![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
COLIN TOBEKILE SOXUJWA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM : MILLER, TRENGOVE, ARR, et
SMUTS, WRN AR. AANGEHOOR : 20 Februarie 1984. GELEWER : 29 Maart
1984.
UITSPRAAK
SMUTS, WRN AR :
Die lyk van mev Sara wills is omstreeks
9 30 ...2
2. 9 30 nm op 26 Januarie 1983 in 'n gevorderde staat van ontbinding gevind in die slaapkamer van haar woning te Drakensbergweg 3, The Hilli, Johannesburg. Volgens die aanvaarde mediese getuienis kon sy alreeds vanaf 23 Januarie 1983 dood gewees het. Die oorledene was 'n tingerige vrou van 58 jaar en het ongeveer 46 kilogram geweeg. Speurder adjudant-offisier Hertz. ; het getuig dat hy die oorledene gevind het op die vloer tussen die bed en die muur van die kamer. Sy het op haar rug gelê met die knieë opgetrek en die bene wyd oop-gespalk. Die regterarm was bo die kop gebuig en die linkerhand was hoog bo die bors opgetrek. Op die kop was daar 'n kussing, lakens, komberse en kleding-
stukke....3
3. stukke. Die liggaam, wat origens met komberse bedek was, was nakend.
Dr
N D Kemp het 'n na-doodse ondersoek uit-gevoer. Weens die gevorderde staat van
ontbinding was dit nie moontlik om vas te stel wat
die oorsaak van dood was nie.
'n Moontlike oorsaak kon versmoring gewees het. Indien sy versmoor was kon die
dood inge-tree het vanaf
vier tot tien minute nadat die versmoring begin het.
Dit sou van die hoeveelheid komberse en die digtheid daarvan afgehang het hoe
lank dit sou geneem het vir die dood om in te tree.
Appellant is aangekla
van,eerstens, huis-braak met die doel om 'n misdaad onbekend aan die aan-
klaer....4
4 klaer te pleeg,tweedens, verkragting,derdens,
moord,vier-dens, roof met versagtende omstandighede en laastens on-wettige besit
van
'n .22 Taurus pistool. Hy is deur VAN DIJKHORST,R, en assessore skuldig
bevind op klagte 1, 2, 3 en 5 soos aangekla en van diefstal
van 'n pistool,'n
pistoolsak, 'n bandopnemer en vleis op die vierde klag. Die doodstraf is hom
opgelê ten opsigte van beide
die moord en die verkragting. Op die ander
klagte is hy ge-vonnis tot tydperke van gevangenisstraf wat gewissel het van 3
jaar tot
1 jaar. Dit is beveel dat hierdie vonnisse samelopend moet wees.
Met
verlof van die Verhoorregter kom hy in hoër beroep teen die
skuldigbevindings aan moord en ver-
kragting en die doodsvonnisse
opgelê op daardie klagte.
Die 5,
5. Die Staat se saak het hoofsaaklik gesteun op 'n bekentenis wat
appellant afgelê het voor Lt Kolo-nel M J de Beer op 9 Januarie
1983 om 5
15 nm. Daar was geen aliunde getuienis om appellant te verbind met die
aanranding op die oorledene nie maar daar was so-danige getuienis met betrekking
tot die
huisbraak en diefstal wat gepleeg is. So b v is dit bewys dat hy die
gesteelde pistool van die oorledene gedurende Jan-uarie 1983
verkoop het aan die
Staatsgetuie, Madonsela. Dit is nie nodig om verdere voorbeelde van getuienis
van hierdie aard wat hom verbind
met klagte 1, 4 en 5 te gee nie aangesien daar
geen appèl teen die skuldig-bevindings op genoemde klagte is nie.
Namens 6
6. Namens appellant is eerstens aangevoer dat die bekentenis
verkeerdelik toegelaat is as getuienis teen hom. Tydens die verhoor,
en weer in
hierdie Hof, is die toelaatbaarheid daarvan bestry op twee gronde. Eerstens is
aangevoer dat die bekentenis nie ontvanklik
was nie weens 'n
onreëlmatigheid in die pro-sedure wat gevolg is. Dit blyk uit die getuienis
dat Kol de Beer gebruik gemaak
het van die dienste van 'n tolk, ene Mguda, toe
die bekentenis afgelê is. Dit blyk uit die bekentenis en die getuienis van
de Beer en Mguda dat laasgenoemde al die gebruiklike voor-afgaande of inleidende
vrae, wat bedoel is om vas te stel of 'n bekentenis
vrywilliglik en sonder
onbehoorlike beïn-
vloeding...7
7. vloeding gemaak word, asook die antwoorde daarop deur
appellant, oorgetolk het. Nadat hy die eer-ste twee sinne van die bekentenis
oorgetolk het, het appellant verklaar dat hy verkies om Afrikaans te praat. Die
tolk het toe nie verder getolk nie maar aanwesig
gebly in die vertrek totdat die
be-kentenis volledig afgelê en afgeneem is. Daarna is die inhoud daarvan
weer teruggelees aan
appel-lant en deur Mguda aan hom oorgetolk in sy eie
taal.
