![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saak nommer 90/83
E du P.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PLAASLIKE BOEREDIENSTE (EIENDOMS) BEPERK
Appellant
en
CHEMFOS BEPERK Respondent.
Coram: RABIE,
HR, MILLER, HOEXTER, BOTHA, et
VAN HEERDEN,
ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
9 September 1985. 28
November 1985.
UITSPRAAK
RABIE, HR:
Appellant/
2.
Appellant en respondent het op 24 Februarie
1974 'n
skriftelike ooreenkoms met mekaar aangegaan waar-
volgens appellant, teen
vergoeding soos in die ooreen-
koms bepaal, kunsmisstowwe wat deur respondent
vervaardig
word, sou vervoer, opberg en op boere se landerye sou
strooi.
Die ooreenkoms is tot 1 November 1972 terugwerkend
gemaak en sou op 31
Oktober 1977 verstryk, maar appellant
kon dit vir 'n verdere tydperk van 5
jaar hernu. Volgens
die ooreenkoms sou geskille wat tussen die partye
ont-
staan by wyse van arbitrasie ingevolge die bepalings van
die Wet op
Arbitrasie, 1965 (Wet no. 42 van 1965) besleg
word. Appellant het die
ooreenkoms hernu toe dit
verstryk het. Teen die einde van November 1977
het
appellant/
3
appellant beweer dat respondent die ooreenkoms
verbreek
het en dat hy (appellant) as gevolg daarvan skade gely
het. Die
geskil is na arbitrasie verwys, en op die dag
waarop die verrigtinge voor die
arbiter sou begin (16
Julie 1979), het respondent toegegee dat hy die
ooreen-
koms verbreek het en dat appellant op die betaling
van
skadevergoeding geregtig was. Die partye het toe met
mekaar
ooreengekom dat twee rekenmeesters (die een deur
appellant aangewys te
word,en die ander deur respondent)
as skeidsregters ("referees") sou optree
om die bedrag van
die skadevergoeding te bepaal en, verder, dat
indien
respondent sou versuim om die bedrag van hulle toekenning
binne 14
dae ná die datum daarvan te betaal, appellant
die toekenning 'n bevel
van die hof kon laat maak. Die
skeidsregters/
4
skeidsregters het op 7 Desember 1979 'n toekenning van
Rl 542 500-00
gemaak en verklaar dat die toekenning ge-
skied het op die grondslag dat die bedrag "constitutes
taxable income in the hands of Plaaslike Boeredienste
(Eiendoms) Beperk". Appellant het op 15 Januarie 1980
in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling aansoek gedoen
om 'n bevel dat die toekenning 'n bevel
van die hof gemaak
word. Respondent het die aansoek teengestaan en
beweer
dat hy, op gronde wat later in die uitspraak sal blyk,
geregtig was
om die bogemelde ooreenkoms van 24 Februarie
1974, asook die verwysing van die geskil na arbitrasie
en die toekenning
van die skeidsregters, te verwerp.
Vanweë die feitegeskille wat uit die
stukke voor die hof
geblyk het, is die saak na verhoor verwys. Appellant
se/
5
se aansoek sou as dagvaarding bly staan en die verhoor
is by
ooreenkoms na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
oorgeplaas.
In sy
deklarasie het appellant die hof gevra
om die skeidsregters se toekenning 'n
bevel van die hof
te maak en om respondent te gelas om die
toegekende
bedrag (Rl 542 500) aan hom te betaal. Respondent het
in sy
pleit twee verwere geopper, maar die hof is by die
verhoor deur albei partye
gevra om vir eers net oor een
daarvan te beslis. Dié verweer, waarvan
díe besonder-
hede hieronder weergegee word, is ook die enigste
verweer
wat by hierdie appél ter sake is. In 'n teeneis
het
respondent, op gronde wat hierha sal blyk, skadevergoeding
ten/
6
ten bedrae van R117 072-00 (welke bedrag later tot RllO 870-0C
verminder
is) van appellant geëis, asook 'n bevel wat die
ooreenkoms van 24
Februarie 1974 en die toekenning van
die skeidsregters nietig verklaar. Die
verhoorregter
(McEwan, R.) het appellant se eis met koste afgewys en
respondent se
teeneis met koste toegestaan. Appellant
appelleer nou, met die toestemming
van die verhoorhof,
teen die geheel van hierdie bevele.
Respondent se verweer teen appellant se eis
word soos volg in paragraaf 2 van sy pleit uiteengesit:
"2. Ad paragraphs 3,4,5 & 6
(a) (i) In or about 1970 defendant was
a subsidiary company of
the
holding company AMCOR LIMITED
("AMCOR").
(ii) A company known as
SENTRAMARK
LIMITED ("SENTRAMARK") was a
subsidiary of AMCOR in or
during
1970 and up to 1975.
7
(b) The administrative, secretarial
and commercial services for
companies in the AMCOR group
were provided by another sub-
sidiary company called AMCOR
MANAGEMENT SERVICES (PROPRIETARY)
LIMITED ('SERVICES').(c) In or about 1975 AMCOR and SOUTH
AFRICAN MANGANESE LIMITED were
merged to form SA MANGANESE
AMCOR LIMITED ('SAMANCOR') the
holding company of what became
and is known as the SAMANCOR
group of companies and the
defendant became and is a sub-
sidiary thereof.(d) (i) At all times material hereto,
one THOMAS MOODIE was em-
ployed in the AMCOR GROUP
(and in particular by
SERVICES after it was in-
corporated on 15 September
1970) as Divisional Marketing
Manager of Phosphate Products
from 1st November 1969 until
31st March 1975.
(ii)/
8
(ii) The said Moodie's duties were
for and on behalf of AMCOR or
its
subsidiary companies to
procure the sale and distribution
of phosphate
products manufactured,
acquired and/or produced by the
said AMCOR or its
subsidiary
companies.
(e) In or about August 1970 and at a time
when to his knowledge the said
Moodie
was employed as aforesaid, one Jacob
Hendrik Beyers commenced and
concluded
negotiations with the said Moodie acting
in his capacity
aforesaid in order for
Beyers to obtain for himself and/or a
company to be
formed by him, a contract
for reward for the spreading of phosphate
products for AMCOR and/or its
subsidiary
companies.
(f) In or about 1971 the plaintiff was regis-
tered with limited liability
in accordance
with the company laws of the Republic of
South Africa, the
said Beyers, being the
sole or controlling beneficial shareholder
and
managing director thereof. One of
the objects of the plaintiff was
and
continued to be the spreading of phosphate
pursuant/
9
pursuant to the negotiations commenced
and conducted with the said Moodie
acting
as aforesaid.
(g) (i) From or about November 1972 the
plaintiff,
on an informal basis and
at the instance of the said Moodie,
still
employed as aforesaid, spread
fertilisers for reward for and on
behalf of
AMCOR and/or its subsidiary
company SENTRAMARK.
(ii) The said Moodie was
during the period
8 January 1971 to April/May 1975 a
director of
SENTRAMARK.
(h) In or about 1972 and August 1973, whilst
the said Moodie
was still employed as
aforesaid, the said Beyers, with the
object of
inducing Moodie to persuade the
AMCOR group and/or one of its
subsidiaries
to enter into a formal contract for
spreading fertilisers for
a period of
time with the plaintiff, agreed with. Moodie
to grant him an
option to acquire within
a period of three years from 1 October 1972,
25%
of the shares in the plaintiff
together with 50% of the voting rights
in
the plaintiff. A copy of the said
contract/
10
contract is annexed hereto marked 'AA'.
(i) The granting of the said
option was a
bribe to the said Moodie to exercise his
influence as aforesaid and was accepted
by Moodie secretly and without the knowledge
of SERVICES, the AMCOR group and/or
its subsidiaries, including the defendant
and SENTRAMARK.
(j) The said contract, Annexure 'AA' was
dated 3 August 1973 but the option was
granted for a period of three
years
from 1 October 1972.
(k) The said Moodie became a director of the
defendant on or about 11
October 1972 and
remained a director of the defendant
until 22 November
1973, and did not disclose
to the defendant and/or AMCOR group or
any of
its subsidiaries including SENTRA-
MARK the existence of the
contract
Annexure 'AA'.
(1) Moreover pursuant to the aforesaid contract
Annexure 'AA' and in
particular paragraph
4 thereof, the plaintiff caused the life
of the said
Moodie to be insured on the
1st November 1972 with itself as bene-
ficiary
for a sum of R100 000-00. The
benefits/
11
benefits under the said policy were
cedable at the instance of the
plaintiff.
A copý of the said policy is attached
hereto marked
'BB'.
(m) The said option and policy were of
considerable value to the said Moodie
who on or about the 2nd November
1973,
sold the option back to the said Beyers
for R100 000-00 which was
paid and re-
ceived by the said Moodie as follows:
R20 000-00 in or about
November 1973
R20 000-00 in or about 30 January 1974
R50 000-00 in or
about 1 April 1974
R 5 000-00 in or about 24 October 1974
R 5 000-00 in or
about 21 November 1974.
The defendant is unaware who paid the
first three
amounts but states that the
last two amounts of R5 000-00 each were
paid
by the plaintiff to the said Moodie.
(n) The said Moodie did in fact, pursuant
to the bribe referred to above,
use
his influence to bring about the agreement
which was entered into
between the plaintif
and the defendant and which is annexed
to the
Plaintiff's Further Particulars
as Annexure 'C'.
(o)/
12
(o) The defendant, SERVICES, AMCOR and SA-
MANCOR were unaware of the
bribe or any
of the matters set out above until the
end of 1979 and the
beginning of 1980.
(p) In or about November 1977 the defendant
cancelled the said agreement
Annexure
'C' on grounds which were not valid and
conceded this point at
arbitration
proceedings which had been instituted
by the plaintiff for
which damages were
claimed against the defendant for breach
of this
contract.
(q) In the belief that the said contract
Annexure 'C' was binding on the defendant
the defendant entered into the
agreement,
Annexure 'A' to the declaration, and
agreed to submit the
question of damages
to the referees who purported to make a
determination
pursuant to the said
agreement.
(r) Had the defendant been aware of
the
fraudulent conduct of the said Moodie
and/or the plaintiff referred to
above,
the defendant would never have entered
into the agreement Annexure
'C' but
would have cancelled same as it was
entitled to do and the matter
would not
have/
13
have been referred to arbitration as
the defendant
would/nave consented thereto.
(s) In the premises the defendant has
cancelled
the contract, Annexure 'C', and as such
the agreement entered on
the 16th July
1979, Annexure 'A', and the purported
determination are of
no force and effect."
In antwoord op 'n versoek om nadere besonderhede
betreffende die hierbo/aangehaalde paragraaf 2(n) van sy
pleit, het respondent beweer:
"Moodie being an employee of Services and a
director of Defendant and
Sentramark as well
as the Divisional Marketing Manager of
phosphate
products abused his position of trust and it
was his influence
upon the Defendant which
resulted in the agreement being entered
into
between the Plaintiff and the Defendant."
Die opsie waarna daar in paragraaf 2(h) van
respondent se pleit verwys
word, is beliggaam in 'n oor-
eenkoms wat op 3 Augustus 1973 deur Beyers en
Moodie onder-
teken/
14
teken is. (Beyers word in paragraaf 2(e) van die
pleit
genoem. Hy was die enigste aandeelhouer in appellant-
maatskappy en
ook die enigste direkteur daarvan. Moodie
word in paragraaf 2(d)(i) van die
pleit genoem.) Die
ooreenkoms bepaal dat Beyers aan Moodie 'n opsie
verleen
om binne 3 jaar vanaf 10 Oktober 1972 25% van die uitge-
reikte
aandelekapitaal in appellant teen pari (Rl per aan-
deel) te verkry. (Die
gemagtigde aandelekapitaal van
appellant-maatskappy was 4 000 aandele van Rl
elk, maar
ten tyde van die ooreenkoms was daar nog net 2
aandele
uitgereik.) Indien Moodie sou sterf voordat hy die
opsie
uitgeoefen het, sou sy dood as 'n uitoefening van die opsie
beskou
word, maar sy boedel sou dan verplig wees om die
aandele/
15
aandele wat hy bekom het aan Beyers oor te maak.
Volgens
die ooreenkoms sou Beyers en Moodie dieselfde stemkrag in
die
maatskappy hê, al sou Beyers ook drie maal soveel aan-
dele as Moodie
hê. ("It is intended", word daar in die
ooreenkoms gesê, "that on
a poll each party shall have
the same number of votes.") Beyers en Moodie sou
ook
albei geregtig wees om direkteur van appellant te wees.
