SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 16

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


S v Yengwa And Onother (8/1984) [1984] ZASCA 16 (19 March 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING) In die saak tussen:

FRANK YENGWA Eerste Appellant

SAMSON ZIGA Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent
Coram: TRENGOVE, CILLIé ARR et SMUTS Wn AR Verhoor: 1 Maart 1984 Gelewer: 19 Maart 1984

UITSPRAAK

CILLIé, AR :

Teen ongeveer twee-uur Donderdag-

middag, 19 November 1981, was mev Hilda Burns van

Bayleystraat ...... / 2

2

Bayleystraat, Farrarmere, Benoni, in haar voortuin

besig om aan haar tuinier opdragte te gee toe sy die

straathek van haar perseel hoor oopgaan. Sy het 'n

besoek van haar dogter verwag; toe sy egter opkyk

sien sy nie haar dogter by die hek inkom nie maar

een Swartman wat die hek oopmaak sodat 'n ander met

haar blou Valiant motor agteruit in Bayleystraat kon

uitry. Enkele oomblikke tevore nog, dit het sy ge-
weet, het haar motor toegesluit in die motorhuis ge-

staan; die deur van die motorhuis was oop gewees.

Die tuinier het onraad gemerk en
oor die heining gespring maar net gesien hoedat die
motor wegry. Feitlik terselfdertyd het sersant
Goosen en speurder-adjudant-offisier Stieler van die

Suid-Afrikaanse / 3

3

Suid-Afrikaanse Polisie toevallig per motor uit die teenoorgestelde rigting daar verbygekom. Die tuinier het hulle voorgekeer en vertel dat die Valiant ge-steel is. Die polisiemanne het onmiddellik omgedraai en die diewe agtervolg. Die Valiant het uit Bayley-straat in Kaystraat afgedraai. Toe die twee polisie-manne by die afdraaistraat kom, kon hulle die Valiant glad nie sien nie. Hulle het die omgewing gepatrol-leer en die motor een keer opgemerk maar weer uit die oog verloor. Hulle het volgehou met die soektog en uiteindelik die twee appellante in hegtenis geneem by die Valiant wat toe in Sunnysideweg langs die gholfbaan gestaan het. Die polisiemanne het geskat
dat die agtervolging twee tot drie kilometer ver was

en .... / 4

4

en vyf minute, of 'n bietjie langer, geduur het.

Die appellante en die motor is na die polisiestasie

geneem. Ongeveer halfses dieselfde middag is die
Valiant aan mev Burns terugbesorg. Die enigste

skade aan die motor was die stroomskakelaar wat ge-

breek was. 'n Skroewedraaier wat die diewe gebruik

het, het in die motor agtergebly.

Die appellante het mettertyd

in die Streekhof in Benoni op 'n aanklag van motor-
diefstal tereggestaan en is albei skuldig bevind.
Die eerste appellant is 'n vonnis van vier jaar ge-
vangenisstraf opgelê en die tweede appellant een van
ses jaar gevangenisstraf. Hulle het na die Trans-
vaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof

geappelleer .... / 5

5

geappelleer maar hulle appelle is afgewys. Toe

hulle verlof verleen is om na hierdie Hof in hoër

beroep teen hulle skuldigbevindings en vonnisse te

kom, het die belese regter gesê:

"Mr. Selbst, on behalf of the appel-lants has asked for leave to appeal to the Appellate Division. I am of the view that this is a matter where leave should be granted, more particularly because there was a reservation in the mind of the magis-trate, as there is in my mind, that the police may have been guilty of certain irregularities in the in-vestigation and that this may affect the question of conviction."

Hierdie bedenkings, of "reservations",is na my mening

van besondere belang.

Die eerste sodanige bedenking het .... / 6

6

het betrekking op die kernvraag in die saak, naam-

lik, presies waar die twee polisiemanne die twee

appellante aangetref en in hegtenis geneem het.

