SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 168

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


National Employees General Insurane Company Limited (56/83) [1984] ZASCA 168 (10 December 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


NATIONAL EMPLOYER'S GENERAL
INSURANCE COMPANY LIMITED.

- en -

CHRISTINA GALANT

JANSEN AR.
Saak nr 56/83.
M C

Saak nr 56/83
M C

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID - AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

NATIONAL EMPLOYER'S GENERAL INSURANCE
COMPANY LIMITED Appellant

- en -

CHRISTINA GALANT ................. Respondent

Coram: JANSEN, MILLER et CILLIé ARR

Verhoor: 27 AUGUSTUS 1984.

Gelewer: 10 DESEMBER 1984.

UITSPRAAK

JANSEN AR:-

2.
Ongeveer 01hl5, 4 April 1981, het daar omtrent

23 km buite Barrydale op die pad na Ladismith 'n botsing
tussen 'n Volkswagen Kombi en 'n 4,1 liter Chevrolet-motor
plaasgevind. Die Chevrolet, bestuur deur ene Krotz,
het vanaf Barrydale en die KOmbi, bestuur deur ene Le Roux,
vanaf Ladismith gekom. Hulle het met mekaar gebots op 'n
punt waar die Chevrolet na 'n lang reguit stuk pad begin
het om 'n draai na links in te gaan, terwyl die Kombi
besig was om uit die draai te kom. 'n Insittende van die

Kombi, Christina Galant (hierna eiseres genoem) , is beseer.

Sy het later die statutê derdeparty versekeraar van die Chevrolet

(National Employer's General Insurance Co Ltd, hierna eerste

verweerder genoem) in die Landdroshof vir die Distrik

Swellendam om skadevergoeding aangespreek (die quantum

is / .............

3.

is later ingevolge ooreenkoms op Rl 500-00 gestel).
Voor die verhoor is Le Roux op aansoek van die eerste
verweerder as tweede verweerder gevoeg. Die saak is in die landdroshof gevoer op die grondslag dat beslis moes
word of die botsing te wyte was aan die nalatigheid van 6f
Le Roux òf Krotz òf albei, en indien lg die mate van skuld
("nalatigheid") van elk." Die landdros het bevind dat beide

oorsaaklik nalatig was, met Krotz se skuld 60% en Le Roux

se skuld 40% en hy het die eiseres se eis met koste gehandhaaf

Op appèl deur die eerste verweerder na die Kaapse Provinsiale
Afdeling is die landdros se bevinding bekragtig rnaar die
toerekening van skuld is omgekeer en Krotz se skuld is
op 40% gestel en dié van Le Roux op 60%. Die eerste
verweerder kom in hoër beroep met verlof van hierdie

Hof / ............

4.

Hof. (Soos in die hof a quo het Le Roux ook nie voor

ons verskyn nie. Hy het dié hof a quo verwittig dat

hy vanweë gebrek aan fondse nie sou verskyn nie en die

aanvaar dat hy in die uitspraak van die

hof a quo sou berus

Die twee voertuie het mekaar regtervoorkant teen
regtervoorkant getref, en by mekaar verby geskram. Le

Roux sê die Chevrolet was gedeeltelik aan die verkeerde
kant van die pad; Krotz sê darenteen dat dit die Kombi
was wat gedeeltelik aan die verkeerde kant was. Die
landdros het dit nie moontlik gevind om die punt van
botsing op die pad te bepaal nie en het voorts gesê:
"By oorweging van al die getuienis kan die hof dan ook nie
bevind wie aan wie se kant was nie ". Later

bevind /

5.

bevind hy egter wel dat Le Roux "waarskynlik aan sy
verkeerde kant van die pad was" en aldus nalatig was,
terwyl Krotz "wel geleentheid gehad het om die botsing
te vermy maar dit nie gedoen het nie". Die hof a quo
het wesenlik tot dieselfde gevolgtrekking geraak.
Die grondslag van die hof a quo se bevinding is Krotz se eie getuienis. Volgens hom het hy op die
reguit pad teen 100 km per uur gery. Toe hy die draai
nader, het hy sy spoed na 80 km per uur verminder.
Voorts sê hy in sy hoofgetuienis:

"Toe ek die draai nader het ek die skerp
straal van die ligte gesien. Dit was nog
agter die draai. Toe het ek die ligte
self ook gesien. Ek het my ligte 'gedim'.
Ek het ook misligte aangehad. Dit werk saam
met die 'dim' ligte.

