SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 156

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Greyling v Iscor (233/83) [1984] ZASCA 156 (29 November 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


SAAK NR. 233/83
/CCC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

J M GREYLING APPELLANT

en

ISCOR RESPONDKNT

Coram: WESSELS, JANSEN ARR et ELOFF Wnde AR

Verhoor: 6 November 1984

Gelewer: 29 November 1984

UITSPRAAK

ELOFF, Wnde AR/

2.

ELOFF, Wnde AR:

Hierdie appèl vind sy herkoms in 'n

siviele geding wat die appellant (eiser) teen die

respondent (verweerder) in die Landdroshof van

Postmasburg ingestel het. Sy eise het voortgespruit

uit sy diensverhouding met die verweerder, by wie hy

van 22 September 1976 tot 30 April 1977 in diens was

Slegs een van sy eise is tans ter sprake. Dit was

vir betaling van die som van R578, synde deel van die

eiser se loon vir die maand van April 1977, betaling

waarvan die verweerder met diensbeëindiging weerhou

het. In antwoord op die dagvaarding het, die ver-

weerder 'n pleit asook 'n teeneis liaseer. Die teeneis

het/ ........

3.

het twee eise gestel. Die eerste daarvan het gesen-

treer om die bewering dat terwyl die eiser by die ver-

weerder in diens was, hy vir meer dae met siekteverlof

afwesig was as wat hy op geregtig was, en dat hy nieteen-

staande sy volle loon ontvang het. Die bedrag van

die beweerde oorbetaling was R743,60, dit wil sê, R165,60

meer dan eiser se eis. Die verweerder het toegegee

dat hy teenoor eiser die bedrag van R578 verskuldig ge-

word het ten opsigte van April 1977 se loon, en hy het

betaling van die verskil van Rl65,60 van die eiser geëis

Die tweede eis was vir betaling van die bedraq van

R296,33 uit hoofde van 'n promesse vir R800 wat die

eiser op 24 September 1976 ten gunste van die verweerder

geteken het. Die promesse is aan die verweerder

oorhandig/......
4.
oorhandig in terme van 'n ooreenkoms waarkragtens
die verweerder finansiële bystand aan die eiser sou
verleen ten einde laasgenoemde in staat te stel om
sy meubels na sy werksplek te laat vervoer. Die
ooreenkoms het onder meer bepaal dat die bedrag van
enige balans verskuldig aan die verweerder in terme
van die promesse ten volle betaalbaar sou wees indien
sy dienste by laasgenoemde beeindig word vir redes
ander dan dood, of dat die eiser ongeskik raak vir
werk, of dat verweerder besluit op 'n vermindering van
personeel. Volgens die teeneis het geeneen van dié
omstandighede voorgeval toe eiser in April 1977 uit
die verweerder se diens getree het nie, en het die
volle bedrag uitstaande in terme van die promesse

verskuldig/
5.
verskuldig geword. Die verweerder het beweer dat

die eiser geregtig was op sekere krediete (die be-

sonderhede daarvan is nie nou ter sake nie) latende

'n balans van R296,33. In sy pleit het die verweerder

onder meer beweer dat die eiser se eis deur skuld-

vergelyking op grond van die twee gemelde eise gedelg

is. Ek sal later meer in besonder die formulering van

die eise in rekonvensie en die getuienis wat daaromtrent

gelei is, bespreek.

Die uitslag van die geding in die land-

droshof was dat die twee genoemde eise in rekonvensie

bewese bevind is, en dat die pleit van skuldvergelyking

geslaag het. Na 'n onsuksesvolle appèl na die

Noordkaapse/ .......

6.

Noordkaapse Provinsiale Afdeling, wat vervolgens

verlof tot verdere appèl geweier het, kom die eiser

in hoër beroep na hierdie hof nadat verlof in terme

van artikel 21(3)(a) van Wet 59 van 1959 verleen is

Die kwessie wat allereers oorweging

verg, is of die hof a quo en die landdros korrek was

in hulle gevolgtrekking dat die eerste teeneis vir

R743,60 gegrond was. Vir doeleindes van sy betoog

het die eiser se advokaat toegegee dat aan die eiser

siekteverlof vir 39 dae meer as sy regmatige aanspraak

toegestaan is, maar hy het dit bevraagteken of die

verweerder regsgronde gehad het vir die verhaal van

lone wat in die tyd aan die eiser betaal was. Die

basis/ ........