In hierdie
verband word o.m. ook bepaal: "In the event
that the said Moodie is not
employed by the Company (d.w.s.
appellant) at the time that he exercises this
option, it
shall not be necessary for him to hold the appointment
of
Director personally, but he shall be entitled to appoint
a nominee in
his place and stead." (Die belangrikheid van
hierdie bepaling sal later
blyk.) Nòg Beyers nòg Moodie
sou/
16
sou sy regte ingevolge die ooreenkoms aan enigiemand
anders
kon sedeer. In die ooreenkoms word ook verklaar dat
Beyers se lewe vir 'n tydperk van 15 jaar vir R20O 000
deur appellant -
die begunstigde onder die polis - verseker
is, en Moodie se lewe vir 'n dergelike tydperk vir R100 000.
Die
ooreenkoms bepaal dat indien enige van die partye sy
aandele in appellant van
die hand sou sit, hy geregtig
sou wees om appellant se regte ten opsigte van
die polis
oor te neem sonder om enige vergoeding aan appellant
te betaal,
en sonder dat appellant enige bedrag aan hom
sou hoef te betaal. Die
aanvangsdatum van die polis was
1 November 1972.
Appellant het nie 'n repliek op respondent se
pleit ingedien nie, maar het in 'n pleit op respondent se
teeneis/
17
teeneis op respondent se pleit geantwoord. Besonderhede
van die
teeneis word later in die uitspraak gegee.
Appellant het die bewerings in
paragraaf 2(a)-(d)
van respondent se pleit (hierbo aangehaal) ontken, maar
dié
bewerings is by die verhoor bewys sonder dat appellant
dit
probeer weerlê het. In antwoord op die bewerings in
paragraaf
2(e) van respondent se pleit aangaande die
onderhandelinge wat sedert
Augustus 1970 tussen Beyers en
Moodie gevoer is met die oog daarop om vir
Beyers en/of
'n maatskappy wat deur hom gestig sou word 'n kontrak vir
die
verspreiding van Amcor en/of sy filiale (in paragraaf
2(a)-(d) van respondent
se pleit vermeld) se fosfaat-
produkte te verkry, het appellant soos volg
geantwoord:
"Ad sub-paragraaf (e)
(i)
18
(i) Die eiser verklaar dat, in die tydperk
1970 tot 1974, Jacob Hendrik Beyers
(wat ná inlywing van die eiser namens
die eiser opgetree het) onderhandelings
gevoer het met verskeie persone, in-
sluitende Moodie, welke persone as
verteenwoordigers vir een of meer maat-
skappye in die AMCOR groep van maat-
skappye opgetree het, en dat hierdie on-
derhandelings finaal volvoer is deur die
sluiting van 'n skriftelike ooreenkoms
in Februarie 1974
(ii) Behalwe soos voormeld, ontken die eiser
die bewerings in hierdie sub-paragraaf
gemaak."
In nadere besonderhede het appellant
beweer dat in die
onderhandelinge "mnre Moodie, Marshall, De Waal,
Rossouw,
De Kock en personeellede van gemelde groep se
bemarkings-
afdeling wie se name Eiser tans nie in staat is om te ver-
skaf nie" namens "die Amcor-groep maatskappye" opgetree
het.
Appellant/
19
Appellant het erken dat Beyers die gemelde opsie
aan Moodie
gegee het, maar het ontken dat dit enigsins
omkopery was. Appellant het ook
ontken dat Moodie vanweë
die beweerde omkopery sy invloed by respondent
gebruik het
om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 aan te gaan, as-
ook
dat beïnvloeding deur Moodie daartoe gelei het dat
respondent die
gemelde ooreenkoms aangegaan het. Ek
haal appellant se antwoord op paragraaf
2(h) van respondent
se pleit met betrekking tot die gee van die opsie
aan:
"Ad sub-paragraaf (h):
(i) In 1970 het die vermelde Beyers en
Moodie ooreengekom dat eersgenoemde vir
laasgenoemde 'n opsie sou gee om 'n kwart
van die aandele in 'n deur Beyers te
stigte maatskappy (wat in die somer-
reënstreek sake sou doen) te bekom,
en hierdie ooreenkoms is in Augustus 1973,
met/....
20
met wysigings en byvoegings, op skrif
gestel, en vorm aanhangsel AA tot
die
verweerder se verweerskrif.
(ii) Behalwe soos voormeld, ontken die
eiser
die bewerings in hierdie sub-paragraaf
gemaak."
Appellant het die bewering in paragraaf 2(o)
van respondent se pleit dat
respondent eers teen die einde
van 1979 of aan die begín van 1980 van
die opsie gehoor
het, ontken, asook die bewering in paragraaf 2(r) van
die
pleit dat respondent nie die ooreenkoms van 24 Februarie
1974 sou
aangegaan het as hy van die "fraudulent conduct"
van Moodie en/of appellant
bewus was nie.
Die bewering in paragraaf 2(m) van die pleit
dat Moodie op
2 November 1973 "sold the option back to the
said Beyers for R100 000", is
deur appellant erken.
Appellant/
21
Appellant het ook erken dat die bedrag van R100 000
aan
Moodie betaal is soos deur respondent beweer, behalwe dat
hy sê
dat die eerste bedrag van R20 000 in of ongeveer
Januarie 1974 "by wyse van
kwytskelding en deels by wyse
van betaling" vereffen is. Respondent se
bewerings in
paragraaf 2(1) van sy pleit betreffende die polis
wat
appellant op die lewe van Moodie en Beyers uitgeneem het,
is ook deur
appellant erken.
Ek kom nou by respondent se teeneis. Dit be-
staan uit
drie paragrawe. In die eerste daarvan herhaal
respondent die bewerings in sy
bogemelde pleit, en in die
besonder dié in sub-paragrawe (p), (q),
(r), (s) en (t)
van paragraaf 2 daarvan. Sub-paragrawe (p), (q), (r) en (s)
is
hierbo/.
22
hierbo aangehaal. Sub-paragraaf (t) het betrekking op die
ver-
weer wat nie by hierdie appêl ter sake is nie. Die tweede
en
derde paragraaf van die teeneis lui soos volg:
"2. As a result of the said arbitration
proceedings on or about 16 July 1979
and the reference to the umpire and
referees for the determination of the
amount allegedly due to the plaintiff,
the defendant incurred legal and other
professional expenses in an amount of
R117 072-00.
3. The said amount was incurred as a result
of the aforesaid unlawful conduct of
the plaintiff and in the premises the
defendant has sustained damages in that
amount, which the plaintiff is liable
to pay to the defendant."
Appellant se pleit op paragraaf 1 van
respondent
se teeneis is eintlik 'n repliek op respondent se pleit
op
appellant se deklarasie. Die inhoud daarvan is, vir sover
ter/
23
ter sake, hierbo weergegee toe ek aangedui het wat
appellant
se antwoord op dié bewerings in respondent se pleit
was.
Appellant se pleit op paragrawe 2 en 3 van die teeneis
lui soos
volg:
"2. Ad paragraaf 2 van Teeneis:
Die eiser dra geen kennis van die bedrag
onkostes deur die verweerder
aangegaan nie,
en ontken derhalwe dat die verweerder
R117 072 of enige
bedrag onkostes aange-
gaan het.
3. Ad paragraaf 3 van Teeneis:
Die eiser ontken ieder en elke bewering
in hierdie paragraaf gemaak, asof spesifiek
weerlê."
Wat respondent se verweer betref, het die
verhoorregter bevind dat die gee
van die opsie omkopery
was deurdat Beyers dit, sonder die medewete van
respondent,
aan Moodie, 'n beampte en direkteur van respondent, gegee
het/
24
gegee het om hom te oorreed om respondent te
beïnvloed
om die ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974 gesluit is,
met
appellant aan te gaan. Hy het verder bevind dat
respondent op grond van
hierdie handeling van Beyers ge-
regtig was om die ooreenkoms van 24
Februarie 1974, asook
diearbitrasie-verrigtinge en die toekenning van
die
skeidsregters wat daaruit voortgevloei het, te verwerp,
en dat dit nie
vir respondent nodig was om te bewys dat
Moodie wel vir respondent
beïnvloed het om die ooreenkoms
met appellant te sluit nie. Die geleerde
regter het egter
ook beslis dat selfs indien dit vir respondent nodig
was
om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed is om die ooreen-
koms
aan te gaan, hy dit wel bewys het.
Mnr/
25
Mnr Mostert, wat sowel in hierdie hof as in die
hof
a quo namens appellant verskyn het, het in sy betoog
voor ons aanvaar
dat respondent by bewys van al die bewerings
in sy pleit geregtig sou wees om
die ooreenkoms van 24
Februarie 1974, asook die arbitrasie-verrigtinge en
die
skeidsregters se toekenning, te verwerp. Hy het egter
betoog dat die
verhoorhof verkeerdelik bevind het dat
respondent al die bewerings in sy
pleit bewys het.
Ek is van mening dat mnr Mostert tereg aanvaar
het
dat respondent, by bewys van die feitlike bewerings in sy
pleit,
geregtig sou wees om die ooreenkoms van 24 Februarie
1974, tesame met die
arbitrasie-verrigtinge en die skeids-
regters se toekenning, te repudieer.
Die vraag van die
regsgrondslag waarop die verweer gehandhaaf behoort te
word,
sal/
26
sal ek later in die uitspraak bespreek, nadat ek eers
mnr
Mostert se betoog aangaande die feite van die saak en
die verhoorhof
se bevindings in verband daarmee behandel
het. Hierdie betoog is onder die
volgende hoofde gelewer:
(A) Die verhoorhof het verkeerdelik bevind dat die
gee
van die opsie deur Beyers aan Moodie 'n omkoopgeskenk
("bribe") was,
in die sin dat Beyers beoog het om Moodie
om te koop; (B) Die gee van die
opsie kan nie as om-
kopery beskou word nie aangesien respondent van die
bestaan
van die opsie bewus was; (C) Die gee van die opsie kan nie
as
omkopery gesien word nie aangesien Beyers geglo het
dat Moodie vir Amcor (en
dus ook respondent) daarvan ver-
tel het; en (D) Selfs indien die gee van die
opsie om-
kopery was, is daar nie bewys dat Moodie respondent
beïnvloed/
27
beïnvloed het en dat hierdie beïnvloeding tot die
totstand-
koming van die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 aanleiding
gegee
het nie. Ek sal die betoog met verwysing na
hierdie hoofde bespreek.
Ad (A_): Die betoog dat die verhoorhof verkeerdelik
bevind het
dat die gee van die opsie 'n
omkoopgeskenk was, in die sin dat
Beyers
beoog het om Moodie om te koop.
Mnr Mostert het dit beklemtoon dat, om die ware aard en
doel van
die opsie van 3 Augustus 1973 te verstaan,
'n mens nie net na die betrokke
dokument en die
omstandighede wat daar geheers het toe dit opgestel
is,moet kyk nie. Hierdie opsie,
lui/
28
lui die betoog, is wesenlik dieselfde as 'n
mondelinge
opsie wat Beyers in 1970 aan Moodie gegee het, en 'n mens
moet
kyk na die omstandighede waarin, en die rede waarom,
daardie vroeë opsie
gegee is om die opsie van 3 Augustus
1973 in die regte perspektief te sien.
Die relevante
feite en omstandighede, sê mnr Mostert, kom op die
volgende
neer. Moodie het Beyers in 1970 opgesoek. Amcor het in
daardie
tyd moeilikheid met die bemarking van sy kunsmis-
produkte ondervind en
Moodie het gemeen dat die probleem
opgelos sou kon word indien die produkte
beter versprei
word, Amcor kon nie die nodige verspreiding self doen
nie.
Beyers het in daardie tyd landboukalk in Wes-Kaapland
versprei, en Moodie het
gemeen dat Beyers die enigste
persoon was wat die nodige verspreidingsdiens
vir Amcor
kon/....
29
kon lewer. Moodie (wat, volgens sy getuienis, in
daardie
tyd daaraan gedink het om Amcor se diens te verlaat) en
Beyers het
toe, na verskeie samesprekings, besluit om saam
sake te doen. Beyers sou vir
daardie doel 'n maatskappy
stig waarby albei van hulle betrokke sou wees.
Beyers
sou aan Moodie 'n 25%-belang in die maatskappy gee en
Moodie sou,
ten spyte van sy mindere aandeelhouding,
gelyke stemreg met Beyers hê.
Dit was, aldus mnr Mostert,
'n heel onskuldige transaksie. Moodie sou
niks vir die
verkryging van die belang in die maatskappy hoef te
betaal
het nie, maar daar het niks sinisters in dié feit
geskuil
nie: daar was in daardie stadium immers weinig waarvoor
geld gevra
kon word. Daar was in daardie tyd, betoog
mnr Mostert, geen rede waarom
Beyers vir Moodie sou wou
30
omgekoop het nie, want, soos Beyers getuig
het, Amcor was
oor hom "verlee" en nie hy oor Amcor nie. Die rede waar-
om
hy die opsie aan Moodie gegee het, sê Beyers, was dat
Moodie "by die
maatskappy op 'n voltydse basis sou aansluit".
