheer van die drie kinders
gehad, en sy het met die oorledene op
8 Julle 1983 getrou. Haar getuienis was

dat/

15.

dat op drie geleenthede wou hy nie voortgaan met die huwelik-seremonie wat gereël was nie. Dit was 'n ongelukkige begin tot die huwelik en die verhouding tussen die twee van hulle.

Nadat hulle getroud is op 8 Julie 1983, het
dinge van die begin af sleg begin word. Die oorledene was dominerend, hy was kwaad van geaardheid, hy het baie min gelag - twee weke nadat hulle getroud was, het hy vlr haar ernstig aangerand ten aanskoue van haar 9 jarige dogter. Sy het verduidelik dat na
dle aanranding moes sy vir die beskuldigde
sê sy is jammer, en moes sy ook sê dat sy dit nie weer sal doen nie.

Hy het homself nie alleen as die gesinshoof beskou nie, maar as haar baas beskou. Hy het baie kwaad geword, en wanneer hy kwaad word kon hy nle sy humeur beteuel nie. Hy het met haar godsdiens gespot. Sy het my meegedeel dat sy behoort aan die Pinkster-kerk. Hy het op 'n stadium gesê dat hy glo hy is Jesus, en ook Hitler, en dat hy 'n groot vrees gehad het vir geeste. Hy het ook gesê dat hy weet presies wat mense gaan doen en sê. Sy moes die geeste van hom weg-hou. In die aande moes sy wakker bly om

die/

16.

die geeste van hom weg te hou. Hy was altyd bang dat 'n oorlog gaan uitbreek, en om 'n oorlog af te weer, het hy daarop aan-gedring dat hulle vuurwapens moes besit. Sy het nie 'n vuurwapen besit nie - BEWYS-STUK 1 was die oorledene se vuurwapen, en hy het dlt alreeds gehad toe hulle in die huwelik bevestig is. Maar op sy aandrang moes sy 'n ander vuurwapen vir die beskuldig-de gaan koop - dit was as 'n Colt vuurwapen beskrywe en was in die Hof getoon.

BEWYSSTUK 1, die vuurwapen waarmee sy die oorledene geskiet het, het die oorledene in haar sorg gelaat. Hy het die Colt aangehou. Die vuurwapen, BEWYSSTUK 1, was aan haar kant van die bed gehou. Die ander vuurwapen, die Colt, was aan sy kant van die bed, in 'n bedkassie aangehou.

Sy sê, en die Staat kon dit nie betwis, dat sy BEWYSSTUK 1 in haar bedkassie aangehou het terwyl dit oorgehaal was en dit was op instruksies van die oorledene. Sy sê die oorledene het staatgemaak op haar. As hy skofte gewerk het, en nie by die huis teen-woordig was nie, moes sy die kinders oppas, en moes sy die vuurwapen byderhand hou.

As hy/
17. As hy nie nagskofte gedoen het nie, en by die huis geslaap het, en daar was geluide by die duiwehok, moes sy uitgaan met die vuurwapen om vas te stel wat aangaan.

Sy het ook getuig dat sy geneem is na 'n
ou gat, waar daar blikke en wrakke van karre
was, waar die twee van hulle skyfgeskiet
het. Dit blyk uit daardie getuienis dat
sy geweet het hoe om BEWYSSTUK 1 te hanteer.

Die oorledene het haar kinders as 'n oorlas bestempel - dit is die kinders waarna ek alreeds verwys het. Die oorledene het gesê dat hulle sy geld vreet, asook sy kos. Hy het hulle gevloek, en die seun wat ietwat verstandelik vertraag is, as 'n vertraagde bliksem genoem. Sy het verder getuig dat die oorledene hierdie kind nie kon verdra nie.

As gevolg van hierdie situasie wat ek so pas geskets het, is die kinders teruggeplaas in haar gewese man se sorg, dit wil sê, mnr Raubenheimer. Dit het geblyk dat die omstan-dighede by die Raubenheimers nie gelukkige omstandighede was nie, maar dat hulle beter was as die omstandighede wat by die beskul-digde en oorledene se huis geheers het.

Sy/.....

18.

Sy het ook vir my vertel dat die kinders moes stilbly - dit is toe hulle daar was - as hy in die huis was - hulle kon nie raas nle, daar moes absolute stilte wees, en as hulle geraas
het, dan het hy gesê dat hulle steur vir die duiwe. Hulle kon ook nie in die agterplaas raas nie, want hulle sal die dulwe steur.

Dit het verder geblyk dat die oorledene se groot belang duïwe, en duiwe-resles was. Die oorledene het aangedring dat die beskuldigde die duiwe moes voedsel gee, sy moes die duiwehokke skoonmaak, sy moes met, wat sy genoem het 'n "putty" mes, die mis afskraap van die hokke, sy moes dit suig met 'n stof-suler, en as dit reën was dit van haar verwag om die nat mis uit te vee. Sy moes hom help,
dit wil sê die oorledene, met sy sweiswerk, as hy ysters gesaag het, of met pype gewerk het.

Sy moes bo-op die duiwehok by voorbeeld gaan klim, om die rol elektriesedraad waarmee die krag gelei is, vas te hou.

5y hét ook vertel dat sy byvoorbeeld die duiwehokke moes verf, terwyl hy op 'n stoel gesit het, en sy moes hulle in stand hou.

Sy/ '
19

Sy moes ook die duiwe medisyne gegee het.
Sy het verder verduidelik dat hy het nie genoeë geneem as sy enigsins teëgepraat het nie - hy het baie woedend geword as sy dit gedoen het. Hy het sy humeur verloor en haar geslaan as sy dit gedoen het.
Sy het ook verduidelik dat ay die skuld vir alles gekry het wat verkeerd gegaan het.
In November 1983 het sy 'n skeisaak aanhangig gemaak, en het sy na Port Elizabeth gegaan. Die kinders, soos sy getuig het, was alreeds weg. Sy het by mense in Port Elizabeth gaan bly.

In Desember 1983 het die oorledene 'n telegram vir haar gestuur, waarin hy gesê het dat daar moeilikheid is en dat sy moet terugkom. Sy het op gevlieg en die oorledene en die oor-ledene se ma het haar oorreed om weer terug te gaan na die oorledene toe. Selfs nadat sy na hom teruggegaan het, het dinge nie goed, gegaan nie en het hy haar weer aangerand. Ten spyte daarvan het sy ingestem en toege-laat dat die oorledene saam met haar terug-keer op die vliegtuig na Port Elizabeth.

Sy/

20.
Sy het op die vliegtuig geklim met twee blou
oë en 'n donker bril. Op daardie stadium het
die oorledene 'n brief onderteken ingevolge
waarvan hy onderneem het om haar nooit weer
aan te rand nie.

Selfs in Port Elizabeth, by die akwarium waar die dolfyne vertoon word, het hy haar voor mense aangerand.

Die probleme wat ek nou geskets het, het sy aan die werksbeamptes, of van die werksbe-amptes van die myn waar die oorledene gewerk het, gemeld. Sy het egter nooit 'n klagte by die polisie gelê nle. Sy het haar opgehoopte emosies vir haarself gehou. Sy sê sy het net haar ma en pa skelm gebel van die bure af, en hulle elke nou en dan van haar ongelukkige lewe vertel. Sy sê mev van Nieuwenhulzen van die Welsyn, het ook kennis gedra van die on-gelukkige toestand van haar lewe en die huweiik.

Sy het uitgewei oor die kwessie van die geeste. Dit blyk uit die getuienis dat die oorledene beweer het dat die geeste hom gepla het; dat hy in die aand geslaap het met die ligte in die gang wat moes aanbly. Hy was bang vir

die/

21.

die geeste, en hy het gesê dat die geeste kielle hom op sy neus en skryf op sy vqorkop en dat hy gesigte om die huis sien wat na hom loer. Hy het selfs so ver gegaan as om te beweer dat die geeste praat met hom op die radio, asook op die TV. 5y moes die radlo afskakel, en was verbied om dit aan te raak. Sy was ook verbled om aan oorledene se motor te raak. Daar is nagte wat sy moes wakker sit om te kyk dat die geeste hom nie pla nie, totdat hy kon slaap.
Ongeveer 'n maand voor die voorval, het die oorledene opgehou werk, en hy het ook haar, dit wil sê die beskuldigde, verbied om te werk."

