![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
JOHNNY MSIZA Appellant en
DIE STAAT Respondent
F S SMUTS, WRN AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
IN DIE SAAK TUSSEN
JOHNNY MSIZA ... APPELLANT
en
DIE STAAT ... RESPONDENT
CORAM : TRENGOVE, AR, SMUTS et GROSSKOPF, WRN ARR. AANGEHOOR : 24 MEI 1984. GELEWER : 29 Mei 1984
UITSPRAAK
F S SMUTS, WRN AR :
Appellant kom in hoër beroep teen sy skuldig-
bevinding 2
2. bevinding aan moord met versagtende omstandighede deur die
Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof. Verlof om te
appelleer
teen die skuldigbevinding is deur die Verhoorregter - VAN DYK,R - toegestaan.
Die skuldigbevinding aan moord was nie eenparig
nie. Een van die twee assessore
deur wie die Verhoorregter bygestaan is,was die mening toegedaan dat die Staat
slegs bewys het dat
appellant aan strafbare manslag skuldig was. Appellant is
een-parig skuldig bevind op 'n tweede klag van roof . Op die moordklag
is hy
gevonnis tot 15 jaar gevangenis-straf en op die roofklag tot 5 jaar
gevangenisstraf wat samelopend is met die vonnis op die
eerste klag.
Teen 3
3. Teen die skuldigbevinding aan roof en die vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf word nie geappelleer nie. Wat die vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf betref, is ver-lof om daarteen te appelleer deur die
Verhoorregter toegestaan ingeval hierdie Hof die skuldigbevinding
aan moord sou
vervang deur 'n skuldigbevinding aan 'n mindere misdaad.
Dit blyk uit die
onbetwiste getuienis dat die oorledene, mev Catharina Cornelia van Buuren, om
ongeveer 4 n m op 23 Augustus 1982
dood aange-tref is deur haar eggenoot en haar
seun in die slaap-kamer van haar woning in Friedastraat, Hercules, Pretoria. 'n
Bedsprei
van 'n dubbelbed, wat opgevou
was 4
4. was op so 'n wyse dat dit soos 'n groot kussing gelyk het, is met
'n gordel om haar kop vasgemaak op die hoogte van haar oogbanke
en oë. Die
gordel, wat 'n bietjie breër as 30 sentimeter was, was geweldig styf aan
die agterkant van die oorledene se
kop vas-geknoop. Die bedsprei, wat om die kop
gedraai is, het aan die voorkant gehang tot omtrent by die oor-ledene se bors.
Dit
was gevolglik voor die neus en die mond. Die oorledene se arms was bokant
die elmboë baie styf teen mekaar vasgebind met nog
n lyf-band. Hierdie
lyfband was ook vasgeknoop. Volgens die getuienis sou dit nie moontlik gewees
het vir die oorledene om haar hande
te gebruik nie. Gevolglik
was 5
5. was dit onmoontlik vir haar om die gordel wat agter haar kop vasgeknoop
is, los te maak om sodoende die bedsprei te verwyder.
Dit blyk verder uit die
getuienis van 'n Staatspatoloog, dr J D Loubser, dat die oorsaak van dood
versmoring was. Alhoewel daar nie
'n totale ob-struksie van die toevoer van
suurstof tot die neus en mond was nie, het die aanwesigheid van die bedsprei
voor die gesig
veroorsaak dat daar 'n noodlottige ge-brek aan suurstof was vir
'n persoon met die gesond-heidstoestand van die oorledene. Sy was
reeds 74 jaar
oud. Die binnevoering van haar hart het reeds sekere verhardingsverskynsels
getoon en in haar longe
was 6
6. was ook tekens aanwesig van 'n baie laegraadse vroeë
ontstekingsproses sowel as van 'n kroniese soort van ontaardingsverskynsel.