Namens appellant is aangevoer dat Mguda se aanwesigheid, nadat
appellant verklaar het dat hy verder Afrikaans sou praat, 'n
onreëlmatigheid
daargestel...8
8. daargestel het, en dat die bekentenis as gevolg daar-van
ontoelaatbaar was. As gesag vir hierdie betoog is S v Mbele 1981(2) S A
738 (A) te bl 743 F aange-haal. Ter aangehaalde plaatse verwys KOTZé ,
AR, na die " gulde praktyksreël dat
'n bekentenis deur die afleêr
daarvan in die privaat aan die landdros of vrederegter en hoogstens in die
teenwoordigheid van
'n tolk geskied". Soos blyk uit die woorde van KOTZE, AR, is
dit nie 'n wetlike voorskrif dat geen derde party aanwesig mag wees
wanneer 'n
bekentenis afgelê word nie; dit 'n reël is wat deur die howe ontwerp
is, na aanleiding van probleme wat ontstaan
het tydens hofverrigtinge waar 'n
derde party, dikwels
'n ...9
9. 'n polisieman, toegelaat was om aanwesig te wees ty-dens die aflegging van 'n bekentenis aan 'n landdros of vrederegter. Die praktyksreël is ontwerp om die moontlikheid van beïnvloeding deur sodanige derde partye of selfs die sweem van 'n suspisie dat daar onbe-hoorlike beinvloeding aanwesig was, uit die weg te ruim. Wat die praktyksreël poog om te bewerkstellig is dat bekentenisse vrywilliglik en vry van enige onbehoor-like beïnvloeding gemaak moet word. Die blote feit dat 'n derde party aanwesig mag wees,is nie per se 'n onreëlmatigheid wat 'n bekentenis wat andersins be-hoorlik gemaak is, ontoelaatbaar maak nie. Kyk R v Samson 1925 E D L 160; R v Younq 1949(3) S A
1169...10
10. 1169 (E); R v Sousa 1955(1) S A 32 T; Gardiner v
Lansdown South African Criminal Law and Procedure, 6de Uitgawe bl 160. 'n
Afwyking van die praktyks-reël kan egter tot gevolg hê
in gepaste
omstandig-hede dat 'n Verhoorhof mag bevind dat 'n bekentenis nie vrywilliglik
gemaak is nie of dat daar twyfel bestaan
omtrent die vraag of die bekentenis wel
vrywilliglik afgelê is. In 'n geval waar die be-wyslas op die Staat
rus,sal sodanige
twyfel tot gevolg hê dat die beweerde bekentenis nie
ontvang sal word as getuienis nie.
In die onderhawige geval is die "gulde
praktyksreël" waarna verwys is in die Mbele saak
(supra)...11
11.
(supra) egter glad nie van toepassing nie. Mbele is ingeroep om diens te doen as tolk. Hy het wel in daardie hoedanigheid opgetree totdat daar reeds 'n amvang geneem is met die aflegging van die bekente-nis self. Selfs nadat appellant gesê het dat hy liewers Afrikaans wou praat kon Kol de Beer nie ge-weet het hoe goed sy begrip van Afrikaans was nie en hy kon gevolglik nie geweet het dat hy nie miskien binnekort weer gebruik sou moes maak van die tolk se dienste nie. Dit blyk verder uit die getuienis dat nadat die bekentenis afgeneem is Kol de Beer vir Mguda versoek het om die bekentenis terug te tolk aan appellant. Dit was 'n redelike en 'n ver-
standige....12
12..
standige prosedure om te volg om te verseker dat daar geen misverstand tussen
hom en appellant ingesluip het tydens die aflegging
van die bekentenis nie. Myns
insiens het die aanwesigheid van Mguda nie op 'n on-reëlmatigheid in die
verrigtinge neergekom
nie en is die eerste grond waarop die beswaar gebaseer is
tereg deur die Verhoorregter afgewys.
Die tweede grond van beswaar was dat
die Verhoorregter verkeerdelik bevind het dat die beken-tenis vrywilliglik
afgelê is. Hierdie
beswaar is gebaseer op sekere getuienis van appellant
self en sekere antwoorde wat deur die tolk gegee is in kruis-verhoor toe die
vraag of die bekentenis vrywilliglik
gemaak....l3
13.
gemaak is, ondersoek is. Die passasie in appellant
se getuienis waarop staat gemaak is lui soos volg:
"Hy" (d w s die ondersoekbeampte, Hertz) "het aan my gesê by John Vorster sal ek 'n verklaring maak, dit sal afgeneem word, die papiere sal teruggebring word na hom toe en hy sal dit self lees."
