SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 47

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Pretorius v Loudon (366/83) [1985] ZASCA 47; [1985] ZASC 46 (29 May 1985)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


E du P
366/83

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

BAREND JOHANNES PRETORIUS Appellant

en

JOY DAWN LOUDON Respondent

Coram: RABIE, HR, KOTZé JOUBERT, BOTHA et

GROSSKOPF, ARR.

Verhoordatum: Leweringsdatum:

2 Mei 1985. 29 Mei 1985

UITSPRAAK

RABIE, HR:

Die/.........

2

Die appellant (Barend Johannes Pretorius)
appelleer teen 'n bevel wat ná die aanhoor van 'n aansoek

in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling uitgereik

is en wat hom gelas om 'n BMW-motorkar, wat ten tyde

van die hofverrigtinge in sy besit was, aan die respondent

in hierdie appèl (mev. Joy Dawn Loudon, die applikant

in die hof a quo),as synde die eienares van die gemelde

motorkar, af te gee. (Om moontlike verwarring te vermy,

verwys ek na mev. Loudon as "respondent", en nie "re-

spondente," die vroulike vorm van die woord, nie.) Die

appellant was die eerste respondent in die aansoek wat

die respondent in die hof a quo aanhangig gemaak het,

en The Independent Leasing Company (Pty) Ltd (hierna

"Independent Leasing" genoem) was die tweede respondent.

Laasgenoemde/.........

3

Laasgenoemde, wie se betrokkenheid by die geskil tussen

die appellant en respondent sal blyk uit wat hieronder

gesê word, het geen stukke voor die hof a quo gelê nie

en was ook nie by die verrigtinge in daardie hof ver-

teenwoordig nie. Dit xs ook nie 'n party by hierdie

appèl nie.

Die feite van die saak is soos volg. Re-

s'pondent het in 1981 eienaar van 'n BMW Cabriolet motor-

kar geword. Op 18 en 21 Maart 1983 het sy in koeranije

laat adverteer dat sy die motor wou verkoop. Op of

ongeveer 23 Maart 1983 het ene Jesseman, wat te kenne

gegee het dat hy 'n maatskappy met die naam Ramanch

Motors Pty) Ltd (wat as "J.P. Motors" sake gedoen het)

verteenwoordig, aan respondent se eggenoot oor die tele-

foon/ ......
4
foon gese dat 'n klant van hom wat in Parys woon moontlik

die BMW sou wou koop en dat die maatskappy, wat ek

hierna "die handelaar" sal noem, graag die motor namens

respondent aan dié persoon sou wou verkoop. Respondent

se eggenoot, wat deurgaans namens haar opgetree het,

en Jesseman het gedurende hierdie telefoongesprek met

mekaar ooreengekorn dat aan die handelaar magtiging

verleen word om namens respondent die BMW aan sy klant

in Parys te probeer verkoop; dat dit 'n kontant-

verkoping teen 'n prys van minstens R23 500 moes wees;

dat die verkoping voetstoots moes wees; dat die

handelaar enige bedrag wat hy meer as R23 500 kon kry

as sy kommissie kon neem; dat respondent die motor aan

die handelaar sou oorhandig om aan sy klant te toon en

dat/........
5
dat dit weer aan haar teruggegee sou word nadat dit aan
die klant getoon is. (Hier dien vermeld te word dat
die respondent se bewerings oor wat t'ussen haar eggenoot
en Jesseman plaasgevind het nie deur appellant betwis
is nie en deur hom vir die doeieindes van die verhoor van die aansoek aanvaar is. Daar was geen verklaring
van Jesseman of van enige iemand anders wat aan die
handelaar verbonde was voor die hof a quo nie. ) 'n
Dag of wat ná hierdie telefoongesprek het respondent
se eggenoot die BMW aan 'n verteenwoordiger van die
handelaar afgegee om hom in staat te stel om dit aan
sy klant in Parys te wys. 'n paar dae daarna het Jesseman
die respondent se eggenoot gebel en hom meegedeel dat die

BMW/........

6
BMW aan die handelaar se klant in Parys gewys is; dat die klant die motor teen 'n prys van R24 000 wou
koop en dat hy reeds 'n deposito van R2 400 aan die
handelaar betaal het, wat die bedrag aan die respondent
sou oorbetaal; dat die handelaar reëlings sou tref
dat die balans van die koopprys deur 'n finansierings-
maatskappy aan respondent betaal word; dat die handelaar
"would prepare my (d.w.s. respondent se) car for
delivery to the customer and arrange for the necessary
documents to be prepared by me and the finance company"
(aanhaling uit respondent se beëdigde verklaring);
dat die finansieringsmaatskappy die balans van die
koopprys ná voltooiing van die dokumente sou betaal
en dat die handelaar daarna die BMW namens haar aan
die klant sou lewer.

In/......

