SAFLII [Home] [Databases] [WorldLII] [Search] [Feedback]

South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 151

[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]


Kredietkorporasie Beperk v Pretorius (137/84) [1984] ZASCA 151 (29 November 1984)

PDF of original document.PDF of original document

.RTF of original document


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: STANDARD BANK NASIONALE INDUSTRIELE
KREDIETKORPORASIE BEPERK Appellant

en
J. J. PRETORIUS Respondent

Coram: RABIE, HR, JOUBERT, HEFER, ARR, WESSELS et

GALGUT, WND ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:

2 November 1984. 29 November 1984.

UITSPRAAK

RABIE, HR:./

1

RABIE, HR:
Dit is 'n appèl teen 'n bevel van die Transvaalse Provinsiale Afdeling wat 'n beslissing van die landdroshof op Vereeniging tersyde gestel het. Die feite van die saak en die geskilpunt tussen die partye by hierdie appèl word hieronder uiteengesit.

Die appellant (wat ek hierna "Stannic" sal noem) het op 24 Januarie 1979 in die landdroshof op Vereeniging 'n aksie teen twee verweerders ingestel wat nie partye by hierdie appèl is nie en wat ook nie respondente in die hof a quo was nie. Hulle was Vaaldor Beleggings (Edms) Bpk (hierna kortweg "Vaaldor" genoem) en mnr A.W.G. Pieterse, wat, saam met sy

eggenote/
2 eggenote, al die aandele in Vaaldor gehou het. Vaaldor het as vervoerkontrakteur sake gedoen. In Stannic se dagvaarding teen hierdie verweerders word o.m. gesê dat hy op 1 September 1978 'n skriftelike huurkoopkontrak (wat "nie onderhewig aan die bepalings van die Huurkoopwet" is nie) met Vaaldor aangegaan het waarkragtens hy 'n Mercedes Benz voertuig aan Vaaldor verkoop en gelewer het; dat gemelde Pieterse hom as borg en mede-hoofskuldenaar vir die verpligtinge van Vaaldor ingevolge die ooreenkoms verbind het; dat Vaaldor versuim het om paaiemente wat ingevolge die ooreenkoms betaalbaar was, te betaal; dat hy (Stannic) die ooreenkoms op 22 Januarie 1979 gekanselleer het en

dat/
3 dat Vaaldor gevolglik verplig was óm die voertuig aan hom (Stannic) terug te gee. Die ooreenkoms was Aan-hangsel "H" by die verhoor. Die voertuig was ten tyde van die verhoor in die landdroshof in November 1979 nog in Stannic se besit.Dit is 'n voorhaker,
en in die stukke word daarna verwys as Mercedes Benz LS 1924/36.

Toe Stannic sy dagvaarding uitgereik het, het hy ook aansoek gedoen om 'n bevel wat die geregs-bode sou magtig om, hangende die uitslag van die aksie, die voertuig in beslag te neem en aan Stannic te oor— handig. Die geregsbode het op 20 Maart 1979 beslag gelê op die voertuig, wat toe in die besit van mnr

J.J. Pretorius.......
4 J.J. Pretorius, die respondent in hierdie appèl , was.
Die respondent, na wie ek as Pretorius sal verwys, het op 2 April 1979 aansoek gedoen om tot die geding toe te tree en op 23 Mei 1979 het hy die derde verweerder in die saak geword. Hy het daarna 'n verweerskrif ingedien en ook 'n teeneis teen Stannic ingestel. In sy verweerskrif sê. hy o.m. dat die ooreenkoms tussen Stannic en Vaaldor.(bew. "H") 'n "ongeldige", of "gesimuleerde", ooreenkoms is. Hy sê verder dat Stannic nie eienaar van die voertuig is nie en dus nie geregtig was om dit uit sy (Pretorius se) besit te laat verwyder nie. In sy teeneis be-weer hy dat hy op 6 September 1979 eienaar van die

voertuig/
5 voertuig geword het toe hy dit van Vaaldor gekoop en in ontvangs geneem het; dat Stannic die voertuig op onregmatige wyse uit sy besit laat verwyder het en gevolglik verplig is om dit aan hom terug te gee, of anders om aan hom die waarde daarvan, nl. Rl0 000, te betaal. In sy teeneis beweer Pretorius, wat 'n vervoerkontrakteur is, dat hy skade ly deurdat die voertuig van hnm af weggeneem is. Hierdie skade, sê hy, beloop R48 per dag vir elke dag wat hy die gebruik van die voertuig ontbeer en en nog sal ontbeer.

Vaaldor en Pieterse het saam 'n verweerskrif teen Stannic ingedien. Daarin sê hulle dat die

transaksie/
6 transaksie tussen Vaaldor en Stannic nie 'n "geldige skriftelike ooreenkoms" en nie 'n "geldige koop" is nie. Hulle sê ook dat die voertuig nooit aan Stannic gelewer is nie en dat Stannic nooit eienaar daarvan geword het nie.

Voordat ek verwys na die getuienis wat

in die landdroshof afgelê is, is dit nodig om eers

te let op/wat die geskilpunt tussen die partye was toe

die verhoor plaasgevind het. Soos ek hierbo aangedui

het, het Stannic in sy dagvaarding beweer dat hy die

ooreenkoms waarkragtens hy die voertuig aan Vaaldor

verkoop en gelewer het, gekanselleer het en dat hy

gevolglik op teruggawe van die voertuig geregtig was.

Sy/
7 Sy eis was m.a.w. nie gegrond op 'n bewering dat hy eienaar van die voertuig is nie. By die verhoor -
waarskynlik vanweë Pretorius se toetrede tot die ge—
ding - was die geskil tussen die partye tot wesenlik net één vraag beperk, nl. wie is die eienaar van die voertuig en op grond van sy eiendomsreg geregtig op besit daarvan: Stannic of Pretorius? Dit blyk uit die wyse waarop die partye hulle saak ge-voer het en uit wat hulle prokureurs aan die einde van die verhoor aan die landdros gesê het oor die vraag waaroor die partye 'n beslissing van die hof verlang het. Twee persone het ten behoewe van Stannic

getuienis/

8

getuienis afgelê, nl. mnr A.J. Burger, die verkoops-bestuurder van New Vaal Motors (Edms) Bpk, 'n motor-saak op Vereeniging, en mnr H.A. Pullen, die bestuurder van Stannic op Vereeniging. (Die rol wat New Vaal Mokors (Edms) Bpk - hierna "New Vaal Motors" genoem -in die saak speel, sal blyk uit wat later in die uitspraak gesê word.) Hulle getuienis was daarop gerig om te bewys dat Stannic eienaar van die voertuig is. Nadat hulle getuig het en Stannic se saak gesluit is, het mnr G.J. Grobler, 'n susterskind van Pieterse, en Pieterse getuig. Pieterse se getuienis was in hoofsaak daarop gemik om te toon dat Stannic nie eienaar van die voertuig is nie. Grobler het oor

net/

9

net 'n paar aangeleenthede getuig om die getuienis van Pieterse te ondersteun. Nadat hulle getuig het, het Pretorius se prokureur ('n mnr Laurens) aan die landdros gesê dat Pretorius sy volgende getuie sou wees. On-middellik nadat hy dit gesê het, het hy egter gevra of die hof vir 'n kort tydjie kon verdaag. Die aansoek is toegestaan. Ná die verdaging het prokureur Laurens die hof meegedeel dat dit gemene saak tussen hom en Stannic se prokureur ('n mnr Mills) was dat die hof 'n beslissing oor die vraag "wie inderdaad eienaar van die motor is" moet gee voordat oor Pretorius se teeneis beslis word. Prokureur Mills het be— vestig wat sy opponent gesê het. Prokureur

