![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
ABRAHAM MOFEKENG 1st APPELLANT
TIMOTHY LAKAJE 2de
APPELLANT
ANDREAS MABASO 3de APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
F S SMUTS, Wrn AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA "
APPèLHOF
In die saak tussen
ABRAHAM MOFEKENG ...... 1st APPELLANT
TIMOTHY LAKAJE 2de APPELLANT
ANDREAS MABASO 3de APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM ; CORBETT, NICHOLAS, ARR, SMUTS, HOWARD et GROSSKOPF, WRN ARR.
AANGEHOOR : 3 MEI 1984. GELEWER : 28 Mei 1984.
UITSPRAAK
F S SMUTS, WRN AR:
Eerste, tweede en derde appellante het onder-
skeidelik tereggestaan as beskuldigdes no,1, no,2.en
no 2
2. 3 in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling van die Hoog-geregshof
op, eerstens,'n klag van moord en, tweedens, 'n klag van roof met
verswarende
omstandighede. Hulle het al drie onskuldig gepleit op klag 1 maar is skuldig
bevind soos aangekla. Nadat versagtende
omstandighede bevind is, is die
appellante, na wie ek voortaan sal ver-wys as beskuldigdes no 1, no 2 en no 3,
onderskeidelik gevonnis
tot 8, 7 en 6 jaar gevangenisstraf. Op klag 2 het
beskuldigdes no 1 en no 2 skuldig gepleit aan roof sonder verswarende
omstandighede.
Die Verhoorregter, KOTZé, R, het 'n pleit van onskuldig
genotuleer. Beskul-digde no 3 het onskuldig gepleit. Al drie beskuldigdes
is
skuldig bevind soos aangekla en ter dood veroordeel.
KOTZé 3
3. KOTZé, R, het verlof om te appelleer verleen aan
beskul-digde no 3 ten opsigte van sy skuldigbevindinge en vonnssse. Aan
beskuldigdes 1 en 2 is verlof verleen deur hierdie Hof om teen die
skuldigbevinding aan moord en die vonnis op klag 2 in hoër
beroep te kom
nadat aan-soek om sodanige verlof aan die Hoofregter gedoen is.
Die klag van moord het voortgespruit uit 'n rooftog wat op die woning van mnr J C A Bester en sy egge-note, mev M E Bester, op die plaas Uitval, distrik Wes-selsbron, uitgevoer is op 11 September 1982. Die oorle-dene, mnr Bester, het tydens die roof gesterf as gevolg van 'n aanranding wat op hom gepleeg is. Oie presiese aard van die aanranding sal later behandel word aangesien
dit 4
4. dit relevant is tot die argument wat namens beskuldigdes
nos 1, 2 en 3 geopper is met betrekking tot die vraag
of die Staat bewys
het dat die aanranding oorsaaklik
verbind is met die dood van die oorledene. Die tweede
klag het betrekking op dieselfde gebeure en dit is deur
die Staat beweer dat, benewens mnr en mev Bester, ene
mey Theunissen ook beroof was. Sy was die betrokke
aand ook in die huis.
Dit blyk uit die mediese getuienis wat aan-
vaar is deur die Hof a quo dat die oorledene ten tye van
sy dood 80 jaar oud was. Hy het in 'n baie swak gesond-
heidstoestand verkeer. Sy hart was aangetas deur gevor-
derde arteriosklerose en sy longe deur longemfiseem en
fibrose 5
5. fibrose. Die hart was baie vergroot. Tydens die lyk-skouing
het die liggaam gevorderde algemene aftakeling getoon. Verkalking van
die
bloedvate en van die niere is, o m, waargeneem. 'n Staatspatoloog, prof Olivier,
deur wie die lykskouing gedoen is, het ook 'n
langwerpige kneusing en skeurwond
in die kopvel, tussen die hare, oor die linker tenporale gebied van die hoof
gevind. Die wond was
2,5 sentimeter lank en was horisontaal gelee ongeveer 7
sentimeters direk bokant die linker oor. Volgens Prof Olivier kon hierdie
besering veroorsaak gewees het deur 'n ligte hou met die agterkant van 'n byl
soortgelyk aan die byl, bew 7, wat gevind is deur die
polisie in die besit van
die moeder van ene Molefi, wat blykbaar ook 'n lid van die rower-
bende 6
6. bende was maar wat nie deur die polisie opgespoor kon word nie.
Prof Olivier het verder getuig dat die oorsaak van dood hartversaking
was wat
teweeggebring is deur "ver-skeie faktore wat almal bygedra het tot die
hartversaking en onder andere was daar ook die hoofbesering".
