![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
NATIONAL EMPLOYER'S GENERAL
INSURANCE COMPANY LIMITED.
- en -
CHRISTINA GALANT
JANSEN AR.
Saak nr
56/83.
M C
Saak nr 56/83
M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID - AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
NATIONAL EMPLOYER'S GENERAL INSURANCE
COMPANY LIMITED
Appellant
- en -
CHRISTINA GALANT ................. Respondent
Coram: JANSEN, MILLER et CILLIé ARR
Verhoor: 27 AUGUSTUS 1984.
Gelewer: 10 DESEMBER 1984.
UITSPRAAK
JANSEN AR:-
2.
Ongeveer 01hl5, 4 April 1981, het daar omtrent
23 km
buite Barrydale op die pad na Ladismith 'n botsing
tussen 'n Volkswagen Kombi
en 'n 4,1 liter Chevrolet-motor
plaasgevind. Die Chevrolet, bestuur deur ene
Krotz,
het vanaf Barrydale en die KOmbi, bestuur deur ene Le Roux,
vanaf
Ladismith gekom. Hulle het met mekaar gebots op 'n
punt waar die Chevrolet na
'n lang reguit stuk pad begin
het om 'n draai na links in te gaan, terwyl die
Kombi
besig was om uit die draai te kom. 'n Insittende van die
Kombi, Christina Galant (hierna eiseres genoem) , is beseer.
Sy het later die statutê derdeparty versekeraar van die Chevrolet
(National Employer's General Insurance Co Ltd, hierna eerste
verweerder genoem) in die Landdroshof vir die Distrik
Swellendam om skadevergoeding aangespreek (die quantum
is / .............
3.
is later ingevolge ooreenkoms op Rl 500-00 gestel).
Voor die verhoor is Le
Roux op aansoek van die eerste
verweerder as tweede verweerder gevoeg. Die
saak is in die landdroshof gevoer op die grondslag dat beslis moes
word of
die botsing te wyte was aan die nalatigheid van 6f
Le Roux òf Krotz
òf albei, en indien lg die mate van skuld
("nalatigheid") van elk."
Die landdros het bevind dat beide
oorsaaklik nalatig was, met Krotz se skuld 60% en Le Roux
se skuld 40% en hy het die eiseres se eis met koste gehandhaaf
Op appèl deur die eerste verweerder na die Kaapse
Provinsiale
Afdeling is die landdros se bevinding bekragtig rnaar
die
toerekening van skuld is omgekeer en Krotz se skuld is
op 40% gestel
en dié van Le Roux op 60%. Die eerste
verweerder kom in hoër
beroep met verlof van hierdie
Hof / ............
4.
Hof. (Soos in die hof a quo het Le Roux ook nie voor
ons verskyn nie. Hy het dié hof a quo verwittig dat
hy vanweë gebrek aan fondse nie sou verskyn nie en die
aanvaar dat hy in die uitspraak van die
hof a quo sou berus
Die twee voertuie het mekaar regtervoorkant teen
regtervoorkant getref, en
by mekaar verby geskram. Le
Roux sê die Chevrolet was gedeeltelik aan die verkeerde
kant van die
pad; Krotz sê darenteen dat dit die Kombi
was wat gedeeltelik aan die
verkeerde kant was. Die
landdros het dit nie moontlik gevind om die punt
van
botsing op die pad te bepaal nie en het voorts gesê:
"By
oorweging van al die getuienis kan die hof dan ook nie
bevind wie aan wie se
kant was nie ". Later
bevind /
5.
bevind hy egter wel dat Le Roux "waarskynlik aan sy
verkeerde kant van die
pad was" en aldus nalatig was,
terwyl Krotz "wel geleentheid gehad het om die
botsing
te vermy maar dit nie gedoen het nie". Die hof a quo
het
wesenlik tot dieselfde gevolgtrekking geraak.
Die grondslag van die hof
a quo se bevinding is Krotz se eie getuienis. Volgens hom het hy
op die
reguit pad teen 100 km per uur gery. Toe hy die draai
nader, het hy
sy spoed na 80 km per uur verminder.