Die getuienis van sers Goosen en adjt-off Stieler

is dat toe hulle in Sunnysideweg gekom het, hulle

gesien het hoedat die Valiant hulle van voor af
nader. Hulle het die aankomende motor voorgekeer
en toe dit in die straat langs die gholfbaan tot
stilstand kom, was die twee appellante in die voor-
ste sitplekke; hulle is beveel om uit te klim en
daar is hulle toe in hegtenis geneem. Indien
hierdie getuienis aanvaar word en die appellante
nie 'n geloofwaardige verklaring en verskoning van
hulle teenwoordigheid in die motor verstrek het nie,

kan .... / 7

7

kan dit tereg uit al die omstandighede afgelei word
dat hulle die motor gesteel het. Maar hulle be-

twis hierdie getuienis van die polisiemanne.

Die appellante het getuig dat

hulle uit die omgewing van Johannesburg na Benoni
gekom het op soek na 'n kennis wat by die gholfbaan
gewerk het. Van die werkers by die baan het hulle
verneem dat hierdie persoon tydelik afwesig was.
Hulle het weggestap om na hom te gaan soek. Naby
Sunnysideweg wou die tweede appellant hom ontlas en
hy het vir die doel na 'n klompie bome aan die kant
van die baan geloop. Die eerste appellant het
naby die straat vir hom gaan staan en wag. 'n

Motor het vinnig aangekom en naby hom stilgehou;

twee .... / 8

8

twee Swartmans het uit die motor gespring, oor die
draad langs die baan gespring en weggehardloop.
'n Oomblik daarna het die polisie opgedaag. Die
eerste appellant is gevra wat hy daar maak. Hy
het gesê hy wag vir die tweede appellant en het sy
vriend aan die polisie uitgewys. Toe hy verder
wou verduidelik is hy stilgemaak, sê hy. Die
polisie het albei in hegtenis geneem.

Hierdie storie mag onoortuigend
voorkom omdat dit so toevallig klink, maar die
toevalligheid is nie enigsins groter of die getuie-
nis meer onwaarskynlik as in die geval van die in-
sident wat wel voorgekom het en aanvaar word nie,
naamlik dat die polisiemotor by mev Burns se huis

verbygery .... / 9

9

verbygery het feitlik net toe die Valiant gesteel

word. Hoe dit ook sy, as dit uit al die omstandig-

hede sou blyk dat die appellante se getuienis rede-

lik moontlik waar kan wees dan het die staat nie

daarin geslaag om bo redelike twyfel te bewys dat

die appellante op hierdie getuienis met die ge-

steelde motor verbind kan word nie. Die volgende

feite verskaf 'n rede waarom die polisiemanne se
getuienis oor hierdie belangrike aspek in twyfel

getrek kan word.

Die getuies was dit eens dat
die eerste appellant in die loop van die middag
of die aand 'n vry ernstige steekwond hoog en agter
aan sy regterarm opgedoen het. Hy het getuig dat

hy.../ 10

10

hy só beseer is terwyl hy deur sers Goosen by die polisiekantore ondervra is. Die sersant wou hom skrikmaak sodat hy sou erken dat hy die motor ge-steel het. Hy het 'n mes rondgeswaai toe hy die eerste appellant per ongeluk in die arm raakge-steek het. Volgens sers Goosen weer het die eer-

ste appellant by die inhegtenisneming in die Valiant
'n mes uitgepluk. Hy, Goosen, wou die mes van hom
afneem en in die worsteling wat toe ontstaan het,
is die eerste appellant gewond terwyl die mes nog
in sy eie hand was. Die sersant is noukeurig oor
die voorval ondervra en versoek om te demonstreer
hoe dit alles gebeur het. Hy kon die landdros
nie oortuig dat die eerste appellant beseer kon

word .... / 11

11

word soos hy getuig en gedemonstreer het nie.