Dit is aangevoer dat hierdie getuienis waar moet wees
aangesien appellant nie self die nodige kennis van
polisieprosedure sou gehad het nie, om te weet dat die
bekentenis teruggestuur sou word vanaf John Vorster Plein
na Brixton waar
appellant aangehou was. Die
moeilikheid waarmee appellant te kampe het,is dat
die
Verhoorhof appellant se getuienis as ongeloofwaardig
verwerp .... 14
14.
verwerp het en dié van Hertz aanvaar het. Ek is nie oortuig deur appellant dat die Hof a quo gefou-teer het nie. Ini sy redes het die Verhoorregter vol-ledig gehandel met die vraag of die Staat se getuie-nis dat appellant nie gedwing is om die bekentenis te maak nie, aanvaar kon word en hy wys op verskeie aspekte van appellant se getuienis wat onbevredigend was. Ondermeer wys hy daarop dat dit nooit aan Hertz gestel is dat hy hierdie woorde aan appellant gerig het nie, wat dan die afleiding regverdig dat appellant self nooit sy advokaat daarvan vertel het nie. Myns insiens het die Verhoorregter om oortuigende redes appellant se getuienis, dat die bekentenis as gevolg
van....15
15. van dreigemente gemaak is, verwerp. Ek is sekerlik
nie oortuig deur appellant dat die Verhoorregter ge-fouteer het deur sy
getuienis
in die geheel te ver-werp nie.
Betreffende die tolk se getuienis is
dit wel so dat hy in kruisverhoor getuig het dat "die Kolonel (de Beer) het
gesê alles
wat daar afgeneem is, dit is alles wat hy in die Hof moet gaan
sê." Dit het geskied nadat die bekentenis reeds terug gelees
is aan hom.
In antwoord op 'n vraag in her-verhoor wat gelui het "Wat presies het die
Kolonel toe vir hom gesê" het hy geantwoord
"die Kolonel het gesê na
die verklaring geneem was, het gesê
dit 16
16. dit is nou alles reg, nou sal ons na die Hof toe
gaan." Op 'n verdere vraag "Het die Kolonel nog iets gesê" het hy
geantwoord
dat hy nie kon onthou of nog iets gesê is
nie.
Aánvanklik is namens appellant aangevoer dat die genoemde vrae in
herverhoor op kruisonder-vraging neergekom het maar daar
is tereg nie volhard in
hierdie submissie nie. Dit is egter aangevoer dat Mguda se getuienis in
kruisverhoor,hierbo aange-haal, 'n
twyfel skep of de Beer nie wel daardie woorde
aan appellant gerig het nie.
In die Hof a guo is dit nooit betoog dat
die bekentenis , weens enige optrede van Kol de Beer,
nie....17
17. nie vrywillig afgelê is nie. In daardie Hof was dit appellant se saak dat hy nie vrywillig opgetree het nie vanweë die optrede van Hertz nog voor hy na de Beer geneem is. Dit is ook nie in hierdie Hof aangevoer dat appellant nie die bekentenis vrywillig afgelê het as gevolg van enige optrede van de Beer of die tolk nie. Dit is gevolglik moeilik om in te sien hoedat die getuienis van Mguda in kruisverhoor relevant is tot enige geskilpunt in die saak. Die getuienis waarop nou staatgemaak word het betrekking op gebeure na die bekentenis reeds gemaak en afgeneem is. Dit kon gevolglik nie enige effek op appellant gehad het toe hy die bekentenis gemaak het nie selfs indien
aanvaar...l8
18. aanvaar sou word dat de Beer wel die woorde geuiter het. In die lig
daarvan dat de Beer, wie se getuienis deur die Hof a quo aanvaar
is as die
waarheid, ontken het dat hy so iets aan appellant gesê het en die verdere
feit dat appellant self nooit getuig het
dat so iets gesê is nie, het
appellant in elk geval nie bewys dat diewoorde waarop nou staatgemaak word,
geuiter is deur de
Beer nie.
Die bekentenis is gevolglik, myns insiens, tereg
toegelaat as getuienis teen appellant.
Kragtens artikel 209 van Wet 51 van
1977 kan 'n beskuldigde "aan 'n misdryf skuldig bevind word op die enkele bewys
van 'n bekentenis
deur daardie be-skuldigde dat hy die betrokke misdryf gepleeg
het
indien....19
19.
indien bedoelde bekentenis in 'n wesenlike opsig be-vestig word of waar die
bekentenis nie so bevestig word nie, indien dit deur ander
getuienis as bedoelde
bekentenis bewys word dat die misdryf inderdaad ge-pleeg is".
Bevestiging van
"n bekentenis in 'n wesen-like opsig word benodig om sekerheid te hê dat
wat in die bekentenis voorkom die waarheid
is. Gevalle is bekend waar skuld in
'n bekentenis erken is terwyl die misdaad waarvoor aanspreeklikheid aanvaar is
in werklikheid
nie deur die skuldbekenner gepleeg is nie. Vgl S v Kumalo
1983(2) S A 328 (A) op bl 383H. Na-mens appellant is aangevoer dat die
bekentenis nie
in 20
20. in wesenlike opsigte gestaaf is nie en dat daar
stellings daarin voorkom wat weerspreek word deur ander bewese feite. Dit is
betoog
dat die beken-tenis gevolglik onbetroubaar was en nie kon dien as die
basis virn skuldigbevinding aan moord of verkragting nie.
