South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 44

| Noteup | LawCite

S v Nkosi en 'n Ander (288/83) [1984] ZASCA 44; [1984] 2 All SA 263 (A) ; 1984 (3) SA 345 (A) (9 April 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAK NR 288/83 MC

JOHANNES MANDLA NKOSI PETROS SIPHO NGUBANE

- en -
DIE STAAT JANSEN AR.

Saak Nr 288/83. M.C.

IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JOHANNES MANDLA NKOSI Eerste Appellant

PETROS SIPHO NGUBANE Tweede Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

Coram: JANSEN, CILLIÉ, VILJOEN ARR et

HEFER, GROSSKOPF Wnd ARR.

Verhoor: 27 Februarie 1984. Gelewer: 9 April 1984,

2. UITSPRAAK

JANSEN AR :-
Die twee appellante is in die Witwatersrand Plaaslike Afdeling daaraan skuldig bevind (per LE GRANGE R en assessore) dat hulle op 25 Mei 1982 vir Bessie Irene Button beroof en vermoor het - die moord sonder versagtende omstandighede en die roof met verswarende omstandighede. T.o.v. die roof is beide appellante ter dood veroordeel en t.o.v. die roof tot 15 jaar gevangenisstraf. Hulle

appèlleer teen hul skuldigbevindings op grond van
'n beweerde onreëlmatigheid gedurende hul verhoor,

soos /

3. soos uiteengesit in 'n spesiale aantekening op die oorkonde ingevolge art. 317 van Wet 51 van 1977, en hulle beweer dat ten gevolge van sodanige on= reëlmatigheid geregtigheid inderdaad nie geskied het nie.
Dit blyk dat ingevolge art. 119 van Wet 51 van 1977 die appellante reeds op 1 Junie 1982 voor 'n landdros gebring was en dat die oorkonde van daardie verrigtinge, ondanks beswaar namens die appellante, voor die hof a quo gelê is, in kruis= ondervraging van die appellante gebruik is, en by skuldigbevinding in aanmerking geneem is. Ex facie daardie oorkonde is die twee aanklagtes aan die

appellante / ....

4. appellante gestel en beide appellante het op albei
aanklagtes skuldig gepleit. Daarna is die appellante "ingevolge artikel 121 gelees met art.

112(1)(b) deur die hof ondervra met betrekking
tot die beweerde feite". As gevolg van slegs 'n paar vrae verstrek die appellante uitvoerige ver= klarings oor die betrokke gebeure. Die landdros kom tot die gevolgtrekking: "Op aanklag 1 is die hof nie oortuig dat beide beskuldigdes al die bewerings erken nie, naamlik beide ontken dat hulle die opset om te dood gehad het. Op aanklag 2 is die hof oortuig dat beide beskuldigdes al die bewerings erken

en hof staak die verrigtinge en verdaag saak

vir /

5.

vir beslissing van Prokureur-generaal".

Namens die appellante word nie aangevoer dat

die aard van die vrae deur die landdros gestel on=

behoorlik was nie, maar wel dat die toelating en

gebruik van die oorkonde tydens die verhoor in die

hof a quo onreëlmatig en strydig met die reg was
omdat die landdros: (a) versuim het om die appellante

in te lig met betrekking tot die aard en doel van
die ondervraging; (b) versuim het om die appellante

in te lig met betrekking tot die implikasies van die
maak van enige verklarings onder die gemelde omstandig=
hede; (c) versuim het om die appellante mee te deel
dat hulle die reg tot swye het.

Wet /....
6. Wet 51 van 1977 maak geen voorsiening vir sodanige verduideliking nie. Art. 121 bepaal die volgende :-

"(1) Waar 'n beskuldigde ingevolge

artikel 119 aan die ten laste gelegde misdryf skuldig pleit, ondervra die voorsittende landdros hom ooreen= komstig die bepalings van paragraaf (b) van artikel 112 (1).

(2) (a) Indien die landdros oortuig is dat die beskuldigde die bewerings erken wat in die aanklag vermeld is, staak hy die verrigtinge.

