SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 88

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Mlati (449/1983) [1984] ZASCA 88 (3 September 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


LL Saak No. 449/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:
JAMES MLATI Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: CILLIê, HOEXTER et BOTHA ARR

VERHOORDATUM: 15 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM: 3 SEPTEMBER 1984

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

BOTHA AR:-
Die appellant is in die Witwatersrandse Plaas-
like Afdeling skuldig bevind aan verkragting en ter dood
veroordeel. Hy is ook skuldig bevind aan aanranding
met die opset om ernstig te beseer, ten opsigte waarvan
hy 'n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf opgelê is. Na-
dat die Verhoorregter (F S STEYN Wh R) verlof om te
appelleer geweier het, het die appellant 'n versoekskrif
aan die Hoofregter gerig, wat daartoe gelei het dat aan |
die appellant die nodige verlof toegestaan is om na hier-die Hof in hoër beroep te kom teen sy skuldigbevindings en die vonnisse wat hom opgelê is.

Die saak teen die appellant het voortgespruit uit

/gebeurtenisse ...

3.

gebeurtenisse wat plaasgevlnd het gedurende die aand van 21 Januarie 1983 by die President-spoorwegstasie in Germiston. 'n Jong dame en haar metgesel is deur 'n bende van 4 mans aangeval en onderwerp aan 'n langdurige en wreedaardige aanranding. Die jong dame was destyds 21 jaar oud. Die appellant se skuldigbevinding aan verkragting het op haar betrekking, en ek sal na haar verwys as die klaagster. Die skuldigbevinding aan aanranding met die opset om ernstig te beseer het be-trekking op haar metgesel; ek sal na hom verwys as die klaer. Die klaer was nie as 'n getuie by die appellant se verhoor beskikbaar nie, aangesien hy die land intussen verlaat het. Die enigste getuienis

/voor ...

4.

voor die Verhoorhof oor wat op die betrokke aand gebeur het, was dié van die klaagster.
In hooftrekke is die klaagster se relaas van die gebeure soos volg. Sy en die klaer het na die stasie gegaan met die doel om 'n trein na Johannesburg te haal. Om die regte platform te bereik, het hulle met 'n voet-gangersbrug oor die trelnspore geloop. Terwyl hulle besig was om die trappe van die brug af te klim, het twee Swart mans opgeloop gekom en by hulle verbygegaan. Net daarna het nog twee Swart mans ook van voor af aan-gekom. Een van dlê twee het die klaagster aan haar keel vasgegryp en die ander het die klaer vasgegryp. Die twee mans wat verbygeloop het, het omgedraai en

/teruggekom ...

5.

teruggekom. Een van hulle, soos deur die klaagster in die Hof aangedui is, was die appellant. Hy het die klaagster se handsak gegryp en haar aan haar arm vasgegryp. Die ander een het die klaer gegryp. Aldus het twee van die mans die klaagster vasgehou (die een nog steeds met sy hand aan haar keel) en twee het die klaer vasgehou. Die klaagster en die klaer is gedwing om die trappe af te loop en oor die platform na 'n damestoilet. Hulle is in die toilet gedwing. Binne-in die toilet het die appellant 'n mes in sy hand gehad. Nadat die klaagster se rok opgetrek is, het die appellant herhaaldelik met die mes teen haar bobene gedruk; haar bene was besig om te vervel as gevolg van

/sonbrand ...

6.

sonbrand en die appellant wou weet waarom haar bene so gelyk het. Intussen was die ander twee mans besig om die klaer aan te rand. Beide die klaagster en die klaer is toe uit die toilet geneem en gedwing om met die platform langs te stap. Op 'n stadium het daar 'n trein by die stasie aangekom, stilgehou, en weer gery, en vir 'n wyle het die aanranders en hulle slag-offers stilgestaan, op so 'n wyse dat die slagoffers nie maklik vanuit die trein sigbaar sou wees nie. Daarna is die klaagster en die klaer gedwing om verder te loop tot by die einde van die platform, en vandaar nog verder tot by 'n plek in die veld waar daar bosse en lang gras was en waar dit donker was. Daar is dle

/klaagster ...

7.

klaagster om die beurt en herhaaldelik deur elk van die vier mans verkrag. Dit is onnodig om besonder-hede te verstrek van die langdurige, wreedaardige en erg vernederende mishandeling wat die klaagster verduur het. Mettertyd het die klaagster gemerk dat al vier die aanranders in die donkerte verdwyn het. Sy het opgestaan en gesien dat dle klaer 'n entjie daarvandaan agter 'n bostevoorskyn gekom het; skynbaar was hy daar om die beurt deur sommige van dle mans aangehou terwyl van die ander met die klaagster besig was. Die klaag-ster het gesien dat die klaer in sy bors gesteek was en dat hy besig was om te bloei. Die twee van hulle het in die rigting van die stasie gestap en op pad

/daarheen ...

8.

daarheen 'n polisieman teengekom. Hy het hulle hospi-taal toe geneem. Die klaagster is medies ondersoek, maar dit is nie nodig om die resultate van die onder-soek weer te gee nie, aangesien dit nie in geskil is dat die klaagster verkrag is op die wyse deur haar be-skryf nie. Die enlgste vraag is net of die appellant een van die mlsdadigers was.
Die appellant is 5 dae na die voorval, op 26 Januarie 1983, in hegtenis geneem. Dit blyk uit die getuienis van die ondersoekbeampte in die saak, speurder= sersant Du Plessis, dat die appellant aanvanklik nie in hegtenis geneem is as 'n verdagte in verband met die oor-tredings wat teen die klaagster en die klaer in die

/huidige ...

