SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 61

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Mofokeng And Orthers (61/84) [1984] ZASCA 61 (28 May 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


ABRAHAM MOFEKENG 1st APPELLANT
TIMOTHY LAKAJE 2de APPELLANT
ANDREAS MABASO 3de APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

F S SMUTS, Wrn AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA "

APPèLHOF

In die saak tussen

ABRAHAM MOFEKENG ...... 1st APPELLANT

TIMOTHY LAKAJE 2de APPELLANT

ANDREAS MABASO 3de APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM ; CORBETT, NICHOLAS, ARR, SMUTS, HOWARD et GROSSKOPF, WRN ARR.

AANGEHOOR : 3 MEI 1984. GELEWER : 28 Mei 1984.

UITSPRAAK

F S SMUTS, WRN AR:

Eerste, tweede en derde appellante het onder-

skeidelik tereggestaan as beskuldigdes no,1, no,2.en

no 2
2. 3 in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling van die Hoog-geregshof op, eerstens,'n klag van moord en, tweedens, 'n klag van roof met verswarende omstandighede. Hulle het al drie onskuldig gepleit op klag 1 maar is skuldig bevind soos aangekla. Nadat versagtende omstandighede bevind is, is die appellante, na wie ek voortaan sal ver-wys as beskuldigdes no 1, no 2 en no 3, onderskeidelik gevonnis tot 8, 7 en 6 jaar gevangenisstraf. Op klag 2 het beskuldigdes no 1 en no 2 skuldig gepleit aan roof sonder verswarende omstandighede. Die Verhoorregter, KOTZé, R, het 'n pleit van onskuldig genotuleer. Beskul-digde no 3 het onskuldig gepleit. Al drie beskuldigdes is skuldig bevind soos aangekla en ter dood veroordeel.

KOTZé 3
3. KOTZé, R, het verlof om te appelleer verleen aan beskul-digde no 3 ten opsigte van sy skuldigbevindinge en vonnssse. Aan beskuldigdes 1 en 2 is verlof verleen deur hierdie Hof om teen die skuldigbevinding aan moord en die vonnis op klag 2 in hoër beroep te kom nadat aan-soek om sodanige verlof aan die Hoofregter gedoen is.

Die klag van moord het voortgespruit uit 'n rooftog wat op die woning van mnr J C A Bester en sy egge-note, mev M E Bester, op die plaas Uitval, distrik Wes-selsbron, uitgevoer is op 11 September 1982. Die oorle-dene, mnr Bester, het tydens die roof gesterf as gevolg van 'n aanranding wat op hom gepleeg is. Oie presiese aard van die aanranding sal later behandel word aangesien

dit 4
4. dit relevant is tot die argument wat namens beskuldigdes

nos 1, 2 en 3 geopper is met betrekking tot die vraag
of die Staat bewys het dat die aanranding oorsaaklik

verbind is met die dood van die oorledene. Die tweede

klag het betrekking op dieselfde gebeure en dit is deur

die Staat beweer dat, benewens mnr en mev Bester, ene

mey Theunissen ook beroof was. Sy was die betrokke

aand ook in die huis.

Dit blyk uit die mediese getuienis wat aan-

vaar is deur die Hof a quo dat die oorledene ten tye van

sy dood 80 jaar oud was. Hy het in 'n baie swak gesond-

heidstoestand verkeer. Sy hart was aangetas deur gevor-

derde arteriosklerose en sy longe deur longemfiseem en

fibrose 5
5. fibrose. Die hart was baie vergroot. Tydens die lyk-skouing het die liggaam gevorderde algemene aftakeling getoon. Verkalking van die bloedvate en van die niere is, o m, waargeneem. 'n Staatspatoloog, prof Olivier, deur wie die lykskouing gedoen is, het ook 'n langwerpige kneusing en skeurwond in die kopvel, tussen die hare, oor die linker tenporale gebied van die hoof gevind. Die wond was 2,5 sentimeter lank en was horisontaal gelee ongeveer 7 sentimeters direk bokant die linker oor. Volgens Prof Olivier kon hierdie besering veroorsaak gewees het deur 'n ligte hou met die agterkant van 'n byl soortgelyk aan die byl, bew 7, wat gevind is deur die polisie in die besit van die moeder van ene Molefi, wat blykbaar ook 'n lid van die rower-

bende 6
6. bende was maar wat nie deur die polisie opgespoor kon word nie. Prof Olivier het verder getuig dat die oorsaak van dood hartversaking was wat teweeggebring is deur "ver-skeie faktore wat almal bygedra het tot die hartversaking en onder andere was daar ook die hoofbesering".
In kruisondervraging het Prof Olivier getuig dat dit moontlik was, in die geval van 'n persoon wie se gesondheidstoestand so swak was soos dié van die oorledene, dat dié skok verbonde daaraan dat hy vasgegryp en vasge-bind word deur 'n rowerbende arritmie van die hart kon veroorsaak, d w s,dat die ritme van die hart versteurd raak en dat 'n onomkeerbare toestand kon intree wat tot hartversaking sou lei ongeag of hy daarna 'n hou teen die

