South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 96

| Noteup | LawCite

Standard Kredietkorporasie Bpk. v Jot Motors (Edms) Bpk. (118/84) [1985] ZASCA 96; [1986] 1 All SA 329 (A) (25 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nommer 119/84
E du P.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

STANDARD KREDIETKORPORASIE BEPERK Appellant

en

JOT MOTORS (EIENDOMS) BEPERK

h/a VAAL DATSUN Respondent

Coram: RABIE, HR., KOTZé, JOUBERT, HEFER et BOSHOFF, ARR.

Verhoordatum: Leweringsdatum:

5 September 1985. 25 September 1985

UITSPRAAK

RABIE, HR:

Die/

2
Die appèl in hierdie saak is gerig teen 'n uit-
spraak van Coetzee, R. (met wie waarnemende regters
Slomowitz en Weyecs saamgestem het) in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling. Die uitspraak is gerapporteer:
kyk JOT Motors (Edms) Bpk h/a Vaal Datsun v. Standard
Kredietkorporasie Bpk , 1984(2) S.A. 510(T.)
Voordat ek die appèl behandel, voel ek my genoop
om eers kortliks kommentaar te lewer op wat die geleerde
regter in die tweede sin van sy uitspraak, waarin hy sê
waarom die saak gaan, sê. Die sin lui (bl. 511 B-C):

"Dit gaan oor retensieregte, wat ek verkies
om liens te noem, 'n woord wat in díe om-
gangstaal, buite en binne die howe, so al-
gemeen gebruik word dat dit lankal reeds

ingeburger geraak het."

"Lien"/ .....

3

"Lien" is 'n Engelse woord wat aan die Franse taal ontleen

is. Ek het nog nooit in 'n hof, of elders, gehoor dat die

woord deur 'n Afrikaanssprekende in die sin van retensíereg

gebruik word nie, en my kollegas se ondervinding is díe-

selfde. Geen woordeboek in die Land gee die woord as 'n

Afrikaanse woord, of selfs as 'n woord van vreemde oorsprong

wat soms ook in Afrikaans gebruik word, aan nie, en ek is

op navraag deur die hoofredakteur van die gesaghebbende

Woordeboek van die Afrikaanse Taal (gewoonlik tot W.A.T,

afgekort) meegedeel dat die redaksie oor geen inligting

beskik wat toon dat die woord enigsins in Afrikaans ge-

bruik word of bekend is nie. Na my mening moet besluit

word dat die woord "lien" geen aanspraak op erkenning

as 'n regsterm in Afrikaans het nie, en ek wi 1 byvoeg dat

na/

4

na my mening ons Afrikaanse regsterminologie ook nie

behoefte aan clie woord het nie.

Ek gaan nou oor tot 'n bespreking van die appêl

en begin met 'n uiteensetting van die feite van die saak

Respondent (JOT Motors (Edms) Beperk) het op

26 Junie 1980 'n gebruikte Leyland Super Buffalo-voertuig

op huurkoop aan ene Isaac Marogane teen 'n totale koopprys

van R18 783-53 verkoop. Marogane het 'n voertuig waarop

'n waarde van R8 000 geplaas is, ingeruil en hy moes die

balans van R10 787-53 in 24 maandelikse paaiemente af-

betaal. Respondent het sy regte onder die ooreenkoms

aan appellant gesedeer. Hierdie sessie het ingevolge 'n

sg. algemene verdiskonteringsooreenkoms wat respondent en

appell.ant in 1978 met mekaar aangegaan het, geskied

Volgens/......
5
Volgens hierdie ooreenkoms sou respondent ooreenkomste

wat hy sluit met persone wat voertuie by hom op huurkoop

koop, aan appellant sedeer en sou appellant ook eienaar

van die betrokke voertuie word. Dit is gemene saak

tussen die partye dat appellant eienaar geword het van

die bogemelde voertuig wat respondent aan Marogane ver-

koop het. Marogane het in September 1980 aan respondent

opdrag gegee om die voertuig te herstel. Respondent het

die werk gedoen en volgens die stukke in die saak blyk dit

gemene saak te wees dat respondent se ui tgawes met betrekking

tot die herstelwerk R10 774-67 beloop het. Marogane het

respondent nie betaal vir die werk wat aan die voertuig

gedoen is nie, en hy het ook versuim orn die paaiemente wat

hy ingevolge die huurkoopooroenkoms moes betaal aan appellant

te/......