Daar kan bygevoeg word dat volgens haar getuienis hulle na sy bedanking gelewe het van kapitaal wat sy kragtens die skikking met die eg-skeiding van haar vorige man ontvang het. Die kapitaal het egter vinnig verminder.

Die nag voor die oggend van die voorval,

moes/

22.

moes sy ook die heel nag wakker bly om die geeste

van hom weg te hou. Hy het 'n ruk lank geslaap en
sy het wakker gesit op die bed. Toe hy die oggend
wakker word was hy onmiddellik in 'n slegte bui.
Hy het haar beveel om vir hom te gaan koffie maak.
Sy was moeg, sy was uitgeput van die gebrek aan
slaap. Sy het hom gevra of sy nie later vir hom
kan gaan koffie maak nie. Hy het kwaad geword en

sy rug op haar gedraai. Sy het toe maar opgestaan
om vir hom koffie te maak. Sy was so moeg dat sy
'n ruk lank in die kombuis op 'n bankie gelê het terwyl
sy gewag het vir die water om te kook. Sy het gevoel
dat sy geestelik heeltemal "af" was; liggaamlik was

sy ook heeltemal "af" en haar oë het gevoel asof hulle

nle/

23.

nie heeltemal kon registreer nie. Toe sy die
koffie vir hom neem, wou hy dit nie drink nie, want hy het gesê dit ruik suur en dit smaak soos seep. Haar kinders moes ook sy verkeerde bui ont-geld. In die badkamer het hy die oudste dogter gevloek omdat sy, so het hy beweer, die wasbak nie skoongemaak het nie, terwyl dit sy hare was wat van die vorige aand toe hy sy hare gewas hek, in die wasbak agter gebly het en dit die appellante was wat 'n stukkie watte die vorige aand op die rand van die wasbak laat lê het. Toe die appellante hom daarop wys dat dit nie die dogter se skuld was nie, het hy slegs meer woedend geword. Die dogter is in trane skooltoe. In die kombuis het haar seun .

wat/

24.

wat vroeër, voor hy skool toe is, vir sy eie ontbyt
gesorg het in die kombuis, ongelukkig graanvlokkies
op 'n stoel en die vloer gemors. Dit het die oor-
ledene eens so nukkerig gestem. Hy het vreeslik
gevloek en tekere gegaan. Sy het soos volg vervolg:

"Hy het gesê, ja, hoekom kan ons nie die goed skoonmaak nie. En ek het dit toe gedoen, en ek het toe begin met die op-wasbak, die skottelgoed wat in die wasbak was, het ek begin was. Maar hier binne-kant my was besig 'n storm om los te kom. Ek het gevoel ek gaan ingee. Ek kan net nie meer nie, want ek het gevoel dat hy was besig om my af te takel. Ek was vir hom 'n vloerlap. Hy het op my getrap net
omdat hy lus kry. En terwyl hy daar gesit het, toe het hy vir my gesê ek moet "get" uit die huis uit, ek en my kinders, ons moet "get". Ek kon dit nie verwerk het nie. Ek kon dit glad nie verwerk het nie."
Die oorledene is daarop na buite, na die

duiwehokke toe. Sy het in die huis agtergebly. Hy

het/

25.

het vir haar van buite af geskree dat sy na die

duiwehok moes kom. Sy het gehoorsaam. Hy was

besig om 'n skuifslot aan die middel-traliedeur

van die dulwehok aan te bring en het haar beveel om

die skuifslót vas te hou sodat hy 'n gaatjie deur

die slot se gaatjie in die raam van die deur kon

boor met 'n elektriese boor. Sy moes in 'n moeilike

posisie lê om met haar liggaam teen die deur te

druk en terselfdertyd moes sy die slotstuk vashou

sodat dit nie skuif nie. Sy het nie daarin geslaag

om die slot behoorlik vas te hou nie met die gevolg

dat hy die gaatjie skeef geboor het. Hy het begin

vloek en op haar geskel dat sy sy lewe "opgefok"

het. Sy was ontsteld en het begin huil - vir die

eerste keer in maande. Hy gryp toe die skroewe-

draaier/

26.
draaier en dreig dat hy haar gaan dood steek. Sy
het egter nie gedink hy sou dit regtig doen nie
maar sy het dit tog gerade geag, nadat sy 'n rukkie
gestaan het, om uit die hok pad te gee. Sy het
huistoe gehardloop en wou die agterdeur toesluit
sodat hy nie kon inkom nie, maar hy is agter haar
aan en het die deur bereik voor sy dit kon toesluit.
Haar advokaat het met 'n volgende vraag terugverwys
na haar getuienis dat sy 'n rukkie gestaan het voor-
dat sy huistoe gevlug het, en haar verduideliking
in die verband lui soos volg:

"Ek het nog getalm. Ek het getalm. Maar hier binnekant my het ek gevoel hier is besig om iets met my te gebeur. Ek kon nie meer dink nie. Al wat ek gedink het, ek moes net uit. Ek moes vlug want dit het vir my gevoel of ek in 'n hoek was.

Ek/

27. E k was vasgedruk."
Toe sy in haar vlug omkyk, het sy geslen

dat hy agter haar aankom met die skroewedraaier
in sy hand. 5y het nie tyd gehad om die deur toe
te maak nle. Ek gee haar getuienis woordeliks weer:

"Al wat ek kon dink, U Edele, was net, ek moes vlug, ek moes wegkom. Dlt was soos kloue wat besig was om my vas te druk. Iets wat ek nie wou gehad het nie, het hier binnekant my gebeur dat ek moes

ek moes net 'vlug. Ek moes wegkom

van hom af want hy was baie, baie kwaad."

Sy het kamer toe gehardloop, Toe sy

sien hy is agter haar met die skroewedraaier het

sy besluit om die vuurwapen uit die bedkassie te

haal. Sy het dlt dan ook gedoen. Hy het die slaap-

kamer binne gehardloop en sy het gedink hy sou skrik

vir die vuurwapen maar dit het hom geensins afgeskrik

nie/

28.

nie. Hy was te woedend. Sy kan nie onthou hoe sy
die vuurwapen gehou het nie. Sy was te verskrik gewees. Niks het meer vir haar saak gemaak nie. Sy was alleen bang dat sy fisies aangerand sou word. Hy het haar gegryp en na haar gesteek in die kamer. 5y kon nie sê of hy haar raak gesteek het nie. Al wat sy kon doen en gedoen het was om te bld: "Here, help my asseblief, help my net vandag, Help my net vandag dat ek kan wegkom uit hierdie dinge uit." Hy het haar.vasgegryp en fisies teruggedwing na die duiwehok toe. Sy het nog sbeeds die vuurwapen, oor-gehaal soos dit altyd was, in haar hand gehad maar daaraan het hy hom nie gesteur nie. By die hok het hy haar agter hom aangetrek na binne en vir

haar/
29. haar geskree "Jou klein teef, jy sal nou hlerdie

gaatjie reg bid." Sy moes op haar knieë gaan In
die hok. Al wat sy weet is dat hy voor haar was.
Ten aansien van wat daarna gebeur het, het sy soos

volg getuig:

"Ek het op my knieë" gestaan. Ek het gehuil en al wat ek weet, dit was 'n krisistyd in my lewe. Een van die dinge ...., ek was emosioneel af. Ek het gevoel hoe gaan ek af en af. Dis of ek in 'n sluik ingaan in 'n diep, donker put. Ek het gevoel of ek kan flou word, en ek as kind van God het gefeil daar.
U het gevoel of u gaan flou word, en toe? .... Ek het gevoel ...., ek kon nie die gaatjie reg bid nie. Hy het die onmenslike van my verwag. Op daardie stadium het niks meer vir my saak gemaak nie.
Ja? ... En vir my was hy soos 'n monster voor my, en al wat ek weet, is nadat ek uit die hok uit is, het ek besef ek het hom geskiet.

Waarheen/

30.