kop. 7
7. kop met die byl toegedien is. Gewone spanning sou hierdie ritmeversteuring nie veroorsaak het nie maar met 'n hart en aarsisteem wat so swak was soos dié van dié oorledene kon enige abnormale prikkeling van buite die liggaam, wat sou insluit angs, vrees, spieraktiwiteit en beserings, so 'n toestand veroorsaak. Op grond van hierdie getuienis is aangevoer, namens beskuldigdes nos 1 en no 2, met wie se appêlle ek eerstens handel, dat die Staat nie bewys het dat die hou met die byl enig-sins bygedra het tot die dood van die oorledene nie en dat dit moontlik was dat hy gesterf het bloot weens vrees en skok. Op laasgenoemde basis sou beskuldigdes nos 1 en 2, volgens hulle advokate se betoë , geen skuld

aan 8
8. aan die dood van die oorledene gehad het nie omdat hulle nie sy dood op daardie wyse sou kon voorsien het nie. Hulle sou slegs aan aanranding skuldig wees.
Hierdie argument kan myns insiens nie gehandhaaf word nie,om die volgende redes. Alhoe-wel Prof Olivier toegegee het dat dit moontlik was dat 'n persoon met die swak gesondheidstoestand vandie oor-ledene kon gesterf het aan hartversaking weens skok en angs, het hy onder kruisondervraging deur beskuldig-de no 2 se advokaat volgehou dat die hou teen die kop wat die skeur in die kopvel en daaropvolgende bloed-ing veroorsaak het, 'n bydraende faktor tot die dood van die oorledene was. Hierdie getuie-

nis 9
9. nis van Prof Olivier is deur die Hof a quo aanvaar en dit is bevind dat die bylhou wel bygedra het om die oor-ledene se dood te veroorsaak. Dat die Hof a quo tereg die mediese getuienis dat die bylhou bygedra het tot doodsveroorsaking aanvaar het, blyk uit die volgende ge-tuienis van Prof Olivier wat gegee is in antwoord op vrae van die Hof. Nadat die getuie getuig het dat die oor-ledene in 'n inisiele fase van hart-arritmie kon gewees het nog voor die bylhou toegedien is, is hy gevra welke invloed so 'n aanval van hart-arritmie op die oorledene se uiterlike sou gehad het. Prof Olivier het geantwoord dat sodra die oorledene 'n kardiale arritmie ontwikkel het, hy inmekaar sou gesak het. Hy sou hom daarna

nie 10
10. nie meer teëgesit het nie en sou nie meer aktief weer--stand kon gebied het nie. Hierdie getuienis van Prof Olivier is nie in twyfel getrek nie. Dit kom my gevolglik as uiters onwaarskynlik voor dat die oor-ledene 'n hou met die byl toegedien sou gewees het nadat hy inmekaar gesak het weens ingetrede hart-arritmie. Dit sou nie meer nodig gewees het om dit te doen nie aan-gesien die oorledene totaal weerloos sou gewees het. Dit is gevolglik nie getoon dat die Hof a quo gefou-teer het deur op die mediese getuienis t bevind dat die bylhou oorsaaklik verbind was met die dood van die oorledene nie.

Selfs al sou die Hof a quo verkEer

delik....ll

11

delik bevind het dat die bylhou een vann die faktore was wat die oorledene se dood veroorsaak het, doen dit egter nie afbreuk aan die bevinding dat beskuldigdes nos 1 en 2 skuld gehad het aan die dood van die oorledene nie. Indien die bylhou nie 'n oorsaaklike faktor was nie, volg dit dat die oorledene gesterf het aan hart-arritmie wat teweeggegebring is deur die skok, angsen vrees wat veroor-saak is deur die rowerbende. Dit is tereg nie aangeyoer dat hy toevallig tydens die aanval gesterf het omdat sy lewe tot 'n natuurlike einde gekom het nie. Die argument dat beskuldigdes nos 1 en 2 niekon voorsien het nie dat hierdie bejaarde man aan sy einde sou kon kom weens die skok, vrees en angs wat noodwendig veroorsaak moes word deur

