![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In
die saak tussen:
A J SHEPHERD (EDMS.) BPK
Appellant
en
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY
BEPERK Respondent
Coram: RABIE, HR, MILLER, VILJOEN, BOTHA, ARR et
GALGUT, WND
AR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
11 September 1984. 15 November 1984.
UITSPRAAK
RABIE. HR :/
2
RABIE, HR:
Die áppellant het in die Kaapse
Provinsiale Afdeling R28 000 van die respondent, 'n
versekêrings-maatskappy, geëis
nadat sy Pontiac Trans-Am-voertuig op
22 Julie 1981 in 'n botsing betrokke was en on-herstelbaar beskadig is. Sy saak
was dat die
res— pondent verplig was om die gemelde bedrag, die waarde van
die voertuig, aan hom te betaal omdat die voertuig op die datum
van die botsing
by die respondent ver-seker was. In sy repliek het die appellant in die
alternatief gesê dat indien bevind
sou word dat die versekering, soos deur
hom beweer, op die gemelde datum regtens nie van krag was nie, die respondent
belet
("estopped")/....
3
("estopped") was om te beweer dat die voertuig nie behoorlik verseker was nie. Die hof a quo (Van Heerden, R.) het die appellant se eis met koste afgewys, en die appél is teen hierdie bevel gerig. Die feite van die saak word hieronder weergegee.
Die respondent het, ná 'n skriftelike aan— soek om versekering deur die appellank, op 13 Maart 1980 'n sg. "Boere Multiplexpolis" (polis no 3197120) aan die appellant uitgereik. Die appellant bedryf 'n boerdery op 'n plaas in die distrik Letaba en die polis was bedoel om versekering teen skade aan o.m. die plaaswoning, met sy inhoud, en sekere voertuie te verskaf. Premies onder die polis sou kwartaalliks betaalbaar wees, en betaling sou geskied wanneer die
respondent/
4
respondent 'n debietorder (wat deur hom
voorberei sou word) vir die betrokke bedrag by die appellant se bank, nl, Trust
Bank, in Tzaneen
vir betaling sou aan-
bied. Onder die opskrif "Algemene Voorwaardes" word
in die volgende/paragraaf (c)(3) van die polis oor die
betaling van premies gesê:
"Deur die aanvaarding van hierdie versekering magtig die Versekerde Santam om die bedrag van die premie en seëlreg deur Santam verlang vir die versekering ingevolge hierdie polis in ooreenstemming met die 'periode van hoe dikwels die debietorder vir betaling aange-bied moet word'(soos in die bylae van hier-die polis vermeld) op die rekening by die Instansie in die bylae van hierdie polis
genoem te trek, met dien verstande
dat indien die voormelde Instansie in ge-breke bly om betaling op aanvraag te doen sal die versekering ingevolge hierdie polis geag word (nieteenstaande enigiets andersluidend in hierdie polis vervat) te verval het op
die/
5
die laaste dag van die ononderbroke periode waarvoor die Versekerde wel premie aan
Santam betaal het. en sal Santam alle premie wat reeds betaal is behou."
Volgens die bylae by die polis is die "periode van hoe
dikwels die
debietorder vir betaling aangebied moet word",
soos in paragraaf (C)(3) genoem, "kwartaalliks", terwyl
die "Instansie"
waarna daar in die paragraaf verwys word,
die appellant se bogemelde bank in
Tzaneen is. Met
betrekking tot die kwessie van die versuim om 'n premie
te betaal, moet daar ook gelet word op die volgende
paragraaf wat in die
appellant se skriftelike aansoek
om versekering voorkom,t.w.:
"Ek verstaan en aanvaar dat:
(ii) indien enige betaling ingevolge hierdie versoek nie deur die Maatskappy ont-vang word nie, die versekering ingevolge die polisse of polis waarna in hierdie
aansoek/........
6
aansoek verwys word geag sal word om te verval het op die laaste dag van die ononderbroke periode waarvoor die Maatskappy wel betaling(s) ingevolge hierdie versoek ontvang het."
Wat hierdie verklaring betref, moet verder gelet word
op die bepaling in die polis dat -
"enige aansoek en/of verklaring betreffende die versekering ingevolge hierdie polis wat deur of namens die Versekerde gedoen/gemaak is die basis van hierdie polis sal wees en deel van hierdie polis sal uitmaak".
Wat die bepalings van die polis betref,
wys ek ook op paragraaf (C)(4) van die "Algemene Voor-
waardes". Dit lui soos volg:
"Behalwe indien die premie wat deur Sanlam verlang word vir een jaar se versekering ingevolge hierdie polis jaarliks in een
bedrag/
7
bedrag vooruitbetaal word is die kontraktermyn van hierdie polis nie 'n termyn van 'n jaar nie maar sodanige kontraktermyn sal geag word om te wees 'n termyn wat ooreenstem met die 'periode van hoe dikwels die debietorder vir betaling aangebied moet word' (soos in die bylae van hierdie polis vermeld.)"
In die lig van wat hierbo gese is, is dit duidelik dat
die "kontraktermyn"
van die polis wat aan die appellant
uitgereik is, die tydperk is ten opsigte
waarvan 'n
premie betaal moet word, d.w.s. 'n kwartaal op 'n keer.
Die debietorder wat op 2 April 1981 ten
opsigte van die kwartaal wat op 12 Maart 1981 verstryk
het deur die respondent by die appellant se bank in
Tzaneen vir betaling aangebied is, is nie betaal nie.