9.

huidige saak gepleeg is nle, maar wel vanweë beweerde ander misdrywe waarvan hy verdink was. Dit blyk ver-der uit Du Plessis se getuienis dat die appellant saam met 3 ander Swart mans gearresteer is. Volgens Du Plessis het hy ná die arrestasie gereël dat die 4 aan-gehoudenes moes deelneem aan 'n uitkenningsparade in ver-band met die huidige saak, soos hy sê, "omdat hulle vier persone was en omdat hulle beskrywing min of meer dieselfde was"; vermoedelik het hy bedoel dieselfde as wat geblyk het uit die verklaring wat hy vroeër van die klaagster geneem het (en moontlik ook dié van die klaer). So 'n parade is toe inderdaad gehou op dieselfde dag, 26 Januarie 1983. Op daardie parade is die appellant

/deur ...

10.

deur die klaagster uitgeken as een van die mans wat haar aangeval, aangerand en verkrag het. Ek sal later verwys na die wyse waarop die klaagster die appellant op die parade uitgewys het. Op dieselfde parade was die klaer nie in staat om enige persoon uit te ken nie.
Die appellant het by die verhoor getuienis afgelê en ontken dat hy enigsins betrokke was by die aanranding op die klaagster en die klaer. Hy het ook 'n alibl op-gewerp. Dit dien vermeld te word dat die appellant reeds op die dag van sy arrestasie besonderhede van sy aiibi aan die ondersoekbeampte verstrek het. Volgens die appellant was hy op die aand van die voorval by 'n sekere nagklub in Soweto. Hy het aan speurder-sersant

/bu Plessis ...

11.

Du Plessis, volgens laasgenoemde se getuienis, gegewens verstrek van nie minder nie as 7 persone wat hom op die betrokke aand by of in die omgewing van die nagklub ge-slen het. Die gegewens het Du Plessis opgeteken in 'n verklaring wat hy van die appellant geneem het. Met die oog daarop het die Staat sekere getuienis aangevoer ter weerlegging van die appellant se alibi. Die appel-lant het nietemin in sy getuienis met sy alibi volhard. Op sy getuienis en die Staat se poging om die alibi te weerlê sal ek later terugkom.

Uit die voorgaande kort oorsig van die getuienis is dit duidelik dat die vraag vir beslissing voor die Verhoorhof was of die klaagsber se uitkenning van die

/appellant ...
12. appellant as een van die bende wat haar aangeval en verkrag het, bo redelike twyfel betroubaar en korrek was. Die Verhoorhof het die vraag bevestigend beant-woord en ook bevind dat die appellant se ontkenning dat hy een van die bende was, asook sy getuienis oor sy alibi, verwerplik was en nie redelik moontlik waar kon wees nie. Die vraag voor hierdie Hof is tans of daar gronde bestaan om van hierdie bevindings van die Ver-hoorhof te verskil. Dit is die deurslaggewende vraag in hierdie appel, want dit is enkel en alleen die klaag-ster se uitwysing van die appellant as een van haar aanranders wat hom met die misdaad verbind; daar is geen ander getuienis wat enigsins dui op sy aandadigheid

/nie ...

13.

nie.
Die Verhoorhof het bevind dat die klaagster 'n besondere eerlike en billike getuie was. Daar is geen rede hoegenaamd om van hierdie hoë aanslag van die klaagster as 'n getuie te verskil nie. Inteendeel spreek die oorkonde duidelik van 'n indrukwekkende eer-likheid en van 'n opregte poging tot objektiwitelt en billikheid van dle kant van die klaagster in dle af-legging van haar getuienis. Daarby was die klaagster baie beslis en seker van die korrektheid van haar uit-kenning van die appellant as een van dle persone wat haar aangerand en verkrag het. Juis die klaagster se ooglopende eerlikheid en haar eie vaste oortuiglng

/van ...
14
van die korrektheid van haar uitkenning maan 'n mens egter tot groot versigtigheid by oorweging van die vraag of haar uitkenning met veiligheid as betroubaar aanvaar kan word, want in 'n saak soos die huidige mag die klaagster se eerlikheid en eie oortuiging nooit toegelaat word om die afsonderlike ondersoek na die be-troubaarheid van haar uitkenning te vertroebel nie. Waar die Staat se saak teen 'n beskuldigde in sy kern uitsluitlik berus op die uitkenning deur 'n enkele getuie van die beskuldigde as die misdadiger, lê die gevaar van 'n verkeerde skuldigbevinding juis opgesluit in die al-toos aanwesige moontlikheid dat die getuie 'n eerlike fout begaan in die identifikasie van die beskuldigde as

/die ...

15.

die misdadiger. Hierdie gevaar, in die samehang van

die teenstelling tussen eerlikheid en betroubaarheid,

is al telkemale in die regspraak uitgewys, maar die om-

standighede van die huidige saak verg dat dit weer eens

beklemtoon moet word. Om die rede haal ek by wyse
van voorbeeld uittreksels aan uit twee beslissings van

hierdie Hof. In die eerste, R v Masemang 1950 (2) SA
488 (A) op 493 het VAN DEN HEEVER AR gesê:

"The positive assurance with which an honest witness will sometimes swear to the identity of an accused person is in itself no guarantee of the correctness of that evidence .... In Wills on Principles of Circumstantial Evidence (7th edit. p. 193) the learned author cites a number of cases in which persons have been wrongly convicted (and even executed) on this type of evidence, which fills one with appre-hension."

/In ...

16.

In die ander saak, R v T 1958 (2) SA 676 (A) op 681

het OGILVIE THOMPSON Wn AR gesê:

"Again, undue weight cannot be attached to the circumstance that complainant readily picked out appellant at the identification parade. Her honesty is undoubted: the vital question is whether the firm belief of this young girl can be implicitly relied upon."

