![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
E du P
366/83
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
BAREND JOHANNES PRETORIUS Appellant
en
JOY DAWN LOUDON Respondent
Coram: RABIE, HR, KOTZé JOUBERT, BOTHA et
GROSSKOPF, ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
2 Mei 1985. 29 Mei 1985
UITSPRAAK
RABIE, HR:
Die/.........
2
Die appellant (Barend Johannes Pretorius)
appelleer teen 'n bevel wat
ná die aanhoor van 'n aansoek
in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling uitgereik
is en wat hom gelas om 'n BMW-motorkar, wat ten tyde
van die hofverrigtinge in sy besit was, aan die respondent
in hierdie appèl (mev. Joy Dawn Loudon, die applikant
in die hof a quo),as synde die eienares van die gemelde
motorkar, af te gee. (Om moontlike verwarring te vermy,
verwys ek na mev. Loudon as "respondent", en nie "re-
spondente," die vroulike vorm van die woord, nie.) Die
appellant was die eerste respondent in die aansoek wat
die respondent in die hof a quo aanhangig gemaak het,
en The Independent Leasing Company (Pty) Ltd (hierna
"Independent Leasing" genoem) was die tweede respondent.
Laasgenoemde/.........
3
Laasgenoemde, wie se betrokkenheid by die geskil tussen
die appellant en respondent sal blyk uit wat hieronder
gesê word, het geen stukke voor die hof a quo gelê nie
en was ook nie by die verrigtinge in daardie hof ver-
teenwoordig nie. Dit xs ook nie 'n party by hierdie
appèl nie.
Die feite van die saak is soos volg. Re-
s'pondent het in 1981 eienaar van 'n BMW Cabriolet motor-
kar geword. Op 18 en 21 Maart 1983 het sy in koeranije
laat adverteer dat sy die motor wou verkoop. Op of
ongeveer 23 Maart 1983 het ene Jesseman, wat te kenne
gegee het dat hy 'n maatskappy met die naam Ramanch
Motors Pty) Ltd (wat as "J.P. Motors" sake gedoen het)
verteenwoordig, aan respondent se eggenoot oor die tele-
foon/ ......
4
foon gese dat 'n klant van hom wat in Parys woon
moontlik
die BMW sou wou koop en dat die maatskappy, wat ek
hierna "die handelaar" sal noem, graag die motor namens
respondent aan dié persoon sou wou verkoop. Respondent
se eggenoot, wat deurgaans namens haar opgetree het,
en Jesseman het gedurende hierdie telefoongesprek met
mekaar ooreengekorn dat aan die handelaar magtiging
verleen word om namens respondent die BMW aan sy klant
in Parys te probeer verkoop; dat dit 'n kontant-
verkoping teen 'n prys van minstens R23 500 moes wees;
dat die verkoping voetstoots moes wees; dat die
handelaar enige bedrag wat hy meer as R23 500 kon kry
as sy kommissie kon neem; dat respondent die motor aan
die handelaar sou oorhandig om aan sy klant te toon en
dat/........
5
dat dit weer aan haar teruggegee sou word nadat dit
aan
die klant getoon is. (Hier dien vermeld te word dat
die respondent se
bewerings oor wat t'ussen haar eggenoot
en Jesseman plaasgevind het nie deur
appellant betwis
is nie en deur hom vir die doeieindes van die verhoor van
die aansoek aanvaar is. Daar was geen verklaring
van Jesseman of van enige
iemand anders wat aan die
handelaar verbonde was voor die hof a quo nie. )
'n
Dag of wat ná hierdie telefoongesprek het respondent
se eggenoot
die BMW aan 'n verteenwoordiger van die
handelaar afgegee om hom in staat te
stel om dit aan
sy klant in Parys te wys. 'n paar dae daarna het
Jesseman
die respondent se eggenoot gebel en hom meegedeel dat die
BMW/........
6
BMW aan die handelaar se klant in Parys gewys is; dat die klant die
motor teen 'n prys van R24 000 wou
koop en dat hy reeds 'n deposito van R2
400 aan die
handelaar betaal het, wat die bedrag aan die
respondent
sou oorbetaal; dat die handelaar reëlings sou tref
dat
die balans van die koopprys deur 'n finansierings-
maatskappy aan respondent
betaal word; dat die handelaar
"would prepare my (d.w.s. respondent se) car
for
delivery to the customer and arrange for the necessary
documents to be
prepared by me and the finance company"
(aanhaling uit respondent se
beëdigde verklaring);
dat die finansieringsmaatskappy die balans van
die
koopprys ná voltooiing van die dokumente sou betaal
en dat die
handelaar daarna die BMW namens haar aan
die klant sou lewer.
In/......
7
In die loop van bogemelde gesprek het
Jesseman ook aan respondent se
eggenoot gesê dat respondent
hom van 'n brief moet voorsien wat
verklaar dat sy die
eienaar van die BMW is aangesien hy dit benodig vir
die
reelings wat met die finansieringsmaatskappy getref moes
word.