6

te betaal. Appellant het die ooreenkoms vanwee hierdie

versuim van Marogane op 15 Februarie 1982 gekanselleer, en

op 11 Maart 1982 het hy in die Witwatersrandse Plaaslike

Afdeling aansock gedoen om 'n bevel wat respondent sou ver-

plig om die voertuig aan hom, as die eienaar daarvan, af te

gee. Appellant het Marogane as tweede respondent in die

aansoek gevoeg en het 'n kostebevel teen hom aangevra.

Marogane het geen stukke voor die hof gelê nie en die hof

(Kirk-Cohen, R.) het geen bevel teen hom gegee nie. Hy

is ook nie 'n party by hierdie appèl nie.

In paragraaf 11 van sy bogemelde aansoek sê

appellant (in die beëdigde verklaring van die bestuurder

van sy tak op Vereeniging, mnr Oawid Muller) dat toe respon-

dent onderneem het om die voertuig te herstel, hy (respondent)

bewus/..

7
bewus was van die bepalings van die bogemelde huurkoopoor-
eenkoms van 20 Junie 1980 en geweet het dat Marogane in-
gevolge klousule 3(a) van daardie ooreenkoms die voertuig
vry van enige retensiereg moes hou en die voertuig aan
appellant moes afgee indien hy die ooreenkoms verbreek.
Die relevante gedeelte van klousule 3(a) van die ooreenkoms
lui soos volg:

" . . . . The Buyer shall keep the goods in
his custody and shall maintain the goods
in good order and repair, exempt from any
lien or encumbrance."

Respondent het die aansoek teengestaan. Sy bestuurder,
mnr Eric Roux, sê in 'n beëdigde verklaring dat respondent
in regmatige besit van die voertuig is en 'n retensiereg
teenoor appellant daarop uitoefen tot tyd en wyl hy vergoed
word vir die koste wat hy aan die herstel van die voertuig

bestee/
8
bestee het. Roux sê verder in sy beëdigde verklaring

dat die voertuig "feitlik waardeloos en heeltemal nutteloos

as 'n vragmotor" was voordat dit herstel is; dat die waarde

van die voertuig ná die herstelwerk minstens R12 000 is en

dat appellant met minstens R12 000 ten koste van respondent

verryk is. Roux sê ook dat die bewerings in paragraaf 11

van Muller se beedigde verklaring (hierbo vermeld) "irrelevant"

is en dat respondent die opdrag om die voertuig te herstel,

aanvaar het "in omstandighede wat normaal is vir die

motorbedryf en in besonder dat die vraag wie die ware

eienaar van die voertuig is, nie ter sprake kom nie."

Appellant het nie 'n repliserende verklaring voor die hof

gelê nie.

In/.......

9

In die aansoek in die Witwatersrandse Plaaslike

Afdeling het Kirk-Cohen, R. , bevind dat toe respondent

die voertuig herstel het, hy kennis gedra het van appellant

se eiendomsreg en van die bepalings van die huurkoopooreenkoms

en dat hy derhalwe nie op 'n retensiereg kon aanspraak maak

nie. Die geleerde regter het tot hierdie bevinding ge-

raak op grond van 'n passasie wat in die uitspraak van

hierdie hof in die saak Brooklyn House Furnishers (Pty)

Ltd. v. Knoetze and Sons, 1970(3) S.A. 264 voorkom.

In die betrokke passasie het Botha, A.R., met betrekking

tot die feit dat die respondent geglo het dat die persoon

(mev. Bond) wat aan hom die opdrag gegee het om die meubels

te berg die eienaar daarvan was, onder meer gesê (bl. 2 76

F-G) :

"Indien/.........

10

"Indien die respondent van die ware toe-
drag van sake bewus sou gewees het, kon dit
die posisie moontlik verander het, maar hy
het inderdaad te goeder trou geglo dat
mev. Bond die eienares van die meubels was,
en het op daardie grondslag met haar ge-
kontrakteer. (Vgl. United Building Society
v. Smookler's Trustees, supra, op bl. 633)".

In die betrokke passasie in die United Building Society-
saak (1906 T.S.) word o.m. gesê:

"It may well be that if a builder had
notice that he was building on land which
did not belong to his employer he vvould
be in a pos.i tion analogous to that of a
mala fide possessor, and would have no
jus re tentionis against the true owner."