7.

basis van die betrokke eis is soos volg in die teen-
eis uiteengesit -

"Die Eiser het volle besoldiging vir sy
afwesigheid van diens vir die tydperk
in paragraaf 4 hierbo, ontvang en in
terme van die genoemde verlofregulasies,
alternatiewelik by uitdruklik, alternatiewe-
lik stilswyende ooreenkoms tussen die
partye verder alternatiewelik kragtens
die Gemene Reg is verweerder geregtig
op terugbetaling van besoldiging wat
deur Eiser ontvang is, ten opsigte
van 'n tydperk van 39 dae. "

Ten aansien van die eerste van die gronde
van sy eis , naamlik die bepalings van die verweerder
se verlofregulasies, het die verweerder aan sy nadere
besonderhede afskrifte geheg van wat na bewering die
verweerder se verlofregulasies was, sonder dat hy

enige/
8.
enige besondere een van die regulasies identifiseer

het as die wat die beweerde reg tot "terugbetaling

van besoldiging daarstel", en sonder om uiteen te sit

wat, na bewering, die status van die regulasies is.

Tydens die verhoor het ene Loock, 'n amptenaar in diens

van die verweerder wat in beheer was van sy rekords ,

onder andere die brief van verweerder se aanstelling

as 'n bewysstuk ingehandig- Dit wil van die bewoording

daarvan voorkom dat die verweerder se verlofregulasies

deel was van die eiser se diensvoorwaardes. Loock het

ook afskrifte van die betrokke regulasies ingehandig as

bewysstukke. Hy het egter ook nie verwys na enige

spesifieke regulasie wat die reg daarstel waarop die

verweerder/ ........

9.

verweerder hom in sy teeneis verlaat het nie.
In sy uitspraak het die landdros nie 'n regulasie ge-
noem wat 'n verhaalsreg inhou soos voorgestaan in die
teeneis nie; en die uitspraak van die hof a quo ver-
meld ook nie so 'n regulasie nie. Tydens betoog voor ons
is die verweerder se advokaat gevra om te sê watter
regulasie hy hom spesifiek op verlaat. Hy het regulasie
27 aangehaal, wat soos volg lui -

"LEAVE GRANTED IN EXCESS:

27. In the event of any leave being granted
to and taken by an employee in excess of
the amount permissible under these regula-
tions, such leave granted in excess shall
be deducted from that employee's subsequent
leave."

Ek dink self dat die regulasie die naaste kom aan

die/ .......

10.

die daarstelling van 'n reg ingeval 'n werknemer van

die verweerder meer siekteverlof ontvang as wat hy op

geregtig is. Dit sal egter gesien word dat dit

slegs die beperkte reg skep om,waar 'n werknemer

siekverlof toegeken word vir meer dan wat voorgeskryf

word, 'n regstelling te laat doen ten opsigte van siekte-

verlof wat later verwerf word. Dit behandel nie 'n

situasie soos die onderhawige nie, waar die werknemer

se diensverhouding beëindíg word voordat hy 'n voldoende

aanspraak op verdere siekteverlof verkry het. Die regulasies

skyn geen voorsiening te maak vir 'n geval soos dié

tans onder bespreking nie.

Die vraag is tydens redenasie in hierdie

hof/ ........

11.

hof geopper of dit nie implisiet is in regulasie
27 dat ingeval 'n werknemer se diensverhouding be-
ëindig word voordat- hy voldoende siekteverlof verwerf
om die oortoekenning uit te wis, hy 'n proporsionele
terugbetaling moet maak van die lone wat hy ontvang
het. Die antwoorde, myns insiens, is dat so 'n
impl ikasie nie gepleit. is nie, en dat dit in ieder
geval nie moontlik is om te sê dat dit 'n noodwendige
implikasie van die regulasie is nie. Ek kom tot die
gevolgtrekking dat die verweerder nie getoon het dat
sy eerste teeneis in sy verlofregulasies gefundeer
kan word nie .

Ek wend my vervolgens na die bewering

in/

12.

in die teeneis dat: daar 'n bepaling in die partye
se ooreenkoms was wat die verweerder die reg onder behande-
ling gee. Dit het uit die dokumentasie wat as bewys-
stukke voor die landdros geplaas was geblyk dat die
eiser se aanstelling geskied het na 'n skriftelike
aansoek gevolg deur brief van aanstelling . Daar
was geen suggestie van 'n mondelinge ooreenkoms buite
die dokumentasie nie . Ek kon nie in die betrokke
dokumente enigiets vind wat die betrokke teeneis
kon fundeer nie. In sy uitspraak maak die landdros
gewag van die volgende voorwaarde wat die eiser in
sy aansoek om sy betrekking aanvaar het. -

"4 Enige bedrae om watter rede ook a1

deur my aan die Korporasie verskuldig,

sal/ ......