Respondent se eggenoot het toe ene Wium, be-
sturende direkteur van 'n
maatskappy; S.A.Farm Investments (Pty) Ltd, waarvan hy (respondent se eggenoot)
'n
direkteur was, gevra om die aodige brief te skryf.
Wium het toe die
volgende brief, gedateer 29 Maart 1983
en aan "J.D.Motors" gerig, op S.A.Farm
Investments
(Pty) Ltd se skryfpapier geskryf:
"We herewith confirm that the BMW 320,
registration FGG700T is the sole
property
of Mrs. J. D. Loudon, is fully paid for
and there are no
monies outstanding to
any person, company or institution in
regard
thereto."
Op/
8
Op 31 Maart 1983 het Jesseman die hande
laar se tjek vir R2 400 aan Maria Loudon, 'n werknemer
by S . A. Farm Investments ( Pty ) Ltd, oorhandig . Sy
het aan Jesseman 'n kwitansie, deur haarself onderteken,
vir ontvangs van die tjek gegee. Sy het ook die regi-
("registration certificate") ten
opsigte van die BMW aan hom oorhandig om die handelaar
in staat te stel om die nodige dokumente voor te berei
Maria Loudon het daarna verskeie male met Jesseman oor
die telefoon gepraat om te verneem waarom die aange-
leentheid so sloer, maar hy het telkens 'n ekskuus vir
die vertraging aangevoer. By 'n latere geleentheid,
nadat respondent en haar eggenoot vir 'n tydjie uít
Johannesburg afwesig was, het Jesseman respondent se
eggenoot/..........
9
eggenoot belowe "to finalise the matter on the
following
day." Toe die volgende dag niks gebeur het nie, het
respondent se eggenoot probeer om Jésseman in die handé
te kry. Hy kon Jesseman egter nie toe, of daarna, vind
nie, en dit het geblyk dat die handelaar ook opgehou
het om sake te doen. Respondent het toe haar prokureurs
geraadnleeg en die aangeleentheid laat ondersoek.
'n Ondersoek by die Johannesburgse Munisipali-
teit het getoon dat Jesseman eiendomsoordragvorms wat
voorgee dat respondent die BMW op 22 Desember 1982 aan
die handelaar oorgedra het, voltooi en by die Munisipali-
teit ingedien bet en dat die BMW ingevolge hierdie oor-
dragvorms in die naam van die handelaar geregistreer is
Respondent se handtekening is op die vorm waarop sy
die/...........
10
die motor sou oorgedra het, vervals. 'n Verdere onder-
soek by die Munisipaliteit van Bedfordview het aan die
lig gebring dat eiendomsoordragvorms wat voorgee dat die
BMVJ deur die handelaar aan appellant oorgedra is, by
die Munisipaliteit ingedien is; dat verkoopbelasting
ten opsigte van hierdie oordrag op 11 April 1983 deur
Independent Leasing betaal is, en dat die BMW ingevolge
hierdie oordragvorms en betaling van verkoopbelasting
in appellant se naam geregistreer is. Op die amptelike
verkoopbelastingverklaring word aangedui dat Independent
Leasing die BMW op 11 April 1983 aan appellant verkoop
het.
Appellant se antwoord op respondent se
beëdigde verKlaring, soos vervat in sy beantwoordende
beëdigde/.......
11
beëdigde verklaring, kan soos volg saamgevat word
Hy het op 8 of 9 April 1983 die DMW in die vertoonlokaal
van die handelaar gesien en het toe aan Jesseman
gesê dat hy dit wou koop. Omdat hy (appellant) self
'n handelaar in swaar handelsvoertuie is en weet dat
dit noodsaaklik is om vas te stel wie die eienaar van
'n voertuig is wanneer jy dit koop, het hy Jesseman gevra
om aan hom bewys te lewer dat hy die BMW met veiligheid
sou kon koop. Jesseman het toe aan hom die hierbo
aangehaalde brief van 29 Maart 1983, wat deur die
gemelde Wium geskryf is, getoon. Hierdie brief, sê
appellant, het hom laat glo dat hy die BMW kon koop
sonder om die gevaar te loop dat die eienaar daarvan
later die verteenwoordiger se volmag ("agent's authority")
sou/.......
12
sou kon betwis en, verder dat respondent "was in fact
in a position to sell the car to the dealer." Met
betrekking tot hierdie brief van 29 Maart 1983 sê
appellant verder dat dit klaarblyklik met respondent
se goedkeuring geskryf is en wel met die doel "to
constitute the dealer her agent to sell the car.
Appellant sê ook dat hy rnet Independent Leasing reëlings
getref" het om sy koop van die BMW te finansier en dat
ingevolge daardie reëling Independent Leasing die BMW
by die handelaar gekoop het en dit toe weer op huurkoop
aan hom (appellant) verkoop het. (Volgens die
skríftelike ooreenkoms wat tussen Independent Leasing
en appellant aangegaan is, behou Independent Leasing
sy eiendomsreg op die BMW voor totdat die volle koopprys
aan/........