Moodie sou, volgens Beyers,
"'n direkteur wees sowel as 'n
aandeelhouer." Die mondelinge opsie is (aldus
Beyers)
in ongeveer November 1971 op skrif gestel. (Die betrokke
dokument
het, volgens sowel Moodie as Beyers, verlore ge-
raak. ) Die plan om 'n
maatskappy te stig, soos hierbo
genoem, is nie uitgevoer nie. Appellant
(vroeër 'n dormante
maatskappy met 'n ander naam as wat dit tans het)
het die
nodige verspreidingsdiens gelewer en met verloop van tyd
het die
omvang van die sake wat hy en Amcor (eintlik
Sentramark,'n filiaal van Amcor)
met mekaar gedoen het,
aansienlik/....
31
aansienlik toegeneem. Toe die opsie van 3 Augustus 1973
verleen is, was
dit, volgens Beyers, eintlik maar net 'n
"bevestiging" van die vroeëre opsie. Hierdie opsie van
1973 is, volgens Beyers, met dieselfde doel gegee as die
vroeëre
opsie. Die doel was, sê hy, dat "Moodie sou
aansluit by die
maatskappy."
In die lig van die bogemelde omstandighede,
betoog mnr Mostert, kan
die gee van die opsie hoogstens as
'n poging tot sg. "executive poaching"
beskou word, d.w.s.
'n daad wat daarop gerig was om Moodie te oorreed om
Amcor
se diens te verlaat en hom heeltyds by Beyers se maatskappy
(appellant) aan te sluit.
Hierdie betoog kan nie aanvaar word nie.
Appellant/
32
Appellant en Sentramark het ná 1970 steeds groter
sake
met mekaar gedoen, en teen die tyd toe die opsie in
Augustus 1973
gegee is, was die omvang daarvan aansienlik.'
Die sake wat appellant met
Sentramark gedoen het, het,
volgens Beyers se eie getuiehis, naderhand ruim
90%, en
selfs meer, van appellant se besigheidsaktiwiteite uitge-
maak. In
hierdie omstandighede is dit hoogs waarskynlik
dat die voortsetting van sy
besigheid met Sentramark en
die verkryging van 'n kontrak wat oor 'n aantal
jare sou
strek, belangrike oorwegings by appellant sou gewees het.
Moodie
was in staat om appellant te help om so 'n kontrak
te verkry, en Beyers se
getuienis dat die gee van die opsie,
wat in daardie tyd 'n waardevolle reg
was, en die kans om
so/
33
so 'n kontrak te verkry niks met mekaar te doen gehad het
nie, is so
onwaarskynlik dat dit geensins aanvaarbaar is
nie.
Beyers het by herhaling
gesê dat die enigste
doel van die opsie was dat Moodie hom heeltyds by
appellant
sou aansluit. Daar is egter getuienis waaruit na my
mening
duidelik blyk dat dit nie inderdaad Beyers se oog-
merk met die opsie was
nie. Dit blyk in die eerste plek
uit wat namens appellant aan die
versekeringsmaatskappy
gesê is toe appellant om die hierbo vermelde
polis op die
lewe van Moodie aansoek gedoen het. In 'n brief van
1
November 1972, wat deur Beyers onderteken is, word
naamlik
gesê:
"We/
34.
"We wish to take out a policy for R100 OOO-OO
on the life
of Mr T. Moodie, because he is
an executive director of Sentramark
Ltd.,
which company is closely associated with our
business activities. Mr
Moodie's premature
death could endanger our financial stability."
Die verhoorregter het die volgende bevinding in verband
met hierdie brief gemaak:
"I agree with the argument that whatever
protestations may have been made
by Beyers
to the effect that the option was designed
solely to.induce
Moodie to join the service
of Boeredienste, the documents now mentioned
in
connection with the insurance policy show
that it was considered of vital
importance
to the business of Boeredienste that Moodie
should continue to
occupy the position of
executive director of Sentramark...".
Dit is 'n geregverdigde bevinding. Beyers het hierdie brief
probeer wegpraat deur te sê dat dit nie deur hom opgestel
is/
35
is nie, maar deur sy
versekeringsmakelaar, ene Sinclair,
en dat hy (Beyers) dit onderteken het
sonder om dit te
lees aangesien hy Engels nie goed magtig was nie.
Die
bewering dat Sinclair die brief opgestel het, is nie 'n
aanvaarbare
verduideliking nie. As Sinclair dit opge-
stel het, moes hy sy inligting by
Beyers (of Moodie, of
albei) gekry het. Verder, dit het in die loop van
die
verhoor duidelik geblyk dat Beyers Engels goed magtig was.
Die rede
wat hy gegee het oor waarom hy die brief onder-
teken het sonder om dit te
lees, is dus onwaar.
Daar is ook ander oorwegings wat toon dat dit
nie
werklik Beyers se bedoeling met die opsie was dat
Moodie in die diens van
appellant sou tree nie. Volgens
Beyers het die verlening van die opsie
"wrywing tot ge-
volg/
36
volg gehad" en het Moodie by hom "die indruk gelaat dat
hy
nie meer geneë is om aan te sluit nie." (Wat hierdie
bewerings betref,
moet daarop gelet word dat in die opsie-
ooreenkoms voorsien is dat Moodie
moontlik nie in appellant
se diens sou tree nie. Dit blyk uit die sin in die
oor-
eenkoms wat ek hierbo aangehaal het.) In daardie tyd,
sê
Beyers, het appellant "probleme" met "kontantvloei"
gehad en sy vader, mnr
H.P. Beyers, was toe bereid om
aan hom geld te leen op voorwaarde dat "slegs
Beyerse
die maatskappy moet beheer en besit." Hy (Beyers) het
toe besluit
"om van Moodie ontslae te raak uit hierdie
kontrak uit." Hy het toe met
Moodie ooreengekom dat
Moodie 'n opsie op sy opsie aan Beyers se vader sou
gee.
Beyers het toe 'n dokument opgestel wat die transaksie
beliggaam/
37
beliggaam en Moodie het dit onderteken. Dit lui
soos
volg:
"Hiermee bevestig ek, Thomas Moodie, dat die
aandele opsie ten opsigte van
25% aandele
tesame met 'n 50% stemkrag in Plaaslike Boere-
dienste (Edms)
Beperk, kragtens 'n bestaande
ooreenkoms tussen J.H. Beyers en myself
aange-
bied word aan Hendrik Phillipus Beyers teen die
volgende
voorwaardes -
Hy verkry 'n opsie op bostaande aandele
en stemkrag vir 'n periode van
drie maande
vanaf datum teen R100 000. Indien die
opsie uitgeoefen word,
sal 'n skuldbewys
tot bevrediging van Moodie uitgereik word
betaalbaar 2
November 1974, rentevry.
'n Assuransiepolis vir R100 000 op Moodie
se lewe sal dan op 2 November
1974 inge-
volge die opsie ooreenkoms met J. H.
Beyers oorgedra word na
Moodie.
Aanvaarding van hierdie opsie moet voor
31 Januarie 1974 skriftelik
uitgeoefen
en deur Moodie skriftelik van ontvangs
erken word.
Aldus gedoen, Vrydag, 2 November 1973.
T. Moodie."
Hoewel/
38
Hoewel hierdie opsie, volgens die bewoording
daarvan,
aan Beyers se vader verleen is, het Beyers dit self uit-
geoefen
- binne 'n dag of twee nadat dit verleen is.
Verder, hoewel die R100 000 nie
voor 2 November 1974
betaalbaar was nie, het Beyers lank voor daardie
tyd
begin om die bedrag te betaal. (Besonderhede van die
betalings blyk
uit paragraaf 2(m) van respondent se pleit,
hierbo aangehaal.) Beyers het nog
verder gegaan om
Moodie ter wille te wees. Dit blyk naamlik duidelik
uit
die getuienis dat hy met Moodie (wat glo gevrees het
dat die R100 000
belasbaar sou wees) saamgespan het om
die tjeks wat ter betaling van die
bedrag afgegee is op
so 'n wyse uit te maak dat die Ontvanger van Inkomste
nie
moes agterkom dat die betalings aan Moodie gemaak is nie.
Soos/.
39
Soos reeds gesê is, het Beyers getuig dat die
opsie
aan Moodie gegee is met die oog daarop dat Moodie
die diens van Amcor sou
verlaat en in appellant se diens
sou tree. Moodie het die opsie ook op
hierdie grondslag
van Beyers ontvang, hoewel hy in die loop van sy
getuienis
te kenne gegee het dat sy eintiike bedoeling was om die
opsie
aan Amcor oor te dra. Toe Moodie nou, volgens Beyers,
laat blyk het dat hy
nie meer in appellant se diens wou
tree nie, het die hele grondslag waarop
die opsie aan
Moodie gegee is, en waarop Moodie dit ontvang het,
wegge-
val. Beyers moes ongetwyfeld geweet het dat Moodie toe
nie meer
geregtig sou gewees het om die opsie uit te oefen
nie, en die feit dat hy
daarna nogtans R100 000 aan Moodie
betaal het, kan kwalik enige ander
gevolgtrekking regverdig
as/
40
as dat die betaling vergoeding was vir wat Moodie vir
hom
met betrekking tot die ooreenkoms wat in Februarie 1974
onderteken sou
word, gedoen het. In hierdie verband moet
daarop gelet word dat Amcor, wat
die ooreenkoms tussen
appellant en respondent moes goedkeur, op 27
September
1973 op 'n direksievergadering besluit het dat respondent
die
ooreenkoms kon aangaan. Moodie het ongetwyfeld van
hierdie goedkeuring
geweet. Beyers het getuig dat hy nie
daarvan geweet het nie. Dit is egter
ondenkbaar dat
Moodie hom nie daarvan sou vertel het nie, en daar kan
dus
na my mening met veiligheid aanvaar word dat hy van die
goedkeuring
van die ooreenkoms geweet het toe hy in November
1973 onderneem het om R100
000 aan Moodie te betaal.
Uit hoofde van die voorgaande is ek van mening
dat die verhoorhof tereg
bevind het dat Beyers die opsie
aan/........
41
aan Moodie gegee het om hom te beweeg om respondent
te
beïnvloed om die ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974
onderteken is, met appellant aan te gaan.
Ad (B): Die betoog dat die gee van die opsie
nie as
omkopery beskou kan word nie
aangesien respondent van die
bestaan
van die opsie bewus was.
Moodie het getuig dat hy beamptes van respondent
by drie geleenthede vertel het van die opsie wat aan hom
gegee is: die
eerste keer in 1970, aan mnr Bernard
Marshall; die tweede keer in die middel
van 1972, aan
Dr. J.P. Kearney; en die derde keer in Augustus, September
of Oktober 1973, aan Dr. Kearney, mnr N.F. Britten en mnr
T. Ramage. (Marshall was die bestuurder van Amcor se
fosfaatprodukte-afdeling. Hy is in 1970 deur Moodie
in/
42
in hierdie pos opgevolg. Kearney was die voorsitter
en
besturende direkteur van Amcor. Hy was van Julie 1971
af ook die
voorsitter van Sentramark, wat in 1970 gestig
is. Britten het in Julie 1970
administratiewe bestuurder
van Amcor geword. Hy was 'n direkteur van
respondent, wat
in Maart 1970 ingelyf is. Ramage was sedert Augustus
1970
die sekretaris en regsadviseur van die Amcor-groep.)
Volgens die
verhoorregter se uitspraak het mnr Mostert
in die hpf a quo nie
op hierdie getuienis van Moodie,
wat deur die hof as 'n onbetroubare getuie
beskou is, ge-
steun nie. Mnr Mostert beroep hom egter op hierdie
ge-
tuienis in sy skriftelike betoogpunte in hierdie hof,
hoewel dit
terselfdertyd blyk dat hy dit nie met veel
vertroue/
43
vertroue doen nie. Ek sal die getuienis dus net
kortliks
behandel. Volgens Moodie het hy Marshall teen die middel
van 1970
van die mondelinge opsie vertel. Dit blyk egter
uit die getuienis dat
Marshall, wat later oorlede is, teen
daardie tyd siek was en nie op kantoor
was nie, en dat hy
ook nie weer na sy werk teruggekeer het nie. Wat die
be-
weerde bekendmaking van die opsie aan Kearney in die
middel van 1972
betref, het Moodie getuig dat hy Kearney
om sy toestemming om 'n kunsgalery
te koop, gaan vra het;
dat hy Kearney toe ook van sy opsie vertel het, en dat
hy
die opsie aan Kearney (namens Amcor) aangebied het.
In kruisverhoor het
Moodie sy getuienis dat hy die opsie
aan Kearney aangebied het, weerspreek:
hy het toe gesê
dat/
44
dat hy die opsie nie aan Kearney aangebied het nie,
maar
hom daarvan vertel het. Toe hy op die weerspreking gewys
is, het hy
dit probeer verduidelik deur te sê dat sy
mededeling aan Kearney dat hy
die opsie het op 'n aanbieding
daarvan aan Kearney "neerkom". Kearney het
ontken dat
Moodie hom ooit van die opsie vertel het en het bygevoeg
dat hy
in 1974 vir die eerste maal van Moodie se kuns-
galery gehoor het toe Uritten
hom daarvan vertel het.