In verband met die betroubaarheid van die klaag-

ster se uitkenning van die appellant is daar twee aan-
vanklike betoogpunte deur die appellant se advokaat
aangevoer wat kortliks afgehandel kan word. Die eerste
punt was dat die klaagster se geleentheid om haar aan-

randers waar te neem beperk was, omdat die voorval om
half-elf in die aand plaasgevind het en die beligting

/in ...

17.

in die omgewing nie goed was nie. Hierdie punt het niks om die lyf nie. Dit blyk uit die getuienis wat die Staat voorgelê het, sowei van die klaagster self as van polisiebeamptes (op die besonderhede waarvan ek nie van voorneme is om in te gaan nie) dat die beligting inderdaad goed was by die trappe waar die klaagster eers aangeval is, en op die platform vanaf die trappe tot by die damestoilet ('n afstand wat die Verhoorhof bepaal het op minstens 15 na 20 meter), ook in die toilet self, en weer op die platform van die toilet af tot aan die einde daarvan (wat volgens die bevinding van die Verhoorhof 'n afstand van ongeveer 200 meter is). Weliswaar was daar geen beligting op die plek waar die klaagster verkrag

/is ...

18.

is nie, maar sy het getuig dat elkeen van die vier mans wat haar en die klaer weggevoer het haar om die beurt en herhaaldellk verkrag het. Sy het ook verklaar dat sy weet dat die appellant in die besonder een van diê was wat haar verkrag het; op hierdie deel van haar getuienis sal ek later terugkom. Vir die huidige is dit genoeg om te sê, soos die Verhoorhof ook tereg be-vind het, dat die klaagster op die trappe, in die toilet, en op die platform, voldoende geleentheid gehad het, wat tydsduur en beligting betref, om haar aanranders waar te neem.
Die tweede punt was dat die klaagster se vermoë om haar aanranders goed waar te neem beperk was, vanweë

/die ...

19.

die skok en vrees wat die aanval by haar veroorsaak
het. Dat die klaagster geskok en vreesbevange was,

is gewis - sy het dit self geredelik toegegee. Maar I
dat haar waarnemingsvermoë nie daardeur wesenlik be-

lemmer is nie, blyk uit die feit dat sy in staat was om
'n heldere en gedetailleerde beskrywing te gee van alles
wat gebeur het. Sy kon byvoorbeeld presies vertel hoe

sy by die twee mans wat haar vasgegryp en vasgehou het,
gepleit het om haar los te laat, en wat sy alles gesê
het om hulle te probeer oorreed om dit te doen, en hoe
hulle daarop gereageer het deur haar uit te skel, te
beledig en te dreig. Die Verhoorhof het bevind dat
haar optrede daarvan getuig dat sy by haar volle positiewe

/was ...

20.

was, dat sy redelik kon dink en goed kon waarneem. Daardie bevinding is onaanvegbaar. Ook in hierdie punt steek daar dus niks nie.
Die probleme in verband met uitkenning in die huidige saak lê nie in die geleentheid of die vermoë van die klaagster om waar te neem nie.
Die probleme in verband met die uitkenning van die appellant in die huidige saak spruit voort uit die feit dat die appellant die eienaar was van 'n swart leer-baadjie.

Uit die klaagster se getuienis blyk dit duidelik dat sy akuut bewus en baie seker daarvan was dat een van haar aanranders 'n leerbaadjie aangehad het tydens

/die ...

21 .

die voorval. Dit was die man wat op die trappe van agter af gekom het en die klaagster se handsak gegryp het en haar aan die arm vasgegryp en vasgehou het, en wat in die toilet 'n mes teen haar bene gedruk het. Dit blyk verder dat die klaagster aan die ondersoekbeampte gemeld het dat een van haar aanvallers 'n leerbaadjie gedra het en dat daardie feit opgeteken is in die ver-klaring wat Du Plessis van haar geneem het. Toe die appellant in hegtenis geneem is, het hy 'n swart leer-baadjie aangehad. Du Plessis was bewus van die belang-rikheid van die leerbaadjie as 'n onderskeidende kenmerk van een van die aanranders, maar nadat hy besluit het dat 'n uitkenningsparade gehou moes word en stappe dien-

/ooreenkomstig ...

22.

ooreenkomstig in werking gestel het, het hy, soos dit hom as ondersoekbeampte betaam het, niks verder met die werklike reelings van die parade te doen gehad nie en dit aan ander lede van die polisiemag oorgelaat. Die lid in bevel van die parade was speurder-sersant Aucamp. Volgens sy getuienis was hy heeltemal onbewus daarvan dat 'n leerbaadjie enige roi in die uitkenning van enige van die verdagtes sou kon speel. So het dit dan gebeur dat die appellant op die parade gaan staan het met sy leerbaadjie aan. Daar was altesaam 11 mans op die parade. Verskeie kleurfoto's van die parade is as bewysstukke by die Verhoorhof ingedien. Uit 'n bestudering daarvan blyk dit dat geeneen van die ander

/10 ...

23.

10 persone op die parade 'n bolyf-kledingstuk aangehad
het wat beskryf sou kon word as op enige wyse redelik
vergelykbaar in voorkoms te wees met die swart leer-
baadjie van die appellant nie.

Op grond van die voorgaande is die gevolgtrek-
king na my mening onvermydelik dat die uitkenningsparade
mank gegaan het aan 'n wesenlike gebrek. In Kola v Rex

1949 (1) PH, H 100, het SCHREINER AR die volgende gesê:

"But an identification parade though it ought to be a most important aid to the admlnistra-tion of justice may become a grave source of danger if it creates an impression which is false as to the capacity of the witness to identify the accused without the aid of his compromising position in the dock. Unsatis-factory as it maybe to rely upon the evidence of identification given by a witness not well

/acquainted ...

24.

acquaintéd with the accused, if that witness has not been tested by means of a parade, it is worse to rely upon a witness whose evidence carries with it the hall-mark of such a test if in fact the hall-mark is spurious. Of course an identification parade is not neces-sarily useless because it is imperfect. In some respects the quality of the parade must necessarily be a question of degree."