In
kruisondervraging het Prof Olivier getuig dat dit moontlik was, in die geval van
'n persoon wie se gesondheidstoestand so swak
was soos dié van die
oorledene, dat dié skok verbonde daaraan dat hy vasgegryp en vasge-bind
word deur 'n rowerbende
arritmie van die hart kon veroorsaak, d w s,dat die
ritme van die hart versteurd raak en dat 'n onomkeerbare toestand kon intree
wat
tot hartversaking sou lei ongeag of hy daarna 'n hou teen die
kop. 7
7. kop met die byl toegedien is. Gewone spanning sou hierdie
ritmeversteuring nie veroorsaak het nie maar met 'n hart en aarsisteem
wat so
swak was soos dié van dié oorledene kon enige abnormale prikkeling
van buite die liggaam, wat sou insluit angs,
vrees, spieraktiwiteit en
beserings, so 'n toestand veroorsaak. Op grond van hierdie getuienis is
aangevoer, namens beskuldigdes
nos 1 en no 2, met wie se appêlle ek
eerstens handel, dat die Staat nie bewys het dat die hou met die byl enig-sins
bygedra
het tot die dood van die oorledene nie en dat dit moontlik was dat hy
gesterf het bloot weens vrees en skok. Op laasgenoemde basis
sou beskuldigdes
nos 1 en 2, volgens hulle advokate se betoë , geen skuld
aan 8
8. aan die dood van die oorledene gehad het nie omdat hulle nie sy
dood op daardie wyse sou kon voorsien het nie. Hulle sou slegs
aan aanranding
skuldig wees.
Hierdie argument kan myns insiens nie gehandhaaf word nie,om
die volgende redes. Alhoe-wel Prof Olivier toegegee het dat dit moontlik
was dat
'n persoon met die swak gesondheidstoestand vandie oor-ledene kon gesterf het
aan hartversaking weens skok en angs, het hy
onder kruisondervraging deur
beskuldig-de no 2 se advokaat volgehou dat die hou teen die kop wat die skeur in
die kopvel en daaropvolgende
bloed-ing veroorsaak het, 'n bydraende faktor tot
die dood van die oorledene was. Hierdie getuie-
nis 9
9. nis van Prof Olivier is deur die Hof a quo aanvaar en dit
is bevind dat die bylhou wel bygedra het om die oor-ledene se dood te
veroorsaak. Dat die Hof a quo tereg die mediese
getuienis dat die bylhou bygedra
het tot doodsveroorsaking aanvaar het, blyk uit die volgende ge-tuienis van Prof
Olivier wat gegee
is in antwoord op vrae van die Hof. Nadat die getuie getuig
het dat die oor-ledene in 'n inisiele fase van hart-arritmie kon gewees
het nog
voor die bylhou toegedien is, is hy gevra welke invloed so 'n aanval van
hart-arritmie op die oorledene se uiterlike sou
gehad het. Prof Olivier het
geantwoord dat sodra die oorledene 'n kardiale arritmie ontwikkel het, hy
inmekaar sou gesak het. Hy
sou hom daarna
nie 10
10. nie meer teëgesit het nie en sou nie meer aktief
weer--stand kon gebied het nie. Hierdie getuienis van Prof Olivier is nie
in
twyfel getrek nie. Dit kom my gevolglik as uiters onwaarskynlik voor dat die
oor-ledene 'n hou met die byl toegedien sou gewees
het nadat hy inmekaar gesak
het weens ingetrede hart-arritmie. Dit sou nie meer nodig gewees het om dit te
doen nie aan-gesien die
oorledene totaal weerloos sou gewees het. Dit is
gevolglik nie getoon dat die Hof a quo gefou-teer het deur op die mediese
getuienis t bevind dat die bylhou oorsaaklik verbind was met die dood van die
oorledene nie.
Selfs al sou die Hof a quo verkEer
delik....ll
11
delik bevind het dat die bylhou een vann die faktore was wat die oorledene se dood veroorsaak het, doen dit egter nie afbreuk aan die bevinding dat beskuldigdes nos 1 en 2 skuld gehad het aan die dood van die oorledene nie. Indien die bylhou nie 'n oorsaaklike faktor was nie, volg dit dat die oorledene gesterf het aan hart-arritmie wat teweeggegebring is deur die skok, angsen vrees wat veroor-saak is deur die rowerbende. Dit is tereg nie aangeyoer dat hy toevallig tydens die aanval gesterf het omdat sy lewe tot 'n natuurlike einde gekom het nie. Die argument dat beskuldigdes nos 1 en 2 niekon voorsien het nie dat hierdie bejaarde man aan sy einde sou kon kom weens die skok, vrees en angs wat noodwendig veroorsaak moes word deur
'n 12
12
'n aanval soos die wat op hom uitgevoer is gedurende die nag, is onaanvaarbaar. Enige redelike persoon sou besef het dat die oorledene as gevolg daarvan sou kon sterf. Aangesien die toets van culpa hier 'n objektiewe toets is, is dit ontersaaklik of beskuldigdes no 1 en 2 dit wel besef het toe hulle die aanval uitgevoer het. Dit is nie nodig om meer hieromtrent te sê nie aangesien die advokate vir beskuldigdes no 1 en 2 nie werklik volhard het in hierdie betoog nie. Daar bestaan gevolglik geen twyfel nie dat die Staat daarin geslaag het om te bewys dat die oorledene deur wederregtelike optrede van beskuldigdes nos1 en 2 gedood is in die sin dat dit voorsienbaar was dat die oorledene sou kon sterf as gevolg van die skok,
angs 13
13 angs en vrees wat ingeboesem sou word deur die beplande
aanval op hom. Deur die aanval nietemin deur te voer
het beskuldigdes nos
1 en 2 nalatiglik opgetree en hulle
is verantwoordelik vir die ingetrede dood
van die oorle-
dene. Selfs al het beskuldigde no 1 nie die
oorledene
vasgegryp nie maar direk deurgestap na die slaapkamer
waar die
twee vrouens hulle bevind het, soos hy getuig
het, verminder dit nie sy skuld
nie. Daar het 'n gemëen-
skaplike doel bestaan tussen hom en sy makkers om die oor-
ledene te beroof en om hom vas te vang en vas te bind.