'n 12

12

'n aanval soos die wat op hom uitgevoer is gedurende die nag, is onaanvaarbaar. Enige redelike persoon sou besef het dat die oorledene as gevolg daarvan sou kon sterf. Aangesien die toets van culpa hier 'n objektiewe toets is, is dit ontersaaklik of beskuldigdes no 1 en 2 dit wel besef het toe hulle die aanval uitgevoer het. Dit is nie nodig om meer hieromtrent te sê nie aangesien die advokate vir beskuldigdes no 1 en 2 nie werklik volhard het in hierdie betoog nie. Daar bestaan gevolglik geen twyfel nie dat die Staat daarin geslaag het om te bewys dat die oorledene deur wederregtelike optrede van beskuldigdes nos1 en 2 gedood is in die sin dat dit voorsienbaar was dat die oorledene sou kon sterf as gevolg van die skok,

angs 13
13 angs en vrees wat ingeboesem sou word deur die beplande

aanval op hom. Deur die aanval nietemin deur te voer
het beskuldigdes nos 1 en 2 nalatiglik opgetree en hulle
is verantwoordelik vir die ingetrede dood van die oorle-
dene. Selfs al het beskuldigde no 1 nie die oorledene
vasgegryp nie maar direk deurgestap na die slaapkamer
waar die twee vrouens hulle bevind het, soos hy getuig
het, verminder dit nie sy skuld nie. Daar het 'n gemëen-

skaplike doel bestaan tussen hom en sy makkers om die oor-

ledene te beroof en om hom vas te vang en vas te bind.

Vervolgens behandel ek die vraag of die Hof a quo

tereg bevind het dat die staat bewys het dat beskuldigdes nos

1 en 2 die bedoeling om die oorledene te dood gehad het. Die Verhoorhof

het 14
14. het bevind dat dolus eventualis by beskuldigdes nos 1 en 2 aanwesig was en nie dolus directus nie. Ook is bevind dat beskuldigdes nos 1 en 2 besef het dat 'n hou teen die oorledene se kop met die byl, wat saamgeneem is as 'n wapen na die woning van die oorledene, dood kon veroorsaak en dat hulle onverskillig gestaan het teenoor die moontlikheid dat die oorledene as gevolg van 'n hou daarmee kon sterf. Bewys dat beskuldigde no 2 wel besef het dat 'n kaphou met die byl dood tot gevolg kon hê is gevind in die woor-de wat hy aan mev Bester gerig het in die slaapkamer nl "Sien jy die byl, ek kap jou dood ". Op daardie geleentheid was die byl, volgens mev Bester, in sy hand. Bewys van die aanwesigheid van 'n onver -

skillige.....15
15. skillige gesindheid is verder gevind, wat beskuldigde no 1 betref, in sy erkenning dat hy die oorledene met bloed langs sy kop op die vloer van die badkamer sien lê het toe hy die huis verlaat het. Hy het nietemin niks gedoen om vas te stel of Bester dood was en of hy hulp kon verleen nie. Ook het hy getuig, op vrae van dié Hof, dat hy nie hulp verleen het aan die oorledene nie omdat hy nie daar was om laasgenoemde te help nie; dat hy voorsien het dat die oorledene sou doodgaan maar nie omgegee het of hy doodgaan nie. Wat beskuldigde no 2 betref is daar gewys op sy getuienis dat hy nie oorweging geskenk het daaraan om die oorledene te help waar hy op die badkamervloer gelê het nie, omdat hy

gegaan 16
16. gegaan het om te roof en nie om 'n Blanke te help nie. Verder is die feit dat die roof vooraf beplan is deur die Hof a quo in aanmerking geneem en in die lig van al bogemelde omstandighede is bevind dat die rowers voor-sien het dat hulle optrede, veral waar 'n byl gebruik kon word, ernstige gevolge voortvloeiend uit liggaamlike beserings, kon veroorsaak.
In die afwesigheid van Prof Olivier se ge-tuienis met betrekking tot die mate van geweld waarmee die wond met die agterkant van die byl toegedien is, en die getuienis aangaande die wyse waarop die hande en voete van die oorledene en die twee dames vasgebind is, sou daar nie fout gevind kon word met die bevinding van die ver-

hoofhof 17
17. hoorhof nie. Met betrekking tot die wond teen die kop het Prof Olivier egter getuig dat inaggenome die aard van die wapen slegs "amper-minimale" geweld gebruik moes gewees het om die skeurwond in die kopvel wat hy waargeneem het, te veroorsaak. Op 'n ander tydstip ge-durende sy kruisondervraging het Prof Olivier getuig dat "daar was 'n redelike mate van geweld maar nie baie geweld nodig nie" om die wond wat hy gevind het te ver-oorsaak. Elders het hy weer getuig dat al sy bevin-dings gedui het "op regtig min geweld". Hy het daar-op gewys dat alhoewel hy gevind het dat die skedel van , -die oorledene reeds sag was weens sy hoë ouderdom, daar geen induiking of frakture daarin was nie. Ge-

sien 18

18.

sien die relatief sagte toestand van die skedel sou
selfs min geweld dit kon laat induik. Geen sodanige

letsel was egter gevind nie. Dat die wond op die kop
gewoonweg nie as ernstig beskou sou word nie word goed
geillustreer deur die volgende vraag en antwoord deur
die patoloog :

"Is ek miskien reg as ek vir u sê dat in u baie jare ondervinding sou n mens sê dat vir 'n normale persoon dit eintlik verbasend ge-wees het dat hierdie hou die dood veroorsaak het?

