SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 28

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Mokoena (325/1983) [1984] ZASCA 28 (27 March 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


LL Saak No. 325/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

RICHARD MOKOENA Appellant

en
DIE STAAT Respondent

CORAM: JOUBERT, VILJOEN ARR et HEFER

WN AR

VERHOORDATUM: 19 MAART 1984 LEWERINGSDATUM: 27 MARCH 1984

UITSPRAAK

/HEFER WN AR ...

2.

HEFER WN AR:
Die appellant appelleer met verlof van die geleerde verhoorregter teen die doodvonnis wat hom opgelê is weens sy skuldigbevindingop twee aanklagte van moord, en in besonder teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie.
Volgens die aanvaarde getuienis was hy die betrokke áand in 'n bierhuis en dobbelplek. Later het hy drie persone wat met hom by die verhoor as mede-beskuldigdes verskyn het, buite ontmoet. Eers het hulle 'n groepie mense gesien wat bier by hulle gehad het en besluit om hulle van die bier te beroof. Hulle poging is egter gefnuik toe hulle

/voorgenome ...

3.

voorgenome slagoffers in 'n voertuig geklim en weg-gery het. Daarna het hulle op 'n verlate plek op 'n geparkeerde voertuig afgekom. Volgens die ap-pellant se mededeling aan sy metgeselle sou dit 'n winkelier wees wat gereeld sy geld daar sit en tel het. Hy het die voertuig se ruit stukkend geslaan, die deur oopgepluk en gevind dat 'n swart man en vrou die insittendes was. Die vrou het hom boonop geken en toe hy die voertuig se sleutel geneem het, het sy hom by sy naam genoem en versoek om die sleutel terug te gee. In stede dáárvan het hy haar uit die voertuig getrek en etlike steekwonde met 'n mes toegedien waaraan sy beswyk het. Die manlike

/insittende ...

4.

insittende het intussen uitgeklim en weggehardloop. Appellant het hom agternagesit, ingehaal en ook met die mes gedood.
Die appellant het sy aandadigheid aan die misdade deurgaans ontken. Sy verweer was dat hy hoegenaamd nie eens op die toneel was nie. Na skuldigbevinding het hy nie weer ter versagting ge-tuig nie maar sy advokaat het nogtans aangevoer dat daar versagtende omstandighede was omdat die appellant, so is geredeneer, waarskynlik onder die invloed van drank was en die moorde in elk geval sonder vooraf bedagte rade gepleeg het. Die verhoorhof het die betoog verwerp en die doodvonnis op beide aanklagte

/opgelê ...

5.

opgelê.
Die betoog waarna so pas verwys is, is in hierdie Hof herhaal en ék sal kortliks daarmee handel en aandui dat dit totaal ongegrond is.
Wat die beweerde invloed van drank betref is die probleem wat appellant in die gesig staar dat die nodige feitebasis ontbreek. Sy mede-beskuldigdes het al drie getuig dat hy niks gedrink het in die bier-huis nie, dat hy bloot daar gedobbel het en dat hy volkome nugter was. Hulle getuienis is deur die verhoorhof aanvaar maar sy advokaat het aangevoer dat dit onwaarskynlik is dat hy nie in die drinkplek sou gedrink het nie en dat die fout wat hy gemaak het

/deur ...

6.

deur die voertuig vir dié van die winkelier aan te sien, gepaard met sy onbesonne optrede deur na die voertuig te gaan en die insittendes aan te val na-dat een van die ander beskuldigdes hom regge-helpen verwittig het dat dit aan 'n polisieman behoort (wat heeltemal korrek was), daarop dui dat hy onder die invloed van drank was. Daarmee stem ek nie saam nie. Ek vind dit hoegenaamd nie onwaarskynlik dat die appellant nie in die bierhuis sou gedrink het nie. Hy was werkloos en of hy geld vir drank gehad het, weet niemand nie. Boonop is die bierhuis ook as dobbelplek gebruik. Hy het gedobbel en dit volg geensins dat hy waarskynlik ook gedrink het nie.

/Sy ...

7.

Sy optrede by die geparkeerde voertuig waar die moorde gepleeg is, dui vir my waarskynlikerwys ook nie op die invloed van drank nie. Die "fout" wat hy gemaak het met die voertuig was een wat 'n nug-ter persoon moontlik ook kon gemaak het. Trouens, mens weet nie eens of dit inderdaad 'n fout was nie -hy kon sy verwysing na 'n winkelier wat gereeld sy geld daar getel het, bloot bedoel het as 'n lokmiddel om sy metgeselle tot optrede oor te haal sonder dat hy geweet het wie in die voertuig was. En wat sy sogenaamde "onbesonne" optrede betref, was daar nie eenstemmigheid tussen die ander beskuldigdes wat ge-tuig het oor die stadium waarop dit aan appellant

/gesê ...

8.

gesê is dat die voertuig aan 'n polisieman behoort het nie. Volgens beskuldigde no 2 is dit gesê op 'n stadium toe hy reeds die.motor se ruit gebreek en deur die vroulike insittende geëien was. Dit is slegs beskuldigde no 3 wat getuig het dat appellant gewaarsku is voordat hy na die voertuig gegaan het. Maar, ongeag die stadium waarop hy gewaarsku sou ge-wees het, weet mens nie of hy geglo het wat aan hom gesê is nie. Of hy geglo het dat die voertuig wel aan 'n polisieman behoort en dat een van die insittendes inderdaad die polisieman self was, kon net hy getuig en, soos reeds aangedui, het hy versuim om dit te doen. Die verhoorhof se bevinding dat al die bekende

/feite ...

9.

feite nie op die waarskynlikheid dui dat drank enige rol gespeel het by die pleeg van die misdade nie, was, myns insiens, volkome korrek.
Die betoog dat die feit dat die moorde op die ihgewing van die oomblik en sonder voorafbeplan-ning gepleeg is, as versagting dien, beïndruk nog minder. Dat die appellant en sy metgeselle die betrokke aand daarop uit was om mense te beroof, blyk uit hulle vroeëre mislukte poging. Al wat daarna gebeur het, was dat ander slagoffers gevind is en die feit dat hulle toevallig op appellant en sy metgeselle se pad beland het, verminder geensins appellant se verwytbaarheid vir die twee wrede moorde wat hy gepleeg

/het ...

10.

het nie.
Ten slotte moet ek daarop wys dat die on-derhawige 'n geval is waarin verlof om te appelleer toegestaan is terwyl daar hoegenaamd geen vooruitsigte op 'n suksesvolle appèl was nie. Die skynbare neig-ing om in gevalle waarin die doodvonnis opgelê is, die voortuitsigte op sukses minder streng te beoordeel as ander gevalle, mag prysenswaardig voorkom maar dit lei dikwels slegs daartoe dat 'n veroordeelde wat geen voor-uitsigte op sukses het nie, onnodig lank in twyfel ge-laat word oor sy uiteindelike lot. Dit behoort nie te gebeur nie. En dit sal ook nie gebeur nie indien die aansoek om verlof om te appelleer, net soos enige

/dergelike ...

11.

dergelike aansoek beoordeel word streng volgens meriete en aan die hand van die geykte beginsel dat dit afgewys moet word wanneer daar nie redelike vooruitsigte op sukses bestaan nie.

Die appèl word afgewys.

J.J.F. HEFER WN AR

JOUBERT AR
STEM SAAM VILJOEN AR


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/28.html