7

In die loop van bogemelde gesprek het
Jesseman ook aan respondent se eggenoot gesê dat respondent
hom van 'n brief moet voorsien wat verklaar dat sy die
eienaar van die BMW is aangesien hy dit benodig vir die
reelings wat met die finansieringsmaatskappy getref moes
word. Respondent se eggenoot het toe ene Wium, be-
sturende direkteur van 'n maatskappy; S.A.Farm Investments (Pty) Ltd, waarvan hy (respondent se eggenoot) 'n

direkteur was, gevra om die aodige brief te skryf.
Wium het toe die volgende brief, gedateer 29 Maart 1983
en aan "J.D.Motors" gerig, op S.A.Farm Investments
(Pty) Ltd se skryfpapier geskryf:

"We herewith confirm that the BMW 320,
registration FGG700T is the sole property
of Mrs. J. D. Loudon, is fully paid for
and there are no monies outstanding to
any person, company or institution in
regard thereto."

Op/

8

Op 31 Maart 1983 het Jesseman die hande

laar se tjek vir R2 400 aan Maria Loudon, 'n werknemer

by S . A. Farm Investments ( Pty ) Ltd, oorhandig . Sy

het aan Jesseman 'n kwitansie, deur haarself onderteken,

vir ontvangs van die tjek gegee. Sy het ook die regi-

("registration certificate") ten

opsigte van die BMW aan hom oorhandig om die handelaar

in staat te stel om die nodige dokumente voor te berei

Maria Loudon het daarna verskeie male met Jesseman oor

die telefoon gepraat om te verneem waarom die aange-

leentheid so sloer, maar hy het telkens 'n ekskuus vir

die vertraging aangevoer. By 'n latere geleentheid,

nadat respondent en haar eggenoot vir 'n tydjie uít

Johannesburg afwesig was, het Jesseman respondent se

eggenoot/..........
9
eggenoot belowe "to finalise the matter on the following

day." Toe die volgende dag niks gebeur het nie, het

respondent se eggenoot probeer om Jésseman in die handé

te kry. Hy kon Jesseman egter nie toe, of daarna, vind

nie, en dit het geblyk dat die handelaar ook opgehou

het om sake te doen. Respondent het toe haar prokureurs

geraadnleeg en die aangeleentheid laat ondersoek.

'n Ondersoek by die Johannesburgse Munisipali-

teit het getoon dat Jesseman eiendomsoordragvorms wat

voorgee dat respondent die BMW op 22 Desember 1982 aan

die handelaar oorgedra het, voltooi en by die Munisipali-

teit ingedien bet en dat die BMW ingevolge hierdie oor-

dragvorms in die naam van die handelaar geregistreer is

Respondent se handtekening is op die vorm waarop sy

die/...........
10

die motor sou oorgedra het, vervals. 'n Verdere onder-

soek by die Munisipaliteit van Bedfordview het aan die

lig gebring dat eiendomsoordragvorms wat voorgee dat die

BMVJ deur die handelaar aan appellant oorgedra is, by

die Munisipaliteit ingedien is; dat verkoopbelasting

ten opsigte van hierdie oordrag op 11 April 1983 deur

Independent Leasing betaal is, en dat die BMW ingevolge

hierdie oordragvorms en betaling van verkoopbelasting

in appellant se naam geregistreer is. Op die amptelike

verkoopbelastingverklaring word aangedui dat Independent

Leasing die BMW op 11 April 1983 aan appellant verkoop

het.

Appellant se antwoord op respondent se

beëdigde verKlaring, soos vervat in sy beantwoordende

beëdigde/.......

11

beëdigde verklaring, kan soos volg saamgevat word

Hy het op 8 of 9 April 1983 die DMW in die vertoonlokaal

van die handelaar gesien en het toe aan Jesseman

gesê dat hy dit wou koop. Omdat hy (appellant) self

'n handelaar in swaar handelsvoertuie is en weet dat

dit noodsaaklik is om vas te stel wie die eienaar van

'n voertuig is wanneer jy dit koop, het hy Jesseman gevra

om aan hom bewys te lewer dat hy die BMW met veiligheid

sou kon koop. Jesseman het toe aan hom die hierbo

aangehaalde brief van 29 Maart 1983, wat deur die

gemelde Wium geskryf is, getoon. Hierdie brief, sê

appellant, het hom laat glo dat hy die BMW kon koop

sonder om die gevaar te loop dat die eienaar daarvan

later die verteenwoordiger se volmag ("agent's authority")

sou/.......

12

sou kon betwis en, verder dat respondent "was in fact

in a position to sell the car to the dealer." Met

betrekking tot hierdie brief van 29 Maart 1983 sê

appellant verder dat dit klaarblyklik met respondent

se goedkeuring geskryf is en wel met die doel "to

constitute the dealer her agent to sell the car.

Appellant sê ook dat hy rnet Independent Leasing reëlings

getref" het om sy koop van die BMW te finansier en dat

ingevolge daardie reëling Independent Leasing die BMW

by die handelaar gekoop het en dit toe weer op huurkoop

aan hom (appellant) verkoop het. (Volgens die

skríftelike ooreenkoms wat tussen Independent Leasing

en appellant aangegaan is, behou Independent Leasing

sy eiendomsreg op die BMW voor totdat die volle koopprys

aan/........