Die appellant het nie gesorg dat daar geld in sy rekening
was/
8
was om die betrokke bedrag te betaal nie. Op 3 Junie
1981 is weer 'n debietorder deur die respondent voorgelê,
maar dit is ook nie betaal nie. Daarna is geen verdere
debietorders voorgelê nie en die appellant het ook
geen betaling gemaak nie. Die laaste ononderbroke periode
ten opsigte waarvan die appellant 'n premie betaal het,
het dus op 12 Maart 1981 verstryk, en volgens die be-
palings van paragraaf (C)(3) van die "Algemene Voorwaardes"
(hierbo
aangehaal) - asook volgens die verklaring
deur die appellant in sy skriftelike aansoek om 'n polis
(ook hierbo aangehaal) - "sal" die versekering ingevolge
die polis gevolglik "geag word om .... te verval het"
op 12 Maart 1981. Op 12 Junie 1981 het 'n klerk in
die diens van die respondent 'n skrywe aan die appellant
by/
9
by sy posadres gerig waarin die appellant o.m. meegedeel
is dat die debietorder van 2 April 1981 nie betaal is
nie en dat -
"in terme van u polis bestaan daar geen dekking nie gedurende daardie tydperk waarvoor die Maatskappy nie die premie wat verlang word ontvang het nie."
Daar kan waarskynlik aanvaar word dat die brief in
die normale gang van die respondent se sake gepos is,
maar mnr A.J. Shepherd, wat, saam met sy eggenote, al
die aandele in die appellant-maatskappy hou en wat
ten behoewe van die appellant by die verhoor getuienis
afgelê het, het getuig dat die appellant nie die
brief ontvang het nie. Daar is nie ander getuienis
oor die vraag of die appellant die brief ontvang het
nie, en in die omstandighede sal ek aanvaar dat hy
dit/
10
dit nie ontvang het nie. (Mnr Shepherd se getuienis was dat hy teen die einde van Julie 1981 vir die eerste maal verneem het van debietorders wat nie betaal is nie. Dit was nl. toe hy 'n brief, gedateer 23 Julie 1981, van die respondent - blykbaar die respondent se hoofkantoor in Kaapstad - ontvang het waarin daar melding gemaak word van 'n "onbetaalde debietorder vir Mei 1981 en gesê word: "U rekening beskik nie oor voldoende fondse nie.")
Op 7 Julie 1981 het mnr Shepherd die respondent se kantoor op Pietersburg gebel eh 'n ge-sprek met 'n mev. Korff, 'n klerk in daardie kantoor, gevoer. Volgens sy getuienis het hy haar gevra "vir dekking van my motorkar" (d.w.s. die bogemelde Pontiac), en het, sy "bevestig dat hulle die motor gedek hou en
dat/.............
11
dat hulle my per pos sal in kennis stel." Daarna het
hy 'n dokument,
waarop gedruk staan dat dit 'n endossement
by die bogemelde polis no, 3197120
is, van die res-
pondent ontvang. (Hierdie endossement is Aanhangsel
"A" by die besonderhede van die appellant se eis.)
Daarvolgens is vanaf 6
Julie 1981 (i) die versekering
van die inhoud van die huis op die plaas tot R25 000
verhoog, en (ii) die Pontiac, met 'n waarde van R28 000,
by die voertuie wat reeds onder die polis verseker
was, "bygevoeg". Mev. Korff, wat 'n aantekening van
haar gesprek met mnr Shepherd gemaak het en wie se ge-
tuienis deur die verhoorregter aanvaar is, het o.m.
getuig:
".... mnr Shepherd het gebel en gesê hy het 'n nuwe voertuig gekoop wat hy graag
wil/
12
wil verseker en ek het gevra of hy ver-sekering by ons het, waarna hy dan die polis-nommer aan my verskaf het. Toe het ek gesê goed, ons voeg dit vir hom by, waarna hy dan 'n endossement sal ontvang ter bevestiging van die byvoeging."
Mev. Korff het nie self die endossement ultgereik nie,
maar het die
inligting wat sy van mnr Shepherd ontvang
het na iemand anders deurgestuur.
Sy het ook ge-
tuig dat mnr Shepherd nie met haar oor premies gepraat
het nie; dat sy nie na die lêer wat op die polis be-
trekking het, gekyk het nie, en dat sy nie geweet het
van debietorders wat nie betaal is nie. Die endossement
is deur 'n mej. Laups uitgereik. Sy het dit opgestel
met verwysing na die aantekening wat mev. Korff gemaak
het. Sy het o.m. getuig dat wanneer sy so 'n aantekening
ontvang/
13
ontvang, sy na die polislêer kyk om seker te maak dat die nommer van die polis wat daarop verskyn dieselfde is as dié wat in die aantekening vermeld word. Volgens haar getuienis was daar niks op die omslag wat daarop gedui het dat die polis nie meer van krag was nie en het sy die endossement uitgereik in die geloof dat die polis nog van krag was. Mej. Laups het verder getuig dat dit deel van haar werk was om endossemente by polisse uit te reik, maar dat sy geensins die be— voegdheid gehad het om 'n nuwe polis uit te reik of om 'n polis wat verval het weer in te stel nie. Net die bestuurder of adjunk-bestuurder kon dit doen, het sy gesê. Hierdie bewering is bevestig deur die getuienis van mnr De V. E. Hauptfleisch, wat destyds die bestuurder
van/
14 van die respondent se tak op Pietersburg was. Ek sal
later na sekere getuienis van mnr Hauptfleisch verwys.
Die Pontiac is, soos
hierbo gesê, op 22 Julie 1981 in 'n botsing onherstelbaar beskadig. Die
appellant het die dag daarna 'n
eis vir R28 000 by die respondent ingedien en
volgens mnr Shepherd se ge-tuienis is hy 'n tydjie daarna deur 'n beampte van
die respondent
se Pietersburgse kantoor meegedeel dat hy spoedig betaling van sy
eis kon verwag. In die eerste week van Augustus 1981, aldus mnr
Shepherd, toe hy
verwag het om 'n tjek vir die gemelde bedrag te ontvang, is hy egter meegedeel
dat sy eis nie betaal sou word nie.
Hy het daarop aan sy prokureur opdrag gegee
om die bedrag van die respondent te eis. Dit is gemene saak
tussen/......
15 tussen die partye dat die voertúig ten tyde van die
botsing R28 000 werd was.