In die uitspraak van die hof a quo ( 1984 ( 2 ) S . A.
510) word tereg daarop gewys (op bl. 513 B-D) dat Botha A.R.,
in die Brooklyn House Furnishers-saak, supra, nie beslis

het/

11

het dat die posisie van die respondent wel anders sou ge-
wees het indien hy geweet het dat mev. Bond nie die eienaar
was van die meubels wat hy onderneem het om te berg nie,
maar dat hy bloot die moontlikheid geopper het dat dit so
kon wees en nie die vraag bespreek het nie. Direk nadat hy
hierop gewys het, het Coetzee, R . , egter voortgegaan om te
sê (bl. 513 D-E):

"Die regte van 'n mala fide besitter is dus
baie pertinent op die voorgrond en daarvan
hang die huidige beslissing af. Dit is
dan ook hoe dit voor ons geargumenteer is ."

Hierdie woorde gee te kenne, soos dit my voorkom, (a)
dat respondent as 'n mala fide besitter van die voertuig
beskou moet word , en (b) dat in die hof a quo albei partye
hulle saak voorgedra het op die grondslag dat respondent

as/

12

as 'n mala fide besitter van die voertuig aangesien moet word

Wat (b) betref, is daar in Roux se beëdigde verklaring

geen erkenning dat respondent as 'n mala fide besitter

beskou kan word nie. In hierdie hof is namens respondent

betoog dat hy nie as 'n mala fide besitter beskou kan word

nie, en daar is nie toegegee dat daar in die hof a quo

anders betoog is nie. Ek moet ook byvoeg dat daar nie in

hierdie hof namens appellant gesê is dat respondent in die

a quo toegegee het dat hy as 'n mala fide besitter

van die voertuig beskou kun word nie . Wat (a) betref,

word daar nie in die uitspraak gesê op welke gronde die

hof besluit het om respondent as 'n mala fide besitter van

die voertuig te beskon nie. Vermoedelik is so bevind -

ek kan nie aan 'n ander moontlike rede dink nie - omdat

respondent/........

13

respondent , toe hy die herstelwerk aan die voertuig gedoen

het, geweet het dat appellant, en nie Marogane nie, die

eienaar van die voertuig was, en omdat hy van die inhoud

van kiousule 3(a) van die huurkoopooreenkoms bewus was.

'n Ander punt wat ek in hierdie verband wil noem , is dat

daar nie in die uitspraak uitdruklik gesê word of die hof

respondent se uitgawes aan die herstel van die voertuig

as noodsaaklike uitgawes (impensae necessariae) of slegs

as nuttige uitgawes (impensae utiles) beskou het nie.

Coetzee, R. , verwys op twee plekke in sy uitspraak (op bl

115 C-D en E-F) na die herstelwerk as "noodsaaklike her-

stelwerk", en 'n mens sou dus geneig wees om te dink dat

hy/.......

14

hy die herstelkoste ook as noodsaaklike uitgawes sou be-

skou het - veral ook in die lig van die onbetwiste bewering

in die beëdigde verklaring van Roux dat die voertuig

"feitlik waardeloos en heeltemal nutteloos as a vragmotor"

was toe respondent gevra is om dit te herstel . Dit is

egter nie duidelik dat die geleerde regter die uitgawes as

noodsaaklike ui tgawes beskou het nie, want, as hy dit so

beskou het, is dit ietwat moeilik om te verstaan waarom hy

'n lang bespreking gewy het aan die vraag of 'n mala fide

besitter - wat, soos blyk uit gesag wat in sy uitspraak

aangehaal word, 'n retensiereg ten opsigte van noodsaaklike

uitgawes het - ook 'n retensiereg op grond van nuttige uit-

gawes kan verkfy.

Mnr/......

15 & 16

Mnr Kuper, namens appellant, het by die aanvang

van sy betoog in hierdie hof gesê dat dit onsuiwer is om

van iemand soos respondent wat in opdrag van iemand anders

'n saak in ontvangs te neem en herstel en dit dan bly be-

hou totdat hy vir sy uitgawes vergoed is, as 'n possessor

(hetsy bona fide of mala fide) van die saak te praat.

Hierdie stelling opper vrae waaroor daar nie in hierdie

saak beslis hoef te word nie, en ek gaan voort om die

res van die advokaat se betoog te bespreek. Hy voer aan

dat die uitgawes wat respondent aangegaan het slegs

nuttige uitgawes was, en nie noodsaaklike uitgawes nie,

maar dat die nie nodig is om hierdie vraag te beslis

nie aangesien dit irrelevant is . Sy betoog is dat

iemand/.......