13

sal by my diensbeëindiging on-
middellik opeisbaar en betaalbaar
wees."

Ek dink nie dat die bepaling die verweerder help nie.

Dit gaan oor bedrae wat inderdaád verskuldig is; die

vraagstuk wat tans ondersoek word is of daar hoegenaamd

enige bedrae, deur die eiser verskuldig was.

Die verweerder se advokaat het daarna

verwys dat, toe die eiser getuig het, hy skynbaar aan-

vaar het dat die oormaat van siekteverlof wat aan hom

toegestaan is, later "verreken" sou moes word. Dit

is so, die eiser het bevestigend geantwoord op die

volgende vraag -

"V. U het verstaan siekteverlof is

vooruit,/ .......

14.

vooruit, dit beteken u kry iets
waarop u nie geregtig is nie, maar
sal later verreken word?
A. Korrek."

Dit is egter nie vir my duidelik of die eíser slegs
die soort van verrekening in gedagte gehad het soos wat
Regulasie 27, wat ek vroeër aangehaal het, reël nie.
In ieder geval korn die aangehaalde gedeelte van die
getuienis slegs neer op die uitspreek van 'n opinie,
en is nie van waarde by die onderhawige ondersoek nie.
Ek kom tot die gevolgtrekking dat die ver-
weerder nie die grondslag van sy eerste teeneis in sy
verlofregulasies, of die ander bepalings van eiser se
diensvoorwaardes, kon toon nie. Die enigste oorblywende
basis vir die eis is die condictio indebiti. Dit is

die/

15.

die grond waarop die hof a quo bevind het dat die

eerste teeneis tereg toegestaan is.

Die kernvraag in dié verband is of

die verweerder bewys het dat die betaling aan die

eiser van sy volle lone vir die maande van Desember

1976, en Januarie tot Maart 1977 weens 'n redelike

fout geskied het (vgl. Union Government (Minister of

Fiance) v Gowar 1915 A A 426 to 445; Recsey v Rieche,

1927 AA 554 to 556; Le Riche v Hamman 1946 AA 648 to

656; Voet 12.6.6. en 7). Sover ek kon oordeel is

weinig aandag aan hierdie kwessie tydens die landdros-

hof verhoor gegee. Ek vind geen getuienis om die

feit te verduidelik dat, hoewel die eiser nie op

siekteverlof/ .......

16.

siekteverlof geregtig is nie, verlof tog aan hom toe-

gestaan was en sy volle loon tog betaal was. In

die afwesigheid van getuienis van 'n amptenaar in

áie verweerder se betrokke departement, is dit nie

moontlik om te bepaal hoekom die eiser deurgaans

tot die einde van Maart 1977 sy volle loon betaal is

nie. Die redelike moontlikheid dat die betaling van

lone geskied het, terwyl die verantwoordelike amptenaar

of amptenare ten volle bewus was van al die tersaaklike

omstandighede, is m.i. nie uitgeskakel nie. Hierdie

aspek van die saak was nie in die landdros se uitspraak

behandel nie. In die uitspraak van die hof a quo is

die kwessie onder bespreking behandel na aanleiding van

die/ .......

17.

die hof se bespreking van die getuienis van ene

Roets, wat indertyd in die verweerder se personeel

afdeling werksaam was. Roets het gesê dat hy vroeg in

1977 aanwesig was tydens 'n gesprek tussen die eiser en

die hoof van verweerder se personeelafdeling te Sishen,

ene Haarhoff. Die onderhoud het plaasgevind met verwysing

na 'n aansoek om siekteverlof vir die tydperk van 25

Januarie tot 1 Februarie 1977. Haarhoff het die

eiser meegedeel dat hy toe reeds heelwat meer siekte-

verlof ontvang het as wat hy op geregtig was.