Laurens/

10 Laurens het toe weer gepraat en o.m. gesê dat hy meen dat sy opponent sou erken dat Pretorius R10 000 vir die voertuig aan Vaaldor betaal het en dat die voertuig deur Pieterse aan hom oorhandig is. Prokureur Mills se antwoord was dat hierdie feite nie in ge-skil was nie. Pretorius is toe nie as getuie op-geroep nie en die prokureurs het voortgegaan om die hof toe te spreek. Prokureur Mills het die hof ge-vra om te bevind dat Stannic die eienaar van die voertuig is, terwyl prokureur Laurens gevra het dat bevind moet word dat Pretorius die eienaar is.

Die landdros het bevind dat Stannic die eienaar van die voertuig is en het Pretorius se teeneis met koste afgewys. Geen bevel is teen Vaaldor

of/

11

of Pieterse gegee nie en nie een van hulle het teen die
landdros se bevel geappelleer nie. (In die redes vir
sy uitspraak sê die landdros dat Vaaldor gelikwideer
is maar hy gee nie verdere besonderhede daaroor nie.)

Pretorius het na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling geappelleer en op 24 Februarie 1981 het dié
Afdeling (per Myburgh, R., met wie F.S. Steyn saam-
gestem het) soos volg bevind:

"Ek sou dus die appêl handhaaf met koste, die hele uitspraak van die land-dros ter syde stel en vervang met 'n be-vinding dat dit nie bewys is dat die eiser eienaar van die Mercedes 1924 was nie, en die saak volgens ooreenkoms tussen die partye na die landdros terugverwys vir die aanhoor van die teeneis en opnuut 'n bevel oor koste te maak."

Hierdie bevel het nie een van die twee partye bevredig nie. Stannic was ontevrede met die bevinding dat

nie/.......
12 nie bewys is dat hy eienaar van die voertuig is nie, en Pretorius was ontevrede omdat die terugverwysing van die saak na die landdroshof vir die aanhoor van sy teeneis weinig nut kan hê sonder 'n bevinding dat hy eienaar van die voertuig is. Die landdros het reeds oor Pretorius se teeneis beslis vir sover dit op die kwessie van sy eiendomsreg op die voertuig betrekking het, en al vraag waaroor hy nog sou kon beslis, was dié van Pretorlus se skade indien op appèl bevind sou word dat hy eienaar van die voertuig is. Stannic se advokaat het ná die beslissing van die hof a quo aansoek gedoen om verlof om na hierdie hof te appelleer, maar die hof het die aansoek

uitgestel. Heelwat later, op 8 Desember 1982, het die

skriftelike partye, met die oog op 'n appél na hierdie hof, 'n/oor-

eenkoms met mekaar aangegaan. Ek haal daaruit aan:

"1/

13

"1. Derde Verweerder se teeneis in die Landdroskantoor Vereeniging word beperk tot 'n bedrag van R3 928-00 plus rente bereken teen 'n koers van 6% per jaar op R3 800-00 vanaf 1 September 1981 tot en met datum waarop finale uitsluitsel verkry is in die Appelhof oor wie die eienaar is van die voertuig.

2 Uitgesonder koste wat alreeds toe-
geken is (en wat nie onderhewig is
aan appèl nie) is Eiser aanspreeklik
vir alle koste indien die Appèlhof
sou bevind dat Derde Verweerder

die eienaar van die voertuig is en omgekeerd is Derde Verweerder aan-spreeklik vir alle koste indien bevlnd word dat Eiser die eienaar van die voertuig is.

3. Die ooreenkoms sal in terme van Reël
27(6) van Wet 32 van 1944 'n bevel
van die Landdroshof gemaak word.

5. Eiser sal so gou doenlik die aansoek vir verlof om te appelleer na die Appelhof op die rol plaas vir verhoor

en/

14

en Derde Verweerder sal nie die aan-soek opponeer of verhinder nie."

Verlof is daarna - op 12 April 1983 - aan Stannic
verleen om na hierdie hof te appelleer.

Hierdie ooreenkoms, net soos die mededelings

wat Stannic en Pretorius se prokureurs aan die einde
van die verhoor aan die landdros gedoen het, lei my tot
die gevolgtrekking dat die bedoeling van die partye
was - en nog is - dat indien bevind word dat Stannic
nie eienaar van die voertuig is nie, hulle dah aanvaar

dat Pretorius as eienaar aangewys moet word. 'n Ander

siening van die aangeleentheid, bv. dat selfs indien

bevind sou word dat Stannic nie eienaar is nie, dit

nog nie beteken dat Pretorius eienaar is nie, sou 'n

onhoudbare resultaat gee wat die partye nie kon beoog

het/
15 het nie, want wat sou dan met die voertuig (tans in Stannic se besit) moet gebeur? In hierdie verband moet ook in gedagte gehou word dat Vaaldor nie beweer dat hy enige reg op die voertuig het nie en dat New Vaal Motors, wat (soos sal blyk úit wat hieronder gese word) betrokke was by transaksies wat op die voertuig betrekking gehad het, nie aanspraak op die voertuig maak nie.

Ek let voorts op die getuienis wat op die vraag voor ons betrekking het.

Vaaldor, wat as Pieterse se maatskappy beskou kan word en wat deurgaans deur hom verteen-woordig is, het in 1975 eienaar geword van die voertuig waaroor die geskil tussen Stannic en Pretorius gaan.