Volgens prof Loubser is dit bekend dat persone met dié harttoestand van
die oorledene suurstofgebrek sleg verduur en die toestand
van haar longe sou die
gaswisselingspotensiaal daarvan beinvloed het. As gevolg van die suurstofgebrek
het koolsuurgas in die liggaam
opgehoop en is die borledene dood as gevolg van
versmoring. Volgens dr Loubser sou die bedsprei, soos dit om die hoof van die
oorledene
vasgebind was, versmoring van die oor-ledene veroorsaak het. Dit sou
effektief die nodige toevoer van suurstof aan die mond-en neusopeninge
ver-sper
het en die oorledene sou niks daaraan kon gedoen
het 7
7. het nie vanweë die wyse waarop sy vasgebind is. Hy het
verder die mening uitgespreek dat hy 'n ernstige twyfel gehád
het of die
wyse waarop die bedsprei om die oorledene se hoof gebind was "noodwendig"
nood-lottige gevolge sou gehad het vir 'n persoon
wat vry was vanndie hart -en
longtoestand van die oorledene. Op grond van laasgenoemde mening van Prof
Loubser is aangevoer dat die
meerderheid van die Hof a quo gefouteer het
toe bevind is dat opset in die vorm van dolus eventualis by appellant
aanwesig was. Dit is aangevoer dat hy nie kon geweet het dat die oorledene aan
genoemde swakhede gely het nie en dat
hy, as 'n leek, nie kon voorsien het dat
die oorledene
sou 8
8. sou versmoor op die wyse wat wel gebeur het nie. Dit is ook aangevoer dat
indien appellant die oorledene wou gedood het mens sou
verwag dat hy die gordel
om haar nek sou vasgemaak het en nie oor haar oe nie.
Die twee vrae in
hierdie saak is, eerstens, of die Staat bewys het dat appellant besef het dat
die oorledene moontlik kon sterf toe
sy vasgemaak is op die wyse waarop hy haar
vasgebind het en daarna sonder hulp gelaat het in die huis, en, tweedens, of hy
onverskillig
was omtrent die moontlike gevolge van sy daad. Indien die Staat
daarin geslaag het om te bewys dat appellant besef het dat die dood
moontlik kon
intree as gevolg van die wyse waarop
hy 9
9. hy teen die oorledene opgetree het, en nogtans onver-skillig was
of daardie gevolg sou intree of nie, is die nodige bewys van dolus
eventualis gelewer. Kyk S v Horn 1958 (3) S A 457 (A); S v
Shaik 1983 (4) S A 57 (A) op bladsy 62 D-F. Selfs indien die dood van die
oorledene, wat as 'n moontlikheid voorsien is, ingetree het op
'n wyse wat nie
presies dieselfde was as wat appellant voorsien het nie, sal dolus eventualis
nogtans aanwesig wees. Kyk S v Lewis 1958 (3) S A 107 (A); South
African Law and Procedure (Burchell and Hunt) Vol 1 bladsy 150. (2de
Uitgawe) Die getuienis van Prof Loubser, waarop staat-
gemaak is namens
appellant, het nie tot gevolg dat
bevind 10
10. bevind kan word dat die meerderheidsbeslissing van die Hof a
quo verkeerd was nie. Dit was nie vir die Staat nodig om te bewys dat
appellant moes besef het dat sy optrede "noodwendig noodlottig"
sou wees nie.
Soos reeds gesê, moes die Staat slegs bewys dat appel-lant besef het dat
die oorledene moontlik as gevolg van
sy optrede kon sterf en dat hy roekeloos
was ten aansien van die intrede van daardie moontlike gevolg. Wat Prof Loubser
se getuienis
toon is dat selfs in die geval van 'n persoon by wie die hart-en
longtoe-stand, wat by die oorledene gevind is, nie aanwesig is nié,
dood
weens versmoring wel 'n moontlikheid is. Onmiddellik nadat hy getuig het dat hy
'n ernstige
twyfel 11
11.
twyfel gehad het of die wyse waarop die bedsprei vas-
gebind was "noodwendig noodlottig" sou wees in die
geval van 'n persoon sonder die patalogie van die oor-
ledene het hy die volgende gesê:
"Dit is inderdaad 'n redelike moontlik-heid dat dit noodlottig sou kon wees maar ek beskou dit ook as 'n redelike moontlikheid dat 'n normale gesonde per-soon so 'n aanslag moontlik sou kon oor-leef."
Uit hierdie getuienis blyk dit dan dat alhoe-wel so 'n persoon nie noodwendig
sal sterf weens ver-smoring nie dit wel kan gebeur.
