![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
LL Saak No. 357/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
PAUL BASSON Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: KOTZé, JOUBERT ARR et HEFER WN AR VERHOORDATUM: 20 FEBRUARIE 1984 LEWERINGSDATUM: 5 MAART 1984
UITSPRAAK
/HEFER WN AR ......
2. HEFER WN AR:
Die appellant is skuldig bevind aan moord son-der
versagtende omstandighede en aan 'n poging tot roof nadat die verhoorhof bevind
het dat hy ene Floors Eiman die aand van 5 Augustus 1982 dodelik met 'n mes
verwond het en boonop gepoog het om hom te be-roof. Op
die eerste aanklag is hy
ter dood veroor-deel en op die tweede tot vyf jaar gevangenisstraf. Met die
nodige verlof kom hy nou in
hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis
op beide aanklagte. Dit was gemene saak by die verhoor dat die oorledene die
betrokke aand by die huis van ene Klaas Waat in Sesbrugge woongebied naby
Upington gedrink het
/saam ...
3.
saam met ander waaronder die appellant en ene Johnny Apollis. Willem Padmaker het in dieselfde straat gewoon skuins oor Klaas Waat se huis. Om ongeveer halftien die aand het die oorledene, nadat hy die drinkplek verlaat het, by Padmaker se erf ingestrompel en by 'n latrine agter in die erf neergeslaan. Kort daarna het Poppy van Wyk en Nicolaas Koopman gesien dat die appellant ook die erf binnekom, na die oor-ledene gaan en aan sy klere vroetel. Van Wyk het gehoor dat hy vir die oorledene vra "Flokkie, Flokkie wie het jou gesteek?" Sy en Koopman is beide na die toneel en daar het hulle gesien dat die oorledene wonde in die bors gehad het. (Een
/daarvan ...
4.
daarvan het sy hart binnegedring en hom uiteindelik sy lewe gekos.) Koopman het vir Padmaker gaan wakker maak en die twee is na die nabygeleë huis van Job Plaatjies waar hulle die oorledene se suster van sy besering verwittig het. Kort na Koopman en Padmaker het die appellant en Johnny Apollis ook by Plaatjies se huis opgedaag. Daar het die appellant ten aanhore van Plaatjies en ander vir Johnny versoek om die mense te vertel wat hy gedoen het. Johnny het nie gereageer nie en stom, kop onderstebo bly staan selfs toe Nicolaas Koopman hom reguit gevra het of hy die oorledene gesteek het.
Die oorledene is dieselfde aand hospitaal
/toe ...
5.
toe geneem waar hy behandel is maar nogtans op 14 Augustus beswyk het. Die
volgende dag is die appellant en Johnny Apollis beide gearresteer.
By arrestasie
het laasgenoemde 'n mes wat deur sy suster te voorskyn gebring is, aan die
ondersoek-beampte oorhandig.
Die enigste geskilpunt by die verhoor was die
identiteit van die moordenaar. Johnny Apollis was 'n staatsgetuie en volgens hom
was
dit die appellant wat die oorledene in die straat, na-dat hy hom om geld
gevra en sy sakke deursoek het maar niks gevind het nie,
met die mes gesteek het
wat later, soos reeds genoem, aan die polisie oor-
/handig ...
6.
handig is. Hy het verduidelik dat die appellant die mes onmiddellik na die aanranding neergegooi het en agter die oorledene aan is in Padmaker se erf in met die opdrag aan hom (Johnny) om die mes op te tel. Johnny het dit gedoen en die appellant gevolg na waar die oorledene gelê het. Weer eens in opdrag van appellant is hy later saam met hom na Plaatjies se huis. Op pad daarheen het die appellant die mes geneem maar na die besoek aan Plaatjies het hy dit weer aan Johnny oorhandig om te bêre. Johnny het dit op sy beurt aan sy suster oorhandig en toe die polisieman hom daar-om gevra het, is dit te voorskyn gebring.
/Appellant ...
7.
Appellant self het nie voor skuldigbevind-ing getuig nie. Toe Johnny gekruisvra is, is dit egter aan hom gestel dat hy self in 'n argument met die oorledene betrokke geraak het by Klaas Waat se huis, dat die oorledene die drinkplek verlaat het, dat Johnny die appellant se mes geleen het, dat hy toe daarmee agter die oorledene aan is, dat 'n uitroep van die oorledene kort daarna gehoor is en dat appellant toe gaan kyk het wat aangaan en die oorledene aangetref het waar hy by Padmaker se latrine gelê het. Johnny het al hierdie be-werings ontken.