Moodie se getuienis kan klaarblykiik nie voor
dié van
Kearney aanvaar word nie. Wat die derde beweerde
bekend-
making van die opsie betref, het Moodie getuig dat hy in
Augustus
of September, of dalk in Oktober, 1973 vir Kearney,
Britten en Ramage v.an
die opsie vertel het. Dit het ge-
beur, sê hy, by 'n byeenkoms waar hy
en die drie here die
ooreenkoms/
45
ooreenkoms wat appellant en respondent in Februarie
1974
sou sluit, "deurgewerk" het. Hy het toe ook aan hulle
gesê, het
hy getuig, dat dit in Amcor se belang was dat
"ons hierdie opsie uitoefen".
Hierdie getuienis van
Moodie is nie in kruisverhoor aan Kearney gestel
nie.
Dit is ook nie aan Ramage gestel nie. Aan Britten is
bloot die
volgende algemene stelling gemaak: "Mr Britten,
Mr Moodie will give evidence
later in this trial and he
will tell his Lordship that you knew full well of
the
option. You deny that of course?" Die antwoord was:
"I deny that."
Afgesien van die feit dat die getuienis
wat Moodie sou gee nie behoorlik aan
die getuies gestel
is nie, is daar die verdere oorweging dat dit
hoogs
onwaarskynlik is dat Moodie die drie here in die tyd
deur/
46
deur hom beweer van die opsie sou vertel het, en ook
dat
hulle, soos deur hom getuig, niks sou gesê het nie oor sy
bewering dat
hy 'n opsie het om 'n belang te verkry in die
maatskappy met wie respondent
op die punt gestaan het om
die ooreenkoms waaraan hulle gewerk het, aan te
gaan.
Hoewel mnr Mostert, soos hierbo gesê, blykbaar
die
nie veel vertroue in/bogemelde getuienis van Moodie het
nie, steun hy sterk op die getuienis wat ene Van Wyk
gegee het oor 'n
geleentheid in November 1971 toe hy, as
Beyers se prokureur, saam met Beyers
en Moodie in Johannes-
burg met Kearney en 'n paar ander beamptes van Amcor
same-
sprekings gevoer het. Die samesprekings, wat in Moodie
se kantoor plaasgevind het, het betrekking gehad op 'n
konsep/
47
konsep van 'n ooreenkoms wat appellant en Sentramark
met
mekaar sou sluit en wat o.m. daarvoor voorsiening gemaak
het dat Amcor
51% van die aandele in appellant, of in 'n
maatskappy wat Beyers sou stig
(die getuienis hieroor
is nie duidelik nie), sou verkry. Beyers (of
Moodie),
het Van Wyk gesê, het aan hom 'n dokument gegee waaruit
geblyk
het dat Beyers aan Moodie 'n opsie verleen het om 25%
van die
aandele in die betrokke maatskappy op te neem.
Hy (Van Wyk) kon toe, volgens
sy getuienis, nie verstaan
hoe Beyers 25% van die aandele aan Moodie kon
aanbied nie,
want, as die opsie uitgeoefen sou word, sou dit Beyers
met
net 'n klein persentasie van die aandele in die maatskappy
laat. Hy het. toe,
tydens die samesprekings, na die opsie
verwys om helderheid oor die saak te
verkry. Toe hy van
die/.....
48
die opsie praat, het Van Wyk getuig, het Moodie en
Kearney
"betekenisvol" na mekaar gekyk en Moodie het toe gesê dat
hy
(Van Wyk) maar van die opsie kan vergeet aangesien dit
nie ter sake is nie.
Hy het die "indruk" gekry, sê Van Wyk,
"dat die Amcor-verteenwoordigers
bewus was van die een of
ander opsie-reëling met betrekking tot Moodie".
Op
grond van hierdie getuienis van Van Wyk, betoog mnr
Mostert,
moet bevind word dat Amcor (en dus ook respondent) van
die
opsie geweet het. Die verhoorhof het bedenkinge oor die
getuienis van
Van Wyk gehad en het verder bevind dat dit
in ieder geval so vaag is dat dit
nie as bewys van die be-
weerde openbaring van die opsie aan respondent kan
dien
nie. Na my mening is daar verskeie oorwegings wak toon
dat Van Wyk se
getuienis nie aanvaarbaar is nie. Moodie,
wat/
49
wat volgens Van Wyk sou gesê het dat die opsie nie
ter
sake is nie, kon hom die insident nie herinner nie. Beyers,
wat
volgens Van Wyk teenwoordig was toe van die opsie ge-
praat is, kon ook nie
so iets onthou nie. Kearney het
ontken dat hy van 'n opsie vertel is. Die
getuienis dat
Moodie en Kearney "betekenisvol" na mekaar gekyk het en
die
indruk gewek het dat hulle van die opsie weet, kan
kwalik enige waarde
hê, want volgens Moodie het hy Kearney
nie voor die middel van 1972
vertel van die opsie wat
aan hom gegee is nie. Verder is daar na my mening
ook
sterk twyfel oor die vraag of daar in November 1971 'n
opsie-dokument
bestaan het. Ten tyde van die verhoor
het daar nie so 'n dokument bestaan
nie. Volgens Beyers
en Moodie het dit verlore geraak. In die verrigtinge
voor/
50
voor die skeidsregters het hulle niks van so 'n opsie
gesê
nie. In die mosie-verrigtinge het hulle ook nie van
dié
opsie gepraat nie. In appellant se pleit op respondent
se
teeneis word gepraat van 'n mondelinge opsie van 1970,
en dan word gesê
dat dit in 1973 op skrif gestel is.
Dit was eers by die verhoor dat vir die
eerste maal van 'n
skriftelike opsie van 1971 gepraat is. 'n Verdere
punt
wat ek wil noem, is die volgende: Van Wyk het 'n
paar maal gesê dat dit
'n opsie was om aandele in appellant
te verkry, maar toe hy daarop gewys is
dat dit
volgens Moodie en Beyers nie 'n opsie was om aandele in
appellant
te verkry nie, maar'wel in 'n maatskappy wat
Beyers sou stig, het dit geblyk
dat hy nie seker van sy
saak was nie. Hy het toe gesê: "Ek kan nie sê dat dit
Plaaslike/.....
51
Plaaslike Boeredienste was nie...".
Uit hoofde van die voorgaande kan m.i. nie gesê
word dat die
verhoorhof verkeerdelik bevind het dat
respondent nie van die bestaan van die
opsie bewus was nie.
Ad (C): Die betoog dat die gee van die opsie
nie as
omkopery beskou kan word nie
aangesien Beyers geglo het dat
Amcor
van die opsie geweet het.
Daar is namens appellant betoog dat Beyers ge-
glo het dat Moodie Amcor
van die opsie vertel het; dat
daar dus nie 'n korruptiewe oogmerk by Beyers
aanwesig was
nie, en dat die gee van die opsie gevolglik nie as
omkopery
gesien kan word nie. Die verhoorhof, lui die betoog,
het verkeerdelik bevind dat Beyers nie so 'n geloof gehad
het nie.
Beyers/
52 Beyers het getuig dat Moodie aan hom gesê het
dat
Amcor van die opsie weet en dat hy (Beyers) dit ge-
glo het. Die
verhoorregter het, op grond van oorwegings
wat hy in sy uitspraak uiteensit,
bevind dat Beyers nie 'n
betroubare en eerlike getuie was nie en het sy
getuienis
dat hy geglo het dat Moodie sy werkgewer van die opsie
vertel
het, nie geglo nie. Ek is geensins daarvan oor-
tuig dat die geleerde regter
se bevinding nie geregverdig
was nie, en ek vind dit nie nodig om die redes
vir sy
beslissing hier te herhaal nie. Hy het bevind dat ook
Moodie 'n
onbevredigende en onbetroubare getuie was, en ook
hierdie bevinding kan na my
mening nie as verkeerd beskou
word nie. Dit is hoogs onwaarskynlik, het die
hof bevind,
dat/
53
dat Moodie so onversigtig sou gewees het om aan Beyers
te sê
dat hy Amcor van die opsie vertel het, aangesien hy
sou geweet het dat, as hy
dit doen, daar altyd die gevaar
sou bestaan dat Beyers dalk met 'n beampte
van Amcor oor
die opsie kon praat en daardeur vir hom (Moodie) in
die
moeilikheid kon laat beland.
Met betrekking tot die betoog dat Beyers
geglo
het dat Moodie vir Amcor van die opsie vertel het, het
mnr
Mostert ook gesteun op getuienis wat Van Wyk gelewer
het in verband
met die geleentheid (hierbo genoem) toe
hy in November 1971 na Johannesburg
toe gegaan het om
Beyers in samesprekings met beamptes van Amcor te
verteen-
woordig. Van Wyk het o.m. getuig dat terwyl hulle in 'n
motor van
die lughawe af na Johannesburg toe gery het,
hy/
54
hy vir Beyers gevra het of Amcor "bewus is van die
opsie"
en dat Beyers "ja" geantwoord het. Moodie, het Van Wyk
in kruisondervraging gesê, "het ook so bevestig".
Kort nadat hy
hierdie antwoord met betrekking tot Moodie
gegee het, kon Van Wyk in verdere
kruisondervraging nie
sê of hulle in die motor was toe Moodie Beyers se
antwoord
"bevestig" het nie. Dit kon, het hy toe gesê, "met
die
aankoms, of tydens die onderhandelinge" gebeur het.
Ook wat betref die
vraag wanneer Beyers aan hom gesê het
dat Amcor van die opsie weet, het
Van Wyk se getuienis
nie deurgaans dieselfde gebly nie, soos uit die
volgende
passasie in sy kruisondervraging blyk:
"Het mnr Beyers u gevra wat is hierdie
dokument? Ek het hom gevra of dit ter
sake/
55
sake is in hulle besprekings en of Amcor
se mense weet van
die opsie en toe sê hy
ja.
Wanneer het jy hom gevra? - Dit was
tydens die onderhandelinge want ek wou die
dokumente uitbring.
Toe hy dit aan u oorhandig, het u hom
gevra wat is hierdie dokument? - Ek kon
sien dit is 'n opsie-dokument.
My vraag is, het jy hom gevra? - Nie
miskien in die motor nie, maar ek het hom
definitief gevra, òf in
die motor, òf in
die kantoor, maar ek het hom gevra.
Want hy het absoluut niks daarvan gesê
in die getuiebank nie. - Ek kan nie daar
help nie....".
Die getuienis van Van Wyk oor wat Beyers en
Moodie aan hom sou gesê
het, is na my mening nie oor-
tuigend nie. Daar is ook nog die volgende
oorweging:
al sou Beyers en Moodie ook aan Van Wyk gesê het
dat
Amcor van die opsie weet, beteken dit nog nie dat hulle
vir/
56
vir hom die waarheid vertel het of dat hulle geglo het
wat
hulle aan hom vertel het nie. Hulle was, soos die
verhoorhof bevind het,
onbetroubare getuies, en indien
hulle wel aan Van Wyk gesê het dat
Amcor van die opsie
weet, kon hulle dit gedoen het (soos namens
respondent
betoog is) om die waarheid vir Van Wyk, wat 'n prokureur
is, te
verberg.
Met betrekking tot Beyers se getuienis dat
Moodie hom vertel het
dat Amcor van die opsie weet,
het die verhoorhof ook beslis dat, al sou
Beyers ge-
glo het wat Moodie aan hom gesê het, sy geloof
regtens
irrelevant sou wees indien Amcor inderdaad nie van die
opsie
geweet het nie. Die geleerde regter het tot
hierdie bevinding geraak op grond
van wat in sekere
Engelse/
57
Engelse beslissings gesê is, o.a. in Grant v. The
Gold
Exploration and Development Syndicate Ltd, (1900) 1 Q.B.
233, op bl. 248,waar Collins, L.J., die volgende gesê
het in 'n
passasie wat in die uitspraak van die hof a quo
aangehaal word:
"In my opinion, if a vendor pays a commission
to a buyer's agent in order
to secure his
help in bringing about the sale, and does
not inform the
buyer of the fact, he cannot
defend the transaction if impeached by
the
buyer, who has, in fact, had no notice,
by proving that hebelieved
that the agent
had disclosed the circumstances to his
principal. I think
it is clearly established
that in such circumstances the buyer would
be
entitled to rescind the purchase...".
Die geleerde regter het verder gesê dat na sy mening
"the rule is based on sound common sense", want -
"If/
58
"If it were otherwise, and the briber could
avoid the
consequences of the bribe by
saying that he was informed by the agent
that
the payment or other benefit had been
disclosed to the principal, it would be
al-
most impossible from a practical point of
view for the complaining
party to prove
collusion and so to obtain redress, because
he normally
would have no knowledge of the
communications that had passed between
the
two."