Waarheen is u toe, mevrou? .... Toe ek naby
dle kombuis kom, het ek yskoud gevoel. Ek
het gevoel daar is niks lewe in my nle en ek
het teen die muur gelê naby daar by die kom-
buisdeur,. en toe het die volle werklikheld
het by my gekom. Ek het besef ek het hom
geskiet.
Dis daar in die kombuis? .... En toe ek inkom in die kombuis, toe het ek die sakkie van die rewolwer op die vloer gesien.
Dis die houer van BEWYSSTUK 1? ... Dis reg. En wat het u daarmee gemaak? ... Ek het daar-mee in die hand gestaan en ek het besef ek moes hulp kry. Ek moet êrens hulp soek by iemand. En toe het ek dit op die tafel neer-gesit en uitgehardloop by die deur en na

die ou tannie langsaan gaan soek vir hulp.

En die rewolwer? Het u dit ook op die tafel neergesit? ... Ja, ek moes dit gedoen het."
Sy is gevra na die posisies waarin hulle

was toe sy die skoot afgetrek het. Al wat sy kon
onthou, getuig sy,was dat hy voor haar was. Haar

getuienis/
31. getuienes het soos volg voortgegaan:

"En hy het die hele tyd besef dat u in die hokkie is, naby hom met die vuurwapen? ... Hy moes dit besef het, U Edele, want ek was In die hok saam met hom. Dit het gevoel of iemand my keel toedruk op daardie stadium. Al daardie vernederings. Die toilet wat ek moes gebruik het buitekant, nagte ...., ek het ..., alles het deur my gegaan. Op daardie oomblik was hy vir my 'n monster, nie 'n mens nie. Hy was vir my 'n ding wat besig is om my af te kraak."
Voordat die kruisondervraging 'n aanvang

geneem het, het sy soos volg op vrae van die Ver-

hoorregter geantwoord:

"Al wat ek wil weet is, mevrou, u het gesê
toe u in die slaapkamer was, en u het die
vuurwapen uitgehaal, u wou u man nie dood-
maak nie. Nee, ek wou nie.
Toe u daar in die hokkie was en u was op u knieë en u het gedink hy is 'n monster, wat het deur u gedagtes gegaan? ... Al wat ek ...

Wat/

32.

Wat dit betref het? ... Ek het gedlnk ek moes dit vernietig wat besig is om my ten gronde te gaan, my emosioneel ...

Wag net so 'n bietjie. ... My emosioneel af te breek.

U sê u moes dit vernietig wat besig was om u te vernietig?... Ja, ek kon nie meer nugter dink nie.

Die tweede vraag wat ek u wll vra: U sê na die skietvoorval het u in die kombuis gekom en u sê die volle werkllkheid het by u gekom en u het besef dat u hom geskiet het? ... Ja, U Edele.

Wat het u alles besef? ... Ek het ..., daar

het so baie dinge deur my geflits, dat ek

ten eerste as kind van God heeltemal gefaal
het.

Wat is dit? ... Dat ek as klnd van die Here heeltemal gefaal het.

Ja?... En dan die tweede, dat ek moes hulp kry, onmiddellike hulp.

Enigiets anders? ... En dat ek iemand se dood

veroorsaak het."

Die/

33.

Die kruisondervraging was hoofsaaklik

daarop gerig om van haar 'n verduideliking te kry
waarom sy by die oorledene gebly het indien die
lewe saam meb hom so ondraaglik was. Aan die elnde
van die kruisondervraging het die Staat se advokaat
haar ondervra na aanleiding van die vrae wat die
Verhoorregter haar gevra het en die antwoorde wat

sy daarop verstrek het. Die geleerde Verhoorregter

het geoordeel dat haar getuienis daaromtrent belang-

rlk is en hy het daarna soos volg in die uitspraak

verwys:

"Sy het gesê dat die oorledene was voor haar - dis al wat sy kon onthou. Sy was gevra of die oorledene se rug na haar gewys het. Sy kon nie onthou of die rug of die voorkant na haar gewys het nie. Sy was gevra:.
U moes die vuurwapen gerig het? Haar ant-woord was, sy kon nie dink nie. Sy het

bygevoeg/....

34.
bygevoeg, sy kan nie onthou dat sy die vuur-wapen gerig het nie. Sy het ook gesê sy kan nie onthou dat die oorledene met sy rug na haar toe gestaan het nie. Sy is verder ge-vra wat sy gedink het, toe sy gevoel het dat sy die oorledene moes vernietig want hy was besig om haar te vernietig. Sy het geantwoord dat sy nie rasioneel gedink het nie. Maar sy het die oorledene as iemand gesien wat besig was om haar af te breek. Sy het so gevoel, dat sy hom moes vernletig het. Die aanklaer het dit aan haar gestel dat al manier wat sy dlt kon doen, was om hom dood te skiet. Haar antwoord was: Ek moes hom vernietig het. Ek het nie gedink om hom te skiet nie. Sy is toe gevra: Hoe wou jy hom vernietig het? Sy het gesê: Ek weet nie. Dit is aan haar gestel dat sy die rewolwer in haar hand gehad het, en dit is iets waarmee sy hom kon vernietig het. Dit is verder aan haar gestel dat, alhoe-wel aan die een kant haar gedagtes mag gewees het dat sy wll nie, het sy tog die begeerte gehad om die monster dood te maak. En haar antwoord was ja gewees."

Die Hof redeneer dan soos volg:

"As ek kyk na haar getuienis, is daar geen

suggestie/

35.

suggestie in daardie getuienis dat sy in noodweer opgetree het, of ter afwering van

'n fisiese aanval op haar, of ter afwering van 'n aanval op haar eer en waardigheid nie. Sy sê nie dat sy haar selfbeheer tot so 'n mate verloor het, dat haar weerstands-krag ontbreek het nle. Sy het geweet dat sy 'n gelaaide, oorgehaalde rewolwer in haar hand gehad het - sy het gekyk na die rug van die oorledene, terwyl sy gekniel het. Sy moes die vuurwapen opgelig het en gerig het, om die wond te veroorsaak, soos beskrywe deur die dokter. Sy het ook aan Kaptein Thoms gesê, na die gebeure, dat sy oorledene geskiet het, en kon onthou dat sy die sneller getrek het en dat die skoot afgegaan het. Ek aanvaar dat beskuldigde die erkenning vrywilliglik aan Kaptein Thoms gemaak het, alhoewel sy in 'n emosionele en geskokte toe-stand verkeer het. Dit was die duidelike

getuienis van Kaptein Thoms - ek het vergeet om dit te meld - ek aanvaar daardie getuienis van Kaptein Thoms.

Ek moet ook aanvaar dat die skoot is afgevuur op 'n afstand van minder as 20cm. Haar gedrag voor die tyd was rasioneel, tot die mate, dat sy die vuurwapen ult die kassie gehaal het om

oorledene/......

36.
oorledene, soos sy gesê het, af te skrtk. Sy het dit langs haar gehou, en sy het dit glad nie op hom gerig nle. Haar bedoeling was nie om die oorledene dood te maak met die vuurwapen nie. Sy wou dit ook terugsit, maar is nie 'n kans gegee om dit te doen nie. Selfs na die voorval, het sy tot 'n groot mate rasioneel opgetree. Sy het die holster opgetel, en beide die holster en BEWYSSTUK 1 op die kombuistafel geplaas, en hulp, soos ek dit verstaan het, onmiddellik by die buur-vrou gaan soek.

Sy kon ook dink, op daardie stadium, soos ek haar getuienis verstaan, dat sy nie iemand se lewe beëindig het sonder enige rede nie. Die feit dat sy sekere dinge nie kan onthou nie, beteken nie dat sy op die kritieke oomblik nle geweet het wat aangaan nie, of byvoor-beeld dat die oorledene se rug nie na haar gewys het nie, of dat sy nie die vuurwapen gerig het nie.

As ek al die feite in die saak oorweeg, kan ek net tot een gevolgtrekking kom, naamlik, dat die Staat bo enige redelike twyfel bewys het, dat toe die beskuldigde die oorledene geskiet het, sy hom met opset geskiet het -

haar/

37.

haar subjektiewe gemoedstoestand, alhoewel
dit sterk beinvloed was deur die provokasie
en die voorafgenoemde gebeure, was om die
oorledene, wat sy op daardie stadium as 'n
monster, nie as 'n mens gesien het nie, te
vernietig of dood te maak. En met daardie
doel voor oë het sy die sneller opsetlik
getrek."

Ten slotte het die Verhoorregter in beson-derhede met die betoog gehandel dat die appellante in selfverdediging opgetree het. Hierdie betoog het hy verwerp.