Vervolgens behandel ek die vraag of die Hof a quo
tereg bevind het dat die staat bewys het dat beskuldigdes nos
1 en 2 die bedoeling om die oorledene te dood gehad het. Die Verhoorhof
het 14
14. het bevind dat dolus eventualis by beskuldigdes nos 1 en
2 aanwesig was en nie dolus directus nie. Ook is bevind dat beskuldigdes
nos 1 en 2 besef het dat 'n hou teen die oorledene se kop met die byl, wat
saamgeneem is as
'n wapen na die woning van die oorledene, dood kon veroorsaak
en dat hulle onverskillig gestaan het teenoor die moontlikheid dat
die oorledene
as gevolg van 'n hou daarmee kon sterf. Bewys dat beskuldigde no 2 wel besef het
dat 'n kaphou met die byl dood tot
gevolg kon hê is gevind in die woor-de
wat hy aan mev Bester gerig het in die slaapkamer nl "Sien jy die byl, ek kap
jou dood
". Op daardie geleentheid was die byl, volgens mev Bester, in sy hand.
Bewys van die aanwesigheid van 'n onver -
skillige.....15
15. skillige gesindheid is verder gevind, wat beskuldigde
no 1 betref, in sy erkenning dat hy die oorledene met bloed langs sy kop
op die
vloer van die badkamer sien lê het toe hy die huis verlaat het. Hy het
nietemin niks gedoen om vas te stel of Bester
dood was en of hy hulp kon verleen
nie. Ook het hy getuig, op vrae van dié Hof, dat hy nie hulp verleen het
aan die oorledene
nie omdat hy nie daar was om laasgenoemde te help nie; dat hy
voorsien het dat die oorledene sou doodgaan maar nie omgegee het of
hy doodgaan
nie. Wat beskuldigde no 2 betref is daar gewys op sy getuienis dat hy nie
oorweging geskenk het daaraan om die oorledene
te help waar hy op die
badkamervloer gelê het nie, omdat hy
gegaan 16
16. gegaan het om te roof en nie om 'n Blanke te help nie.
Verder is die feit dat die roof vooraf beplan is deur die Hof a quo in
aanmerking geneem en in die lig van al bogemelde omstandighede is bevind dat die
rowers voor-sien het dat hulle optrede, veral
waar 'n byl gebruik kon word,
ernstige gevolge voortvloeiend uit liggaamlike beserings, kon veroorsaak.
In
die afwesigheid van Prof Olivier se ge-tuienis met betrekking tot die mate van
geweld waarmee die wond met die agterkant van die
byl toegedien is, en die
getuienis aangaande die wyse waarop die hande en voete van die oorledene en die
twee dames vasgebind is,
sou daar nie fout gevind kon word met die bevinding van
die ver-
hoofhof 17
17. hoorhof nie. Met betrekking tot die wond teen die kop het
Prof Olivier egter getuig dat inaggenome die aard van die wapen slegs
"amper-minimale" geweld gebruik moes gewees het om die skeurwond in die kopvel
wat hy waargeneem het, te veroorsaak. Op 'n ander
tydstip ge-durende sy
kruisondervraging het Prof Olivier getuig dat "daar was 'n redelike mate van
geweld maar nie baie geweld nodig
nie" om die wond wat hy gevind het te
ver-oorsaak. Elders het hy weer getuig dat al sy bevin-dings gedui het "op
regtig min geweld".