Inderdaad is bevind dat dit onmoontlik is dat die
eerste appellant die wond kon opgedoen het soos

sers Goosen getuig het.

In verband met die verwonding
van die eerste appellant sê die landdros in sy
uitspraak:

"As Goosen 'n enkelgetuie was, sou die hof uit versigtigheidsoorwegings nie sy getuienis aanvaar het nie."

Adjt-off Stieler wat sers Goosen wel oor die appel-
lante se inhegtenisneming in die motor korroboreer,
gee verwarrende getuienis oor die verwonding.

Eers verklaar hy dat hy die
worsteling tussen sers Goosen en die eerste appellant

nie .... / 12

12

nie opgemerk het nie en vervolg, " ... net na die

arrestasie het ek gesien hy bloei." Maar in ant-

woord op vrae of dit moontlik is dat die eerste

appellant die wond eers by die polisiestasie opge-

doen het, hou hy vol met die woorde: "Dit kan wees."

Hy getuig verder dat die eerste appellant wat teen

14h30 na die polisiestasie gebring is, daar "baie
gebloei" het. Teen ongeveer 19h00 het hy hom vir
behandeling na die hospitaal geneem. Sy verdui-
deliking waarom hy dit nie vroeër gedoen het nie,
was dat een van die ander polisiemanne hom na die
brandweerstasie vir noodhulp geneem het. Blyk-
baar is die bloeding nie stopgesit nie. Al hier-
die getuienis is nie genoegsaam om 'n hof bo redelike

twyfel ....../ 13

13

twyfel te laat bevind dat die verwonding in die
gesteelde motor plaasgevind het nie, veral as ver-
der gelet word op die landdros se bevinding met be-
trekking tot adjt-off Stieler se getuienis oor die
inhegtenisneming. Dit lui soos volg:

"Die eienaardige van die getuie Stieler, is dat hy, wat nie die be-stuurder van die voertuig was nie, redes kan verstrek waarom die be-stuurder van die voertuig 'n bepaalde gedragspatroon gevolg het, terwyl die bestuurder van die voertuig, Goosen, self geen redes daarvoor kon verstrek nie. Stieler is klaarblyklik 'n gesoute polisie-beampte en 'n gesoute getuie. Die probleem is egter dat sy getuienis, as die hof dit ontleed, inligting bevat wat 'n mens eintlik sou verwag het, net deur Goosen gegee kon ge-wees het. Die getuie se getuie-nis, soos die hof hier probeer uit-lig het, is ook vir baie kritiek

vatbaar .... / 14

14

vatbaar."

Hierteenoor het die landdros
die volgende waardebepalings van die appellante
as getuies gedoen.

"Beskuldigde (appellant) nommer 1 het 'n heel goeie indruk op die Hof gemaak as 'n getuie. Hy het vrae wat aan hom gerig was, bevredigend beantwoord. Daar is een aspek in sy getuienis wat ook moontlik vermelding verdien, en dit is die wyse waarop hy antwoord, as hy ondervra word. Hy is baie ver-sigtig."

Die landdros stel die vraag waarom hy dan so ver-
sigtig sou wees. Die rede vir die vraag word nie
verstrek en geen ongunstige afleiding word gemaak
nie. Met betrekking tot die tweede appellant ver-
strek die landdros die volgende bevinding:

"Geen .... / 15

15

"Geen nadelige kritiek kan eintlik teen beskuldigde nommer 2 se weer-gawe ingebring word nie, of dan teen sy houding as 'n getuie nie, en teen sy getuienis as sulks nie. Hy het ook al die vrae bevredigend beant-woord wat aan hom gestel word (is?)."

Weens die botsing van die staat

se getuienis en dié van die verdediging het die

landdros hom gewend tot die waarskynlikhede van die
saak. So'n benadering mag help om 'n beslissing
te bereik maar twee aangeleenthede moet nie uit
die oog verloor word nie. Die eerste is dat die
staat nog die skuld van die appellante bo redelike
twyfel moet bewys, en die tweede dat al die getuie-
nis wat moontlik aanvaarbaar is, by die oorweging

van waarskynlikhede in ag geneem moet word.