Soos blyk uit die uitspraak het die ge-

leerde Verhoorregter die vraag wat hy vir homself
gestel het of die appellante se feitlike weergawe
van die gebeure geglo kan word, bevestigend beant-
woord. Hy het gese dlt kan nie verwerp word nie.
Hierdle bevinding het ingesluit die getuienis wat

die/....
36. die voorafgaancle geskiedenis (hoewel die Verhoor-
regter gemeen het dat sy sekere aspekte oordryf
het omdat dit onwaarskynllk voorkom) sowel as die
gebeure van die oggend betref.

Dit wil voorkom asof daar drie verwere

in die hof a quo geopper is. Die eerste is dat
dle appellante onder provokasie die daad gepleeg
het, die tweede was dat sy onder die omstandlghede
haar selfbeheer tot so 'n mate verloor het dat haar
weerstandskrag ontbreek het en die derde was dat
sy in noodweer opgetree het ter afwering van 'n
fisiese aanval op haar of ter afwering van 'n aanval
op haar dignitas. Die tweede en derde verwere het

die geleerde verhoorregter verwerp en wat die verweer

van/

39.
van provokasie betref,het hy bevind dat dieselfde
tipe felte en omstandighede wat in hierdie saak
voorkom ook in die saak van Meyer supra voorgekom
het. Hy het egter bevind dat die aard en intensi-
teit van die woede nie so groot was dat die beskuldig-
de nie die opset om te dood kon "vorm" nie en daarom
slegs aan strafbare manslag skuldig bevind moes word,
nie. Die provokasie het hy wel as 'n versagtende om-

standigheid bevind.

Die beroep van die verhoorregter op S v Meyer

supra is, na my oordeel,misplaas. Die handelwyse

van die oorledene het nie die appellante geprovokeer

om kwaad te word, om die emosie van woede te ervaar

nie. Volgens haar getuienis het die kleinerende

en onbillike optrede van die oorledene, die onreg wat

hy/....

40.
hy haar en haar kinders aangedoen het, die liggaam-like uitputting wat sy ondervind het as gevolg van sy bizarre optrede, haar weerstand laat knak. 5y gedrag van daardie oggend was die presipiterende oorsaak van die tragedie. Soos ek haar getuienis begryp het sy nie woede ervaar nie maar veeleer 'n emosie van radeloosheid, van magteloosheid om aan die aftakelende optrede te ontsnap, van.desperaat-heid. Sy was geestelik en liggaamllk uitgeput en haar vermoë om die toestand langer te verduur, het in duie gestort. die verhoorregter het, na my oordeel, dus verkeerdelik, sonder om eers die toerekenbaarheids-vraagstuk te oorweeg, die verweer van provokasie in die samehang met die vraag of die appellante die op-

set/

41.
set gehad het om die oorled.ene te dood, oorweeg.

Omdat ek aan die verweer van gebrek aan

weerstandskrag laaste aandag wil bestee, handel

ek voorts met die verweer van noodweer. Myns in-

siens was die geleerde verhoorregter heeltemal reg

in sy oordeel dat daar geen suggestie is nie in haar

getuienis dat sy in noodweer opgetree het, of ter

afwering van 'n fisiese aanval op haar, 6f ter afwering

van 'n aanval op haar dignitas. Dat haar dignitas op

ernstige wyse aangetas is, is duidelik maar dit blyk

nle uit haar getuienis dat sy daardie oggend haar

digni.tas wou beskerm of 'n aanslag daarteen wou afweer

nie. Vgl in hierdie verband die uitspraak in die

saak van R v Vuuren and Another 1961(3) SA 305 (OK)

op/....

42.

op 307 'n en 308. Adv Mostert het in hierdie Hof ten behoewe van die appellante die betoog gegrond op noodweer ten aansien van haar dignitas herhaal maar toe ek hom daarop wys dat die getuienis nie so 'n
verweer rugsteun nie, het hy wyslik van hierdle punt afgestap en, nadat ek aan hom die vraag gestel het of die verweer van ontoerekenbaarheid nie in die hof a quo geopper is nie, het hy daartoe oorgegaan om die Hof daaroor toe te spreek. Adv Mostert het, nadat hy sy junior, adv Van Oosten, geraadpleeg het, my ver-seker dat dlt wel geopper is en het hy 'n uittreksel van adv Van Oosten, wat alleen in die hof a quo vir die appellante verskyn het, se betooghoofde aan

hlerdie Hof beskikbaar gestel. Die betrokke gedeelte

van/
43.
van die betooghoofde lui soos volg:

"Met eerbied word dit betoog dat ten aansien van die beskuldigde se daad twee kenmerke aangemerk kan word naamlik 'n onderskeidings-vermoë aan die eenkant om te kan onderskei tussen reg en verkeerd nog voordat die daad gepleeg is en die weerstandskrag aan die anderkant wat insluit die vrye wilskeuse en wilshandeling om ooreenkomstig die bogemelde vermoë op te tree. Dit word betoog dat die beskuldigde se weerstandskrag inderdaad ont-breek het as gevolg van die faktore in paragraaf 3 hierbo uiteengesit. Anders ge-stel het beskuldigde se insig in die onreg van haar daad (haar erkenning dab sy die "monster" wou vernietig) in die geheel by die beskuldigde geen "onlus emosie" opgewek nie en daardeur ontbreek die weerstandskrag. Gesag vir hierdie standpunt is met eerbied te vinde in die beslissing van S v Lesch, supra op bladsy 823H tot 824B."
Soos uit die aanhaling uit sy uitspraak hierbo

blyk, het die geleerde verhoorregter hierdie betoog in

een sinnetjie afgemaak, soos volg:

"Sy sê nie dat sy haar selfbeheer tot so 'n mate verloor het dat haar weerstandskrag ontbreek het nie.

Hierdie/

44.
Hierdie verweer het weer ter sprake gekom

by geleentheid van die aansoek om verlof om te
appelleer. Die regter a quo het soos volg daarmee
gehandel:

"Daar word eerstens aangevoer dat 'n ander Hof mag bevind dat beskuldigde nie die nodige weerstandskrag gehad het toe sy die skoot afgevuur het nie, en op daardie basis, dat ek die beskuldigde alleenlik aan strafbare manslag moes skuldig bevind het. Dit was nie die beskuldigde se ge-tuienis nie. Daar was geen ander getuie-nis, byvoorbeeld mediese getuienis wat aangedui het dat beskuldigde moontlik in so 'n toestand opgetree het nie.
My bevlnding was dat die emosionele toestand van die beskuldigde bygedra het tot die vorming van die opset, en dit laat min ruimte vir 'n bevinding dat haar weerstandskrag, wat dit ook al mag beteken in die konteks van provokasie, ontbreek het.

Sy/

45.

Sy het getuig dat sy die oorïedene met. die rewolwer wou doodmaak - sy het nie getuig dat toe sy die sneller opsetlik getrek het, sy haar selfbeheer kwyt was nie.
Dit was ook nie aangevoer dat die beskul-digde ontoerekeningsvatbaar was toe sy die sneller getrek het nie. Net soos in

die saak van die S v LESCH 1983 (1) SA 814, was ek van mening, dat as gevolg van die provokasie waaronder die beskuldigde

opgetree het, haar emosionele impulsiewe
daad nie toerekeningsvatbaarheid opgehef
het nie. Sy het geweet wat sy doen, sy
wou die oorledene vernietig het, en daar
kan geen sprake wees, alhoewel sy onder
emosionele druk verkeer het, dat sy nie
wilsbeheer gehad het nie."
Dlt wil dus voorkom asof die verweer van

gebrek aan weerstandskrag wel geopper is, maar soos
die geleerde regter aandui "in die konteks van
provokasie." Die betoog was skynbaar dat vanweë

die/ .

46.

die gebrek aan weerstandskrag die appellante slegs
skuldig bevind moes gewees het aan strafbare manslag.
In die aansoek om verlof om te appelleer, gerig aan

hierdie Hof, is dit in die appellante se versoekskrif
gestel dat die appellante se verdediging op twee
verwere berus, naamlik dat die appellante in self-
verdediging van haar eer en waardlgheid die oorledene

se dood veroorsaak het en dat die appellante onder

die uiterste provokasie die dood van die oorledene

veroorsaak het wat 'n skuldigbevinding aan strafbare
manslag regverdig. Wat die eerste grond betref is

daar in die versoekskrif toegegee dat die perke van

noodweer oorskry is maar is aangevoer dat die appellante

skuldig bevind moes gewees het aan strafbare manslag

en/

47.
en nie aan moord nie. Wat die provokasie betref is daar weereens gesteun op gebrek aan weerstandskrag en is daar aangevoer dat die appellante nie die ver-
eiste opset ten aansien van moord gehad het nie of

dat die intensiteit van die appellante se geestes-

toestand "so was dat die dood, wat andersins moord
sou wees, as strafbare manslag beoordeel moes word
veral aangesien die applikante sonder enige voorbe-

dagte rade gehandel het."