Verdere siekteverlof is toe nietemin toegestaan, en die

rede "onvoldoende siekverlof" is aangeteken. Na

aanleiding hiervan het die Hof a quo hom soos volg

uitgespreek/ .......
18
uitgespreek -

"Dit is duidelik dat Eiser op
3.2.1977 alreeds meer as die gemelde
3 9 dae siekteverlof met volle be-
taling geniet het; vandaar dan ook
die genoemde rede waarom vir verdere
verlof aansoek gedoen word, nl.
'onvoldoende siekverlof'. Die
vroegste datum waarop Verweerder dus
bewus geword het daarvan dat Eiser
alreeds meer siekteverlof gehad het
as dié waarop hy geregtig was, is dus
op of net voor 3 Februarie 1977 . Op
daardie datum was die salarisbetalings
(of te wel betaling t o v siekteverlof)
wat Eiser van Verweerder ontvang het,
dus reeds gemaak, en dit is duidelik
dat dit geskied het sonder dat Ver-
weerder geweet het dat Eiser nie op
daardie betaalde siekteverlof geregtig
was nie want Haarhoff het dan juis vir
Eíser laat kom omdat daar meer siekte-
verlof aan hom toegestaan was as dié
waarop hy ooreenkomstig die siekteverlof-
regulasies geregtig was sodat om

verdere/

19.

verdere vakansieverlof aansoek gedoen
moes word. ".

Met respek, ek begryp nie die redenasie nie. Dit volg

m.i, nie uit Roets se beskrywing van die gesprek dat

daar tot op daardie tydstip onkunde in die personeel-

afdeling geheers het oor die feit dat aan die eiser siekte-

verlof toegestaan is sonder dat hy daarop geregtig was nie.

In ieder geval was Haarhoff blykbaar die man om te ge-

tuig oor wat hy geweet of nie geweet het nie, en oor

die tydstip waarop sy afdeling van die volle feite

bewus geword het. Haarhoff is egter nie geroep nie

Die hof a quo het ook die feit dat die

eiser siékteverlof toegestaan is sonder dat hy daarop

geregtig was, in verband gebring met die feit dat die

eiser/ ........

20.

eiser op 'n stadium aangevoer het dat hy met siekteverlof

van sy werk afwesig was omdat hy tydens sy diensver-

rigtinge beseer was. Hierdie bewering was reeds in

die eiser se dagvaarding gemaak, en hoewel dit 'n

onnodige bewering was {die partye se advokate was dit

tydens redenasie voor ons daaroor eens) het dit 'n

omvangryke feitedispuut in die landdroshof ontketen:

Die getuienis wat die verweerder in die verband gelei

het, het eiser se stelling probeer ontsenu op die basis

dat die eiser nie indertyd gekla het dat hy op diens

beseer was nie. Dit was, in kort, juis die verweerder

se saak dat eiser se stelling nie korrek kon wees nie

want die verweerder se verantwoordelike amptenare was,

in/.......

21.

in die tyd, daarvan onbewus dat die eiser dalk op

diens beseer was. Hulle het gemeen dat die eiser

se besering veroorsaak was deur 'n valskermbesering wat

hy voorheen opgedoen het, en wat weer las gegee
het. In die lig hiervan vind ek dit moeilik om die
volgende verdere gedeelte van die hof a quo se uit-
spraak te volg -

"Dit is eweneens duidelik dat Verweerder op
dáárdie stadium ook nog gladnie bewus daar-
van was nie dat Eiser se beserings en die
nagevolge daarvan op grond waarvan hy be-
taalde siekteverlof bekom het, wel aan sy
valskermsprong te wyte was, en nie aan sy
val op diens nie, en het Verweerder dus op
daardie stadium ook nog gladnie geweet dat
Eiser, ooreenkomstig Verweerder se bepalings
aangaande siekteverlof, op gladgeen siekte-
verlof hoegenaamd geregtig was nie. Onder dié

omstandighede/

22.

omstandighede kan daar dus nie bevind
word dat die betalings wat Verweerder
aan Eiser gemaak het en waarop Eiser nie
geregtig was nie (soos hierbo bevind is),
deur Verweerder gemaak was met die volle
wete en kennis dat sodanige betalings
nie deur Verweerder aan Eiser verskuldig
was nie. Trouens, die hele siekteverlof
is eers ná die val op die loopplank (wat
aan die begin van Desember 1976 plaasgevind
het) opgeloop."

Niemand het getuig dat die eiser se aansoeke om siek-
verlof aanvaar was omdat die verweerder se verantwoorde-
like amptenare gemeen het dat die eiser in die loop
van sy diensplig beseer was nie.
Dit kan wees dat siekteverlof aan die eiser
toegestaan was met regulasie 27 van die verweerder
se verlofregulasies, wat ek vroeër aangehaal het,

in/........