/Die ...
8.
Die verhoorhof het Johnny se getuienis aan-
vaar en verder soos volg geredeneer:
"Beskuldigde word deur die direkte getuienis van Johnny geïnkrimineer asook deur indirekte getuienis, byvoorbeeld dat sy mes gebruik is, dat hy op die toneel was toe die oorledene beseer is, dat hy eerste by was by oorlêdene nadat hy geval het en dat hy Johnny probeer oorreed het om die skuld op hom te vat. In die lig hiervan is beskuldigde se versuim om te getuig van belang. ....
Die regsposisie is, volgens advokaat Boshoff tydens 'n argument verduidelik het, aan die beskuldigde verduidelik en die beskuldigde het verstaan en verkies om nie te getuig nie. Na ons mening het die beskuldigde nie kans gesien om die getuienis te weer-
/spreek ...
9.
spreek nie en die rede daarvoor is ook voor die hand liggend. Hy sien nie kans om die toets van kruisverhoor te deurstaan nie. Na ons mening is hier-die versuim van die beskuldigde om te getuig stawing vir Johnny se getuienis dat beskuldigde inderdaad die werklike aanrander van die oorledene is."
Die hof se benadering soos dit uit hierdie uittreksel uit die uitspraak blyk, openbaar verskeie mistastings. Ek noem enkele daarvan. Die feit dat die appellant eerste by was toe die oorledene geval het, was nie net op sigself totaal neutraal nie maar was, wanneer dit behoorlik oorweeg word in same-hang met wat hy gedoen het toe hy by die oorledene
/gekom ...
10. gekom het, 'n faktor wat sterk twyfel laat ontstaan dat hy
die persoon kon gewees het wat die oorledene beseer het (soos ek aanstons
sal
aandui). Wat die feit betref dat appellant se mes gebruik is om die oorledene te
beseer, moet nie uit die oog verloor word nie
dat Johnny Apollis die persoon is
wat van-af die betrokke aand totdat hy tien dae later ge-arresteer is, in besit
van die mes was
en dat die vraag of sy besit daarvan onskuldig was, afhang van
die aanvaarbaarheid van sy verduideliking in daardie verband. En,
wat betref die
appellant se sogenaamde poging om Johnny Apollis te oorreed om die skuld op hom
te neem, moet in gedagte gehou word
/dat ...
11.
dat appellant se aandrang by Johnny om die mense te vertel wat hy gedoen het
slegs as inkriminerend be-skou kan word indien Johnny
se verhaal waar is dat hy
onskuldig was.
Die basiese fout wat die verhoorhof in laasgenoemde twee
opsigte gemaak het, was dat feite aanvaar is as indirek bewese onafhanklik
van
Apollis se getuienis, maar wat inderdaad geheel en uitsluit-lik van sy
geloofwaardigheid afgehang het. Dit kon gevolglik nóg
as stawing van sy
getuienis nóg as bykomende getuienis aangewend word. Soos die Staat se
advokaat in hierdie Hof uiteindelik
raak-gesien en toegegee het, was daar geen
getuienis oor
/die ...
12.
die identiteit van die moordenaar afgesien van Apollis s'n nie en die oorweging van die getuienis moes gevolglik geskied het op die basis dat die Staat se saak op die getuienis van 'n enkelgetuie berus het. Die benadering in so 'n geval is be-kend (S v Webber 1971 (3) SA 754 (AD) op p 758; S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172(AD) op p 180) en al wat ek wil byvoeg tot die regterlike uit-latings wat reeds in daardie verband gemaak is, is dat die versigte oorweging van 'n enkelgetuie se getuienis wat geverg word, nie 'n blote konstatering deur die verhoorhof behels van die voor die hand liggende feit dat versigtige oorweging nodig is nie.
/In ...
13. In menige geval blyk so 'n konstatering weinig meer as
lippetaal te wees instede daarvan dat die uit-spraak getuig, nie alleen
van
bewustheid van wat ver-eis word nie, maar van positiewe toepassing daarvan.
Indien 'n hof die getuienis inderdaad versigtig oor-weeg,
kan immers verwag word
dat aanduidings daarvan, in die vorm van 'n sorgvuldige en kritiese ontleding,
in die uitspraak sal verskyn,
veral waar die getuienis nie bo kritiek staan nie.
(Vgl S v Singh 1975 (1) SA 227 (N) op p 228.)