Uit wat in die uitspraak sowel as in die

aansoek om verlof om te appelleer verskyn, lei.

ek af dat daar met die voordrag aan die hof van

die verweer van gebrek aan weerstandskrag nie besef

is nie dat die verweer een van ontoerekenbaarheid

was, 'n begrip wat geskei moet word van opset. In

Lesch/

48.

Lesch se saak supra waarop onder andere gesteun is
het dit suiwer gegaan om, in die eerste instansie,

toerekenbaarheid en slegs nadat hierdie verweer op
die feite verwerp is, het die hof bevind dat die
beskuldigde die opset gehad het om die oorledene
te dood.

Die twee kriteria wat aangewend word om

vas te stel of 'n beskuldigde toerekenbaar was ten

tyde van die pleeg van die daad word nou in a 78 van
Wet 51 van 1977 beskryf as die vermoë van 'n beskul-
digde (a) om die ongeoorloofdheid van sy handeling

te besef of (b) om ooreenkomstig sodanige besef op

te tree. Indien hy nie oor een of ander van daardie

vermoëns beskik nle, is hy nie toerekenbaar vir sy

daad nie.

Die/

49. Die begrip vanontoerekenbaarheid, soos dit

in ons reg ontwikkel het, het 'n lang geskiedenis wat
by die McNaghten-reëls in Engeland begin het. Eers
was die enigste kriterium die maatstaf waarna kort-

liks verwys is as die "right and wrong test." Later
is daar in hierdie land (kyk R v Hay 16SC 290) 'n

tweede maatstaf, die sogenoemde "irreslstible impulse

test," erken en bygevoeg. In Afrikaans is na hierdie

twee maatstawwe as die maatstawwe van onderskeidings-

vermoe" en weerstandskrag verwys. Kyk par 9.32 van

die verslag van die Rumpff-kommissie. (Verslag yan
die Kommissie van Ondersoek na die Toerekeningsvat-

baarheid van Geestelik Versteurde Persone R P 69/1967).

Die term "onlus-emosie" wat voorkom in die passasie

hierbo/
50. hlerbo aangehaal uit die advokaat se betooghoofde

is ontleen aan die uitspraak in die saak van Lesch
supra op 823 'n - 824 B waarin daar verwys is na
para 9.33 van die Rumpff-verslag.

Om terug te keer na die geskiedenis van

die begrip ontoerekenbaarheid en die toevoeging van
die tweede maatstaf, is daar, om steeds onder die
vaandel van die verweer van "insanity" te seil,
in hierdie tweede maatstaf die vereiste ingebou
dat die. onweerstaanbare drang moes ontstaan het uit
en veroorsaak gewees het deur 'n geestesongesteldheid

("mental disease"). Aldus byvoorbeeld is daar in die

Hay-saak supra beweer dat die beskuldigde ".... acted

under the impulse of a delusion of intercourse with

the/
51. the devil." Die uitdrukking "impulsive manla" is
ook gebruik.In R v Smit 1906 TS 783 was die getuienis
dat die beskuldigde soms eplleptiese aanvalle gekry
het en die vraag wat beslis moes word was die
volgende: " was his condition such that he
could not, owing to mental disease, control the impulse which he had to kill the deceased." In die saak van R v Van der Veen 1909 TS 853 het die beskuldigde sy werknemer Kleinbooi geskiet om-dat hy aan 'n waanbeeld ("delusion") gely het dat Kleinbooi met ander persone saamgespan het om sy lewe te neem. Die mediese getuienis "supported the view that the delusion was genuine and due to a disease of the mind." In R v Ivory 1916 WLD 17 is

beslis/

52.

beslis dat wanneer 'n beskuldigde kranksinnigheid
("insanity") as 'n verweer opwerp "the test in deter-

mining his mental conditionis whether he had by

reason of disease lost the power to control his

conduct in reference to the act charged." Die ver-

weer in die betrokke geval het nie geslaag nie omdat

"(d)runkenness is not such disease, but disease may

result from or supervene upon drunkenness so as to

exis,t independently of it." Delirium tremens sou

dan so 'n siektetoestand wees. In R v Holliday

1924 AD 250 was die getuienis wat oorweeg is dat

die appellant gely het aan "epileptoid psychosis,

a form of mental derangement induced by the ex-

cessive use of alcohol, sal volatile and drugs."

In/

53.
In R v Westrich 1927 CPD het r p Gardiner die jurie

toegespreek. Dit blyk nie uit die verslag aan watter
geestesongesteldheid die beskuldigde gely het nie
maar die voorligting aan die jurie het daarop neer-

gekom dat tensy die beskuldigde geestessiek is, die

reg hom beskou as steeds in staat om weerstand teen

sy passies te bied. Onderskeid is gemaak tussen

primitiewe passies wat 'n mens behoort te beheer en
'n impuls gebore uit geestesongesteldheid. Die ge-

leerde regter-president het die beeld gebruik van

'n skip waarvan die anker-kabel losgemaak word. Op

470 kom die volgende dictum voor:

"The mental disease comes and snaps that con-trolling cable, and the control is no longer there. But there must be the mental disease which snaps that cable. The hauling up of

that/

54.

that cable - wilfully depriving yourself
of the power - would not be a mental disease
So with the man. If a man wilfully
pulls up his cable, and wilfully lets him-self go - deprives himself of the power to control his own will - then he is responsible for his actlons. But if there is that mental dlsease which parts that power of control and takes it away, then he is not responsible."
Die getuienis in die saak van R v Anderson

1928 CPD 195 het aangetoon dat die beskuldigde aan
encephalitis lethargica gely het en dit sy vermoë om

sy handelinge moreel te beheer aangetas het. Volgens
dle psigiatrlese getuienis in die saak R v Zulch

1937 TPD 400 het die beskuldigde wat sy seun se dood

veroorsaak het aan 'n geestestoestand van histeriese

outomatisme ("hysterical automatism") gely, wat be-

skryf is as "an automatic condition which is un-

controlled, which has no volition." Dit is nie

duidelik/
55. duidellk op watter grond nie maar die verweer dat
die beskuldigde "mentally disordered" was is ver-
werp en die beskuldigde is skuldig bevind aan moord.

In R v Smit 1950(4) SA 165(0) was 'n geval van 'n be-

skuldigde wat kleptomaniese neigings gehad het.
Sy toestand is soos volg in 'n mediese verslag

beskryf (168B):

"He is an unstable personality who admits that he is subject to fugues when he has found hlmself often in places he had no intention of visiting. Under the influence of alcohol this tendency is greater, and it would appear that he has a genúine am-nesia for the incidents leading to his arrest. It would seem that alcohol was the under-lying cause of his anti-social behaviour, and the manner in which he committed the offence/would suggest that he was in an automatic phase while under the influence. There is no history of epilepsy."

'n Landdros/

56.

'n Landdros het die beskuldigde skuldig

bevind, maar het die saak, wat nie aan outomatiese
hersiening onderworpe was nie, na die hooggeregs-
hof vir hérsiening verwys. Daar is namens die
beskuldigde op hersiening geargumenteer dat die
onus om te bewys dat 'n persoon "sane" was, op die
Staat rus. Die hof het sigself gebonde geag aan
beslissings van hierdie Hof, wat R v Ndhlovu 1945
AD 368
ingesluit het, en was geneig om met die

landdros, wat op die getuienis bevind het dat die

verwere van dronkenskap en onweerstaanbare drang

nie bewys is nie, saam te stem. In die geval van

R v Koortz 1953(1) SA 371 het hierdie Hof op appèl

bevlnd dat die regter a quo nagelaat het om die

jurie/
57. jurie behoorlik voor te lig ten aansien van die

tweede van twee kriteria wat soos volg deur

Gardiner en Lansdown gestel is (kyk 375 F - H):

"A person is not punishable for conduct which would in ordinary circumstances have been criminal if, at the time, through disease of the mind or mental defect:

He was prevented from knowing the nature and quallty of the conduct, or that it was wrong; or

he was the subject of an irresis-tible impulse which prevented him from controlling such conduct."