23.

in gedagte. Dalk het die verantwoordelike amptenaar

gemeen dat waar die eiser vir meer as sy regmatige

aanspraak siekteverlof toegestaan word, 'n regstelling

later kan geskied wanneer die eiser met verloop van tyd

wel voldoende siekteverlof verdien. Indien dit dít is

wat gebeur het kan daar volgens my oordeel nie sprake

wees daarvan dat die oorbetalings van salaris weens 'n

fout geskied het nie. Verweerder se advokaat het

betoog dat die fout waarskynlik daarin gelê het dat

die verantwoordelike amptenaar gedink het dat die

eiser nog vir 'n lang genoeg tydperk in diens sou bly

om genoegsame siekteverlof te verdien. Ek dink dat

dit blote spekulasie is. In ieder geval, selfs al

het/ .......

24

het die betrokke amptenaar 'n assumpsie gemaak aan-

gaande die vraag hoe lank die eiser nog in diens sou

bly (wat in die lig van latere gebeure geblyk het nie

korrek te wees nie) volg dit nie dat op die tydstip toe

hy die betrokke oorbetalings gemaak het, hy onder Vi

feitelike wanindruk verkeer het nie.

Die feit dat dit op die beskikbare bewys-

materiaal nie moontlik is om te bepaal waarom eiser

oorbetalings ontvang het nie, kan nie weggeredeneer word

nie. Ek meen dat die verweerder nie bewys het dat hy

geregtig was om die condictio indebiti aan te wend nie.

Dit beteken dat die eerste teeneis van die hand gewys

moes qewees het.

Dit/ .........

25.

Dit laat die tweede teeneis vir oorweging.

Die eiser se antwoord daarop was dat hy kennis van

diensbeëindiging gegee het omdat hy, vanweë sy skouer-

beserings, ongeskik geraak het vir sy werk. Die ver-

weerder het dit ontken. Die hof a quo het dié geskil-

punt teen die eiser besleg, hoofsaaklik vanweë die

feit dat by voltooiing van die vorm wat by diens-

beëindiging ingedien moes word, die eiser in deel van

die vorm geskrywe het dat hy dit om "persoonlike redes"

doen. In sy getuienis het die eiser verklaar dat hy

dit gedoen het op advies van die personeelbeampte,

Haarhoff, na wie ek vroeër verwys het. Die hof a quo

het die verduideliking as verwerplik bejeen. Ek kan

my/........

26.

my nie met die benadering vereenselwig nie. Nie alleen

was die eiser se getuienis in die verband nooit aangeveg

nie, maar Haarhoff was nie geroep om eiser se bewering

te ontken nie. Dit is m.i. nie onwaarskynlik dat Haar-

hoff wel die advies gegee het nie, en daar was m.i. nie

voldoende rede om die eiser se getuienis te betwyfel

nie. Ek dink ook dat daar gewigtige redes was vir die

eiser om nie met sy werk by die verweerder voort te gaan nie.

Dr Badenhorst, wat die ortopediese werk in verband met

die eiser se arm gedoen het, het getuig dat hy nie 'n

persoon in die eiser se toestand sou aanraai om in myne

te werk of om sy arm te gebruik nie. Hy het verklaar

dat die arm "sensitief en gevaarlik" was, en dat dit

maklik/ ......

27.

maklik weer beseer sou kon word. Die eiser self het

getuig dat hy dit moeilik gevind het om steeds sy werk

te doen. En hy was daarvan oortuig dat hy nie sou kon

voortgaan nie. Die verweerder het hom nie ander werk

aangebied nie, en hy was nie bewus van enige ander werk

wat hy by die verweerder sou kon doen nie. Daar was m.i

onvoldoende rede om hierdie getuienis te verwerp, en

niks om dit te weerlê nie. Ek meen dat die verweerder

hom wat betref dié betrokke eis, nie van die bewyslas

gekwyt het nie.

In die omstandighede dink ek dat die ver-

weerder nie die twee eise wat hy as skuldvergelyking

wou opper, bewys het nie. Die eiser derhalwe slaag

in/......
2

8

in sy eis. Ek sou die volgende bevele verleen -

1 . Die appèl slaag met koste;

2 . Die uitspraak van die landdros word vervang met
een van uitspraak ten gunste van die eiser in die
som van R578,00; rente daarop teen 11% per jaar
vanaf 1 Mei 1977 tot datum van betaling; en gedings-
koste; en

3. Verweerder (respondent) betaal die koste van die
appèl na die Noord-Kaapse Provinsiale Afdeling.

ELOFF, Wnde AR

WESSELS Wnde AR)
) STEM SAAM
JANSEN AR )


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/156.html