Vanweë die aard van die appellant se saak
in die hof a quo, die betoog in sy skriftelike betoog— punte wat vir die
doel
van die appèl in hierdie hof voorberei is, en die aard van die
betoog wat namens hom in hierdie hof gelewer is, is dit nodig
om op 'n'paar
aangeleenthede te let, t.w., die inhoud van die pleitstukke, die appellant se
advokaat se openingsrede in die hof a.
quo oor wat die appellant se saak sou
wees, en die wyse waarop die appellant se saak voorgedra is.
In die besonderhede van sy eis, gedateer 26 November 1981, het die appellant sy eis op 'n "written insurance contract" gegrond. Die betrokke
paragraaf/..
16 paragraaf van die besonderhede (paragraaf 3) lui soos
volg:
"3. As at 7 July 1981, and at all material times thereafter, there was a written insurance contract in force between the parties, and the terms material to plaintiff's cause of action were:
3. 1 The vehicle insured was a 1981 Pontiac Trans-Am (the vehicle).
3. 2 The vehicle was insured for the sum of R28 000,00.
3. 3 Defendant would indemnify
Plaintiff against loss of or damage to the vehicle."
In antwoord op 'n versoek om nadere besonderhede
met betrekking tot hierdie paragraaf het die appellant
geweier om 'n afskrif van die versekeringskontrak aan
die respondent te verskaf. Hy het verder gesê:
"In/...
17
"In any event, the information requested is a matter for evidence, and is not strictly necessary to enable Defendant to plead. Defendant is referred to Annexurc 'A' hereto, which contains sufficient particulars for Defendant's purposes."
(Aanhangsel "A", soos reeds gesê,is die endossemcnt
waarna ek hierbo
verwys het.) In sy verweerskrif,
gedateer 16 Februarie 1982, het die
respondent soos
volg op die hierbo aangehaalde paragraaf 3 van die
appellant se eis gepleit:
"2. Ad Paragraaf 3
(a) Verweerder erken die bestaan
van Aanhangsel 'A' tot die Nadere Besonderhede.
(b) Behalwe soos hierbo word paragraaf
3 ontken asof elke bewering af-
sonderlik en seriatim herhaal en
ontken word. Ter verduidelikking
van die ontkenning, pleit Ver-weerder dat daar op geen ter-
saaklike/
18
saaklike tydstip 'n geldige versekeringskontrak tussen die partye bestaan het nie."
By ontvangs van die verweerskrif het die
appellant die respondent.o.m. gevra of hy erken dat daar 'n polis met die nommer
3197120
aan hom uitgereik is. Die antwoord op hierdie vraag was "nee". Dit was
'n on-behoorlike antwoord, want dit het later duidelik ge
— blyk dat die
respondent se saak van die begin af was dat 'n polis met dié nommer aan
die appellant uitgereik is maar
dat dit op 12 Maart 1981 verval het toe die
verskuldigde premie nie betaal is nie. Ver-moedelik is die antwoord gegee in die
geloof
dat die een of ander voordeel met betrekking tot die bewyslas daardeur
behaal sou kon word. In antwoord op 'n versoek om nadere besonderhede
vir
die/.........
19 die doeleindes van verhoor met betrekking tot die
verwysing na polis no. 3197120 in die endossement,
het die respondent
gesê dat daar verwys word na
" 'n polis wat aan Eiser uitgereik was maar wat nie van
krag was toe Aanhangsel 'A' onderteken is nie."
Hierdie antwoord is op 12 Oktober 1982 gegee, en op
21 Oktober 1982 - minder as 'n week voor die verhoor
sou begin - het die respondent kennis gegee dat hy by
die verhoor aansoek sou doen om paragraaf 2(b) van sy
verweerskrif (hierbo aangehaal) te wysig deur die
volgende woorde aan die einde daarvan by te voeg, nl.
".... alternatiewelik dat die versekering ingevolge
sodanige versekeringskontrak verval het." Terselfdertyd
is kennis gegee dat 'n dergelike wysiglng van die
besonderhede vir die doeleindes van verhoor wat vroeër
deur/
20
deur die respondent verskaf is, aangevra sou word.
'n Paar weke tevore, op 27 September 1982, het die
respondent die appellant om nadere besonderhede vir die
doeleindes van verhoor met betrekking tot paragraaf
3 van die appellant se eis gevra. Die vrae was:
"(a) Beweer Eiser dat die premie op die
versekeringskontrak behoorlik betaal was op 7 Julie 1982 en daarna?
(b) Indien nie, op welke grpnde beweer Eiser dat betaling van die premié nie 'n vereiste vir die bestaan van 'n geldige versekeringskontrak was nie?"
Die appellant se antwoord op die vrae was:
"(a) No.
(b) This is a question of law and the Defendant is not entitled to the particulars herein requested to en-able it to prepare for trial."
Die/.....
21
Die antwoord in (b) was nie 'n behoorlike antwoord
nie. Die
appellant het sy eis op 'n polis (soos aange-
vul deur 'n endossement)
gegrond, en waar hy erken het
dat die premie wat volgens die polis betaalbaar
was
nie betaal is nie, was hy klaarblyklik geroepe om
aan te dui op welke
grond(e) hy nogtans op daardie
polis gesteun het. Die antwoord het ook nie
'n
juiste voorstelling van wat die appellant se saak
sou wees, bevat nie, want by die aanvang van die ver-
hoor het die appellant se advokaat (mnr Horwitz) die
die verhoorhof meegedeel dat dit die appellant se saak
sou wees dat die polis wat aan hom uitgereik is,
verval het, maar dat 'n "nuwe polis" tot stand gekom
het toe die endossement aan homuitgereik is en dat
daardie polis van krag was toe die voertuig beskadig
is/
22
is. Ek wys hieronder vollediger op wat die advokaat
oor die
aard van die appellant se saak gesê het.