Op 381 D - E het a r Greenberg bevind dat daar na

sy oordeel getuienis was waarop 'n jurie redeliker-

wyse tot 'n gevolgtrekking kon geraak dat die

appellant gehandel het "under the kind of impulse

referred/
58. referred to." Hierdie getuienis is soos volg

opgesom (376 E - H):

"Dr Brumberg said that he had found in the appellant a substantial degree of in-stability and abnormality, that his disease was anxiety neurosis, that if he has anxiety neurosis of a severe degree it is possible that he would have had am-nesia. In regard to amnesia, the doctor said that the appellant tends 'to dis-sociate certain things in his life, he tried to by-pass certain realities' and that this is one of the symptoms of am-nesia, which the witness described as meaning in this case that 'a complete block of the mind is cut off and we call it fugues and it functions independently.' It appears that at the beginning of the evidence of Dr Brumberg it was directed rather towards proving a mental state as a result of which the appellant might be unaware of what he was doing, than to the possibility of an irresistible impulse. But at a later stage he said that a stimulus, such as the conduct, as

testified/

59.

testified to by the appellant, of the two

deceased immediately before his attack on them would be sufficient to throw him into a panic or an emotional storm."

Díe "stimulus" waarna verwys is was 'n
gesprek wat tussen die twee oorledenes, die appel-
lant se vrou en stiefdogter, plaasgevind het waarin na
die beskuldigde op beledigende wyse verwys is as
"die vrek". Die appellant se vonnis van 15 jaar,
wat hom opgelê is nadat die jurie versagtende om-
standlghede gevind het, is ter syde gestel en hy
is verwys na 'n gevangenis hangende die beslissing
van die Goewerneur-Generaal.

'n Redelike resente saak wat in hierdie

Hof geëindig het, is S v Van Zyl 1964(2) SA 110.

Geen/

60

Geen psigiatriese getuienis is namens die appellante gelei nie, maar die Staat het die getuienis van 'n psigiater wat vir die appellante vir 'n driekwart-uur ondervra het, aangebied. Hy het getuig oor haar
ongelukkige jeugjare as gevolg waarvan sy gely het aan 'n persoonlikheidsdefek wat gekenmerk is deur gevoelens van oormatige afhanklikheid van ander, ge-brek aan vertroue in haar medemens, emosionele on-stabiliteit en onveiligheid. Sy het begin tekens toon van psigo-neurose "as exhibited by claustro-phobia and hysterical dissociation episodes." Hierdie Hof het bevind dat haar hoofverweer dat sy haar baba geskiet het in 'n toestand van outomatisme omdat sy onwillekeurig en onbewus van wat sy gedoen

het/

61.

het opgetree het, nie kan slaag nie. Ook haar

verweer gegrond op onweerstaanbare drang het nie

geslaag nie. In hierdie verband het ar Van Blerk

op 121 G - 'n gesê:

"As I understood the argument, there must have been a gradual building up of an emotional state which happened to reach a climax or breaking point subjecting the appellant to an irresistible impulse. Now, the evidence does not support such a pattern of events. The appellant in her full senses reloaded the revolver and armed therewith returned to the caravan. The only inference, as borne out by her deeds, is that she intended to use the fire-arm which she did."

As ek die feite in die huidige saak hiêr-

onder behandel, sal ek aantoon dat, na my oordeel,

die gebeure in die huidige saak juis tot so 'n

klimaks opgebou het. Die gewysdes waarna ek hierbo

verwys/

62. verwys het, is enkeles wat ek gekies het om aan te

toon op welke wyse die howe die vereiste van onweer-

staanbare drang behandel het. Daar is nog ander.

Die Rumpff-kommissie het aanvaar dat die

uitdrukking in die opdrag "persone wat aan

een of ander vorm van geestesversteuring ly" bedoel

het om persone aan te dui wat aan 'n sieklike geestes-

versteuring ly, d w s aan een of ander vorm van

geesteskrankheid of permanente geestesgebrek. Per-

sone wie se geestesvermoëns tydelik aangetas is deur

byvoorbeeld verdowingsmiddels, is dus nie in die

opdrag inbegrepe nie, het die Kommissie gekonkludeer.

As gevolg van hierdie benadering en die Kommissie

se aanbevelings is a 78 van Wet 51 van 1971 bewoord

om/

63.
om voorsiening te maak vir kriteria vir die bepaling
van die ontoerekenbaarheid van iemand wat ly aan
'n "geestesongesteldheid of geestesgebrek." Die

Kommissie het dus sigself beperk tot gevalle wat

voorheen geskaar is onder die begrip "insanity".

Vgl die dictum van a r Greenberg wat in Koortz se

saak supra 380 B - C sê dat "an irresistible impulse

due to a disease of the mind or a mental defect may

be regarded as what is loosely termed insanity."

Dat die gelding van a 78 van Wet 51 van 1977 so in-

gekort is, beteken egter nie dat die kriteria wat in

ons reg ontwikkel het en nou in die artikel vasgelê

is, nie op tydelike aantasting van die geestesver-

moëns toegepas kan word nie. Ondanks die verklaring

in/

64.

in Ivory se saak supra dat die tydelike toestand ver-
oorsaak deur dronkenskap nie beskou word as 'n toestand
wat toerekenbaarheid ophef nie, tensy dit 'n geestes-
siekte tot gevolg het wat onafhanklik van die dronken-
skap staan, is die kriteria tog toegepas op 'n toestand
van tydelike dronkenskap in hierdle Hof in die saak
van S v Chretien 1981(1) SA 1097(A). Alhoewel daar in
Chretien se saak 'n aanhaling voorkom uit Hall General
Principles of Criminal Law(2 ed Indianapolis 1960)
waarin daar gesê is dat die geestestoestand wat deur

dronkenskap veroorsaak word "closely resembles, if
it is not identical wlth, insanity," is die toestand

tog nie in Chretien se saak gelyk gestel aan krank-

sinnigheid ("insanity") nie want die onus is in die

geval/
65. geval van gewone dronkenskap, anders as by "insanity",

op die Staat geplaas. Wat my standpunt oordie bewys-
las is verwys ek na my uitspraak in die saak van Adam
Adams v Die Staat gelewer in hierdie Hof op 26 Augustus
1986. Net so onrealisties as die onderskeiding tussen
tydelike aberrasie vanweë drankinname en 'n geestes-
siekte as gevolg van drank is die onderskeid tussen
sieklike outomatisme en gesonde outomatisme waar
volgens die uitsprakereg die bewyslas in eersgenoemde
geval op die beskuldigde rus en in laasgenoemde op
die Staat. Dit egter net terloops. Wat ek hier
wil tuis bring is dat daar, soos ons reg ontwikkel het,
onderskei word tussen sogenaamde kranksinnigheid,
wat 'n psigose van patologiese aard aandui, en 'n

bloot/

66.
bloot tydelike geestesversteuring. Die beginsels
van ontoerekenbaarheid behoort te geld. of die
geestesversteuring of gemoedsomwenteling ookal deur
drank of 'n heftige emosie veroorsaak is. Die ver-
skillende geestestoestande behoort nie gekomparte-
mentaliseer te word nie; die beginsel moet slegs na-
gekom word deur die kriteria vir ontoerekenbaarheid

toe te pas afgesien van die vraag of die beskuldigde

se aberrasie tydelik of permanent van aard was.
Ontoerekenbaarheid en opset is nie kongruente begrippe nie. Kyk Strauss 1974 THRHR 234. Wanneer ontoerekenbaarheid as 'n geskilpunt geopper word, moet dit eers te beslis word. Dit is 'n onafhanklike onder-soek. Eers nadat en as die hof beslis het dat die

beskuldigde/

67.
beskuldigde wel toerekenbaar was ten tyde van die pleeg van die daad, ondersoek en beslis die hof die geskilpunt van skuld. Kyk De Wet & Swanepoel Strafreg 4e uitgawe 110; J C de Wet 1957 THRHR 90 - 93; S v Mahlinza 1967(1) SA 408(A) op 414 G - 415 A. (Let egter op die kritiek op 'n uitlating in hierdie saak in De Wet en Swanepoel op cit 117). Wederregte-likheidsbewussyn is 'n elementum essentiale van skuld. Kyk Snyman Strafreg 184 en sake daar aangehaal: De Wet & Swanepoel op cit 152 - 4. Om bewus te wees daarvan dat jy wederregtelik optree (wederregtelikheids-bewussyn) is 'n element van skuld. Om die vermoë te hê om te, besef dat jy wederregtelik optree of om

volgens daardie besef te handel, is elemente van on-

toerekenbaarheid/..