Hy het daar-op gewys dat alhoewel hy gevind het dat die
skedel van , -die oorledene reeds sag was weens sy hoë ouderdom, daar
geen
induiking of frakture daarin was nie. Ge-
sien 18
18.
sien die relatief sagte toestand van die skedel
sou
selfs min geweld dit kon laat induik. Geen sodanige
letsel was egter gevind nie. Dat die wond op die kop
gewoonweg nie as
ernstig beskou sou word nie word goed
geillustreer deur die volgende vraag en
antwoord deur
die patoloog :
"Is ek miskien reg as ek vir u sê dat in u baie jare ondervinding sou n mens sê dat vir 'n normale persoon dit eintlik verbasend ge-wees het dat hierdie hou die dood veroorsaak het?
In alle regverdigheid,toe ek die liggaam vir die eerste maal sien en ek kyk na daardie wond ver-al nadat die liggaam skoongemaak was, toe sê ek vir myself:ligloop, hierdie man is dalk aan natuurlike oorsake dood. Regtig, daardie
wond 19
19.
wond het my nie laat dink aan be-serings en geweld op die kop nie."
Hierdie getuienis dui onteenseglik daar-
op dat die persoon wat die
beserings met die byl toe-
gedien het doelbewus die geweld waarmee die hou
toege-
dien is beheer het en nie bedoel het om 'n lewensgevaar-
like
besering te veroorsaak nie. Die dood van die
oorledene is gevolglik
veroorsaak deur die gesamentlike
effek van die aanval op die oorledene,toe hy
vasgegryp
en in die huis ingedra of gesleep is, en die hou teen die
kop.
Hy moes op een of ander wyse ook 'n hou teen die
mond ontvang het aangesien
sy lip en die punt van sy
tong ook geskeur was. Hierdie aanrandings en
die
skok, angs en vrees wat dit ingeboesem het in hierdie'
bejaarde....20
20. bejaarde man het tot hartversaking gelei. Uit die wyse
waarop die oorledene behandel is tot tyd en wyl die hou teen die kop toegedien
is kan 'n bedoeling om te dood of
'n subjektiewe besef dat wat gedoen is
lewensgevaarlik
was, sekerlik nie afgelei word nie. Dit kan gevolglik nie
bevind word dat dolus directus of dolus eventualis
aanwesig was by die persoon wat die bylhou toegedien het nie. Volgens die
getuienis van beskuldigde no 2 is die oorledene deur Molefi
geslaan en daar
bestaan nie rede om hierdie getuienis te verwerp nie. Molefi was blykbaar ook
die leier van die bende. Die werklike
dader, Molefi, sou gevolglik nie aan moord
skuldig be-vind kon gewees het nie, te oordeel na wat gebeur het
tot 21
21
tot op die tydstip toe die oorledene met die byl getref
is
en gelaat is op die vloer van die badkamer. Van die
feit dat die oorledene daar gelaat is met 'n bloeiende kop
kan ook nie die
afleiding gemaak word dat Molefi onver-
skillig was teenoor die moontlikheid
dat hy sou doodbloei
nie aangesien die twee dames op so 'n wyse vasgebind is
dat
dit vir hulle maklik sou wees om hulle te bevry nadat
die rowers die
huis verlaat het, soos hulle wel gedoen
het. Molefi sou gevolglik besef het
dat hulp spoedig
aan die oorledene verleen sou kon word wat die bloeding.
betref. Dit blyk uit die mediese getuienis dat 'n mens 'n
hele paar uur sal moet bloei om weens bloedverlies, van die
soort deur die bylhou veroorsaak, te sterf. Selfs indien
Molefi 22
22.
Molefi nie bewus was dat die oorledene reeds dood was nie toe die rowers die woning verlaat het - en die Hof a quo het bevind dat hy wel dood was op daardie tydstip - kan onver-skilligheid by Molefi ten opsigte van doodsintrede weens bloedverlies gevolglik nie afgelei word van die bewese. feite nie.
Die posisie is dan dat dit wil voorkom dat Molefi nie die bedoeling om te dood gehad het nie hetsy in die vorm van dolus directus hetsy by wyse van dolus eventualis. Beskuldigdes nos 1 en 2 se skuld met betrekking tot die bylhou berus op medepligtigheid aan die daad wat deur Molefi gepleeg is. Hulle skuldigbevinding aan moord is in die uitspraak van die Verhoorhof gebaseer op die
gesindheid 23
23 gesindheid wat die Hof a quo bevind het by hulle aanwesig
was as gevolg van die antwoorde wat hulle aan die Hof gegee het toe hulle
gevra
is waarom hulle nie die oorledene gehelp het nadat hulle gesien het dat hy op
die badkamervloer lê nie, d w s, op die
stadium toe hulle besig was om die
huis te
verlaat. Die Verhoorhof het dus bevind dat die medeplig-
tiges aan
moord skuldig was terwyl die hoofdader, soos hierbo aangetoon, blykbaar slegs
aan strafbare manslag skuldig was. Dit kom
my voor dat hierdie resultaat nie
deur die getuie-nis ondersteun word nie. Die dade van beskuldigdes no 1 en no 2
spreek m i duideliker
met betrekking tot hulle
werklike gesindheid as wat
hulle antwoorde op die vrae
van die Hof, waaruit hulle gesindheid afgelei is, prima
facie dui. Dit blyk uit die onweerspreekte
getuienis 24
24.