Mnr Horwitz het in sy openingsrede in die
verhoorhof o.m.
gesê dat dit gemene saak tussen die partye
was dat 12 Maart 1981 die
laaste dag was van die ononder-
broke periode waarvoor die appellant 'n
premie aan die
respondent betaal het, en hy het toe soos volg
voortgegaan:
"Die eiser se saak gaan wees dat vanweë die feit dat die debietorder nie betaal is nie, moet aanvaanword dat die, mag ek dit die hoofpolis noem,verstryk het. Daar was dus geen polis vir dekking ten opsigte van die eiser se bates nie. Hy nader dan die verweerder en vra vir dekking ten opsigte van 'n polis wat verval het. Dit moet dan noodwendig meebring dat 'n nuwe polis tot stand kom."
(Ek sal later aantoon dat die appellant se saak in-
derdaad gevoer is op die grondslag wat mnr Horwitz
aan/
23 aan die verhoorhof genoem het.) Nadat mnr Horwitz aan die hof gesê het wat die appellant se saak sou wees, het hy voortgegaan om te sê dat hy deur die respondent se advokaat (mnr Kuhn) meegedeel is dat die respondent sou aanvoer dat die persoon wat die endossement uitgereik het nie die bevoegdheid gehad het om 'n polis uit te reik of om 'n polis te hernu nie, maar dak hy (mnr Horwitz) sou beswaar maak teen getuienis wat so 'n verweer opper omdat so 'n verweer nie deur die respondent se verweerskrif gedek word nie. Nadak die verhoorregter sekere vrae aan mnr Kilhn gestel het oor o.m. die beswaar wat mnr Horwitz gesê het dat hy sou opper, het nmr KUhn verlof gevra om paragraaf 2(b) van die respondent se pleit
te/
24 te wysig op die wyse wat ek reeds hierbo genoem het. Mnr
Horwitz het beswaar gemaak. Die geleerde regter het gesê dat hy
later oor die aangeleentheid sou be-slis en daarna het'mnr Shepherd,
hierbo
genoem, ge-tuienis afgelê.
Op die tweede dag van die verhoor, nadat mnr
Shepherd sy getuienis voltooi het en die appellant se saak gesluit is, en terwyl
mnr
Hauptfleisch (hierbo genoem) besig was om te getuig, het mnr Horwitz
be-swaar gemaak teen die getuienis dat mej. Laups nie die bevoegdheid
gehad het
om 'u polis uit te reik of te hernu . nie. In die loop van sy beswaar het mnr
Horwitz onder meer betoog dat die respondent
in die nadere
besonderhede/.
25 besonderhede tot sy verweerskrif nie moes ontken het
dat die polis (soos in die appellant se besonderhede van eis genoem) uitgereik
is nie, maar moes gese het dat dit uitgereik is maar dat dit verval het. As die
respondent dit gedoen het, het die advokaat gesê,
kon die appeliant
gerepliseer het dat dit erken word dat die polis verval het, maar dat die polis
weer "in die lewe geroep (is) deur
die uitreiking van die endossement." "Op
hierdie basis", het mnr Horwitz gese, "sou die pleitstukke een honderd persent
in orde gewees
het." Mnr Horwitz se beswaar is gehandhaaf, en daarop het mnr
Kuhn aansoek gedoen om paragraaf 2(b) van die respondent se verweerskrif
ke wysig deur die volgende
woorde/...
26
woorde daarby te voeg, nl.:
"In besonder ontken verweerder dat die persoon wat Aanhangsel 'A' onderteken het gemagtig was om 'n nuwe versekeringskontrak namens verweerder te sluit, of om gemelde polis in Aanhangsel 'A' te herstel."
Die aansoek is toegestaan, en daarna het mnr Horwitz,
wat die hof
meegedeel het dat hy die kwessie van mej.
Laups se bevoegdheid en die
moontlikheid van 'n repliek
van estoppel wou oorweeg, gevra dat die saak
uitgestel
moet word. Die aansoek is toegestaan en die saak is
sine die uitgestel. Die advokate het aangedui dat hulle
hul
pleitstukke in die tussentyd "in orde" sou bring. (Die
hof, kan hier bygevoeg word, het toe nog nie 'n be-
slissing gcgee oor die respondent se aansoek om
paragraaf 2(b) van sy verweerskrif te wysig deur die
alternatiewe/....
27
alternatiewe bewering waarna ek hierbo verwys het,
daarby te voeg nie.)
Die verhoor is op 8 Februarie 1983 hervat. Die
respondent het intussen 'n gewysigde verweerskrif, gedateer 24 November 1982,
opgestel,
en die appellant 'n repliek, gedateer 7 Desember 1982. Paragraaf 2 van
die gewysigde verweerskrif, wat 'n antwoord op paragraaf 3
van die besonderhede
van die appellant se eis is lui soos volg:
"2. Ad paragraaf 3
(a) Verweerder erken die bestaan van Aanhangsel 'A' tot die Nadere Besonderhede.
(b) Behalwe soos hierbo word paragraaf
3 ontken asof elke bewering afsonderlik en seriatim herhaal en ontken word. Ter verduideliking van die ontkenning, pleit Verweerder dat daar op geen tersaaklike tydstip 'n geldige ver-sekeringskontrak tussen die partye
bestaan/...
28
bestaan het nie, alternatiewelik dat die versekering ingevolge so-danige versekeringskontrak verval het. In die besonder ontken Verweerder dat die persoon wat Aanhangsei 'A' onderteken het gemagtig was om 'n nuwe versekeringskontrak namens Verweerder te sluit of om die gemelde polis in Aanhangsel 'A' te herstel."
Die respondent het terselfdertyd die nadere besonderhede
wat hy
vroeër in verband met paragraaf 2 van sy ver-
weerskrif gegee het, in
ooreenstemming met die be-
gewysigde werings in hierdie/paragraaf 2 gebring. Die appellant
se repliek iui soos volg:
"1. Ad paragraph 2 of the Plea as
amplified by" further particu.lars thereto
(a) The Plaintiff denies that the person who signed Annexure 'A' was not authorised to conclude a new contract of insurance
with/
29
with the Plaintiff.