Die ...... / 16

16

Die eerste waarskynlikheid -of onwaarskynlikheid - wat deur die landdros ge-noem word, is dat die polisie enige motief sou ge-had het om die appellante valslik te beskuldig en "sommer tromp-op te loop en te arresteer". Hier word uit die oog verloor dat, volgens die verde-diging se saak, die insittendes van die motor reeds weg was toe die polisie opdaag en dat hulle, die appellante, toe die naaste aan die gesteelde motor was. Vervolgens stel die landdros die vraag waarom die diewe sou stilgehou het as dit nie was dat die polisie hulle voorgekeer het nie. Daar is, uit die aard van die saak, geen getuienis oor
hierdie aangeleentheid nie. As daar dan gegis

moet .... / 17

17

moet word oor 'n rede waarom hulle sou stilhou,

kan die moontlikheid wel geopper word dat die

diewe bewus was van die agtervolging, gevrees het

dat die polisie hulle gaan vastrek en toe gesoek
het na 'n oop, onbeboude en onbewoonde plek waar
hulle kon ontsnap, en so'n plek by die gholf-

baan gevind het.

'n Verdere aangeleentheid wat

sowel deur die landdros as deur die Provinsiale
Appèlhof genoem is, is die ongunstige afleiding
wat gemaak kan word van die feit dat die appellante
nie onmiddellik hulle onskuld aan die polisie be-
tuig het nie. In hierdie verband is die eerste
appellant se getuienis nie in ag geneem nie. Sy

getuienis .... / 18

18

getuienis was, soos reeds vermeld, dat die polisie

hom gevra het wat hy daar doen en dat hy gesê het

hy wag vir sy vriend, sy vriend uitgewys het en

stilgemaak is too hy verder wou verduidelik.
Volgens die appellante is hulle nie meegedeel
waaroor hulle aangehou word nie. Gedagtig aan

die maatstawwe wat toegepas moet word, kan die
verdedigingsgetuienis in hierdie omstandighede
na my mening nie verwerp word as synde nie redelik
moontlik waar nie.

Die Provinsiale Appelhof was
van mening dat die landdros nie genoeg waarde ge-
heg het aan die getuienis van adjt-off Motladi nie.
Hierdie polisieman het getuig dat hy 'n verklaring

van .... / 19

19

van die tweede appellant afgeneem het, en dat die
appellant se vingerafdrukke op die dokument ver-

skyn. Die verklaring lui soos volg.

"I deny the allegation against me. I was arrested in side the alleged stolen motor car. I dont know to whom the car belong. I am from Soweto. I visited my sister here in Benoni. I dont know where she is working nor staying."

Die tweede appellant het ontken dat hy die verkla-
ring afgelê het en dat adjt-off Motladi sy vinger-
afdrukke geneem het.

Die volgende aspekte van die
verklaring en die afneem daarvan verdien kommen-
taar. Adjt-off Stieler het getuig dat hy die
aand na die inhegtenisneming adjt-off Motladi

opdrag .... / 20

20

opdrag gegee het om die twee appellante "aan te
kla, hulle vingerafdrukke te neem, waarskuwings-
verklarings te neem, ensovoorts." Om eenuur die
volgende oggend het adjt-off Motladi die tweede

appellant uit die selle gaan haal en na die aan-
klagtekantoor geneem. Daar, sê hy, is die ver-
klaring afgeneem. Die Provinsiale Appelhof sê
hiervan:

"Now, it is true that the hour in which the statement was taken causes certain concern."

Hierdie besorgdheid neem toe in die lig van die
volgende betrokke aangeleenthede.