Dit is wel waar dat
die bekentenis nie in alle opsigte die waarheid weerspieël het ten opsigte
van gebeure wat die betrokke aand
voorafge-gaan het en wat op die nag waarop die
oorledene ge-dood is, plaasgevind het nie. So b v verklaar ap-pellant daarin dat
hy
vanaf Maart 1982 tot Augustus 1982 by die oorledene gewerk het terwyl dit
uit
die....21
21. die Staatsgetuie Coyne se getuienis blyk dat hy daar gewerk het slegs vanaf 12 September 1981 tot 16 De-sember 1981. Coyne weerspreek ook appellant se getuienis dat dit ooreengekom is tussen appellant en die oorledene dat sy hom vir sy dienste sou beloon. "Volgens Coyne, in wie se diens appellant destyds was, sou appellant,as vergoeding vir sekere naweek-dienste in oorledene se tuin,toegelaat word om in 'n vertrek op haar perseel te slaap. Dit is aan-gevoer dat appellant se verklaring in die bekente-nis dat hy die venster van die kombuis oopgeslaan het nie waar was nie omdat Hertz getuig het dat dit nie moontlik was om die venster van buite die huis
oop....22
22. oop te kry nie. Dit is gewys daarop dat alhoewel appellant getuig het dat die oorledene 'n skoot met haar vuurwapen in die huis afgevuur het, geen teken daarvan in die kamer gevind kon word nie. Ook is betoog dat appellant se verklaring dat hy R10-00 per week van die oorledene ontvang het volgens Coyne nie waar was nie; dat sy verklaring dat hy deur die oorledene met die vuurwapen gedreig is ook nie waar kon wees nie aangesien hy nie doodluiters homself in die kombuis aan kos en drank sou gehelp het ter-wyl hy geweet het dat die oorledene 'n vuurwapen besit het.
vir die doeleindes van hierdie saak is
dit.......23
23. dit nie nodig om te ondersoek of die bewerings van appellant, waarna ek hierbo verwys het, waar is nie aangesien hulle nie van wesenlike belang is nie. 5y bewering dat die oorledene onderneem het om hom R10-00 elke week te betaal is klaarblyklik onwaar aangesien sy Coyne se tuindienste kon bekom het vir R10-00 per week. Ek sal aanvaar dat sy ander ge-noemde verklarings ook nie juis is nie. Die feit dat hy 'n leuen vertel het met betrekking tot die loon wat hy sou ontvang het en dat veronderstel word dat die ander bewerings ook nie waar is nie, het tot gevolg dat die orige gedeeltes van die be-kentenis baie versigtig benader moet word en slegs
in...24
247.
in aanmerking geneem kan word teen appellant indien
daar sekerheid bestaan omtrent die juistheid en be-troubaarheid daarvan. Vgl
S v Kumalo (supra) op bl 383 G-H.
Dit blyk uit die inhoud van
die bekente-nis dat appellant skuld beken het ten opsigte van die pleging van
verkragting, huisbraak met
die doel om 'n misdaad te pleeg en diefstal, maar dat
hy nie beken het dat hy moord gepleeg het nie. Appellant erken nie daarin dat
hy
die oorledene gedood het of dat hy die bedoeling gehad het om haar om die lewe
te bring nie. Appellant maak egter die volgende
erkennings en verklarings :
(a)...24(a)
24(a)
(a) hy het op 23 Januarie 1983 by die huis
van die oorledene ingebreek en
het toe-
gang tot die huis verkry deur by die
kombuisvenster in te klim.
Later het
hy die huis verlaat deur die kombuisdeur;
(b) hy het geslagsgemeenskap met die oorle-dene gevoer; (c) hy het op 'n vullisblik gestaan om hom in staat te stel om in die huis in te kom, d' w s toe hy deur die kombuisvenster ge-klim het; (d) hy het seilskoene aangehad; (e) hy het gesien dat iemand blykbaar in die
proses 25
25. proses was om ddê kombuismure in die huis te verf;
(f) hy het die pistool van die oorledene ge-neem na hy die aanranding op die oorledene gepleeg het; (g) hy het 'n kombers op die oorledene se gesig geplaas en dit op haar gesig gedruk voor of tydens geslagsomgang met haar;
(h) die oorledene het op die vloer gelê
en nie op die bed nie terwyl hy omgang met haar gehad het;
(i) hy het die pistool verkoop vir R20-00. Hierdie erkennings en verklarings van
appellant....26
26. appellant word bevestig deur die volgende getuienis:
(i) Hertz het gevind dat toegang tot die
huis verkry is deur 'n venster in die kombuis. Die diefwering aan die bo-kant daarvan was gebreek en na binne omgebuig. Die kombuisdeur het oopge-staan wat daarop dui dat die inbreker die huis by die agterdeur verlaat het. (ii) Alhoewel dit nie moontlik was om vas te stel of die oorledene verkrag was nie, weens die staat van ontbinding waarin die lyk gevind is nie, is dit duidelik uit die foto wat voor die Hof geplaas is
dat .... 27
27.
dat die lyk van die oorledene gevind is met die bene wyd oopgespalk op so 'n wyse dat die enigste redelike gevolgtrekking is dat die bene oopgeforseer moes gewees het vir die doel van geslagsomgang.
