![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
SAAK NR. 233/83
/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
J M GREYLING APPELLANT
en
ISCOR RESPONDKNT
Coram: WESSELS, JANSEN ARR et ELOFF Wnde AR
Verhoor: 6 November 1984
Gelewer: 29 November 1984
UITSPRAAK
ELOFF, Wnde AR/
2.
ELOFF, Wnde AR:
Hierdie appèl vind sy herkoms in 'n
siviele geding wat die appellant (eiser) teen die
respondent (verweerder) in die Landdroshof van
Postmasburg ingestel het. Sy eise het voortgespruit
uit sy diensverhouding met die verweerder, by wie hy
van 22 September 1976 tot 30 April 1977 in diens was
Slegs een van sy eise is tans ter sprake. Dit was
vir betaling van die som van R578, synde deel van die
eiser se loon vir die maand van April 1977, betaling
waarvan die verweerder met diensbeëindiging weerhou
het. In antwoord op die dagvaarding het, die ver-
weerder 'n pleit asook 'n teeneis liaseer. Die teeneis
het/ ........
3.
het twee eise gestel. Die eerste daarvan het gesen-
treer om die bewering dat terwyl die eiser by die ver-
weerder in diens was, hy vir meer dae met siekteverlof
afwesig was as wat hy op geregtig was, en dat hy nieteen-
staande sy volle loon ontvang het. Die bedrag van
die beweerde oorbetaling was R743,60, dit wil sê, R165,60
meer dan eiser se eis. Die verweerder het toegegee
dat hy teenoor eiser die bedrag van R578 verskuldig ge-
word het ten opsigte van April 1977 se loon, en hy het
betaling van die verskil van Rl65,60 van die eiser geëis
Die tweede eis was vir betaling van die bedraq van
R296,33 uit hoofde van 'n promesse vir R800 wat die
eiser op 24 September 1976 ten gunste van die verweerder
geteken het. Die promesse is aan die verweerder
oorhandig/......
4.
oorhandig in terme van 'n ooreenkoms
waarkragtens
die verweerder finansiële bystand aan die eiser
sou
verleen ten einde laasgenoemde in staat te stel om
sy meubels na sy
werksplek te laat vervoer. Die
ooreenkoms het onder meer bepaal dat die
bedrag van
enige balans verskuldig aan die verweerder in terme
van die
promesse ten volle betaalbaar sou wees indien
sy dienste by laasgenoemde
beeindig word vir redes
ander dan dood, of dat die eiser ongeskik raak
vir
werk, of dat verweerder besluit op 'n vermindering van
personeel.
Volgens die teeneis het geeneen van dié
omstandighede voorgeval toe
eiser in April 1977 uit
die verweerder se diens getree het nie, en het
die
volle bedrag uitstaande in terme van die promesse
verskuldig/
5.
verskuldig geword. Die verweerder het beweer dat
die eiser geregtig was op sekere krediete (die be-
sonderhede daarvan is nie nou ter sake nie) latende
'n balans van R296,33. In sy pleit het die verweerder
onder meer beweer dat die eiser se eis deur skuld-
vergelyking op grond van die twee gemelde eise gedelg
is. Ek sal later meer in besonder die formulering van
die eise in rekonvensie en die getuienis wat daaromtrent
gelei is, bespreek.
Die uitslag van die geding in die land-
droshof was dat die twee genoemde eise in rekonvensie
bewese bevind is, en dat die pleit van skuldvergelyking
geslaag het. Na 'n onsuksesvolle appèl na die
Noordkaapse/ .......
6.
Noordkaapse Provinsiale Afdeling, wat vervolgens
verlof tot verdere appèl geweier het, kom die eiser
in hoër beroep na hierdie hof nadat verlof in terme
van artikel 21(3)(a) van Wet 59 van 1959 verleen is
Die kwessie wat allereers oorweging
verg, is of die hof a quo en die landdros korrek was
in hulle gevolgtrekking dat die eerste teeneis vir
R743,60 gegrond was. Vir doeleindes van sy betoog
het die eiser se advokaat toegegee dat aan die eiser
siekteverlof vir 39 dae meer as sy regmatige aanspraak
toegestaan is, maar hy het dit bevraagteken of die
verweerder regsgronde gehad het vir die verhaal van
lone wat in die tyd aan die eiser betaal was. Die
basis/ ........