13
aan hom betaal is.) Independent Leasing, sê appellant
het die handelaar R20 000 vir die BMW betaal, en die
handelaar het die motor
ten behoewe van Independent
Leasing aan appellant gelewer. As gevolg van
hierdie
verkoping en lewering van die BMW, sê appellant,
"owner-
ship in the vehicle passed and now exists in the
second
responoent" (d.w.s. Independent Leasing).
Met betrekking tot
respondent se bewerings
aangaande die magtiging wat sy aan die handelaar
ver-
leen het, sê appellant:
"I respectfully submit that on the
applicant's own version the dealer
was
authorised to sell the vehicle as she put
the dealer in a position to
sell and
transfer the vehicle to a purchaser and
that it was irrelevant
whether the purchaser
was/
14
was a person frorn Parys or anywhere else."
En ook:
"I respectfully submit that by accepting
the amount of R2 400-00 the
applicant
has confirmed the sarne and must have
agreed on the transfer of
ownership."
Hy sê verder in hierdie verband dat respondent moes
verwag het dat
daar 'n oordrag van registrasie t.o.v. die
BMW sou moes wees aangesien daar
geen ander rede kan
wees waarom sy haar registrasiesertifikaat in
die
hande van die handelaar sou gep.laas het nie.
In paragraaf 8 van sy beëdigde verklaring
sê appellant:
tf the dealer made it quite clear that
he was acting as agent for the person
named in the letter 'BJP3'
(d.w.s. die
hierbo/
15
hierbo aangehaalde brief van 29 Maart 1983.)
I also noticed
that the vehicle was registered
in the name of the dealer. I
respectfully
point out that it is not uncommon for a
dealer to purchase a
vehicle outright
from the previous owner, have the same
registered in the name of the dealer and
it
thereafter sell/to the ultimate purchaser.
The purpose of this is to avoid the
purchaser knowing what the dealer
has
paid for the car. In the present instance
I was however aware that the
applicant
was the seller because of' the contents of
'BJP3'" .
'n Ontleding van appellant se beantwoordende
verklaring toon dat hy sy reg
om in besit van die BMW
te bly, grond op die bewering dat hy die motor van
die
eienaar daarvan, nl. Independent Leasing, gekoop het
en dat
Independent Leasing dit deur middel van die
handelaar/.
16
handelaar aan hom gelewer het. Appellant beweer nie
dat hy self die motor by die handelaar in sy hoedanig-
heid van gemagtigde van respondent gekoop het en.dat
Independent Leasing se tussenkoms maar net 'n metode
was om geld te vind om die koopprys aan die handelaar
te betaal nie. Hy verwys na die ooreenkoms tussen die
handelaar en Independent Leasing as 'n onafhanklike,
selfstandige transaksie, en hy beweer dat Independent
Leasing eienaar van die motor geword het. 'n Ontleding
van sy beantwoordende verklaring toon, meen ek, dat hy
beweer dat Independent Leasing sy eiendomsreg op die
motor aan die handelaar, wat die eienaar daarvan was
toe hy (Independent Leasing) dit gekoop het, ontleen het
Hy sê in hierdïe verband dat die handelaar die motor
aan/........
17
aan Independent Leasing verkoop het; dat Independent
Leasing die koopprys aan die handelaar betaal het; dat
die handelaar die motor ten behoewe van Independent
Leasing aan hom (appellant) gelewer het, en dat inge-
volge hierdie verkoping en lewering eiendomsreg op die
motor op Independent Leasing oorgegaan het. Daar
is ook ander bewerings in die beantwoordende verklaring
wat daarop dui dat appellant die handelaar as die eie-
naar van die BMW beskou het. Hy sê naamlik op een
plek dat hy op grond van die brief van 2 9 Maart 1983
(hierbo aangehaal) geglo het dat respondent geregtig
was "to sell the car to the dealer", en op 'n ander plek
(paragraaf 8 van die verklaring, hierbo aangehaal) laat
hy blyk dat hy gemeen het dat dit 'n geval was waar 'n
handelaar/..........
18
handelaar 'n motor "outright from the previous owner"
gekoop het. (In die onderhawige geval sou respondent
die "previous owner" gewees het,) Hierdie mening
van appellant blyk versterk te gewees het deur die
feit dat hy gesien het dat die motor in appellant se
naam geregistreer was.
Dit behoef geen betoog dat die handelaar
op geen tydstip eienaar van die BMW was nie. Hy het
nooit die motor by respondent gekoop nie. Hy het die
raotor op bedrieglike wyse vir homself toegeeien en
dit toe aan Independent Leasing verkoop net asof hy eie-
naar daarvan was. Daar kan dus geen sprake daarvan
wees dat Independent Leasing eiendomsreg op die motor
van die handelaar verkry het nie.
Daar/.........