(iii) Onder die kombuisvenster het 'n asblik
gestaan. Op die vensterbank was modder gevind.
(iv) Voor die motorhuis, wat langs die huis
is, is die spoor van 'n seilskoen gevind . In die motorhuis is 'n soortgelyke spoor op 'n stukkie wit papier gevind. Hierdie spoor was identies met die spoor van die
seilskoen 23
28.
seilskoen wat appellant gedra het tydens sy arrestasie. (v) In die kombuis en elders in die huis het Hertz 'n groot hoeveelheid leë verfblikke gevind wat die indruk geskep het dat daar aan die huis geverf word soos deur appel-lant gemeld is in sy bekentenis. (vi) Die getuie, Madonsela, wat deur die Staat geroep is, en wie se getuienis deur die Hof a quo aanvaar is, het getuig dat ap-pellant in Januarie 1983 'n pistool, wat uitgeken is as dié van die oorledene, aan hom oorhandig het en dat hy R20-00
betaal 29
29.
betaal het daarvoor aan die persoon wat appellant vergesel het. (vii) Hertz
het getuig dat hy die lyk gevind
het op die vloer. (viii) Die lyk is deur
Hertz gevind met komberse, kledingstukke en 'n kussing op die gesig. Die
erkenning dat hy
by die huis ingebreek het vind verdere stawing in die getuienis
van die Staats-getuie, Eagar. Hy was 'n kaptein in die Suid-Afri-kaanse
polisie
maar was nie gemoeid met die onder-soek van die saak nie. Hy was nooit tevore by
die woning van die oorledene nie. Op 10
Februarie 1983 het appellant hom geneem
na genoemde woning
en....30
30.
en die huis, asook die kombuisvenster waardeur toe-
gang tot die huis verkry is, aan hom getoon. Hier-
die uitkenning toon dat appellant kennis gedra het
van die gebreekte venster en verleen verdere stawing
vir die bekentenis. Kyk S v Mbambo 1975(2) S A 549 (A).
Verdere
stawing van die feite genoem deur appellant
in die bekentenis is te vinde in sy verklaring aan n
landdros tydens verrigtinge in die landdroshof inge-
volge art 119 van Wet
51 van 1977. Toe hy gevra is om
te pleit op 'n klag van huisbraak met die
opset om
te moor het hy geantwoord:
"Onskuldig. Ek het nie bedoel om haar dood te maak nie. Ek het haar met die kombers versmoor om te keer dat sy my nie skiet nie."
Op .... 31
31. Op 'n klag van roof met verswarende omstandighede het hy
geantwoord dat hy wel goed geneem het en dat "ek het haar met die kombers
versmoor sodat sy nie kon keer dat ek die goed neem nie".
Op die klag van
verkragting het hy skuldig gepleit en erken dat hy gemeenskap gehad het met die
oorledene. Weer het hy erken dat hy
haar met "dié komberse" versmoor het.
Volgens hom het hy daarna met haar gemeenskap gehou. In s v Mjoli 1981(3)
S A 1233 (A) is beslis dat erkennings en verklarings ge-maak deur 'n beskuldigde
tydens ondervraging inge-volge art 115 kan
dien as stawing van 'n bekentenis.
Dit volg dat erkennings en verklarings gemaak tydens
verrigtings 32
32.
verrigtings ingevolge art 119 ook as stawing kan dien.
Die bogenoemde
stawing vir die bekentenis in soveel wesenlike opsigte het tot gevolg dat daar
geen twyfel hoegenaamd kan bestaan dat
appellant die waarheid gepraat het toe hy
erken het aan Kolonel de Beer dat hy by die oorledene se huis ingebreek het op
23 Januarie
1983 en dat hy haar aangeval en besteel het nie. Sy erkenning dat hy
gemeenskap met die oor-ledene gehad het word gestaaf deur die
posisie waarin die
lyk gevind is met die bene wyd oopgespalk. Soos reeds gesê word sy
erkenning dat hy 'n kombers teen
haar....33
33. haar gesig gedruk het bevestig deur Hertz se getuie-nis met betrekking
tot die wyse waarop die lyk bedek was met komberse, lakens
endiesmeer. Selfs
appel-lant se verklaring dat die oorledene nakend was, word deur Hertz
gestaaf.
In die lig van al hierdie stawing van die erkennings en verklarings
in die bekentenis was die Hof a quo geregtig om te bevind dat dit
appel-lant was wat by die huis ingebreek en die oorledene aangerand het.