In alle regverdigheid,toe ek die liggaam vir die eerste maal sien en ek kyk na daardie wond ver-al nadat die liggaam skoongemaak was, toe sê ek vir myself:ligloop, hierdie man is dalk aan natuurlike oorsake dood. Regtig, daardie

wond 19

19.

wond het my nie laat dink aan be-serings en geweld op die kop nie."

Hierdie getuienis dui onteenseglik daar-
op dat die persoon wat die beserings met die byl toe-
gedien het doelbewus die geweld waarmee die hou toege-
dien is beheer het en nie bedoel het om 'n lewensgevaar-
like besering te veroorsaak nie. Die dood van die
oorledene is gevolglik veroorsaak deur die gesamentlike
effek van die aanval op die oorledene,toe hy vasgegryp
en in die huis ingedra of gesleep is, en die hou teen die
kop. Hy moes op een of ander wyse ook 'n hou teen die
mond ontvang het aangesien sy lip en die punt van sy
tong ook geskeur was. Hierdie aanrandings en die

skok, angs en vrees wat dit ingeboesem het in hierdie'

bejaarde....20
20. bejaarde man het tot hartversaking gelei. Uit die wyse waarop die oorledene behandel is tot tyd en wyl die hou teen die kop toegedien is kan 'n bedoeling om te dood of
'n subjektiewe besef dat wat gedoen is lewensgevaarlik
was, sekerlik nie afgelei word nie. Dit kan gevolglik nie bevind word dat dolus directus of dolus eventualis aanwesig was by die persoon wat die bylhou toegedien het nie. Volgens die getuienis van beskuldigde no 2 is die oorledene deur Molefi geslaan en daar bestaan nie rede om hierdie getuienis te verwerp nie. Molefi was blykbaar ook die leier van die bende. Die werklike dader, Molefi, sou gevolglik nie aan moord skuldig be-vind kon gewees het nie, te oordeel na wat gebeur het

tot 21
21
tot op die tydstip toe die oorledene met die byl getref
is en gelaat is op die vloer van die badkamer. Van die

feit dat die oorledene daar gelaat is met 'n bloeiende kop
kan ook nie die afleiding gemaak word dat Molefi onver-
skillig was teenoor die moontlikheid dat hy sou doodbloei
nie aangesien die twee dames op so 'n wyse vasgebind is dat
dit vir hulle maklik sou wees om hulle te bevry nadat
die rowers die huis verlaat het, soos hulle wel gedoen
het. Molefi sou gevolglik besef het dat hulp spoedig

aan die oorledene verleen sou kon word wat die bloeding.

betref. Dit blyk uit die mediese getuienis dat 'n mens 'n

hele paar uur sal moet bloei om weens bloedverlies, van die

soort deur die bylhou veroorsaak, te sterf. Selfs indien

Molefi 22

22.

Molefi nie bewus was dat die oorledene reeds dood was nie toe die rowers die woning verlaat het - en die Hof a quo het bevind dat hy wel dood was op daardie tydstip - kan onver-skilligheid by Molefi ten opsigte van doodsintrede weens bloedverlies gevolglik nie afgelei word van die bewese. feite nie.

Die posisie is dan dat dit wil voorkom dat Molefi nie die bedoeling om te dood gehad het nie hetsy in die vorm van dolus directus hetsy by wyse van dolus eventualis. Beskuldigdes nos 1 en 2 se skuld met betrekking tot die bylhou berus op medepligtigheid aan die daad wat deur Molefi gepleeg is. Hulle skuldigbevinding aan moord is in die uitspraak van die Verhoorhof gebaseer op die

gesindheid 23
23 gesindheid wat die Hof a quo bevind het by hulle aanwesig was as gevolg van die antwoorde wat hulle aan die Hof gegee het toe hulle gevra is waarom hulle nie die oorledene gehelp het nadat hulle gesien het dat hy op die badkamervloer lê nie, d w s, op die stadium toe hulle besig was om die huis te
verlaat. Die Verhoorhof het dus bevind dat die medeplig-
tiges aan moord skuldig was terwyl die hoofdader, soos hierbo aangetoon, blykbaar slegs aan strafbare manslag skuldig was. Dit kom my voor dat hierdie resultaat nie deur die getuie-nis ondersteun word nie. Die dade van beskuldigdes no 1 en no 2 spreek m i duideliker met betrekking tot hulle
werklike gesindheid as wat hulle antwoorde op die vrae

van die Hof, waaruit hulle gesindheid afgelei is, prima

facie dui. Dit blyk uit die onweerspreekte

getuienis 24

24.