getuienis dat die rowerbende toue met hulle
saamgeneem
het na die woning. Hierdie feit staaf hulle getuie-
nis dat dit
nie hulle bedoeling was om die inwoners te
dood nie maar eerder om hulle vas
te bind en sodoende
teenstand uit die weg te
ruim. Soos reeds gemeld was
die twee dames, en selfs die oorledene, se hande
nie
styf vasgebind nie. Dit dui daarop dat dit nie die
bedoeling was om
die oorledene, indien hy nog gelewe
het toe die rowers vertrek het, agter te
laat in 'n toe-
stand waar geen hulp aan hom verleen sou kon word in-
dien
die bloeding sou aanhou nie. En dit was dan ook
juis beskuldigdes no 1 en no 2 wat die dames se hande
vasgebind het. Die
oorledene is vasgebind deur Molefi
en 25
25. en beskuldigde no 2. Gevolglik, al was beskuldigdes nos 1 en 2
nie bereid om self hulp te verleen aan die oorledene nie kan daaruit
nie afgelei
word, as die enig-ste redelike afleiding, dat hulle onverskillig gestaan het met
betrekking tot die lewe van die oorledene
nie. Daar is geen getuienis dat
hierdie onopgevoede leke besef het dat kardiale arritmie kon intree as gevolg
van angs en vrees alleen
nie of as gevolg van 'n kombinasie daar-van en 'n ligte
hou teen die kop, met gepaardgaande bloed-ing. Die hou teen die kop sou nie
'n
besef by hulle laat posvat het dat dit op sigself dood sou kon veroor-saak nie.
Enige bloeding as gevolg daarvan sou, wat hulle
betref, bekamp kon gewees het
deur die twee dames
wat 26
26. wat, soos reeds gesê , op so 'n wyse vasgebind is dat
hulle hulself sou kon bevry en hulp aan die oorledene verleen. Na
my mening het
die Staat nie bewys dat dolus eventualis by beskuldigdes no 1 en no 2
aanwe-sig was nie en hulle is gevolglik verkeerdelik skuldig bevind aan moord.
Aan strafbare manslag
het hulle hul wel skuldig gemaak. Hulle het bewustelik
deel-geneem aan 'n aanranding op 'n persoon en dit was redelik voorsienbaar
dat
die oorledene, wat klaarblyklik 'n be-jaarde man was, as gevolg daarvan kon
sterf.
Die appèl van beskuldigde no 3 word ver-volgens behandel.
Hierdie beskuldigde se eerste ver-
weer 27
27. weer was 'n ontkenning dat hy deelgeneem het aan die
roof-
tog. In die alternatief, en indien bevind sou word dat
hy wel 'n lid
van die rowerbende was, het hy hom vereensel-
wig met die betoë wat
namens beskuldigdes no 1 en no 2 aan-
gebiéd is en waarmee ek reeds
gehandel het. Beskuldigde
no 3 het nie getuig nie. Hy het staatgemaak op die
ge-
tuienis van beskuldigdes no 1 en no 2 dat hy nie deur hulle
in kennis
gestel is van hulle voorneme om die oorledene
en die ander inwoners van die
woning op die plaas Uitval
te beroof nie; dat al wat hy gedoen het was om vir hulle
en Molefi te vervoer.met sy motor na 'n plek omtrent 1 kilo-
meter van die
woning waar hulle uitgeklim het en verder
te voet is na Uitval terwyl hy agtergebly het by die motor.
Volgens 28
28. Volgens beskuldigde no 3 se mede-beskuldigdes het hy onder
die indruk verkeer dat hulle op pad was na 'n plaas in die nabyheid
om 'n swart
meisie te ontvoer. Die plan was om die meisie terug te bring na waar beskuldigde
no 3 vir hulle sou wag met die doel
om hulle dan verder te vervoer.
Mev
Bester en mev Theunissen het nie be-skuldigde no 3 uitgewys as een van die
rowers wat die huis binnegekom het nie. Die Staat het
egter bewys dat die bloed
van die oorledene behoort het tot die groep A B en dat slegs 3% van die
bevolking se bloed in hierdie kategorie
val. Beskuldigde no 3 se bloed hoort.
tot bloedgroep A. Dit is verder bewys
dat .29
29.
dat daar op verskeie plekke op die klere wat beskuldig-de no 3 op die aand van 11 September 1982 gedra het, antigene gevind is wat tot die bloedgroep A B behoort. Op grond van die getuienis van Kaptein Voigt, die on-dersoekbeampte, dat die klere van beskuldigde no 3 'n tydlank op die vloer van sy kantoor gelê het saam met die bloedbevlekte klere van die oorledene, is aange-voer dat die klere van die oorledene en beskuldigde no 3 in kontak kon gekom het en dat die oorledene se bloed as gevolg daarvan die klere van beskuldigde no 3 kon besmet het. Dit blyk egter uit die getuienis van H J Moggee,h deskundige op die gebied van fisiologie en biochemie, wat toetse op die kledingstukke gedoen het,
dat 30
30. dat dit hoogs onwaarskynlik was dat droë bloed, soos
dié wat op die oorledene se klere was, die kledingstuk-ke van
beskuldigde
no 3 sou gekontamineer het deur op daardie wyse daarmee in aanraking te kom.