Die
vraag wat nou oorweeg moet word is of dit bewys is dat dit appellant was wat die
oorledene gedood het en, indien wel, of die Hof
a quo tereg
bevind...34
34. bevind het dat hy die bedoeling gehad het om haar te dood, hetsy in die
vorm van dolus directus, hetsy by wyse van dolus eventualis
.
Dit was nie betwis dat dit appellant se optrede was wat die oorsaak van die
oorledene se dood was nie. Dit is dan ook duidelik dat
die oorledene dood is as
gevolg van die aanranding op haar deur ap-pellant. Namens appellant is egter
aangevoer dat dit nie bewys
is dat hy bedoel het om die oorledene te dood nie.
Die Hof a quo het bevind dat die oor-ledene deur appellant gedood is
deurdat hy haar met 'n kombers of komberse versmoor het. Die Verhoorhof het
nie
'n definitiewe bevinding gemaak of dit dolus
eventualis 35
35. eventualis of dolus directus was
wat by appellant aan-wesig was nie. Weens die gevorderde staat van ont-binding
van die liggaam was dit nie moontlik
vir dr Kemp om die doodsoorsaak te bepaal
nie. Sy getuie-nis lees soos volg:
"At the end of my examination I was unable to find the cause of death , a specific cause of death and therefore sent the case for Inquest examination. The examination showed a body that was in an advanced state of decomposition. There were no subcon-junctival haemorrhages present to indicate strangulation and there were no obvious signs of injury on the body but this again was difficult to find because of the de-
composition.. There was no injury to the scalp and the skull was intact. The brain was almost completely liquid but no abnor-mality was detected. The tissues of the
neck....36
36.
neck showed no injury. The lungs showed no abnormality and the heart showed
no abnormality. The myocardium , that is the heart muscle
, was decomposing. The
remainder of the post portem was normal. I said all the internal organs were in
an advanced state of decomposition.
And I took specimens of blood for grouping
for alcohol, I took vaginal smears and hairs from the head and pubic
hairs.
Doctor, firstly, is it possible that the deceased could have died on
the
23rd of January? Yes, according to
my information she was only found on
the 26th of January, so easily she could have died on the 23rd January.
She
was found under some blankets and sheets and other items of clothing apparently
and the accused had said in in the Magistrate's
Court that he smo-thered her
with the blankets. Is it possible that she could have died from
smothering?
Oh indeed, it is very
likely that she did.
When you say that it is very
likely 37
37.
likely that she did, can you give that answer without knowing that she was found under blankets or that she was smothered?—
No, sir, I base this on this....
Only on this statement? Yes."
In kruisondervraging kom die volgende getuie-
nis voor:
"Doctor, from your examination of the body can you say whether the deceased died of
smothering? No I can't from the exami-
nation of the body. One must only take it in the context that if the accused said he smothered her and since I can find no other cause for her death, then the pro-bability is that she died of smothering."
'n Bevinding dat appellant die bedoeling om
te dood gehad het, hetsy in
die vorm van dolus directus
hetsy vanweë die aanwesigheid by hom
van dolus even-
tualis, is afhanklik daarvan dat bevind kan
word dat
hy...38
38. hy die oorledene so lank versmoor het dat gesê kan word dat hy wel besef het dat die dood as gevolg van versmoring sou intree of ten minste kon intree en dat hy nogtans aangehou het om haar te versmoor. In die afwesigheid van mediese getuienis wat toon dat sy wel as gevolg van versmoring dood is, is dit nie moontlik om dood as gevolg van ander oorsake soos b v hartversaking weens skok uit te skakel as 'n redelike moontlike oorsaak van dood nie. Indien sy gesterf het aan een of ander sodanige doodsoor-saak is dit nie moontlik om te bevind dat hy vir so. lank aangehou het om die oorledene te versmoor dat n bedoeling om te dood afgelei kan word nie.
Dit....39
39. Dit kan gevolglik nie bevind word dat dië Staat bewys
het dat appellant die nodige bedoeling om te dood gehad het nie. Dit
is egter
duidelik dat hy nalatig was en gevolglik moes hy aan strafbare manslag skuldig
bevind gewees het. Die appèl teen
die skuldigbevinding aan moord en die
opgelegde doodsvonnis moet gevolglik slaag.
Ek behandel vervolgens die
skuldigbevinding aan verkragting en die doodsvonnis wat ten opsigte daarvan
opgelê is. Soos reeds
gemeld is daar sterk stawing te vinde vir appellant
se bekentenis dat hy die oor-ledene verkrag het in die posisie waarin die lyk
aan-getref is. Dit is egter aangevoer dat dit nie bewys is
dat die oorledene nog geleef het toe sy verkrag is nie.