In die lig van wat ek hierbo in verband met Beyers en
Moodie se getuienis
gesê het, vind ek dit nie nodig om
respondent se betoog dat die
verhoorregter se bevinding
betreffende die reg verkeerd is, te bespreek
nie.
Ad (D): Die betoog dat, selfs indien die gee
van die
opsie omkopery was, daar nie
bewys is dat Moodie respondent
beïnvloed
het en hierdie beïnvloeding tot die tot
-
standkoming van die ooreenkoms van 24
Februarie 1974
aanleiding gegee het nie.
Ek het vroeër in die uitspraak daarop gewys
dat/..........
59
dat die verhoorregter beslis het dat die gee van
die
opsie deur Beyers aan Moodie omkopery daargestel het en
dat respondent
op grond daarvan geregtig was om die oor-
eenkoms van 24 Februarie 1974 te
repudieer, en dat dit
nie vir respondent nodig was om te bewys dat Moodie
hom
beïnvloed het om die ooreenkoms te sluit nie. Ek het
ook daarop
gewys dat die geleerde regter ook bevind het
dat selfs indien dit vir
respondent nodig was om te be-
wys dat Moodie hom beïnvloed het om die
ooreenkoms aan
te gaan, hy dit wel bewys het. Die verhoorhof het
die
eerste bevinding, d.w.s., dat, by/bewys van die omkopery,
respondent
die ooreenkoms kon repudieer sonder om te
bewys dat hy deur Moodie
beïnvloed is om die ooreenkoms
aan te gaan, gegrond op Engelse
beslissings waarin gesê
is/
60
is dat waar 'n agent 'n ooreenkoms namens sy prinsipaal
met
'n derde sluit en dit bewys word dat die derde om—
koopgeld aan die
agent gegee het, die prinsipaal die oor-
eenkoms kan verwerp sonder dat hy
hoef te bewys dat die
agent deur die omkoopgeld beïnvloed is.
Sodanige
bewys is, volgens dié beslissings, onnodig omdat
daar
onweerlegbaar vermoed word dat die agent beïnvloed is
deur die
omkoopgeld wat aan hom gegee is. Daar is in
twee Suid-Afrikaanse sake, nl.
Davies v. Donald, 1923
C.P.D. 295 en Mangold Bros. Ltd v, Minnaar
and Minnaar, 1936
T.P.D. 48, na sommige van hierdie Engelse
beslissings
verwys. In laasgenoemde saak het De Wet, R., bv.
op die
volgende passasie in die uitspraak van Romer, L.J.,
in die saak Hovenden & Sons v. Millhoff, 83 L.T. 41 gewys:
"If/
61
"If a bribe be once established to the
Court's
satisfaction, then certain rules
apply. Amongst them the following are
now
established, and, in my opinion,
rightly established. in the interests
of
morality with the view of discouraging the
practice of bribery. First,
the Court
will not inquire into the donor's motive
in giving the bribe,
nor allow evidence
to be gone into as to the motive. Secondly,
the Court
will presume in favour of the
principal and as against the briber and
the
agent bribed, that the agent was in-
fluenced by the bribe; and this
presumption
is irrebuttable."
(Hierdie woorde van Romer, L.J., is met goedkeuring
aangehaal in die
betreklik onlangse sake Industries &
General Mortgage Co. Ltd
v. Lewis, (1949) 2 All E.R.
573 (K.B.D.) en Taylor v. Walker and
Others, (1958) 1
Lloyd's List Law Reports 490.) McEwan, R., wys in sy
uitspraak/
62
uitspraak daarop dat daar blykbaar nie 'n Engelse saak
is
waarin gesê word dat waar 'n prinsipaal self 'n ooreenkoms
sluit
en dit dan wil repudieer omdat sy agent omgekoop
is,hy nie hoef te bewys dat
hy deur die agent beïnvloed
is om die ooreenkoms aan te gaan nie. Die
geleerde
regter het beslis dat die sake wat sê dat dit nie nodig
is
om te bewys dat 'n omkoopgeskenk aan 'n agent hom
beïnvloed het toe hy
namens sy prinsipaal 'n ooreenkoms
gesluit het nie aangesien sodanige
beïnvloeding Pnweer-
legbaar vermoed word, die gevolgtrekking regverdig
dat
'n prinsipaal wat self 'n ooreenkoms sluit ook nie hoef te
bewys dat
hy onder die invloed van die agent gehandel
het toe hy die ooreenkoms gesluit
het nie.
Mnr/
63
Mnr Mostert het betoog dat die reel wat in
die
Engelse sake genoem word dat 'n prinsipaal 'n ooreenkoms
kan verwerp
op grond daarvan dat aan sy agent omkoopgeld gegee
is, beperk is tót die geval waar die agent die ooreenkoms
namens sy
prinsipaal gesluit het, en dat dit nie geld
waar die prinsipaal self - soos
in die onderhawige geval -
die ooreenkoms aangegaan het nie. Waar die
prinsipaal
self die ooreenkoms aangegaan het, lui die betoog, moet
hy
bewys dat hy deur die agent aan wie omkoopgeld be-
táal is,
beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan.
Sodanige bewys is
noodsaaklik, lui die betoog, aangesien
dit bv. denkbaar is dat 'n agent
omkoopgeld kan aanneem
en niks doen om enige invloed op sy prinsipaal uit
te
oefen wanneer hy 'n ooreenkoms met die omkoper sluit nie.
In/
64
In so 'n geval, sê mnr Mostert, sou die betaling
van die
omkoopgeld irrelevant wees wat die totstandkoming van
die
ooreenkoms betref en dus nie as grond vir die
repudiëring van die
ooreenkoms kan dien nie. Daar is
verder betoog dat indien daar nie van 'n
prinsipaal ver-
lang word om te bewys dat hy deur sy agent aan wie
daar
omkoopgeld betaal is, beïnvloed is om 'n ooreenkoms te
sluit
nie, dit sal beteken dat hy 'n mindere bewyslas
sal dra as iemand wat op
grond van bedrieglike wan-
voorstellings wat daar aan hom gemaak sou gewees
het,
uit 'n ooreenkoms wil tree. Vir so 'n verskil in die
bewyslas in die
twee gevalle is daar, aldus die betoog,
nie regverdiging nie.
Ek vind dit
nie nodig om te beslis oor die
juistheid van die betoog dat die verhoorhof
regtens
fourteer/.........
65
fouteer het deur te bevind dat dit nie vir
respondent
nodig was om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed is
om
die ooreenkoms aan te gaan nie, aangesien ek van oor-
deel is dat die hof
tereg bevind het dat daar bewys
is dat beïnvloeding deur Moodie tot die
totstand- koming van die ooreenkoms aanleiding gegee het. (Ek
sal later in
die uitspraak weer na die Engelse reg
en die kwessie van die repudiëring
van ooreenkomste op
grond van omkopery terugkeer.) Die feite spreek
myns
insiens so duidelik van sodanige beïnvloeding dat dit
nie nodig
is om die aangeleentheid enigsins in besonder-
hede te behandel nie. Moodie
het Amcor van die begin
af probeer oortuig dat hy die bemarking van sy
kunsmis-
produkte/
66
produkte konverbeter deur van appellant se
verspreidings-
diens gebruik te maak. Sy pogings het geslaag en
albei
partye het daarby gebaat. Hy het oor 'n tydperk van 2-3
jaar
gereël, sonder dat enige skriftelike kontrak opge-
stel is, dat Amcor
(eintlik Sentramark) van appellant se
diens gebruik maak, en met die
onderhandelinge wat uit-
eindelik op die sluit van die ooreenkoms van 24
Februarie
1974 uitgeloop het, was hy, tot heel aan die einde,
die
vernaamste skakel tussen appellant en Amcor. Amcor
het op 'n
raadsvergadering op 27 September 1973 besluit
dat respondent die ooreenkoms
met appellant sou aangaan.
Op daardie vergadering is twee dokumente oorweeg
voordat
die besluit geneem is. Die een was 'n verslag van Moodie,
en die
ander 'n memorandum wat deur Ramage opgestel is.
In/........
67
In Moodie se verslag word o.m. die volgende gesê oor
die
sukses wat Sentramark behaal het deur van appellant se
diens gebruik
te maak:
"Die belangrikste sukses lê egter daarin
opgesluit dat Sentramark
vir die eerste
maal in die Suid-Afrikaanse landbou dienste
kon vestig wat
misstowwe werklik grootskaals
in massa hanteer. Hierdie diens
word
allerweë deur die boerderysektor aangeprys
en skep gedurig nuwe
besigheid. Op hier-
die terrein het Sentramark 'n voorsprong
opgebou wat
AMCOR se bedingingskrag en
markposisie baie versterk het."
Ramage se memorandum het 'n kort uiteensetting gegee
van die "understanding" wat daar sedert 1970 tussen
appellant en Sentramark bestaan het, asook van die be-
palings van die ooreenkoms wat deur appellant en respon-
dent gesluit sou word. Ramage het getuig dat sy
memorandum/
68
memorandum gegrond was op inligting wat hy van
Moodie
gekry het, en dit is nie betwis nie. Daar is namens
appellant
betoog dat Kearney self graag wou gehad het
dat die ooreenkoms gesluit moes
word aangesien hy ge-
meen het dat dit vir Amcor voordelig sou wees.
Kearney
het dit nie ontken nie, maar hy het getuig dat sy
mening gegrond
was op wat Moodie aan hom gesê het en
dat hy Moodie vertrou het. Die
verhoorhof het Kearney
geglo en na my mening kan nie gesê word dat die
hof
fouteer het nie.
Wat die kwessie van beïnvloeding deur
Moodie
betref, het mnr Mostert ook betoog dat dit nie as
'n
aanleidende oorsaak van die ooreenkoms beskou kan word
nie/
69
nie aangesien Amcor die ooreenkoms sou goedgekeur het
selfs
indien hy van die opsie geweet het. Die betoog
is dat respondent se getuienis
op hierdie punt verwerp
moet word. Kearney het getuig dat indien hy
tydens
die onderhandelinge wat die ooreenkoms voorafgegaan
het van die
opsie geweet het, "I would have stopped
negotiations immediately and fired Mr
Moodie", en hy
het die suggestie ontken dat hy die ooreenkoms as
so
voordelig vir Amcor (of respondent) beskou het dat hy
dit sou
goedgekeur het selfs as hy van die opsie of
die betaling van R100 000 aan
Moodie geweet het. Mnr
Mostert se betoog is dat die ooreenkoms baie
voordelig
vir Amcor (en respondent) was, dat Amcor se besigheids-
moraal/
70.
moraal hoofsaaklik deur 'oorwegings van
geldelike gewin
bepaal word, en dat kennis van die opsie hom nie van
die
sluit van die ooreenkoms sou weerhou het nie.
Volgens die betoog is daar drie
dinge wat van hierdie
besigheidsmoraal van respondent getuig. Al drie
punte
is ook voor die verhoorhof geopper. Die eerste hier-
van is die
vvyse waarop respondent hom van die ooreenkoms
wat op 24 Februarie 1974
aangegaan is, probeer losmaak
het. Die geleerde regter behandel die
aangeleentheid
soos volg in sy uitspraak:
"The contract included as Annexure 'A'
a schedule of the products to which
it
applied. Clause l(a) contained a provision
that Chemfos should have the
right to amend
the/
71
the products listed in Annexure 'A' from
time to time. As I
understand the posítion
the repudiation was effected by means of
a
notice deleting all the items in the
schedule. At the commencement of
the
arbitration it was conceded that that
amounted in effect to a wrongful
repudiation
and that the defendant (as then advised)
was liable for
damages. According to the
evidence, when the supply of fertilisers
was
proving to be unprofitable, the
defendant made approaches to
Boeredienste
to terminate the contract, but without
success. It then
received legal advice
(which proved to be wrong) that it was
entitled in
terms of the contract to
terminate it in the way in which it did.
It does
not appear to me to be justifiable
to describe the fact that it acted
upon
such advice as a 'robust business practice'".
Ek meen nie dat gesê kan word dat dit 'n verkeerde
siening van die
saak is nie.
Die/
72
Die tweede aangeleentheid waarna mnr Mostert
verwys
het, is die stelsel van sg. "vooruit-fakturering"
wat in een stadium deur
Sentramark gevolg is en wat
daartoe gelei het dat die subsidiebetalings ten
opsigte
van kunsmis wat verkoop is vanaf 'n vroeëre datum as
waarop
die kunsmis gelewer is, geëis is. Dit is nie
nodig om besonderhede van
die praktyk hier weer te gee
nie. Dit is inderdaad so dat die praktyk
onreëlmatig
was. Daar moet egter terselfdertyd gesê word dat
toe
Amcor van die onreëlmatigheid bewus geword het, hy die
saak laat
ondersoek het en, nadat hy regsadvies ingewin
het, die stelsel gewysig het.