7.
basis van die betrokke eis is soos volg in die
teen-
eis uiteengesit -
"Die Eiser het volle besoldiging vir sy
afwesigheid van diens vir die
tydperk
in paragraaf 4 hierbo, ontvang en in
terme van die genoemde
verlofregulasies,
alternatiewelik by uitdruklik, alternatiewe-
lik
stilswyende ooreenkoms tussen die
partye verder alternatiewelik
kragtens
die Gemene Reg is verweerder geregtig
op terugbetaling van
besoldiging wat
deur Eiser ontvang is, ten opsigte
van 'n tydperk van 39
dae. "
Ten aansien van die eerste van die gronde
van sy eis , naamlik die
bepalings van die verweerder
se verlofregulasies, het die verweerder aan sy
nadere
besonderhede afskrifte geheg van wat na bewering die
verweerder se
verlofregulasies was, sonder dat hy
enige/
8.
enige besondere een van die regulasies identifiseer
het as die wat die beweerde reg tot "terugbetaling
van besoldiging daarstel", en sonder om uiteen te sit
wat, na bewering, die status van die regulasies is.
Tydens die verhoor het ene Loock, 'n amptenaar in diens
van die verweerder wat in beheer was van sy rekords ,
onder andere die brief van verweerder se aanstelling
as 'n bewysstuk ingehandig- Dit wil van die bewoording
daarvan voorkom dat die verweerder se verlofregulasies
deel was van die eiser se diensvoorwaardes. Loock het
ook afskrifte van die betrokke regulasies ingehandig as
bewysstukke. Hy het egter ook nie verwys na enige
spesifieke regulasie wat die reg daarstel waarop die
verweerder/ ........
9.
verweerder hom in sy teeneis verlaat het
nie.
In sy uitspraak het die landdros nie 'n regulasie ge-
noem wat 'n
verhaalsreg inhou soos voorgestaan in die
teeneis nie; en die uitspraak van
die hof a quo ver-
meld ook nie so 'n regulasie nie. Tydens
betoog voor ons
is die verweerder se advokaat gevra om te sê
watter
regulasie hy hom spesifiek op verlaat. Hy het regulasie
27
aangehaal, wat soos volg lui -
"LEAVE GRANTED IN EXCESS:
27. In the event of any leave being granted
to and taken by an employee in
excess of
the amount permissible under these regula-
tions, such leave
granted in excess shall
be deducted from that employee's
subsequent
leave."
Ek dink self dat die regulasie die naaste kom aan
die/ .......
10.
die daarstelling van 'n reg ingeval 'n werknemer van
die verweerder meer siekteverlof ontvang as wat hy op
geregtig is. Dit sal egter gesien word dat dit
slegs die beperkte reg skep om,waar 'n werknemer
siekverlof toegeken word vir meer dan wat voorgeskryf
word, 'n regstelling te laat doen ten opsigte van siekte-
verlof wat later verwerf word. Dit behandel nie 'n
situasie soos die onderhawige nie, waar die werknemer
se diensverhouding beëindíg word voordat hy 'n voldoende
aanspraak op verdere siekteverlof verkry het. Die regulasies
skyn geen voorsiening te maak vir 'n geval soos dié
tans onder bespreking nie.
Die vraag is tydens redenasie in hierdie
hof/ ........
11.
hof geopper of dit nie implisiet is in regulasie
27 dat ingeval 'n
werknemer se diensverhouding be-
ëindig word voordat- hy voldoende
siekteverlof verwerf
om die oortoekenning uit te wis, hy 'n
proporsionele
terugbetaling moet maak van die lone wat hy ontvang
het. Die
antwoorde, myns insiens, is dat so 'n
impl ikasie nie gepleit. is nie, en dat
dit in ieder
geval nie moontlik is om te sê dat dit 'n
noodwendige
implikasie van die regulasie is nie. Ek kom tot
die
gevolgtrekking dat die verweerder nie getoon het dat
sy eerste teeneis
in sy verlofregulasies gefundeer
kan word nie .
Ek wend my vervolgens na die bewering
in/
12.
in die teeneis dat: daar 'n bepaling in die partye
se
ooreenkoms was wat die verweerder die reg onder behande-
ling gee. Dit
het uit die dokumentasie wat as bewys-
stukke voor die landdros geplaas was
geblyk dat die
eiser se aanstelling geskied het na 'n
skriftelike
aansoek gevolg deur brief van aanstelling .
Daar
was geen suggestie van 'n mondelinge ooreenkoms buite
die
dokumentasie nie . Ek kon nie in die betrokke
dokumente enigiets vind wat die
betrokke teeneis
kon fundeer nie. In sy uitspraak maak die landdros
gewag
van die volgende voorwaarde wat die eiser in
sy aansoek om sy betrekking
aanvaar het. -
"4 Enige bedrae om watter rede ook a1
deur my aan die Korporasie verskuldig,
sal/ ......