13

aan hom betaal is.) Independent Leasing, sê appellant het die handelaar R20 000 vir die BMW betaal, en die
handelaar het die motor ten behoewe van Independent
Leasing aan appellant gelewer. As gevolg van hierdie
verkoping en lewering van die BMW, sê appellant, "owner-
ship in the vehicle passed and now exists in the second
responoent" (d.w.s. Independent Leasing).
Met betrekking tot respondent se bewerings
aangaande die magtiging wat sy aan die handelaar ver-
leen het, sê appellant:

"I respectfully submit that on the
applicant's own version the dealer was
authorised to sell the vehicle as she put
the dealer in a position to sell and
transfer the vehicle to a purchaser and
that it was irrelevant whether the purchaser

was/

14

was a person frorn Parys or anywhere else."
En ook:

"I respectfully submit that by accepting
the amount of R2 400-00 the applicant
has confirmed the sarne and must have
agreed on the transfer of ownership."

Hy sê verder in hierdie verband dat respondent moes
verwag het dat daar 'n oordrag van registrasie t.o.v. die
BMW sou moes wees aangesien daar geen ander rede kan
wees waarom sy haar registrasiesertifikaat in die
hande van die handelaar sou gep.laas het nie.

In paragraaf 8 van sy beëdigde verklaring
sê appellant:

tf the dealer made it quite clear that

he was acting as agent for the person
named in the letter 'BJP3' (d.w.s. die

hierbo/

15

hierbo aangehaalde brief van 29 Maart 1983.)
I also noticed that the vehicle was registered
in the name of the dealer. I respectfully
point out that it is not uncommon for a
dealer to purchase a vehicle outright
from the previous owner, have the same

registered in the name of the dealer and

it

thereafter sell/to the ultimate purchaser.

The purpose of this is to avoid the
purchaser knowing what the dealer has
paid for the car. In the present instance
I was however aware that the applicant
was the seller because of' the contents of
'BJP3'" .

'n Ontleding van appellant se beantwoordende
verklaring toon dat hy sy reg om in besit van die BMW
te bly, grond op die bewering dat hy die motor van die
eienaar daarvan, nl. Independent Leasing, gekoop het
en dat Independent Leasing dit deur middel van die

handelaar/.

16

handelaar aan hom gelewer het. Appellant beweer nie

dat hy self die motor by die handelaar in sy hoedanig-

heid van gemagtigde van respondent gekoop het en.dat

Independent Leasing se tussenkoms maar net 'n metode

was om geld te vind om die koopprys aan die handelaar

te betaal nie. Hy verwys na die ooreenkoms tussen die

handelaar en Independent Leasing as 'n onafhanklike,

selfstandige transaksie, en hy beweer dat Independent

Leasing eienaar van die motor geword het. 'n Ontleding

van sy beantwoordende verklaring toon, meen ek, dat hy

beweer dat Independent Leasing sy eiendomsreg op die

motor aan die handelaar, wat die eienaar daarvan was

toe hy (Independent Leasing) dit gekoop het, ontleen het

Hy sê in hierdïe verband dat die handelaar die motor

aan/........

17

aan Independent Leasing verkoop het; dat Independent

Leasing die koopprys aan die handelaar betaal het; dat

die handelaar die motor ten behoewe van Independent

Leasing aan hom (appellant) gelewer het, en dat inge-

volge hierdie verkoping en lewering eiendomsreg op die

motor op Independent Leasing oorgegaan het. Daar

is ook ander bewerings in die beantwoordende verklaring

wat daarop dui dat appellant die handelaar as die eie-

naar van die BMW beskou het. Hy sê naamlik op een

plek dat hy op grond van die brief van 2 9 Maart 1983

(hierbo aangehaal) geglo het dat respondent geregtig

was "to sell the car to the dealer", en op 'n ander plek

(paragraaf 8 van die verklaring, hierbo aangehaal) laat

hy blyk dat hy gemeen het dat dit 'n geval was waar 'n

handelaar/..........
18

handelaar 'n motor "outright from the previous owner"

gekoop het. (In die onderhawige geval sou respondent

die "previous owner" gewees het,) Hierdie mening

van appellant blyk versterk te gewees het deur die

feit dat hy gesien het dat die motor in appellant se

naam geregistreer was.

Dit behoef geen betoog dat die handelaar

op geen tydstip eienaar van die BMW was nie. Hy het

nooit die motor by respondent gekoop nie. Hy het die

raotor op bedrieglike wyse vir homself toegeeien en

dit toe aan Independent Leasing verkoop net asof hy eie-

naar daarvan was. Daar kan dus geen sprake daarvan

wees dat Independent Leasing eiendomsreg op die motor

van die handelaar verkry het nie.