In daardie geval was die getuienis aangaande dle wyse
waarop die parade gehou is gebrekkig in 'n opsig wat nie

in die huidige saak ter sake is nie, maar die benadering
wat weerspieël word in die aangehaalde passasie is nie-

temin hler van toepassing. Wanneer 'n besondere item
van aldagse kleredrag 'n prominente rol speel in die
beskrywing van 'n misdadiger se voorkoms wat deur 'n ge-

tuie aan die polisie verstrek word, en daar word dan 'n

/parade ...

25.

parage gehou waarop slegs een van die persone aanwesig so 'n stuk kleredrag dra terwyl die ander aanwesige per-sone se kleredrag nie redelikerwys daarmee vergelykbaar is nie, dan is daar ±n die algemeen, en behoudens be-sondere omstandighede wat in 'n ander rigting mag dui, 'n wesenlike gevaar dat die uitwysing deur die getuie van die betrokke persoon as die misdadiger 'n skyn van betroubaarheid aan die uitkenningsvermoë van die getuie kan verleen wat vals is, omdat dit maklik kan gebeur dat die uitkenning slegs op die kleredrag gebaseer word en 'n uitkenning op sodanige basis geen werklike oor-redingskrag bevat ten opsigte van die vraag of die per-soon wat uitgewys is in der waarheid die misdadiger is

/nie ...

26.

nie. Dit is na my mening 'n juiste samevatting, in abstrakte terme, van die beredenerlng van VAN DEN HEEVER AR in R v Masemang supra op 490 - 494. In daardie saak was die feite, wat betref die kleredrag van die verdagte op parade, in alle wesenlike opsigte vergelykbaar met die posisie in die huidige saak. In daardie saak was daar 'n bykomende omstandigheid aan-wesig, naamlik dat die klaagster voordat sy die parade bygewoon het deur die polisie onder die indruk gebring is dat die misdadiger wel op die parade aanwesig was, wat nie in die huidige geval die posisie is nie. Ten spyte van die verskil tussen daardie saak en die huidige meen ek dat die gevolgtrekking van VAN DEN HEEVER AR op

/493-4 ...

27.

493-4 ook op die huidige saak van toepassing is:

"The probative value of personal identi-fication wiil of course depend upon all the surrounding circumstances and each case wlll have to be decided on its merits. But where such identification rests upon the testimony of a single wit-ness and the accused was identified at a parade which was admittedly conducted in a manner which did not guarantee the standard of fairness observed in the recognised procedure, but was calculated to prejudice the accused, such evidence standing alone can have little weight."

Die uitdrukklng "calculated to prejudice the accused"
sinspeel natuurlik nie op 'n doelbewuste beplanning van
die polisiebeamptes om die beskuldigde te benadeel nie;
dit verwys na die bestaan van feite wat, objektief
beoordeel, tot gevolg het dat die beskuldigde blootgestel

/is ...

28.

is aan benadeling, hoe ook al daardie feite tot stand gekom het. In hierdie verband moet ek dit duidelik stel, om regverdig te wees teenoor die polisiebeamptes wat betrokke is by die huidige saak, dat daar geen sprake is van enige onbehoorlike optrede van hulle kant met betrekking tot die uitkenningsparade en die wyse waarop dit gereël en gehou is nie. Uit die verloop van die gebeure soos ek dit vroeër geskets het, is dit duidelik dat die gebrek wat aan hierdie parade vasge-kleef het, die gevolg was van 'n ongelukkige sameloop van omstandighede en dat nog Du Plessis nog Aucamp van onbehoorlike of onreëlmatige optrede verwyt kan word. Dat dit so is, doen egter nog geen afbreuk nie aan die

/feit ...

29.

feit dat in die resuitaat die parade tog nie voldoen het aan die vereistes van billikheid teenoor die appel-lant waaraan daar voldoen behoort te gewees het nie. Vervolgens is dit nodig om aandag te skenk aan twee verdere aspekte van die getuienis aangaande die parade in hierdie saak, wat, so is daar namens die Staat betoog, hierdie saak onderskei van Masemang se saak, supra. Die eerste is die getuienis van Aucamp dat hy, nadat die parade opgestel is, die verdagtes gevra het of huiie tevrede is met die parade en of hulie enige versoek te rig, gehad het. Volgens Aucamp het al die aanwesiges geantwoord dat huile tevrede was met die parade en was daar geen versoeke nie. Op grond hiervan is daar namens

/die ...

30.

die Staat betoog dat die appellant die geleentheid ge- I

had het om sy leerbaadjie uit te trek as hy dit wou

doen, dat hy die geleentheid nie benut het nie, en

dat hy hom dus nie kan bekla daaroor dat die parade ge-
brekkig was nie. Met hierdie betoog kan ek nie saam-

stem nie. Dit blyk wel uit Du Plessis se getuienis
dat die appellant reeds op die dag van sy inhegtenis-
neming, as gevolg van 'n gesprek wat daar tussen hom
en Du Plessis plaasgevind het (die besonderhede daarvan

sal ek later behandel), bewus moes gewees het van die
belangrikheid van die leerbaadjie wat hy gedra het as
'n moontlike aanduiding dat hy een van die misdadigers
was wat betrokke was by die voorval wat Du Plessis besig

/was ...