19
Daar is bewerings in appellant se beant-
woordende verklaring dat respondent aan die handelaar
magtiging verleen het om die BMW te verkoop en aan die
koper daarvan te oorhandig. Met hierdie bewerings
wil appellant skynbaar sê - dit word nêrens uitdruklik
gesê nie - dat die handelaar as sodanige gemagtigde
die BMW aan Independent Leasing verkoop en gelewer het
en daardeur die eiendomsreg op die motor van respondent
aan Independent Leasing oorgedra het. Appellant se
advokaat in hierdie hof het betoog dat eiendomsreg
op die motor op hierdie wyse van respondent op Independent
Leasing oorgegaan het.
Wat hierdie magtiging betref, word op een
plek in die beantwoordende verklaring gesê dat "the
dealer/.........
20
dealer was in fact the applicant's agent to sell the
car." Met hierdie bewering wil appellant skynbaar sê
dat die handelaar deur respondent gemagtig is om die
BMW aan enigiemand, wie hy ook al mag wees, te verkoop
en oor te dra. Op 'n ander plek word gesê dat die
handelaar deur respondent gemagtig is om die motor te
verkoop deurdat sy "put the dealer in a position to
sell and transfer the vehicle to a purchaser and that
it was irrelevant whether the purchaser was a person
from Parys of elsewhere." Met hierdie stelling word
skynbaar gesê dat indien die handelaar nie werklik
volmag gehad het om die motor aan enigiemand te'ver-
koop nie, respondent hom ín staat gestel het om teen-
oor/.........
21
oor derdes die indruk te skep dat hy sodanige volmag
gehad het en dat sy gevolglik aan sy handelinge ge-
bonde gehou moet word net asof sy werklik sodanige
volmag aan hom verleen het. Appellant se advokaat het
nie in hierdie hof betoog dat die handelaar inderdaad
volmag gehad het om die BMW aan Independent Leas'ing
te verkoop nie, en dit sou ook nie betoog kon wortl nie
Wat 'n handelaar se werklike volmag is, is 'n feitlike
vraag en die stukke toon dat die handelaar se werklike
volmag beperk was tot die sluit van 'n ooreenkoms met
iemand in Parys. Wat die kwessie van oënskynlike
volmag betref staan appellant in die eerste plek
voor die probleem dat dit Independent Leasing was wat
met/..........
22
met die handelaar 'n koopooreenkoms aangegaan het,
erï
nie hy (appellant) nie. Hieruit volg dat selfs indien
bevind sou kon word dat appellant onder die indruk
gebring is dat die handelaar volmag van nespondent
gehad het, dit hom nie sou kon baat nie: hy het nie
met die handelaar 'n ooreenkoms aangegaan nie, maar met
Independent Leasing. Daar is niks wat toon dat
Independent Leasing met die handelaar gekontrakteer
het op die grondslag, of in die geloof, dat die hande-
laar volmag van respondent gehad het nie. Wat die
suggestie van misleiding van appellant deur die
oënskynlike volmag van die handelaar betref, is daar
ook nog die verdere oorweging, reeds hierbo genoem ,
dat/.........
23
dat daar bewerings in appellant se beantwoordende verklaring
voorkom wat toon dat hy die handelaar as die eienaar van
die BMW, wat sy eiendomsreg daarop aan Independent
Leasing oorgedra het, beskou het, en nie as 'n gemagtigde
van respondent wat dit namens haar verkoop en oorgedra
het nie. Met betrekking tot die betoog dat eiendomsreg
op díe motor deur die optrede van díe handelaar van
respondent op Independent Leasing oorgegaan het, moet
bygevoeg word dat die handelaar nooit bedoel het om
namens respondent op te tree en namens haar haar eiendoms-
reg op die motor aan Independent Leasing oor te dra
nie. Hy het hom die motor toegeëien en het dit
verkoop en oorgedra asof dit sy eie was. Daar kan
m.i. dus nie gesê word dat respondent op grond van
magtiging/ .............
24
magtiging wat sy werklik of oënskynlik aan die handelaar
sou verleen het om haar motor te verkoop, belet word om
dit van appellant op te eis nie.
Met verwysing na die kwessie van volmag
sê die appellant verder in sy beantwoordende verklaring
dat indien respondent nie werklik volmag aan die hande-
laar gegee het nie, sy belet ("estopped") is om dit te
ontken. Die vereistes vir 'n beroep op estoppel is
welbekend en ek hoef nie daaroor uit te wei nie. 'n
Gerieflike samevatting van ons reg oor wanneer 'n eienaar
van 'n roerende saak op grond van estoppel belet kan
word om sy saak op te eis, is te vind in Oak1and Nominees
(Pfy) Ltd v. Gelria Mining & Investment Co (Pty) Ltd,
1976(1) S.A. 441(A) op bl. 452.
In/.........
