![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
E du P
Saak nommer 224/83
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen :
JOHANNES CORNELIUS THERON . Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram : RABIE, HR., JOUBERT,
CILLIÉ, ARR, SMUTS et
GROSSKOPF, WND ARR.
Verhoordatum
: Leweringsdatum :
16 Februarie 1984. 22 Maart 1984
UITSPRAAK
RABIE/
2 RABIE, AR. :
Die appellant is deur Erasmus, Wnd. R.-P. van
die Noord-Kaapse Afdeling van die Hooggeregs-hof, en twee assessore daaraan
skuldig
bevind dat hy Andries Johannes Visser (hierna "die oorledene" genoem) op
20 Oktober 1982 op 'n plaas in die distrik Keimoes vermoor
het. Die verhoorhof
het bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie en appellant is
gevolglik ter dood veroordeel. Appellant
appelleer nou, met die verlof van die
verhoorregter, teen die straf wat hom opgelê is.
Voordat daar ingegaan
word op die betoog van appellant se advokaat (mnr Cooper, wat
appellant/
3 appellant ook in die hof a quo verteenwoordig het)
aangaande die feite van die saak wat op die vraag van versagtende omstandighede
betrekking het, moet eers aandag
gegee word aan sy betoog dat die verhoorhof hom
regtens wanvoorgelig het deur van die standpunt uit te gaan dat die las op
appellant
gerus het om te bewys dat daar versagtende omstandighede was. Die hof
moes bevind het, tul die betoog, dat by 'n skuldigbe-vinding
aan moord die las
op die Staat rus om bo redelike twyfel te bewys dat daar nie versagtende
omstandighede aanwesig was nie. In die
alternatief tot hierdie betoog is daar
aangevoer dat 'n hof by die
beslissing/
4
beslissing van die vraag of daar versagtende omstandig-
hede was volgens al die getuienis wat daar voor hom is,
moet oordeel,
sonder om 'n bewyslas op óf die beskuldigde
óf die Staat te plaas, en dat die verhoorhof gefouteer
het deur dit
nie te doen nie.
Albei bogemelde betoe is in stryd met
die beslissing van hierdie hof in
Rex v. Lembete, 1947
(2) S.A. 603. In daardie saak, wat sedertdien nog
altyd gevolg is, is
beslis (per Greenberg, A.R., met
wie Watermeyer, H.R., en Tindall,
A.R., saamgestem het)
dat waar 'n beskuldigde aan moord skuldig bevind
is,
die las op hom rus om te bewys dat daar by die pleeg van die
misdaad/
5
misdaad versagtende omstandighede aanwesig was en
dat hy hom
van daardie las met bewys op 'n oorwig van
waarskynlikhede kan kwyt. Mnr
Cooper het betoog dat
daardie beslissing verkeerd is en nie langer
gevolg
moet word nie.
Toe die uitspraak in Lembete se saak
gelewer is, het art. 338(l)
van die Wet op de Kriminele
Procedure en Dewijslcvering No. 31 van 1917
(hierna
kortweg "die 1917-Wet" genoem), soos gewysig deur art.
61 van die
Algemene Regswysigingswet No. 46 van 1935,
die kwessie van straf by moord gereel. In sy oor-
spronklike vorm het art. 338(1) bepaal dat,behalwe in
twee/
6
twee gevalle, die doodstraf verpligtend was waar
iemand aan moord skuldig bevind is. Die twee gevalle
was dié van 'n
vrou wat aan die moord van haar pasge-
bore kind skuldig bevind is, en
dié van iemand wat
onder die ouderdom van sestien jaar was. Art.
61
van die gemelde Algemene Regswysigingswet het vir 'n
derde
uitsonderingsgeval voorsiening gemaak, nl. die
geval waar -
"de jury by schuldigbevinding van de
beschuldigde aan moord krachtens
sub-
artikel (2) van artikel twee honderd
en zes de mening
heeft uitgesproken dat
daar verzachtende omstandigheden zijn
(of in het
geval van een verhoor zonder
jury, indien het hof van mening is
dat daar
verzagtende omstandigheden
zijn) ".
Subart./
7
Subart. (2) van art. 206, wat deur art. 34 van
die
gemelde Algemene Regswysigingswet in die 1917- Wet
ingevoeg is, het
o.m. bepaal :
"(2) Wanneer de beschuldigde terechtstaat op een aanklacht van moord ver-langt de rechter dat de jury, indien zij de beschuldigde aan moord schuldig vinden, verklaren of er naar hun mening verzachtende omstandigheden zijn, en indien zij verklaren dat er naar hun mening wel verzachtende omstandig-heden zijn kan hij van hen verlangen
dat zij de omstandigheden omschrijven
....".
Dit is duidelik dat die 1917- Wet geen uitdruklike bepalings aangaande die las om versagtende omstandighede te bewys, bevat het nie.
In/
8
In Lembete se saak is egter beslis, soos reeds gesê,
dat 'n beskuldigde wat aan moord skuldig bevind is,
moet bewys dat daar
versagtende omstandighede was en
dat hy dit met bewys op 'n oorwig van
waarskynlikhede
kon doen. Ek haal aan uit die uitspraak van
Greenberg,
A.R., (op bl. 609-610) :
"As far as I am aware, the question of the incidence of the onus in regard to extenuating circumstanccs has not been decided in our Courts. The relevant provisions are secs. 206(2) and the concluding portion of 338(1) of Act 31 of 1917, these provisions having been introduced by Act 46 of 1935. They are provisions in favour of a person convicted of murder and were introduced to mitigate the rigour of the law as it
then/
9
then existed, which, except in cases not relevant to the present point,
allowed no verdict other than sentence of death in case of
murder. Prima
facie, therefore,it would not be surprising if the Legislature in
introducing these provisions, required the person convicted of murder
to prove
the circumstances which would make it permissible for the Court to pass a more
lenient sentence. Whether this is the position
depends of course on the
interpretation to be given to the language of the section, and light may be also
thrown on the question
by the application of general principles in regard to the
incidence of the onus.
The language used points clearly, in my
opinion, to the view that the onus rests on the accused and not on the
Crown. Sec. 206(2) requires the jury to state, if they find the accused guilty
of murder, 'whether
in their opinion there are any extenuating
circumstances'.
This/
10
This means that they are only entitled to find that there are extenuating circumstances when they come to the con-clusion that such circumstances exist, and are not entitled to do so merely because the Crown has failed to prove that they do not exist. The relevant portion of sec. 338(1) provides that 'where the jury, in convicting the accused of murder, has in terms of sec. 206(2) expressed the opinion that therc are extenuating circumstances, the Court may impose any sentence other than Lhe death sentence.' This provision points to the same conclusion, which is also supported by the general rule that the onus rests on the party who asserts the affirmative. (Phipson on Evidence (7th ed., p. 30); Pillay v. Krishna and Another (1946, A.D. December, not yet reported)). I think, therefore, that the onus rests on the appellant to prove the existence
of/
11
of these circumstances, and that the extent of this onus is governed by the decision in Ex parte Minister of Justice; In re Rex v. Bolon (1941, A.D. 345), i.e. that he must prove it by a preponderance of probability".
Die 1917- Wet is deur die Strafproses-
Wet No. 56 van 1955 vervang. In
art. 329(1) van hier-
die wet is bepaal, net soos in die
ooreenstemmende
bepaling in die 1917- Wet, nl. art. 338(1), dat, be-
halwe
in drie gevalle, wat in 'n voorbehoudsbepaling
genoem is, die doodvonnis
verpligtend was wanneer
iemand aan moord skuldig bevind is. Die voorbehouds-
bepaling het, vir
sover dit op versagtende omstandighede
betrekking gehad het, soos volg gelui
:
"Met/
12
"Met dien verstande dat waar
die jurie, by skuldigbevinding van die beskuldigde aan moord kragtens sub-artikel (2) van artikel honderd een-en-veertig die mening uitspreek dat daar versagtende omstandighede is, of in die geval van 'n verhoor sonder 'n jurie, waar die hof van oor-deel is dat daar versagtende omstandig-hede is, die hof 'n ander vonnis as die doodvonnis kan oplê".
Die bepalings van subart. 2 van art. 141 is wesenlik
dieselfde as
dié van art. 206(2) van die 1917- Wet,
soos gewysig deur art. 34 van
die Algemene Regswysigings-
wet van 1935, hierbo genoem. Dit het, voordat
dit
later gewysig is (soos hierna vermeld), soos volg
gelui :
"Wanneer/
13
"Wanneer die beskuldigde op 'n aanklag
van moord verhoor
word, gelas die regter
die jurie om, indien hulle die be-
skuldigde aan
moord skuldig vind,
te verklaar of daar na hulle oordeel
versagtende
omstandighede is, en in-
dien hulle verklaar dat daar na hulle
oprdeel wel
versagtende omstandighede
is, kan hy van hulle verlang dat hulle
daardie
omstandighede opgee "..
Bogemelde art. 329(1) van die Straf-
proseswet van 1955 is deur art. 24
van die Wysigings-
wet op die Strafreg No. 16 van 1959 vervang, maar
'n
subartikel met dieselfde bepalings, vir sover dit op
die kwessie van
versagtende omstandighede betrekking
het, is as subart. (l) in art. 330 van
die Strafproses-
wet van 1955 opgeneem, terwyl die bestaande subart. (l)
van/
14 van art. 330 toe subart. (2) daarvan geword het. Art. 141(2) is
onveranderd gelaat. Art. 330(1) van die 1955- Wet is deur art 10
van die
Strafreg-wysigingswet No. 96 van 1965 gewysig, maar daar is geen verandering
aangebring ten opsigte van die be-paling dat
by skuldigbevinding aan moord die
dood-vonnis opgelê moet word nie. Die voorbehoudsbepaling, waarvolgens 'n
ander straf as
die doodstraf opgelê kon word by 'n bcvinding van
versagtende omstandighede deur die jurie of deur die hof (soos in art. 141(2)
bepaal), is onveranderd gelaat.
Die bogemelde art. 330(1) van die
Strafproseswet/
15
Strafproseswet van 1955 is in 1969 gewysig toe die
Wet op
die Afskaffing van Juries No. 34 van 1969
ingevoer is. Art. 29 van hierdie wet het die voorbe-
houdsbepaling van
subart. (l) van art. 330 deur die
volgende voorbehoudsbepaling vervang :
"Met dien verstande dat wanneer 'n vrou skuldig bevind word aan moord op haar pasgebore kind of wanneer iemand onder die ouderdom van agtien jaar aan moord skuldig bevind word, of waar die hof, by skuldigbevinding van die be-skuldigde aan moord, van oordeel is dat daar versagtende omstandighede is, die hof 'n ander vonnis as die dood-vonnis kan oplê."
Art. 141(2) van die Strafproseswet van 1955, waarin
voorsiening gemaak is vir 'n bevinding van versagtende
omstandighede/
16
omstandighede deur 'n jurie, het met die invoering van
die
gemelde Wet op die Afskaffing van Juries verdwyn.
Die Strafproseswet van 1955 is deur
die tans geldende Strafproseswet No.
57 van 1977
vervang. Art. 277 van 1g. wet bepaal o.m. soos volg :
"(l) Die doodvonnis kan slegs deur 'n hoër hof opgelê word en -(a) moet, behoudens die bepalings van subartikel (2) , 'n persoon opgelê word wat aan moord skuldig bevind
word ;
(2) Waar 'n vrou skuldig bevind word aan moord op haar pasgebore kind of waar iemand onder die ouderdom van agtien jaar aan moord skuldig bevind word of waar die hof, by skuldigbe-vinding van 'n persoon aan moord, van oordeel is dat daar versagtende om-
standighede/
17
standighede is, kan die hof 'n ander vonnis as die doodvonnis oplê."
Hierdie artikel bepaal, net soos art.
330(1) van die Strafproseswet van 1955 en art. 338
(1) van die 1917- Wet (soos gewysig deur art. 61 van
die Algemene
Regswysigingswet No. 46 van 1935) gedoen
het, dat die doodvonnis verpligtend
is waar iemand aan
moord skuldig bevind word, maar dat in die geval van
'n
bevinding van versagtende omstandighede 'n ander
vonnis as die doodvonnis
opgelê kan word. In hierdie
verband is dit ook van belang om daarop te
let dat,
hoewel die wetgewer by 'n paar geleenthede, soos hier-
bo
aangetoon, die betrokke artikels in die 1917- Wet
en/
18 en die Strafproseswet van 1955 gewysig het, hy nooit die bepaling
dat die doodstraf in die geval van 'n skuldigbevinding aan moord
verpligtend
was, maar dat 'n ander straf in die geval van 'n bevinding van versag-tende
omstandighede opgelê kon word, gewysig
het nie. Daar dien ook op gelet te
word dat die wetgewer wesenlik dieselfde taal in al die betrokke bepalings
gebruik het en, verder,
dat art. 277(2) van die huidige Straf-proseswet byna
woordeliks dieselfde is as die voorbe-houdsbepaling wat in art. 330(1) van die
Strafproseswet yan 1955 verskyn het.