Mnr Mostert het aange-
voer dat die gewysigde reëling ook nie van
onreël-
matigheid/
73
matigheid vry te spreek is nie, maar selfs indien
dit
so sou wees, kan dit Amcor, wat volgens regsadvies op-
getree het,
nouliks ten kwade gereken word. Die ver-
hoorhof het bevind dat Amcor
behoorlik opgetree het
nadat hy van die onreëlmatige praktyk bewus
geword het,
en na my mening kan nie gese word dat hierdie
bevinding
verkeerd is nie.
Die derde punt wat geopper is, is dat
Amcor,
nadat hy van die opsie gehoor het (volgens respondent
was dit teen
die einde van 1979), voortgegaan het om
sake te doen met 'n maatskappy
waarvan Beyers en sy
broer die aandeelhouers en direkteure was.
Hierdie
optrede toon, lui die betoog, dat goeie besigheid vir
Amcor/
74
Amcor swaarder as morele oorwegings weeg. Die ver-
hoorhof
het die aangeleentheid soos volg in sy uitspraak
behandel:
"It appears that the defendant has continued
to do business with a company
or companies
of which Beyers and his brother are directors.
That fact was
said to give the lie to Dr
Kearney's evidence to the effect that Amcor,
if
it had known of the bribe, would not
have been prepared to do business with
a
person or persons who turned out to be
bribers.
The force of this point, however, is lost,
in my view, when the nature of
the. continuing
business is examined. Amcor has continued
to sell
fertilisers to one or more of Beyers'
companies against a banker's guarantee
for
payment. In other words the transactions
are straight-forward sales,
without any
reliance having to be placed upon the good
faith of the Beyers
company concerned.
That is a very different case from that where
the
person bribed (Moodie) was the executive
director of Sentramark (the
defendant's
selling organisation) and was going to be
directly in charge of the
operation of the
spreading/....
75
spreading contract, which involved the
continuous rendering
of services. Further-
more, the contract involved placing Boere-
dienste
in possession of stockpiles of the
defendant's fertilisers over a period of
ten
years, for which Boeredienste had to account.
That involved placing
considerable trust
in Boeredienste and it seems by no means
far-fetched to
say that one would not place
that sort of trust in a person who turned
out
to be bribing one's employee behind
one's back."
Mnr Mostert het aangevoer dat die geleerde
regter se redenasie
foutief is aangesien nie een van
respondent se getuies te kenne gegee het dat
hulle
weens bedenkinge oor appellant se kredietwaardigheid
nie met hom sou
sake gedoen het as hulle van die opsie
geweet het nie. Ek meen egter nie dat
die geleerde
regter te kenne gegee het dat respondent oor appellant
se/
76
se kredietwaardigheid bedenkinge gehad het nie. Hy
het van
"good faith" en "trust", d.w.s. vertroue in 'n
persoon, gepraat. Ek moet
sê dat dit vir my ietwat
vreemd voorkom dat Amcor aangehou het om met
Beyers
sake te doen, maar ek is terselfdertyd nie bereid om
te sê
dat die verhooregter se siening van die aange-
leentheid nie geregverdig is
nie. Ek is in ieder geval,
in die lig van al die getuienis, geensins daarvan
oor-
tuig dat die verhoorhof verdeerdelik bevind het dat
respondent nie
die ooreenkoms sou aangegaan het as hy
van die opsie geweet het nie.
Uit/
Uit hoofde van wat hierbo gesê is, is ek van mening dat
appellant se
aanval op die verhoorhof se feitebevindings nie kan
slaag nie. Hieruit volg
dat bevind moet word dat respondent die
feitlike bewerings in paragraaf 2 van
sy pleit op appellant se
eis bewys het.
Voordat ek verder gaan, wil ek daarop wys dat wanneer ek sê
dat
respondent die feitlike bewerings in paragraaf 2 van sy pleit
op appellant se
eis bewys het, ek nie daarmee te kenne gee dat dit
my bevinding is dat
respondent die las gedra het om al daardie
bewerings te bewys nie. Soos reeds
hierbo in die loop van my be-
spreking van appellant se betoog oor die
verhoorhof se feitebe-
vindings aangedui is, is die posisie in die Engelse
reg dat,
wanneer daar bewys word dat die een party by 'n ooreenkoms 'n
om-
koopgeskenk aan die agent van die ander party gegee het, daar ten
gunste van die agent se prinsipaal, en teen die omkoper en die
agent,
onweerlegbaar vermoed word dat die agent deur die ge-
skenk/......
77 (a)
skenk beïnvloed is. Hierdie vermoede berus,
volgens
wat in sekere beslissings gesê word, op praktiese
oorwegings
rakende bewyslewering en op oorwegings van
openbare belang. "A contrary
doctrine", het Chitty, L.J.,
in Shipway v. Broadwood, (1899) 1 O.B.D.
369 gesê, "would
be most dangerous, for it would be almost
impossible
to ascertain what had.been the effect of the bribe", en
in
Hovenden & Sons v. Millhoff, supra, het Romer,
L.J.,
gesê die vermoede word "in the interests of morality
with the
view of discouraging the practice of bribery"
deur die howe aanvaar. Ons reg
ken nie 'n vermoede soos
die bogemelde nie, maar oorwegings van die aard wat
tot
die aanvaarding daarvan in die Engelse reg gelei het,
sou/
77 (b)
sou m.i. moontlik in ons reg regverdiging kon bied vir
die
beskouing dat, waar dit blyk dat een party by 'n
ooreenkoms 'n omkoopgeskenk
aan die agent van die ander
party gegee het, hy die las behoort te dra om te
bewys
dat sy omkopery nie die beoogde beïnvloeding van die agent
en
sy prinsipaal bewerkstellig het nie. Dit is egter
nie nodig om in hierdie
saak 'n beslissing oor hiérdie
vraag te gee nie.
Mnr Mostert
het, soos hierbo gesê, na my mening tereg
aanvaar dat indien daar bewys
van die bewerings in paragraaf
2 van respondent se pleit gelewer word,
respondent se verweer
moet slaag. Ek bespreek vervolgens die vraag van die
regs-
grondslag waarop die verweer in ons reg gehandhaaf kan
word.
Omkopery in die siviele reg bestaan in die praktyk
meesal daarin dat
iemand 'n geskenk of vergoeding
aan/.....
78
sonder
aan die agent van 'n ander persoon gee, of
beloof,/dat daar-
die ander persoon (d.w.s. die agent se prinsipaal) daar-
van weet, met die
doel om die agent te beïnvloed om
met betrekking tot die sake van sy
prinsipaal 'n voordeel
vir die skenker te verkry. Die woord "agent" in
hierdie
verband het.'n wye betekenis en is nie beperk tot iemand
wat die
bevoegdheid het om 'n ooreenkoms namens 'n ander
aan te gaan nie. In
Mangold Bros. Ltd v. Minnaar and
Minnaar; 1936 T.P.D. 48,
waarna reeds hierbo verwys is,
is bv. bevind dat die respondente, wat 'n trekker en
dorsmasjien van die
appellant gekoop het, geregtig was
om die ooreenkoms te repudieer omdat daar omkoopgeld
betaal is aan 'n
persoon wat deur hulle gevra was om die
trekker/....
79
trekker en dorsmasjien te ondcrsoek en hulle dan te
adviseer oor die vraag of hulle dit moes koop. Kyk
ook die Engelse saak Alexander v. Webber, (1922) l.K.B.
642, waar die eiser 'n gebruikte motor op advies van sy
chauffeur gekoop het en toegelaat is om die ooreenkoms
te verwerp nadat dit aan die lig gekom het dat die ver-
koper heimlik
vergoeding aan die chauffeur betaal het.
Om terug te keer na die vraag wat omkopery
behels. In Davies v. Donald, 1923 C.P.D. 295, waarna
ek reeds hierbo verwys het, het Watermeyer, R., in hier-
die verband gesê (op bl. 299.):
"The cases quoted by Mr Centlivres
(Shipway v. Broadwood,
1898, 1 Q.B.; Panama
Telegraph Co. v. India Rubber
Telegraph
Works Co. 10 Ch 515; Hovenden & Sons
v.
Millhoff, 83 L.T. 43) seem to lay down a
broad general rule
that any secret benefit
given by one contracting party to the agent
of/......
80
of another with the intention of influencing
his mind in favour of the
donor is a bribe,
which entitles the other contracting party
to certain
remedies against the agent and
the donor ".
(Die verwysing na Shipway v. Broadwood, 1898, 1 O.B. is
nie korrek nie. Die saak is in (1899) 1 O.B. 369 ge-
die
rapporteer. Die verslag van/Panama Telegraph Co.-saak
is in (1875) 10 Ch. App. te vind.) In Manqold Bros. Ltd.
v.
Minnaar and Minnaar, supra, op bl. 55, het De Wet, R.,
die
volgende passasie in die uitspraak van Romer, L.J.,
in die saak Hovenden
& Sons v. Millhoff, supra, met be-
trekking tot die vraag wat
'n "bribe" is, aangehaal:
"It may, therefore, be well to point out
what is a bribe in the eyes of
the law.
Without attempting an exhaustive definition
I may say that the
following is one statement
of what constitutes a bribe. If a gift be
made
to a confidential agent with the view
of inducing the agent in favour of the
donor
in relation to transactions between the
donor and the agent's
principal and that
gift/.......
81
gift is secret as between the donor and the
agent - that is
to say, without the knowledge
and consent of the principal - then the
gift
is a bribe in the view of the law."
In Industrial and General Mortgage Co. Ltd. v. Lewis, (1949)
2 All E.R. 573 het Slade, R., die volgende gesê (op
bl. 575 G):
"For the purposes of the civil law a bribe
means the payment of a secret
commission,
which only means (i) that the person making
the payment makes
it to the agent of the
other person with whom he is dealing; (ii)
that he
makes it to that person knowing
that that person is acting as the agent
of
the other person with whom he is dealing;
and (iii) that he fails to disclose
to the
other person with whom he is dealing that
he has made that payment
to the person
whom he knows to be the other person's
agent."
Slade/
82
Slade, R., het verder gesê dat "proof of corruptness or
corrupt motive is unnecessary in a civil action." Hy
het dit gesê op grond van die woorde van Romer, L.J., in
Hovenden
& Sons v. Millhoff, supra, dat "If a bribe be
established to the Court's satisfaction the Court
will not inquire into the donor's motive in giving the
bribe, nor allow
evidence to be gone into as to the
motive." Volgens Slade, R., het Romer,
L.J., met hier-
die woorde te kenne gegee dat "once the bribe is
es-
tablished, there is an irrebuttable presumption that it
was given with
an intention to induce the agent to act
favourably to the payer....". Dit is m.i. egtcr 'n
vraag of Romer, L.J.,
so iets te kenne wou gegee het.
Hy het 'n "bribe" omskryf as "a gift ... made .... with
the/
83
the view of inducing the agent to act in favour of
the
donor ....", en gevolglik is dit nie duidelik dat hy
bedoel het dat
wanneer daar van 'n "bribe" bewys gelewer
is, daar vermoed word dat "it was
given vvith an intention
to induce the agent to act favourably to the
payer....".
Hierdie vraag kan egter daargelaat word, aangesien daar
in die
geval voor ons bewys gelewer is van omkopery
soos omskryf deur Romer, L.J.,
in die passasie in
Hovenden & Sons v. Millhoff wat hierbo
aangehaal is.
In die onderhawige saak is daar bewys
dat die gee van die
opsie deur Beyers aan respondent se
werknemer, Moodie, 'n geskenk was wat
bedoel was om
Moodie te beweeg om respondent te beïnvloed om die
oor-
eenkoms van 24 Februarie 1974 met appellant aan te gaan,
en/
84
en dat Moodie respondent beïnvloed
het om die ooreenkoms
met appellant te sluit. Volgens die reëls van
die
Engelse reg sou respondent die ooreenkoms kon verwerp,
en ek is van
oordeel dat hy dit volgens ons reg ook kan
doen. Volgens die Engelse reg,
soos hierbo aangedui,
sou appellant skynbaar die ooreenkoms kon verwerp
sonder
dat bewys hoef te word dat Moodie deur die
omkoopgeskenk
beïnvloed is, of dat respondent deur Moodie
beïnvloed
is om die ooreenkoms aan te gaan. Wat die posisie in
ons
reg sou wees in 'n geval waar dit nie blyk dat die
agent deur die
omkoopgeskenk beïnvloed is nie, of nie
blyk dat die prinsipaal deur die
agent beïnvloed is nie,
is vrae wat nie in die onderhawige saak ontstaan
nie en
wat gevolglik nie beantwoord hoef te word nie. In
sowel/
85
sowel Davies v. Donald as Mangold Uros. Ltd v.