Dit/
16 Dit is, soos ek reeds hierbo gesê het, 'n Mercedes Benz voorhaker wat in die stukke as Mercedes Benz LS 1924/36 beskryf word. Ek het tot sover daarna bloot as "die voertuig" verwys,maar omdat dit hierna nodig sal wees om te verwys na 'n ander Mercedes Benz voor-haker (Mercedes Benz LS 2624/36) wat ook in die saak gefigureer het, sal ek duidelikheidshalwe hierna, waar nodig,na die twee voertuie as onderskeidelik "die LS 1924/36" en "die LS 2624/36" verwys. In Augustus 1978 wou Pieterse 'n tweede voorhaker, groter as die LS 1924/36, probeer bekom. Hy het toe besluit om die LS 2624/36, wat New Vaal Motors in voorraad gehad het, aan te skaf, maar hy het nie geld gehad om

daarvoor/
17 daarvoor te betaal nie. Op 30 Augustus 1978 het hy toe me t Burger (hierbo genoem) gaan praat en dit blyk dat hulle besluit het dat daar om "finansiering" van die beoogde LS 2624/36- transaksie by Trust Bank aan-soek gedoen sou word en dat Pieterse die LS 1924/36 by New Vaal Motors sou inruil. Burger het getuig dat hy vir die doel van hierdie inruiling die LS 1924/36 op die kleinhoewe waar Pieterse gewoon het, gaan besigtig en bestuur het en dat hy toe besluit het om Pieterse R9 000 daarvoor aan te bied. Pieterse het getuig dat Burger nooit op die klein-hoewe was nie; dat hy (Pieterse) aan Burger gesê het dat die voertuig R9 000 werd was en dat Burger

dit/
18 dit aanvaar het sonder dat hy ooit die voertuig ge-sien het. Grobler, wat by Pieterse op die klein-hoewe gewoon het, het ook getuig dat Burger nooit op die kleinhoewe was nie en nooit die voertuig bestuur het nie. Burger het getuig dat Pieterse hom gevra het of hy (namens Vaaldor) die LS 1924/36 weer van New Vaal Motors af kon terugkoop, en dat hy (Burger), met die oog op die finansiering van die terugkooptran-saksie, toe vir Pullen (hierbo genoem) by Stannic gebel het. Pullen het, volgens Burger, aangedui dat finansiering kon geskied indien Pieterse eers 'n bedrag wat hy nog aan Stannic verskuldig was, betaal. Burger het ook getuig dat hy aan Pieterse gesê het dat die transáksie met betrekking tot die LS 1924/36

"absoluut/
19
"absoluut onderhewig aan goedkeuring van die transaksie
op die 2624 " was en dat, indien dié transaksie nie deur
Trust Bank goedgekeur word nie, "dan is daar geen tran—
saksie hoegenaamd nic." By dieselfde geleentheid -
d.w.s. die gesprek tussen Pieterse en Burger dp 30
Augustus 1978 - het Pieterse en Burger twee dokúmente

voltooi. Alhei is gedrukte dokumente met oop spasies

waar besonderhede ingevul kan word. Die êerste (bew.

"A" by die verhoor) dra die opskrif "Aankoop Aanbod".

Daarvolgens bied Vaaldor aan om die LS 2624/36 vir

die bedrag van R24 000 van New Vaal Motors

te koop en word die LS 1924/36 teen 'n waarde van

R9 000 ingeruil. In 'n oop ruimte onder die hoof

"Ekstras" is die volgende woorde in ink ingeskryf:

"Vehicle/
20 "Vehicle sold as is. Customer must do roadworthy." Laer af op die dokument, onder die hoof "Betaalbaar as volg", is in ink geskryf: "R3 500-00 Disc to be paid out in cash. Invoice to Trust Bank Verg." ("Disc" staan vir "discount", en "Verg." is 'n af-korting van "Vereeniging".) Die LS 1924/36 is nie inderdaad ingeruil nie. Dit het in Vaaldor se besit gebly, wat dit gebruik het totdat dit later aan Pretorius oorhandig is. Burger het getuig dat New Vaal Motors meer voertuie in voorraad gehad het as wat hulle nodig gehad het en dat hulle nie nog een wou hê nie. Wat die verwysing na die "discount" van R3 500 betref, het Burger getuig dat hy hierdie bedrag as "afslag" aan Vaaldor toegestaan het. Dit is gemene

saak/
21 saak tussen die partye dat die bedrag nie in kontant aan Vaaldor betaal is nie. Die bedrag figureer weer in latere dokumente, soos sal blyk uit wat hieronder gesê word.
Die tweede dokument wat op 30 Augustus 1978 voltooi is (bew. "B"), dra ook die opskrif "Aankoop Aanbod". Daarin bied Pieterse, namens Vaaldor, aan om die SL 1924/36 van New Vaal Motors te koop. Die prys wat aangegee word, is R9 000 - d.w.s. dieselfde bedrag as waarvoor dit, volgens bew. "A", ingeruil sou gewees het. Volgens bew. "B" is 'n kontantdeposito van R3 500 betaal en was die verskuldigde balans van die koopprys dus R5 500. Onder die hoof "Betaalbaar as volg" is in ink geskryf: "Faktuur na Stannic

Vereeniging/

22
Vereeniging." Pieterse het die aanbod namens Vaaldor onderteken. Volgens die dokument het Burger die aanbod hamens New Vaal Motors aangeneem. Hy het ook die dokument onderteken. Vaaldor het nie inderdaad 'n deposito van R3 500 (of enige ander bedrag) aan New Vaal Motors betaal nie.
Burger het getuig dat Trust Bank die transaksie met betrekking tot die LS 2624/36 op 31 Augustus 1978 "goedgekeur" het. (A.1 die datums wat hierna genoem word, is - behalwe waar anders aangedui -datums in 1978.) Toe dié goedkeuring verleen is,het hy gesê, het New Vaal Motors eienaar van die LS 1924/36 geword. Op dieselfde dag (31 Augustus) het New Vaal Motors 'n tjek vir R3 500 aan Stannic gestuur, en

aangeteken /....

23 aangeteken dat die "discount" wat in die LS 2624/36-transaksie (bew. "A") aan Vaaldor gegee is, gebruik is "as deposit to finance sale to him of

vehicle T I in by him originally ". Op die-
selfde dag het Pieterse, namens Vaaldor, 'n gedrukte vorm ingevul waarin hy sekere besonderhede in ver-band met Vaaldor verstrek en Stannic versoek het om die LS 1924/36 "ingevolge 'n huurkoopooreenkoms" teen 'n prys van R9 000 aan hom te voorsien. In dieselfde dokument bied Pieterse aan om 'n deposito van R3 307 te betaal en verklaar hy o.m. dat die LS 1924/36 Stannic se eiendom sal bly totdat die koopprys ten volle betaal is. Pieterse het by dieselfde geleentheid ook 'n vorm ingevul waarin hy besonderhede

