![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
ANTHONY SPANNENBERG APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
F S SMUTS,WRN AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIRA APPèLAFDELING
In die saak tussen
ANTHONY SPANNENBERG APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM ;CORBETT, AR, GALGUT et SMUTS, WRN ARR. AANGEHOOR : 23 Maart 1984. GELEWER : 29 Maart 1984.
UITSPRAAK
SMUTS, WRN AR :
Appellant kom in hoër beroep met verlof
van 2
2. van die Verhoorregter, ROSE-INNES,R, teen die vonnisse wat hom
opgelê is nadat hy skuldig bevind is in die Afdeling Kaap
die Goede Hoop
aan moord met versagtende omstandighede, (klag 1), huisbraak met die opset om te
roof en roof (waarby verswarende
omstandighede soos omskryf in art 1 van Wet 51
van 1977 aanwesig was), (klag 2), en poging tot roof (klag 3). Hy is op die 3
klagte
gevonnis tot onderskeidelik, lewenslange ge-vangenisstraf en 8 jaar en 7
jaar gevangenisstraf. Dit is verder beveel dat die drie
vonnisse nie samelopend
sal wees nie. Dit is duidelik dat laasgenoemde bevel in stryd is met die
bepalings van art 32 (2) van Wet
8 van 1959 waarvolgens "'n bepaalde vonnis van
gevange-
nisstraf....3
3. nisstraf wat deur iemand uitgedien moet word saam moet loop met n vonnis
van lewenslange gevangenisstraf". Namens die Staat is
dan ook toegegee dat
hierdie bevel nie staande kan bly nie.
Appellanb se advokaat het sy betoog
beperk tot die vonnis van lewenslange gevangenisstraf. Eers-tens is aangevoer
dat ROSE-INNES,R,
'n wanvoorligting begaan het deurdat hy oor die hoof gesien
het dat die jeugbende waaraan appellant behoort het 'n baie sterk invloed
op sy
lewe en betrokkenheid by misdaad gehad het. Tweedens is aangevoer dat selfs
indien bevind sou word dat geen wanvoorligting
begaan is nie, die vonnis van
lewenslange gevangenisstraf buitensporig
swaar. ..4
4. swaar was en dat gevangenisstraf van 20 jaar 'n gepaste vonnis sou wees op
die moordklag. Appellant was 18 jaar en 5 maande oud
toe hy die moord gepleeg
het.
Nie een van hierdie betoë kan gehandhaaf word nie. Wat dié
beweerde wanvoorligting betref is dit duidelik dat ROSE-INNES,R,
deeglik bewus
was van die feit dat appellant 'n lid van die Scorpion bende was. Volgens die
getuienis is hierdie 'n berugte bende
in die Kaapse Skiereiland. Die Hof a quo
se bevin-ding dat versagtende omstandighede aanwesig was, was grootliks gebaseer
op aanvaarding
daarvan dat appel-lant vatbaar was vir beinvloeding "deur
ongewenste maats in die bende omskandighede waarin hy as kind
geleef 5
5. geleef het". Die enigste ander versagtende omstan-dighede
waarna die belese Regter verwys het was, eers-tens, dat hy sonder behoorlike
leiding en opvoeding grootgeword het in 'n gesin waarin die ouers onstabiele
persone was en, tweedens, dat hy maar slegs tot sub
B gevorder het op skool en
blykbaar nie besonder intelli-gent was nie. In sy uitspraak met betrekking tot
vonnis het die belese Regter
weer verwys na die Hof se vroeëre bevinding
dat appellant "'n stadium deurleef het waar andef hom beinvloed het om in die
bende-om-gewing
te beweeg waar hy nou 'n voorstaande kwaaddoener is". Later in
die uitspraak word weereens verwys na die "swak invloed " wat op 'n
vroeë
stadium op appellant
uitgeoefen 6
6. uitgeoefen is, Dit is gevolglik duidelik dat ROSE-INNES,R, deeglik bewus
was van die invloed van bende-aktiwiteite op appellant
en dat geen
wanvoorligting begaan is nie.
Betreffende die betoog dat die vonnis van
lewenslange gevangenisstraf buitensporig swaar is, is dit eerstens nodig om te
verwys na
die aard van die misdaad wat deur appellant gepleeg is en sy vorige
veroordelings.