68.

toerekenbaarheid. Wederregtelikheidsbewussyn ver-
onderstel hierdie vermoë. Dit bring mee dat die
geskilpunt of die beskuldigde bewus was van die
wederregtelikheid van sy daad slegs beslis word
nadat hy toerekenbaar bevind is.

Wat die opmerking van die regter a quo
waarna hierbo verwys is, betref, is dit waar dat
die appellante nie in soveel woorde sê dat haar
weerstandskrag ontbreek het nie, maar die vraag is
of daar nie af te lei is uit.wat sy wel gesê het
dat dit die geval was nie. Die verhoorregter het
die feite ontleed en daaruit afgelei dat sy heelte-
mal "rasioneel" te werk gegaan het en selfs nadat
die skoot afgetrek was, besef het dat sy die oor-

ledene/
69.
ledene geskiet het. Hierdie redenasie was daarop
gemik, so lei ek af, om aan te toon dat sy deur-
gaans met opset gehandel het. Die verhoorregter
bevind dan ook dat die Staat bo redelike twyfel
bewys het dat die appellante die oorledene met
opset geskiet het omdat haar subjektiewe gemoeds-
toestand, alhoewel dit sterk beinvloed was deur
die provokasie en die voorafgaande gebeure, was om
die oorledene wat sy op daardie stadium as 'n monster,
nie as 'n mens nie, gesien het, te vernietig deur
hom dood te maak.

Na my oordeel was die vraag nie of die
appellante die opset gehad het om die oorledene te
dood nie; dit was of sy onder die omstandighede wat
geheers het die vermoë gehad het om te besef dat sy

'n/

70.

'n wederregtelike daad verrig of, indien sy wel aldus besef het, of sy die vermoë gehad het om ooreenkomstig daardie besef op te tree. Uit haar getuienis is dit nie af te lei dat sy nie die vermoë gehad het om te besef dat sy 'n wederregtelike daad verrig nie. Dit mag wees dat sy op 'n prikkel van die onderbewussyn gehandel het en dus nie op daardie oomblik besef het dat sy wederregtelik handel nle, maar aangesien daar in hierdie geval geen psigia-triese getuienis was nie, sal ek aanvaar dat sy, toe sy die skoot afgetrek het, besef het dat sy weder-

regtelik opgetree het - dus oor die nodige onder-skeidingsvermoë beskik het. Die vraag is egter of sy die vermoë gehad het om ooreenkomstig daardie

besef/

71.

besef op te tree, met ander woorde die nodige weer-
standskrag gehad het. In die huidige geval word die
ondersoek gereduseer tot die vraag of sy onder die
geweldige emosionele druk wat sy op daardie oomblik

beleef het die vermoë gehad het om weerstand te bied

teen die drang om hierdie "monster" te vernietig.

In hierdie saak is daar, soos ek alreeds opge-merk het, geen deskundige psigiatriese getuienis

gelei/

72.
gelei nie, en die Hof moet dus sonder die hulp van
sodanige getuienis die saak beoordeel. As leek op
hierdle gebied meen ek egter dat die feit dat die
appellante na die tyd besef het dat sy die oorledene
geskiet het die Hof nie verhinder om tot 'n bevinding
te geraak dat die appellante se emosies so 'n breek-

punt bereik het en haar so oorweldig het dat sy
nie op die kritieke oomblik kon weerstand bied nie.
Elke saak moet op sy eie meriete beoordeel word.

Toe die geleerde verhoorregter die opmerking gemaak

het in die uitspraak dat: "Sy sê nie dat sy haar

selfbeheer tot so 'n mate verloor het dat haar weer-

standskrag ontbreek het nie," het hy waarskynlik in

gedagte gehad wat gesê is deur wn r Hattingh in

S v Lesch/

73.

S v Lesch 1983(1) SA 814(0) op 824 C:

"Die kern van dr Wolf se getuienis is dat die beskuldigde hom nie kon beteuel of beheer nie as gevolg van die emosionele opwelling; dit is 'n opinie wat die ge-tuie uitspreek, die beskuldigde self het nie getuig dat hy sy selfbeheer kwyt-geraak het nie, hy sê dat hy woedend was toe die oorledene aan hom gesê het 'Jy beter nie nog nader kom nie' en dat hy op daardie oomblik so kwaad geword het dat hy besef het dat hy die oorle-dene gaan skiet."

Dat die beskuldigde in Lesch se saak

nie self gesê het dat hy sy selfbeheer kwyt geraak

het nie, het die verhoorregter in daardie saak as

belangrik beskou - dit ondanks die volgende getule-

nis van die psigiater waarna soos volg in die uit-

spraak op 822 G - H verwys is:

"Dr Wolf is gevra om 'n moontlike verdui-

deliking/

74.

dellking te gee waarom die beskuldigde nie in sy verklaring melding gemaak het van sy verlies aan selfbeheer nie en wat dit kon veroorsaak het. Sy antwoord was dat, na sy mening, beskuldigde nie sou weet wat dit ontketen het nie . "

In Lesch se saak het die psigiater wat
getuig het die uitdrukking gebruik van 'n "orgas-
tiese hoogtepunt" (822 A - B) om die oomblik van

totale verlies van selfbeheer te beskryf. Daar
word ook meermale die beeld gebruik van 'n "emosio-
nele storm." Kyk R v Kennedy 1951(4) SA 431 op 434
A - B, Lesch se saak 822 in fine en 824 D - E;
Koortz se saak supra. Na my oordeel is daar geen

rede waarom 'n betrokke dader nie onmiddellik, nadat

dle storm uitgewoed het en bedaar het, en wanneer

die normale funksies van die gees weer

oorneem/

75.

oorneem en die ewewig tussen die kognitiewe, affek-
tiewe en konatiewe funksies van die psige weer
herstel is, kan besef wat hy gedoen het nie, hoe

versteurd die gemoed op die kritieke of orgastiese
stadium of paroksisme ookal was. Daar kan nie gesê
word nie dat dit "geykte reg" is, soos in Lesch se

saak op 824 D - E beweer is, dat getuienis betreffende

die gebeure wat gelei het tot die emosionele opwelling,

die beskuldigde se gedrag voor en ten tyde van die

daad, sy gedrag daarna, insluitende sy eie getuienis

van sy herinnering van wat plaasgevind het tydens die

pleeg van die daad en daarna, van kardinale belang

is om vas te stel of die beskuldigde tydens die

krltieke oomblik 'n emosionele storm beleef het. So-

danige/

76.
danige getuienis mag relevant wees om vas te stel
of die beskuldigde se verklaring van wat daar ge-
beur het, bestaanbaar is met die objektiewe of ware

feite waarvolgens sy geestestoestand bepaal moet
word maar hoër as dit kan dit nie gestel word nie.
Kyk R v Kennedy 1951 (4) SA 431(A) op 435 in fine -
436A. Die hof a quo het bevind dat die appellante

se relaas van wat op die betrokke oggend plaasgevind
het, nie verwerp kan word nie. Ek neem aan dat hy nie bedoel het om hierdie bevinding enigsins te kwalifiseer toe hy bevind het dat sy "rasioneel" op-getree het nie. Die verhoorregter het tot die be-vinding dat sy rasioneel opgetree het, geraak in die samehang van sy ondersoek of die appellante met opset

opgetree/....
77. opgetree het, aldan nie. Ek het reeds daarop gewys

dat na my oordeel dit in haar geval eers 'n relevante
oorweging word nadat en as dit bevind is dat sy

toerekenbaar is. Die verhoorregter het nie bevind
dat haar belewing van die kritieke oomblik iets
anders was as wat sy beskryf het nie. Op daardie
kritieke oomblik, sê sy, kon sy nie rasioneel dink
nie. Die verhoorregter het die getuienis van kapt
Thoms aanvaar dat die appellante vir hom gesê het
dat terwyl sy gekniel en gebid het, sy nie veel kan
onthou wat verder gebeur het nie, dinge het donker
geword behalwe (en aan hierdie kwalifikasie het die
geleerde verhoorregter veel waarde geheg) dat sy
die sneller getrek het en die skoot afgegaan het.