Toe ek die ligte self sien het ek besef
die voertuig was nie aan sy regte kant nie

maar /

6.

maar 2 voet aan my kant.

Ek het probeer links gaan maar kon nie
want daar is 'n krans aan die linkerkant.
Daar was nie veel tyd vir my nie. Toe ek
probeer links toe is die botsing.

Die Kombi het my reg by rny regter voorwiel
getref en ons het bymekaar verby gekom."

Deurgaans bly hy daarby dat die Kombi se wiele 2vt oor

die wit middelstreep was - hy wys selfs die afstand uit -

en hy beaam tydens kruisondervraging dat die Kombi "die

afstand gehandhaaf [het] tot die botsing". Dit volg
natuurlik dat sy eie regterwiel dan op die oomblik van
botsing nader as 2vt aan die middellyn moes gewees het
anders sou daar geen botsing plaasgevind het nie.
Die teeroppervlakte van die pad is 6,248 meter (ongeveer
20vt) breed en aan Krotz se kant was daar ook nog 'n

gruisstrook van minstens lvt (volgens sy eie erkenning).

Die /

7.

Die Hof a quo het tereg aangeneem dat die wydte

van die Chevrolet "slightly over 5 ft, though not as

wide as 6 ft" was en dat "the Chevrolet would have had

quite a few feet to spare between its right-hand side and

the centre of the road if it was on the extreme left of

the road". Anders gestel, die Chevrolet was ten tyde

van die botsing ongeveer 3vt van die linkerrand van die

teer. Weliswaar sê Krotz op een plek tydens kruisonder=

vraging dat sy "linkervoorwiel was al oor die gruis"

toe die botsing plaasvind, maar hierdie stelling is

hoegenaamd nie te rym met die hele strekking van sy eie

getuienis of die ander getuienis nie. Die hof a quo

het dan ook tereg hierdie besonderheid van Krotz se

getuienis as onjuis beskou en nie aanvaar nie. Oor die

afstand / .........

8.
afstand tussen die voertuie toe Krotz bemerk het dat die
Kombi 2vt oor die witstreep ry, sê hy eers "25vt".
en dan "so 40 meter", maar hy wys 'n afstand van ongeveer
30 meter uit. Hy sê hy het remme aangeslaan maar "die
remrae het nie gesleep nie". Dan vervolg die kruis=
ondervraging :-

"V. Hoekom het jy hulle - die remme nie

hard aangeslaan nie ?

A. Ek het dit nie nodig gevind nie.
V. Hoekom nie ?
A. Omdat ek op my kant van dié.pad was en

alreeds na links geswaai het en gedink

het ons sal mekaar mis."

Tydens ondervraging van Krotz deur die verhoorhof,
aan die einde van sy herverhoor, blyk die volgende:-

"V. Waarom het jy nie onmiddellik links

gedraai toe jy díe kombi aan die ver=

keerde kant siennie?

A. Ek /.....

9.

A. Ek het gedink hy sal my sien en dan

oorswaai na sy baan toe.
V. Hy het dit toe nie gedoen nie ?
A. Nee.
V. As jy toe jy die kombi vir die eerste

keer gesien het links gedraai het, sou

daar 'n botsing gewees het ?
A. Nie as ek ver genoeg links gedraai het

nie."
Dit blyk baie duidelik dat nadat Krotz daarvan bewus
geword het dat die Kombi gedeeltelik oor die middellyn
ry, daar 'n stadium was dat hy dit nie nodig geag het
om enige of verdere voorsorg te neern om die gevaar te
vermy nie. In ieder geval, as hy inderdaad na links
geswenk het, het dit hom, volgens die noodwendige
implikasie van sy eie getuienis, nie meer as hoogstens
2vt van die middellyn gebring nie. Krotz het die draai

geken / .