13
sal by my diensbeëindiging on-
middellik
opeisbaar en betaalbaar
wees."
Ek dink nie dat die bepaling die verweerder help nie.
Dit gaan oor bedrae wat inderdaád verskuldig is; die
vraagstuk wat tans ondersoek word is of daar hoegenaamd
enige bedrae, deur die eiser verskuldig was.
Die verweerder se advokaat het daarna
verwys dat, toe die eiser getuig het, hy skynbaar aan-
vaar het dat die oormaat van siekteverlof wat aan hom
toegestaan is, later "verreken" sou moes word. Dit
is so, die eiser het bevestigend geantwoord op die
volgende vraag -
"V. U het verstaan siekteverlof is
vooruit,/ .......
14.
vooruit, dit beteken u kry iets
waarop u nie
geregtig is nie, maar
sal later verreken word?
A. Korrek."
Dit is egter nie vir my duidelik of die eíser slegs
die soort van
verrekening in gedagte gehad het soos wat
Regulasie 27, wat ek vroeër
aangehaal het, reël nie.
In ieder geval korn die aangehaalde gedeelte
van die
getuienis slegs neer op die uitspreek van 'n opinie,
en is nie van
waarde by die onderhawige ondersoek nie.
Ek kom tot die gevolgtrekking dat
die ver-
weerder nie die grondslag van sy eerste teeneis in
sy
verlofregulasies, of die ander bepalings van eiser se
diensvoorwaardes,
kon toon nie. Die enigste oorblywende
basis vir die eis is die condictio
indebiti. Dit is
die/
15.
die grond waarop die hof a quo bevind het dat die
eerste teeneis tereg toegestaan is.
Die kernvraag in dié verband is of
die verweerder bewys het dat die betaling aan die
eiser van sy volle lone vir die maande van Desember
1976, en Januarie tot Maart 1977 weens 'n redelike
fout geskied het (vgl. Union Government (Minister of
Fiance) v Gowar 1915 A A 426 to 445; Recsey v Rieche,
1927 AA 554 to 556; Le Riche v Hamman 1946 AA 648 to
656; Voet 12.6.6. en 7). Sover ek kon oordeel is
weinig aandag aan hierdie kwessie tydens die landdros-
hof verhoor gegee. Ek vind geen getuienis om die
feit te verduidelik dat, hoewel die eiser nie op
siekteverlof/ .......
16.
siekteverlof geregtig is nie, verlof tog aan hom toe-
gestaan was en sy volle loon tog betaal was. In
die afwesigheid van getuienis van 'n amptenaar in
áie verweerder se betrokke departement, is dit nie
moontlik om te bepaal hoekom die eiser deurgaans
tot die einde van Maart 1977 sy volle loon betaal is
nie. Die redelike moontlikheid dat die betaling van
lone geskied het, terwyl die verantwoordelike amptenaar
of amptenare ten volle bewus was van al die tersaaklike
omstandighede, is m.i. nie uitgeskakel nie. Hierdie
aspek van die saak was nie in die landdros se uitspraak
behandel nie. In die uitspraak van die hof a quo is
die kwessie onder bespreking behandel na aanleiding van
die/ .......
17.
die hof se bespreking van die getuienis van ene
Roets, wat indertyd in die verweerder se personeel
afdeling werksaam was. Roets het gesê dat hy vroeg in
1977 aanwesig was tydens 'n gesprek tussen die eiser en
die hoof van verweerder se personeelafdeling te Sishen,
ene Haarhoff. Die onderhoud het plaasgevind met verwysing
na 'n aansoek om siekteverlof vir die tydperk van 25
Januarie tot 1 Februarie 1977. Haarhoff het die
eiser meegedeel dat hy toe reeds heelwat meer siekte-
verlof ontvang het as wat hy op geregtig was.
Verdere siekteverlof is toe nietemin toegestaan, en die
rede "onvoldoende siekverlof" is aangeteken. Na
aanleiding hiervan het die Hof a quo hom soos volg
uitgespreek/ .......
18
uitgespreek -
"Dit is duidelik dat Eiser op
3.2.1977 alreeds meer as die gemelde
3 9
dae siekteverlof met volle be-
taling geniet het; vandaar dan ook
die
genoemde rede waarom vir verdere
verlof aansoek gedoen word,
nl.