In die tyd wat tussen die uitspraak in Lembete se saak en die inwerkingtreding van die
Strafproseswet/
19
Strafproseswet van 1955 verloop het, is die beslissing in die Lembete-saak gereeld gevolg, ook in uitsprake van hierdie hof. Kyk R. v. Taylor, 1949(4) S.A. 702 (A) op bl. 712; R. v. Von Zell, 1953(4) 552(A) op bl. 561; R. v. Malopi, 1954(1) S.A. 390(A) op bl. 396; R. v. Balla, 1955(3) S.A. 274(A) op bl. 275 i.f.-276. Ná die inwerkingtreding van die Strafproseswet van 1955 en, daarna, vnn die húidige Strafproseswet van 1977 het hierdie hof voortgegaan om die reël wat in Lembete se saak aangaande die bewyslas by versagtende omstandighede neergelê is, te volg. In R. v. Pethla, 1956(4) S.A. 605(A), op bl. 608 G-H, is pertinent na
Lembete/
20 Lembete se saak verwys, maar weens die
bekendheid van die reël en die feit dat nog nooit daarvan afgewyk is nie,
vind 'n mens dat dit
in uitsprake gevolg word sonder dat uitdruklik na
Lembete se saak verwys word. In S. v. Shabalala, 1966(2) S.A.
297(A), op bl. 300 A-C, het Rumpff, A.R., bv. gesê dat, aangesien die
be-wyslas om die skuld van 'n beskuldigde
te bewys op die Staat rus, terwyl die
bewyslas om die bestaan van ver-sagtende omstandighede te bewys op die
beskuldigde rus, 'n
prosedure waarvolgens die ondersoek wat by 'n moordsaak
gedoen moet word in twee fases verdeel word, meer in die belang van geregtigheid
sal wees as 'n
prosedure/
21
prosedure wat vereis dat 'n beskuldigde "sy getuienis aangaande versagtende omstandighede moet lei terwyl die vraag van sy skuld of onskuld ondersoek word." (Vgl. R. v. Malopi, 1954(1) S.A. 390(A.).) Kyk ook
die volgende uitsprake in hierdie hof, waar daar ver-
wat wys word na die reël/in Lembete se saak neergelê is
sonder dat die saak se naam genoem word : S. v.
Manyathi,
1967(l) S.A. 435 op bl. 437-438; S. v. De
Bruyn en 'n Ander, 1968(4) 498 op bl. 512 A; S.
v.
Mohlobane, 1969(1) 561 op bl. 563 D; S. v. Ndlovu,
1970(1) S.A. 430 op bl. 433 H; S. v. Lehnberg en 'n
Ander,
1975(4) S.A. 553 op bl. 561 G; S. v. Mdletshe,
1978/
22 1978(4) S.A. 75 op bl. 77 F-G; S. v. Mienies,
1978(4) S.A. 560 op bl. 563 C-D; S. v. Mkhize, 1979(1) S.A. 461 op bl.
463 G; S. v. Peterson en Andere, 1980(1) S.A. 938 op bl. 945 H; S. v.
Mongesi an Andere, 1981 (3) S.A. 204 op bl. 207 C-D; S. v. Shoba,
1982(1) S.A. 36 op bl. 37 H.
Die reël aangaande die bewyslas soos
neergelê in Lembete se saak is, sover ek weet, vir die eerste maal
in hierdie hof bevraagteken toe daar in die saak S. v. Smith and Others,
1984(1) S.A. 583 namens die verdediging betoog is dat die saak verkeerd beslis
is en dat bevind moet
word/
23 word dat die bewyslas op die Staat rus om die af-wesigheid van
versagtende omstandighede te bewys. Drie lede van die hof het dit
nie nodig
gevind om 'n beslissing oor die betoog te gee nie, terwyl die ander twee die
betoog verwerp het. Albei hierdie lede van
die hof het gewys op die feit dat die
be-slissing in Lembete se saak oor 'n tydperk van baie jare in talle
beslissings gevolg is, en het die mening uit-gespreek dat aanvaar kan word dat
die
wetgewer bewus was van die vertolking wat die howe aan die betrokke
wetsbepalings gegee het en dat die feit dat dié be-palings
deurgaans in
wesenlik dieselfde vorm behou is,
'n/
24
'n aanduiding is dat die wetgewer die vertolking
van die howe as in ooreenstemming met sy bedoeling beskou het.
Daar is na my
mening goeie gronde vir bogenoemde benadering. Toe in art. 61 van die Alge-mene
Regswysigingswet van 1935 bepaal is
dat by 'n skuldigbevinding aan moord die hof
nie verplig was om die doodvonnis op te lê indien hy van oordeel was dat
daar
versagtende omstandighede was nie, het die wet-gewer nie 'n omskrywing van
die begrip versagtende omstandighede gegee nie en ook
niks aangaande die kwessie
van bewyslas met betrekking tot versagtende omstandighede gesê nie. Die
wetgewer het dit aan
die/
25 die howe oorgelaat om hierdie aangeleenthede uit te werk. In
hierdie omstandighede is dit redelik om te aanvaar dat die wetgewer
sou gelet
het op die be-slissings van die howe met betrekking tot die kwessie van die
bewys van versagtende omstandighede en, verder,
dat dit daarvan bewus sou gewees
het dat volgens die howe se vertolking van die betrokke bepaling wat deur die
Algemene Regswysigingswet
van 1935 inge-voer is die bewyslas op die beskuldigde
rus om die bestaan van versagtende omstandighede te bewys. In 1955 het die
wetgewer die bepaling wat in die gemelde wet van 1935 ingevoer is in wesenlik
dieselfde taal
in/
26 in die Strafproseswet van 1955 bpgeneem, en die howe het daarna
voortgegaan om die beslissing wat in Lembete se saak met betrekking tot
die kwessie van bewyslas gegee is, te volg. Dit kan redelikerwys aanvaar word
dat die wetgewer hiervan
bewus was toe dit die Strafproseswet van 1977 aangeneem
het, en die her-haling in hierdie wet, in wesenlik dieselfde taal, van die
bepaling met betrekking tot versagtende om-standighede wat in die Strafproseswet
van 1955 ver-skyn het, kan na my mening gesien word
as 'n aandui-ding dat die
wetgewer bedoel het dat die bepaling vertolk moet word op die wyse waarop die
howe dit in
die/
27 die verlede vertolk het. In die saak Ex Parte
Minister of Justice : In re Rex v. Bolon, 1941
A.D. 345, op bl. 359, is daarop gewys dat die volgende
reël van wetsuitleg in verskillende Engelse sake
gevolg is, nl. -
"when a particular form of legislative enactment which has received authoritative interpretation, whether by judicial decision or by a long course of practice, is adopted in framing a later statute, it is a sound rule of construction to hold that the words so adopted were intended by the Legislature to bear the meaning which has been so put upon them."
(Kyk ook Steyn, Uitleg van Wette, 5de uitg., bl. 131.)
Mnr/
28
Mnr Cooper het betoog dat hierdie reël waarna daar in Bolon se saak verwys is maar 'n beperkte toepassingsgebied het, en ons is na passasies in Bourne v. Keane, 1919 A.C. 815 op bl. 874, Thompson v. Nixon, (1965) 2 All E.R. 74, Halsbury Laws of England, 4de uitg., band 44, par. 843, en Union Government v. Rosenberg (Pty) Ltd., 1946 A.D. 120 op bl. 130 verwys. As ek die betoog reg verstaan, kom dit daarop neer (a) dat die reël eintlik net van toepassing is in gevalle waar mense ooreenkomste aangegaan het of andersins regte verkry het op die veronderstelling dat die vertolking wat die howe oor 'n lang tydperk
aan/
29 aan 'n wetsbepaling gegee het, korrek is, en dat hulle benadeel
sal word as later van daardie vertolking afgewyk word, maar (b)
dat selfs in
sulke gevalle 'n vertolking nie langer deur die howe gehandhaaf sal word nie
indien dit sou blyk dat dit "plainly outside
a statute and outside the common
law" is. (Aanhaling uit Bourne v. Keane, supra, op bl.
874.)
Wat hierdie betoog betref, is dit nie korrek om te sê dat die
aanwendingsgebied van die ge-melde reël so beperk is as wat
in (a) beweer
word nie. Die vraag waarom dit gaan, is of 'n afleiding van die wetgewer se
bedoeling gemaak kan word waar dit blyk
dat/
30
dat 'n vertolking van 'n besondere wetsbepaling oor 'n
lang tydperk deur regterlike uitsprake bestendig is
en daardie wetsbepaling dan in dieselfde of wesenlik
dieselfde taal weer in 'n latere wet opgeneem word,
en die vraag kom nie
net in die beperkte gevalle
wat deur die advokaat genoem is voor nie. Wat
(b)
betref, kan daar na my mening nie gesê word dat die
vertolking
wat die howe in Lembete se saak en daarna
aan die betrokke
wetsbepalings gegee het verkeerd is en
gevolglik nie langer gevolg moet word
nie. Afgesien van
wat in Lembete se saak oor die kwessie van bewyslas
gesê
is, dien ook op die volgende oorweging gelet te word.
By die beoordeling van die vraag of daar in 'n bepaalde ge-
val versagtende omstandighede was, moet die hof, soos
al/...
31 al
meermale gesê is, oor drie dinge besluit nl. (1) of daar omstandighede was
wat op die geestesvermoëns of gemoed van
die beskuldigde kon ingewerk het;
(2) of sodanige omstandighede, indien daar was, wel op die appellant ingewerk
het en hom beinvloed
het, en (3) of, na die oordeel van die hof, daardie
beïnvloeding van so 'n aard was dat die beskuldigde se wandaad as gevolg
daarvan as minder laakbaar beskou kan word en hy met minder verwyt bejeën
kan word. (Kyk bv. S. v. Babada, 1964(1) S.A. 26(A.) op bl. 27 G en 28 A;
S. v. Mongesi en Andere, supra, op bl. 207 F-G.) Die ondersoek in
(1) en (2) is suiwer subjektief, en
niemand/
32 niemand is beter as die beskuldigde in staat om oor die
beinvloeding van sy geestesvermoëns of gemoed te getuig nie. Hy weet
die
beste - en meestal sal hy waarskynlik die enigste een wees wat werklik weet -of
sy geestesvermoëns of gemoed beinvloed is,
of in welke mate dit beinvloed
is, en in hierdie omstandighede is ek nie daarvan oortuig dat gesê kan
word dat dit verkeerd
is om van 'n beskuldigde te verlang om die be-staan van
versagtende omstandighede te bewys nie.
Uit hoofde van die voorgaande is ek
van mening dat 'n mens by die vertolking van art. 277 (2) van die Strafproseswet
van 1977, vir
sover dit
op/
33
op die kwessie van versagtende omstandighede betrekking
het, te doen het met 'n geval waar die reel wat in
Bolon se saak,
supra, genoem is, toepassing vind.
Dit bring mee dat bevind moet word dat, waar 'n be-
skuldigde aan moord skuldig bevind is, die las op
hom rus om te bewys dat
daar versagtende omstandighede
was.
Mnr Cooper het verder betoog
dat, in die lig van sekere betreklik onlangse uitsprake van hierdie hof, daar
bevind moet word dat dit ver-keerd
is om te sê dat daar 'n bewyslas op 'n
beskuldigde rus om die aanwesigheid van versagtende omstandighede
te/....
34 te bewys. Met betrekking tot hierdie betoog is ons na beslissings verwys waarin daar o.m. gesê is dat hoewel daar al beslis is (soos in S. v. Shabalala, supra) dat 'n moordsaak in twee fases verhoor moet word - t.w., die eerste oor die vraag of die misdaad moord bewys is, en die tweede oor die vraag of daar versagtende omstandighede was - daar in werklikheid slegs "one overall proceeding and a single, albeit composite, verdict of guilty of murder with or without extenuating circumstances, as the case may be", is. (Aanhaling uit S. v. Mavhungu, 1981(1) S.A. 56 (A.) op bl. 65 F.) In S. v. Shabalala, supra, is ook gesê
(op/
35 (op bl. 300 B) dat daar een ondersoek is, nl. of die beskuldigde
skuldig is aan moord met of sonder versag-tende omstandghede".
(Kyk ook S. v,
Shoba, 1982 (1) S.A. 36 (A) op bl. 39 C.) Die betoog lui verder dat,
aangesien daar net één ondersoek en net één
bevinding is, die bewyslas deurgaans op dieselfde party, nl. die Staat, moet
rus. Dit is onlogies, lui die betoog, dat in één
ondersoek, wat op
één be-vinding uitloop, die bewyslas op die Staat rus om te bewys
dat die misdaad moord gepleeg is,
maar op die bêskuldigde om die bestaan
van versagtende omstandighede te bewys. Ek stem nie saam met hierdie betoog
nie.