Ek 40
40. Ek dink dat dit aanvaar kan word dat sy dood was toe die
verkragting ten einde geloop het. Indien sy nog gelewe het sou die oorledene
sekerlik haar bene in 'n normale posisie geplaas het of ten minste probeer het
om hulle nader aan mekaar te bring. Dit het sy egter
nie gedoen nie. In nie een
van sy verklarings het appellant egter te kenne gegee dat die oorledene reeds
dood was toe hy haar begin
verkrag het nie. Selfs nadat hy skuldig bevind is het
hy dit nie gesê nie. Die enigste afleiding van al die getuienis is dat
die
oorledene nog gelewe het toe die verkragting begin het, soos die verhoorhof dan
ook bevind het. Die appèl teen die skuldigbevinding
aan verkragting
moet....411
41
moet gevolglik afgewys word.
Die appèl teen die doodsvonnis weens
ver-kragting moet nou behandel word. Nadat die Hof a quo sy uitspraak op die
meriete afgehandel
het, het hy die vraag of daar versagtende omstandighede te
vinde was behandel en uitspraak daarop gelewer. Dit is be-vind dat daar
geen
versagtende omstandighede was nie. Daarna het die Verhoorregter oorgegaan tot
oplegging van vonnis. Nadat vonnis uitgespreek
is op klagte 1,4 en 5 en die
vonnisse beveel is om samelopend te wees het VAN DIJKHORST,R, met die klag van
verkrag-ting gehandel
in die volgende woorde:
"Dit bring my nou by 'n vonnis ten aan-
sien....42
42.
sien van die aanklag van verkragting, aanklag 2. By die oplegging van vonnis in hierdie saak, waar daar so min bekend is van wat presies in die huis gebeur het en daar eintlik net vasstaan dat die beskuldigde ingebreek het; dat hy die oorledene verkrag het; dat hy haar ver-moor het en dat hy sekere goedere daar geneem het en die beskuldigde nie getuig het nie, sou dit makliker en waarskynlik gepaster gewees het om een gesamentlike vonnis op te lê ten aansien van die aan-klag van verkragting en die aanklag van moord waar daar alreeds besluit is op die uiterste vonnis. Die Appelhof het egter in S teen S , 1981(3) S.A. 377 (A) en S teen Mathebula, 1978(2)S.A. 607(A) beslis dat om doelmatigheidsredes afgesonder-like vonnisse gevel moet word ten opsigte van verskillende aanklagte en daarom het ek ook afsonderlike vonnisse gevel ten aan-sien van aanklagte 1, 4 en 5 en moet ek 'n afsonderlike vonnis vel ten aansien van aanklag 2, die aanklag van verkrag-ting. Dit skep die probleem dat daar
oorvleueling 43
43.
oorvleueling mag plaasvind van omstan-dighede wat verswarend is.
In die
besondere geval, op aanklag 2 is dit myns insiens onmoontlik om by die
verkragting weg te dink dat dit gepaard gegaan het met
versmoring. Dit is 'n
faktor wat die verkragting myns insiens meer laakbaar maak. Deur dit weg te dink
sou 'n vonnis opgelê
kon word wat nie gepas is nie. By die bepaling van
die vraag of daar versagtende omstan-dighede is by die moord moet myns insiens
na die geheelbeeld gekyk word soos ons ge-doen het en dit het die verkragting
inge-sluit. Daar is dus myns insiens onver-mydelik
'n oorvleueling. Myns insiens
kan dit egter nie tot nadeel van die be-skuldigde strek nie. Die bedoeling is en
die bevinding is dat
die beskuldigde die hoogste tol betaal vir dit wat in die
kamer gebeur het en dit verkragting en moord insluit. Die tol sal slegs
eenmaal
betaal word. Formalitietshalwe moet hierdie Hof dit egter twee keer sê
Wat 44
44.
Wat die verkragting betref het ek 'n diskresie om die vonnis op te lê
en te oordeel watter vonnis opgelê moet word en
ek is deeglik bewus
daarvan dat die doodvonnis slegs in uiters ernstige gevalle opgelê behoort
te word waar die Hof 'n diskresie
het. Myns insiens is dit so 'n geval. Om 'n
weerlose vrou, tinger-rig en oud, in haar eie huis aan te rand en te verkrag en
te versmoor
is myns in-siens iets wat so erg is dat dit moeilik is om te vind,
dat dit moeilik is om er-ger omstandighede in te dink, hoewel
daar sekere
ernstiger gevalle kan voorkom. Ek het gevind dat ek my plig sal versuim as ek in
die geval nie ook die doodstraf op-lê
nie. Die resultaat is dan soos
volg:
Op aanklag 2, die aanklag van ver-kragting word u ter dood veroordeel.
Op aanklag 3, die aanklag van moord sonder versagtende omstandighede
word u ter
dood veroordeel."
Dit is nie duidelik uit die woorde gebruik
in....45
45.
in hierdie aanhaling of die geleerde Regter die ple-ging van
moord ook as 'n faktor in aanmerking geneem het by beoordeling van die
vraag wat
'n gepaste vonnis vir die verkragting was nie. Dit is wel duidelik dat hy die
feit dat die oorledene versmoor is in ag
geneem het. Op daardie basis het 'n
wanvoorligting op die feite geskied omdat dit nie bewys is dat sy dood is as
gevolg van versmoring
nie. Dit staan hier-die Hof gevolglik vry om 'n vonnis op
te lê wat hy as paslik beskou. Dit is dan die volgende vraag wat
behandel
moet word.