'onvoldoende siekverlof'. Die
vroegste datum waarop Verweerder
dus
bewus geword het daarvan dat Eiser
alreeds meer siekteverlof gehad
het
as dié waarop hy geregtig was, is dus
op of net voor 3
Februarie 1977 . Op
daardie datum was die salarisbetalings
(of te wel
betaling t o v siekteverlof)
wat Eiser van Verweerder ontvang het,
dus
reeds gemaak, en dit is duidelik
dat dit geskied het sonder dat
Ver-
weerder geweet het dat Eiser nie op
daardie betaalde siekteverlof
geregtig
was nie want Haarhoff het dan juis vir
Eíser laat kom
omdat daar meer siekte-
verlof aan hom toegestaan was as
dié
waarop hy ooreenkomstig die siekteverlof-
regulasies geregtig
was sodat om
verdere/
19.
verdere vakansieverlof aansoek
gedoen
moes word. ".
Met respek, ek begryp nie die redenasie nie. Dit volg
m.i, nie uit Roets se beskrywing van die gesprek dat
daar tot op daardie tydstip onkunde in die personeel-
afdeling geheers het oor die feit dat aan die eiser siekte-
verlof toegestaan is sonder dat hy daarop geregtig was nie.
In ieder geval was Haarhoff blykbaar die man om te ge-
tuig oor wat hy geweet of nie geweet het nie, en oor
die tydstip waarop sy afdeling van die volle feite
bewus geword het. Haarhoff is egter nie geroep nie
Die hof a quo het ook die feit dat die
eiser siékteverlof toegestaan is sonder dat hy daarop
geregtig was, in verband gebring met die feit dat die
eiser/ ........
20.
eiser op 'n stadium aangevoer het dat hy met siekteverlof
van sy werk afwesig was omdat hy tydens sy diensver-
rigtinge beseer was. Hierdie bewering was reeds in
die eiser se dagvaarding gemaak, en hoewel dit 'n
onnodige bewering was {die partye se advokate was dit
tydens redenasie voor ons daaroor eens) het dit 'n
omvangryke feitedispuut in die landdroshof ontketen:
Die getuienis wat die verweerder in die verband gelei
het, het eiser se stelling probeer ontsenu op die basis
dat die eiser nie indertyd gekla het dat hy op diens
beseer was nie. Dit was, in kort, juis die verweerder
se saak dat eiser se stelling nie korrek kon wees nie
want die verweerder se verantwoordelike amptenare was,
in/.......
21.
in die tyd, daarvan onbewus dat die eiser dalk op
diens beseer was. Hulle het gemeen dat die eiser
se besering veroorsaak was deur 'n valskermbesering wat
hy voorheen opgedoen het, en wat weer las gegee
het. In die lig hiervan
vind ek dit moeilik om die
volgende verdere gedeelte van die hof a quo
se uit-
spraak te volg -
"Dit is eweneens duidelik dat Verweerder op
dáárdie stadium
ook nog gladnie bewus daar-
van was nie dat Eiser se beserings en
die
nagevolge daarvan op grond waarvan hy be-
taalde siekteverlof bekom
het, wel aan sy
valskermsprong te wyte was, en nie aan sy
val op diens
nie, en het Verweerder dus op
daardie stadium ook nog gladnie geweet
dat
Eiser, ooreenkomstig Verweerder se bepalings
aangaande siekteverlof,
op gladgeen siekte-
verlof hoegenaamd geregtig was nie. Onder dié
omstandighede/
22.
omstandighede kan daar dus nie bevind
word
dat die betalings wat Verweerder
aan Eiser gemaak het en waarop Eiser
nie
geregtig was nie (soos hierbo bevind is),
deur Verweerder gemaak was
met die volle
wete en kennis dat sodanige betalings
nie deur Verweerder
aan Eiser verskuldig
was nie. Trouens, die hele siekteverlof
is eers
ná die val op die loopplank (wat
aan die begin van Desember 1976
plaasgevind
het) opgeloop."
Niemand het getuig dat die eiser se aansoeke om siek-
verlof aanvaar was
omdat die verweerder se verantwoorde-
like amptenare gemeen het dat die eiser
in die loop
van sy diensplig beseer was nie.
Dit kan wees dat siekteverlof
aan die eiser
toegestaan was met regulasie 27 van die verweerder
se
verlofregulasies, wat ek vroeër aangehaal het,
in/........