(b) Indien die landdros nie oortuig
is soos in paragraaf (a) bepaal nie,
notuleer hy in watter opsig hy nie
aldus oortuig is nie en teken hy 'n
pleit van onskuldig aan en handel
met die geval ooreenkomstig artikel
122(1) "

Die /

7. Die verwysing in art. 121 (1) na art. 112 (l)(b)

kan slegs op die volgende woorde in dié artikel

betrekking hê:-

" moet die voorsittende

landdros die

beskuldigde met betrekking tot die
beweerde feite van die saak ondervra
ten einde vas te stel of hy die
bewerings in die aanklag waarop
hy skuldig gepleit het erken "

"Dit behels 'n ondersoek na die vraag of die beskul=

digde verstaan wat hy deur sy pleit voorgee om te
erken en bedoel om dit te erken" (S v Phundula

1978 (4) SA 855 (T) op bl 859 H). Die landdros
word dus deur die Wet die plig opgelê om deur

ondervraging /
8. ondervraging vas te stel of aantekening van 'n pleit van skuldig wel geregverdig is: die aanvanklike pleit van skuldig kan bv. uit onkunde van die reg voortvloei.

Namens die appellante word aangevoer dat die ondervraging indruis op 'n beskuldigde se gemeenregtelike beskerming, nl. teen sy swygreg of reg om homself nie te inkrimineer nie - vandaar die beweerde nodigheid van 'n voorafgaande verduideliking aan die beskuldigde. Sodanige verduideliking sou egter baie maklik daartoe bydra om die beskuldigde te ontmoedig om op die vrae van die landdros te antwoord en aldus die doel te verydel om die

aanvanklike / ...

9. aanvanklike pleit van skuldig te toets. Verder is dit ook nie duidelik waarom die beskuldigde teen verdere selfinkriminasie beskerm moet word as hy reeds skuldig gepleit en hom aldus reeds ten volle geïnkrimineer het nie. Die ondervraging deur die landdros is in ieder geval nie primêr gerig op inkriminasie deur die beskuldigde nie maar wel op die beskerming van die beskuldigde teen die gevolge van 'n ongeregverdigde pleit van skuldig. Die nodigheid vir 'n verduideliking kom voor strydig te wees met die hele gees van art. 119 gelees met art. 121 (1) en 112 (l)(b) en die skema van Wet 51 van 1977.

Steun /

10.

Steun vir die kontensie namens die

appellante word ook gesoek in beslissings wat gaan
oor art. 115 (bv. S v Evans 1981 (4) SA 52(K) op

bl 55 G-H en 58 F-G; S v Daniëls 1983(3) SA 275(A)).

Die posisie waar 'n beskuldigde onskuldig gepleit het

en dan ondervra word, is egter gans anders as waar hy
wel skuldig gepleit het. By die pleit van onskuldig
gaan die ondervraging primêr oor die vasstelling van
die geskilpunte en is dit nodig dat die beskuldigde
daarteen gevrywaar word dat hy nie onverhoeds sy
pleit van onskuldig ongedaan maak nie. By die
pleit van skuldig het die beskuldigde reeds die Staat
se hele saak erken.

Daar /

11.

Daar word ook verder aangevoer dat by ondervraging na aanleiding van 'n pleit van skuldig by verskyning ingevolge art. 119 " 'n beskuldigde wat nie ingelig is van sy regte en die prosedures wat gevolg word nie, blootgestel word aan die gevaar om, as gevolg van moontlike magmisbruik of intimidasie of net die druk van die oomblik, verkeerdelik skuldig te pleit en as bykomende faktor moet in ag geneem word dat die ondervraging kort na inhegtenisname plaasvind terwyl die beskuldigde nog onder die beheer van die polisie is." Die ondervraging sou juis kon dien om 'n verkeerde pleit bloot te lê. In ieder geval sou die beskuldigde

tog /
12. tog geleentheid hê om voor die hof wat hom later verhoor weer eens die kwessie te opper, soos ook in die onderhawige geval in 'n verhoor binne 'n verhoor geskied het (vgl. ook art. 121 (5)(b) en (6)).
M.i. is n verduideliking aan 'n beskuldigde wat ingevolge art. 119 aangesê word om te pleit, soos nou namens die appellante voorgestaan word, nie versoenbaar met die bepalings van Wet 51 van 1977 nie. Dit volg dat die hof a quo tereg toegelaat het dat die inhoud van die oorkonde van die verrigtinge ingevolge art. 119 teen die appellante gebruik word en dat die hof geen onreelmatigheid begaan het nie. Daar kan net bygevoeg word dat indien hieroor tot

'n ander /
13. 'n ander slotsom geraak sou gewees het, dit nogtans moeilik sou gewees het om tot die gevolgtrekking te kom dat geregtigheid nie inderdaad geskied het nie, in die lig van die sterk omstandigheidsgetuienis teen die appellante.

Die appelle word afgewys.

CILLIé AR)

VILJOEN AR)
Stem saam. HEFER Wnd AR)

GROSSKOPF Wnd AR)