van/
24 van sy eie finansiële posisie aan Stannic verskaf het. Díe besonderhede is aangevra omdat hy sou borg staan vir die verpligtinge van Vaaldor ingevolge die huurkoopooreenkoms wat ten opsigte van die LS 1924/36 aangegaan sou word. Die huurkoopooreenkoms (bew. "H") is die volgende dag deur Pullen (namens Stannic) en Pieterse (namens Vaaldor) onderteken. Volgens bew. "H" het Vaaldor 'n deposito van R3 307 betaal. Dit is ongeveer 'n derde van die "totale kontantprys" van die voertuig, soos in die bewysstuk genoem, nl. R9 919-54, wat uit drie bedrae saamgestel is, nl. R9 000 (die prys van die voertuig), R559-54 ('n versekeringspremie) en R360 (verkoopsbe-lasting.) Pieterse het van die bedrag van R3 307 net R973 self betaal. Vir die betaling van die balans

van/
25 van die deposito het Pullen die bedrag van R3 500, wat Stannic van New Vaal Motors ontvang het, aangewend: R2 334 daarvan is as deel van die deposito gebruik, en Rl 166 is gebruik om 'n ou skuld van Vaaldor aan Stannic te betaal. Pullen het getuig dat Stannic die LS 1924/36 van R9 000 van New Vaal Motors gekoop het en dat New Vaal Motors die voertuig namens Stannic aan Vaaldor sou lewer. Pullen het aanvaar dat New Vaal Motors eienaar van die voertuig was. Hy het nie geweet dat die LS 1924/36 voorheen aan Vaaldor behoort het nie.

Pieterse het op 31 Augustus nog 'n dokument onderteken. Dié dokument (bew. "P"), wat die volgende

dag/
26 dag deur Trust Bank onderteken is, bevat, volgens die inhoud daarvan, 'n huurkoopooreenkoms waarvolgens Trust Bank die LS 2624/36 aan Vaaldor verkoop. Volgens die dokument was die koopprys van die voertuig R24 960 en het Vaaldor 'n deposito van R9 000 betaal. Vaaldor het nie, soos bew. "P" te kenne gee, 'n deposito van R9 000 betaal nie. Hy het geen deposito betaal nie. Stannic het op 7 September 'n tjek vir die bedraq van R9 000 aan New Vaal Motors gestuur. (Soos onthou sal word, het New Vaal Motors, volgens bew. "A", die LS 2624/36 op 30 Augustus aan Vaaldor vir R24 000 verkoop en 'n deposito van R9 000 ten opsigte van die verkoopprys ontvang.) Wat hierdie deposito van R9 000 betref, het Burger getuig dat New Vaal Motors daardie
27 bedrag per tjek aan Trust Bank betaal het. Hy het in hierdie verband o.m. gesê: "... dit is die reël in besigheid dat wat ons as inruil vat, dit betaal ons in kontant oor aan die finansieringshuis." New Vaal Motors, het hy verder gesê, het die LS 2624/36 "deur middel van 'n faktuur" vir R24 000 aan Trust Bank verkoop.
Dit is in kruisverhoor aan Burger gestel dat Pieterse sou getuig dak hulle nooit werklik die bedoeling gehad het dat Pieterse die LS 1924/36 sou inruil nie en dat die "hele skema" bedoel was om 'n "kontantdeposito" in die hande te kry. Burger het die suggesties ontken en gesê dat hoewel die LS 1924/36 in Pieterse se besit gebly het, die ooreenkoms in ver-

band/
28 band daarmee (bew. "B") 'n werklike terugverkoop van die voertuig aan Vaaldor was nadat Vaaldor dit by New Vaal Motors ingeruil het. As stawing van die egtheid van die transaksie het Burger daarop gewys dat hy in sy eie handskrif die woorde "vehicle sold as is. Customer must do roadworthy" op bew. "A" geskryf het. Bew. "A", soos reeds gesê, bevat die ooreenkoms waar-volgens New Vaal Motors die LS 2426/36 aan Vaaldor verkoop het.
Pieterse het getuig, soos reeds hierbo gesê, dat hy die LS 2624/36 wou bekom, maar dat hy nie geld gehad het om daarvoor te betaal nie. Hy het toe die saak met Burger bespreek, en hoewel hulle van die "inruil" van die LS 1924/36 gepraat het,

was/
29 was dit nooit werklik sy bedoeling om van die voer-tuig afstand te doen nie: sy oogmerk was om 'n tweede voorhaker te hê. Pieterse het, volgens sy getuienis, aan Burger gesê dat die L5 1924/36 R9 000 werd was, en Burger het dit so aanvaar sonder dat hy die voertuig gesien het. Die sg. inruil van die LS 1924/36 en die terugkoop daarvan deur Vaaldor was, volgens Pieterse, bloot deel van 'n plan om R9 000 te bekom wat as deposito op die koopprys van die LS 2624/36 betaal sou word. Teen die einde van sy kruisverhoor is dit aan Pieterse gestel dat hy "die ernstige wil gehad (het) om eiendomsreg (d.w.s. op die L5 1924/26) oor te dra aan New Vaal Motors en van daar

af/

30

af dit te hou namens Stannic." Sy antwoord was "ja".
Die vraag was klaarblyklik daarop gemik om 'n erkenning van Pieterse te verkry wat sou kon dien as stawing van Stannic se saak (soos hieronder uiteengesit) dat hy eienaar van die voertuig, wat deurgaans in Vaaldor se besit was, geword het deurdat dit by wyse van constitutum possessorium aan hom gelewer is.
Ek is egter geensins daarvan oortuig dat Pieterse

'n behoorlike begrip gehad het van wat aan hom gestel is

nie. Kort nadat hy hierdie antwoord gegee het, is hy in herverhoor gevra of hy "weet of eiendomsreg inderdaad oorgegaan het na New Vaal Motors toe daardie 1924 sogenaamd ingeruil is", en sy antwoord was "nee". Hy het ook gesê dat hy nie weet of, soos Stannic se

prokureur/
31 prokureur dit aan hom gestel het, New Vaal Motors of Stannic die LS 1924/36 "wettiglik" aan hom "terugver-koop" het nie. Pieterse se getuienis wek by my die indruk dat hy soms verward was en nie 'n helder begrip gehad het van wat hy gevra is of wat aan hom gestel is nie. Hy was ten tyde van die verhoor 71 jaar oud en nie gesond nie. Volgens sy getuienis, wat nie betwis is nie, ly hy aan sy hart en het hy verkalkte are. In die loop van sy getuienis het hy die land-dros gevra of hy kon sit omdat hy nie meer kon staan nie. Hy is aan 'n lang (30 getikte bladsye) en skerp, soms venynige, kruisondervraging onderwerp, en dit is na my mening duidelik dat hy soms in die war ge-bring is. Die kruisondervraging het soos volg begin:

32

"Mnr Pieterse, u is nou by u volle ver-

stand? Ja.

Onthou u die dag toe u in my kantoor was

en ek u beskuldig het van diefstal?

Ek weet wat u gesê het.