(b) Alternatively to (a) :
In the event of the above Honourable Court holding that the person who signed Annexure 'A' was not authorised to conclude a new policy of insurance with the Plaintiff, then the Plaintiff pleads that the Defendant is estopped . f rom denying the authority of the person, the Defendant:
(i) having negligently induced the Plaintiff to believe that such person was authorised, and having negligently induced the Plaintiff to believe that its motor vehicle was covered by a valid policý of insurance;
(ii) by its conduct referred to in (i) above having induced the Plaintiff to act to its prejudice . in allowing the vehicle to be driven whilst uninsured and not taking steps to ensure that the vehicle was properly ensured.
2. Save for the aforegoing the Plaintiff joins issue with Defendant on all
other/
30
other issues in the plea which are inconsistent with the particulars of Plaintiff's claim."
Die verhoorhof het op grond van die bepalings
van o.m. Algemene Voorwaardes (C)(3) en (C)(4) bevind
dat die polis op 12
Maart 1981 verval het en dus nie
gegeld het toe die appellant se voertuig
beskadig
is nie; dat die endossement nie die polis of enige
deel daarvan herstel
het nie, en ook dat mej. Laups
geen bevoegdheid gehad het om 'n nuwe polis uit te reik
of om 'n polis te herstel nie. Die hof het verder
bevind dat die repliek van estoppel nie kan slaag nie,
o.m. omdat nie gesê kan word dat beamptes van die res-
pondent mnr Shepherd onder 'n verkeerde indruk oor die
vraag van die bestaan van die polis gebring het nie.,
In/
31 In die appellant se skriftelike betoogpunte -opgestel deur die
advokate (mnr Harms en mnr Horwitz) wat in hierdie hof vir hom
verskyn het - word aanvaar dat die polis wat deur die appellant uitgereik is,
verval het omdat die debietorder
van 2 Aprll 1981 nie betaal is nie, en word
daar gese dat "die enigste werklike geskil op hierdie stadium is dus of die
Ver-weerder
op grond van estoppel verhinder is om ke ontken dat die Eiser se
motor deur die Verweerder verseker was." Die betoog aangaande estoppel
lui dat
die uitreiking van die endossement 'n voorstelling aan die appellant was dat die
polis nog van krag was en dus gewysig kon
word en, verder, dat selfs indien
mej/
32
mej. Laups nie gemagtig was om 'n polis uit te reik
nie,
dit nie volg "dat sy nie 'n voorstelling kon maak dat
'n
gekanselleerde polis wel van krag is nie." By
die aanhoor van die
appél het mnr Harms egter
heeltemal afgewyk van die betoog wat in die skriftelike
betoogpunte vervat
is en het hy dit laat vaar.
Sy betoog voor ons was dat die polis wat oorspronklik
aan die appellant uitgereik is nie verval het nie maar
bly voortbestaan
het, aangevul deur die endossement,
en dat dit van krag was toe die appellant se voertuig
beskadig is. Ek het die indruk dat mnr Harms ook
aanvoer dat die respondent belet ("estopped") is om te
ontken dat die polis bly voorthestaan het, maar ek
het nie duidelikheid daaroor nie. Ek sal later tot
hierdie/
33
hierdie punt terugkeer.
Met betrekking tot die betoog dat
die polis nie verval het nie, voer mnr Harms aan - met 'n beroep op
AssociatedManganese Mines of S.A. Ltd v. Claassens, 1954(3) SA 768(A) -
dat die appellant se versuim om die debietorder op 2 April 1981 te betaal nie
die gevolg gehad
het dat die polis verval het nie, maar dat dit bloot aan die
respondent die reg verleen het om die polis te kanselleer en dat hy
dit nie
ge-doen het nie. In hierdie verband is gesê dat daar verskeie handelinge
van die kant van die respondent was wat toon
dat hy die polis beskou het as 'n
polis wak bly voortbestaan het.
Hierdie betoog, wat klaarblyklik 'n af-
wyking is van die saak wat die appellant se advokaat
34 in die hof a
guo voorgedra het, laat onmiddellik.die vraag ontstaan of dit die
appellant vrystaan om in hierdie stadium te betoog dat die polis nie
verval het
nie. In die uiteensetting van sy eis het die appellant hom beroep op die polis
wat aan hom uitge — reik is, aangevul
deur die endossement. (Kyk paragraaf
3 van die besonderhede van eis, hierbo aangehaal.) In die hof a quo is sy
saak egter nie op daardie grondslag gevoer nie. Sy advokaat het die verhoorhof
in sy openingsrede meegedeel wat die appellant
se saak sou wees. Ek het die
betrokke gedeelte van die openingsrede hierbo aangehaal, en daaruit blyk dat hy
op on-dubbelsinnige
wyse gesê het dat die appellant se saak was dat die
polis verval het, maar dat daar met die
uitreiking/......
35 uitreiking van die endossement 'n nuwe polis, wat van
krag was toe die appellant se voertuig beskadig is, tot stand gekom het.
Daar
moet op gelet word dat toe mnr Horwitz dit gesê het, hy
geensins te kenne gegee
het dat dit steeds die appellant se saak was dat
die
polis bly voortbestaan het en dat slegs as alternatief
beweer word dat, indien die polis verval het, daar 'n
nuwe polis tot stand gekom het nie. Dit is duidelik dat
die appellant nie
kan sê dat die polis bly voortbestaan
het en terselfdertyd ook kan sê dat dit verval het
nie, en die wyse waarop mnr Horwitz aan die ver-
hoorhof gesê het wat die appellant se saak sou wees,
toon geen blyke van 'n houding dat dit nog steeds
die appellant se saak was dat die polis bly voortbe-
staan/
36 bestaan het en dat slegs as alternatief aangevoer sou word dat
daar met die uitreiking van die endossement 'n nuwe polis tot stand
gekom het
nie. In hierdie verband dien ook gelet te word op mnr Horwitz se stelling
aan die verhoorhof (reeds hierbo genoem) dat indien die respondent gepleit het
dat daar 'n polis uitgereik is maar dat
dit verval het, die respondent dan in sy
repliek kon "erken" het dat dit verval het maar 'n estoppel kon opgewerp het.