Daar/.........

19

Daar is bewerings in appellant se beant-

woordende verklaring dat respondent aan die handelaar

magtiging verleen het om die BMW te verkoop en aan die

koper daarvan te oorhandig. Met hierdie bewerings

wil appellant skynbaar sê - dit word nêrens uitdruklik

gesê nie - dat die handelaar as sodanige gemagtigde

die BMW aan Independent Leasing verkoop en gelewer het

en daardeur die eiendomsreg op die motor van respondent

aan Independent Leasing oorgedra het. Appellant se

advokaat in hierdie hof het betoog dat eiendomsreg

op die motor op hierdie wyse van respondent op Independent

Leasing oorgegaan het.

Wat hierdie magtiging betref, word op een

plek in die beantwoordende verklaring gesê dat "the

dealer/.........

20

dealer was in fact the applicant's agent to sell the

car." Met hierdie bewering wil appellant skynbaar sê

dat die handelaar deur respondent gemagtig is om die

BMW aan enigiemand, wie hy ook al mag wees, te verkoop

en oor te dra. Op 'n ander plek word gesê dat die

handelaar deur respondent gemagtig is om die motor te

verkoop deurdat sy "put the dealer in a position to

sell and transfer the vehicle to a purchaser and that

it was irrelevant whether the purchaser was a person

from Parys of elsewhere." Met hierdie stelling word

skynbaar gesê dat indien die handelaar nie werklik

volmag gehad het om die motor aan enigiemand te'ver-

koop nie, respondent hom ín staat gestel het om teen-

oor/.........

21

oor derdes die indruk te skep dat hy sodanige volmag

gehad het en dat sy gevolglik aan sy handelinge ge-

bonde gehou moet word net asof sy werklik sodanige

volmag aan hom verleen het. Appellant se advokaat het

nie in hierdie hof betoog dat die handelaar inderdaad

volmag gehad het om die BMW aan Independent Leas'ing

te verkoop nie, en dit sou ook nie betoog kon wortl nie

Wat 'n handelaar se werklike volmag is, is 'n feitlike

vraag en die stukke toon dat die handelaar se werklike

volmag beperk was tot die sluit van 'n ooreenkoms met

iemand in Parys. Wat die kwessie van oënskynlike

volmag betref staan appellant in die eerste plek

voor die probleem dat dit Independent Leasing was wat

met/..........
22
met die handelaar 'n koopooreenkoms aangegaan het, erï

nie hy (appellant) nie. Hieruit volg dat selfs indien

bevind sou kon word dat appellant onder die indruk

gebring is dat die handelaar volmag van nespondent

gehad het, dit hom nie sou kon baat nie: hy het nie

met die handelaar 'n ooreenkoms aangegaan nie, maar met

Independent Leasing. Daar is niks wat toon dat

Independent Leasing met die handelaar gekontrakteer

het op die grondslag, of in die geloof, dat die hande-

laar volmag van respondent gehad het nie. Wat die

suggestie van misleiding van appellant deur die

oënskynlike volmag van die handelaar betref, is daar

ook nog die verdere oorweging, reeds hierbo genoem ,

dat/.........

23

dat daar bewerings in appellant se beantwoordende verklaring

voorkom wat toon dat hy die handelaar as die eienaar van

die BMW, wat sy eiendomsreg daarop aan Independent

Leasing oorgedra het, beskou het, en nie as 'n gemagtigde

van respondent wat dit namens haar verkoop en oorgedra

het nie. Met betrekking tot die betoog dat eiendomsreg

op díe motor deur die optrede van díe handelaar van

respondent op Independent Leasing oorgegaan het, moet

bygevoeg word dat die handelaar nooit bedoel het om

namens respondent op te tree en namens haar haar eiendoms-

reg op die motor aan Independent Leasing oor te dra

nie. Hy het hom die motor toegeëien en het dit

verkoop en oorgedra asof dit sy eie was. Daar kan

m.i. dus nie gesê word dat respondent op grond van

magtiging/ .............

24

magtiging wat sy werklik of oënskynlik aan die handelaar

sou verleen het om haar motor te verkoop, belet word om

dit van appellant op te eis nie.

Met verwysing na die kwessie van volmag

sê die appellant verder in sy beantwoordende verklaring

dat indien respondent nie werklik volmag aan die hande-

laar gegee het nie, sy belet ("estopped") is om dit te

ontken. Die vereistes vir 'n beroep op estoppel is

welbekend en ek hoef nie daaroor uit te wei nie. 'n

Gerieflike samevatting van ons reg oor wanneer 'n eienaar

van 'n roerende saak op grond van estoppel belet kan

word om sy saak op te eis, is te vind in Oak1and Nominees

(Pfy) Ltd v. Gelria Mining & Investment Co (Pty) Ltd,

1976(1) S.A. 441(A) op bl. 452.

In/.........