17
iemand soos respondent wat 'n voertuig herstel 'n retensiereg
daarop kan verwerf slegs indien hy bona fide is - bona
fide in die sin dat hy glo dat die persoon met wie hy kon-
trakteer die eienaar van die voertuig is - of indien die
eienaar toegestem het dat die herstelwerk gedoen word.
(Ons is veruys na Tyre & Motor Supply Co., Ltd v. Leibrandt,
1926 C.P.D, 421; Ford v. Reed Uros, 1922 T.P.D. 266;
Anderson & Co. v. Pienaar & Co., 1922 T.P.D. 435; Phillips
and Gordon v. Adams, 1923 E.D.L. 104; Rencken v. Snyman,
1946 N.P.D. 551; Knoll v. S.A. Flooring Industries Ltd,
1951(1) S.A. 404(T.) en die Brooklyn House Furnishers-saak,
supra.) Respondent, se mnr Kuper, was nie bona fide nie
en het ook nie appellant se toestemming gehad om die
herstelwerk te doen nie, en gevolglik kan hy nie op 'n

retensiereg/

18

retensiereg aanspraak maak nie. Respondent se gebrek aan

bona fides, lui die betoog, is daarin geleë dat hy geweet

het dat die voertuig nie aan Marogane behoort nie en dat hy

van die inhoud van k.lousule 3(a) van die huurkoopooreenkoms

bewus was.

Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie.

Respondent is deur Marogane gevra om die voertuig te herstei

en het op regmatige wyse in besit daarvan gekom. Sy

besit daarna sal ook regmatig wees, tensy gesê kan word

dat dit daarna vanweë sy beweerde mala fides onregmatig

vis-á-vis appellant geword het. Die blote feit dat 'n

saak in opdrag van iemand anders as die eienaar daarvan

herstel word, bring nie mee dat die persoon wat die her-

stelwerk doen nie 'n retensiereg teenoor die eienaar kan

verwerf/.........

19

verwerf nie (kyk die Brooklyn House Furnishers-saak , supra. )
Die vraag is of respondent se kennis van appellant se
eiendamsreg en van die inhoud van klousule 3(a) van die
huurkoopooreenkoms die posisie in die onderhawige geval
verander. Na my mening is die antwoord "nee". Klousule
3(a) , wat ek geriefshalwe weer aanhaal , bepaal :

"The Buyer shall keep the goods in his
custody and shall maintain the goods in
good order and repair, exempt from any
lien or encumbrance."

Hierdie woorde hou nie in dat Marogane nie die voertuig
uit sy besit mag laat as dit nodig sou wees om herstelwerk
daaraan te laat doen nie. Hy moes die voertuig in 'n goeie
toestand hou en daar moes by die aangaan van die ooreenkoms
noodwendig voorsien gewees het - veral aangesien dit 'n

gebruikte/..........

20

gebruikte voertuig was wat verkoop is - dat dit van tyd tot tyd

vir Marogane nodig kon word om die voertuig te laat her-

stel. Ingevolge die ooreenkoms moes Marogane sorg dat

die voertuig in 'n goeie toestand bly, en na my mening

hou klousule 3(a) niks meer in nie as dat Marogane moes

sorg dra dat hy betaal vir herstelwerk wat hy laat doen

sodat daar nie 'n retensiereg ten opsigte van die voertuig

teenoor appellant kan ontstaan nie. Dit hou nie in dat

'n persoon wat herstelwerk aan die voertuig doen nie 'n

retensiereg kan verwerf nie. In hierdie verband moet daar

ook vermeld word dat daar niks in die stukke te vind is

wat enigsins die gevolgtrekking regverdig dat respondent

geweet het, of moes verwag het, dat Marogane hom nie vir die

herstelwerk sou, of kon, betaal nie. Mnr Kuper het aange-

voer/.......

21

voer dat die beslissing in die bogemelde saak Tyre & Motor

Supply Co., Ltd. v. Leibrandt, 1926 C.P.D. 421 sterk steun

verleen aan sy betoog dat respondent nie bona fide was toe

hy die herstelwerk aan die voertuig gedoen het nie en dat

hy om daardie rede 'n retensiereg op die voertuig ontsê

moet word. In daardie saak het die hof bevind dat die

betrokke garage-eienaar 'n motor herstel het terwyl hy

bewus was van 'n ooreenkoms waaruit geblyk het - aldus die

bevinding van die hof - dat indien hy die motor sou her-

stel, hy dit teen die "express instructions" van die per-

soon wat hy as die eienaar van die motor beskou het, sou

doen; dat hy dus nie bona fide was toe hy dit herstel het

nie en dat hy derhalwe nie op 'n retensiereg op die motor

kon/.........