"Op daardie
basis", het mnr Horwitz gesê, "sou die pleitstukke een
honderd persent in orde gewees het." (Vgl. in hierdie verband ook die stelling
in die appellant
se skriftelike betoogpunte dat "die enigste werklike geskil op
hierdie stadium is dus of die Verweerder
op/....
37 op grond van estoppel verhinder is om te ontken dat die Eiser se motor deur die Verweerder verseker was.") Mnr Horwitz het na my mening aan die verhoorhof duidelik gesê wat die appellant se skuldoorsaak was, nl. dat die appellant op grond van 'n polis wat met die uitreiking van die endossement tot stand gekom het (of herstel is) op vergoeding vir die beskadiging van sy voertuig geregtig was. Daar was geen suggestie van 'n saak dat die polis, soos oorspronklik uitgereik, bly voortbestaan het nie, en die notule van die verrig-tinge in die hof a quo toon ook duidelik dat die appellant se saak gevoer is op die grondslag wat mnr Horwitz in sy openingsrede vermeld het. Sy kruisondervraging van mnr Hauptfleisch het geskied op die grondsiag dat
die/
38
die polis verval het. Hy het dit etlike male aan die
getuie
gestel dat die polis verval het, soos uit die
volgende uittreksels uit die
notule blyk. Daar sal
op gelet word dat die getuie ook telkens saamgestem
het met die stelling dat die polis verval het :
".....Daar is 'n polis wat regtens verval
het en ek vra nie vir u 'n
opinie hieroor
nie, ons weet almal dit is waaroor hierdie
saak gaan. Die
polis het daadwerklik
verval. Ja."
".... Nou die polis het verval, reg?
Dit is korrek."
"Maar die gegewens aangaande die Pontiac, die motor in geskil hierso, is aan haar gegee gedurende die tydperk wanneer die
polis nie bestaan het nie, reg? Ek
aanvaar so ja."
Daar/
39
Daar is nooit aan die getuie gesuggereer dat hy die
polis beskou het
as 'n polis wat bly voortbestaan het
nie. Inteendeel, dit is aan hom gestel
dat hy die
polis as verval beskou het gedurende die tydperk ten
opsigte waarvan die
betrokke premie nie betaal is nie -
en die getuie het daarmee saamgestem:
"So dan as ek aan u stel dat vir alle doeleindes het u dan die polis as verval gedurende daardie kydperk beskou. As die tweede debietorder betaal word dan bring dit mee dat dit uiteindelik weer eens in
die lewe geroep is, vanaf 'n tweede tydperk?
Dit is korrek."
Die volgende passasie in die uitspraak van die hof
a quo toon ook duidelik dat mnr Horwitz in sy betoog
aan die einde van die verhoor aanvaar het dat die polis
verval het, maar betoog het dat dit met die uitreiking
van/.
40
van die endossement herstel is vir sover dit op die
Pontiac betrekking gehad het:
"Mnr Horwitz namens die eiser, het toege-gee dat op gesag van die uitspraak in ARIS ENTERPRISES (FINANCE)(PTY) LTD v PROTEA ASSURANCE CO LTD 1981(3) SA 274 te bl. 289, 'n endossement slegs 'n integrerende gedeelte van 'n oorspronklike versekerings-kontrak uitmaak en geen nuwe kontrak is nie en dat die verpligtings en regte van die onderskeie partye uit die oorspronklike versekeringskontrak voortvloei. Hy het egter betoog dat deur die uitreiking van die endossement, met kennis van die verval van die versekeringspolis, dit die gevolg gehad het om die oorspronklike polis slegs met betrekking tot die nuwe motorvoertuig te herstel."
In die lig van die bostaande is ek van mening
dat gesê kan word dat dit by die verhoor gemene saak
tussen die partye was dat die polis verval het en
dat/
41 dat die enigste geskilpunt was of die uitreiking van die
endossement 'n nuwe polis, of die herstel van die polis wat verval het,
tot
gevolg gehad het. In hierdie omstandighede meen ek dat die appellant beperk moet
word tot die skuldoorsaak waarop hy in die hof
a quo gesteun het, net
soseer asof hy in 'n pleitstuk te kenne gegee het dat dit sy enigste
skuldoorsaak was. Kyk in die algemeen Cole v. Government of the Union of
S.A., 1910 A.D. 263 op bl. 272; Bam v. Bhabha, 1947(4)S.A. 798(A)
op bl. 803; Commissioner for Inland Revenue v. Estate Crewe and Another,
1943 A.D. 656 op bl. 682; Kannenberg v. Gird, 1966(4) 173(K) op bl.
181-183; Paddock Motors (Pty) Ltd v. Ingesund, 1967(3) S.A. 16(A);
S.A. Yster en Staal Industriële Korporasie Bpk v. Van der Merwe,
1964(3) S.A. 706(A) op bl.714I 7l5B.
Die/
42
Die enigste twyfel wat moontlik oor die
juistheid van
hierdie mening oor die aangeleentheid
kan onkstaan, is of die appellant op
grond van die
inhoud van paragraaf 2 van sy repliek kan sê dat
dlt
hom vrystaan om te sê dat dit steeds sy saak was dat
die polis
bly voortbestaan het. Die paragraaf, reeds
hierbo aangehaal, word
geriefshalwe weer hier aangehaal:
"2, Save for the aforegoing the Plaintiff joins issue with Defendant on all other issues in the plea which are inconsistent with the particulars of Plaintiff's claim."