25

In appellant se beantwoordende verklaring

is daar geen duidelike uiteensetting van die feite of

gronde waarop appellant hom vir sy verweer van estoppel

beroep nie , en ek kan daarin ook geen feite vind wat so

'n beroep regverdig nie. Enkele bewerings wat met 'n

verweer van estoppel verband hou, ,is reeds hierbo ge-

noem. Die eerste hiervan is die brief van 29 Maart

1983 waarin gesê word dat respondent die eienaar van

die BMW is. Hierdie brief, sê appellant, het hom daar-

van oortuig dat hy die motor kon koop sonder om die ge-

vaar të loop dat respondent later die handelaar se volmag

sou kon betwis , en ook dat respondent "was in fact in

a position to sell the car to the dealer." 'n Tweede

bewering is die algemene stelling, reeds tevore vermeld,

dat respondent "put the dealer in a position to sell and

transfer/

26

transfer the vehicle to a purchaser", en, in verband

daarmee, die bewering dab respondent die handelaar in
besit van die BMW se
geplaas het

Die eerste vraag wat in verband met appellant

se verweer van estoppel ontstaan, is of hy hom hoege-

naamd daarop kan beroep as dit nie hy self was wat die

BMW by die handelaar gekoop het nie, maar wel Independent

Leasing. Daar is geen feite wat toon dat Independent

Leasing hom op estoppel sou kon beroep het nie, en in

dié omstandighede ontstaan daar die verdere vraag of

appellant hom daarop kan beroep as dit nie blyk dat

Independent Leasing dit sou kon gedoen het nie.

Appellant se advokaat het ons nie oor hierdie en dergelike

vrae wat sou kon ontstaan, toegespreek nie, maar ek meen

nie/.........

27

nie dat dit nodig is om daarop in te gaan nie. Al soú

'n mens aanvaar dat die feit dat dit Independent Leasing

was wat met die handelaar gekontrakteer het,en nie

appellant nie, appellant regtens nie sou verhinder om

'n verweer van estoppel teen respondent op te werp nie,

sou so 'n verweer nie kon slaag nie. Appellant steun

skynbaar op die brief van 29 Maart 1983 as 'n faktor

wat honi sou rnislei het, maar in der waarheid sê hy in

verband daarmee niks meer nie as dat dit hom daarvan

oortuig het dat respondent die eienaar van die BMW was

en dat daar dus nie gevaar bestaan het dat iemand

anders dit as sy eiendom sou kon opeis as hy (appellant)

dit sou koop nie. Verder kan kwalik gesê word dat

respondent in hierdie brief - al sou 'n mens veronderstel

dat/...........

28

dat appellant geregtig was om te dínk dat dit namens

respondent geskryf is - voorgee dat sy aan die hande-

laar volmag verleen het om die BMW namens haar te verkoop

Ook die feit dat die handelaar d.ie motor se registrasie-

sertifikaat in sy besit gehad het, hou nie in dat respondent

voorgegee het dat die handelaar die motor aan enigeen

kon verkoop en oordra nie. Dit kon met die oog op 'n

besondere transaksie aan hom gegee gewees het - soos

inderdaad gebeur het. Afgesien hierv'an toon die feite

van die saak na my mening dat appellant nie, soos deur

hom gesuggereer word, deur optrede van die kant van

respondent raislei is om die motor te koop nie, maar wel

dat, indien hy mislei is, dit weens die bedrieglike op-

trede van die handelaar geskied het. Die handelaar

het/.........

29

het, soos reeds gesê, eiendomsoordragvorms ten opsigte

van die motor op sy naam laat registreer, net asof hy

die eienaar daarvan was . Hy het die registrasiesertifi-

kaat, wat aangedui het dat die motor op sy naam ge-

registreer was, aan appellant getoon, en appellant het

onder die indruk gekom dat die handelaar die motor by

die "previous owner" gekoop het en die eienaar daarvan

geword het. Hierdie valse indruk, wat daartoe

het dat appellant ( soos hy sê) die motor by Independent

Leasing gekoop het in die geloof dat laasgenoemde die

eienaar daarvan was, is deur die bedrog van die hande-

laar veroorsaai, en nie deur optrede van die kant van

respondent nie.

Wat appellant se verweer van estoppel be-

tref/....

30

tref, kan ten slotte bygevoeg word dat in sy beantwoordende

verklaring niks oor die kwessie van nalatigheid van die

kant van respondent gese word nie. Daar is narnens

appellant betoog, met 'n beroep op die minderheidsuitspraak

in Johaadien v. Stanley Porter (Paarl) (Pty) L-td, 1970

geval
(1) S.A. 394(A), dat in 'n/soos die onderhawige nalatigheid

nie 'n vereiste vir die bestaan van estoppel is nie,

maar dat indien bevind sou word dat daar wel bewys van

nalatigheid moet wees, die stukke toon dat respondent

wel nalatig was. In die lig van wat in die paragraaf

hierbo gesê is, vind ek dit nie nodig om hierdie betoog

te bespreek nie

Appellant het hom in hierdie hof sowel as

in die hof a quo op 'n verdere verweer beroep wat nie

in/...........