25
In appellant se beantwoordende verklaring
is daar geen duidelike uiteensetting van die feite of
gronde waarop appellant hom vir sy verweer van estoppel
beroep nie , en ek kan daarin ook geen feite vind wat so
'n beroep regverdig nie. Enkele bewerings wat met 'n
verweer van estoppel verband hou, ,is reeds hierbo ge-
noem. Die eerste hiervan is die brief van 29 Maart
1983 waarin gesê word dat respondent die eienaar van
die BMW is. Hierdie brief, sê appellant, het hom daar-
van oortuig dat hy die motor kon koop sonder om die ge-
vaar të loop dat respondent later die handelaar se volmag
sou kon betwis , en ook dat respondent "was in fact in
a position to sell the car to the dealer." 'n Tweede
bewering is die algemene stelling, reeds tevore vermeld,
dat respondent "put the dealer in a position to sell and
transfer/
26
transfer the vehicle to a purchaser", en, in verband
daarmee, die bewering dab respondent die handelaar in
besit van die BMW
se
geplaas het
Die eerste vraag wat in verband met appellant
se verweer van estoppel ontstaan, is of hy hom hoege-
naamd daarop kan beroep as dit nie hy self was wat die
BMW by die handelaar gekoop het nie, maar wel Independent
Leasing. Daar is geen feite wat toon dat Independent
Leasing hom op estoppel sou kon beroep het nie, en in
dié omstandighede ontstaan daar die verdere vraag of
appellant hom daarop kan beroep as dit nie blyk dat
Independent Leasing dit sou kon gedoen het nie.
Appellant se advokaat het ons nie oor hierdie en dergelike
vrae wat sou kon ontstaan, toegespreek nie, maar ek meen
nie/.........
27
nie dat dit nodig is om daarop in te gaan nie. Al soú
'n mens aanvaar dat die feit dat dit Independent Leasing
was wat met die handelaar gekontrakteer het,en nie
appellant nie, appellant regtens nie sou verhinder om
'n verweer van estoppel teen respondent op te werp nie,
sou so 'n verweer nie kon slaag nie. Appellant steun
skynbaar op die brief van 29 Maart 1983 as 'n faktor
wat honi sou rnislei het, maar in der waarheid sê hy in
verband daarmee niks meer nie as dat dit hom daarvan
oortuig het dat respondent die eienaar van die BMW was
en dat daar dus nie gevaar bestaan het dat iemand
anders dit as sy eiendom sou kon opeis as hy (appellant)
dit sou koop nie. Verder kan kwalik gesê word dat
respondent in hierdie brief - al sou 'n mens veronderstel
dat/...........
28
dat appellant geregtig was om te dínk dat dit namens
respondent geskryf is - voorgee dat sy aan die hande-
laar volmag verleen het om die BMW namens haar te verkoop
Ook die feit dat die handelaar d.ie motor se registrasie-
sertifikaat in sy besit gehad het, hou nie in dat respondent
voorgegee het dat die handelaar die motor aan enigeen
kon verkoop en oordra nie. Dit kon met die oog op 'n
besondere transaksie aan hom gegee gewees het - soos
inderdaad gebeur het. Afgesien hierv'an toon die feite
van die saak na my mening dat appellant nie, soos deur
hom gesuggereer word, deur optrede van die kant van
respondent raislei is om die motor te koop nie, maar wel
dat, indien hy mislei is, dit weens die bedrieglike op-
trede van die handelaar geskied het. Die handelaar
het/.........
29
het, soos reeds gesê, eiendomsoordragvorms ten opsigte
van die motor op sy naam laat registreer, net asof hy
die eienaar daarvan was . Hy het die registrasiesertifi-
kaat, wat aangedui het dat die motor op sy naam ge-
registreer was, aan appellant getoon, en appellant het
onder die indruk gekom dat die handelaar die motor by
die "previous owner" gekoop het en die eienaar daarvan
geword het. Hierdie valse indruk, wat daartoe
het dat appellant ( soos hy sê) die motor by Independent
Leasing gekoop het in die geloof dat laasgenoemde die
eienaar daarvan was, is deur die bedrog van die hande-
laar veroorsaai, en nie deur optrede van die kant van
respondent nie.
Wat appellant se verweer van estoppel be-
tref/....
30
tref, kan ten slotte bygevoeg word dat in sy beantwoordende
verklaring niks oor die kwessie van nalatigheid van die
kant van respondent gese word nie. Daar is narnens
appellant betoog, met 'n beroep op die minderheidsuitspraak
in Johaadien v. Stanley Porter (Paarl) (Pty) L-td, 1970
geval
(1) S.A. 394(A), dat in 'n/soos die onderhawige nalatigheid
nie 'n vereiste vir die bestaan van estoppel is nie,
maar dat indien bevind sou word dat daar wel bewys van
nalatigheid moet wees, die stukke toon dat respondent
wel nalatig was. In die lig van wat in die paragraaf
hierbo gesê is, vind ek dit nie nodig om hierdie betoog
te bespreek nie
Appellant het hom in hierdie hof sowel as
in die hof a quo op 'n verdere verweer beroep wat nie
in/...........
31
in sy beantwoordende verklaring geopper word nie.