10.

geken, hy het geweet mense is geneig om die draai te
sny, hy het besef 'n motor is aan die kom nog voor hy
die direkte strale van die ligte op 'n afstand van
30-40 meter gesien het en desondanks het hy so naby
die middellyn gebly. In die lig van die voorgaande
kan kwalik bevind word dat die hof a quo fouteer het
deur die saak soos volg in te sien :-

"I am driven to the inevitable conclusion,
looking at the evidence as a whole, that
Krotz was correctly found to have been
guilty of negligence because, as I appraise
the situation, he failed to be aware of
a dangerous situation building up in front
of him as soon as he should have. He
probably himself travelled far too close
to the centre line at a time when he should
have given way further to his left and he
furthermore failed to react as a reasonable
driver to a very dangerous situation the
rnoment he became aware of it. Even making

allowance /.........

11.

allowance for reaction time, I feel that he
had sufficient time to have attempted at
least a swerve to his left when he, on his.
own evidence, appreciated the danger and that
if he had done this, he may well have avoided
the collision or rendered the collision a
more glancing one than it was and consequently
probably a less serious one.

I come to the conclusion, therefore,
that the magistrate correctly found Krotz
to be negligent."

Weliswaar word betoog dat "die hele strekking

van Krotz se getuienis was dat daar vir hom nie die

geleentheid of die tyd was om die ongeluk te vermy nie"

en dat nadat hy gesien het die Kombi is oor die middel

van die pad, hy slegs ongeveer 1 sekonde gehad het om

die botsing te vermy. Soos egter reeds aangetoon, dui

Krotz se getuienis wel aan dat op 'n stadium hy verkeerdelik

gemeen /

12.

gemeen het dat geen verdere stappe nodig is nie; en

wát die 1 sekonde betref, kan sekerlik nie gesê word

dat die verhoorhof verkeerd is nie. Bowendien behoort

Krotz redelikerwys reeds op 'n vroeë stadium toe hy die

draai genader het en die gloed van die aankomende ligte

in die draai gesien het, verder weg van die middellyn

beweeg het.

Die appèl teen die bevinding dat Krotz

oorsaaklik nalatig was, kan nie slaag nie.

Daar is nog die appèl teen die skuldverdeling

deur die hof a quo, nl Krotz 40% en Le Roux 60%.

Dit word betoog dat Krotz se skuld minimaal was en dat

die hof a quo dit te hoog aangeslaan het. Maar as o.a

in ag geneem word dat Krotz naby die middellyn gery het

toe /.........

13.

toe hy die draai genader het en dat hy daar gebly het

ondanks die feit dat hy bewus was van 'n aankomende

voertuig, is daar weinig rede om sy skuld vergeleke met

dié van Le roux laer aan te slaan as wat die hof a quo

gedoen het. Inteendeel, die vraag kan eerder ook

gestel word of dit nie miskien hoër moes gewees het nie,

veral as die aandag ook op meer as slegs Krotz se eie

getuienis gevestig sou word. Maar hierdie aspek hoef

egter nie ondersoek te word nie: daar is geen teenappèl

deur die tweede verweerder (Le Roux) nie.

Die kostebevel van die hof a quo teen die

tweede verweerder (Le Roux) word ook aangeveg. Aangesien

die eerste verweerder daarin geslaag het om die skuld=

verdeling vir hom verbeter te kry, het die hof a quo

koste /

14.

koste teen tweede verweerder (Le Roux) toegestaan in
die volgende woorde :-

"a very, very minor part of the appeal1
has been concerned with the apportionment
against the second respondent. In my
estimation a fair award insofar as costs
are concerned is to order that the second
respondent (Le Roux) pay 5% of the appellant's
costs of appeal."

Dit word aangevoer dat die toekenning 50% moes gewees

het. Daar is egter geen genoegsame rede geopper om

in te gryp in die uitoefening van diskresie deur die

hof a quo nie.

Die appèl word afgewys met koste.

E.L. JANSEN AR.

MILLER AR.)

Stem saam.

CILLIé AR.)


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/168.html