31.

was om te ondersoek, maar dit is nie duidelik uit die getuienis of die betrokke gesprek plaasgevind het voor of nadat die parade gehou is nie. Die parade is om ongeveer half-drie die middag gehou, terwyl Du Plessis in een stadium van sy getuienis gesê het dat hy om ses-uur die aand met die appellant gepraat het. As die kwessie van die leerbaadjie toe vir die eerste keer ter sprake gekom het, en die appellant is onskuldig, dan sou hy natuurlik geen rede hoegenaamd gehad het om op die parade daaraan te dink om sy baadjie uit te trek nie. Uit 'n ander deel van Du Plessis se getuienis blyk dit egter dat hy om tienuur die oggend die appel-lant gearresteer het, en dit is moontlik dat die kwessie

/van ...
32. van die leerbaadjie toe reeds bespreek is. Maar selfs as dit veronderstel word die geval te wees, kan dit nie die posisie verander nie. Of die parade aan die ver-eiste maatstaf van billikheid voldoen het, moet na my mening beoordeel word slegs aan die hand van die objek-tiewe feite. As dit daaruit blyk dat die parade mank gegaan het aan 'n gebrek, dan is daar 'n leemte in die Staat se saak, die uitwerking waarvan in 'n saak soos die huidige nie ongedaan gemaak kan word bloot op grond van die feit dat dit binne die appellant se vermoe was om die gebrek uit die weg te ruim en hy versuim het om dit te doen nie. Daar het geen plig gerus op die appellant om mee te werk tot die bewerkstelliging van 'n regverdige parade

/nie ...

33.

nie, en die Staat kan geen voordeel trek uit sy versuim
om dlt te doen nie. |

Die tweede stuk getulenis waarop die Staat

steun, is 'n gedeelte van die klaagster se getuienis, wat noulettende aandag vereis. Onder kruisondervraging het sy erken dat sy op die parade gesien het dat die appellant 'n leerbaadjie dra, maar sy het getuig dat dit nie die rede was waarom sy hom uitgewys het nie; sy sê dat sy hom herken het aan sy gesig, asook sy liggaams-bou, sy lengte, en sy algemene voorkoms, afgesien van die leerbaadjie, en dat sy hom sou uitgeken het selfs al was al dle persone op die parade op dieselfde manier gekleed. Die klaagster was uitgesproke in haar getuienis

/dat ...

34.

dat, alhoewel sy gesien het die appellant dra 'n leer-
baadjie, daardie feit nie 'n rol gespeel het in haar
uitkenning nie, aangesien sy dadelik die appellant her-
ken het aan sy gesig. Die Staat se betoog was dat !
hierdie sterk getuienis, afkomstig van 'n klaarblyklik
geloofwaardige getuie, voldoende was om die gebrek wat
aan die parade vasgekleef het vanweë die feit dat slegs
die appellant iets soos 'n leerbaadjie aangehad het, van
enige uitwerking te beroof. Op die oog af lyk hierdie
betoog oortuigend, maar na my oordeel kan dit nie aan-
vaar word nie, om die redes wat volg.
Vroeër is gemeld dat die klaagster akuut bewus was daarvan dat een van haar aanranders tydens die voorval

/'n ...

35.

'n leerbaadjie aangehad het. Dlt is nou nodig om iet-wat verder hieroor uit te brei. By 'n nalees van die klaagster se getuienis blyk dit onteenseglik dat hier-die leerbaadjie wat een van haar aanranders gedra het,
'n geweldige sterk indruk op haar gemaak en nagelaat het. Die aard en omvang van hierdle indruk kan ten beste aan-getoon word deur twee uittreksels uit haar getulenis aan te haal. In haar hoofgetuienis het sy, alhoewel sy die appellant in die beskuldlgdebank aangedui het as een van haar aanranders, geen melding gemaak van die feit dat hy 'n leerbaadjie aangehad het nie, maar reeds vroeg in haar getuienis onder kruisondervraging kom die volgende voor:

/"Now ...

36.

"Now when you were walking down the stairs towards the platform itself, when was the first time that you noticed the two black men who later came walking up the stairs?
As we turned the stalrs they were walk-

ing up the stairs and I saw them as soon as I turned the corner.

How were those two black men dressed?

The ones that were coming up the stairs?

That is correct? The one was the tall

one with the suit.

What kind of suit? It was a three-piece

suit, I thlnk it was beige.

Yes? And he had a shirt and tie on as

well, he was very smartly dressed.

Did he have a hat on? No.

Now the other black man walking up the stairs?

What clothes did he have on? I can't re-

member what he had on because as we walked down the stairs the tall one grabbed my throat

/and ...

37.
and the other one with the leather jacket on, which was the accused, came from behind and the younger one and No. 3, I dldn't really notice what they were wearing.
COURT: You say accused with the leather
jacket on? Yes, that is right. I
could actually smell the leather. I knew it wasn't plastic, it was leather.
MR. LANDMAN: Did you get the impression that it was a new leather jacket? Or fairly
new? Yes, it was a nice dark coloured
leather jacket, I can't say whether it was dark brown or black. But it had a strong leather smell."

Tydens verdere krulsondervraglng het dit geblyk dat die
klaagster nie in staat was om enige ander item van die
kleredrag van die persoon met die leerbaadjie te beskryf
nie, klaarblyklik omdat dit nie deur haarwaargeneem of
onthou is nie. Van die persoon se kleredrag is dit

/slegs ...

38.

slegs die leerbaadjie wat ingeprent was in haar geheue

as iets wat haar skerp opgeval het. Daarvan het die

reuk klaarblyklik die grootste indruk gemaak, want sy
kon nie sê of die baadjie donkerbruin of swart was nie,
en sy kon ook nie sê of dle baadjie toegemaak of oop
was nie. Sy het daarbenewens ook geen onderskeidende
flslese eienskappe van hierdie persoon se gelaatstrekke
of andersins vermeld nie. Later in die kruisonder-
vraging kom daar dan die volgende voor:

"So it is correct that the one thing that stands out in your mind is the leather

jacket which the accused wore? Yes,
I can remember the strong smell of leather in my face all the time. I remember thinking why are these people doing this to us if they are so well dressed, if they can afford three piece suits and leather

/jackets ...