Minnaar
and Minnaar, hierbo genoem, wil ek hier kortliks
sê,
het die hof verwys na die Engelsregtelike reël dat waar
'n
omkoopgeskenk aan 'n party se agent gegee is, die party
die ooreenkoms op
grond daarvan kan verwerp en dat dit
nie saak maak of die agent deur die
geskenk beïnvloed
is nie. Dit blyk egter dat in albei hierdie sake
die
agent aan wie die geskenk gegee is daardeur beïnvloed
is en,
verder, dat die prinsipaal deur die agent beïnvloed
is. In hierdie
omstandighede sou ek hierdie sake nie
beskou as 'n erkenning van die bestaan
in ons reg van
'n reël soos die pas gemelde reël wat in die Engelse
reg
geld nie.
Die grondslag waarop die Engelse reg toelaat
dat 'n party
by 'n ooreenkoms aan wie se agent daar deur
die/......
86
die ander
party 'n omkoopgeskenk gegee is die ooreenkoms
kan repudieer, is dat die gee
van die geskenk "fraud"
teenoor die eersgenoemde party is. Hierdie
"fraud"
bestaan daarin dat die omkoper inbreuk maak op
die
vertrouensverhouding wat daar tussen 'n prinsipaal en
sy agent bestaan
deurdat hy die agent in 'n posisie
plaas waar sy eie belange in stryd met sy
plig teenoor
sy prinsipaal kom. In Davies v. Donald, supra,
het
Watermeyer, R., met verwysing na sekere Engelse sake en
die reël
dat 'n prinsipaal 'n ooreenkoms kan verwerp as
daar 'n omkoopgeskenk aan sy
agent gegee is, gesê (op
bl. 300):
"The reason f or the rule seems to me to
be founded upon the general
principle
that an agent is never allowed to act in
a matter, where his
duty to his principal
conflicts/
87
confiicts with his own interest, and if
one
contracting party knowingly places the
agent of the other contracting
party in
a position, where his ciuty and his interest
are in conflict, he
commits a fraud upon
the other contracting party, if the other
contracting
party is ignorant of the
arrangement."
In die Panama Telesraph Co.-saak hierbo genoem, het Sir
W.M.
James,. L.J., gesê (op bl. 526):
"... I take it to be clear that any
surreptitious dealing between one
principal
and the agent of the other principal is a
fraud on such other
principal, cognizable
in this Court. That I take to be a
clear
proposition, and I take it, according to
my view, to be equally
clear that the
defrauded principal, if he comes in time,
is entitled, at
his option, to have the
contract rescinded, or, if he elects not to
have
it rescinded,to have such other
adequate relief as the Court may
think
right to give him."
Dat/
88
Dat "fraud" in die Engelse reg as die grondslag
beskou
word van 'n prinsipaal se reg om 'n ooreenkoms te repudieer
as daar
'n omkoopgeskenk aan sy agent gegee is, blyk ook
uit In re A Debtor,
(1927) 2 Ch. D. 367, op bl. 376, waar
Scrutton, L.J., o.m. gesê
het:
"A man who is the agent of A. in a transaction
between A. and B., and who also acts secretly
for B. in the same trasaction, is presumed
to act corruptly. Common law authorities
require the Court to hold that that is a
corrupt practice, and, in my opinion, the
Court ought to presume fraud in such
circumstances."
Eh ook, op bl. 377, met betrekking tot die ooreenkoms
wat in daardie saak ter sprake was:
"I feel therefore that there is no
difficulty in holding that there was here
fraud by which the contract sued on was
secured."
Kyk/
Kyk ook Alexander v. Webber, hierbo genoem, waarna daar
in
Mangold Bros. Ltd. v. Minnaar and Minnaar, supra,
op bl. 57
verwys word.
Dit is duidelik dat die "fraud" waarvan daar
in hierdie
Engelse sake gepraat word as die grond waarop
'n prinsipaal aan wie se agent
'n omkoopgeskenk gegee is,
uit 'n ooreenkoms kan tree, nie dieselfde inhoud
het as
die bedrog waarmee 'n mens gewooniik in ons reg te doen
het wanneer
een party by 'n kontrak toegelaat word om weens
die bedrog van die ander
party ui t 'n ooreenkoms te tree
nie, d.w.s., bedrog wat daarin bestaan dat
'n party as gevolg
van bedrieglike wanvoorstellings wat daar aan hom
gemaak
is/
90
is, beweeg is om 'n ooreenkoms aan te gaan wat hy
andersins
nie sou aangegaan het nie. (Kyk bv. Karroo
& Eastern Board of
Executors & Trust Co. v. Farr and
Others, 1921 A.D. 413;
Frost v. Leslie, 1923 A.D. 276.)
"Fraud" kan blykbaar 'n baie wye
betekenis in die Engelse
reg hê, soos in die volgende passasie in
Kerr on the Law
of Fraud and Mistake (7de uitg., bl. 1)
aangedui word:
"It is not easy to give a definition of
what constitutes fraud in the
extensive
signification in which that term is under-
stood by Civil Courts
of Justice .... Fraud,
in the contemplation of a Civil Court of
Justice,
may be said to include properly
all acts, omissions, and concealments
which
involve a breach of legal or equitable duty,
trust or confidence,
justly reposed, and
are injurious to another, or by which an
undue or
unconscientious advantage is taken
of another. All surprise, trick,
cunning,
dissembling and other unfair way that is
used to cheat anyone is
considered as fraud."
'n/
91
'n Ontleding van die Engelse beslissihgs oor die
onder-
hawige onderwerp toon m.i. dat die werklike grondslag
van die reg
wat 'n party het om die ooreenkoms te repudieer
indien daar aan sy agent 'n
omkoopgeskenk deur die ander
party gegee is, daarin bestaan dat die reg
omkopery as 'n
immorele en ongeoorloofde handeling beskou en derhalwe
nie
toelaat dat die omkoper die ooreenkoms kan afdwing,
of dat die ander party
daaraan gebonde gehou moet word nie.
In die lig van wat hierbo gesê is,
meen ek dat,
wat ons reg betref, dit nie juis is om, soos in
Davies
v. Donald, supra, en Mangold Bros. Ltd v.
Minnaar and
Minnaar, supra, in navolging van Engelse sake
gedoen is, die
reg van 'n prinsipaal om 'n ooreenkoms wat deur die omkoop
van
sy agent verkry is, te repudieer op bedrog ("fraud") te gron
nie. 'n
Mens moet sê, meen ek, altans wat 'n geval soos die
onderhawige/
92
onderhawige betref, dat die prinsipaal se reg om die
oor-
eenkoms te verwerp, gegrond is op die ongeoorloofdheid
van die
metode, nl. omkopery, waarvan die ander party
gebruik gemaak het om hom te
beïnvloed om die ooreenkoms
aan te gaan. Wat betref die partye wat die
omkoopge-
skenk aan die agent van die ander party gegee het, moet
om
'n mens m.i. sê dat die reg hom nie toelaat/teen die wil
van die ander party 'n ooreenkoms af te dwing wat hy deur
middel van
ongeoorloofde gedrag, nl. omkopery, verkry
het nie.
Dit/
93
Dit is in hierdie verband ook nuttig om op die
bepalings
van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie,
No. 6 van 1958, te let. Art. 2
van die Wet (wat wesenlik
dieselfde bepalings as diá van sy
voorganger, die Korruptie
Verhinderings Wet, No. 4 van 1918, bevat) bepaal
o.m.:
"(2) Iemand wat -
(a) in die geval van 'n agent, op korrupte
wyse van iemand anders 'n geskenk of ver-
goeding ontvang of verkry of tot die
ontvangs daarvan instem of dit probeer
verkry, hetsy vir homself of vir 'n ander
persoon, by wyse van aansporing of beloning
vir die verrig of nalaat van 'n handeling
met betrekking tot die sake of besigheid
van sy prinsipaal... ; of(b) op korrupte wyse 'n geskenk of vergoeding
aan 'n agent gee of instem om dit te gee
of dit aanbied, by wyse van aansporing of
beloning om 'n handeling met betrekking tot
sy prinsipaal se sake of besigheid te ver-
rig/
94
rig of na te laat .... ; of
(c)
is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding
strafbaar met die strawwe
wat regtens vir die mis-
dryf omkopery opgelê is."
(Die "misdryf omkopery" waarna hier verwys word, is die
gemeenregtelike
misdaad omkopery. Die straf wat genoem
word, is deur art. 1 van Wet No. 43
van 1982 ingevoer.
Vóór dié wysiging was die
voorgeskrewe straf 'n boete van
hoogstens R2 000 of gevangenisstraf vir
hoogstens 5 jaar,
of beide sodanige boete of gevangenisstraf.)
Volgens
art. 1 van die wet beteken "agent" o.m. "iemand wat by
'n ander in
diens is of vir hom optree", en "vergoeding"
beteken "ook waardevolle
vergoeding van watter aard ook al."
Daar kan weinig twyfel bestaan dat Moodie en
Beyers se gedrag binne die bepalings van onderskeidelik
sub-art/
95
sub-art. (a) en sub-art. (b) van art. 2 van die bg.
wet
val. Indien in ag geneem word dat Beyers 'n omkoop-
geskenk aan Moodie gegee
het en dat Moodie, soos deur
Beyers beoog, respondent beweeg het om die
ooreenkoms
van 24 Februarie 1974 met appellant aan te gaan, beteken
dit
dat gedrag wat 'n oortreding van art. 2(a) en (b)
van die bg. wet uitmaak,
tot die sluit van die ooreenkoms
gelei het. Die reg kan, na my mening, weens
oorwegings
van openbare belang, appellant(ten behoewe van wie
Beyers
opgetree het) nie toelaat om 'n ooreenkoms wat op so 'n
wyse tot
stand gekom het, teenoor respondent af te dwing
ihdien hy besluit om dit te
verwerp nie.
Ek/
o6
Ek kom nou by die appèl teen die verhoorhof se
handhawing van respondent se teeneis. Die relevante
paragrawe van die
teeneis en appellant se pleit daarop is
hierbo aangehaal. Die partye het
vóór die aanvang van
die verhoor ooreengekom dat respondent se
regs- en ander
professionele koste R110 870-00 bedra het. Paragraaf 3
van
die teeneis, wat soos volg lui (ek herhaal dit geriefs-
halwe) -
"3. The said amount was incurred as a result
of the aforesaid unlawful conduct of the
plaintiff and in the premises the defendant
has sustained damages in that
amount, which
the plaintiff is liable to pay to the
defendant." ,
is in paragraaf 3 van appellant se pleit op die teeneis
ontken. Die
ontkenning lui soos volg:
"3./
97
"3. Die eiser ontken ieder en elke bewering
in hierdie paragraaf gemaak, asof spesifiek
weerlê."
Mnr Mostert het aan die einde van die verhoor
in die hof a quo betoog dat, selfs indien respondent se ver-
weer
op appellant se eis sou slaag, respondent nie op
skadevergoeding geregtig sou
wees nie aangesien hy nie
bewys het dat hy RllO 870-00,of enige ander bedrag,
skade
gely het nie. Sy betoog was - net soos in hierdie hof -
dat die
teeneis 'n eis ex delicto is; dat by so 'n eis die
eiser kan eis dat
die delikpleger hom in die posisie moet
plaas waarin hy sou gewees het as die
delik nie gepleeg
was nie; dat die ooreenkoms van 24 Februarie 1974
respondent
in 'n beter finansiële posisie geplaas het as waarin hy
vóór/
98
vóór die aangaan van die
ooreenkoms was, en dat die
omvang van respondent se skade nie bepaal kan word
as
daar nie rekening gehou word met die winste wat hy van-
weë die
bestaan van die ooreenkoms gemaak het nie. Respon-
dent, is daar aangevoer,
het nie aangetoon welke winste
die ooreenkoms vir hom meegebring het nie en
gevolglik
het hy nie bewys dat hy skade gely het nie, of, indien hy
wel
skade gely het, wat die skade beloop het nie.
Die verhoorhof het hierdie
betoog vanweë ver-
skeie oorwegings nie aanvaar nie. Die eerste hiervan
is
dat die ooreenkoms net vir die vervoer, opberg en strooi
van kunsmis
voorsiening maak en dat dit twyfelagtig is of
gesê kan word dat winste
wat respondent met die verkoop
van/
99
van kunsmis gemaak het deur die ooreenkoms meegebring
is.
Die tweede is dat die moontlikheid dat die ooreenkoms wel
vir
respondent voordelig was vanweë die groter hoeveelheid
kunsmis wat hy
verkoop het, "too remote" was "to be taken
into account in assessing the
diminution of the defendant's
patrimony resulting from the plaintiff's
unlawful conduct."
Die derde oorweging is dat appellant nie gepleit het
dat:
respondent sy skade op 'n verkeerde manier bereken het
deurdat hy nie
die voordeel wat hy vanweë die bestaan van
die ooreenkoms behaal het, in
ag geneem het nie.
