![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Supreme Court of Appeal |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
Saak nr 350/82 MC
JOHANNA COETZEE
- en -
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK JANSEN AR.
Saak nr 350/82 MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
JOHANNA COETZEE
Appellante
- en -
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK .... Respondent
Coram: JANSEN, KÓTZE ARR et SMUTS WND AR.
Verhoor: 15 MAART 1984.
Gelewer: 5 NOVEMBER 1984.
UITSPRAAK
2. JANSEN AR :-
Die appellante se eggenoot is op slag
dood in 'n botsing tussen sy motorfiets en 'n motor. Laasgenoemde was deur die
respondent ingevolge
Wet 56 van 1972 verseker. Enige eis om skadevergoeding van
die appellante teen die respondent sou om middernag 9 Januarie 1982 ingevolge
art 24(1)(a) van die Wet verjaar. Deur of namens appellante is geen stappe
betyds gedoen om die verjaring te stuit nie, en die voorgeskrewe
vorm (MVA 13)
deur art 25(1)(a) vereis, is ook nie binne die verjaringstyd= perk ingedien nie.
Die respondent was nie bereid om van
die reg om hom op die verjaring te beroep,
afstand te doen nie, en gevolglik het die appellante binne die
geoorloofde /
3.
geoorloofde periode van 90 dae in die
Transvaalse
Provinsiale Afdeling aansoek gedoen om verlof ingevolge
art
24(2)(a)(i) (soos vervang deur art 11(1)(b) van
Wet No 69 van 1978) om voort
te gaan met die afdwinging
van 'n eis om skadevergoeding teen die
respondent.
Sy het die nodige sekuriteit gestel om enige bedrag
te dek wat die hof
ingevolge art 24(2)(b) sou voorskryf.
Die respondent het die aansoek op grond
van " 'n regspunt"
teengestaan, nl dat die appellante se stukke "nie die
regshulp aangevra, regverdig nie". Die
aansoek is met koste afgewys. Die appellante kom
regstreeks (ingevolge ooreenkoms) na hierdie Hof in
hoër beroep.
Die ongeluk het op 10 Januarie 1980 plaasge=
vind /
4. vind en reeds op 28 Februarie 1980 het die applikante haar prokureur oor 'n moontlike eis teen die respondent gaan spreek. Sekere inligting is verkry en daar is besluit om met die eis te wag tot afhandeling van die hangende strafsaak teen die bestuurder van die motor. Dié saak is eers op 8 Januarie 1981 voltooi en die bestuurder is skuldig bevind. Op 20 Februarie het die applikante die prokureur opdrag gegee om die saak verder te voer. Dit is toe nodig geag om 'n aktuariële berekening te bekom en 'n aktuaris is dienooreenkomstig op 16 April 1981 aangestel. Volgens hom moes nog verdere besonderhede verkry word, wat verdere tyd geneem het om te doen. Eers op 1 September 1981 is die nodige berekening, wat die appellante se
verlies /
5.
verlies op R45,092-00 gestel het, wel aan die prokureur
versend. Die prokureur het reëlings getref dat die appellante hom op
17
September moes kom spreek. Tydens die samespreking het dit egter geblyk dat sy
weer moes kom en 'n afspraak is gereël vir
21 September. Op dié dag
het die appellante die MVA 13 eisvorm onderteken en die prokureur het in haar
teenwoordigheid
'n brief gedikteer wat saam met die eisvorm na die
respondent gestuur moes word. Aangesien sy sekretaresse, mev Nigrini afwesig
was,
het hy die brief aan een van sy ander tiksters, mev Hechter, gegee om te
tik. Die volgende dag nog voor hy die lêer terugontvang
het, het hy
skielik siek geword. Sy dokter het vermoed dat
hy /
6. hy 'n koronêre probleem het en het hom beveel om
dadelik tuis in die bed te gaan rus. Eers op 28 September was die prokureur
terug op kantoor. Sy sekretaresse was nog afwesig en hy is toe erg onder druk
geplaas "met verskeie dringende aangeleenthede as gevolg
van my afwesigheid vir
ses dae van kantoor, en die afwesigheid
van my sekretaresse op daardie
stadium was dit
nie moontlik om te dink aan sake wat nie in my dagboek
aangeteken was en lêers wat nie op my lessenaar gelê het nie".
Hy
het ook op daardie stadium 'n paar moeilike sake hanteer op kantoor onder drukte
van te veel algemene werk. Die appellante se
lêer was nie op sy lessenaar
nie, die aangeleentheid is nie weer
onder /
7. onder sy aandag gebring . nie en hy het nie weer daaraan gedink nie. Eers op 17 Maart 1982, toe die appellante hom bel om te vra of hy al iets van die respondent verneem het, het die geval weer tot sy kennis gekom. Hy wou toe die lêer trek, maar sy personeel kon dit nie vind in die kabinette van hangende sake of êrens in
. sirkulasie in die kantoor nie. Hy het self begin soek en "selfs die afgeslote lêers wat apart gebêre word",
begin deursoek. Hy vind toe uiteindelik die lêer
"onder die 'afgehandelde' lêers wat in 'n rak in 'n sekere
kantoor gehou word". In die lêer was die voltooide
MVA 13 vorm, gedateer 21 September 1981, met die
oorspronklike dekkingsbrief wat hy gedikteer het. Die
eis was toe reeds verjaar.