Ek/
36 Ek het, met eerbied gesê, bedenkinge oor die juistheid van
die stelling in Mavhungu se saak wat hierbo aange-haal is, anders as wat
mag blyk uit S. v. Hlatswayo, 1982(4) S.A. 744(A), waar ek met die
uitspraak van Holmes, A.R., saamgestem het. Waar 'n moordverhoor in twee fases,
soos hierbo
genoem,geskied, kom dit my as twyfelagtig voor of dit heeltemal juis
is om te sê dat daar net één ondersoek en
net een bevinding
(of net één "composite finding") is. In die twee fases van die
verhoor is daar immers twee geskilpunte
wat duidelik van mekaar te onderskei is
: die een het betrekking op die vraag of die misdaad moord bewys is, en die
tweede op die
vraag of daar versagtende omstandighede by die pleeg van die
misdaad was. Aan die einde van die eerste fase word
die/
37 die beskuldigde, by behoorlike bewys van die elemente van die
misdaad moord, aan moord skuldig bevind, en nadat daardie bevinding
gemaak is,
volg die ondersoek na die vraag van versagtende omstandighede - 'n onder-soek
wat op die kwessie van vonnis gerig is.
Nadat 'n bevinding hieroor gemaak is,
word dan die toepasiike straf opgelê. Die hoi' maak derhalwe nie 'n
bevinding soos "skuldig
aan moord sonder versagtende omstandighede", of "skuldig
aan moord met versagtende omstandighede", nie. Daar is in werklikheid twee
afsonderlike bevindinge, teen elkeen waarvan daar (met die nodige verlof)
geappelleer kan word.
Daar/
38 Daar dien ook op gelet te word dat 'n beskuldigde wat op 'n
aanklag van moord teregstaan, in die klagstaat van moord aangekla word,
en nie
van moord sonder ver-sagtende omstandighede, of moord met versagtende
om-standighede, nie. Daarbenewens moet ook vermeld word
dat ook in daardie sake
waarin daar gesê word dat daar by 'n moordverhoor net éen ondersoek
en net eén bevinding
is, daar terselfdertyd gesê, of aan-vaar, word
dat daar twee geskilpunte is en dat die bewyslas met betrekking tot daardie
twee
geskil-punte nie op dieselfde party rus nie. In S. v. Shabalala,
supra, het Rumpff, A.R., bv. gesê (op bl.
300/
39 300 A-B) dat, alhoewel daar net één ondersoek is,
daar "twee afsonderlike geskilpunte" is "ten opsigte waarvan die
bewyslas nie op
dieselfde party lê nie." Die bewyslas rus op die Staat, het hy gesê,
"om die skuld van die aangeklaagde
te bewys terwyl die bewys-las op die
beskuldigde rus om die aanwesigheid van versagtende omstandighede te bewys". Ek
vind dit geensins
onlogies dat die bewyslas in die geval van die een geskilpunt
op die Staat rus en in die geval van die ander geskilpunt op die beskuldigde
nie, tensy 'n mens kan sê dat die twee geskilpunte eintlik maar oor
dieselfde aangeleentheid gaan. Dit is dan ook wat
mnr/
40 mnr Cooper sê, en dit neem my na 'n verdere gedeelte
van sy betoog.
Hy het hom beroep op 'n passasie in 'n artikel van M. M.
Loubser, "Versagtende Omstandig-hede by Moord : Die Gradering van Skuld,"
in
Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 1977, bl. 336, waar
gesê word dat "die faktore wat inderdaad deur die
howe as versagtende
omstandighede aanvaar word
presies dieselfde faktore is wat ook in ag geneem
word by die bepaling van juridiese skuld", en as voorbeelde van sulke faktore is
jeugdigheid, of onvolwassenheid,
en/
41 en beinvloeding deur sterk drank aan ons genoem. Die betoog lui
dan verder soos volg (ek haal aan uit die advokaat se skriftelike
betoogpunte) :
"Aange-sien die bevinding in verband met die versagtende om-standighede deel is
van die ondersoek na die beskuldigde
se skuld en die bewyslas op die Staat rus
om die beskuldigde se skuld te bewys, is dit onlogies en kuns-matig om
terselfdertyd 'n
bewyslas op 'n beskuldigde te plaas oor 'n aangeleentheid wat
'n integrale deel vorm
en onskeibaar is van sy skuld ". Die betoog
kan nie
gehandhaaf word nie. Dit mag wel wees dat dieselfde faktore (soos bv.
jeugdigheid en beïnvloeding
deur/
42 deur sterk drank) by die ondersoek na albei geskil-punte, soos
hierbo genoem, ter sprake kom, maar dit beteken nie dat daar in
die twee gevalle
'n ondersoek na dieselfde vraag is nie. In die geval van die eerste geskilpunt
gaan dit, soos welbekend is, om die
vraag van skuld as 'n element van die
misdaad moord, d.w.s. "juridiese skuld", soos dit soms genoem word, (of "legal
culpability",
soos dit in S. v. De Bruyn en 'n Ander, supra, op
bl. 512 F genoem is), en in die geval van die tweede geskilpunt gaan dit om
omstandig-hede wat op die morele skuld of verwytbaarheid
van die beskuldigde
betrekking het : kyk bv. R. v. Fundakubi and Others, 1948(3) S.A. 810(A),
op bls 815 en 818; S. v.De Bruyn,
supra,/
43 supra, op bl. 512 F ; S. v. Mongesi en Andere, supra,
op bl. 207 D-F. Die ondersoek in verband met die
twee geskilpunte gaan nie oor dieselfde vraag nie, en
daar kan dus nie
gesê word dat die bewyslas in albei
gevalle logies, of noodwendig, op
dieselfde party, nl.
die Staat, moet rus nie.
Uit hoofde van al die voorgaande is
ek van mening dat nie gesê kan
word dat R. v. Lembete,
supra, verkeerd beslis is nie, en is ek
van oordeel dat
die reël met betrekking tot die bewyslas wat in
daardie
saak neergelê is ook geld by die toepassing van art.
277(2)
van die tans geldende Strafproseswet van 1977 vir sover
dit/
44 dit op die kwessie van versagtende omstandighede be-trekking het.
Kk
kom nou by die tweede gedeelte van die saak, t.w., die appèl teen die
bevinding van die verhoorhof dat daar by die pleeg
van die misdaad nie
versagtende omstandighede was nie. Soos later vollediger aangetoon word, is
namens die appellant betoog dat hierdie
hof die verhoorhof se bevinding moet
tersyde stel omdat hy hom wanvoorgelig het oor die toets wat by die bepaling van
die vraag van
versagtende omstandighede geld, en ook omdat daar in die loop van
die verhoor sekere onreëlmatighede gepleeg is.
Die/
45 Die gebeure op die aand van 20 Oktober
1982, toe die oorledene doodgeskiet is, het 'n taamlik lang voorgeskiedenis, en
'n behoorlike
oorweging van die appèl verg dat redelik volledig op
daardie ge-skiedenis gelet moet word.
Die appellant en die oorledene het
mekaar op 24 Oktober 1980 vir die eerste maal ont-moet. Die oorledene, 'n
sakeman, boer en oud-senator,
het destyds in Johanneshurg gewoon en ook op 'n
plaas in die distrik Olifantshoek geboer. Die appellant was die eienaar van vier
stukkies aaneenliggende grond, altesaam ongeveer 39,4 hektaar groot, waarna daar
in
die/
46 die getuienis as "Malanshoek" verwys is. (Eintlik was dit net 'n gedeelte van 'n groter plaas
met dieselfde naam. Wanneer ek hieronder na "Malanshoek", of bloot "die plaas",
verwys,
is dit - behalwe waar anders aan-gedui - verwysings na die appellant se
grond.) Die appellant het op dié grond geboer, maar
vanweë
ongunstige weersomstandighede en die onderontwikkelde toestand van die plaas het
hy soms vir redelik lang tydperke elders
'n heenkome gaan soek. Hy het die grond
by sy vader gekoop : een gedeelte daarvan (Lot 30)in 1959, vir £1 000, en
die ander
drie gedeeltes (Lotte 2, 15, en 24) in 1975, vir R20 000. Verbande ten
gunste van die Staat is oor al die gedeeltes geregistreer.
('n Verband van
R17 000/
47
R17 000 in die geval van Lotte 2, 15 en 24.)
Dit het nie
goed gegaan met die appellant se boerdery nie, en in Oktober 1980, toe hy die
oorledene ontmoet het, was hy diep in die
skuld. Hy was R3 820 agterstallig met
die betaling van paaiemente op die verbande wat die Staat oor sy grond gehad
het. Hy is reeds
in 1979 gemaan dat die verbande opgeroep kon word indien hy nie
sy skuld betaal nie. Later is hy tot 31 Desember 1980 uitstel verleen
om die
agterstallige bedrag te betaal. In Februarie 1980 het die Bank van die
Oranje-Vryskaat aan how gesê dat indien hy nie
sy skuld aan hulle (R18
644-01) vóór 22 Februarie 1980 betaal nie, daar teen hom opgetree
sou word.
Die/
48 Die appellant kon nie betaal nie en die
Bank het vonnis teen hom verkry. In Julie 1980 is daar ten uitvoer van die
vonnis beslag
op sy roerende goed (hoofsaaklik landbou-implemente) gelê,
en in September 1980 is die goed in eksekusie verkoop. Die opbrengs
van die
ver-koping, ná die aftrek van onkoste, was slegs R2 452.
Intussen, op
3 April 1980, het die appellant (wat ook nog ander skulde gehad het as die
hierbo genoem) by die Departement Landboukrediet
en Grondbesit om geldelike hulp
aansoek gedoen. Die aansoek is afgekeur. In September 1980 is 'n verslag met
betrekking tot die appellant
se grond deur 'n
inspeksiebeampte/
49
inspeksiebeampte van die Landbank, ene Maritz,
op-gestel. Maritz het die produksiewaarde van die grond op R30 000 gestel, en
die markwaarde
op R50 000. Hy het die plaas beskrywe as " 'n twyfelagtige
ekonomiese eenheid" wat "kwalik 'n menswaardige bestaan kon bied." In
die lig
van die appellant se hoe skuldlas het Maritz aanbeveel dat geen verdere lening
aan die appellant toegestaan moet word nie.
Op 24 Oktober 1980 het die
appellant en die oorledene mekoar in die Oranje Hotel op Upington ontmoet. Dit
was nadat die appellant
die
oorledene/
50 oorledene gebel en om 'n onderhoud gevra het. (Volgens die
appellant se getuienis wou geen "finansiële in-stansies" hom in
daardie
stadium meer help nie, en kon hy nie meer sy verpligtingc nakom en nog "leef"
ook nie. Die appellant het toegegee dat hy
"daaraan ge-dink" het dat "die
verbandhouers" dalk hulle verbande kon begin oproep.) Die appeilant het, volgens
sy getuienis, aan
die oorledene " 'n beeld" van sy finansiële posisie
gegee, waarna die oorledene onderneem het om vir hom hulp te probeer verkry.
Hulle het toe saam na die plaaslike tak van di e Landbank gegaan, waar die
oorledene met die bestuurder in sy kantoor gaan praat
het/
51 het. Die oorledene het na 'n tydjie uitgekom en aan die appellant
gesê dat hy nie vir hom hulp kon verkry nie. Hy (die oorledene)
het toe te
kenne gegee dat hy bereid was om die appellant te help. Die appellant het
voorgestel dat die oorledene sy skulde moet
oor-neem en dat daar dan 'n verband
ten gunste van dic oorledene oor die appellant se grond geregistreer word. Die
oorledene het
geantwoord dat hy nie soveel geld be-skikbaar gehad het nie,
waarop die appellant (volgens sy getuienis) toe voorgestel het dat die
oorledene
sy grond moet huur. Die twee van hulle het dieselfde middag na die appellant se
grond gaan kyk en die volgende more het
hulle weer by die Oranje Hotel
ontmoet.
By/
52
By daardie geleentheid het die appellant, in sy
eie
handskrif, 'n dokument, in die vorm van 'n brief aan die
oorledene,
opgestel en onderteken. Die dokument, waarna
daar in die getuienis as die
"opsie-dokument" verwys is
en wat ek ook so sal noem, (met korrigering van 'n
aantal
spel- en grammatikale foute) lui soos volg :
"Geagte Dr.
Ek skets vir u my posisie van my eiendom en
my wens aan u.
Die posisie van my eiendom :
Groot 46 morg.
Waarvan die volgende beplant is :
(i) 4 jaar oue wingerd 5½ morg
(ii) 1 jaar oue wingerd 6 morg
(iii) 6 morg lusern - lusern (iv) 3 morg kaal grond van voornemens om katoen te beplant. (v) 'n Verdere moontlikheid om nog 10 morg in die toekoms reg te kry vir die aan-plant van wingerd.
Die/
53
Die posisie van laste :
Landboukrediet en Grondbesit ± R18 000,00
Landbank ± 3 000,00
Bank OVS ± 18 000,00
Oranje Koop. Bpk. ± 3 700,00
SAD BPK. R600 per jaar ± 4 000,00
Wesbank ± 4 500,00
Barclays Bank ± 400,00
R51 600,00
HULP
Om hulp van LANDBOUKREDIET en LANDBANK te kry lyk onmoontllk.