Onthou u dat u vir my gesê het dat u is partykeer kranksinnig en u weet nie wat

u doen nie? Wat ek gese het ek het ver-

kalkte are en ek ly aan my hart. Ek kan nie te lank op my bene, staan nie. Soos ek nou hier is, is ek nou so moeg dat ek nie kan staan nie.

Onthou u die dag toe u ook vir mnr Pullen
vertel het toe hy vir u takseer het op u
bedrieglike optrede? Dat u ook vir hom
gesê het dat u is partykeer van u verstand
af? Nee, dit is nie so nie".

Hierdie vrae was die begin van 'n skerp aanval op

Pieterse omdat hy die LS 1924/36 aan Pretorius ver-
koop het terwyl dit, soos dit herhaaldelik aan hom
gestel is, die eiendom van Stannic was. Stannic se

prokureur/

33 prokureur het dit o.m. aan hom gestel dat, deur Pretorius se geld te neem, hy "die laagste en vuilste tipe van diefstal" gepleeg het. In sy redes vir uitspraak wy die landdros slegs twaalf reëls aan Pieterse se ge-tuienis. Hy sê daarin dat Pieterse bedrog gepleeg het toe hy die LS 1924/36 aan Pretorius verkoop het, en dan vervolg hy: "Die res van die getuienis is nie ter sprake (sic) of van veel betekenis nie en in elk geval word die getuienis van Pieterse se familielid verwerp weens verskeie hoogs (sic) onwaarskynlikhede wat daarin voorgekom het." Ek aanvaar dat Pieterse, wat meermale teenstrydige antwoorde gegee het, nie 'n goeie getuie was nie, maar al doen 'n mens dit, bly

daar/
34 daar nog die vraag of sy optrede en bedoeling met die transaksies wat hy met New Vaal Motors en Stannic aangegaan het sodanig was dat dit regtens die uit-werking gehad het dat Stannic eienaar van die LS 1924/36 geword het. Hierdie vraag word 'n bietjie later be-handel.
Ek verwys vervolgens na die getuienis van Pieterse en Grobler m.b.t. 'n dokument waarvan ek nog nie melding gemaak het nie. Pieterse het getuig dat Burger hom op 'n dag na sy kantoor toe laat kom het en hom gevra het om 'n dokument te onderteken. Hy (Pieterse) het na die dokument gekyk en toe aan Burger gesê dat hy eers sy suster se seun (d.w.s. Grobler) wou raadpleeg. Hy het toe vir Grobler gebel om na Burger

se /

35

se kantoor toe te kom. Toe Grobler daar kom, het hy
geweier dat Pieterse die dokument onderteken. Hy

(Grobler) het die dokument geneem en gesê dat hy eers
'n prokureur wou raadpleeg. Ek haal die dokument

(bew. "O" by die verhoor) hieronder aan. Grobler
het getuig dat hy na New Vaal Motors toe gegaan het
nadat hy deur Pieterse gebel is en dat hy vir Pieterse
gesê het dat hy nie die dokument moet onderteken nie
omdat hy (Grobler) dit eers aan 'n prokureur wou voorlê.
Hy het toe die dokument geneem, het hy gesê, "en die
volgende oggend het ons dit vir u gegee." (Die "u"

is skynbaar 'n verwysing na die prokureur wat hom

ondervra het.) Burger het in kruisondervraging gesê

dat hy niks van die dokument af weet nie en dat hy

Grobler/
36 Grobler glad nie ken nie. Pullen is geen vrae oor die dokument gevra nie. Die dokument lui soos volg:

VERKLARING

Ek, die ondergetekende, ALLEN WILHELM GUSTAV PIETERSE, van Plot 42 Highberry, verklaar hiermee dat die transaksie ten opsigte van sekere MERCEDES BENZ LS 1924/36 VOORHAKER Registrasie nommer TON 10410 wat op 30 Augustus 1978, met NEW VAAL MOTORS (EDMSJ BPK., VEREENIGING, gedoen was, die volgende prosedure gevolg het.

Ek het die transaksie telefonies met mnr Burger van NEW VAAL MOTORS (EDMS) BPK., bespreek. Op aandrang van Mnr Burger het ek die voertuig na NEW VAAL MOTORS se per-seel op h/v Rhodes en Union laan Vereeniging gestuur om waardeer te word teen die aankoop van 'n gebruikte MERCEDES BENZ LS 2624/36 Meganiese Perd. Mnr Burger het my R9 000,00 aangebied as inruilwaarde en ek het dit aan-vaar. Ons het Trust Bank geskakel vir kredietgoedkeuring op die transaksie op die MERCEDES BENZ LS 2624/36 waarop ons toe reeds ooreengekom het. Op hierdie stadium

het/
37

het Mnr Burger aan Mnr Smit instruksies gegee om die MERCEDES BENZ LS 1924/36 na die agterplaas van NEW VAAL MOTORS se perseel te neem en die sleutels na sy (Mnr Burger) se kantoor te bring, wat wel so gedoen was. Terwyl ons gewag het vir Trust Bank om goed-keuring te gee, wat binne een uur gebeur het, het ek Mnr Burger gevra op watter voor-waarde ek die LS 1924/36 kan terug koop. Mnr Burger het dit vir my aangebied vir dieselfde bedrag nl. R9 000,00 wat hy my daarvoor aangebied het, mits, ek die nodige deposito het om die transaksie by 'n finansier— ingshuis te plaas.

Ek het aangebied om R3 500,00 deposito te gee. Mnr Burger het Stannic geskakel en gevra of hulle die transaksie sal doen aan-gesien Stannic oor al my besonderhede be-skik, het hulle die transaksie onmiddellik goedgekeur. Net minute hierna het Trust Bank terug geskakel om te sê dat die transaksie op die MERCEDES BENZ LS 2624/36 goedgekeur was.

Op hierdie stadium het Mnr Burger vir Mnr Smit ingeroep om die transaksie op die MERCEDES DENZ LS 1924/36 op te teken. Nadat ek die nodige dokumente geteken het,

38

het Mnr Burger instruksies gegee dat beide transaksies gefaktureer word en dat Mnr Smit my eers na Trust Bank en daarna na Stannic neem om die kontrakte te onderteken. Nadat alle kontrakte onderteken was, wat ongeveer een en 'n half uur later was het ons terug by Mnr Burger in sy kantoor gekom.