Appellant is skuldig bevind aan moord na-dat die Staat bewys
het dat hy doelbewus en koelbloe-dig vir ene Abduragman Stevens doodgeskiet
het
terwyl laasgenoemde in die voorkamer van sy huis op 'n stoel
gesit....7
7. gesit het in die geselskap van sy vrou en kind terwyl die
gesin na 'n televisie-program gekyk het. Dit was ongeveer 9.45 n m. Sonder
enige
voorafgaande waar-skuwing verskyn appellant
by die venster en skiet die oorledene in die kop op 'n afstand van drie
treë. Die oorledene val
toe op die vloer. Daarna word hy nog twee keer
geskiet, een keer in die bors eh een keer in die regter voorarm. Appellant
hardloop
toe weg. Die rede vir die moord was blykbaar die feit dat die oorledene
'n klag teen lede van die Scorpion bende aan-hangig gemaak
het nadat hulle
huisbraak en roof by sy huis gepleeg het. Hierdie makkers van appellant het toe
tereggestaan en is skuldig bevind
en tot gevange-
nisstraf...8
8.
nisstraf gevonnis. Op grond van hierdie feit. het
ROSE-INNES, R, appellant beskryf as 'n wraaksugtige
persoon en dat sy wraak die vorm neem van "aktiewe ge-
weldpleging teen
ander sonder enige goeie rede". Ap-
pellant se lys vorige veroordelings toon
die volgende
misdadige gedrag deur hom en die vonnisse wat hom
op-
gelê is.
31.1.1978 Grypdiefstal 6 Houe met 'n
ligte rottang
26.5.1978 Roof met gebruik van 'n Geplaas onder
panga en mes. toesig van
'n
proefbeampte.
3.7.1980 Huisbraak met opset om 6 Maande ge-
te steel en diefstal. vangenisstraf.
Die 9
9.
Die moord op Abduragman Stevens is gepleeg op 19 September 1980 skaars 2
maande na sy skuldig-bevinding aan huisbraak en terwyl hy
nog op parool uit was.
Daarna het hy in Desember 1980 die misdade gepleeg waarop die tweede en derde
klagte betrekking het.
Dit blyk verder uit 'n verslag van 'n proef-beampte
dat appellant 'n ongedissiplineerde bestaan voer sonder 'n vaste betrekking of
vaste verblyf. Hy open-baar 'n onverskillige houding ten opságte van
misdaad en skep die indruk dat hy maklik 'n misdaad sal
pleeg.
In sy
uitspraak het ROSE-INNES,R, dit baie duidelik gestel dat hy hom ten doel gestel
het, deur die vonnis wat hy opgelê het,
omte verseker dat appel-
lant....l0
10. lant nie tot die samelewing terugkeer voordat die ge-vangenisowerhede goeie rede het om te dink dat hy nie meer 'n gevaar vir die samelewing is nie. Hierdie doel sou klaarblyklik nie bereik kon word indien appellant
'n bepaalde termyn van gevangenisstraf opgelê word nie. Dit kon dan
gebeur dat hy ontslaan word uit die gevang-enis voordat
hy hervorm
het.
Hierdie Hof kan alleenlik inmeng met die opgelegde vonnis van
lewenslange gevangenisstraf indien dit bevind kan word dat geen hof
redelikerwyse die vonnis kon opgelê het nie. In die lig daarvan dat dit 'n
koelbloedige, beplande en wraaksugtige moord is
wat deur appellant gepleeg is,
sy geskiedenis van
misdaad....11
11.
misdaad en sy geneigheid tot misdaad, kan dit sekerlik nie bevind word dak
ROSE-INNES,R, op onredelike wyse sy diskresie uitgeoefen
het nie. Die belese
Regter het alle rede gehad om die gemeenskap teen hierdie persoon te beskerm op
die wyse waarop hy besluit het.
Geen argument is aangevoer waarop daar met
die vonnis op klagte 2 en 3 ingemeng sal word nie en daar bestaan geen rede om
dit te doen
nie.
Bygevolg slaag die appèl teen die bevel dat die drie
opgelegde vonnisse nie samelopend sal wees nie. Origens word die appèl
teen die opgelegde
vonnisse afgewys.
F S SMUTS,WRN AR. CORBETT, AR ) GALGUT, WRN AR. , STEM SAAM.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/39.html