getuienis dat die rowerbende toue met hulle saamgeneem
het na die woning. Hierdie feit staaf hulle getuie-
nis dat dit nie hulle bedoeling was om die inwoners te
dood nie maar eerder om hulle vas te bind en sodoende
teenstand uit die weg te ruim. Soos reeds gemeld was
die twee dames, en selfs die oorledene, se hande nie
styf vasgebind nie. Dit dui daarop dat dit nie die
bedoeling was om die oorledene, indien hy nog gelewe
het toe die rowers vertrek het, agter te laat in 'n toe-
stand waar geen hulp aan hom verleen sou kon word in-
dien die bloeding sou aanhou nie. En dit was dan ook

juis beskuldigdes no 1 en no 2 wat die dames se hande
vasgebind het. Die oorledene is vasgebind deur Molefi

en 25
25. en beskuldigde no 2. Gevolglik, al was beskuldigdes nos 1 en 2 nie bereid om self hulp te verleen aan die oorledene nie kan daaruit nie afgelei word, as die enig-ste redelike afleiding, dat hulle onverskillig gestaan het met betrekking tot die lewe van die oorledene nie. Daar is geen getuienis dat hierdie onopgevoede leke besef het dat kardiale arritmie kon intree as gevolg van angs en vrees alleen nie of as gevolg van 'n kombinasie daar-van en 'n ligte hou teen die kop, met gepaardgaande bloed-ing. Die hou teen die kop sou nie 'n besef by hulle laat posvat het dat dit op sigself dood sou kon veroor-saak nie. Enige bloeding as gevolg daarvan sou, wat hulle betref, bekamp kon gewees het deur die twee dames

wat 26
26. wat, soos reeds gesê , op so 'n wyse vasgebind is dat hulle hulself sou kon bevry en hulp aan die oorledene verleen. Na my mening het die Staat nie bewys dat dolus eventualis by beskuldigdes no 1 en no 2 aanwe-sig was nie en hulle is gevolglik verkeerdelik skuldig bevind aan moord. Aan strafbare manslag het hulle hul wel skuldig gemaak. Hulle het bewustelik deel-geneem aan 'n aanranding op 'n persoon en dit was redelik voorsienbaar dat die oorledene, wat klaarblyklik 'n be-jaarde man was, as gevolg daarvan kon sterf.
Die appèl van beskuldigde no 3 word ver-volgens behandel. Hierdie beskuldigde se eerste ver-

weer 27
27. weer was 'n ontkenning dat hy deelgeneem het aan die roof-
tog. In die alternatief, en indien bevind sou word dat
hy wel 'n lid van die rowerbende was, het hy hom vereensel-
wig met die betoë wat namens beskuldigdes no 1 en no 2 aan-
gebiéd is en waarmee ek reeds gehandel het. Beskuldigde
no 3 het nie getuig nie. Hy het staatgemaak op die ge-
tuienis van beskuldigdes no 1 en no 2 dat hy nie deur hulle
in kennis gestel is van hulle voorneme om die oorledene
en die ander inwoners van die woning op die plaas Uitval

te beroof nie; dat al wat hy gedoen het was om vir hulle

en Molefi te vervoer.met sy motor na 'n plek omtrent 1 kilo-
meter van die woning waar hulle uitgeklim het en verder

te voet is na Uitval terwyl hy agtergebly het by die motor.

Volgens 28
28. Volgens beskuldigde no 3 se mede-beskuldigdes het hy onder die indruk verkeer dat hulle op pad was na 'n plaas in die nabyheid om 'n swart meisie te ontvoer. Die plan was om die meisie terug te bring na waar beskuldigde no 3 vir hulle sou wag met die doel om hulle dan verder te vervoer.
Mev Bester en mev Theunissen het nie be-skuldigde no 3 uitgewys as een van die rowers wat die huis binnegekom het nie. Die Staat het egter bewys dat die bloed van die oorledene behoort het tot die groep A B en dat slegs 3% van die bevolking se bloed in hierdie kategorie val. Beskuldigde no 3 se bloed hoort. tot bloedgroep A. Dit is verder bewys

dat .29

29.