Daar is naamlik betoog, met 'n beroep op wat in Morurn
Bros. Ltd v. Nepgen, 1916 CPD 392 gesê is, dat daar in
ons reg 'n reël bestaan dat wanneer die eienaar van 'n
roerende saak dit aan 'n "agent for sale" of faktoor
vir die doel van verkoop toevertrou en die verkoops-
agent of faktoor die saak dan aan 'n bona fide koper
daarvan lewer, die eienaar nie sy saak van die koper
kan opeis nie tensy hy die koper vergoed vir die prys
wat hy vir die saak betaal het, al het die verkoopsagent
of faktoor die saak vir sy eie voordeel verkoop en die
koopprys in sy eie sak gesteek. By die toepassing van
hierdie reël, lui die betoog verder, word daar, anders
as in die geval van estoppel, nie vereis. dat daar na-
latigheid/...........
32
latigheid aan die kant van die eienaar moes gewees het
nie.
Indien hierdie reël op die feite van die onder-
hawige saak toegepas
word, is daar aangevoer, het
respondent nie 'n rei
vindicatio nie. (Wat die uit-
drukking "agent for sale"
betref, blyk dit dat diegene
wat in Latyn oor die onderwerp geskryf het,
gewoonlik
die woord institor gebruik het. In geskrifte
in
Nederlands kom die woord "makelaar" - soms ook "maakklaar"
geskryf -
meermale in hierdie verband voor. In Latynse
geskrifte word 'n faktoor
gewoonlik proxeneta genoem.
Die gebruik van hierdie woorde was egter,
soos dit my
voorkom, nie uniform nie. Kersteman, Aanhangsel,
s.v. reivindicatie, noem 'n faktoor ook institor.)
Dit ly geen twyfel dat daar in die sewen-
tiende eeu in Holland 'n
reël van bogemelde aard bestaan
33 33
het nie, maar ek sou huiwer om te sê dat daar vandag
volkome
duidelikheid oor die presiese inhoud en toepassing
van die reël bestaan.
Daar is ook die vraag of die
reel deel van ons reg in Suid-Afrika geword het,
of as
deel van ons reg erken moet word, gesien veral die be-
staan
van die leerstuk van estoppel soos in ons regspraak
erken, asook die
beginsels van ons verteenwoordigingsreg.
Die benadering van die hof a
quo, kan in hierdie verband
gesê word, was dat die reël nie
'n te wye uitwerking
toegelaat moet word nie; dat in elke geval bepaal
moet
word "whether, according to the principles of agency,
the
agent or factor had apparent or ostensible authority
to deal with the
property", en dat , uitgesonder die feit
dat dí e reël nie
bewys van nalatigheid aan die kant van
die eienaar vereis nie, dieselfde
beginsels as wat by
34
estoppel geld, toegepas moet word.
Daar is nog net twee beslissings
in ons regspraak
waarin die bogemelde reël breedvoerig bespreek is, nl.
Adams
v. Mocke , 23 S.C. 782 en Morum Bros. Ltd v.
Nepgen, supra.
Daar is kort verwysings na die reë.1 in 'n
paar meer onlangse
sake, nl. Ross v. Barnard, 1951(1) S.A. 414(T), op
bl. 418
E; Grosvenor Motors (Potchefstroom) Ltd v. Douglas,
1956(3)
S.A. 420 (A), op bl. 426 C-D; Electrolux (Pty) Ltd v.
Khota
and Another, 1961(4) 244(W), op bl. 246 G (die paar
woorde
wat tussen hakkies voorkom), en Blackwood Hodge South
Africa
(Pty) Ltd v. Elco Steel Dealers, 1978(3) S.A. 852 (T) op
bl. 856 G. Die volledigste bespreking van die reël in
ander
regspublikasies is, sover ek weet, te vind in bylae 2 van
band 2 van
die 2de uitgawe van Sir John Kotzé se ver-
taling van Van Leeuwen se
Rooms-Hollands-Regt (bls. 621-
626/
35
626). Kyk ook R.W. Lee An Introduction to Roman-Dutbh
Law, 5de uitg. (1953), Appendix E ("The Limits of the
Jus Vindicandi"); M.D. Blecher, "Negligence, Estoppel
and the Rei Vindicatio", 1977 S.A.L.J. 1; Amicus Curiae,
"The Vindicatory Action and Its Limitations", 1977
S.A.L.J. 256, en A.J. Kerr, "Estoppel and the Rei
Vindicatio: Brokers, Factors and Agents for Sale",
1977 S.A.L.J. 260
In Adams v. Mocke, supra, verwys De Villiers,
HR, na wat Groenewegen, Van Leeuwen, Voet en Van der
Keessel sê oor beperkings - waaronder die reël hier
ter sprake - wat daar op 'n eienaar van roerende sake
se jus vindicandi bestaan, en hy wys ook op 'n aantal
hofbeslissings/...........