31

in sy beantwoordende verklaring geopper word nie.

Daar is naamlik betoog, met 'n beroep op wat in Morurn

Bros. Ltd v. Nepgen, 1916 CPD 392 gesê is, dat daar in

ons reg 'n reël bestaan dat wanneer die eienaar van 'n

roerende saak dit aan 'n "agent for sale" of faktoor

vir die doel van verkoop toevertrou en die verkoops-

agent of faktoor die saak dan aan 'n bona fide koper

daarvan lewer, die eienaar nie sy saak van die koper

kan opeis nie tensy hy die koper vergoed vir die prys

wat hy vir die saak betaal het, al het die verkoopsagent

of faktoor die saak vir sy eie voordeel verkoop en die

koopprys in sy eie sak gesteek. By die toepassing van

hierdie reël, lui die betoog verder, word daar, anders

as in die geval van estoppel, nie vereis. dat daar na-

latigheid/...........

32

latigheid aan die kant van die eienaar moes gewees het
nie. Indien hierdie reël op die feite van die onder-
hawige saak toegepas word, is daar aangevoer, het
respondent nie 'n rei vindicatio nie. (Wat die uit-
drukking "agent for sale" betref, blyk dit dat diegene
wat in Latyn oor die onderwerp geskryf het, gewoonlik
die woord institor gebruik het. In geskrifte in
Nederlands kom die woord "makelaar" - soms ook "maakklaar"
geskryf - meermale in hierdie verband voor. In Latynse
geskrifte word 'n faktoor gewoonlik proxeneta genoem.
Die gebruik van hierdie woorde was egter, soos dit my
voorkom, nie uniform nie. Kersteman, Aanhangsel, s.v. reivindicatie, noem 'n faktoor ook institor.)

Dit ly geen twyfel dat daar in die sewen-
tiende eeu in Holland 'n reël van bogemelde aard bestaan
33 33

het nie, maar ek sou huiwer om te sê dat daar vandag
volkome duidelikheid oor die presiese inhoud en toepassing
van die reël bestaan. Daar is ook die vraag of die
reel deel van ons reg in Suid-Afrika geword het, of as
deel van ons reg erken moet word, gesien veral die be-
staan van die leerstuk van estoppel soos in ons regspraak
erken, asook die beginsels van ons verteenwoordigingsreg.
Die benadering van die hof a quo, kan in hierdie verband
gesê word, was dat die reël nie 'n te wye uitwerking
toegelaat moet word nie; dat in elke geval bepaal moet
word "whether, according to the principles of agency,
the agent or factor had apparent or ostensible authority
to deal with the property", en dat , uitgesonder die feit
dat dí e reël nie bewys van nalatigheid aan die kant van
die eienaar vereis nie, dieselfde beginsels as wat by

34
estoppel geld, toegepas moet word.
Daar is nog net twee beslissings in ons regspraak
waarin die bogemelde reël breedvoerig bespreek is, nl. Adams
v. Mocke , 23 S.C. 782 en Morum Bros. Ltd v. Nepgen, supra.
Daar is kort verwysings na die reë.1 in 'n paar meer onlangse
sake, nl. Ross v. Barnard, 1951(1) S.A. 414(T), op bl. 418
E; Grosvenor Motors (Potchefstroom) Ltd v. Douglas, 1956(3)
S.A. 420 (A), op bl. 426 C-D; Electrolux (Pty) Ltd v. Khota
and Another, 1961(4) 244(W), op bl. 246 G (die paar woorde
wat tussen hakkies voorkom), en Blackwood Hodge South Africa
(Pty) Ltd v. Elco Steel Dealers, 1978(3) S.A. 852 (T) op bl. 856 G. Die volledigste bespreking van die reël in ander
regspublikasies is, sover ek weet, te vind in bylae 2 van
band 2 van die 2de uitgawe van Sir John Kotzé se ver-
taling van Van Leeuwen se Rooms-Hollands-Regt (bls. 621-

626/
35

626). Kyk ook R.W. Lee An Introduction to Roman-Dutbh

Law, 5de uitg. (1953), Appendix E ("The Limits of the

Jus Vindicandi"); M.D. Blecher, "Negligence, Estoppel

and the Rei Vindicatio", 1977 S.A.L.J. 1; Amicus Curiae,

"The Vindicatory Action and Its Limitations", 1977

S.A.L.J. 256, en A.J. Kerr, "Estoppel and the Rei

Vindicatio: Brokers, Factors and Agents for Sale",

1977 S.A.L.J. 260

In Adams v. Mocke, supra, verwys De Villiers,

HR, na wat Groenewegen, Van Leeuwen, Voet en Van der

Keessel sê oor beperkings - waaronder die reël hier

ter sprake - wat daar op 'n eienaar van roerende sake

se jus vindicandi bestaan, en hy wys ook op 'n aantal

hofbeslissings/...........