dat daar op verskeie plekke op die klere wat beskuldig-de no 3 op die aand van 11 September 1982 gedra het, antigene gevind is wat tot die bloedgroep A B behoort. Op grond van die getuienis van Kaptein Voigt, die on-dersoekbeampte, dat die klere van beskuldigde no 3 'n tydlank op die vloer van sy kantoor gelê het saam met die bloedbevlekte klere van die oorledene, is aange-voer dat die klere van die oorledene en beskuldigde no 3 in kontak kon gekom het en dat die oorledene se bloed as gevolg daarvan die klere van beskuldigde no 3 kon besmet het. Dit blyk egter uit die getuienis van H J Moggee,h deskundige op die gebied van fisiologie en biochemie, wat toetse op die kledingstukke gedoen het,

dat 30
30. dat dit hoogs onwaarskynlik was dat droë bloed, soos dié wat op die oorledene se klere was, die kledingstuk-ke van beskuldigde no 3 sou gekontamineer het deur op daardie wyse daarmee in aanraking te kom. Indien vog-tigheid op die klere sou gekom het, kon die moontlikheid van kontaminasie nie heeltemal uitgesluit word nie, maar in die vyf jaar wat hy in die Forensiese Laboratorium in Pretoria gewerk het, het hy nooit so 'n geval teëgekom nie. Indien die bloed van die oorledene droog was, soos wel die geval was, sou 'n skuurproses tussen die klere van die oorledene en beskuldigde no3 tot gevolg ge-had het dat die bloed bo-op die betrokke kledingstuk van beskuldigde no 3 sou gewees het. Dit sou nie ingetrek

het 31
31. het nie. Moggee het getuig dat hy gevind het dat bloed van die groep A B in die klere van beskuldigde no 3,wat hy ondersoek het, ingetrek het. Die moontlikheid dat bloed sou intrek kon net bestaan indien die kledingstuk nat was. Dit blyk egter dat daar beslag gelê is op beskuldigde no 3 se klere - 'n gestreepte hemp , 'n groen T-hemp en n groen langbroek - eers op 16 September 1982. Dit was toe netjies gewas en opgevou gevind in 'n laai in 'n vertrek op die perseel bekend as Kromelmboogstraat 9, Sasolburg. Daar was geen suggestie dat hierdie klere klam was nie en ook nie dat dié van die oorledene klam wes 4 dae na die aanval op hom gedoen is nie. Dit is verder bewys dat beskuldigde no 3 se motor gebruik is om die rowerbende

te 32
32. te vervoer na die plaas Uitval en dat hy self die motor daarheen bestuur het. Al hierdie getuienis het prima facie bewys dat beskuldigde no 3 aan die rooftog deelgeneem het en in aanraking met die oorledene was nadat hy begin bloei het weens die bylhou teen die kop. Dit het sekerlik 'n antwoord van beskuldigde no 3 geverg. Sy versuim om te getuig het hierdie prima facie be-wys van skuld omskep in bewys bo 'n redelike twyfel dat hy deelgeneem het aan die rooftog en dat hy in die huis van die oorledene was op die betrokke aand.
Wat die alternatiewe verweer betref, is wat ek reeds gesê het met betrekking tot beskuldigdes nos 1 en no 2 ook op beskuldigde no 3 van toepassing.

Die 33

33.

Die bloed aan sy klere dui daarop dat hy op die toneel was terwyl of nadat die oorledene met die byl geslaan is. Selfs al het die bylhou nie bygedra tot die dood van die oorledene nie is hy nogtans skuldig aan strafbare manslag om die redes reeds genoem. Net soos in die geval van beskuldigdes no 1 en no 2 is hy egter nie skuldig aan moord nie.
Met betrekking tot die appèl teen die dood-vonnis wat opgelê is op klag 2 is aangevoer dat die Verhoorregter hom wanvoorgelig het in verskeie opsigte. Dit blyk uit die redes vir vonnis dat die Verhoorregter die feit dat die beskuldigdes vanaf 'n stedelike gebied, te wete, Sasolburg, gegaan het na die distrik Wessels-bron om daar die misdaad te pleeg , as 'n

verswarende 34
34. verswarende faktor beskou het. Ook het die Verhoor-regter dit as ontstellend beskou dat die misdadigers "van 'n motor gebruik gemaak het om daarmee te gery het na 'n plaas toe, 'n plaas waar hy goed geweet het slegs die relatief hulpelose ou mense op woon". Dit is aan-gevoer, myns insiens tereg, dat die feit dat die mis-dadigers vanaf Sasolburg na Wesselsbron gegaan het, as-ook die feit dat hulle van 'n motor gebruik gemaak het, nie verswarende faktore kan wees nie. In hierdie op-sigte het die Verhoorregter homself gevolglik wanvoor-gelig. Hierdie Hof se bevoegdheid om in te gryp met
die opgelegde vonnis is gevolglik ongebonde en 'n vonnis
wat as gepas beskou word, kan opgelê word. Na my mening