Hlerna het Mnr Burger die sleutels van die MERCEDES BENZ LS 1924/36 registrasie nommer TON 10410 aan my terug gegee en die voertuig namens Stannic aan my oorhandig.
GETEKEN TE VEREENIGING 0P 19 DESEMBER 1978." Daar kan na my mening weinig twyfel bestaan dat hierdie dokument opgestel is met die gedagte dat, indien Pieterse dit onderteken, dit sou neerkom op 'n erkenning dat hy die voertuig aan New Vaal Motors gelewer het en in hulle besit gelaat het; dat hy die voertuig weer by New Vaal Motors teruggekoop het en dat New Vaal Motors dit later namens Stannic aan hom

gelewer/
39 gelewer het. Dit behoef kwalik enige betoog dat sodanige erkennings Stannic se saak sou kon bevorder, of vergemaklik, het.
Grobler is gekruisvra oor sy getuienis in verband met die dokument (bew. "O"), maar die onder-vraging kom op weinig meer neer as die stelling dak dit eienaardig is dat Grobler, wat niks van die saak af geweet het nie, vir Pieterse sou gesê het dat hy nie die dokument moet onderteken nie. Grobler se antwoord hierop was dat hy 'n prokureur wou raadpleeg omdat Burger gedreig het dat hy Pieterse sou "opsluit" as hy die dokument nie onderteken nie. (Pieterse het ook getuig dat hy op hierdie wyse gedreig is.)

Pieterse/
40 Pieterse is glad nie gekruisvra oor sy getuienis m.b.t. die dokument nie. Die landdros maak geen melding van die dokument in sy redes vir uitspraak nie. Die hof a quo was van mening dat die getuienis van Pieterse en Grobler oor die dokument aanvaarbaar is en dat afgelei kan word dat "Burger wou bewys dat New Vaal Motors namens die eiser (d.w.s. Stannic) gelewer het, wat hy goed geweet het wat hulle nie ge-doen het nie." Ek het reeds gesê dat die dokument na my mening bedoel was om Stannic se saak te bevorder, en in diê omstandighede kan daar geen rede wees om te dink dat die dokument deur, of ten behoewe van, Vaaldor, Pieterse of Pretorius opgestel is nie. Hierdie oorweging verleen steun aan Pieterse en Grobler

se/

41

se getuienis dat die dokument, deur wie dit ook nou al opgestel mag gewees het, deur Burger aan Pieterse voorgelê is. En, soos reeds aangedui, die klaarblyklike bedoeling was dat die dokument, ná ondertekening deur Pieterse, sou help om as bewys van Stannic se saak teen Pretorius te dien.
Stannic se saak in die landdroshof en in die hof a quo was dat hy eienaar van die LS 1924/36 geword h'et nadat New Vaal Motors eienaar daarvan was. Daar is aangevoer dat die proses waarvolgens Stannic eienaar geword het en nog eienaar gebly het nadat hy die voertuig aan Vaaldor verkoop het, die volgende drie stappe behels het, nl.:

(A)/

42

(A)Vaaldor het sy eiendomsreg op die voertuig aan New Vaal Motors oorgedra toe Pieterse die voertuig by New Vaal Motors ingéruil het, en lewering van die voertuig aan New Vaal Motors, wat nodig was om New Vaal Motors eienaar te maak, het by wyse van constitukum possessorium geskied.
(B)New Vaal Motors het die voertuig aan Stannic verkoop, en lewering van die voertuig aan Stannic het by wyse van "attornment" geskied.
(C)Stannic het die voertuig ingevolge 'n huurkoopooreenkoms (bew. "H") aan Vaaldor verkoop, maar sou eienaar daarvan bly

totdak/
43 totdat Vaaldor al die verskuldigde paaiemente betaal het; New Vaal Motors het die voertuig namens Stannic aan Vaaldor gelewer. Bogemelde betoog was mnr Muller, namens Stannic, se alternatiewe betoog in hierdie hof. Sy hoofbetoog, wat uitgaan van die verondersteliing dat New Vaal Motors nie eienaar van die LS 1924/36 geword het nie, lui dat, deur bew. "H" te onderteken. Vaaldor verklaar het dat hy die LS 1924/36 namens Stannic as eienaar sal hou; clat Stannic terselfdertyd die bedoeling gehad het om eienaar van die voertuig te word; dat lewering van die voertuig deur Vaaldor aan Stannic by wyse van constitutum possessorium

geskied/

44

geskied het, en dat Stannic gevolglik eienaar van die
voertuig geword het,

Ek behandel eers die alternatiewe betoog.

Die eerste stap in hierdie betoog is, soos in (A)

híerbo aangedui, dat Vaaldor die LS 1924/36 by New

Vaal Motors ingeruil het en dat lewering van die voer-

tuig deur Vaaldor aan New Vaal Motors by wyse van

constitutum possessorium geskied het. Constitutum

possessorium is, soos bekend, 'n erkende, dog met agterdog

bejeënde, metode van lewering van 'n roerende saak in

ons reg. (Kyk Goldinger's Trustee v. Whitelaw & Son,

1917 AD 66 op bl. 74;Vasco Dry Cleaners v. Twycross,

1979(1) S.A. 603(A); C.G. van der Merwe, Sakereg, bls.

217-218.) Dit bestaan daarin, eenvoudig gestel, dat

die/
45 die eienaar van 'n saak, wat ook in besit daarvan is, dit aan iemand anders vervreem en dit dan in eiendom aan daardie persoon oordra, nie deur die saak self aan hom te lewer nie, maar bloot deur 'n wilsbesluit om dit voortaan nie meer vir homself as eienaar te hou nie, maar vir daardie ander persoon. (Kyk Goldinger's Trustee v. Whitclaw & Son, supra, op bl. 85; Mankowitz v. Loewenthal, 1982(3) S.A. 758(A) op bl. 766; Van der Merwe, op cit. , bls 218-219.) In die onderhawige geval, lui die bétoog, het Vaaldor die LS 1924/36 aan New Vaal Motors vervreem deur dit by hulle in te ruil en het hy hulle eienaar van die voertuig gemaak, nie deur die voertuig self aan hulle te lewer nie, maar deurdat hy bedoel het om dit voortaan nie meer vir

homself/ .
46 homself as eienaar te hou nie, maar vir hulle.
Soos hieronder sal blyk, is ek van mening dat hierdie betoog nie kan slaag nie.
Ek wys in die eerste plek daarop dat daar in Burger se getuienis niks te vind is wat toon dat Pieterse uitdruklik toegestem of andersins te kenne gegee het dat hy die LS 1924/36 vir New Vaal Motors as eienaar hou nie. Die vraag is of daar ander ge— tuienis is waaruit so 'n bedoeling van die kant van Pieterse afgelei kan word.
Burger het getuig dat hy aan Pieterse gesê het dat die LS 1924/36 New Vaal Motors se eiendom sou word wanneer Trust Bank die voorgenome transaksie met betrekking tot die LS 2624/36 goedgekeur het, maar