Om my grond op hierdie tyd-stip deur 'n openbare likwidasie verkoop
te ver-loor
sal my ouers wat reeds hoog in die ouder-dom is heeltemal vernietig en my liefde
vir dit ook vernietig. En dit is wat
ek al die jare voor gewerk het te ontneem -
op so 'n wyse.
Wens om hulp :
My wens aan u as dit u behaag is om my ver-pligtinge en laste van my oor te
neem en wel soos volg :
Dat ek aan u 'n opsie om te koop vir 5 jaar gee met
die reg aan u om dit te verleng met 'n verdere vyf jaar teen die bedrag van R51
600,00
wat/
54
wat gelyk is aan = X.
Ek beloof en is my wens om my dienste voltyds aan die grond te gee om dit op te bou en te verbeter teen vergoeding van R250,00 per maand. En om ter enige tyd raad en advies en opdragte van uself en MNR R COMPION te aanvaar en saam met hom beplanning te doen wat tot opbou van die eiendom kan wees.
(Get.) J.C. THERON J. C. THERON
GETUIE :
(GET.) R.V. DRURY
(GET.) A KOTZE
= X My totale verpligting op bladsy 1 vermeld met ander woorde u het die opsie om my gronde lotte 2, 30, 24 en 15 totaal 46 morge te MALANSHOEK vir 'n bedrag gelyk-staande aan my bestaande skuld soos op 31 Oktober 1980 oor te neem. Enige bedrag wat u in die tussentyd op vermelde skuld afbetaal gaan van die koopprys af. Ek is bereid om die grond op my naam te
hou/
55
hou solank u dit verlang en ook nog verder
finansiële hulp van vermelde instansies
te aanvaar en aansoek te doen, so u bly
dan verantWoordelik vir alle kapitaal
en rente betalings op sodanige bestaande
sowel as nuwe lenings.
Die totale koopprys sal en mag nie die
bedrag van R52 000,00 (Twee-en-vyftig
duisend rand) oorskry nie maar mag minder
wees as my verpligtinge aan my vermelde finansiele
instansies is die bedrae soos naastenby
beraam soos vir 31 Oktober 1980.
Ek onderneem ook om geen verdere finansiële
verpligtinge in my naam aan te gaan soos
vanaf die 24ste dag van Oktober 1980.
(GET.) J.C. THERON
GETUIE : (GET.) R.V. DRURY (GET.) A. KOTZE
NS. Sou u die opsie nie
uitoefen nie maar in
tussentyd sekere van die lening en of rente betaling moes maak om 'n verpligte likwidasie-verkoping te vermy bly ek sodanige gelde aan u verskuldig op aanvraag."
Ek/
56 Ek sal later in die uitspraak weer na die
appellant se getuienis oor hierdie dokument verwys. In hierdie stadium kan egter
kortliks
vermeld word wat die aard van daardie getuienis was. Dit was nl. dat hy
deur die oorledene voorgesê was wat om te skryf; dat
hy dele van die
dokument verskeie male moes oor-skryf en dat hy "suf" was van die skryf; dat hy
nie besel het dat hy 'n opsie aan
die oorledene verleen het nie; dat dit eers
teen die einde van 1981, toe die oorledene aan hom gesê het dat hy die
opsie gaan
uitoefen, "deurgedring" het dat daar in die dokument van 'n opsie
gepraat is; dat dit nooit die bedoeling was dat hy 'n opsie oor
sy grond aan die
oorledene
sou/
57 sou gee nie; dat die oorledene gesê het dat hy die opsie
bloot as "sekuriteit" wou hê; dat die oorledene hom talle
male verseker
het dat die opsie nooit uitge-oefen sou word nie; dat albei die partye verstaan
het dat die opsie slegs uitgeoefen
sou word as hy (die appellant) nie sy
verpligtinge nakom nie.
Op dieselfde dag waarop die opsie-dokument opgestel
is, het die oorledene en die appellant na die kantoor van mnr S. Malan, 'n
prokureur
op Upington, gegaan. Malan het getuig dat die oorledene hom oor
die
dokument geraadpleeg het en dat hy aan die oorledene
gesê het dat hy
twyfel of dit 'n "afdwingbare opsie" was en, verder, dat die ooriedene benadeel
kon word
as/
58 as die appellant nie al sy skulde opgegee het nie. (Die appellant
het inderdaad versuim om 'n skuld van R4 000 op te noem.) Hy
het die oorledene
toe aange-raai om 'n "beter kontrak" te laat opstel. Die oorledene hek hom toe
gevra om dit te doen, en met die
oog daar-op is die appellant se transportaktes
'n paar dae later na sy kantoor toe gebring. (Die beoogde dokument is egter
nooit
opgestel nie. Malan het getuig dat hy verdere inligting benodig het, maar
dat dit nooit aan hom verskaf is nie.)
Op 30 Oktober 1980, d.w.s., enkele dae
ná die byeenkoms in prokureur Maian se kantoor, het
die/
59 die oorledene 'n brief aan die appellant oorhandig. Die appellant
het die brief gelees en dit daarna onder-teken. Dit lui soos
volg :
"Geagte mnr. Theron,
Hicrmee bcvestig ek u aanstelling as bestuurder - in 'n voltydse hoedanigheid van die plaas MALANSHOEK - Groot ± 46 morg teen 'n vergoeding van R250,00 per maand soos vanaf 1 November 1980.
Alle uitgawes wat in oorleg met my en/of MNR REINERT COMPION aangegaan moet word - en alle inkomste en produksie is vir my rekening alleen.
Ek het besluit om u aanbod ten opsigte van die koopopsie te aanvaar - soos skrifte-lik aan my prokureurs MALAN & VENNOTE te Upington oorhandig - en hulle is ver-soek om dit so gou as moontlik behoorlik op skrif te stel.
Ek het reeds gister die volle bedrag wat u aan BANKOVS verskuldig is deur
middel/....
60
middel van MALAN & VENNOTE aan BANKOVS gestuur ter volle vereffening van hul rekening. Die ander verskuldigde bedrae geniet tans my aandag.
U word vriendelik versoek om in mede-werking met MNR REINERT COMPION en/of myself die volle potensiaal van die grond so gou moontlik tot sy volle reg te ontwikkel. U moet asseblief die volle potensiaal van die arbeid in diens ontwikkel en alle koste tot die minimum beperk. Alle goeie wense. A.J. VISSER."
Die appellant het ingevolge die be-
palings van hierdie dokument, waarna
daar in die ge-
tuienis as die "aanstellingsbrief" verwys is,
op
Malanshoek as bestuurder gaan werk teen 'n vergoeding
van R250 per
maand.
Op/
61 Op 9 Desember 1981 het prokureur Malan in opdrag van die oorledene aan die appellant skriftelik kennis gegee dat die oorledene die opsie om die appellant se grond vir R51 600 te koop, uit-oefen. Malan het in sy brief ook gesê dat die oor-ledene reeds 'n aansienlike deel van die verplig-tinge wat hy moes nakom indien hy die opsie sou uit-oefen, nagekom het. Die appellant het getuig dat die oorledene hom teen die einde van November of aan die begin van Desember 1981 mondeling meegedeel het dat hy die opsie gaan uitoefen omdat hy (die appellant) hom op daardie tydstip te veel geskuld het. Die appellant se reaksie hierop was, volgens sy getuienis,
soos/
62 soos volg : "Ek het dit aan hom gestel dat dit nie ons
ooreenkoms gewees het nie en wat wil hy met die grond maak, hy het nie 'n
seun
nie, hy self is 'n hoogge-leerde persoon, sy skoonseuns is hooggeleerd en in
goeie betrekkings." (Die appellant, kan hier gesê
word, was net tot by
standerd 6 op skool.) Hy het verder aan die oorledene gesê, aldus sy
getuienis, "dat dit nie ons ooreenkoms
gewees het nie en dat die grond al is wat
ek het."
In hierdie selfde tyd - November 1981 -het die appellant by die
Departement Landbou en Visserye om 'n lening aansoek gedoen. Hy is
op 6
Januarie/
63 Januarie 1982 in kennis gestel dat die aansoek nie geslaag het nie.
Op
8 Januarie 1982 het die oorledene die appellant besoek en aan hom gesê dat
hulle 'n koopkontrak moet laat opstel. Die appellant
se antwoord was dat die
oorledene "wel kan koop, maar dan moet hy koop teen huidige markwaarde." (Aldus
'n beëdigde verklaring
van die appellant in die hof-verrigtinge waarna
hieronder verwys word.) Die appellant het daarna sy prokureur, mnr J.C. van
Niekerk
van Keimoes, gaan raadpleeg. Van Niekerk het, met verwysing na die
opsie-dokument, gesê dat dit "vir hom lyk" asof die appellant
"gebind" is.
Die appellant se reaksie hierop was dat hy "ander regshulp
gaan/...
64 gaan inwin."
Op 18 Januarie 1982 het Van Niekerk
aan Malan 'n brie'f
geskryf waarin hy sê dat die appellant
"alle aanspreeklikheid om
transport te gee" ontken.
Verder is in die brief gesê : "Wat betref die
deelsaai
of te wel die huurooreenkoms tussen die partye, synde
die enigste
ware ooreenkoms tussen hulle, verg my
kliënt verslagdoening en
afrekening deur u kliënt
vir die eerste jaar van die ooreenkoms ".
Op
4 Februarie 1982 is daar, ná 'n dringende aansoek deur die oorledene, 'n
bevel nisi deur 'n regter van die Noord-Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof in Kimberley uitgereik wat die appellant
gelas/
65 gelas het om op 26 Februarie 1982 redes aan te voer waarom hy
nie verbied moet word om enige gelde wat hy vir oeste op Malanshoek
verkry het,
in sy eie bankrekening in te hetaal nie en, verder, waarom hy nie gelas moet
word om, teen nakoming deur die oorledene
van sy verpligtinge, Malanshoek in die
naam van die oorledene te laat registreer nie. Die appellant het 'n
beëdigde verklaring
ter bestryding van die oorledene se aansoek by die hof
ingedien. In hier-die verklaring het hy o.m. gesê dat hy en die oor-ledene
nooit bedoel het dat daar werklik 'n opsie sou wees nie. Ek haal aan uit die
verklaring:
"By/
66
"By Upington aangekom het hy toe 'n papier uit sy tas gehaal en gesê ek moet skryf en hy het toe die dokument wat ek die vorige middag aan hom gegee het voor hom gehad. Hy het toe reeds gesê dat hy darem een of ander sekuriteit moes hê en dat ek 'n opsie aan hom moes gee waarop ek hom meegedeel het dat ek onder geen omstandighede vir hom 'n opsie kan gee nie, aangesien my prokureur die vorige dag nog vir my meegedeel het dat hy wel 'n koper het vir meer as die bedrag van my skulde. Hy het my toe die versekering gegee dat die opsie wat hy wil hê nooit uitgevoer sal word nie, aangesien hy nie belangstel daarin om te koop nie, maar net daarin belangstel om my te help."
Die "sogenaamde opsie", het hy ook gesê, was "ge-
simuleerd aangesien die bedoeling tussen my
en/
67 en die Applikant was dat hy slegs sou huur en be-weer ek dat
hierdie sogenaamde opsie geen werklike opsie is nie." Hy het verder
gesê
dat die oorledene hom male sonder tal die versekering gegee het dat hy nie
daarin belang gestel het om te koop nie en
dat hy nooit die opsie sou uitoefen
nie. Elders in die verklaring het hy egter gesê dat albei die partye
verstaan het dat die
opsie slegs uitgeoefen sou word "as ek nie my verpligtinge
teenoor applikant (d.w.s. die oorledene) nakom nie."
Op di e keerdag van die
bevel nisi is die saak vir die doel van die aanhoor van monde-
linge/
68 linge getuienis tot 23 Augustus 1982
uitgestel en die bevel is verleng.
Op 18 Maark 1982 het Van Niekerk 'n brief
aan Malan geskryf waarin hy hom gevra het om die oorledene te probeer oorreed
om, "al is
dit dan ook net uit menslikheidsoorwegings, die gronde van mnr Theron
te koop teen 'n realistiese prys en nie teen 'n weggeeprys
van R52 000 nie."
Volgens Malan het die oorledene die voorgestelde prys van R92 000 as "be-laglik"
beskou.
In April 1982 het appellant die plaas, waar hy toe nog ingevolge die
bogemelde
aanstellingsbrief/....
69
aanstellingsbrief gewoon en geboer het, verlaat, en in die
begin van Mei 1982 het hy in die drankwinkel van die hotel op Upington
begin
werk. Hy is toe ook weer getroud. (Dit was sy derde huwelik. Sy eerste twee
vrouens is albei gedurende hul huwelik met hom
oorlede.) Hy het, volgens sy
getuienis, besluit om die boerdery te laat vaar en liewer 'n goeie prys vir sy
grond te kry. Op 'n vergadering
van die Land-boukredietraad op 26 Mei 1982 het
hy verklaar : "Ek is nou klaar met die boerdery."