is 35
35. is hierdie nie 'n geval wat die doodvonnis verg nie. Aan-gesien die drie beskuldigdes afsonderlik gevonnis sal word vir die doding van die oorledene wanneer hulle ge-vonnis word op die skuldigbevinding aan strafbare man-slag, moet die feit dat die oorledene gedood is buite rekening gelaat word by oorweging van wat 'n gepaste vonnis op die roofklag is. Wat die gepleegde roof be-tref blyk dit dat die beskuldigdes geen noemenswaardige geweld op die twee bejaarde vrouens toegepas het nie. Hulle het die vrouens wel aangerand in die sin dat hulle hul hande en voete vasgebind het en ook hulle monde toege-bind het met 'n serp maar ook dit was nie op 'n werklik ge-welddadige wyse gedoen niê. Hulle hande is ook nie

styf 36
36. styf aan mekaar vasgebind nie. Draad klerehangers is gebruik om hulle gewrigte vas te maak en mev Theunissen het 'n sny opgedoen aan haar regter pols as gevolg daar-van. Haar linkerhand was ook gekneus - sy het dit be-skryf as pers - maar wat die kneusing veroorsaak het blyk nie duidelik uit die getuienis nie. Terwyl be-skuldigde no 1 besig was om haar vas te maak het sy aan hom gesê "Eina,jy maak my seer" waarop hy geantwoord het "Ek maak jou nie seer nie". Hierdie antwoord dui nie op 'n onverskillige houding teenoor besering van mey Theunissen nie. Sy is wel beledig deur beskul-digde no 1 deurdat hy op 'n kru manier haar in kennis gestel het dat hy nie op seksuele gebied in haar persoon

belang 37
37. belang gestel het nie maar selfs hierdie woorde is aan haar toegevoeg toe sy, nadat haar hande aanmekaar ge-bind is, gesê is om op haar bed te gaan lê. 'n Redelik moontlike vertolking van die woorde is dat hy haar wou laat verstaan dat alhoewel hy haar beveel het om op die bed te lê, dit nie was omdat hy haar seksueel wou aan-rand nie. Beskuldigde no 1 het nie opgetree teenoor mev Bester nie. Sy optrede was beperk tot mey Theu-nissen. Op sy beurt het beskuldigde no 2 sy aandag op mev Bester toegespits. Sy gedrag teenoor mev Bes-ter het ook geen besering tot gevolg gehad nie. Hy het haar wel gedreig deur aan haar te sê "Sien jy die byl ,ek kap jou dood". Met die byl self is egter nie dreigende

gebare 38

38.

gebare teenoor haar uitgevoer nie.
Nadat mev Theunissen beroof is van R35-00, wat sy in 'n beursie gehou het, is R10-00 van mev Bester geneem. Op bevel van beskuldigde no 2 het sy hom vertel waar om die sleutel van 'n kas, wat in die eetkamer gestaan het, te vind. Hy het die sleu-tel gaan haal en het haar toe na die eetkamer geneem waar hy die kas oopgesluit het. Daarna het hy haar teruggeneem na die slaapkamer, haar voete vasgebind met 'n serp en haar mond toegebind soos ek reeds be -skryf het. Haar hande het hy gebind met die draad van die klerehangers. Sy is toe beveel om op die bed te gaan lê en die rowers het die slaap-

kamerdeur 39

39.

kamerdeur toegemaak en die vrouens in die kamer gelaat. Nadat alles stil geword het in die huis het die vrou-

ens hulself bevry. Hulle is die huis in en het die
oorledene in die badkamer dood aangetref. Dit is later vasgestel dat die rowers, benewens die genoemde R45-00, 'n 6.35 pistool, die oorledene se polshorlosie, 'n flits, een magasyn bevattende 6 patrone, een kous, een ooghaartangetjie, een sakdoek, en koper en silwer-

stukke ter waarde van R3-14 met hulle saamgeneem het.

Die waarde van die goedere wat gesteel is was gevolg-lik nie groot nie.

Betreffende die oorledene self was die beserings wat aan hom gevind is, met uitsondering van

die 40
40. die wond aan die kop, nie van 'n ernstige aard nie. Hulle was die volgende :

(i) 'n Klein oppervlakkige kneus- en skaafmerk

op die kopvel oor die regter fronto-temporale area. Die area daarvan was 1/2 sentime-ter. (ii) 'n Klein oppervlakkige kneus- en skaafmerk

aan die sykant van die regteroog. (iii) 'n Stervormige skeurwond in die linker bo-lip met 'n klein skeurtjie in die punt van die tong. (iv) Op die kant van die linker bo-arm was daar 'n kneusing.

(v) 41
41.
(v) Op die bokant van beide voorarms was daar
kneusings. Ook is kneusing gevind op die
bokant van beide polse en hande.