Myns insiens het die
Staat bewys dat appel-lant besef het dat sy optrede lewensgevaarlik vir die
oorledene 12
12. oorledene was. Ek sê dit op grond van die volgende
feite en oorwegings.
(a) Die oorledene, 74 jaar oud, was ooglopend 'n bejaarde, tingerige en swak vrou. Nie alleen blyk dit uit die fotos van haar wat voor die Hof a quo geplaas is nie maar Prof Loubser het ook getuig dat dit die geval was. Hy het haar beskryf as 'n "gryse bejaarde vrou, 'n ver-swakte bejaarde" alhoewel nie sieklik nie. Haar lengte was 1,44 meter en haar gewig 47 kilogram. (b) Die bedsprei was gevou op so 'n wyse dat dit in voorkoms soortgelyk aan 'n kussing was. Weens
die 13
13. die gevolglike dikte daarvan en die wyse waarop dit om die oorledene se kop gebind is,sou dit moeilik gewees het om daardeur asem te haal.
(c) Die oorledene se arms is ongenadiglik styf
teen mekaar vasgemaak met
die gevolg dat sy
niks kon doen om haarself van die bedsprei,
wat tot oor haar mond en neus gekom het, te bevry nie.
(d) Dit sou duidelik gewees het aan appellant dat
afgesien van die
moeilikheid om asem te haal
die oorledene waarskynlik sou probeer om
los
te kom of om ten minste die uiters ongemaklike
posisie waarin sy
gelaat is, te verbeter. Dit
kon 14
14. kon redelik moontlik daartoe gelei het dat sy op haar gesig of rug te lande kon kom met die gevolg dat die dik deken haar mond en neus-openinge totaal sou versper en haar dood onver-mydelik sou veroorsaak.
(e) Appellant het nie getuig dat hy nie besef het dat die oorledene kon versmoor nie. (f) Enige volwasse persoon sou besef dat dit lewens-gevaarlik is om 'n swak, bejaarde persoon, soos die oorledene, vas te bind op die wyse deur appellant gedoen. Appellant was ten tye van diê aanranding op die oorledene 25 jaar oud. Waar appellant dan nie getuig het dat hy nie
bewus 15
15.
bewus was van die lewensgevaarlikheid van sy daad nie, beteken dit dat daar
niks voor die hof was om die afleiding dat hy wel die
nodige besef gehad het, te
ontsenu nie. Vgl R v Lewis (supra) te bladsy 109, Burchell and
Hunt, op cit, bladsy 150 nota 203. Soos reeds gemeld het appellant,
wie se verweer
'n alibi was, nooit getuig dat hy nie besef het dat sy
optrede lewensgevaar-lik vir die oorledene was nie.
In 16
16. In die lig van die bogaande feite en oorwegings is ek nie
oortuig deur appellant dat die meerderheid van dié Hof a quo
gefouteer het deur te bevind dat dolus eventualis by hom aanwesig was
nie. Die feit dat die lyfband nie om die oorledene se nek gebind was nie toon
slegs dat appellant waarskynlik
nie dolus directus gehad het nie. Dit
verminder egter nie die bewyskrag van die ander getuienis wat toon dat dolus
eventualis by appellant teenwoordig was nie. Mnr de Beer, namens die Staat,
het ook gesteun op 'n antwoord wat gegee is deur appellant op 'n
vraag van
diê Verhoor-regter waaruit dit blyk dat hy erken het dat indien 'n persoon
soos die oorledene vasgebind sou word
sodat
die 17
17. die mond toe was, en die hande en voete vas,sy maklik sou kon
sterf. Selfs sonder hierdie getuienis is ek tevrede dat die Staat
bewys het dat
appellant besef het dat sy optrede lewensgevaar vir die oorledene ingehou
het.
Die appèl teen die skuldigbevinding aan moord kan gevolglik nie
slaag nie. Dit volg dan dat daar geen
appèl teen die opgelegde vonnis
is nie.
Die appèl word van die hand gewys.
F S SMUTS,Wrn AR.
TRENGOVE, AR. )
STEM SAAM. GROSSKOPF, Wrn AR. )
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/69.html