40.

geen onderskeidende gelaatstrekke was waaraan sy hom uitgeken het nie. Sy kan nie hieroor verwyt word nie; 'n helder kleúrfoto van die appellant se gesig, wat op die parade geneem is en as n bewysstuk in die oorkonde opgeneem is, toon aan dat sy geslg inderdaad geen beson-dere kenmerkende eienskappe het nie. As ek, met die foto voor my, sy gesig moet probeer beskryf, sou ek niks beter kon doen as om te sê dat hy 'n ronderige ge-sig het met effense dik lippe en ietwat van 'n plat neus nie. Maar dit is juis die afwesigheid van enige onderskeidende kenmerke van sy gesig wat dit uiters gevaarlik maak om peil te trek op die klaagster se stelling dat sy hom aan sy gesig uitgeken het en nie

/aan ...

39.
jackets."

Die trefkrag van hierdie getuienis hoef nou-liks uitgespel te word: in die klaagster se waarneming en herinnering van hierdie aanvaller van haar het die enkele feit van die leerbaadjie wat hy aangehad het klaarblyklik die alles-oorheersende rol gespeel. Daar-mee moet nou gekontrasteer word die klaagster se onver-moë, tydens verdere kruisondervraging, om enige be-sondere gelaatstrekke van die appellant aan te dui waarvolgens sy hom op die parade aan sy gesig kon geëien het. Sy is herhaaldelik gevra waaraan sy sy gesig herken het; telkens kon sy slegs antwoord "it was just his face as a whole", en moes sy toegee dat daar

/geen ...

41.

aan die leerbaadjie wat so 'n groot indruk op haar ge-moed gemaak het nie. Dit wil natuurlik nie sê dat die klaagster doelbewus vals getuig het nie. Waaroor dit gaan, is of die aanskoue van die leerbaadjie, en bes moontlik ook die reuk daarvan toe sy direk teenoor die appellant te staan gekom het, nie die klaagster onbewustelik kon laat glo het dat sy die appellant se gesig herken het nie, terwyl dit in werklikheid net die leerbaadjie is wat haar herinnering geprikkel het.
Om aan te sluit by dle voorgaande is daar 'n verdere brokkie van die klaagster se getuienis wat ek as insiggewend beskou. Sy het getuig dat die man met die netjiese pak klere eerste haar verkrag het,

/en ...

42.

en die appellant tweede. Daarna het die ander twee
gevolg. Met die volgende ronde van verkragtings was
die volgorde dieselfde. Daar sal onthou word dat die
verkragtings plaasgevind het waar dit donker was. In
herverhoor kcm die volgende in die klaagster se getule-
nis voor:

"Now when the accused was having inter-

course, was he on top of you? Yes, he
was.
Could you see his face? I must have
seen his face because I knew exactly in which order they went."

Die klaagster se stelling dat sy die appellant se gesig
moes gesien het, is klaarblyklik blote rekonstruksie
van haar kant. Dit is biaie waarskynliker, meen ek, dat

/sy ...

43.

sy die tweede verkragter in die donker geëien het aan die skerp reuk van die leerbaadjie, waarvan sy so be-wus was. (Uit die uitspraak van die Verhoorregter kan afgelei word dat die Verhoorhof dieselfde mening toegedaan was.) Op dieselfde wyse sou dit dan hoe-genaamd nie verbasend wees nie as die klaagster op dle parade in haar onderbewussyn die trefkrag van die aan-skoue van die appellant se baadjie by wyse van rekon-struksie laat verskuif het tot 'n eerlike, maar bes moontlik verkeerde, oortuiging dat sy die geslg van die appellant herken het.

In dieselfde verband is dit van belang om te let op die getuienls oor die tydstip waarop die klaagster

/die ...

44.

die appellant op die parade geëien het. Die gekuie-nis van die klaagster en van Aucamp op hierdle punt stem nie ooreen nie, alhoewel hulle weergawes nie noodwendig onversoenbaar met mekaar is nie. Die klaagster sê dat sy onmiddellik toe sy die kamer waar die mans op parade gestaan het, binnegegaan het, die appellant geëien het, en dat sy hom op daardie tydstip aan sy gesig herken het. Ek vind hierdie getulenis van die klaagster moeilik om te aanvaar. As sy inder-daad die appellant uitgeken het, onder die 11 mans op parade, onmiddellik toe sy die vertrek binnegegaan het, dan is dit inherent baie waarskynlik dat sy hom aan sy kleredrag sou uitgeken het, eerder as aan sy gesig,

/want ...

45.

want om met die eerste blik 'n gesig sonder onderskei-
dende kenmerke uit 11 gesigte langs mekaar te onderskei

sou 'n heel merkwaardige prestasie gewees het, in ag ge-
nome dat sy hom slegs een keer tevore gesien het, terwyl
die aanwesigheid van een swart leerbaadjie onder die 11
mans veel geredeliker opvallend moes gewees het. Daar-
teenoor is Aucamp se getuienis dat die klaagster stadig
voor die mans op parade verby gestap het en "'n duidelike

skok" gekry het toe sy by die appellant kom, wat sy toe

sonder aarseling uitgewys het. Volgens hom het dit haar

ongeveer 7 sekondes gevat om die appellant uit te wys.

Die Verhoorhof se waardebepaling van hierdie getuienis

blyk uit die volgende uittreksel uit die Verhoorregter se

uitspraak:

/"Dan ...

46.
"Dan gaan die Hof se aandag na die identi-fikasie parade self en die Hof is getref deur die getuienis dat die klaagster be-skuldigde uitgewys het eerstens onmiddel-lik toe sy voor hom kom en tweedens dat die offisier in bevel van die uitkennings-parade sê dat die klaagster duidelike skok openbaar het toe sy die beskuldigde sien en teruggedeins het. Die skrik van afsku toe sy haar aanrander weer sien is die sterkste denkbare getuienis dat sy die regte man sien."