Streng volgens die bewoording daarvan beoordeel, hou
hierdie paragraaf in
dat die appellant beweer dat sy
eis gegrond is op die polis wat aan hom uitgereik is,
aangevul deur die endossement. Ek meen egter nie
dat/
43 dat dit realisties sou wees om te aanvaar dat die appellant
werkiik bedoel het om so iets te kenne te gee nie. Dit is van belang
om in
gedagte te hou dat die repliek opgestel is nadat die appellant se advokaat in sy
openingsrede aan die hof gesê het wat
die appellant se saak sou wees, en
ook nadat die appellant se saak gesluit was. Die appellant kon koe kwalik bedoel
het om te kenne
te gee dat sy saak iets anders is, of iets anders behels, as wat
die advokaat aan die hof gesê het. As die appellant werklik
wou te kenne
gegee het dat dit sy saak, of deel van sy saak, was dat die polis bly
voortbestaan het, sou 'n mens verwag het dat hy
dit uitdruklik sou gesê
het en terselfdertyd sou aangedui het dat sy saak dat daar 'n nuwe polis tot
stand gekom
het/
44. het slegs as 'n alternatief bedoel was. Verder, soos reeds
gesê, het die appellant se advokaat dit aan mnr Hauptfleisch
gestel dat
die polis verval het, en toe hy dit gedoen het, kon hy kwalik bedoel het dat dit
terselfdertyd die appellant se saak was
dat die polis bly voortbestaan het.
Indien dit dus die bedoeling was om in paragraaf 2 van die repliek te kenne te
gee dat dit die
appellant se saak was dat die polis bly voortbestaan het, sou
hierdie paragraaf in stryd wees met wat die advokaat aan die respondent
se
getuie gestel het. In hierdie omstandighede vind ek dit moeilik om in te sien
hoe daar op grond van paragraaf 2 van die repliek
gesê kan word dat dit
die appellant se saak was dat
die/
45
polis bly voortbestaan het. Ek wys in hierdie ver-band ten slotte ook op paragraaf l(a) van die repliek, waarin die appellant ontken dat die persoon wat die endossement onderteken het "was not authorised to conclude a new contract of insurance with the defendant." Hierdie ontkenning hou verband met die appellant se saak dat daar met die uitreiking van die endossement 'n nuwe polis tot stand gekom het, en so 'n saak is, soos reeds gesê, nie te rym met 'n bewering dat die polis, soos gewysig deur die endossement, bly voort— bestaan het nie. In hierdie omstandighede is dit moeilik om te aanvaar dat die appellant in paragraaf 2 van sy repliek werklik bedoel het om te sê dat dit nog steeds sy saak was dat dle polis bly voortbestaan het. Dit kom my voor dat die appellant met dié paragraaf
bloot/.....
46 bloot wou sê dat hy alles in die respondent se saak
wat met sy eie/saak saak strydig is, ontken en bestry. Die punt
dat die polis verval hek, was egter nie iets wat met sy
eie saak strydig was nie: dit was nie 'n geskilpunt
tussen die partye in die stadium toe die repliek opgestel
is nie.
In die lig van die voorgaande is ek van mening dat die appellant nie toegelaat kan word om in hierdie stadium te betoog dat dit die appellant se saak is dat die polis bly voortbestaan het en dat dit van krag was koe die appellant se voertuig beskadig was nie.
Indien die gevolgtrekking waartoe ek hierbo gekom het nie juis sou wees nie, is ek in ieder geval van mening dat die appél, soos deur mnr
Harms/
47
Harms voorgedra, nie kan slaag nie. Mnr Harms het, soos
reeds gesê, gesteun op wat in die uitspraak van hierdie hof,
nl.
Associated Manganese Mines of S.A. Ltd v. Claassens,
1954(3) S.A. 768 gesê is. In hierdie saak het dit
o.m. gegaan oor 'n prospekteerkontrak waarvolgens die
prospekteerder verplig was om aan die eienaar van die
betrokke plaas 'n sekere bedrag te betaal ten opsigte
van elke ton onedele metale of onedele minerale wat hy
tydens die duur van die ooreenkoms van die plaas sou
verwyder. Die ooreenkoms is vir 5 jaar aangegaan, maar
dit kon ná afloop van daardie tydperk vir verdere tydperke
deur die prospekteerder verleng word. Die bedrag moes
jaarliks betaal word. Klousule 7 van die ooreenkoms
tussen die partye het bepaal dat indien die bedrag -
"niet/
48
"niet betaalt word, binnen dertig dageh nadat het vervalt en betaalbaar is, zal deze overeenkomst ipso facto vervallen, en van geen verder kracht of waarde zyn, en geen van de komparanten zal enig aan-spraak hebben tegen de ander van hen."
Die respondent het beweer dat die appellant ('n op-
volger in titel van
die oorspronklike prospekteerder)
die bedrag wat op 31 Desember 1952 betaal moes ge-
wees het nie binne 30
dae daarna betaal het nie en dat
die ooreenkoms gevolglik verval het. Hierdie hof
het beslis dat die benadering wat uit die volgende
passasie in Davenport v. The Queen, 3 A.C. 115 blyk
op die geval voor hom van toepassing was:
"In a long series of decisions the Courts have construed clauses of forfeiture in leases declaring in terms, however clear and strong, that they shall be void on hreach of conditions by the lessees, to
mean/
49
mean that they are voidable only at the
option
of the lessors. The same rule
of construction has been applied to
other
cbntracts where a party by a condition
has sought to take advantage of his
own
breach of it to annul the contract ".
Centlivres, H.R., het verwys na Suid-Afrikaanse be-
slissings waarin die bogemelde benadering in Davenport
se saak gevolg is en het toe gesê (op bl. 774 F-G):
" It is obvious that clause 7 of the
contract was inserted for the benêfit of the person entitled to receive the so-called option moneys or royalties (as the case may be). That person may elect whether to cancel the contract on account of its breach or to insist on it remaining in operation. In spite, therefore, of the 'clear and strong' language of clause 7 it cannot be said that merely because the clause has been breached the contract is no longer in existence."