In Mei-Junie 1982 het die
appellant dr. J. J. Blom, 'n geneesheer op Keimoes, gaan spreek
omdat/
70 omdat, soos hy dit gestel het, sy senuwees "gespanne" was. Dr Blom het getuig dat die appellant in 'n "spanningstoestand" was en dat hy kalmeerpille aan hom voorsien het. Volgens 'n rekening van dr Blom is daar ook op 13 September 1982 pille aan die appellant voorsien, maar nóg dr Blom nog die appellant het ge-tuig dat die appellant die geneesheer in September gespreek het. Albei het van net een of twee besoeke in Mei of Junie gepraat. Dr Blom het in antwoord op vrae van die advokaat gesê dat die appellant se toe-stand nie sodanig was dat hy sielkundige of psigiatriese behandeling nodig gehad het nie. Hy het ook gesê
dat/
71 dat die appellant nie "ongebalanseerd" was of die indruk gegee het dat hy
iets "onbesonne" kon doen nie.
In die tyd toe die appellant inge-volge die
bepalings van die gemelde aanstellingsbrief op die plaas was, en ook daarna, het
die oorledene
baie verbeterings daarop aangebring : die huis is ver-beter, en
daar is 'n dam gebou, wingerd aangeplant en 'n duur drupstelsel aangelê.
Daar was getuienis voor die hof dat die verbeterings ongeveer R80 000 sou be-dra
het. Die appellant was bereid om toe te gee dat
die bedrag van R50 000 tot R60
000 kon gewees het.
Op/
72 Op 13 Augustus 1982, d.w.s., tien dae vóór die
hofsaak tussen die appellant en die oorledene in die hooggeregshof
in Kimberley
hervat sou word, het prokureur Van Niekerk, die appellant, die oor-ledene en
prokureur Maian in lg. se kantoor op Upington
byeengekom om te kyk of hulle oor
sekere punte met mekaar kon ooreenkom en sodoende die hof-verrigtinge kon
verkort. Malan het vooraf
'n lysie van punte opgestel waaroor hy graag
erkennings wou verkry, en toe hy vir Van Niekerk vra of hy dieselfde gedoen het,
het
lg. gesê dat hy eintlik gekom het om te vra "of ons nie die saak kan
skik nie." Die
byeenkoms/..
73 byeenkoms is toe vir 'n uur verdaag, en Malan het met die
oorledene gepraat. Ná die uur om was, het Van Niekerk na Malan
gekom, en
Malan het hom toe meege-deel dat die oorledene wou hê dat daar eers
"vrede" gemaak moet word voordat daar aan 'n
skikking gedink word. Van Niekerk
het toe die appellant gaan haal, en daar het hy (die appellant) en die oorledene
me-kaar die hand
gegee. By hierdie hyeenkoms het Van Niekerk die bedrag van R65
000 genoem as " 'n syfer waarop geskik kan word." Die oorledene was
nie daarvoor
te vinde nie. Die appellant het nie Malan se getuienis oor wat op die byeenkoms
van 13
Augustu/
74 Augustus 1982 plaasgevind hct, betwis nie. Hy het egter
gesê - en dit strook nie met Malan se getuienis nie - dat die oorledene
se
houding teenoor hom "self-versekerd en ongenaakbaar" was. Die oorledene,het hy
gesê, "wou geen ooreenkoms aanvaar nie, onder-handelings
nie." Hy het
boegegee dat hy die oorledene die hand gegee het, soos die oorledene versoek
het.
In die loop van die daaropvolgende paar dae het daar gesprekke tussen
prokureurs Van Niekerk en Malan plaasgevind, en Van Niekerk
het toe 'n dokument
opgestel wat bedoel was om 'n skikking van die geskil tussen die partye te
bewerkstellig. Volgens
hierdie/
75 hierdie dokument sou die oorledene die bedrag van R52 000 aan
die appellant betaal, maar daar sou in ag geneem word dat die oorledene
reeds
R31 612-80 aan verskeie instansies ten hehoewe van die appellant betaal het. Die
appellant sou op sy beurt die grond transporteer
aan 'n maatskappy wat deur die
oorledene geregistreer sou word. Malan het die dokument deur-gegaan en toe
paragraaf 11(a) daarvan
deurgehaal. Hy het aan die oorledene gesê dat hy
hom nie kon adviseer om die klousule te aanvaar nie, gesien die feit dat hy
reeds 'n klomp geld betaal. het en alles sou kon verloor as hy enige bepaling
van die beoogde ooreenkoms nie stiptelik nakom nie.
Die
Paragraaf/
76
paragraaf lui soos volg :
"(11) Ingeval die koper versuim om op die vervaldatum enige van die terme of voorwaardes van hierdie kontrak na te kom, sal die verkoper of sy agent die reg hê om of : (a) Die verkoping te kanselleer deur
'n geregistreerde brief geadresseer aan die koper, waarna die koper alle bedrae betaal aan die verkoper of sy agent in terme hiervan sal verbeur, sonder benadeling van die verkoper se ander regte en remedies en die reg om skade-vergoeding te eis."
Die oorledene het toe die dokument, soos deur Malan
gewysig, onderteken.
Dit was op 19 Augustus 1982.
Malan het daarna die appellant gebel en hom
gevra
om/
77 om na sy kantoor toe te kom. Die appellant het gekom en Malan het
hom toe gevra om die dokument te lees en om op die paragraaf
wat gewysig is, te
let. Die appellant het die dokument gelees en het toe geweier om dit te
onderteken. Malan het daarna vir Van Niekerk
gebel en aan hom gesê wat
gebeur het. 'n Dag of twee daarna het hy ook die appellant gebel en hom gevra
"wil jy tog nie maar
asseblief die ding teken nie." Die appellant het geweier,
waarop Malan aan hom gesê het dat hy moet besef dat indien hy die
hofsaak
verloor, hy die koste sal moet betaal -ook die oorledene s'n. Die appellant het
steeds
geweier/
78 geweier om te teken. Volgens Malan het die appellant, sover
hy kon onthou, nie teen iets spesifeks in die dokument beswaar gemaak
nie. Hy
kon nie presies onthou wat die appellant gesê het nie, maar sy
her-innering was dat hy iets gesê het soos "hy
sien nie kans om alles wat
hy het af te teken nie." Die appellant se getuienis oor hierdie punt was dat hy
die dokument net gelees
het tot by die paragraaf wat deurgehaal was, en dat hy
toe aan Malan gesê het dat hy nie bereid was om dit te onderteken nie
aangesien die oorledene "altyd sy sin kry." Toe hy dit gesê het, het die
appellant getuig, het hy verwys na 'n ge-
leentheid/
79
leentheid toe die oorledene iets deurgehaal het
in 'n dokument wat vir gebruik deur 'n bank bedoel was.
Op 23 Augustus 1982,
die uitgestelde keerdag van die bevel nisi, was daar niemand in die hof
wat die appellant verteenwoordig het nie. Die appellant self was ook nie daar
nie. Hy het getuig dat
hy nie die dienste van 'n prokureur en advokaat kon
bekostig het nie en dat hy nie geweet het dat hy self kon verskyn nie. Die bevel
nisi is bekragtig en die appellant is gelas om die koste te betaal. My
het getuig dat hy "verbitterd" was toe hy van die hof se bevel
verneem het.
Op/
80 Op 'n dag gedurende die eerste twee weke van Augustus 1982
(d.w.s., vóór die hofverrig-tinge op die 23ste van daardie
maand)het die oorledene mnr Hermanus van der Merwe, 'n boer van die distrik
Keimoes wat toe in 'n hospitaal in Johannesburg was,
in die hospitaal besoek en
hom gevra of hy 'n byeen-koms tussen hom en die appellant kon reël. Die
oor-ledene het te kenne gegee,
het Van der Merwe getuig, dat sake tussen hom en
die appellant "redelik troebel" was en dat hy (die oorledene) gemeen het dat
daar
dalk 'n "oplossing" kon wees as huile die saak kon bespreek. Van der Merwe
het toe so 'n byeenkoms gereël en op 'n
Saterdagaand/
81
Saterdagaand in die eerste of tweede week van
Sep-
tember het die oorledene, sy swaer (mnr Gert Compion),
die appellant,
die appeilant se vrou en Van der Merwe
toe in Van der Merwe se huis
byeengekom. Van der
Merwe se getuienis oor wat die aand plaasgevind
het,
lui o.m. soos volg :
"Kan u dalk net vir ons vertel hoe die byeenkoms toe daar verloop het --Met die aankoms van mnr Gert Compion het hy toe gevra of ons iets wil drink. Dadelik het ons ingewillig om saam met hom 'n koppie kee te drink. HOF : Wie het gevra? -- Dr. Visser. Nadat ons klaar die tee gedrink het, het ek gevra ek is gewoond so 'n by-eenkoms of 'n vergadering word altyd geopen met 'n gebed. Dadelik het dr. Visser gevra dat ons dit liewer aan
einde/
82
einde moes docn, waarop beskuldigde gevra het dat ons dit liewer aan die
begin moes doen. Gevolglik het ek toe met gebed ons byeenkoms
geopen. Daarna het
dr. Visser eerste aan die woord gekom. Hy het op daardie moment probeer om 'n
oorsig te gee hoedat sake ontwikkel
het tussen hom en die be-skuldigde, maar
terwyl hy daarmee op dreef was, het die beskuldigde vir hom gevra 'Wat het dit
daarmee te
doen?' Van daar af kon ons elkeen aanvoel dat sake nie verloop soos
ons verwag het nie. Dr. Visser het opgestaan vanuit sy sitplek
en 'n bietjie na
die suidekant beweeg. Agter hom, ek is nie seker of dit 'n tafeltjie was en of
dit 'n ge-wone stoel was nie, maar
in elk geval, dit was 'n meubelstuk wat reg
agter dr. Visser gestaan het. Beskuldigde, wat ook sy plek verlaat het, het na
hom toe
beweeg en onder daardie wat hy nou sy
selfbeheersing verloor het
(Hof kom
tussenbei)
Is dit nou die heskuldigde? — Ja, beskuldigde
het sy selfbeheersing verloor, want ons kon dit almal aanvoel
dat/....
83
dat hy nou baie verbitterd is. Hy het hom voor die bors 'n stoot agteroor ge-gee ... (Hof kom tussenbei)
Wie? -- Beskuldigde het dr. Visser 'n stoot voor die bors gegee sodat hy oor die meubelstuk geval het.
Agteroor? — Agteroor."
Nadat die oorledene geval het, het Van der Merwe
verder getuig, het die
appcllant heelwat gepraat en
aan die oorledene gesê -
"dat hy hom sal jag soos 'n voëltjie en dat hy nie een trossie druiwe sal afsny nie."
Volgens Van der Merwe het die oorledene hierop nie 'n
woord gesê
nie. Die appellant het in verband met
hierdie byeenkoms getuig dat hy
"gehoop" het dat hy
sy/
84 sy grond sou terugkry van die oorledene en dat hy nie kon aanvaar
dat hy sy grond sou verloor nie. Volgens die appellant het die
oorledene by die
aanvang van die verrigtinge aan hom gesê dat hy die eerste kon praat, maar
dat sy antwoord daarop was dat
hy uitgenooi was
om die verrigtinge by te woon
en dat die oorledene
op derhalwe "moet sê wat/sy hart is." Die oorledene,
het hy getuig, het "dit toe duidelik gestel dat hy
aan sy twee vriende
(d.w.s., Van der Merwe en Compion)
wil vertel wat op die laaste hofsitting in
Kimberley
plaasgevind het." Sy verdere gekuienis in hierdie
verband -
getuienis wat nie met dié van Van der Merwe
strook nie - was dat hy aan die oorledene gesê het
dat/
85 dat hy verwag het dat hy sou vertel het van alles wat gebeur het
van die dag af toe hulle mekaar by die Oranje Hotel op Upington
ontmoet het
en,verder, dat hy die oorledene gegryp en weggestamp het nadat die oorledene
"minagtend" in sy gesig gelag het. Hy het
verder gesê dat hy nie kon
ontken dat hy aan die oor-ledene gesê het dat hy hom soos 'n voëltjie
sou jag en dat
hy nie 'n trossie druiwe op die plaas sou afsny nie, en in
kruisondervraging het hy saamgestem met die stelling dat wanneer iemand
'n ander
dreig dat hy hom soos 'n voëltjie sal jag, hy daarmee te kenne gee dat hy
hom sal doodmaak. Volgens hom het die woorde
"net uitgekom", aangesien hy
normaalweg nie sulke woorde gebruik nie.
Sowat/
86
Sowat 'n week ná hierdie byeenkoms
by Van der Merwe
se huis, het die appellant, volgens
sy eie getuienis, 'n pakkie met 20
patrone vir sy
,303 geweer gekoop. In antwoord op sy advokaat se
vraag oor waarom hy die patrone gekoop het, het hy
gesê :
"Ek wou graag weer teruggaan na dr. Visser om alleen met hom te gaan praat en het ek in my binneste 'n gevoel gehad dat as ek by hom kom, hy moontlik my kan skiet en die geweer dan as enigste wapen, as daar nog lewe in my is, gaan ek my verdedig."