Indien vog-tigheid op die klere sou gekom
het, kon die moontlikheid van
kontaminasie nie heeltemal uitgesluit word nie, maar in die vyf jaar wat hy in
die Forensiese Laboratorium
in Pretoria gewerk het, het hy nooit so 'n geval
teëgekom nie. Indien die bloed van die oorledene droog was, soos wel die
geval
was, sou 'n skuurproses tussen die klere van die oorledene en beskuldigde
no3 tot gevolg ge-had het dat die bloed bo-op die betrokke
kledingstuk van
beskuldigde no 3 sou gewees het. Dit sou nie ingetrek
het 31
31. het nie. Moggee het getuig dat hy gevind het dat bloed van die
groep A B in die klere van beskuldigde no 3,wat hy ondersoek het,
ingetrek het.
Die moontlikheid dat bloed sou intrek kon net bestaan indien die kledingstuk nat
was. Dit blyk egter dat daar beslag
gelê is op beskuldigde no 3 se klere -
'n gestreepte hemp , 'n groen T-hemp en n groen langbroek - eers op 16 September
1982.
Dit was toe netjies gewas en opgevou gevind in 'n laai in 'n vertrek op
die perseel bekend as Kromelmboogstraat 9, Sasolburg. Daar
was geen suggestie
dat hierdie klere klam was nie en ook nie dat dié van die oorledene klam
wes 4 dae na die aanval op hom
gedoen is nie. Dit is verder bewys dat
beskuldigde no 3 se motor gebruik is om die rowerbende
te 32
32. te vervoer na die plaas Uitval en dat hy self die motor daarheen
bestuur het. Al hierdie getuienis het prima facie bewys dat beskuldigde
no 3 aan
die rooftog deelgeneem het en in aanraking met die oorledene was nadat hy begin
bloei het weens die bylhou teen die kop.
Dit het sekerlik 'n antwoord van
beskuldigde no 3 geverg. Sy versuim om te getuig het hierdie prima facie
be-wys van skuld omskep in bewys bo 'n redelike twyfel dat hy deelgeneem het aan
die rooftog en dat hy in die huis van die
oorledene was op die betrokke
aand.
Wat die alternatiewe verweer betref, is wat ek reeds gesê het met
betrekking tot beskuldigdes nos 1 en no 2 ook op beskuldigde
no 3 van
toepassing.
Die 33
33.
Die bloed aan sy klere dui daarop dat hy op die toneel was
terwyl of nadat die oorledene met die byl geslaan is. Selfs al het die
bylhou
nie bygedra tot die dood van die oorledene nie is hy nogtans skuldig aan
strafbare manslag om die redes reeds genoem. Net
soos in die geval van
beskuldigdes no 1 en no 2 is hy egter nie skuldig aan moord nie.
Met
betrekking tot die appèl teen die dood-vonnis wat opgelê is op klag
2 is aangevoer dat die Verhoorregter hom wanvoorgelig
het in verskeie opsigte.
Dit blyk uit die redes vir vonnis dat die Verhoorregter die feit dat die
beskuldigdes vanaf 'n stedelike
gebied, te wete, Sasolburg, gegaan het na die
distrik Wessels-bron om daar die misdaad te pleeg , as 'n
verswarende 34
34. verswarende faktor beskou het. Ook het die
Verhoor-regter dit as ontstellend beskou dat die misdadigers "van 'n motor
gebruik
gemaak het om daarmee te gery het na 'n plaas toe, 'n plaas waar hy goed
geweet het slegs die relatief hulpelose ou mense op woon".
