SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 58

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Robinson v D.Cooper Corporation Of South Africa(Proprietary)Limited (58/84) [1984] ZASCA 58 (25 May 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèL-AFDELING)

In dle appèl van:

SYDNEY FORD ROBINSON appellant

teen

D. COOPER CORPORATION OF SOUTH AFRICA (PROPRIETARY)

LIMITED respondent

Coram: Corbett, Miller, Viljoen et Nicholas, ARR, et Galgut, Wn AR.

Datum van appèl : 10 Mei 1984

Datum van uitspraak: 25 Mei 1984

UITSPRAAK CORBETT AR:
Die eppellant in hierdie saak is die eienaar van 'n model (registrasienommer 80/0359) wat vanaf

/ 5 Mei
2 5 Mei 1980 ingevolge die Wet op Modelle 57 van 1967

("die Wet") geregistreer is. Die beskrywing van die
model, soos geregistreer, is "Metal Trap Door Frames".
Die sertifikaat van registrasie verwys na 'n afskrif
van die model wat aangeheg is. Dit bestaan uit twee
fotos wat die model vanuit verskillende hoeke uitbeeld.
Elkeen word 'n "isometric view" genoem. Die fotos toon
aan 'n metaalluik, bestaande uit 'n vierkantige raam en 'n
deksel wat met twee skarniere aan die raam vasgemaak is en
wat binne die raam inpas. Onderaan kom die volgende woorde

voor:

"The novelty claimed resides in the shape and configuration of the metal frame of the trap door."

/ Teen

3

Teen die einde van 1981 het appellant aksie teen respondent in die Transvaalse Provinsiale Afdeling, weens beweerde inbreuk op sy regte as eienaar van die geregistreerde model, ingestel. Respondent het die aksie bestry en het daarby 'n teeneis opgewerp vir die kansellasie van die registrasie van appellant se model op grond van ongeldigheld.

Die saak het voor MYBURGH R gedien. Hy het beslis dat die registrasie van die model wel ongeldig was en dat dit derhalwe nie nodig was om die dispuut oor inbreuk te besleg nie. Hy het die appellant se eis afgewys met koste en die teeneis toegestaan met koste, maar gelas dat hierdie bevele oor koste onderhewig is aan 'n spesiale kostebevel t.o.v.

/'n verweer

4

'n verweer (nl. dat die model nie nuut of oorspronk-lik was toe dit geregistreer is nie) wat gedurende die verhoor teruggetrek is. Die uitspraak van MYBURGH R is gerapporteer (kyk Robinson v D Cooper Corporation of SA (Pty) Ltd, 1983(1) SA 88 (T) ). Appellant het appël aangeteken teen hierdie bevel en uitspraak, maar nie teen die spesiale kostebevel nie.
Die tersaaklike feite en gedeeltes van die pleitstukke, sowel as die redes waarom die registrasie van die model ongeldig bevind is, word in die gerappor-teerde uitspraak van die Hof a quo uiteengesit en dit is nie nodig om dit alles te herhaal nie.

/ Soos
5 Soos die Verhoorregter daarop wys (uitspraak, bl 91 F) bestaan die nuwigheid waarop respondent ten aansien van sy geregiatreerde model steun, uitsluitlik uit die feit dat die metaalraam van die luik aan die buitekant daarvan effens opgebuig is. Hierdie opbuiging gee die raam die voorkoms van 'n afge-skuinste kant ("bevelled edge").

Die omskrywing van "model" in a. 1 van die Wet lui soos volg:

"Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie Wet —

'model' 'n model wat in verband met 'n artikel toegepas word, hetsy wat betref die patroon of die vorm of gedaante of ter versiering daarvan of wat betref

/ twee

6

twee of meer van daardie doeleindes,
en op watter wyse dit ook al toegepas
word, vir sover bedoelde kenmerke die
oog trek en uitsluitlik op die oog af
beoordeel word: Met dien verstande
dat enige kenmerk van 'n artikel, vir
sover dié kenmerk geheel en al genoodsaak
word deur die doel wat die artikel bestem
is om te dien en enige metode of beginsel
van konstruksie uitgesluit is van die
regte deur hierdie Wet verleen; "

Op appèl het in hoofsaak vier geskille ter sprake gekom, nl —

(1) Of appellant se model voldoen aan die vereistes

van die omskrywing van "model", met besondere

verwysing na die woorde -

"... vir sover bedoelde kenmerke die oog trek en uitsluitlik op die oog af be-oordeel word".

(2) Of appellant se model getref word deur die
bepaling in die voorbehoudsbepaling in die
omskrywing wat enige kenmerk van 'n artikel,

/ vir

7

vir sover dié kenmerk geheel en al genoodsaak word deur die doel wat die artikel bestem is om te dien, uitsluit van die regte deur die Wet verleen.