Die/
50
Die soort uitleg wat in die Associated Manganese Mines-saak gevolg is, is na my mening nie van toepassing op 'n geval soos die onderhawige nie. In die onderhawige saak het 'n mens nie te doen met 'n bepaling in 'n ooreenkoms wat bedoel is om tot die voordeel van slegs een van die partye te strek en wat daardie party hy 'n versuim deur die ander party kan aan-wend om die ooreenkoms te beëindig, maar wat hy ook nie hoef aan te wend indien hy verkies om die ooreenkoms staande te hou nie. Dit gaan hier om 'n ooreenkoms wat, soos duidelik uit die bepalings van Algemene Voorwaardes (C)(3) en (C)(4) blyk, net vir 'n bepaalde - en kort -tydperk duur, t.w . , 'n kwartaal, en waarvolgens die ver-
sekerde/
51 sekerde vir 'n tydperk van 'n kwartaal op 'n keer versekering
kan verkry indien hy die premie wat ten opsigte van daardie kwartaal
betaalbaar
is, betaal. Toe die appellant nie vir die betaling van die debietorder van 2
April 1981 voorsiening gemaak het nie, het
hy nie kontrakbreuk gepleeg nie: hy
was immers nie verplig om die premie te betaal nie, en die enigste gevolg van
die feit dat hy
nie betaal het nie was dat die laaste kwartaal waar-voor hy
verseker was op 12 Maart 1982 verstryk het en dat hy nie die versekering
vir die
daaropvolgende kwartaal verkry het nie. (En aangesien hy ná 2 April 1981
ook geen premie betaal het nie, volg dit
dat hy ná 13 Maart 1981 vir geen
tydperk verseker was nie.) Wanneer
daar/
52.
daar nou in Algemene Voorwaarde (C)(3) bepaal word
dat indien die appellant nie 'n debietorder betaal nie "die versekering ingevolge hierdie polis geag word
om te verval het op die laaste dag van die
ononderbroke periode waarvoor die Versekerde wel premie
aan Santam betaal
het", dan word daar klaarblýklik
nie bedoel dat die respondent 'n einde aan die versekering
kan maak indien hy sou verkies om dit te doen nie,
maar wei dat daar geen versekering sal wees ná die ver-
stryking van die laaste tydperk ten opsigte waarvan daar
'n premie betaal is nie.
Ek is gevolglik van mening dat die bo-gemelde beslissing in die Associated Manganese Mines-
saak/
53 saak nie in die onderhawige geval toepassing kan yind nie, en
dat uit die bepalings van die polis dui.delik blyk dat die feit dat
die
appellant nie vir die be-taling van die debietorder van 2 April 1981
voor-siening gemaak het nie meegebring het dat die laaste
tydperk waarvoor hy
verseker was op 12 Maart 1981 verstryk het.
Ek het hierbo aangedui dat mnr Harms ook aangevoer het dat die respondent ná 2 April 1981 sekere handelinge verrig het wat, aldus die betoog, aandui dat die respondent die polis beskou het as 'n polis wat nog bestaan en, verder, dat dit nie vir my duide lik is of daar gesuggereer word dat die respondent gevolgli
belet/
54 belet ("estopped") is om te sê dat die polis verval het
nie. Wat die beweerde handelinge van die kant van die respondent
betref, het die
advokaat o.m. gesê (a) dat die voorlegging van die debietorder in Junie
1981 toon dat die respondent die polis
beskou het as 'n polis wat nog bestaan;
(b) dat die respondent in sy brief van 12 Junie 1981 (die brief wat die
appellant volgens
sy getuienis nie ontvang het nie) bloot gesê het dat die
appellant nie "dekking" het nie, en nie dat die polis verval het nie;
en (c) dat
die endossement voorgee dat die polis nog bestaan, en dat 'n mens nie 'n
endossement uitreik ten opsigte van 'n polis
wat nie meer bestaan nie. (Daar is
ook na enkele ander handelinge van die respondent verwys maar ek meen nie
dat/
55.
dat dit verdien om genoem te word nie.) Mnr Harms
het ook betoog dat al
die getuienis wat oor die be-
trokke punte voorgelê kon gewees het, wel
voorgelê is.
Daar steek niks in die geheel van hierdie betoog
nie.
Daar is, in die eerste plek, nie 'n estoppel gepleit
soos dié waarvoor mnr Harms nou (soos dit vir my
voorkom)
betoog nie. Die estoppel wat gepleit is, is iebs
heel anders, nl. dat die respondent belet word om te
sê dat mej. Laups nie die bevoegdheid gehad het om 'n
nuwe polis uit te reik nie. Die punte in (a) en (b)
genoem, het geen meriete nie. Wat (a) betref, het
mnr Hauptfleisch getuig dat 'n debietorder soos dié
wat in Junie 1981 voorgelê is, aangebied word bloot
om die betrokke persoon die geleentheid te gee om sy
versekering/
56 versekering in orde te kry. Wat (b) betref, begryp ek nie
hoe iemand wat meegedeel word dat hy nie meer dekking ingevolge 'n polis
het kan
dink dat
die polis nog van krag is nie. Mnr Harms het veral op
(c) klem gelê". Dit is waar dat op die endossement
staan dat dit ingevolge die polis uitgereik is, en
dit is natuurlik ook
waar dat 'n endossement normaal-
weg nie uitgereik word ten opsigte van 'n
polis wat
verval het nie. Die getuienis toon egter dat mej.
Laups die endossement uitgereik het in die geloof dat
die polis bestaan en, verder, dat die appellant haar
laat aanneem het dat die polis bestaan. Hy het ge-
meen dat die polis van krag was: dit is nie sy wat
hom/
57 hom onder die verkeerde indruk gebring het en laat glo het dat
die polis nog bestaan nie. In hierdie omstandighede kan daar nie
grond vir 'n
pleit van estoppel wees nie. Ten slotte wil ek sê dat dit moeilik is om te
begryp hoE daar betoog kan word dat
die respondent die polis beskou het as 'n
polis wat nog van krag was: dit is immers in kruisondervraging aan mnr
Hauptfleisch gestel
(soos hierbo aangetoon) dat die polis verval het en dat hy
dit as verval be— skou het, en die getuie het met hierdie stelling
saamgestem.
Die appél word mek koste afgewys, in-sluitende die koste van twee advokate. . .
P J RABIE
HOOFREGTER.
58
MILLER, AR.
VILJOEN, AR.
Stem saam. BOTHA, AR
GALGUT, WND AR.
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/128.html