Voorts sê hy in sy
hoofgetuienis:
"Toe ek die draai nader het ek die skerp
straal van die ligte gesien. Dit
was nog
agter die draai. Toe het ek die ligte
self ook gesien. Ek het my
ligte 'gedim'.
Ek het ook misligte aangehad. Dit werk saam
met die 'dim'
ligte.
Toe ek die ligte self sien het ek besef
die voertuig was nie aan sy regte
kant nie
maar /
6.
maar 2 voet aan my kant.
Ek het probeer links gaan maar kon nie
want daar is 'n krans aan die
linkerkant.
Daar was nie veel tyd vir my nie. Toe ek
probeer links toe is
die botsing.
Die Kombi het my reg by rny regter voorwiel
getref en ons het bymekaar
verby gekom."
Deurgaans bly hy daarby dat die Kombi se wiele 2vt oor
die wit middelstreep was - hy wys selfs die afstand uit -
en hy beaam tydens kruisondervraging dat die Kombi "die
afstand gehandhaaf [het] tot die botsing". Dit volg
natuurlik dat sy eie
regterwiel dan op die oomblik van
botsing nader as 2vt aan die middellyn moes
gewees het
anders sou daar geen botsing plaasgevind het nie.
Die
teeroppervlakte van die pad is 6,248 meter (ongeveer
20vt) breed en aan Krotz
se kant was daar ook nog 'n
gruisstrook van minstens lvt (volgens sy eie erkenning).
Die /
7.
Die Hof a quo het tereg aangeneem dat die wydte
van die Chevrolet "slightly over 5 ft, though not as
wide as 6 ft" was en dat "the Chevrolet would have had
quite a few feet to spare between its right-hand side and
the centre of the road if it was on the extreme left of
the road". Anders gestel, die Chevrolet was ten tyde
van die botsing ongeveer 3vt van die linkerrand van die
teer. Weliswaar sê Krotz op een plek tydens kruisonder=
vraging dat sy "linkervoorwiel was al oor die gruis"
toe die botsing plaasvind, maar hierdie stelling is
hoegenaamd nie te rym met die hele strekking van sy eie
getuienis of die ander getuienis nie. Die hof a quo
het dan ook tereg hierdie besonderheid van Krotz se
getuienis as onjuis beskou en nie aanvaar nie. Oor die
afstand / .........
8.
afstand tussen die voertuie toe Krotz bemerk het dat die
Kombi 2vt
oor die witstreep ry, sê hy eers "25vt".
en dan "so 40 meter", maar hy
wys 'n afstand van ongeveer
30 meter uit. Hy sê hy het remme aangeslaan
maar "die
remrae het nie gesleep nie". Dan vervolg die kruis=
ondervraging
:-
"V. Hoekom het jy hulle - die remme nie
hard aangeslaan nie ?
A. Ek het dit nie nodig gevind nie.
V. Hoekom nie ?
A. Omdat ek op my
kant van dié.pad was en
alreeds na links geswaai het en gedink
het ons sal mekaar mis."
Tydens ondervraging van Krotz deur die verhoorhof,
aan die einde van sy
herverhoor, blyk die volgende:-
"V. Waarom het jy nie onmiddellik links
gedraai toe jy díe kombi aan die ver=
keerde kant siennie?
A. Ek /.....
9.
A. Ek het gedink hy sal my sien en dan
oorswaai na sy baan toe.
V. Hy het dit toe nie gedoen nie ?
A.
Nee.
V. As jy toe jy die kombi vir die eerste
keer gesien het links gedraai het, sou
daar 'n botsing gewees het ?
A. Nie as ek ver genoeg links gedraai het
nie."
Dit blyk baie duidelik dat nadat Krotz daarvan bewus
geword het
dat die Kombi gedeeltelik oor die middellyn
ry, daar 'n stadium was dat hy
dit nie nodig geag het
om enige of verdere voorsorg te neern om die gevaar
te
vermy nie. In ieder geval, as hy inderdaad na links
geswenk het, het
dit hom, volgens die noodwendige
implikasie van sy eie getuienis, nie meer as
hoogstens
2vt van die middellyn gebring nie. Krotz het die draai
geken / .