Dit is aan-gevoer,
myns insiens tereg, dat die feit dat die mis-dadigers vanaf Sasolburg na
Wesselsbron gegaan het, as-ook die feit
dat hulle van 'n motor gebruik gemaak
het, nie verswarende faktore kan wees nie. In hierdie op-sigte het die
Verhoorregter homself
gevolglik wanvoor-gelig. Hierdie Hof se bevoegdheid om in
te gryp met
die opgelegde vonnis is gevolglik ongebonde en 'n vonnis
wat
as gepas beskou word, kan opgelê word. Na my mening
is 35
35. is hierdie nie 'n geval wat die doodvonnis verg nie. Aan-gesien
die drie beskuldigdes afsonderlik gevonnis sal word vir die doding
van die
oorledene wanneer hulle ge-vonnis word op die skuldigbevinding aan strafbare
man-slag, moet die feit dat die oorledene gedood
is buite rekening gelaat word
by oorweging van wat 'n gepaste vonnis op die roofklag is. Wat die gepleegde
roof be-tref blyk dit
dat die beskuldigdes geen noemenswaardige geweld op die
twee bejaarde vrouens toegepas het nie. Hulle het die vrouens wel aangerand
in
die sin dat hulle hul hande en voete vasgebind het en ook hulle monde toege-bind
het met 'n serp maar ook dit was nie op 'n werklik
ge-welddadige wyse gedoen
niê. Hulle hande is ook nie
styf 36
36. styf aan mekaar vasgebind nie. Draad klerehangers is gebruik
om hulle gewrigte vas te maak en mev Theunissen het 'n sny opgedoen
aan haar
regter pols as gevolg daar-van. Haar linkerhand was ook gekneus - sy het dit
be-skryf as pers - maar wat die kneusing veroorsaak
het blyk nie duidelik uit
die getuienis nie. Terwyl be-skuldigde no 1 besig was om haar vas te maak het sy
aan hom gesê "Eina,jy
maak my seer" waarop hy geantwoord het "Ek maak jou
nie seer nie". Hierdie antwoord dui nie op 'n onverskillige houding teenoor
besering
van mey Theunissen nie. Sy is wel beledig deur beskul-digde no 1
deurdat hy op 'n kru manier haar in kennis gestel het dat hy nie
op seksuele
gebied in haar persoon
belang 37
37. belang gestel het nie maar selfs hierdie woorde is aan haar
toegevoeg toe sy, nadat haar hande aanmekaar ge-bind is, gesê
is om op
haar bed te gaan lê. 'n Redelik moontlike vertolking van die woorde is dat
hy haar wou laat verstaan dat alhoewel
hy haar beveel het om op die bed te
lê, dit nie was omdat hy haar seksueel wou aan-rand nie. Beskuldigde no 1
het nie opgetree
teenoor mev Bester nie. Sy optrede was beperk tot mey
Theu-nissen. Op sy beurt het beskuldigde no 2 sy aandag op mev Bester
toegespits.
Sy gedrag teenoor mev Bes-ter het ook geen besering tot gevolg gehad
nie. Hy het haar wel gedreig deur aan haar te sê "Sien
jy die byl ,ek kap
jou dood". Met die byl self is egter nie dreigende
gebare 38
38.
gebare teenoor haar uitgevoer nie.
Nadat mev Theunissen
beroof is van R35-00, wat sy in 'n beursie gehou het, is R10-00 van mev Bester
geneem. Op bevel van beskuldigde
no 2 het sy hom vertel waar om die sleutel van
'n kas, wat in die eetkamer gestaan het, te vind. Hy het die sleu-tel gaan haal
en
het haar toe na die eetkamer geneem waar hy die kas oopgesluit het. Daarna
het hy haar teruggeneem na die slaapkamer, haar voete
vasgebind met 'n serp en
haar mond toegebind soos ek reeds be -skryf het. Haar hande het hy gebind met
die draad van die klerehangers.
Sy is toe beveel om op die bed te gaan lê
en die rowers het die slaap-
kamerdeur 39
39.
kamerdeur toegemaak en die vrouens in die kamer gelaat. Nadat alles stil geword het in die huis het die vrou-
ens hulself bevry. Hulle is die huis in en het die
oorledene in die
badkamer dood aangetref. Dit is later vasgestel dat die rowers, benewens die
genoemde R45-00, 'n 6.35 pistool, die
oorledene se polshorlosie, 'n flits, een
magasyn bevattende 6 patrone, een kous, een ooghaartangetjie, een sakdoek, en
koper en silwer-
stukke ter waarde van R3-14 met hulle saamgeneem het.
Die waarde van die goedere wat gesteel is was gevolg-lik nie groot nie.
Betreffende die oorledene self was die beserings wat aan hom gevind is, met uitsondering van
die 40
40. die wond aan die kop, nie van 'n ernstige aard nie. Hulle was
die volgende :
(i) 'n Klein oppervlakkige kneus- en skaafmerk
op die kopvel oor die regter fronto-temporale area. Die area daarvan was 1/2 sentime-ter. (ii) 'n Klein oppervlakkige kneus- en skaafmerk
aan die sykant van die regteroog. (iii) 'n Stervormige skeurwond in die linker bo-lip met 'n klein skeurtjie in die punt van die tong. (iv) Op die kant van die linker bo-arm was daar 'n kneusing.
(v) 41
41.
(v) Op die bokant van beide voorarms was daar
kneusings.
Ook is kneusing gevind op die
bokant van beide polse en hande.