36
hofbeslissings waar die reël ter sprake was. Soos
in
die uitspraak aangetoon word, beklemtoon Voet in 6.1.12
die wye
erkenning van die Romeinsregtelike rei vindicatio-
reël in die
reg van sy tyd, maar wys hy terselfdertyd
ook daarop dat in baie gebiede
claar ingevolge gewoonte-
regsreëls of plaaslike verordeninge beperkings
op die
rei vindicatio-reë1 erken is.
Voet sê hieroor
o.m.:
"Atque ita, cum institorum ac proxenetarum
maximus in mercatura usus sit
atque
utilitas, nec sine his satis recte procedat;
non mirum, id passim
fere servari , quod hi
res dominorum suae commxssas fidei distrahentes
aut
obligantes, dominis noceant, easdem non
nisi pretio reddito aut soluto
debito
recuperaturis.... Caeteroquin a jure
Romano haud esse hac in parte
deviandum
arbitrantur....".
Nadat/. ......
37
Nadat De Villiers, HR, gelet het op wat Voet en
die ander
gemelde skrywers oor die reël sê, en ook verwys het
na
sekere beslissings waar die reël ter sprake was, sê
hy die
volgende oor die beginsel wat ten grondslag van
die reël lê (bl.
787):
".... the underlying principle ... I have
found iá this, that it
would.be inequitable
that an owner, who has led others into the
reasonable
belief that the person to whom
he has entrusted his goods is entitled
to
dispose of them, should be allowed to re-
cover such goods from
a person who has
acquired them honestly and for value, unless
the owner
tenders to repay such value."
Wat die werking van die reël en die grond-
slag van sy erkenning
betref, is dit miskien nuttig om
op die volgende passasie in casus 9
van Loenius se
Decisien/...
38
Decisien en Observatien (uitg. Boel) te
wys (genoem op
bl. 786 van Adams v. Mocke):
"Werd binnen de Stad Arasteldam als een
Coustume geobserveert, dat wanneer
een
Kooprnan sijn goederen en koopmanschappen
steld in handen van sijn
Faktoor, om de
selve voor hem elders te transporteeren,
te verhandelen, te
verkoopen, of andersints
te beneficieeren, en de Factoor daar
in
maliverseert, de selve goederen van sijn
meester in proprios
usus inverteerende,
en sulx in effecte furtum
committeerende:
Dat de selve goederen, zynde gekomen in
handen van een
derde, die de selve by
titul van koop of anders verkregen heeft,
by of van
wegen den Koopman., van een derde,
die de selve also verkreegen heeft,
niet
mogen werden gevindiceert, gelyk als na
regten res furtivae:
Maar heeft den Koop-
man alleen personeele actie tegen
sijn
Faktoor.
De reden is, om dat hy die goederen
den Factoor heeft vertrouwt."
De Villiers, HR, wys verder daarop dat
Antonius Matthaeus in sy Paroemiae (no. 7, para. 7) sê
dat/
39
dat die reël in die belang van die handel (commerciorum
utilitas) ingevoer is, maar dat sulke reëls wat inbreuk
maak op 'n eienaar se reg om sy goed op te eis, baie
streng (strictissime) geïnterpreteer moet word.
Die hof het in Adams v. Mocke beslis dat
vánweë die feite van die saak die bogemelde reël nie
van toepassing was nie, maar dit blyk duidelik dat
indien die getuienis sou getoon het dat die persoon
van wie die verweerder die eiser se perd ingevolge 'n
ruiltransaksie verkry het 'n handelaar in perde was,
die hof die eiser sy rei vindicatio sou ontsê het,
tensy hy bereid sou gewees het om die verweerder te
vergoed vir wat hy vir die perd gegee het, (Kyk bl
788 ad fin. en bl. 789 van die hofverslag.)
In/..............
40
In Morum Bros . Ltd v. Nepgen, supra,
was
daar, net soos in Adams v. Mocke, 'n bespreking van
die
bogenoemde reël met verwysing na sekere skrywers en 'n
aantal
hofbeslissings waar die reël ter sprake was.
Juta, RP, sê in sy
uitspraak dat die reël behels het
dat "in the case of goods being
entrusted to an agent
for sale or a factor" 'n eienaar nie sy goed kon
opeis
nie "if the person to whom they were entrusted
improperly
alienated or pledged them" (bl. 397). Hy het egter
nie sy
beslissing op die toepaslikheid al dan nie van
die reël op die feite van
die saak wat voor die hof ge-
dien het, gegrond nie. Hy het, ná
sy bespreking van
die reël, voortgegaan om na 'n aantal sake wat op
grond
van estoppel beslis is, te verwys, en het toe bevind
dat die feit dat die eienaar sy perd toevertrou het
aan/...