36

hofbeslissings waar die reël ter sprake was. Soos in
die uitspraak aangetoon word, beklemtoon Voet in 6.1.12
die wye erkenning van die Romeinsregtelike rei vindicatio-
reël in die reg van sy tyd, maar wys hy terselfdertyd
ook daarop dat in baie gebiede claar ingevolge gewoonte-
regsreëls of plaaslike verordeninge beperkings op die
rei vindicatio-reë1 erken is.
Voet sê hieroor o.m.:

"Atque ita, cum institorum ac proxenetarum
maximus in mercatura usus sit atque
utilitas, nec sine his satis recte procedat;
non mirum, id passim fere servari , quod hi
res dominorum suae commxssas fidei distrahentes
aut obligantes, dominis noceant, easdem non
nisi pretio reddito aut soluto debito
recuperaturis.... Caeteroquin a jure
Romano haud esse hac in parte deviandum
arbitrantur....".

Nadat/. ......

37

Nadat De Villiers, HR, gelet het op wat Voet en die ander
gemelde skrywers oor die reël sê, en ook verwys het na
sekere beslissings waar die reël ter sprake was, sê
hy die volgende oor die beginsel wat ten grondslag van
die reël lê (bl. 787):

".... the underlying principle ... I have
found iá this, that it would.be inequitable
that an owner, who has led others into the
reasonable belief that the person to whom
he has entrusted his goods is entitled to
dispose of them, should be allowed to re-
cover such goods from a person who has
acquired them honestly and for value, unless
the owner tenders to repay such value."

Wat die werking van die reël en die grond-
slag van sy erkenning betref, is dit miskien nuttig om
op die volgende passasie in casus 9 van Loenius se

Decisien/...

38

Decisien en Observatien (uitg. Boel) te wys (genoem op
bl. 786 van Adams v. Mocke):

"Werd binnen de Stad Arasteldam als een
Coustume geobserveert, dat wanneer een
Kooprnan sijn goederen en koopmanschappen
steld in handen van sijn Faktoor, om de
selve voor hem elders te transporteeren,
te verhandelen, te verkoopen, of andersints
te beneficieeren, en de Factoor daar in
maliverseert, de selve goederen van sijn
meester in proprios usus inverteerende,
en sulx in effecte furtum committeerende:
Dat de selve goederen, zynde gekomen in
handen van een derde, die de selve by
titul van koop of anders verkregen heeft,
by of van wegen den Koopman., van een derde,
die de selve also verkreegen heeft, niet
mogen werden gevindiceert, gelyk als na
regten res furtivae: Maar heeft den Koop-
man alleen personeele actie tegen sijn
Faktoor.

De reden is, om dat hy die goederen
den Factoor heeft vertrouwt."

De Villiers, HR, wys verder daarop dat

Antonius Matthaeus in sy Paroemiae (no. 7, para. 7) sê

dat/

39

dat die reël in die belang van die handel (commerciorum

utilitas) ingevoer is, maar dat sulke reëls wat inbreuk

maak op 'n eienaar se reg om sy goed op te eis, baie

streng (strictissime) geïnterpreteer moet word.

Die hof het in Adams v. Mocke beslis dat

vánweë die feite van die saak die bogemelde reël nie

van toepassing was nie, maar dit blyk duidelik dat

indien die getuienis sou getoon het dat die persoon

van wie die verweerder die eiser se perd ingevolge 'n

ruiltransaksie verkry het 'n handelaar in perde was,

die hof die eiser sy rei vindicatio sou ontsê het,

tensy hy bereid sou gewees het om die verweerder te

vergoed vir wat hy vir die perd gegee het, (Kyk bl

788 ad fin. en bl. 789 van die hofverslag.)

In/..............

40

In Morum Bros . Ltd v. Nepgen, supra, was
daar, net soos in Adams v. Mocke, 'n bespreking van die
bogenoemde reël met verwysing na sekere skrywers en 'n
aantal hofbeslissings waar die reël ter sprake was.
Juta, RP, sê in sy uitspraak dat die reël behels het
dat "in the case of goods being entrusted to an agent
for sale or a factor" 'n eienaar nie sy goed kon opeis
nie "if the person to whom they were entrusted improperly
alienated or pledged them" (bl. 397). Hy het egter
nie sy beslissing op die toepaslikheid al dan nie van
die reël op die feite van die saak wat voor die hof ge-
dien het, gegrond nie. Hy het, ná sy bespreking van
die reël, voortgegaan om na 'n aantal sake wat op grond
van estoppel beslis is, te verwys, en het toe bevind

dat die feit dat die eienaar sy perd toevertrou het

aan/...