Ek is daarvan oortuig, soos hieronder nader
aangedui word, dat appellant,
in die lig van sy pleit
op die teeneis, en ook in die lig van wat sy advokaat
in die
loop/
lOO
loop van die verhoor aan die verhoorregter gesê het
toe
daar namens respondent teen sekere kruisondervraging van die
getuie
Britten beswaar gemaak is, nie kan betoog dat respon-
dent nie sy skade bewys
het nie. Ek vind dit gevolglik
nie nodig om op die ander oorwegings wat by
die verhoorhof
gegeld het, in te gaan nie.
Paragraaf 2 van die pleit op
die teeneis bevat
'n ontkenning van die bedrag van respondent se
regskoste,
maar daar is later - vóór die verhoor - ooreengekom
dat die
koste RllO 870-00 beloop het. Paragraaf 3 van die pleit
bevat 'n
ontkenning van die bewerings in paragraaf 3 van die
teeneis. Dié
bewerings is (i) dat die onkoste as gevolg
van appellant se onregmatige
gedrag aangegaan is, en (ii)
dat/
101
dat respondent daardie bedrag skade gely het. Paragraaf
3 van die pleit
bevat m.i. geen aanduiding van 'n verweer
dat daar, bo en behalwe appellant
se ontkenning van die
onregmatige optrede waarvan hy deur respondent
beskuldig
word, nog 'n ander rede bestaan waarom respondent nie
op
betaling van die'geëiste bedrag geregtig is nie. Om dit
anders te
stel: daar is niks in paragraaf 3 van die pleit
wat aandui dat appellant die
verweer opper dat selfs indien
hy hom aan die beweerde onregmatige optrede
skuldig gemaak
het, en selfs indien respondent onkoste as gevolg
van
daardie onregmatige optrede aangegaan het, hy (appellant)
nogtans nie
verplig is om respondent vir dié onkoste te
vergoed nie. As appellant
beoog het om so 'n verweer te opper
moes hy dit in duidelike taal gepleit
het.
Daar/...
102
Daar is nog 'n verdere oorweging. In die loop
van die
kruisondervraging van Britten is hy in 'n stadium
ondervra oor voordele wat
die ooreenkoms vir respondent
meegebring het en oor profyte wat respondent
met die ver-
koop van kunsmis gemaak het. Mnr Maisels,
namens
respondent, het teen hierdie vrae beswaar gemaak en aan
die hof
gesê:
"M'lord, before my learned friend continues
cross-examination of this
witness, I wish
to raise a point. M'lord, my learned friend,
your lordship
will recall, was cross-examining
the witness on a document Exhibit 'G'
which
was handed in yesterday, which I assume was
intended to show, I am
not quite clear what
it was intended to show, that there was a
profit ....
(Witness Dritten requested to
leave the Court.) M'lord, if this
cross-
examination ... your lordship will recall
the document was headed
'opsomming' and if
this cross-examination was directed to show
that the
Defendant thought that the association
with the Plaintiff would be profitable
or
that it was profitable and that therefore
as /.....
103
as a matter of probability, the - Moodie
would have told
certain persons in the
Defendant's employ, or directors, of
this
arrangement he had with Mn Beyers, then of
course there is no
objection to that course
of cross-examination, that line of
cross-
examination at all, that would tend, as I
understand it, ....
(inaudible) ... of
probabilities.
Your lordship would have observed from
the pleadings, that as far as we've
been
able to ascertain, where there is only one
defence raised, and that
is that it wasn't
a bribe because inter alia, it wasn't a
bribe or the
option, or the buying of the
option and the insurance policy,
there
weren't bribes at all, because the defendants
or certain of his
officials and directors,
knew of the fact that Mr. Moodie had an
option to
acquire those shares, to acquire
an interest in the Plaintiff
company.
M'lord that appears quite clearly from the
pleadings ".
En:
So/
104
So, ... on the pleadings as they stand,
the issues as we
have understood them,
are, was there a bribe in the sense not
that the
option to take up the shares was
not given, not that the policy was not
given,
not that the R100 000 was not paid, but was
there a bribe which was
not known to the
Defendant. That is the issue of the pleadings
and M'lord
if one looks at the application
papers that was the defence raised ".
En ook:
"M'lord that was the defence. Now m'lord,
insofar as my learned friend
seeks to break
down our claim that we did not know by
showing that this
was a profitable, or may
have been profitable or was a
profitable
transaction or was a good thing, from our
point of view, I have
no objection whatsoever
to the cross-examination. It's
perfectly
legitimate, but if there is some other
purpose, some other legal defence of which
we are unaware, then m'lord
that's not been
pleaded and if my learned friend intends
making any use of
it, then m'lord our sub-
mission is, if there is some other legal
ground/
105
ground, I don't know of it, then that must
have been pleaded, and m'lord I ínvite my
learned friend to tell us if he stands by
his pleadings as they are."
Hierop het mnr Mostert soos volg geantwoord:
"To answer my learned friend's last question
first, we stand by our pleadings as they
are.
On the relevancy m'lord of this cross-
examination the limits allowed the cross-
examiner generally, may I refer your
lordship to page 355 of the latest issue
of Hoffmann, 3rd Edition Although it's
under the title 'Cross-examination to credit',
m'lord, the principle applies universally
in our submission."
Mnr Mostert het toe die volgende passasie uit Hoffmann
en Zeffert, South African Law of Evidence, 3de uitg,
bl. 355, aangehaal. (Ek haal die passasie aan soos
dit in die boek verskyn, met weglating van die advokaat
se/
106
se kommentaar tussenin terwyl hy die passasie gelees het.):
"Relevance to credit is a very elastic
concept. A witness's credit means
not
only his honesty but also his powers of
perception, his memory and his
accuracy
of narration. Judges have frequently
emphasised that the parties
and their
representatives should be allowed a wide
latitude in asking
questions which may be
relevant to any of these matters. Thus
Trollip J A
in Shatz Investments (Pty) Ltd
v. Kalovyrnas (1976 (2) S.A. 545
(A) at
560), in commenting on the fact that there
had been an inordinately
long cross-
examination that appeared to be irrelevant,
remarked that 'one
should bear in mind that
usually a wide latitude should be afforded
a
defendant in presenting his defence,
especially when he is confronted with
a
substantial claim for damages'. The cross-
examiner should be allowed as
far as possible
to question the witness without interruption
from the
Court. It should not be necessary
for him to indicate in advance the
possible
relevance of each question, since the cross-
examiner may not
wish to disclose this to
the/
107
the witness until after he has committed
himself to an
answer."
Mnr Mostert het verder o.m. gesê:
".... I give your lordship the assurance
..... that the questions that I
am asking
of this witness, are relevant and I do so
in the full knowledge
that I will be called
upon to justify this later to your lordship
when I address you in counsel's address
I ask your lordship to allow me to continue
on the basis indicated and on
the assurance
that the questions are relevant to issues
in this case."
Hierna het mnr Mostert voortgegaan en vrae van dieselfde
aard as dié waarteen mnr Maisels beswaar gemaak het,
gevra.
Dit blyk dat mnr Maisels van mening was dat
vrae oor die voordeligheid van die ooreenkoms toelaatbaar
kon/
108
kon wees met betrekking tot die vraag of respondent
die ooreenkoms
sou verwerp het as hy van die opsie
geweet het (soos hy beweer het dat hy sou
gedoen het),
maar nie, gesien appellant se pleit, vir 'n ander doel
nie.
Dit moes vir mnr Mostert ook duidelik gewees het hoe
mnr
Maisels die aangeleentheid verstaan het. In al die
omstandighede moes
daar na my mening 'n duidelike, open-
hartige antwoord aan die hof gegee
gewees het oor wat,
volgens appellant, die relevantheid van die vrae van
sy
advokaat was. Die eerste drie sinne van die passasie
wat mnr
Mostert uit Hoffmann en Zeffert se werk aange-
haal het, het klaarblyklik nie betrekking op die geval
voor die hof gehad nie. Die verwysing na Shatz se
saak in die aangehaalde passasie was ook nie ván toe-
passing/
109
passing op die saak nie. Die woorde van Trollip,
A.R.,
wat in die passasie verskyn, is gebesig met be-
trekking tot
kruisondervraging oor 'n som geld wat die
huurder van 'n sakeperseel aan
"fixtures and fittings"
sou bestee het. Die bedrag was 'n item wat in
geskil
was tussen die partye, en die lang kruisondervraging
waarvan die
geleerde regter gepraat het,was dus kruis-
ondervraging in verband met 'n
punt wat ter sake was -
al het dit dan ook geblyk dat sommige vrae wat gevra
is
nie relevant was nie. In die onderhawige geval het 'n
mens met iets
anders te doen, nl. kruisondervraging oor
'n punt wat nie behoorlik in
appellant se pleit op die
teeneis geopper is nie.
lit/
110
Uit die voorgaande volg dat ek van mening is
dat die
appél teen die verhoorhof se bevinding oor
respondent se teeneis nie
kan slaag nie.
al
Uit hoofde van/die voorgaande is ek van mening
dat die appèl in sy geheel afgewys moet word.
Wat die koste van die
appèl betref, het respon-
dent aangevoer dat indien die appèl
afgewys word,
appellant gelas moet word om respondent se koste op
'n
prokureur-en-kliënt-basis te betaal, insluitende die
koste van
drie advokate.
Met betrekking tot die betoog aangaande prokureur-
en-kliënt-koste,
blyk dit uit die verhoorregter se uit-
spraak dat hy dit op grond van veral
twee oorwegings
ernstig oorweeg het om so 'n bevel teen appellant te gee.
Hy/
111
Hy het in hierdie verband gesê:
"What has concerned me mainly in this
connection is plaintiff's argument
based
on :
(1) the allegation that the defendant
was so keen on the spreading
contract
that it would have overlooked the/fact
that Moodie had been
bribed, if
it had discovered that; and
(2) the allegation that the defendant's
own robust business practices
were
such that it would have tolerated
a little amount of non-disclosure
by Beyers and Moodie, if it had
found
out about it; so that there
was no necessity to disclose
the
bribe.
These arguments, in my view, border on the
impudent; and an
enormous amount of time
was consumed with the evidence led in an
attempt
to substantiate them. These
considerations have almost persuaded me
that
costs on the attorney and client scale
should be awarded."
Die/
112
Die geleerde regter het egter besluit om nie so 'n
koste-bevel te gee nie en het gesê:
"However, after consideration of the case
as a whole, I have come to the
conclusion
that this is not a case where the court's
disapproval should be
marked by an order
for attorney and client costs. The trial
was conducted
at times with a certain degree .
of acrimony and on occasion
exaggerated
language may have been used. Issues were
raised which occupied
a considerable amount
of time, but later turned out to be un-
successful.
It would, however, in my view,
be unjustified to stigmatise the conduct
of
the case as having been improper. The
costs will therefore be confined
to costs
on the party and party scale."
Respondent het voor ons betoog dat hierdie hof, ten
spyte van die bevinding van die verhoorhof, sy misnoeë
met die feit
dat appellant na hierdie hof geappelleer
het, moet te kenne gee deur die
appêl met prokureur-en-
kliënt/...
113
kliënt-koste af te wys. Ek het hierdie betoog
ernstig
oorweeg, maar vind my nie bereid om daaraan gehoor te
gee nie. Die
verhoorregter, wat al die getuienis in
die saak aangehoor het en persoonlik
waargeneem het op
welke wyse en in welke gees die saak voor hom gevoer
is,
het, ten spyte van oorwegings wat hom byna beweeg
het om appellant met 'n
bevel van prokureur-en-kliënt-
koste te straf, ná ernstige
oorweging besluit om dit
nie te doen nie, en ek is nie daarvan oortuig
dat
hierdie hof nou, vanweë die feit dat appellant geappelleer
het,
verder moet gaan as wat die verhoorregter bereid
was om te gaan nie.
Met
betrekking tot die betoog dat respondent
die koste van drie advokate
toegelaat moet word, blyk
dit dat albei partye by die verhoor deur drie
advokate
verteenmoordig/.......
114
verteenwoordig is; dat albei partye
van mening was dat
die party wat slaag die koste van drie advokate
toege-
laat moet word, en dat die verhoorregter van oordeel
was dat die
saak vanweë sy "complexity" die gebruik
van die dienste van drie
advokate geregverdig het.
Appellant, wat in hierdie hof deur net twee
advokate
verteenwoordig is, het betoog dat 'n bevel wat die
koste van drie
advokate toelaat, nie geregverdig sou
wees nie. Ek stem hiermee saam. Die
saak het by die
verhoor, wat etlike dae geduur het, 'n veel groter
omvang
as in hierdie hof gehad. Die appèl is in één dag
af-
gehandel, en by oorweging van respondent se skriftelike
betoogpunte en
sy mondelinge betoog in hierdie hof is
ek/
115
ek geensins daarvan oortuig dat 'n bevel wat die koste
van
drie advokate toelaat, geregverdig sou wees nie.
Die appèl word met
koste afgewys,insluitende
die koste van twee advokate.
P J RABIE
HOOFREGTER.
MILLER, AR.
HOEXTER, AR.
Stem saam.
BOTHA, AR.
VAN HEERDEN, AR.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1985/133.html