Hierdie benadering van die Verhoorhof openbaar, met eer-
bied gesê, 'n ernstige mistasting. Die feit dat die

klaagster 'n reaksie van skok getoon het toe sy voor die

appellant gekom het, wys niks meer nie as dat sy geglo
het die appellant was een van haar aanranders; haar
reaksie bevat geen waarborg dat wat sy geglo het, die
waarheid is nie. In R v Masemang supra op 492 het

/VAN DEN ...

47.

VAN DEN HEEVER die volgende gesê, wat ook in hierdie

saak van toepassing is:

"It was suggested on behalf of the Crown that complainant's nervous reaction at the parade strengthens her evidence in this regard. I do not think it does. Owing to the harrowing experience to which she had been subjected the mere similarity of appellant's dress to that of her assailant may well have induced a sense of shock and that sense would have been as vivid if she genuinely thought she was in the presence of her assailant as it would have been if she actually was."

Aucamp se getuienis oor die uitwysing bevorder dus ook
nie die Staat se saak nie.

Om die voorgaande redes is my gevolgtrekking

dat die gebrek wat daar by die hou van die parade aanwesig

/was ...

48.

was, naamlik dat slegs die appellant 'n onderskeidende leerbaadjie gedra het, nie uit die weg geruim word deur die klaagster se getuienis dat sy hom nie as gevolg van die leerbaadjie uitgeken het nie. Die gebrek in die parade het groter ruimte gelaat vir 'n eerlike fout van die klaagster in haar uitkenning van die appellant as wat andersins die geval sou gewees het, en dit skep 'n leemte in die Staat se saak teen die appellant.

Die uitwerking van die genoemde leemte moet vervolgens bepaal word aan die hand van die getuienis wat deur die appellant afgelê is. Soos vroeër ver-meld, het die Verhoorhof bevind dat die appellant se getuienis nie redelik moontlik waar kon wees nie.

/Hierdie ...

49.

Hierdie bevinding van die Verhoorhof moes egter nood-wendig saamgehang het met die Verhoorhof se beoordeling van die betroubaarheid van die klaagster se uitkenning van die appellant, want dle vraag of die appellant se aandadigheid aan die misdaad bo redelike twyfel bewys is, kan alleenlik beantwoord word op grondslag van al die getuienis as 'n geheel wat voor die Hof was. In die uitspraak van die Verhoorregter is daar geen blyke te vind dat die Verhoorhof enige aandag geskenk het aan, of selfs bewus was van, die gebrek in die parade wat hierbo bespreek is nie, en bowendien het dle Verhoor-hof 'n mistasting begaan in verband met sy beoordeling van die klaagster se reaksie toe sy voor die appellant

/te ...

50.

te staan gekom het op die parade, soos hierbo aangedui is. Dit is gevolglik vir hierdie Hof nodig om opnuut die appellant se getuienis in oenskou te neem en te be-paal watter waarde daaraan geheg kan word in dle op-weglng daarvan teen die Staat se gebuienis, met inag-neming van die leemte in laasgenoemde waarna ek verwys het.
Die appellant se getuienis aangaande sy alibi was in sommige opsigte onbevredigend. Hy het homself byvoorbeeld weerspreek ten opsigte van sommige van die gegewens van die 7 persone wat hom op die betrokke aand by die nagklub sou gesien het. Ek ag dit egter nie nodig om op die besonderhede van die getuienis in hierdie

/verband ...

51 .

verband in te gaan nie. Die Staat se weerleggende getuienis aangaande die alibi is ook vatbaar vir kri-tiek. Waar daar gegewens verstrek word van so baie as 7 mense wat die alibi sou kon staaf, bemoeilik dit natuurlik die taak van die polisie om volledige weer-leggende getuienis te bekom, maar ten spyte daarvan het ek bedenkings of die ondersoek van die polisie in die huidige geval deeglik genoeg gedoen was. Ten aan-sien van 'n paar van die name van die mense wat die appellant aan Du Plessis verstrek het, blyk dit uit laasgenoemde se getuienis slegs dat hulle nie opgespoor kon word nie, sonder dat besonderhede in getuienis aan-gebied is van watter pogings inderdaad aangewend is om

/hulle ...

52.

hulle op te spoor. Dit blyk ook nie op bevredigende wyse uit Du Plessis se getuienis dat aan die appellant self 'n volle geleentheid gegun is om saam met die polisie te gaan in 'n poging om moontlike getuies op te spoor nie. Daarteenoor is daar bepaalde gevaile waar die appellant wel die polisie vergesel het en nie in staat was om sy beweerde getuies uit te wys waar hy gesê het hulle aan-getref sou kon word nie. Die geheelbeeld van die getuienls aangaande die alibi laat by my 'n gevoel van onsekerheid of daar bevind kan word dat die Staat die appellant se alibi doeltreffend weerlê het. Dit is egter nie nodig om verder hlerop in te gaan nie, vanwee een bepaalde gedeelte van die appellant se getuienis,

/waarna ...

53.

waarna ek nou sal verwys.
Reeds op die dag van sy inhegtenisneming het die appellant aan Du Plessis verklaar dat hy op die dag van die voorval, 21 Januarie 1983, sy leerbaadjie uit-geleen het aan ene Norman, en dat hy dus nie die baadjie op daardie aand gedra het nie. Dit blyk uit Du Plessis se getuienis. Du Plessis het nie verduidelik hoe die leerbaadjie in sy ondervraging van die appellant ter sprake gekom het nie, maar vermoedelik sou Du Plessis aan hom gestel het dat een van die verkragters van die klaagster 'n leerbaadjie soos diê van die appellant aan-gehad het. Hoe dit ook al sy, Du Plessis sê in sy getuienis dat die appellant aan hom vertel het dat sy

/moeder ...