In die onderhawige geval
het die verhoor-hof weens die dwaling waarna reeds verwys is, Johnny Apollis se
getuienis nie as die van
'n enkelgetuie
/beskou ...
14.
beskou nie maar tog te kenne gegee dat dit versigtig benader moes word, enersyds, omdat hy betreklik jonk was en, andersyds, weens die feit dat hy "deur be-skuldigde as die oorledene se aanrander uitgewys word". Maar van werklike versigtige oorweging getuig die uitspraak nie. Veel eerder openbaar dit 'n neiging om elke denkbare rede vir die aanvaard-ing van sy getuienis op te diep en te beklemtoon. Slegs drie punte van moontlike kritiek word behandel, naamlik die feit dat die mes in Johnny se besit ge-vind is, sy stilswye ten aanhore van appellant se beskuldigings dat hy die oorledene gesteek het en die feit dat hy op 'n wesenlike aspek deur 'n ander staats-
/getuie ...
15.
getuie, Jacobus Cloete, weerspreek is (waarmee
ek later handel). Ek is nie van voorneme om die wyse waarop die Hof die eerste
twee
punte afgemaak het, breedvoerig te bespreek nie en volstaan deur op te merk
dat deeglike oorweging van Apollis se ver-duidelikings
aan die hand veral van
die waarskynlikhede opsigtelik ontbreek. Wat boonop nog meer opmerklik is, is
dat die algemene waarskynlikheid
van die Staat se weergawe nêrens bespreek
word nie.
En dit is juis die algemene waarskynlikhede wat, afgesien van ander
oorwegings, sterk twyfel laat oor die appellant se aandadigheid
aan die voorval.
Hy was 'n vriend van die oorledene; hulle het saam gewerk
/en ...
16.
en die betrokke aand het hulle saam gedrink. Vol-gens Apollis het die appellant die oorledene by die drinkplek om geld gevra. Die oorledene het te kenne gegee dat hy niks gehad het nie en kort daar-na vertrek met die appellant agterna en Johnny op sy beurt op appellant se hakke. Buite in die straat het die appellant die oorledene weer vir geld gevra en sy sakke deursoek en uitgedop en toe hy niks vind nie, sy vriend goedsmoeds met 'n mes byge-dam wat tot op daardie stadium onder sy klere verberg was. Dit gedoen, gooi hy die mes in die straat neer maar beveel Johnny dadelik om dit op te tel terwyl hy self agter die oorledene aan is. By die
/beseerde ...
17.
beseerde persoon by die latrine opgedaag, maak hy (volgens Koopman en Poppy van Wyk) voordat buite-staanders opdaag teenoor wie hy enige skyn kan pro-beer skep, die oorledene se hemp los, kyk na sy beserings en vra hom herhaaldelik wie hom gesteek het. En toe die bure en Johnny kort daarna op-daag, verlang die appellant Eeitlik onmiddellik dat Johnny die mense moes vertel wat hy gedoen het. Bisarre optrede soos dié word nie verwag van 'n per-soon wat self aandadig was aan die aanranding nie; maar die verhoorhof het die onwaarskynlikheid daar-van weggeredeneer deur o a te kenne te gee dat die appellant moontlik bloot wou vasstel of die
/oorledene ...
18.
oorledene hom geëien het toe hy hom aangerand het. So eenvoudig is dit egter nie. Die onwaarskynlik-heid strek verder. Indien Apollis die waarheid praat, moes die appellant onmiddellik nadat hy die oorledene gesteek het nie net op die blink gedagte gekom het om Johnny te beskuldig nie maar terselfder-tyd, asof hy dit vooraf fyn beplan het, 'n slinkse strik vir Johnny gestel het deur die mes neer te gooi en hom te beveel om dit op te tel. Sulke vindingrykheid is nie waarskynlik nie veral waar Johnny self getuig dat die appellant dermate deur drank aangetas was dat hy "so half sleeptong ge-praat het" en "so effens geslinger" het.
/Ewe ...
19.
Ewe onwaarskynlik is Apollis se verduide-liking oor sy stilswye ten aanhore van die appellant se herhaalde geimpliseerde maar onverbloemde be-skuldigings dat dit hy was wat die oorledene gesteek het. Deurgaans het hy geswyg, sê hy, (en die verhoorhof het sy verduideliking aanvaar) omdat hy bevrees was dat die appellant hom net so wreed soos die oorledene sou aanrand indien hy met die waar-heid sou uitkom. Sy beweerde vrees is totaal on-aanvaarbaar. Die eerste beskuldiging is gemaak ten aanhore van al die omstanders op die toneel waar die oorledene gelê het. Op daardie stadium was die mes in Apollis se besit en hy het bowendien die
/voordeel ...
