South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 94

| Noteup | LawCite

S v Sibande (252/83) [1984] ZASCA 94; 1984 (4) SA 708 (A) (6 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


SANNIE ROBERT SIBANDE

EN

DIE STAAT

252/83/ACV

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
SANNIE ROBERT SIBANDE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: Wessels,Jansen,Kotzé, Viljoen, ARR et Vivier, Wn AR
VERHOOR: 17 Augustus 1984
GELEWER: 6 September 1984

UITSPRAAK WESSELS, AR
Appellant is op 27 Februarie 1980 gedurende 'n sit-ting van die Oostelike Rondgang van die Hooggeregshof te

Nelspruit

2
Nelspruit deur regter F S Steyn aan strafbare manslag
skuldig bevind. Hy is gevonnis tot 'n boete van R50
of ses maande gevangenisstraf en 'n verdere periode van 3

jaar gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is.

Na aanleiding van verlof daartoe verleen deur die

voorsittende regter van die hof a quo, kom appellant na
hierdie hof in hoër beroep teen die skuldigbevinding en

vonnis op grond daarvan dat hy ten tye van die pleging van

die misdryf deur geestesongesteldheid aangetas was en nie
die ongeoorloofdheid van sy handeling besef het nie. Dit

blyk uit die oorkonde dat die voormelde verlof om te appel-

leer toegestaan is na aanleiding van psigiatriese getuienis
wat dr. J P Verster in latere verrigtinge teen die appellant

afgelê

het

3 het waartydens hy ook 'n eenparige psigiatriese verslag van homself en dr. P H Henning oor appellant se geestesvermoens ingehandig het. Die hof a quo was nie bevoeg om die skuldigbevinding en die vonnis tot niet te doen nie, en het derhalwe aan appellant verlof verleen om na hierdie hof te appelleer. Dit is namens appellant betoog, tereg na my mening, dat die bogenoemde psigiatriese getuienis verdere getuienis is soos bedoel in art. 316(4) van die Strafproseswet, Nr 51 van 1977.
Die advokate wat in hierdie hof namens die partye opgetree het, is dit eens dat die skuldigbevinding en vonnis van die hof a quo tot niet gedoen moet word en dat die saak ooreenkomstig die bepalings van art. 78(6) van die Straf-

proseswet

4
proseswet afgehandel moet word. Die enigste twis tussen
hulle betref die vraag of hierdie hof die bevoegdheid het
om die geval af te handel en of dit na die hof a quo vir
afhandeling terug verwys moet word.

Namens die Staat is verwys na art. 158 van die

Strafproseswet wat soos volg lui:

"Behalwe waar hierdie Wet of 'n ander wet uitdruklik anders bepaal, vind alle strafregtelike verrigtingein die aanwesigheid van die beskuldigde plaas."

Dit is betoog dat hierdie wetsbepaling gebiedend is. Daar
is ook verwys na die uitspraak in S v Eyden, 1982(4) SA
141(T). Die feite van die geval blyk uit die uittreksel wat bo die uitspraak verskyn. Dit lui soos volg:

"Toe

5

"Toe die beskuldigde voor die landdros verskyn het, het die Staatsaanklaer vermoed dat die beskuldigde geestes-ongesteld of -gebrekkig was en hy het sekere getuienis voor die hof gelê. Die beskuldigde is nie gevra om te pleit nie. Die gevolg was dat die hof ingevolge art 78(2) van Wet 51 van 1977 gelas het dat die aangeleentheid ooreenkomstig art 79 ondersoek moes word en dat verslag gedoen moes word. Die beskuldigde is na 'n hospitaal vir sielsiekes verwys. Op 9 September 1981 is 'n verslag oor die beskuldigde se geestestoestand beskik-baar gestel en daarln is die mening uit-gespreek dat die beskuldigde nie in staat was om hofverrigtinge te begryp nie. Die saak het weer voor die hof gedien op 22 September. Die verslag is by dié ge-leentheid voor die hof gelê. Die beskul-digde was nie voor die hof nie en die hof het 'n bevel uitgereik in terme van art 77(6) van Wet 51 van 1977, nl 'dat dit bevind word dat die beskuldigde nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge

dermate

6

dermate te begryp dat hy na behore sy verdediging kan voer nie en gelas dat die beskuldigde in 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n gevangenis aangehou word hangende die beskikking van die Staats-president'. Op hersiening, Beslis, dat die hofsitting op 22 September 'n strafregtelike verrigting' was en onderworpe was aan die vereistes van art 158 van Wet 51 van 1977, wat gebiedend was, dws die verrigtinge moes in die aanwesig-heid van die beskuldigde plaasgevind het. Beslis, gevolglik dat die bevel 'ingevolge art 77(6)' tersyde gestel moes word en die saak na die landdros terugverwys moes word."

In die onderhawige geval blyk dit egter dat die ge-

tuienis betreffende sy geestesvermoëns in die hof a quo in

latere verrigtinge afgelê is in die aanwesigheid van sowel
die appellant as sy advokaat. Die getuienis is egter deel

van
7 van die notule wat in hoer beroep aan hierdie hof voorgelê is. Die verligting wat aangevra word is nie daarop gerig om die skuldigbevinding en vonnis nietig te verklaar en die saak na die hof a quo terug te verwys ten einde ver-dere getuienis aan te bied nie. Inderdaad word hierdie hof gevra om die skuldigbevinding en vonnis van die hof a quo tot niet te doen sodat 'n bevel ooreenkomstig die be-palings van art 78(6) van die Strafproseswet uitgereik kan word.

In S v Thomas and Another, 1978(1) 329 A is beslis dat die begrip "strafregtelike verrigtinge" in art 158 ook slaan op verrigtinge in hoër beroep. Na my mening, egter,

gesien

8 gesien die spesiale omstandighede van die onderhawige geval, is ek van mening dat die appèl deur hierdie hof afgehandel kan word ooreenkomstig die bevoegdheid verleen by art 322(1)(c) van die Strafproseswet.
Uit die oorkonde blyk dat die oorwig van waarskyn-likhede daarop dui dat toe appellant die handeling verrig het wat daartoe gelei het dat hy weens moord aangekla is, hy vanweë geestesongesteldheid nie strafregtelik toereken-baar was toe hy die betrokke handeling verrig het nie. Dit volg dus dat die skuldigbevinding en vonnis wat deur regter S P Steyn uitgespreek en gevel is tot niet verklaar moet word en dat dit vervang word met 'n bevinding ooreenkomstig die bepalings van art 78(6) van die Strafproseswet dat appellant

vanweë

9 van geestesongesteldheid onskuldig aan die ten laste gelegde misdryf is. Voorts word beveel dat appellant in 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n gevangenis afhangende die beskikking van die Staatspresident aangehou word.

P J WESSELS, AR

JANSEN, AR

KOTZÉ, AR

VILJOEN, AR Stem saam

VIVIER, WNAR