41

aan iemand wat 'n perde-spekulant was maar wat terselfdertyd

ander soorte sake gedoen het, nie voldoende was om die

derde wat die perd by hom gekoop het onder die indruk

te bring dat hy "the true owner" van die perd was nie

(bl. 403) . Daar is gevolglik bevind, sonder dat daar

weer na die reel verwys is, dat die eienaar van die perd

nie op grond van estoppel belet was om sy perd op te

eis nie. Waarnemende regter De Villiers (later regter-

president in die Vrystaat) se uitspraak het net oor die

vraag van estoppel gegaan

In Ross v. Barnard, supra, en Grosvenor

Motors (Potchefstroom) Ltd v. Douglas, supra, is na die

bogemelde reël verwys asof dit deel van ons reg is, maar

die aangeleentheid is nie bespreek nie. In albei sake

is net na Morum Bros.Ltd v. Nepgen, supra, verwys. In

die/......

42

die Electrolux-saak, supra, is daar, soos reeds gesê , slegs in

enkele woorde na die reël verwys. Die saak is op grond van

estoppel beslis. In die Blackwood Hodge-saak, supra, is na

die reël verwys asof dit deel van ons reg is, maar die aange-

leentheid is nie bespreek nie en die hof se beslissing is daarop

gegrond dat 'n verweer van estoppel nie bewys is nie.

Ek vind dit nie nodig om te beslis oor die vraag of, of

tot welke hoogte, die bogemelde reël deel van ons reg is of wat

die presiese inhoud daarvan is nie, aangesien ek daarvan oortuig

is, soos hieronder sal blyk, dat die reel soos in Adams v. Mocke

en Morum Bros . Ltd v. Nepgen genoem, waarop appellant hom beroep,

nie in die onderhawige geval toegepas kan word nie en respondent

dus nie belet om die BMW op te eis nie. Ek sal ten gunste van

appellant aanvaar dat die handelaar in hierdie saak as 'n "agent

bedoel)
for sale" (soos in die pas gemelde twee sake/beskou kan word.

Daar/........

43

Daar is tereg nie betoog dat hy as 'n faktoor aangesien

kan word nie. Ek sal ook aanvaar, sonder om oor die

vraag te beslis, dat die handelaar respondent se "agent

for sale" geword het op die oomblik toe sy haar motor

aan die handelaar toevertrou het, al sou dit ook wees

dat die, handelaar besit van die motor op valse voorwend-

sels verkry het en nooit bedoel het om namens respondent

op te tree nie, of dat, indien hy dit nie aan-

vanklik so verkry het nie, hy hom die motor in ieder

geval toegeeien het voordat appellant dit die eerste

maal te sien gekry het. Die recles waarom ek meen dat

appellant nie op clie reël kan steun nie, word hieronder

genoem

Die reel plaas 'n beperking op 'n eienaar

se/..........

44

se rei vindicatio waar hy sy saak aan 'n institor toe-

vertrou en die institor dan die saak aan 'n bona fide

derde verkoop en lewer. Die bona fide derde se besit

is teen die eis van die eienaar van die saak beskerm.

In die onderhawige saak het appellant nie respondent

se motor by die persoon aan wie sy dit toevertrou het,

gekoop nie. Dit was Independent Leasing wat die motor

by die handelaar gekoop het, en appellant het dit weer

by Independent Leasing gekoop. (Soos reeds hierbo

gesë is, is dit nie appeliant se saak dat Independent

Leasing se rol sodanig was dat hy (appellant) gesien

moet word as die persoon wat die motor by die handelaar

gekoop het nie.) Daar is niks bekend wat 'n bevinding

sou kon regverdig dat Independent Leasing as 'n bona fide

koper/...
45

koper beskou moet word nie, en appellant sal derhalwe

ook nie kan se dat sy besit van die motor beskerm moet

word omdat hy dit aan 'n bona fide koper en besitter

ontleen nie.

Daar is nog 'n verdere oorweging. Selfs

indien appellant as die persoon wat die motor by die

handelaar gekoop het, beskou sou kon word, het 'n mens

die posisie dat hy sê dat hy 'n brief,gedateer 29 Maart

1983, gesien het waarin verklaar wor.d dat respondent

die eienaar van die motor is en dat hy derhalwe geweet

het dat sy "the seller" was, maar dat hy ook te kenne

gee dat hy die handelaar, in wie se naam die motor

geregistreer was, as eienaar van die motor, wat toe sy

eiendomsreg daarop aán Independent Leasing oorgedra het

aangesien/........

46

aangesien het. In hierdie omstandighede kan appellant

kwalik beweer dat hy beskou moet word as iemand wat

die motor gekoop het omdat hy mislei is deur die feit

dat respondent die handelaar in besit daarvan gestel

het. In die omstandighede kan na my mening nie gese

word dat dit onbillik sou wees om appellant te gelas

om die motor aan respondent af te gee nie. (Kyk die

hierbo aangehaalde passasie in Adams v. Mocke oor die

beginsel wat ten grondslag van die reël lê. )

Die appèl word met koste afgewys.

P J RABIE
HOOFREGTER
KOTZé, AR.

JOUBERT, AR.

Stem saam.
BOTHA, AR.

GROSSKOPF, AR.


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1985/47.html