41
aan iemand wat 'n perde-spekulant was maar wat terselfdertyd
ander soorte sake gedoen het, nie voldoende was om die
derde wat die perd by hom gekoop het onder die indruk
te bring dat hy "the true owner" van die perd was nie
(bl. 403) . Daar is gevolglik bevind, sonder dat daar
weer na die reel verwys is, dat die eienaar van die perd
nie op grond van estoppel belet was om sy perd op te
eis nie. Waarnemende regter De Villiers (later regter-
president in die Vrystaat) se uitspraak het net oor die
vraag van estoppel gegaan
In Ross v. Barnard, supra, en Grosvenor
Motors (Potchefstroom) Ltd v. Douglas, supra, is na die
bogemelde reël verwys asof dit deel van ons reg is, maar
die aangeleentheid is nie bespreek nie. In albei sake
is net na Morum Bros.Ltd v. Nepgen, supra, verwys. In
die/......
42
die Electrolux-saak, supra, is daar, soos reeds gesê , slegs in
enkele woorde na die reël verwys. Die saak is op grond van
estoppel beslis. In die Blackwood Hodge-saak, supra, is na
die reël verwys asof dit deel van ons reg is, maar die aange-
leentheid is nie bespreek nie en die hof se beslissing is daarop
gegrond dat 'n verweer van estoppel nie bewys is nie.
Ek vind dit nie nodig om te beslis oor die vraag of, of
tot welke hoogte, die bogemelde reël deel van ons reg is of wat
die presiese inhoud daarvan is nie, aangesien ek daarvan oortuig
is, soos hieronder sal blyk, dat die reel soos in Adams v. Mocke
en Morum Bros . Ltd v. Nepgen genoem, waarop appellant hom beroep,
nie in die onderhawige geval toegepas kan word nie en respondent
dus nie belet om die BMW op te eis nie. Ek sal ten gunste van
appellant aanvaar dat die handelaar in hierdie saak as 'n "agent
bedoel)
for sale" (soos in die pas gemelde twee sake/beskou kan word.
Daar/........
43
Daar is tereg nie betoog dat hy as 'n faktoor aangesien
kan word nie. Ek sal ook aanvaar, sonder om oor die
vraag te beslis, dat die handelaar respondent se "agent
for sale" geword het op die oomblik toe sy haar motor
aan die handelaar toevertrou het, al sou dit ook wees
dat die, handelaar besit van die motor op valse voorwend-
sels verkry het en nooit bedoel het om namens respondent
op te tree nie, of dat, indien hy dit nie aan-
vanklik so verkry het nie, hy hom die motor in ieder
geval toegeeien het voordat appellant dit die eerste
maal te sien gekry het. Die recles waarom ek meen dat
appellant nie op clie reël kan steun nie, word hieronder
genoem
Die reel plaas 'n beperking op 'n eienaar
se/..........
44
se rei vindicatio waar hy sy saak aan 'n institor toe-
vertrou en die institor dan die saak aan 'n bona fide
derde verkoop en lewer. Die bona fide derde se besit
is teen die eis van die eienaar van die saak beskerm.
In die onderhawige saak het appellant nie respondent
se motor by die persoon aan wie sy dit toevertrou het,
gekoop nie. Dit was Independent Leasing wat die motor
by die handelaar gekoop het, en appellant het dit weer
by Independent Leasing gekoop. (Soos reeds hierbo
gesë is, is dit nie appeliant se saak dat Independent
Leasing se rol sodanig was dat hy (appellant) gesien
moet word as die persoon wat die motor by die handelaar
gekoop het nie.) Daar is niks bekend wat 'n bevinding
sou kon regverdig dat Independent Leasing as 'n bona fide
koper/...
45
koper beskou moet word nie, en appellant sal derhalwe
ook nie kan se dat sy besit van die motor beskerm moet
word omdat hy dit aan 'n bona fide koper en besitter
ontleen nie.
Daar is nog 'n verdere oorweging. Selfs
indien appellant as die persoon wat die motor by die
handelaar gekoop het, beskou sou kon word, het 'n mens
die posisie dat hy sê dat hy 'n brief,gedateer 29 Maart
1983, gesien het waarin verklaar wor.d dat respondent
die eienaar van die motor is en dat hy derhalwe geweet
het dat sy "the seller" was, maar dat hy ook te kenne
gee dat hy die handelaar, in wie se naam die motor
geregistreer was, as eienaar van die motor, wat toe sy
eiendomsreg daarop aán Independent Leasing oorgedra het
aangesien/........
46
aangesien het. In hierdie omstandighede kan appellant
kwalik beweer dat hy beskou moet word as iemand wat
die motor gekoop het omdat hy mislei is deur die feit
dat respondent die handelaar in besit daarvan gestel
het. In die omstandighede kan na my mening nie gese
word dat dit onbillik sou wees om appellant te gelas
om die motor aan respondent af te gee nie. (Kyk die
hierbo aangehaalde passasie in Adams v. Mocke oor die
beginsel wat ten grondslag van die reël lê. )
Die appèl word met koste afgewys.
P J RABIE
HOOFREGTER
KOTZé, AR.
JOUBERT, AR.
Stem saam.
BOTHA, AR.
GROSSKOPF, AR.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1985/47.html