dit/

47

dit blyk nie wat Pieterse se reaksie op hierdie be-weerde mededeling was nie. Al aanvaar 'n mens dat die mededeling gedoen is, beteken dit nog nie dat Pieterse daarmee saamgestem het en dat hy die bedoeling gehad het om ná Trust Bank se goedkeuring van die LS 2624/36-transaksie die LS 1924/36 voortaan vir New Vaal Motors as eienaar te hou en nie meer vir Vaaldor nie. Ek sou in ieder geval ook aarsel om te aanvaer dat Pieterse, wat van lewering deur constitutum possessorium niks sou geweet het nie, sou besef het dat so 'n verandering van bedoeling van sy kant eiendomsoordrag van die voertuig aan New Vaal Motors tot gevolg sou hê. Die goedkeuring deur Trust Bank waarna Burger verwys het, is, volgens sy getuienis, op 31 Augustus gegee, en
48 ek let derhalwe op wat daar volgens sy getuienis en die dokumente wat die datum 31 Augustus dra op daardie dag en die dag daarna plaasgevind het. Volgens Burger het hy, nadat hy van Trust Bank se goedkeuring gehoor het, 'n voertuigfaktuur (hierbo genoem) aan Stannic uitgemaak. Dié faktuur bevat 'n verwysing na "Aankoop Aanbod Nr. 6192" (d.w.s. bew. "B", die oor-eenkoms waarvolgens Vaaldor op 30 Augustus die LS 1924/36 van New Vaal Motors sou gekoop het) en dit sê aan Stannic : "To be delivered on your behalf to Vaaldor Beleggings Edms Bpk." (0p 31 Augustus het New Vaal Motors ook 'n tjek vir R3 500 aan Stannic gestuur en aangeteken dat dit die afslag is wat op die

verkoop van die LS 2624/36

aan/

49

aan Vaaldor - bew. "A" - toegestaan is.) New Vaal

Motors sê dus in hierdie faktuur op 31 Augustus aan

Stannic dat hy die LS 1924/36 namens Stannic aan Vaaldor sal

lewer. Volgens bew. "B", wat, volgens Burger, ná
Trust Bank se goedkeuring van die LS 2624/36-transaksie

op 31 Augustus in werking getree het, sou New Vaal
Motors dus op dié dag die LS 1924/36 aan Vaaldor ver-
koop het. Dit is egter duidelik dat New Vaal Motors

nie die LS 1924/36 namens Stannic aan Vaaldor sou kon

lewer as hy dit ingevolge 'n transaksie met Vaaldor

(bew. "B") aan laasgenoemde gelewer het, of moes

lewer, nie. Daar moet in hierdie verband in gedagte

gehou word dat, volgens Burger, Vaaldor sy reg om in

besit/
50 besit van die LS 1924/36 te bly, ontleen het aan die transaksie (bew. "B") waarvolgens New Vaal Motors die voertuig aan hom verkoop het. In hierdie omstandighede -en waar 'n mens weet dat Stannic, met New Vaal Motors se medewete en medewerking, voortgegaan het om die LS 1924/36 ingevolge die huurkoopooreenkoms (bew. "H") aan Vaaldor te verkoop - is dit moeilik om te aanvaar dat die voertuig inderdaad aan Vaaldor verkoop is, en gevolglik ook moeilik om te aanvaar dat die voertuig in Vaaldor se besit gelaat is deurdat hy dit, soos Burger se, van New Vaal Motors teruggekoop het. In hierdie verband kan verder daarop gewys word dat indien daar 'n ernstige hedoeling was om die transaksie wat in

bew/
51 bew. "B" beliggaam is aan te gaan, dit sou beteken dat Vaaldor die LS 1924/36 vir R9 000 by New Vaal Motors gekoop het en dat hy 'n dag of twee daarna dieselfde voertuig op huurkoop teen 'n totale huurkoopprys van Rll 375-76 by Stannic gekoop het (bew. "H"). Pieterse kon kwalik ernstig bedoel het om so iets te doen.

Daar is ook ander getuienis wat 'n mens na my mening verhinder om met die nodige sekerheid te bevind dat Pieterse die bedoeling gehad het om die LS 1924/36 namens New Vaal Motors as eienaar te hou. Dit blyk nl. dat hy op 31 Augustus 'n dokument onder-teken het (bew. "F") waarin hy vir Stannic vra om die LS 1924/36 op huurkoop aan hom te verkoop en waarin

hy/
52 hy toestem dat Stannic eienaar van die voertuig sal bly totdat die volle koopprys daarvan betaal is. Pieterse gee dus op 31 Augustus te kenne dat hy Skannic as eienaar van die LS 1924/36 beskou. Hier-die erkenning is die volgende dag - 1 September -herhaal toe die huurkoopooreenkoms (bew. "H") aange-gaan is. Dit rym nie met die gedagte dat Pieterse hom op 31 Augustus voorgeneem het om die LS 1924/36 voortaan vir New Vaal Motors as eienaar te hou en nie.

Ek het reeds hierbo na Pieterse se ge-tuienis verwys. Ek het ook daarop gewys dat hy in kruisondervraging, toe dit aan hom gestel is dat hy

"die/....
53 "die ernstige wil gehad (het) om eiendomsreg (d.w.s op die LS 1924/36) oor te dra aan New Vaal Motors en van daar af dit te hou namens Stannic", "ja" geantwoord hek, maar dat hy daarna weer 'n antwoord gegee het . wat 'n mens laat dink dak hy nie 'n duidelike begrip gehad het van wat daar aan hom gestel is nie. Sy optrede op 31 Augustus, toe hy dokumente onderteken het (bewysstukke "F" en "H") waarin Stannic as die eienaar van die LS 1924/36 aangegee word, gee eerder blyke van 'n bereidwilligheid van sy kant om Stannic -wat die R9 000 voorsien het wat as deposito op die koopprys van die LS 2624/36 betaal is - as eienaar van die LS 1924/36 te beskou as van 'n bedoeling dat hy van daardie dag af laasgenoemde voertuig vir New Vaal

Motors/
54 Motors as eienaar sou hou.
In die lig van die voorgaande is ek van mening dat Stannic nie bewys het dat New Vaal Motors eienaar'van die LS 1924/36 geword het soos in (A) hierbo betoog nie.