23.
in gedagte. Dalk het die verantwoordelike amptenaar
gemeen dat waar die eiser vir meer as sy regmatige
aanspraak siekteverlof toegestaan word, 'n regstelling
later kan geskied wanneer die eiser met verloop van tyd
wel voldoende siekteverlof verdien. Indien dit dít is
wat gebeur het kan daar volgens my oordeel nie sprake
wees daarvan dat die oorbetalings van salaris weens 'n
fout geskied het nie. Verweerder se advokaat het
betoog dat die fout waarskynlik daarin gelê het dat
die verantwoordelike amptenaar gedink het dat die
eiser nog vir 'n lang genoeg tydperk in diens sou bly
om genoegsame siekteverlof te verdien. Ek dink dat
dit blote spekulasie is. In ieder geval, selfs al
het/ .......
24
het die betrokke amptenaar 'n assumpsie gemaak aan-
gaande die vraag hoe lank die eiser nog in diens sou
bly (wat in die lig van latere gebeure geblyk het nie
korrek te wees nie) volg dit nie dat op die tydstip toe
hy die betrokke oorbetalings gemaak het, hy onder Vi
feitelike wanindruk verkeer het nie.
Die feit dat dit op die beskikbare bewys-
materiaal nie moontlik is om te bepaal waarom eiser
oorbetalings ontvang het nie, kan nie weggeredeneer word
nie. Ek meen dat die verweerder nie bewys het dat hy
geregtig was om die condictio indebiti aan te wend nie.
Dit beteken dat die eerste teeneis van die hand gewys
moes qewees het.
Dit/ .........
25.
Dit laat die tweede teeneis vir oorweging.
Die eiser se antwoord daarop was dat hy kennis van
diensbeëindiging gegee het omdat hy, vanweë sy skouer-
beserings, ongeskik geraak het vir sy werk. Die ver-
weerder het dit ontken. Die hof a quo het dié geskil-
punt teen die eiser besleg, hoofsaaklik vanweë die
feit dat by voltooiing van die vorm wat by diens-
beëindiging ingedien moes word, die eiser in deel van
die vorm geskrywe het dat hy dit om "persoonlike redes"
doen. In sy getuienis het die eiser verklaar dat hy
dit gedoen het op advies van die personeelbeampte,
Haarhoff, na wie ek vroeër verwys het. Die hof a quo
het die verduideliking as verwerplik bejeen. Ek kan
my/........
26.
my nie met die benadering vereenselwig nie. Nie alleen
was die eiser se getuienis in die verband nooit aangeveg
nie, maar Haarhoff was nie geroep om eiser se bewering
te ontken nie. Dit is m.i. nie onwaarskynlik dat Haar-
hoff wel die advies gegee het nie, en daar was m.i. nie
voldoende rede om die eiser se getuienis te betwyfel
nie. Ek dink ook dat daar gewigtige redes was vir die
eiser om nie met sy werk by die verweerder voort te gaan nie.
Dr Badenhorst, wat die ortopediese werk in verband met
die eiser se arm gedoen het, het getuig dat hy nie 'n
persoon in die eiser se toestand sou aanraai om in myne
te werk of om sy arm te gebruik nie. Hy het verklaar
dat die arm "sensitief en gevaarlik" was, en dat dit
maklik/ ......
27.
maklik weer beseer sou kon word. Die eiser self het
getuig dat hy dit moeilik gevind het om steeds sy werk
te doen. En hy was daarvan oortuig dat hy nie sou kon
voortgaan nie. Die verweerder het hom nie ander werk
aangebied nie, en hy was nie bewus van enige ander werk
wat hy by die verweerder sou kon doen nie. Daar was m.i
onvoldoende rede om hierdie getuienis te verwerp, en
niks om dit te weerlê nie. Ek meen dat die verweerder
hom wat betref dié betrokke eis, nie van die bewyslas
gekwyt het nie.
In die omstandighede dink ek dat die ver-
weerder nie die twee eise wat hy as skuldvergelyking
wou opper, bewys het nie. Die eiser derhalwe slaag
in/......
2
8
in sy eis. Ek sou die volgende bevele verleen -
1 . Die appèl slaag met koste;
2 . Die uitspraak van die landdros word vervang met
een van uitspraak ten
gunste van die eiser in die
som van R578,00; rente daarop teen 11% per
jaar
vanaf 1 Mei 1977 tot datum van betaling; en gedings-
koste; en
3. Verweerder (respondent) betaal die koste van die
appèl na
die Noord-Kaapse Provinsiale Afdeling.
ELOFF, Wnde AR
WESSELS Wnde AR)
) STEM SAAM
JANSEN AR )
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/156.html