Die appellant het voortgegaan om te sê dat hy homself
as Esau gesien
het en die oorledene as Jacob, wat sy
eersgeboortereg deur bedrog in die
hande gekry het,
en/
87 en hy het vir die hof lang stukke uit die boek Genesis, wat op Esau en Jacob betrekking het, voorgelees. Hy het in hierdie verband ook gesê dat, net soos Esau vir Jacob bedrieg het, so het die oorledene ook die hof in Kimberley bcdrieg. Hier kan ook bygevoeg word dat die appellant in kruisverhoor toegegee het dat die oorledene nooit tevore gedreig het om hom te skiet nie. (Hy het in kruisondervraging beweer dat die oorledene hom eendag - in November of Desember 1981 - met 'n kierie wou slaan, maar hy het toegegee dat hy nooit sy advokaat daarvan vertel het nie, en daar is weinig rede om hierdie getuienis as geloof-waardig te beskou.)
Op/
88 Op 21 September 1982 het die oorledene 'n dagvaarding teen die
appellant uitgereik vir die betaling van R5 700, synde die opbrengs
van druiwe
en lusern wat die appellant ten behoewe van die oor-ledenc verkoop het, mnar wat
hy in sy eie hankrekening inbetaal het.
Die appellant het die saak nie ver-dedig
nie, en op 15 Oktober 1982 is vonnis by verstek vir die gemelde bedrag ten
gunste van die
oorledene verleen.
Die hofbevel wat die oorledene op 23
Augustus 1982 teen die appellant verkry het, is later, op versoek van die
oorledene, gewysig
en die
gewysigde/
89 gewysigde bevel is op 14 Okkober 1982 deur die
adjunk-balju, ene Pieters, op Upington aan die appellant beteken. Die wysiging
het
behels dat die balju die nodige dokumente kon onderteken om oordrag van die
appellant se grond in die naam van die oorledene te laat
registreer indien die
appellant sou weier om dit te doen. Volgens Pieters het die appellant gesê
dat hy nie die oordragdokumente
sou onderteken nie. Die appellant het getuig dat
hy geweier het om die dokumente te onderteken omdat hy "verontreg" gevoel het.
Die
oorledene, het hy gesê, het hom nie by hulle ooreenkoms gehou nie,
maar het hom bedrieg en sy grond deur 'n valse voorwendsel
bekom.
Gedurende September 1982 het die
appellant/...
90 appellant, volgens sy eie getuienis, tweemaal na die
oorledene op die plaas gaan soek. Die eerste keer was gedurende die week
ná
die byeenkoms in Van der Merwe se huis, en die tweede gedurende die
daarop-volgende week. Die oorledene was albei kere afwesig. Albei
besoeke was
gedurende die dag. By een van hier-die geleenthede, het die appellank
gesê, het hy sy geweer saamgeneem. Hy het
na die oorledene gaan soek, het
hy getuig, omdat hy geglo het dat "as ons twee alleen bymekaar kan wees, ons kon
die ding uitpraat
of redeneer of uitworstel, dat daar vir ons aan albei kante 'n
oplossing sou kom." In Oktober 1982, sowat 'n week voor die skietvoorval
op die
20ste, het die appellant sy suster gevra om hom te bel as sy sien dat
die/
91 die oorledene op die plaas is. Hy het aan haar gesê dat hy met die
oorledene wou gaan praat. Die suster woon in 'n huis op
'n gedeelte van die
oorspronklike plaas Malanshoek, en sy kan van daar af sien as iemand met die pad
na die huis op Malanshoek ry.
Op 19 Oktober 1982 het die appellant en 'n mnr
Johannes Von Wielligh, 'n boer in die distrik Keimoes, mekaar in die hotel op
Upington
raakgeloop. Von Wielligh het die appellant gevra wat met die hof-saak
tussen hom en die oorledene gebeur het, en die appellant het
toe aan hom
gesê dat hy "alles verloor het" en ook nog die hofkoste - glo sowat H13
000 -moet betaal. Die appellant het toe
ook gesê dat hy die oorledene 'n
"pak slae" gaan gee.
Ek/
92 Ek kom nou by die gebeure op 20 Oktober 1982. Die appellant se
suster het hom die oggend om ongeveer 10-uur by die hotel op Upington,
waar hy
ge-werk het, gebel en aan hom gesê dat sy gesien het dat die oorledene met
sy bakkie na die huis op Malanshoek ry.
(Soos hierbo vermeld, het die appellant
sy suster 'omtrent 'n week tevore gevra om hom te laat weet as sy sien dat die
oorledene
op die plaas is.) Nadat hy die aand weer sy suster gebel het om seker
te maak dat die oorledene nog op die p.laas was, het hy na
haar huis toe gery.
Daar het hy sy geweer en patrone, wat hy in 'n hangkas gebêre het, geneem.
(Dit was toe omtrent 8.30 nm,
volgens die appellant.) Die
appellant/
93 appellant het getuig dat sy suster
hom gevra het wat hy gaan doen toe hy die geweer en patrone neem en dat sy aan
hom gesê
het om nie "iets verkeerd" te doen nie. Sy antwoord aan haar was,
volgens sy getuienis, "dat dit alles van dr. Visser afhang wat
daar gedoen gaan
word."
Die appellant het hierna na Malanshoek toe gery, (Die afstand tussen
Upington en die plaas is, so blyk dit, ongeveer 44 km.) Hy het
egter nie tot by
die huis gery nie, maar het by die "filterkamer", 'n geboutjie sowat 100 meter
van die huis af, stilgehou. Hy het
sy geweer geneem, 'n klompie patrone in sy
broek-
sak/
94 sak gegooi en na die huis toe gestap. Hy het 'n flits by hom
gehad maar het dit nie gebruik toe hy na die huis toe gestap het nie.
Daar was
"so 'n halfmaantjie" gewees, het hy gesê. (Die flits, kan hier bygevoeg
word, was magneties en kon, indien effens
deur die appellant vasgehou, aan die
metaal van die geweer vas-klou.) In antwoord op 'n vraag van sy advokaat oor
waarom hy by die
filterkamer stilgehou het en nie tot by die huis gery het nie,
het die appellant geantwoord : "Ek kan nie met sekerheid sê
hoekom ek dit
gedoen het nie." Toe hy gevra is of hy op hierdie antwoord kon "uitbrei", het hy
gesê : "Korrek. Ek kan vir die
hof noem dat ek daarna gedink het hoekom en
toe het ek tot
die/
95 die gevolgtrekking gekom ek kon dalk gedink het ek kon vir dr
Visser wek as hy dalk lê of ek kan hom op sy hoede stel. Ek
sou hom graag
in 'n kalm atmosfeer wou ontmoet het." In antwoord op 'n verdere vraag van sy
advokaat het hy gesê dat hy geweet
het dat die oor-ledene 'n rewolwer het.
By die huis aangekom, het hy eers daaromheen gestap, en nadat hy vasgestel het
dat die oorledene
nie onder die afdak op die stoep, waar hy meermale geslaap
het, aan die slaap was nie, het hy na die venster van die oorledene se
slaapkamer, aan die noordekant van die huis, gestap. Die oorledene was op
daardie oomblik blykbaar aan die slaap in daardie kamer.
Die venster was op 'n
skrefie oop, en die appellant
het/
96 het voor die venster gaan staan om met die oorledene te praat. (In antwoord op 'n vraag van die hof het die appellant gesê dat hy die oorledene deur die venster wou roep, "waar ons naby mekaar kon wees".) Hy het sy hand deur 'n skrefie gesteek om die skroef op die skuifraampie los te draai en die venster van binne af oop te stoot. (In kruisverhoor het hy gesê dat hy nie kon sê hoekom hy nie teen die venster geklop het as hy die oorledene se aandag wou trek nie.) Toe hy die venster oopstoot, het dit 'n geluid gemaak en hy kon toe hoor dat die oorledene van sy bed af opspring. Die oorledene het toe, volgens die appellant, die venster
toegetrek/
97 toegetrek en die knip opgesit en toe weg van die venster af
beweeg. 'n Bietjie later het die oorledene terugge-keer, die venster
oopgestamp
en aan die appellant gesê dat hy hom sou "vrek" skiet. Die appellant het
toe, aldus sy getuienis, drie "ligstraaltjies"
in sy rigting sien kom en 'n
"brandpyn" in sy sy gevoel. Die "lig-straaltjies" was, volgens sy getuienis,
skote uit die oorledene
se rewolwer. Die oorledene het toe weer die venster
toegetrek. (Dit het later geblyk dat die appellant daardie aand 'n oppervlakkige
wond aan die maag toegedien is. Sy getuienis dat hy buite die oor-ledene se
kamervenster geskiet is, is deur die verhoor-
hof/
98 hof verwerp. Ek verwys later vollediger hierna.) Nadat die
venster toegetrek is, het die appellant (aldus sy getuienis) die oorledene
deur
die venster gesien. Hy het toe sy geweer gelig, die oorledene se gesig "oor die
loop van die geweer" gesien, en die sneller
getrek. Die skoot het egter nie af
ge-gaan nie. (Die polisie het later 'n onafgevuurde ,303-patroon voor die
kamervenster opgetel.
Die appellant het na aanleiding van hierdie getuienis in
kruisverhoor gesê : "dan moes daar 'n patroon in die loop gestoot
gewees
het.") Daarna het die appellant 'n ruit van die slaapkamervenster met sy geweer
stukkend
gestamp/
99 gestamp. (Toe hy gevra is waarom hy dit gedoen het, was sy
antwoord : "Ek wou seker graag die venster oopge-maak het.") Die oorledene
was
toe nie meer in die kamer nie. Die appellant (aldus sy getuienis) het nie
ge-sien dat die oorledene uit die kamer uitgaan nie,
maar, het hy gesê,
"ek het seker die geskuifel van sy voete waargeneem en besef hy gaan die huis
dieper in." Die appellant
het toe na die glasdeur aan die oostekant van die huis
gestap. ("Op daardie tydstip", het hy getuig,
"het ek geen vrees in my gehad nie Dit was net
alles dood in my
gewees.") Hy het 'n ruit stukkend gekap, die deurslot van die binnekant af
oopge-
sluit/
100 oopgesluit en toe in die huis ingegaan. (In kruis-verhoor het
die appellant gesê dat hy nie kon verklaar wat hy in die huis
wou gaan
doen het nie. Dit was buite sy "menslike beheer" dat hy dit gedoen het, het hy
gesê. Miskien, het hy gese, het hy
dit gedoen vanweë die "drang" wat
daar by hom was om by die oorledene "uit te kom.") Toe hy in die huis kom, het
hy gehoor die
badkamerdeur gaan oop en hy het: toe besef dat die oorledene in
die badkamer was. Hy het die oorledene toe gevra "om sy rewolwer
uit te gooi en
uit te kom". Kort daarna, het hy gesê, "het die
deur/
101 deur oopgegaan en ek het 'n skoot gehoor. Daarna het die deur
weer toegegaan en ek het voor die deur gaan staan. As ek my kon
herinner, het ek
weer vir hom gevra om uit te kom." (Hy het geglo, het die appellant in antwoord
op 'n vraag van die verhoorregter
gesê, "ons kan die ding op 'n ander
manier uit die weg uit ruim.") Die oorledene het nie uitgekom nie, en die
appellant het
toe (volgens sy getuienis) sy "geweer gelig en blindelings deur
die deur geskiet." Hy het gehoor die oorledene "gil" in die badkamer,
maar, het
hy bygevoeg, "Ek kan nie vir die hof sê hoekom hy gegil het nie." Die
oorledene het toe,met sy re-
wolwer/
102 wolwer in die hand, by die badkamerdeur uitgekom. Die appellant het die rewolwer met sy geweer uit die oorledene se hand weggeslaan. Die rewolwer het af-gegaan, en hy het toe met sy geweer na die oorledene se gesig gestamp. Die oorledene het toe weer in die badkamer ingegaan en die appellant het toe vir. die tweede maal 'n skoot deur die badkamerdeur geskiet. Hy het toe nie 'n geluid gehoor nie. Hy is toe uit na buite, na die suidekant van die huis, en het die badkamervenster gebreek om te kyk wat van die oorledene geword het. "Ek het vermoed", het hy getuig, "dat ek hom dalk raakgeskiet het." Die oorledene het blykbaar op die toilet gesit : die appellant het(aldus
sy/
103 sy getuienis) net die knie van die oorledene gesien. ("Ek kan nie aan die hof sê of ek daar voor die venster met hom gepraat het nie. Ek kan dit nie bevestig of ontken nie", het hy bygevoeg.) Die appellant het toe weer in die huis ingegaan en tot by die badkamer geloop. ("Daar kan ek weer eens nie be-vestig of ontken dat ek met hom gepraat het nie", het hy bygevoeg.) Hy het toe "weer die geweer gelig en blindelings deur die deur geskiet, en toe het hy 'n "brulgeluid" gehoor. (Die getuienis toon dat die oorledene in die badkamer raakgeskiet is en 'n ernstige wond in sy onderlyf toegedien is.) Die oorledene
het/
104
het daarop by die badkamerdeur uitgekom en die geweer
by
hom gegryp. Die appellant se hoofgetuienis oor
wat hierna gevolg het, lui
soos volg :
"Ek het die geweer uit sy hand ge-draai en hom met die geweer gestamp weg van my af. Ek kan nie vir die Hof sê of ek hom met die kolf gestamp het of met die middel van die geweer nie.