54.

moeder op die aand van 21 Januarie 1983, toe hy van sy ouerhuis vertrek het om na die nagklub te gaan, hom gevra het waar sy leerbaadjie was en dat hy toe 'n ver-duideliking aan haar gegee het. Op daardie inllgting, sê Du Plessis, het hy na die appellant se ouerhuis ge-gaan - dit was nog steeds op die dag van die appellant se arrestasie - en het hy die appellant se moeder ondervra, terwyl die appellant nie teenwoordig was nie. Du Plessis se getuienis lui dan verder dat die appellant se moeder "'n rapport" aan hom gemaak het. Wat daar-die "rapport" was, is nooit geopenbaar nie. Die appellant se moeder is nie deur die Staat as 'n getuie geroep nie. Daar bestaan geen rede om te dink dat

/die ...

55.

die appellant se moeder nie die appellant se weergawe bevestig het dat hy sy baadjie op 21 Januarie 1983 uit-geleen het en dit nie self gedra het nie.
Vervolgens het Du Plessis getuig dat die appellant twee dae na sy arrestasle, dit wil sê op 28 Januarie 1983, aan hom 'n persoon uitgewys het as synde Norman, aan wie hy sy baadjie op 21 Januarie 1983 sou geleen het. Op 'n vraag van die Verhoorregter het Du Plessis getuig dat hierdie persoon wel bevestig het dat hy op 21 Januarie 1983 die appellant se baadjie geleen het. Voigens Du Plessis was hierdie persoon se regte naam Sydney van Wyk, en het hy en die appel-lant mekaar vir die eerste keer ontmoet op die oggend

/van ...
56. van 21 Januarie 1983. Du Plessis sê dat die appellant . hom geen verduideiiking kon gee oor hoekom hy sy baadjie aan hierdie persoon sou geleen het nie. Sydney van Wyk (of Norman) was nie by die verhoor aanwesig nie; vol-gens Du Plessis was die polisie nie in staat om hom later weer op te spoor nie.
Die appellant het in sy getuienis bevestig dat hy op 21 Januarie 1983 sy baadjie aan "sy vriend", Norman, geleen het. Hy sê dat Norman die baadjie wou gehad het om te dra wanneer hy dië aand na die bioskoop toe sou gaan. Hy sou die baadjie die volgende dag weer aan die appellant terugbesorg "iewers in die stad" as hulle mekaar weer raakloop. Inderdaad het hy Norman

/eers ...

57.

eers weer op 24 Januarie 1983 in die stad raakgeloop en toe is die baadjie aan hom teruggegee.
Die Verhoorhof het bevind dat die appellant se getuienis oor die uitleen van die baadjie aan Norman onwaarskynlik was. Verder sê die Verhoorregter in sy
uitspraak die volgende:

"Hoe dit ookal sy, die versuim om Norman te roep as getuie of om te verduidelik waarom Norman nie geroep word nie kan sekerlik nie aan die Staat gewyt word nie en die Hof maak n nadelige afleiding teen die beskuldigde omdat Norman nie ge-roep is nie omdat die Hof tot die gevolg-trekking moet kom dat die geleerde advo-kaat vir beskuidigde gevind het dat dit nie raadsaam is om Norman te roep of 'n verduideliking te gee waarom hy nie geroep word nie."

Na my mening is hierdie benadering van die Verhoorhof

/ongegrond ...
58. ongegrond en kom dit neer op 'n mistasting. Daar is niks in die oorkonde wat aandui dat Norman as 'n getuie vir die appellant beskikbaar was of dat sy advokaat gemeen het dat dit nie raadsaam sou wees om hom te roep as 'n getule nie. Daar was gevolglik geen ruimte vir 'n nadelige afleidlng teen die appellant nie.
Uit die voorgaande blyk dus, by wyse van same-vatting, dat die appellant bykans onmiddellik na sy inhegtenisneming verklaar het dat hy op die dag van die misdaad sy baadjie uitgeleen het en dit nie self gedra het nie, dat sy verklaring twee dae later bevestig is deur die man aan wie hy die baadjie sou geleen het, in omstandighede wat die moontlikheid van 'n sameswering

/tussen ...

59.

tussen die twee uiters onwaarskynllk maak, en dat die Staat geen getuienis gelei het om diê verklaring van die appellant te weerspreek nie. Sy getuienis in hierdie verband staan dus onbetwis.
Dit is waar dat die appellant se relaas oor die uitleen van die baadjie in sommige opsigte onwaar-skynlik is, en, soos ek reeds aangedui het, was die appellant ook in sommige opsigte nie 'n bevredigende getule nle. Die kernvraag is egter of sy getuienls in hierdie besondere opsig, gekoppel aan sy ontkenning dat hy aandadig was aan die misdade wat hom ten laste gelê is, redelikerwyse moontlik waar kan wees. By dle be-antwoording van hierdie vraag moet in die weegskaal

/geplaas ...
60. geplaas word die gebrekkige uitkenningsparade wat die leemte in die Staatsaak veroorsaak, soos vroeër bespreek is, en die gevolglike verhoogde gevaar van 'n verkeerde uitkenning van die appellant deur die klaagster. Op die geheelbeeld van die getuienis is my gevolgtrekking dat die genoemde vraag bevestigend ten gunste van die appellant beantwoord moet word. Gevolglik is dit nie bo redelike twyfel bewys dat die appellant skuldig is aan die misdade wat hom ten laste gelê is nie.
Die appèl slaag. Die appellant se skuldig-bevindings en vonnisse word tersyde gestel.

A.S. BOTHA AR

CILLIé AR
STEM SAAM HOEXTER AR


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/88.html