Adjt-off Motladi het getuig
dat hy geen vrae oor die inhoud van die verklaring

aan .... / 21

21

aan die tweede appellant gestel het nie. Uit

antwoorde op die landdros se vrae aan die polisie-
man het dit ook geblyk dat hy die tweede appel-

lant nie gevra het om teenstrydighede of onduide-

likhede reg te stel nie. In die eerste sin ont-
ken die verklaarder skuld, maar in die tweede
plaas hy homself in die gesteelde motor. In
die omstandighede van hierdie saak is die eerste
twee sinne sonder 'n verduideliking teenstrydig.
Indien die verklaring wel gemaak is, is die moont-
likheid van 'n fout of weglating nie uitgesluit

nie.

Die volgende opmerkings gaan

oor die derde sin in die verklaring. Dit lui:

"I.../ 22

22

"I dont know to whom the car belong."

Die polisieman het verklaar dat die tweede appel-

lant nooit gesê het dat hy nie weet aan wie die
motor behoort het nie. Die verdedigingsadvokaat

het die derde sin in die verklaring aan hom uit-

gewys en daarna het hy volgehou dat die tweede
appellant wel die woorde gebruik het. Sowel die

landdros as die advokaat het die getuie om 'n ver-
duideliking van die ommekeer gevra. Uiteindelik
was sy woorde:

"Edelagbare, daardie punt het my ontgaan toe ek dit gesê het."

As hy bedoel het dat hy vergeet het, is die ant-
woord vreemd want, toe hy die verklaring ingedien
het, is dit deur die tolk in die hof uitgelees.

Ten ...... / 23

23

Ten slotte: Die verklaring is nie deur die tweede appellant onderteken nie. Adjt-off Motladi is hieroor ondervra en hy het getuig dat die tweede appellant aan hom gesê het hy kan nie skryf nie. Dit is toe aan die getuie gestel dat die tweede appellant wel kan skryf en sy naam kan teken maar die reaksie was 'n herhaling van die vorige getuienis. Toe die tweede appellant getuig het is dit nie aan hom gestel dat hy nie kan skryf nie en is hy nie gevra om te wys dat hy dit wel kan doen nie.

Na my mening was die getuie,
adjt-off Motladi, so onbetroubaar en die genoemde
omstandighede met betrekking tot die verklaring

en .... / 24

24

en die afneem daarvan so onbevredigend, dat die

verklaring nie as steun vir die staatsaak aangaan-

de die inhegtenisneming van die appellante in die

motor kan dien nie.

Uit die getuienis blyk dit dat

daar geen ondersoek na die teenwoordigheid van

vreemde vingerafdrukke op of in die gesteelde mo-

tor gedoen is nie. Nadat die motor laat die mid-
dag aan die eienares terugbesorg is, sou 'n onder-
soek waarskynlik nutteloos gewees het. Daar kan
nie gegis word oor wat 'n tydige ondersoek sou op-
gelewer het nie en daar kan ook geen gevolgtrekking,

gunstig of ongunstig vir die appellante, oor hierdie

versuim wees nie. Dit is slegs nog 'n onbevredigende

aspek .... / 25

25

aspek van die polisieondersoek.

'n Beskouing van al die getuie-

nis en die gebreke daarin, en van al die waarskyn-

likhede en onwaarskynlikhede in die saak, dwing my

tot die gevolgtrekking dat die staat nie daarin ge-

slaag het om bo redelike twyfel te bewys dat die

twee appellante in die gesteelde motor in hegtenis
geneem is nie. Daar is ook geen ander betroubare
getuienis wat bo redelike twyfel aantoon dat hulle
'n onregmatige verbintenis met die gesteelde motor
gehad het nie. Daarom moes, myns insiens, die

landdros hulle onskuldig bevind het en moet hulle
appelle slaag.

Die appelle van albei appellante slaag .... / 26

26

slaag. Hulle skuldigbevindings en vonnisse word ter syde gestel.

P M CILLIé, AR

TRENGOVE, AR ) Stem saam SMUTS, Wn AR )


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/16.html