(3) Of appellant se model getref word deur die
verdere bepaling in die voorbehoudsbepaling
wat enige metode of beginsel van konstruksie
uitsluit van die regte deur die Wet verleen.

(4) Of respondent hom skuldig gemaak het aan in-
breuk op die regte van appellant as eienaar
van die geregistreerde model.

Om redes wat later duidelik sal word, sal ek my tot geskille (1) en (3) hierbo bepaal.

/ Die

8.

Die uitleg van die omskrywing van "model" in a. 1 van die Wet is onlangs uitvoerig deur hierdie Hof in die saak Homecraft Steel Industries (Pty) Ltd v S M Hare & Son (Pty) Ltd and Umdloki Strand Hotel (Pty) Ltd (uitspraak gelewer op 29 Maart 1984) bespreek. Ten aansien van die woorde "vir sover bedoelde kenmerke die oog trek en uitsluitlik op die oog af beoordeel word" (Engelse teks: "in so far as such features appeal to and are judged solely by the eye") is verwys, o.a., na die toonaangewende Engelse beslissing deur die House of Lords in die saak Amp Incorporated v Utilux Proprietary Limited, (1972) RPC 103, en ook na die uitspraak van

/ Lord

9
Lord AVONSIDE in die Skotse Court of Session in die
saak G A Harvey & Co (London) Ltd v Secure Fittings Ltd,
(1966) RPC 515. Soos dit.uit die bespreking in die |
Homecraft-saak, supra, blyk, moet die kenmerk of kenmerke van die model wat ter sprake is, beoordeel word met be-trekking tot die artikel in verband waarmee dit toegepas word. En by so 'n beoordeling moet die hof oorweeg hoe en tot watter mate die model, of die tersaaklike kenmerke daarvan, die oog van die waárakynlike koper van sodanige artikel, of ander artikels wat onder dieselfde klas ressorteer, sal trek en hom sal beinvloed in sy keuse. Die kenmerk of kenmerke moet tot 'n wesentlike

/ mate

10

mate in-die-oog-lopend wees. Soos Lord PEARSON dit in

die Amp-saak uitgespreek het (op bl 121) —

"There must be in some way a special, peculiar, distinctive, significant or striking appearance - something which catches the eye and in this sense appeals

to the eye".

In die onderhawige geval word die model toegepas op 'n metaalluik wat bestem is om in die plafonne van huise ingebou te word. Sodanige luike word gewoonlik in 'n plek geplaas waar dit onopsigtelik sal wees, soos bv. die plafon van 'n gang in die huis of van 'n badkamer. Dit is iets wat 'n bouer normaalweg wil wegsteek, alhoewel, waar dit ook al geplaas word, dit noodwendig tot 'n sekere mate sigbaar sal wees.

/ Soos

11

Soos ek reeds aangedui het, die kenmerk van appellant se model waarop hy staatmaak bestaan uit die buiging in die metaalraam. Dit is in dié opsig dat appellant se luik verskil van soortgelyke luike wat vantevore vervaardlg en verkoop is en wat 'n plat raam gehad het. Die buiging van die raam bring sekere praktiese voordele mee. Dit maak die raam, wat van 'n betreklike dun metaal gemaak is, stewiger as in die geval van 'n plat raam; en dit is makliker om 'n raam met so 'n buiging stewig teen die plafon vas te maak in teenstelling met 'n plat raam wat geneig is om 'n golwing teeh die plafon te toon.

/ Die

12
Die gewone kopers van sodanige luike is bou-kontrakteurs of ondernemers wat hulle op die oprigting van plafonne toespits. Dit mag wel wees dat so 'n koper 'n luik wat die essensiële kenmerk van appellant se model, nl dle buiging van die kante, bevat, sal verkies bo een wat 'n plat raam het, maar ek glo nie dat die keuse wesenlik beinvloed sal word deur die feit dat die koper se oog deur die vorm of gedaante van daardie kenmerk getrek word nie. Die koper sal, m.i., eerder aangetrek word deur die voormelde praktiese voordele wat hierdie kenmerk inhou.
Een van die respondent se getuies, mnr J Kloppers,
direkteur van 'n maatskappy, High Grade Ceilings (Edms)
/ Bpk

13

Bpk., wat sake gedoen het aa verskaffer en oprigter van plafonne, het getuig dat hy nooit luike bestel het met die oog op die vorm van die raam, d.w.s. hoe dit gelyk het,nie. Onder kruisondervraging het hy egter toegegee dat 'n raam met 'n buiging "mooier lyk" as 'n plat raam; maar dit blyk uit sy getuienis as 'n geheel dat hy meer beindruk was deur die feit dat 'n raam met 'n buiging styf teen die plafon vasgedruk kon word en daardeur 'n netjiese afwerking verkry kon word. Mnr C Cooper, direkteur van die respondent, het onder kruisondervraging toegegee dat 'n luikraam met 'n buiging "mag vir party mense aantreklik lyk", maar hy het beweer dat die rede waarom hy sy eie produkte (die vervaardiging en verkoop waarvan aanleiding tot die beweerde inbreuk

/ gegee

14

gegee het) met 'n buig daarin gemaak het was om 'n ste-wiger raam daar te stel; hy het nooit die oogmerk gehad om die raam aantrekliker te maak nie. Mnr Robinson, die appellant, het getuig dat die raam wat hy ontwikkel het met die buiging daarin "soveel mooier" gelyk het en dat die plafon-oprigters opgemerk het dat dit "baie mooi" was.