(vi) Twee identiese kneusings is gevind op die
sy-voorkant van die linkerborskas. Hulle
was 4 sentimeter lank en 2,5 sentimeter

breed. (vii) Laastens was daar oppervlakkige skaafmerke

met bloeding op die sy- en voorkant van die
regter-onderbeen.

Hierdie beserings dui nie op die toedie-ning van baié geweld of op 'n wreedaardige aanval op die oorledene nie. Soos reeds gemeld is die twee dames nie aangeval....42

42.

aangeval nie behalwe toe hulle hande en voete vasgebind is en die serpe om hulle monde gebind is. Alhoewel hier-die misdaad in 'n ernstige lig beskou moet word dink ek nie, in die lig van die bogemelde omstandighede, dat hierdie 'n geval is waar die doodstraf 'n gepaste vonnis is nie.
By oorweging van wat 'n geskikte vonnis is moet egter in aanmerking geneem word dat die beskuldig-des 'n beplande roof uitgevoer het op bejaarde, weerlose persone wat op 'n plaas vêr verwyder van enige hulp of beskerming gewoon het. Hulle is geterroriseer en 'n dreigement van dood is aan mev Bester gerig. Te oor-deel na die oorledene se uitroep "Nee asseblief moenie,

moenie 43

43.

moenie" wat deur die vrouens gehoor is, is hy ook ge-
dreig met geweld en toe werklik geslaan met die byl,
alhoewel dit 'n ligte hou was. Die slagoffers van die

aanval is toe wel beroof. Dit het geskied nadat die ro-
wers gesien het dat die oorledene inmekaar gesak het. Aan-
valle op bejaarde en weerlose mense is aan die toeneem.
Dit is in die belang van sulke persone, baie waarvan alleen of
op afgeleë plekke woon, dat toereikende en afskrikkende vonnisse
opgelê word.

Die volgende tersaaklike vorige veroorde-

lings is deur beskuldigde no 1 erken. In 1970 is hy
skuldig bevind aan huisbraak met die doel om te steel
en diefstal waarvoor hy gevonnis is tot 6 maande ge-

vangenisstraf; in 1971 is hy gevonnis tot 3 maande

gevangenisstraf 44
44. gevangenisstraf weens aanranding met die opset om erns-tig te beseer en in 1977 is hy skuldig bevind aan 'n soort-gelyke misdaad en 'n opgeskorte vonnis van 18 maande ge-vangenisstraf opgelê. Beskuldigde no 2 is in 1975 skuldig bevind aan diefstal van sement en in 1976 aan roof van Rl-50. Vir eersgenoemde misdaad is hy gevon-nis tot 5 houe met 'n ligte rottang en vir die roof is hom 'n vonnis van 7 houe met 'n ligte rottang opgelê. Geen vorige veroordelings is teen beskuldigde no 3 be-wys nie. Vir die doeleindes van vonnis kan beskuldig-des nos 2 en no 3 op gelyke voet behandel word. Be-skuldigde no 2 was op datum van sy vorige skuldigbevin-dings slegs 15 of 16 jaar oud en het nog nie voorheên

gevangenisstraf 45
45. gevangenisstraf ondergaan nie. By oplegging van vonnis word die kumulatiewe effek van die vonnisse op die twee klagte in aanmerking geneem.

Die volgende bevele word verleen:

(a)Die appèl van elk van die drie beskul-digdes teen sy skuldigbevinding aan moord op klag 1 slaag. Die skuldigbevindings aan moord word tersyde gestel en vervang deur 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag in die geval van elk van die be-skuldigdes.
(b)Die appèl teen die vonnisse opgelê op klag 1 slaag en die opgelegde vonnisse

van 46

46.

van 8, 7 en 6 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel.

(c)Die appèl van elk van beskuldigdes no 1, 2 en 3 teen die doodvonnis opgelê op klag 2 slaag en die opgelegde doodvonnisse word tersyde ge-stel.
(d)Die volgende vonnisse word opgelê :

(1) Beskuldigde no 1 .

Klag 1 : 7 jaar gevangenisstraf waarvan 4 jaar samelopend sal wees met die vonnis opgelê op klag 2. Klag 2: 12 jaar gevangenisstraf.

(2) Beskuldigde no 2.

Klag 1 47

47 Klag 1 : 5 jaar gevangenisstraf waarvan 3 jaar samelopend sal wees met die vón-nis opgelê op klag 2. Klag 2: 10 jaar gevangenisstraf. (3) Beskuldigde no 3.

Klag 1 : 5 jaar gevangenisstraf waarvan 3 jaar samelopend sal wees met die von-nis op klag 2, Klag 2 : 10 jaar gevangenisstraf.

P S SMUTS, WRN AR.

CORBETT, AR. )

NICHOLAS, AR. ) STEM SAAM.
HOWARD, WRN AR. )

GROSSKOPF, WRN AR. )


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/61.html