Die bevinding dat nie bewys is dat New Vaal Motors eienaar van die LS 1924/36 geword het nie, bring noodwendig mee dat ook nie bevind kan word dat, soos in (B) hierbo betoog, New Vaal Motors vir Stannic eienaar daarvan gemaak het nie: niemand kan 'n groter

reg as wat hy self het aan iemand anders oordra nie.

egter Ek wys/kortliks daarop dat selfs indien New Vaal

Motors/
55 Motors eienaar van die LS 1924/36 geword het, die feite van die saak nogtans nie sodanig is dat Stannic eienaar daarvan kon geword het nie. Om oorgang van eiendom van een persoon na 'n ander te bewerkstellig, moet daar lewering in die een of ander erkende vorm van die betrokke saak aan die eiendomsverkryger plaas-vind. Indien aanvaar word dat New Vaal Motors eienaar van die voertuig was en hy Stannic eienaar daarvan wou maak, sou hulle dit dus aan Stannic moes gelewer het. Hulle kon die voertuig self nie lewer nie, want dit was deurgaans in die besit van Vaaldor. Daar is - in die veronderstelling dat New Vaal Motors eienaar was - betoog dat lewering van die voertuig

deur/
56 deur New Vaal Motors aan Stannic by wyse van "attornment" geskied het. Lewering deur "attornment" geskied, kort en eenvoudig gestel, waar die eienaar van 'n saak wat deur iemand anders vir hom as eienaar gehou word, aan dié houer opdrag gee om die saak voortaan vir iemand anders, d.w.s. die eiendomsverkryger, te hou, en die houer dit dan doen. "Attornment" vereis 'n drieledige ooreenkoms tussen die eienaar van die saak, die houer daarvan en die eiendomsverkryger waarvolgens die houer die saak voortaan vir die eiendoms-verkryger as eienaar sal hou en nie meer vir die eienaar nie. (Kyk Hearn & Co. (Pty) Ltd v. Bleiman, 1950(3) S.A. 617(K) op bl. 625 C-G; Van der Merwe op_. cit. , hl.

220.)

Toegepas/
57 Toegepas op die onderhawige geval, en in die ver-onderstelling dat New Vaal Motors eienaar van die voertuig was, sou eiendomsverkryging op Stannic by wyse van "attornment" kon geskied het indien New Vaal Motors aan Vaaldor, wat in besit van die voertuig was, opdrag gegee het om die voertuig nie meer vir hulle as eienaar tc hou nie maar vir Stannic; dat Vaaldor die opdrag aanvaar het en dat Stannic bedoel het om I eienaar van die voertuig ke word. Die feite van die saak toon dat daar gecn sodanige "attornment" kon ge-wees het nie, want selfs indien 'n mens aanvaar dat Vaaldor die voertuig vir New Vaal Motors as eienaar gehou het, dan was daar gecn drieledige ooreenkoms,

soos/

58

soos hierbo genoem, nie. Daar moet op gelet word dat dit in ieder geval nie Stannic se saak ïn die landdroshof was dat die voertuig ingevolge lewêring deur "attornment" op hom as eiendomsverkryger oorge-gaan het nie. Pullen, wat getuig het dat Stannic die LS 1924/36 by New Vaal Motors gekoop het, het . gemeen dat dit in New Vaal Motors se besit was en dat hulle dit namens Stannic aan Vaaldor sou lewer. Ek kom nou by mnr Mullcr se hoofbetoog. Dit lui, om te herhaal, dat, deur die huurkoopoor-eenkoms (bew. "H") te onderteken, Vaaldor verkláar dat hy die LS 1924/36 namens Stannic as eienaar hou; dat Stannic die bedoeling gêhad het om eienaar van die voertuig te word; dat lewering van die voertuig deur

Vaaldor/........
59 Vaaldor aan Stannic by wyse van constitutum possessorium geskied het en dat Stannic gevolglik eienaar van die voertuig geword het. Die betoog kan nie slaag nie. Dit was nie Stannic se saak in dIe landdroshof dat hy sy eiendomsreg op die voertuig van Vaaldor af verkry het nie. Hy het gemeen dat hy dit van New Vaal Motors af verkry het. Pullen het bv. nie eers geweet dat die voertuig aan Vaaldor behoort het nie. Verder, toe Pieterse bewysstuk "H" op l September onderteken het, het Stannic homself blykbaar reeds as eienaar van die voertuig gesien en nie as iemand wat bedoel het om eienaar te word deurdat Vaaldor dit vir hom as eienaar sou hou nie.
60 My bevinding is gevolglik dat Stannic nie bewys het dat hy eienaar van die LS 1924/36 is nie. In die lig van wat ek hierbo gesê het oor die geskil-punt tussen die partye in die landdroshof en die skriftelike ooreenkoms wat hulle ná die appèl in die hof a quo met mekaar aangegaan het, moet Pretorius gevolglik as die eienaar van die voertuig beskou word. Hieruit volg dat hy geregtig is op betaling van skadevergoeding, bereken soos in paragraaf (1) van die partye se skriftelike ooreenkoms bepaal, asook op teruggawe van die voertuig, of anders op betaling van die waarde daarvan. Daar is nie ge-tuienis oor die waarde van die voertuig voorgelê

nie/
61 nie, hoewel daar 'n dokument in die stukke is (gemerk "Bew. 'N'")waaruit blyk dat 'n taksateur van die Meester van die Hooggeregshof (Transvaalse Provinsiale Afdeling), op versoek van Stannic (soos dit wil voor-kom), die voertuig op 21 Maart 1979 teen R5 000 ge-waardeer het. Wat die bepaling van die omvang van Pretorius se skade betref, kan dit geen nut hê om die saak na die landdros terug te verwys nie, en so 'n stap sou net onnodige koste veroorsaak. Ek meen derhalwe dat hierdie hof nou die geskil tussen die partye vir sover moontlik finaal moet besleg. Die punt wat nie finaal beslis kan word mie, is die waarde van die voertuig indien dit nie aan Pretorius afgegee

sou/
62 sou word nie. Daar dit moontlik is dat die partye in so 'n geval nie oor die waarde van die voertuig sal kan ooreenkom nie, kan hulle die geleentheid om na die landdroshof oor diê kwessie terug te gaan, nie ontneem word nie. Dit word soos volg beveel:

(A)Die appèl word met koste afgewys.
(B)Die bevel van die hof a quo word deur die

volgende bevel vervang:

"(l) Die appèl slaag met koste, uit-gesonderd een—derde van die koste van die voorbereiding van die notule.
(2) Die bevel van die landdroshof word deur die volgende bevel vervang:
(a) Eiser se eis word met koste afgewys en Eiser moet Derde

Verweerder/

63

(Eiser in rekonvensie) se koske van die teeneis betaal.
(b) Dnar word verklaar dat Derde Verweerder die eienaar van die Mercedes Ben% 1924/36 is en dat Eiser (Verweerder in rekonvensie) dié voertuig aan Derde Verweerder moet lewer of ahders die waarde daarvan aan Derde Verweerder moet bekaal.
(c) Eiser word beveel om 03 928-00, tesame met rente bereken teen 'n koers van 6% per jaar op R3 800-00 vanaf 1 September 1981 tot en met 30 November 1984 aan Derde Verweerder te betaal.
(d) Die saak kan vir verdere ver-hoor deur enige van die partye ter rolle geplaas word indien en vir sover dit nodig mag blyk te wees om die waarde van die Gemelde voertuig vir die doel van para-graag (b) hierbo te bepaal.'" '
P J RABIE HOOFREGTFR.

64

JOUBERT, AR.

HEFER, AR.
Stem saam. WESSELS, WND AR.

GALGUT, WND AR.


SAFLII: | Terms of Use | Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/151.html