(vi) Twee identiese kneusings is gevind op die
sy-voorkant van die
linkerborskas. Hulle
was 4 sentimeter lank en 2,5 sentimeter
breed. (vii) Laastens was daar oppervlakkige skaafmerke
met bloeding op die sy- en voorkant van die
regter-onderbeen.
Hierdie beserings dui nie op die toedie-ning van baié geweld of op 'n wreedaardige aanval op die oorledene nie. Soos reeds gemeld is die twee dames nie aangeval....42
42.
aangeval nie behalwe toe hulle hande en voete vasgebind is en
die serpe om hulle monde gebind is. Alhoewel hier-die misdaad in 'n
ernstige lig
beskou moet word dink ek nie, in die lig van die bogemelde omstandighede, dat
hierdie 'n geval is waar die doodstraf
'n gepaste vonnis is nie.
By oorweging
van wat 'n geskikte vonnis is moet egter in aanmerking geneem word dat die
beskuldig-des 'n beplande roof uitgevoer het
op bejaarde, weerlose persone wat
op 'n plaas vêr verwyder van enige hulp of beskerming gewoon het. Hulle is
geterroriseer
en 'n dreigement van dood is aan mev Bester gerig. Te oor-deel na
die oorledene se uitroep "Nee asseblief moenie,
moenie 43
43.
moenie" wat deur die vrouens gehoor is, is hy ook
ge-
dreig met geweld en toe werklik geslaan met die byl,
alhoewel dit 'n
ligte hou was. Die slagoffers van die
aanval is toe wel beroof. Dit het geskied nadat die ro-
wers gesien het
dat die oorledene inmekaar gesak het. Aan-
valle op bejaarde en weerlose
mense is aan die toeneem.
Dit is in die belang van sulke persone, baie
waarvan alleen of
op afgeleë plekke woon, dat toereikende en
afskrikkende vonnisse
opgelê word.
Die volgende tersaaklike vorige veroorde-
lings is deur beskuldigde no 1 erken. In 1970 is hy
skuldig bevind aan
huisbraak met die doel om te steel
en diefstal waarvoor hy gevonnis is tot 6
maande ge-
vangenisstraf; in 1971 is hy gevonnis tot 3 maande
gevangenisstraf 44
44. gevangenisstraf weens aanranding met die opset om
erns-tig te beseer en in 1977 is hy skuldig bevind aan 'n soort-gelyke misdaad
en 'n opgeskorte vonnis van 18 maande ge-vangenisstraf opgelê. Beskuldigde
no 2 is in 1975 skuldig bevind aan diefstal van
sement en in 1976 aan roof van
Rl-50. Vir eersgenoemde misdaad is hy gevon-nis tot 5 houe met 'n ligte rottang
en vir die roof is
hom 'n vonnis van 7 houe met 'n ligte rottang opgelê.
Geen vorige veroordelings is teen beskuldigde no 3 be-wys nie. Vir die
doeleindes van vonnis kan beskuldig-des nos 2 en no 3 op gelyke voet behandel
word. Be-skuldigde no 2 was op datum van sy vorige
skuldigbevin-dings slegs 15
of 16 jaar oud en het nog nie voorheên
gevangenisstraf 45
45. gevangenisstraf ondergaan nie. By oplegging van
vonnis word die kumulatiewe effek van die vonnisse op die twee klagte in
aanmerking
geneem.
Die volgende bevele word verleen:
(a) Die appèl van elk van die drie beskul-digdes teen sy skuldigbevinding aan moord op klag 1 slaag. Die skuldigbevindings aan moord word tersyde gestel en vervang deur 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag in die geval van elk van die be-skuldigdes. (b) Die appèl teen die vonnisse opgelê op klag 1 slaag en die opgelegde vonnisse
van 46
46.
van 8, 7 en 6 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel.
(c) Die appèl van elk van beskuldigdes no 1, 2 en 3 teen die doodvonnis opgelê op klag 2 slaag en die opgelegde doodvonnisse word tersyde ge-stel. (d) Die volgende vonnisse word opgelê :
(1) Beskuldigde no 1 .
Klag 1 : 7 jaar gevangenisstraf waarvan 4 jaar samelopend sal wees met die vonnis opgelê op klag 2. Klag 2: 12 jaar gevangenisstraf.
(2) Beskuldigde no 2.
Klag 1 47
47 Klag 1 : 5 jaar gevangenisstraf waarvan 3 jaar samelopend sal wees met die vón-nis opgelê op klag 2. Klag 2: 10 jaar gevangenisstraf. (3) Beskuldigde no 3.
Klag 1 : 5 jaar gevangenisstraf waarvan 3 jaar samelopend sal wees met die von-nis op klag 2, Klag 2 : 10 jaar gevangenisstraf.
P S SMUTS, WRN AR.
CORBETT, AR. )
NICHOLAS, AR. ) STEM SAAM.
HOWARD, WRN AR. )
GROSSKOPF, WRN AR. )
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/61.html