Appellant se advokaat het heelwat klem gelê op hierdie getuienis. Ek is egter van mening dat, in sover dit toelaatbaar is, dit nie eintlik appellant se saak enigsins verder voer nie. Die toets is op die ou end of die hof van mening is det die model 'n kenmerk of kenmerke het wat die gewone koper ván sodanige artikels se oog so sal trek dat hy beinvloed mag of sal word in sy keuse. Soos ek reeds aangedui het, is ek

/ van

15

van mening dat, wat dle gewone koper betref, die buiging in die raam volgens appellant se model nie wesenlik so 'n uitwerking sal he nie.

Dit volg dus dat appellant se model nie aan die vereistes van die omskrywing van model voldoen nie; dat respondent se verweer, soos uiteengesit in par 2(b)(i) (aa) van sy pleit (kyk uitspraak op bl 90 E - F), gegrond is; en dat die teeneis vir kansellasie tereg deur die Verhoorhof gehandhaaf is (kyk in dié verband arts. 24(4), 10(2) en 4(4) (a) van die Wet).

Die Hof a quo het verkies om die saak na

aanleiding van geskille (2) en (3) te beslis. Die

sleutelsin in die Hof se uitspraak lui soos volg (op

bl 94 D):

/ "Na

16

"Na my oordeel maak ek op al die gegewens twee bevindinge:

Eerstens, dat die luike, indien dit opgemerk word dat hulle gebuig is, dit so gebuig is omrede dit geheel en al genoodsaak is vir die doel daarvan, en tweedens, dat die metode van konstruksie wat gebruik is, dit uitsluit van die definisie van 'n model wat registreerbaar is."

Ek meen dat die Verhoorhof tereg geskil (3) ten gunste van die respondent beslis het. Die getuienis dui aan dat 'n metaalluik met 'n plat raam sekere nadele inhou. Die raam is geneig om slap te wees en hoe
dunner die materiaal hoe slapper die raam. So 'n slap raam is geneig om te golf wanneer dit geinstal-leer word en dit pas nie styf teen die plafon nie. 'n Voor-die-hand-liggende metode om die raam te ver-

stewig en hierdie probleme te oorkom is om die raam

/ te
17 te buig, soos die partyé in die onderhawige saak hul produkte gebuig het. Dit is 'n ou, welbekende metode of beginsel van konstruksie. Appellant se model, soos geregistreer, plaas geen uitdruklike beperkings op die graad van buiging wat deur die model gedek word nie. Mnr Robinson het op een stadium beweer dat slegs soortgelyke buigings tussen 15 en 35 binne die bestek van sy model sou val. Dit is moeilik om te begryp hoe hy daardie beperking vasgestel het. Later het hy gesê dat "enige buig" 'n inbreuk op sy model sou uitmaak. Hoe dit ook al sy is ek van mening dat indien appellant toegelaat sou word om na aanleiding van sy model soos geregistreer, die regte van 'n geregistreerde eienaar

/ af
18 af te dwing, hy bygevolg 'n monopolie oor 'n besondere metode of beginsel van konstruksie sou verkry. Dit sou klaarblyklik teen die beleid van die Wet wees en 'n uitdruklike bepaling in die voorbehoudsbepaling oorskry.
Appellant se advokaat het ons verwys na verskillende alternatiewe metodes waardeur die kante van so 'n luikraam verstewig sou kon word sonder om appellant se model ná te maak. Hierdie alternatiewe metodes word uiteengesit in die opsomming van 'n deskundige, prof Rallis, wat weens siekte nie as getuie geroep kon word nie. Appellant self het deskundige getuienis gelewer

/ en
19 en in die loop daarvan het hy na prof Rallis se alternatiewe vorms verwýs. Onder kruisondervraging moes hy egter erken dat "prysgewyse" hierdie alterna-

tiewe vorms totaal onprakties was. In elk geval,

waar 'n gereglstreerde model aangeveg word op grond

daarvan dat dit die eienaar 'n monopolie oor 'n besondere

metode of beginsel van konstruksie laat verkry, baat dit
die eienaar, na my mening, niks om na alternatiewe me-todes of beginsels van konstruksie te verwys nie.

Die appèl word afgewys met koste.

M M CORBETT MILLER, AR)

GALGUT, Wn. AR)


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/58.html