Dat/

78.
Dat sy die sneller getrek het en die skoot afgegaan
het, mag 'n vae en onwerklike herinnering gewees
het. Dit mag ook (en dit is bestaanbaar met haar
getuienis) iets wees wat sy later besef het. Sy

sê dat toe sy teen die muur leun naby die kombuis-

deur die volle werklikheid tot haar gekom het. Sy

het toe besef dat sy hom geskiet het. Hierdie besef

het in 'n groter mate gekristalliseer toe sy die rewol-
werskede op die vioer in die kombuis sien lê en

behoorlik van die vuurwapen in haar hand bewus word.

Dit is ook toe, so lees ek haar getuienis, dat sy

die gewaarwording ervaar het dat sy as kind van God

gefaal het deurdat sy 'n mens se lewe geneem het.

Die feite in hierdie saak is onderskeibaar

van die/
79. van die feite in Van Zyl se saak supra in die opsig

dat die appellante in laasgenoemde saak die vuurwapen
geneem het met die doel om haar kind te skiet (121
in fine) terwyl die appellante in hierdie saak die
vuurwapen geneem het, aanvanklik, om die oorledene
af te skrik en nooit die opset gehad het, tot op die
kritieke stadium, om die oorledene te skiet nie. Die
geleerde verhoorregter het dan ook inderdaad as een
van 'n hele aantal versagtende omstandighede bevind dat
as die oorledene die appellante nie na die duiwehok
getrek het terwyl sy in besit van die rewolwer was

nie, die skietvoorval nooit sou plaasgevind het nie.

Die vraag is dan ten slotte of die verweer

van die appellante wat ek beskryf het as onweerstaan-

bare drang moes geslaag het in die sin dat sy ontoe-

rekenbaar/

80.
rekenbaar bevind moes gewees het. Indien dit nie

slaag nie is daar, na my oordeel, nie ruimte vir
'n skuldigbevinding aan strafbare manslag nie.
Vgl S v Bailey 1982(3) SA 772 A op 798 G - 799 D.

Indien sy ontoerekenbaar was moes sy onskuldig be-
vind gewees het. Indien nie, moes sy skuldig bevind
gewees het aan moord. Die teorie van "special intent"

geld nie meer in ons reg nie en die sogenaamde reduksie-

leer vind nie meer toepassing nie. Om te bevind dat

die oortreding vermlnder is tot strafbare manslag

sou die versari in re illicita-leer weer in ere

herstel.

Die feite is nie in geskil nie. Die

appellante se relaas van wat die oggend gebeur het,

is/
81. is aanvaar. Dat die appellante op die kritieke stadium 'n drang gehad het om die oorledene te dood en uitvoerlng gegee het aan daardie drang, is duide-llk. Die enlgste vraag, soos ek die saak insien, is of die getuienis aantoon dat sy willens en wetens toegegee het aan daardie drang dan wel of sy so oorweldig is deur die drang dat sy geen weerstand ko.n bied nie. 'n Belangrike sleutel tot die beslis-
sing van hierdie geskilpunt lê in 'n vraag van die
aanklaer en die antwoord van die appellante daarop.
Dle regter a quo verwys daarna in sy uitspraak (soos
hierbo blyk maar wat ek hier herhaal):

"Dit is verder aan haar gestel dat, al-hoewel aan die een kant haar gedagtes mag gewees het dat sy nie wil nie, het sy tog die begeerte gehad om die monster

dood/

82.
dood te maak. En haar.antwoord was ja gewees."

Hierdie getulenis het die regter a quo
gebruik om aan te toon dat sy met opset gehandel het.
As die woord "begeerte" met die woord "drang" vervang
word (wat myns insiens meer korrek sou wees) dan blyk
dit duidelik dat sy nie haar wil kon beheer nie. Dit
is egter ook af te lei, uit uitdrukkings wat sy gebruik

het, dat sy deur haar emosies oorweldig is om gevolg'

te gee aan die drang om die "monster" te vernietig.
Sy het getuig dat haar gegriefdheid reeds in die kom-

buis, voordat die oorledene uit is na die duiwehok,

besigwas om op te laai. Sy sê sy het gevoel binne

in haar was 'n storm besig "om los te kom." Wat sy
waarskynlik bedoel het was dat die storm beslg was om

op/
83. op te laai, om dreigende afmetings aan te neem. Sy

sê sy het gevoel sy gaan ingee met ander woorde dat
haar beheer gaan knak. Sy kon die aftakeling nie
"verwerk nie"; sy het gevoel "binnekant" was iets
besig om te gebeur; sy het in 'n hoek vasgedruk
gevoel. Van die oomblik toe sy hom geskiet het ont-
hou sy nie veel nie, het sy gesê, dinge het donker
geword; sy het gevoel of sy in 'n sluik ingaan, in
'n diep donker put; dit het gevoel of haar keel toe-

gedruk word. Sy het gevoel sy gaan flou word. Sy

kon die gaatjie nie reg bid nie; hy het die onmoont-
like van haar verwag; niks het meer saak gemaak nie.

In die trant het sy haar belewenisse op die kritieke

oomblik beskryf.

Haar/

84. Haar getuienis noop my tot die gevolg-

trekklng dat haar gees op die kritieke oombllk
erg versteurd was en dat haar weergawe van haar
gemoedsbeweglngs bestaanbaar is met 'n drang waar-
teen sy nie kon weerstand bled nie. In R v Smit
1906 TS 783 waarin, soos ek aangedui het "insanity" 'n
rol gespeel het, maar wat origens van toepassing is
in die huidige geval het hr Innes die jurie soos

volg toegespreek (op 787):

"It is not enough for you to be satisfied

that he did not control that impulse. You must be satisfied that the want of control arose from an infirmity of will for which he was not answerable - which was due to the diseased condition of his mind; that he was not in the condi-tion of a normal man; that though he knew that the deed was wrong, he could no more refrain from doing that which

the/

85
the impulse of the moment told him to do, than if a strong man had taken hold of him and made him do it."
Na my mening kan van haar getuienis afgelei

word dat die remmende effek teen of inhibering van
die drang om die monster wat haar hele bestaan be-
dreig het, te vernietig, heeltemal meegegee het.

Wat die huidige stand van ons uitsprakereg

betref, is die bewyslas in die geval van ontoereken-baarheid vanweë tydelike geestesontwrigting op die

Staat. Kyk S v Chretien 1981(1) SA 1097 op 1106 B -C. Toegepas op die huidige saak beteken dit dat as die Staat nie bewys het dat die appellante toereken-
baar was nie, die appellante die voordeel daarvan

moet kry. Vgl S v Arnold 1985 (3) SA 256(C). Aan-

geslen/
86

gesien die felte nie in geskil is nie en 'n afleidlng gemaak kan word op die feite dat die appellante nie die vereiste weerstandskrag gehad het nie, staan
haar saak nog sterker. Die finale vraag is of sy eenvoudig op
'n onskuldigbevinding en ontslag geregtig is, dan wel of gelas moet word dat sy ingevolge,a78(6) van Wet 51 van 1977 in 'n hospitaal vir sielsiekes of in gevange-nis aangehou moet word hangende die beskikking van die Staatspresident. Soos ek daarop gewys het maak a 78 slegs voorsiening vir gevalle van "geestesonge-steldheid of geestesgebrek". Onder sodanige gevalle sou sake soos S v Kavin 1978(2) SA 731(W) en S v McBride 1979(4) SA 313(W) val. In die appellante se geval

dui/

87
dui die getuienis nie daarop dat sy aan 'n geestes-siekte of geestesgebrek ly nie en a 78(6) is dus nie van toepassing nie. Na my oordeel moet sy onskuldig bevind word en ontslaan word. Vgl S v Stellmacher 1983(2) SA 181 (S W A).
Ek sou die appèl laat slaag en die be-slissing van die hof a quo soos volg verander:
"Die beskuldigde word onskuldig bevind en ontslaan".