10.
geken, hy het geweet mense is geneig om die draai te
sny, hy het besef 'n
motor is aan die kom nog voor hy
die direkte strale van die ligte op 'n
afstand van
30-40 meter gesien het en desondanks het hy so naby
die
middellyn gebly. In die lig van die voorgaande
kan kwalik bevind word dat die
hof a quo fouteer het
deur die saak soos volg in te sien :-
"I am driven to the inevitable conclusion,
looking at the evidence as a
whole, that
Krotz was correctly found to have been
guilty of negligence
because, as I appraise
the situation, he failed to be aware of
a dangerous
situation building up in front
of him as soon as he should have.
He
probably himself travelled far too close
to the centre line at a time
when he should
have given way further to his left and he
furthermore
failed to react as a reasonable
driver to a very dangerous situation
the
rnoment he became aware of it. Even making
allowance /.........
11.
allowance for reaction time, I feel that he
had sufficient time to have
attempted at
least a swerve to his left when he, on his.
own evidence,
appreciated the danger and that
if he had done this, he may well have
avoided
the collision or rendered the collision a
more glancing one than
it was and consequently
probably a less serious one.
I come to the conclusion, therefore,
that the magistrate correctly found
Krotz
to be negligent."
Weliswaar word betoog dat "die hele strekking
van Krotz se getuienis was dat daar vir hom nie die
geleentheid of die tyd was om die ongeluk te vermy nie"
en dat nadat hy gesien het die Kombi is oor die middel
van die pad, hy slegs ongeveer 1 sekonde gehad het om
die botsing te vermy. Soos egter reeds aangetoon, dui
Krotz se getuienis wel aan dat op 'n stadium hy verkeerdelik
gemeen /
12.
gemeen het dat geen verdere stappe nodig is nie; en
wát die 1 sekonde betref, kan sekerlik nie gesê word
dat die verhoorhof verkeerd is nie. Bowendien behoort
Krotz redelikerwys reeds op 'n vroeë stadium toe hy die
draai genader het en die gloed van die aankomende ligte
in die draai gesien het, verder weg van die middellyn
beweeg het.
Die appèl teen die bevinding dat Krotz
oorsaaklik nalatig was, kan nie slaag nie.
Daar is nog die appèl teen die skuldverdeling
deur die hof a quo, nl Krotz 40% en Le Roux 60%.
Dit word betoog dat Krotz se skuld minimaal was en dat
die hof a quo dit te hoog aangeslaan het. Maar as o.a
in ag geneem word dat Krotz naby die middellyn gery het
toe /.........
13.
toe hy die draai genader het en dat hy daar gebly het
ondanks die feit dat hy bewus was van 'n aankomende
voertuig, is daar weinig rede om sy skuld vergeleke met
dié van Le roux laer aan te slaan as wat die hof a quo
gedoen het. Inteendeel, die vraag kan eerder ook
gestel word of dit nie miskien hoër moes gewees het nie,
veral as die aandag ook op meer as slegs Krotz se eie
getuienis gevestig sou word. Maar hierdie aspek hoef
egter nie ondersoek te word nie: daar is geen teenappèl
deur die tweede verweerder (Le Roux) nie.
Die kostebevel van die hof a quo teen die
tweede verweerder (Le Roux) word ook aangeveg. Aangesien
die eerste verweerder daarin geslaag het om die skuld=
verdeling vir hom verbeter te kry, het die hof a quo
koste /
14.
koste teen tweede verweerder (Le Roux) toegestaan in
die volgende woorde
:-
"a very, very minor part of the appeal1
has been concerned with
the apportionment
against the second respondent. In my
estimation a fair
award insofar as costs
are concerned is to order that the
second
respondent (Le Roux) pay 5% of the appellant's
costs of
appeal."
Dit word aangevoer dat die toekenning 50% moes gewees
het. Daar is egter geen genoegsame rede geopper om
in te gryp in die uitoefening van diskresie deur die
hof a quo nie.
Die appèl word afgewys met koste.
E.L. JANSEN AR.
MILLER AR.)
Stem saam.
CILLIé AR.)
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/168.html