Alhoewel dit nie bewys is dat appellant bedoel het om die
oorledene te dood nie, is dit wel
duidelik....46
46.
duidelik dat hy doelbewus 'n kombers teen haar mond en neus
gedruk het. Hy het haar hele gesig daarmee bedek. Hy het geweet dat daardie
optrede van hom haar sou laat vrees vir haar lewe en sy moes in doodsangs
verkeer het voor sy gesterf het. Hy het die oorledene op
hier-die wyse aangeval
terwyl hy goed geweet het dat sy 'n
bejaarde, swak en tingerige vrou was. Hy
het 'n tyd-lank op haar perseel geslaap en af en toe tuindienste vir haar verrig
en het haar
gevolglik goed geken. Hy kon alle weerstand wat sy wou bied
uitgeskakel het deur eenvoudig haar hande en arms vas te hou. Dit doen
hy egter
nie maar verkies om haar gesig met die kombers toe te maak. Die geweld deur hom
toegepas
was 47
47. was dan ook bereken om hom in staat te stel om die voor-genome
verkragting deur te voer en was gevolglik direk daarmee verbind.
'n Verdere
verswarende faktor is diê feit dat appellant in die nag by die oorledene
se woning in-gebreek het. Cf S v S 1981(3) S A 377 (A) op bl
381 48
48. 381 F-G., Die oorledene,'n swak vrou wat nie in staat was om
haarself fisies te verweer teen 'n aanval deur 'n man nie, was geregtig
om te
aanvaar dat sy veilig sou wees teen so 'n aanval gedurende dié nag nadat
sy die deure van haar huis gesluit het en die
vensters, wat met diefwering
beskerm was, toegemaak het. Sy was inderdaad totaal weerloos teen 'n aanval soos
dié wat op haar
gedoen is.
Wat appellant se persoonlike omstandig-hede
betref blyk dit dat hy reeds 32 jaaroud is en nie 'n eerste oortreder nie. Hy
het reeds
twee veroor-delings vir huisbraak met die doel om te steel en
diefstal. Die eerste vorige veroordeling het in
1969...49
49. 1969 geskied. Hy het toe ook in die nag ingebreek. 'n Vonnis
van twee maande gevangenisstraf is hom opge-lê. In 1976 het
hy by 'n
motorhawe ingebreek en R11 000-00 gesteel. 'n Vonnis van drie jaar
gevange-nisstraf is hom toe opgelê.
Die tyd vir afskrikkende vonnisse
ten op-sigte van verkragting van bejaarde en ander vrouens wat in hulle wonings
aangeval word het
sekerlik aan-gebreek. Aanvalle op bejaarde mense in hul
wonings is aan die toeneem. In die lig van al die feite van hierdie saak
is dit
myns insiens 'n geval waar die doodsvonnis ernstige oorweging moet geniet. Ons
is meegedeel deur Adv Swanepoel, namens die
Staat, dat
die....50
50. die doodsvonnis nie aangevra word op die klag van ver-
kragting nie. Alhoewel 'n Hof nie gebind is deur die
houding van die Prokureur-Generaal met betrekking tot
wat 'n gepaste vonnis is nie, is die feit dat daar nie
op die doodsvonnis aangedring word nie, 'n faktor wat
in ag geneem moet word wanneer 'n Hof oorweeg of hy in
die uitoefening van sy diskresie die doodsvonnis gaan
oplê aldan nie. In al die omstandighede van hierdie
saak, insluitende die houding van die Staat, kan hier-
die as 'n
grensgeval beskou word en 'n vonnis anders as
die doodsvonnis opgelê
word. Die erns van hierdie
misdaad sal egter weerspieel word in die vonnis
wat op-
gelê word.
Die....51
51. Die volgende bevel word verleen:
1. Die appèl teen die skuldigbevinding aan
moord, op klag 3, sowel as die appél teen
die doodsvonnis opgelê op genoemde klag
slaag en die skuldigbevinding en opgeleg-
de doodsvonnis word tersyde gestel en in
die plek daarvan word die volgende skul-
digbevinding en vonnis geboekstaaf.
"Op klag 3 word beskuldigde skuldig bevind aan strafbare manslag en ge-vonnis tot 5 jaar gevangenisstraf."
2. Die appèl teen die skuldigbevinding, op
klag 2, aan verkragting
word afgewys. Die
appèl teen die doodsvonnis opgelê op ge-
noemde....52
52. noemde klag slaag en die doodsvonnis word tersyde gestel. Met betrekking tot klag 2 word 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf opgelê. 3. Die vonnis opgelê ten opsigte van klagte
1,4 en 5 sal samelopend wees met die vonnis van 20 jaar gevangenisstraf.
F S SMUTS,WRN AR.
MILLER, AR. )
STEM SAAM.
TRENGOVE, AR. )
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/42.html