22

kon aanspraak maak nie. Die bepaling in die ooreenkoms

op grond waarvan die hof beslis het dat die garage-eienaar

die motor teen die "express instructions" van die persoon

wat hy as die eienaar van die motor beskou het (hoewel hy

nie inderdaad die eienaar was nie), herstel het, het soos

volg gelui : "The hirer agrees during the period of the hire

of the aforementioned car, that he will purchase all tyres,

tubes, spare parts and have a.Ll repai rs done to the car by

the vendor's firm." Aangesien die garage-eienaar nie die

"vendor's firm" was nie, is beslis dat die herstelwerk wat

hy gedoen het in stryd met die "express instructions" van

die gewaande eienaar geskied het en dat hy dus nie bona

fide was nie. Gardiner, R.P., het in die loop van sy

uitspraak (waarmee Jones, R., saamgestem het) gesê

(bl./.........

23

(bl. 427):

"If a garage proprietor at the instance
of my chauffeur repairs my car , well knowing
that I hnve forbidden my chauffeur to have
any repairs executed, I do not think that
the garage proprietor can set up a lien
against me, He cannot improve my car
against my express instructions, and then
retain it until I pay."

Ek vind dit nie nodig om op die korrektheid al dan nie
van hierdie beslissing in te gaan nie, want al sou aanvaar
word dat die hof se opvatting van die betekenis en uit-
werking van die bepaling in die ooreenkoms wat ek hierbo
aangehaal het juis was, meen ek nie dat dit op die onder-
hawige geval van toepassing is en dat daar op grond van
klousule 3(a) gesê kan word dat respondent se herstelwerk
aan die voertuig teen die "express instructions" of ver-

bod/

24

bod van appellant geskied het nie. Appellant se betoog

dat respondent mala fide opgetree het en dat hy om daardie

rede nie op 'n retensiereg kan aanspraak maak nie, kan

derhalwe na my mening nie slaag nie.

Mnr Kuper het verder betoog dat appellant nie

verryk, of onregmatig verryk, sal wees indien sy voertuig

aan hom gelewer sou word sonder dat hy respondent vir sy

uitgawes vergoed het nie, en, verder, dat indien appellant

wel verryk sal word, sy verryking nie ten kos te van respon-

dent sal geskied nie. Gevolglik , aldus die betoog, moet

bevind word dat respondent nie op 'n retensiereg geregtig

is nie. Hierdie betoog berus op die siening dat die

beslissing van hierdie hof in die Brooklyn House Furnishers-

saak, supra - waar 'n dergelike betoog geopper is maar nie

deur/...........

25

deur hierdie hof aanvaar is nie - verkeerd is. Mnr Kuper
het ons dan ook gevra om daardie beslissing te heroorweeg
en te bevind dat dit verkeerd is. Ek vind dit voldoende
om te sê dat appellant se betoog my nie daarvan oortuig
het dat ons moet bevind dat die beslissing in daardie saak
verkeerd is nie .
Appellant se laaste betoog berus op die bepalings
van klousule 6 van die bogemelde algemene verdiskonterings-
ooreenkoms. Dit lui soos volg:

"I/We (d.w.s. JOT- Motors (Pty) Ltd)

hereby indemnify you and undertake to

hold you harmless against any claim, loss

or expense which you may sustain in consequence

of any condition or warranty expressed or

implied in an Agreement as to the quality,

description, fitness for any purpose or

otherwise of the Goods or in respect of

any obligation for service replacement or

maintebance/

26

maintenance in relation to the Goods or in
respect of any other cause arising out of
such Agreement."

Die betoog lui dat die uitgawes wat respondent aangegaan
het om die voertuig te herstel , uitgawes is wat in verband
staan met 'n "obligation for service replacement or maintenance'
soos in klousule 6 bedoel ; dat respondent kragtens diè
klousule verplig is om appellant skadeloos te stel wat
sulke uitgawes betref; dat die herstelwerk aan die voertuig
dus geen ongeregverdigde verryking vir appellant meebring
nie, en dat respondent gevolglik nie op 'n retensiereg op
die voertuig teenoor appellant kan aanspraak maak nie.

Die betoog is ongegrond. Die klousule slaan, wat die onder-

hawige geval betref, op verpligtinge ten opsigte van "service

replacement/

27

replacement or maintenance" wat vir respondent ingevolge

die bogemelde huurkoopooreenkoms mag ontstaan. Dit het nie

betrekking op 'n geval soos dié waarmee ons in hierdie

saak te doen het nie.

Die appèl word met koste afgewys, insluitende

die koste van twee advokate.

P J RABIE
HOOFREGTER

KOTZE, AR.

JOUBERT, AR.
Stem saam
HEFER, AR.

BOSHOFF, AR.