20.
voordeel gehad van 'n hele aantal omstanders wat hom te hulp kon snel indien
die appellant hom te lyf sou gaan. Dieselfde geld vir
sy stilswye later by
Plaatjies se huis. Op daardie stadium was die mes nou wel volgens hom in die
appellant se besit maar nogmaals
was hy en die appellant in teenwoordig-heid van
'n aantal volwasse mans en dit is nouliks denkbaar dat appellant in hulle
teenwoordigheid
tot geweld sou oorgaan en die mes te voorskyn sou bring om
daardeur onteenseglik te openbaar dat hý waar-skynlik die oorledene
se
aanrander was.
Nadat hulle Plaatjies se huis verlaat het, stap Apollis maar
weer saam met die appellant, neem
/gedweë ...
21.
gedweë maar weer die mes en gaan daarmee huis toe waar hy dit aan sy
suster oorhandig om weg te steek. Dit, sê hy, het
hy gedoen om die mes as
bewysstuk te bewaar en, wanneer nodig, aan die polisie te oorhandig. Maar hy
rapporteer wat gebeur het aan
niemand nie en hy doen niks omtrent die
verdoemende mes nie totdat hy gearresteer word en daarvoor ge-vra
word.
Terloops mag op hierdie stadium gevra word waarom, indien hy die
appellant gevrees het, het hy aanvanklik die mes opgetel toe die
appellant agter
die oorledene aan is en geen bedreiging was nie, en waarom drentel hy agter die
appellant aan na waar die
/oorledene ...
22.
oorledene lê?
Die dag na Johnny en appellant se arres-tasie het die
voorval plaasgevind waarby Jacobus Cloete betrokke was en waarna vroeër
verwys is. Apollis se verhaal was dat die appellant hom in die selle gevra het
om die "saak op hom te neem" omdat die appellant alreeds
betrokke was by 'n
ander messtekery op ene Jacob Abrahams. Volgens hom het daardie gesprek ten
aanhore van ander prisoniers, waaronder
Jacobus Cloete, plaasgevind. Cloete was
ook 'n staatsgetuie. Sy weergawe was dat appellant wel gevra het dat Johnny sy
aandadigheid
aan die dood van die oorledene moes erken maar nie
/omdat ...
23.
omdat hy reeds by 'n ander saak betrokke was nie (Abrahams se naam is nie
eens genoem nie); die rede vir die versoek, volgens Cloete,
was dat Johnny,
in-dien hy skuldig bevind sou word, net na 'n verbetering-skool gestuur sou
word. Boonop, sê Cloete, het die
appellant, toe Johnny nie sy
aándadigheid wou erken nie, aan hom gesê dat hy (appellant)
onskuldig is en dat Johnny
weet dat hy onskuldig is. Daarop het Johnny, weer
soos hy die aand van 5 Augustus by Plaatjies se huis gedoen het, sy kop laat sak
en geswyg.
Die verhoorhof het die klaarblyklike weer-spreking tussen Apollis
en Cloete oor wat in die selle
/gebeur ...
24.
gebeur het totaal onderskat. Trouens, die Hof se sienswyse was dat hulle
mekaar nie werklik weerspreek het niel Blykbaar is uit die
oog verloor dat
Johnny pertinent gevra is of die appellant nie in die sel beweer het dat hy
onskuldig was nie, en dat Johnny dit
ontken het. Die blote weerspreking is egter
nie die belangrike nie. Wat meer gewig dra, is die feit dat die appellant in
Johnny se
gesig gesê het dat hy geweet het dat die appellant onskuldig
was, en Johnny se daaropvolgende onverduidelike stil-swye.
Uit wat reeds
gesê is, blyk my sienswyse dat die enigste staatsgetuie wat getuig het oor
die
/identiteit ...
25.
identiteit van die oorledene se aanrander, hoegenaamd nie 'n betroubare getuie was nie. En die feit dat die appellant nie getuig het nie, maak geen verskil nie. Sy skuldigbevinding was derhalwe nie gereg-verdig nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis op beide aanklagte word tersyde gestel.
J.J.F. HEFER WN AR
KOTZè AR
STEM SAAM JOUBERT AR
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/8.html