HOF : Waar stamp jy hom toe? -- Teen sy kop. Die mag waarmee ek hom ge-stamp het, het my ook van balans af-geruk en ek het half bo-op hom geval. Daarna het alles blitsvinnig gebeur. Ek het weggegaan van hom af en daar-die tyd moes ek my geweer weer herlaai het. Ek het weer na hom gevuur.
Waar was hy toe? -- Hy was op die grond voor my gewees. Ek het met die flits gelig en 'n oop wond voor sy ge-sig gesien. Ek glo ek het op daardie tydstip besef dat ek hom doodgeskiet het of geskiet het en ek het omge-draai en teruggestap kar toe."
Teen/
105 Teen die einde van sy hoofgetuienis is aan die appellant enkele
vrae gestel in verband met sekere getuienis wat Jan Boer, 'n 13-jarige
Kleurling-seun, afgelê het. Jan Boer het getuig dat hy op die betrokke dag
saam met die oorledene na die plaas toe gery het,
dak hy daardie aand in 'n
vertrek in die huis geslaap het, en dat hy gewek is deur skote wat in die huis
geskiet is. ('n Ondersoek
ná die voorval het be-wys gelewer van vier
skote wat met die rewolwer ge-skiet is. Die appellant het vier skote in die huis
geskiet, en aan die oostekant van die huis is twee doppies gevind waarvan hy nie
'n verklaring kon gee nie.) Jan Boer het toe by
die vertrek uitgeloer en
gesien/
106 gesien wat daar in die eetkamer aangaan. Hy het o.m. gesien,
het hy getuig, dat die oorledene op die vloer lê, en hy het
gehoor hoe die
oorledene soebat "help my, los my." Hy het ook gesien, het hy getuig, hoe die
appellant oor die oorledene staan, met
sy geweer na die oorledene se kop gerig,
en hy het gehoor dat die appellant aan die oorledene sê, net voordat hy
hom geskiet
het, "Ek het jou mos gesê ek gaan jou dood-skiet." Die
appellant het met betrekking tot hierdie getuienis van Jan Boer gesê
dat
hy dit nie kan erken of ontken nie. Jan Boer, kan hier bygevoeg word, het ook
getuig dat die elektriese lig in die eetkamer gebrand
het en dat die appellant
dit afgeskakel het toe
hy/
107 hy die huis verlaat het. Die appellant het gesê dat hy hom
nie kon voorstel dat hy die lig aangeskakel het nie, maar dat
hy nie kon onkken
of "bevestig" dat hy dit gedoen het nie. Volgens hom kon hy in die lig van sy
magnetiese flits (hierbo genoem),
wat, met effense hulp van sy kant, aan die
geweer vasgeklou het, in die huis rondkyk.
Ek verwys voorts na 'n paar
aange-leenthede waaropr die appellant gekruisvra is. Die eerste is die vraag
waarom hy die aand na die
oor-ledene toe gegaan het. Hy hel beweer dat hy die
oor-ledene in 'n "kalm atmosfeer" wou ontmoet het, dat hy met hom wou gepraat
het voordat dit dalk te laat was,
en/
108 en dat hy gemeen het dat daar 'n soort "versoenings-byeenkoms"
tussen hom en die oorledene sou plaasvind. Hierop is hy gevra waarom
hy, indien
hy so 'n byeenkoms beoog het, 'n geweer en patrone met hom saamgeneem het. Sy
antwoord hierop was : "Hoekom en waarom
weet ek nie, maar ek het 'n gevoel in my
gehad dat daar kan geweld van dokter se kant af kom. Daarom het ek my voorberei
dat ons
man teen man kan optree en nie soos in die verlede dat ek heeltemal op
die agtergrond moet wees en hy alleen 'n sê het nie.
As hy my daar-die
aand wou skiet, dat ek hom met dieselfde munt kon terugbetaal. Daarom het ek my
geweer vir self-
verdediging/
109 verdediging geneem." Toe hy daarop gewys is dat dit die
eerste maal is dat hy te kenne gee dat hy geweld van die kant van die
oorledene
gevrees het, het hy gesê dat die oorledene hom by 'n geleentheid in
November of Desember 1981 met 'n kierie wou geslaan
het. Hy het toegegee, soos
reeds hierbo gesê, dat hy nooit sy advokaat van hierdie insident vertel
het nie. Hy het verder gesê
dat hy nooit die bedoeling gehad het om die
oorledene te gaan dood nie, maar dat hy gevoel het dat as die oorledene "nie tot
ander
insigte kom nie, sou ons gaan tot die uiterste." Met betrekking tok die
feit dat hy die oorledene wel gedood het, het hy gesê
dat hy nie kon
verklaar hoe hy "tot daardie gedag-te (gekom) het nie." Wak die aand daar gebeur
het,
110 het hy gesê, "was iets buite my beheer. Dit is iets wat in my gebreek het wat ek nie kon verklaar hoe kon ek dit gedoen het nie en waarom ek dit gedoen het nie.
Dit het net gebeur ".
Die appellant is verder gevra waarom hy, indien hy
gemeen het dat die aand 'n versoenings-byeenkoms sou wees, nie die oorledene
vooraf
gebei het en aan hom gesê het dat hy na hom toe kom nie. Sy
antwoord hierop was dat as hy die oorledene gebel het, die oorledene
sou gesorg
het dat hy wegkom, want, het hy gesê, die oorledene was 'n lafaard. Toe hy
daarop gewys is dat hy vroeër in
sy getuienis te kenne gegee
het/
111
het dat hy hom minderwaardig teenoor die oorledene gevoel het, gesien
laasgenoemde se geleerdheid en vername posisie, het hy gesê
dat hy later
besef het dat, waar hy en die oorledene alleen by mekaar was, hy die oorledene
se meerdere was, geestelik sowel as fisies.
Met "woorde of krag, man teen man",
het hy gesê, het hy gehoop om die oorledene "tot ander insigte te
bring."
In verband met die vraag waarom hy by die filterkamer stilgehou het
en nie tot by die huis gery het nie, het die appellant gesê
: "Soos ek dit
reeds aan die hof gestel het, ek kan nie met
sekerheid/
112 sekerheid sê hoekom dit gebeur het nie. Toe ek
daar-na daaroor gedink het, was dit omdat ek hom sou wek indien ek sou ry
tot by
die huis." Hy was bang dat die oorledene hom sou skiet, het hy gesê, want
die oorledene het "geleentheid genoeg gehad
om hom voor te berei dat hy my wel
kon geskiet het as ek uit die kar geklim het." Toe hy gevra is of hy nie bang
was dat hy geskiet
sou word as hy soos 'n inbreker die oorledene se venster
oopmaak en daar met 'n geweer in die hand staan nie, het hy geantwoord :
"Toe
was die kans of die hoop daar dat ek gelyke dele teenoor hom het."
Ek/
113 Ek het hierbo daarop gewys dat die appellant se getuienis dat hy buite die oorledene se slaapkamervenster gestaan het toe hy in die maag ge-skiet is, deur die verhoorhof verwerp is. Die ge-tuienis het getoon dat die koeël wat die appellant beseer het 'n knoop aan sy safari-baadjie versplinter het. Stukkies materiaal wat onteenseglik van daardie knoop afkomstig was, is op die dag ná die skiet-voorval op die mat in die eetkamer van die huis gevind. Dit het in min of meer 'n sirkel met 'n deursnee van omtrent 12 duim gelê. Die appellant kon nie vir die hof sê hoe daardie stukkies knoop daar gekom het nie.
Ná/
114 Ná 'n verdaging het hy die volgende as moontlike
verduideliking aangebied, nl. : hy het altyd sy safari-baadjie soos 'n
hemp by
sy broek ingesteek, en die stuk-kies van die knoop, wat buite die huis stukkend
ge-skiet is, kon in sy klere bly vassteek
het en toe later in die huis uitgeval
het toe sy klere "outomaties" sou "opgeskuif" het toe hy die oorledene met die
geweer gestamp
het. Die verhoorhof het die verduideliking verwerp en bevind dat
die oorledene in die huis, by of naby die punt waar die stukkies
knoop gevind
is, raak-geskiet is.
Die aand na die voorval het die appellant na die
polisiekantoor op Keimoes gegaan. Daar het hy
Sers./
115 sers. A. J. Scholtz gevra of hy die
telefoon kon ge-bruik, en hy het toe 'n nommer op Upington gebel. Hy het aan die
persoon met
wie hy gepraat het, gesê dat hy die oorledene geskiet het. Hy
het ook gesê dat hy van Upington af gegaan het om die oorledene
"met die
vuis te kom slaan", maar dat die oorledene hom toe eerste geskiet het, en toe
"skiet ek hom dood." (Aldus Scholtz.)
Dr. Blom, hierbo genoem, het die
appellant die betrokke aand om 9.40 gesien, en het oor sy besering en algemene
toestand getuig. (9.40
nm. was sowat 'n uur nadat die appellant daardie aand
op
die/
116 die plaas gekom het.) Sy getuienis was dat appellant geskok en
gespanne was, maar nie in 'n groter graad as wat 'n mens sou verwag
het in die
geval van iemand wat kort tevore 'n "spannende ondervinding" deurgemaak het en
wat miskien ook gevrees het dat sy wond
ernstige gevolge kon hê nie. Mnr
Cooper het dit aan dr Blom gestel dat die appellant daardie nag "blykbaar
ge-knak" het. Die getuie se antwoord was : "Nee, ek kan nie sê
hy was
geknak nie. Dit was nie 'n persoon wat buite beheer was nie."
Ek gaan nou oor
tot die behandeling van mnr Cooper se betoog met betrekking tot die
verhoorhof se bevinding dat daar nie versagtende om-standighede was nie. Die
advokaat het in die
eerste
117
plek aangevoer dat die hof hom wanvoorgelig het
met
betrekking tot die toets wat by die beoordeling van die
vraag van die
al of nie bestaan van versagtende om-
standigde aangewend word. Die beweerde
wanvoorlig-
ting kom voor in die laaste sin van die volgende
passasie in
die hof se uitspraak oor versagtende om-
standighede - die passasie wat die
hof se behandeiing
van die kwessie van versagtcnde omstandighede afsluit
:
"Die Hof moet ook subjektief die omstandighede benader, soos die be-skuldigde dit sou gedoen het. Die Hof het nie bevind dat daar bedrog deur dr. Visser gepleeg is nie en die Hof het bevind dat die beskuldigde nie ge-glo het dat hy bedrieg was nie. Hy het net eenvoudig besluit dat hy nie
sy/
118
sy plaas sal afgee nie, wat ook al die omstandighede, en dat hy daarvoor sal veg tot die einde. Daarom het hy ge-weier om die skikkingsakte te teken op die laaste moment en die hofbevel te verontagsaam.
Dy die toenaderingsvergadering was hy deur die getuie Hermaans van der Merwe gemaan om nie met sy houding voort te gaan nie. Hy het eenvoudig met sy planne voortgegaan en die moord beplan.
'n Mens mnot dan ook die goordende instansies en di e norme van die maat-skappy in aanmerking neem, anders ont-staan daar chaos in die maatskappy."
Daar is betoog dat die verhoorhof
hom wanvoorgelig het omdat hy by die
beoordeling van
die vraag of daar versagtende omstandighede was,
verkeerdelik/
119 verkeerdelik op die belange van die gemeenskap gelet
het, en ons is in hierdie verband na S. v. Witbooi, 1982(1) S.A. 30 (A.)
en S. v. Arnols, 1980(2) P.H., H. 103 (A) verwys. Indien die sin
letterlik opgevat word, sou dit steun aan die advokaat se betoog kon verleen,
maar
ek meen nie dat dit so opgevat moet word nie. Die hof het daarop gewys dat,
volgens sy be-vinding, die appellant nie werklik geglo
het dat hy bedrieg was
nie, maar dat hy "net eenvoudig besluit het dat hy nie sy plaas sal afgee nie,
wat ook al die omstandighede",
en dat, hoewel hy deur Van der Merwe "gemaan (is)
om nie met sy houding voort te gaan nie",
hy/
120 hy "eenvoudig met sy planne voortgegaan en die moord beplan
(het)". Ek meen gevolglik dat die verhoor-regter in die gewraakte
sin wou
sê dat die appellant se besluit om,ten spyte van die gemelde oorwegings,
eie reg te gebruik en sy wil met 'n geweer
te probeer afdwing, nie 'n
omstandigheid is wat sy optrede moreel minder laakbaar maak nie. Ek meen nie dat
dit 'n verkeerde oorweging
sou wees nie, en hoewel dus gesê moet word dat
die gewraakte woorde nie goed gekies is nie, meen ek nietemin nie dat dit tot
die toepassing van 'n verkeerde toets gelei het nie.
Namens die appellant is verder betoog
dat/
121 dat die verhoorhof se bevinding oor die geloofwaar-digheid van
die appellant "ontsenu (is) vanweë" die verhoorregter se afdaling
in die
arena in so 'n mate dat sy regterlike oordeel deur die stof van die konflik
geaffekteer is" (aanhaling uit die advokaat se
skrifte-like betoogpunte), dat
die verhoorregter se "inmeng-ing" 'n uitwerking op sy twee assessore gehad het,
en dat hierdie hof
gevolglik die verhoorhof se bevinding dat daar nie
versagtende omstandighede was nie, moet tersyde stel en sy eie bevinding vir
dié
van die verhoorhof moet substitueer.
Ter ondersteuning van hierdie betoog
het/
122 het mnr Cooper ons na 'n hele aantal passasies in die
notule verwys waar, aldus die betoog, die verhoorregter leidende vrae aan die
appellant gestel
het, of die appellant in die rede geval het, of aanmerkings oor
sy getuienis gemaak het, of hom ondervra het op 'n wyse wat toon
dat hy die
appellant se getuienis nie met 'n oop gemoed aangehoor het nie.
Ek is nie
voornemens om die passasies waarna ons verwys is, een vir een ke vermeld en te
bespreek nie. Om dit te doen, sou hierdie
uitspraak, wat reeds lank is,
uitermate verleng, en dit sou ook, gesien die gevolgtrekking waartoe ek oor die
hele
aangeleentheid/
123 aangeleentheid gekom het, geen nut hê nie. Ek
vind dit voldoende om die volgende te sê. Daar is baie vrae deur die
verhoorregter gevra wat nie gevra hoef te gewees het nie, of nie gevra moes
gewees het nie, en daarbenewens is sommige van hulle
gevra op 'n wyse wat, om
dit kort te stel, nie in ooreenstemming is met die waardigheid wat van 'n
regteriike amptenaar verwag word
en wat normaalweg in ons howe gehandhaaf of
na-gestreef word nie. Soos reeds gesê, meen ek egter nie dat dit enige nut
sal
hê om verder op hierdie aan-geleentheid in te gaan nie. Daar is na my
oordeel nie grond vir die betoog dat vrae wat deur die
assessore
gevra/
124 gevra is, toon dat die verhoorregter se "inmenging" 'n
"uitwerking" op hulle gehad het nie. Ek is ook daarvan oortuig dat nie
met reg
gesê kan word dat die verhoorhof se bevindinge oor die appellant se
geloof-waardigheid deur die verhoorregter se optrede
"ontsenu" is nie. Daardie
bevindinge - asook die bevindinge oor die appellant se getuienis met betrekking
tot die kwessie van versagtende
omstandighede in die algemeen -is gegrond op (a)
erkende of onbetwiste feite soos vermeld in die getuienis van die appellant
self,
of van ander getuies asook op afleidings wat uit daardie getuienis gemaak
kan word; (b) waarskynlikhede; en (c)
gevolgtrekkings/
125 gevolgtrekkings wat met reg na aanleiding van
teen-strydighede in die getuienis van die appellant gemaak kan word, en daar kan
na my mening nie gesê word dat die verhooregter se optrede tot enige
ongeregtigheid gelei het nie. Ek is ook daarvan oortuig
dat, selfs indien
hierdie hof hom verplig sou voel om die bevin-ding van die verhoorhof tersyde te
stel en self oor die kwessie van
versagtende omstandighede te besluit, ek tot
dieselfde bevinding as die verhoorhof sou ge-raak.
In mnr Cooper se
skriftelike betoog-punte word aangevoer dnt daar voldoende bewys is -
"(i)/
126
"(i) dat Appellant geglo het dat die oorledene op 'n bedrieglike wyse sy plaas van hom verkry het;
(ii) dat as gevolg van (i) Appellant
oorheers is deur 'n sterk gevoel van diepe verontregting en frustrasie wat sy selfbeheersing opmerklik verlaag het; en
(iii) dat hy op 20 Oktober 1982 in 'n
krisis verkeer het waarin hy on-voldoende selfbeheersing oor hom-self gehad het",
en dat gevolglik bevind moes gewees het - en dat
hierdie hof nou moet
bevind - dat daar versagtende
omstandighede was. Die verhoorhof het bevind
dat
die appellant nie werklik geglo het dat hy bedrieg
was nie, en dat sy
eintlike ontevredenheid verband
gehou het met die prys wat hy vir sy grond
sou kry.
Na/
127 Na my mening is daar nie goeie rede om te sê dat hierdie
bevinding verkeerd is nie. Inteendeel, ek meen dat dit deur die
gekuienis
geregverdig word. Wat die gee van die opsie betref, toon die getuienis dat die
appellant self die betrokke dokument opge-stel
het, en al sou dit ook so wees
dat dit, of ge-deeltes daarvan, aan hom deur di e oorledene gedikteer was, moes
hy nogtans noodwendig
geweet het wat in die dokument staan. Nadat die dokument
opgestel is, het dit weer in Malan se kantoor ter sprake gekom. Hy moes
noodwendig weer gehoor het dat dit oor 'n opsie gaan. 'n Paar dae later (op 30
Oktober 1980) het hy
die/
128 die aanskellingsbrief van die oorledene ontvang waarin die
oorledene hom meegedeel het dat hy besluit het om sy "aanbod ten opsigte
van 'n
koopopsie te aan-vaar." Die appellant moes dus weereens besef het dat hy 'n
opsie aan die oorledene gegee het. Die appellant
het onder meer getuig dat hy
nooit besef het dak die opsie-dokument 'n opsie bevat het nie tot die tyd - in
November of Desember
1981 - toe die oorledene "gepraat het van 'n opsie wat hy
gaan uit-oefen." Toe eers, se hy, het dit tot hom "deurge-dring dat in
daardie
geskrewe dokument dit genoem is van 'n opsie." Die getuienis is klaarblyklik
verwerp-
lik/
129 lik, gesien die feite hierbo genoem. Dit is ook nie al nie : dit
is teenstrydig met die appellant se ge-tuienis dat die oorledene
hom male sonder
tal gesê het dat hy nie die opsie sou uitoefen nie. Hierdie getuienis hou
immers in dat die appellant geweet
het van die opsie. Die verhoorhof se
bevinding dat die appellant se ontevredenheid eintlik met die opsie-prys in
verband gestaan
het, word deur verskeie feite gestaaf. In Januarie 1981, toe die
oorledene, ná die uitoefening van die opsie, aan die appellant
gesê
het dat hulle 'n koopkontrak moet laat opstel, het die appellant gesê dat
die oorledene kan koop,
maar/
130 maar dan teen die markwaarde van die grond. In Maart 1982,het
die appellant se prokureur voorgestel dat die oorledene die appellant
se grond
vir R92 000 moet koop, en nie vir die "weggeeprys" van R52 000 nie. In April
1982, toe die appellant die plaas verlaat het,
het hy verklaar dat hy klaar is
met die boerdery en liewer 'n goeie prys vir sy grond wou kry. In Augustus 1982,
tydens die gepoogde
skikking van die dispuut tussen die partye, het die
appellant se prokureur die bedrag van R65 000 genoem as 'n bedrag waarop daar
geskik kon word. In September 1982, tydens die byeenkoms in Van der Merwe se
huis, het
die/
131 die appellant se vrou vir Van der Merwe gevra of hy nie dink dat
"volgens billike grondpryse dit (d.w.s. die opsieprys) ver te
min was nie".
Hierdie vraag is nie vir die appellant self, of in sy teenwoordig-heid, gevra
nie, maar dit koon m.i. nogkans wat in
gesprekke tussen die appellant en sy vrou
gesê is. Hy het self gesê sy vrou "ken die hele storie."
Met
betrekking tot die betoog dat die appellant geleidelik deur 'n sterk gevoel van
ver-ontregting en frustrasie oorheers is en dat
sy "self-beheersing opmerklik
verlaag" het, is ek van mening dat daar nie getuienis is wat toon dat hy hom
ooit
nie/
132 nie behoorlik kon beheer nie. Daar is getuienis dat hy in Mei of
Junie 1982 in 'n toestand van spanning verkeer het en dat dr
Blom hom van
kalmeerpille voor-sien het, maar dr Blom se getuienis (hierbo vermeld) toon
geensins dat die appeliant se toestand sodanig
was dat hy homself nie behoorlik
kon beheer nie. Die getuienis oor die appellant se optrede in die maande wat
daarop gevolg het,
koon m.i. dat hy bewustelik en doelgerig te werk gegaan het
om sy sin te kry en, soos hy dit gestel het, die oorledene "tot ander
insigte"
te bring. In September 1982, ná die byeenkoms in Van der Merwe se huis,
waar hy aan die
oorledene/...
133 oorledene gesê het dat hy hom soos 'n
voëltjie sou jag, het hy patrone vir sy geweer aangeskaf. Daar-na het hy
twee
maal na die oorledene op die plaas gaan soek, een keer (aldus sy getuienis)
met sy ge-weer by hom. 'n Week voor 20 Oktober het hy
sy suster gevra om hom te
bel as sy die oorledene op die plaas sien, en nadat hy van haar gehoor het dat
die oorledene op die plaas
was, het hy van Upington af gery en sy geweer en
patrone gaan haal by die huis waar sy suster gewoon het. Vandaar het hy na die
plaas
toe gery, en toe hy daar aangekom het, het hy 'n ent van die huis af
stilgehou en toe in die donker na die
huis/
134 huis toe gestap sodat die oorledene nie van sy aan-koms bewus
moet word nie. Hierdie gedrag van die appellant getuig van bewuste
en berekende
optrede oor 'n betreklik lang tydperk, en bied hie grond vir 'n betoog dat die
appellant in 'n toestand was waar hy
homself nie behoorlik kon beheer
nie.
Die verdere betoog dat die appellant op 20 Oktober in 'n "krisis"
verkeer het "waarin hy onvoldoende selfbeheersing oor homself gehad
(het)", word
ook nie deur die getuienis geregverdig nie. Toe hy die betrokke oggend van sy
suster gehoor het dat sy gesien het dat
die oorledene na die plaas toe
ry/
135 ry, het hy die aand weer gebel om seker te maak dat die oorledene
nog op die plaas was, en daarna het hy sy geweer en patrone
hy sy suster se huis
gaan haal en na die plaas toe gery. Dit was doelbewuste, be-plande optrede, en
nie die gevolg van enige skielike
krisis waarin hy hom bevind het nie. Dieselfde
geld vir sy optrede nadat hy op die plaas aangekom het : hy loop in die donker
na
die huis sodat die oorledene nie van sy aankoms bewus moet word nie, en
daarna skuif hy die venster van die oorledene se slaapkamer
oop. Hy het beweer
dat hy die aand as 'n geleentheid vir versoening gesien het, dat hy in 'n "kalm
atmosfeer"
met/
136 met die oorledene by die venster wou praat, en dat hy sy geweer
maar net vir selfverdediging saamgeneem het. Dit is klaarblyklik
onware
getuienis. Hy het ook getuig dat sy verwonding by die venster iets in hom laat
"breek" het en dat hy daarna nie beheer oor
sy handelinge gehad het nie. Die
verhoorhof het be-vind dat hy nie voor die venster verwond is nie, maar wel in
die eetkamer, en
m.i. kán nie gesê word dat hierdie bevinding
verkeerd is nie. Maar al sou dit ook so wees dat hy voor die venster raakgeskiet
is, toon die getuienis geensins dat, soos hy beweer het, sy handelinge daarna
buite sy beheer en vir hom onverklaarbaar was nie.
Toe die oorledene uit die
slaapkamer/...
137 slaapkamer na die badkamer toe gegaan het, het
appellant die stoepdeur oopgebreek en in die huis ingegaan. Hy het gehoor dat
die
badkamerdeur oopgaan - ge-tuienis wat toon hoe deeglik hy van alles bewus
was. Hy het drie maal deur die badkamerdeur geskiet ter-wyl
die oorledene daarin
was, en hy het goed geweet dat hy dit doen. Hy moes noodwendig geweet het dat hy
die oorledene ten minste een
maal in die badkamer raakgeskiet het. Daarna het hy
die oorledene aange-rand, soos deur die beserings aan die oorledene se kop (twee
skeurwonde aan die voorkop en 'n ingedrewe skedelfraktuur) en bolyf (veelvuldige
skaaf- en kneus-
merke/
138 merke) bewys word, en toe hy uiteindelik aan die oor-ledene
sê "Ek het jou mos gesê ek sal jou doodskiet", en hom
toe doodskiet,
was dit die uitvoering van 'n dreigement wat meer as 'n maand tevore geuiter
was. Ten slotte kan in hierdie verband
bygevoeg word dat toe dr Blom die
appellant die aand ná die voorval gesien het, hy nie tekcns gevind het
dat die appellant
"geknak" was of in 'n toestand verkeer het waar hy hom nie kon
beheer nie.
Uit hoofde van die voorgaande word die appèl afgewys.
P.J. RABIE HOOFREGTER.
139
JOUBERT, AR.
CILLIÉ, AR.
Stem saam. SMUTS, AR.
GROSSKOPF,AR.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/169.html