In /
8. In die onderhawige appèl is die basiese vraag of die hof a
quo nie "oortuig" moes gewees het "dat daar op grond van spesiale
omstandighede nie redelikerwys" van die prokureur "verwag kon word"
om voor
afloop van die verjaringstermyn die MVA 13 soos bepaal deur art 25(1) aan die
respondent per aangetekende pos te stuur of
per hand af te lewer nie. Die tersaaklike gedeelte van art 24(2)(a) lui soos
volg :-
"Indien 'n derde party se eis om skadever=
goeding ingevolge subartikel (1) van hierdie artikel verjaar het en 'n hof wat met betrekking tot daardie eis bevoeg is, op aansoek deur die betrokke derde party oortuig is -
(i) waar die eis verjaar het voordat die derde party aan die bepalings van artikel 25(1) voldoen het, dat daar op grond van spesiale omstandighede nie redelikerwys van hom of, indien hy iemand anders opdrag gegee het om namens hom aan daardie bepalings te
voldoen,/
\
9
voldoen, van so iemand verwag kon
word om voor die datum waarop die
eis
verjaar het, aan genoêmde
bepalings te voldoen nie;
kan die hof aan die derde party verlof verleen
om voor 'n datum deur die hof bepaal aan genoemde
bepalings te voldoen en prosesstukke in 'n
geding om die eis af te dwing, ooreenkomstig
die bepalings van artikel 25(2) aan die bevoegde
versekeraar te beteken "
(In die weggelate
gedeeltes reël art 24(2)(a) o a die
geval waar die versuim daarin
bestaan dat na lewering
van die MVA 13 die nodige prosesstukke om
verjaring
te stuit nie betyds ingedien word nie. Die bewoording
is in art 24(2)(a)(ii) wat die vereistes betref,
dieselfde as (i) hierbo.
Beslissings oor (i) en (ii)
se betekenis is dus oor en weer toepaslik. By die
bespreking hierna sal
nie noodwendig vermeld word oor
watter een van die twee dit gegaan het nie.)
uit 'n
reeks/
10.
reeks beslissings van hierdie Hof is dit duidelik
dat
"spesiale omstandighede" normaalweg buitengewone of
onverwagte omstandighede
moet wees: Webster and Another
v Santam Insurance Co Ltd
1977(2) SA 874; Federated
Employers' Insurance Co Ltd v Magubane
1981(2) SA 710;
Oelofse v Santam versekeringsmaatskappy Beperk 1982(3)
SA
882; Commercial Union Assurance Co of SA Ltd v
Johannesburg City
Council 1983(1) SA 226. Verder,
ooreenkomstig art 1(1) van die Wet
(56"van 1972), soos
ingevoeg deur art l(b) van Wet 69 van 1978, kan 'n
"nalate, versuim of onkunde" nie 'n "spesiale omstandigheid"
wees nie. Dit
geld egter slegs verwytbare "nalate,
versuim of onkunde"; is dit skuldloos
kan dit wel in
aanmerking kom (Oelofse-saak, t a p op bls 891 F-H).
Wat /
11.
Wat die maatstaf vir skuld in hierdie verband is, is nie heeltemal duidelik nie, maar blykbaar is dit die gewone wat by onregmatige dade geld: Oelofse-saak t a p onderaan bl891; Commercial Union-saak t a p op bl 234 D-E; Mamela v Constantia Insurance Co Ltd 1983(1) SA 218(A) op bl 225 C - 226 F. "Nalate, versuim of onkunde" kan dus saamgevat word as "nalatigheid". Primêr is dit die nalatigheid van die derde party, of iemand aan wie hy opdrag gegee het om namens hom op te tree, wat dis= kwalifikasie as "spesiale omstandigheid" meebring. Die vraag is egter of nalatigheid van hul werknemers dieselfde doen. In die Oelofse-saak (t a p) was die prokureur nie nalatig nie, sy sekretaresse en bode wel; die prokureur se onkunde as gevolg van daardie nalatigheid
is /
12. is as spesiale omstandigheid aangemerk. Aan die ander
kant is in Magubane se saak (t a p) die nalatigheid van
'n werknemer
van 'n firma (nie 'n prokureursfirma nie) as 'n beletsel beskou. Maar wesentlik
was sy die verant= woordelike persoon:
"Mary Jefferson, who was employed in the
firm as a clerk/bookkeeper and whose duties related largely to the handling and
processing
of claims under the Act" (op bl 178 bo-aan) is beskou as "the member
of the f irm depubed to handle the matter" (bl 719 D en vgl
720 B). So ook in
Mkhomolo v President Versekerings= maatskappy Beperk (1984(1) SA 342(T))
was dit die nalatig= heid van 'n klerk, Peta, wat die aansoek verongeluk het: hy
het die volle verantwoordelikheid
gehad om die saak te hanteer (sien bl 348 D).
Rlaarblyklik lê daar 'n
skeidslyn /
13.
skeidslyn tussen personeel wat slegs administratiewe werk
doen en dié wat groter verantwoordelikheid dra, en die lyn moet getrek
word om mins beswarend vir die derde party te wees, om dieselfde redes as
dié op grond waarvan in Oelofse se saak die vereiste van skuld in
art 24(2)(a)(i) ingelees is. Waarskynlik lê die lyn tussen die opdra van
volle verantwoordelikheid
en die
opdra van mindere take. M i is die
beslissing in Feni
v Protea Assurance Co Ltd (1984(2) SA
529(C)) dus te verkies bo dié in Raseroka v Rondalia Assurance Co of
SA Ltd (1979(2) SA 962(T)). Terloops kan nog daarop gewys word dat alhoewel
dit in die reël nie per se nalatig vir 'n prokureur sou
wees om
administratiewe take aan sy personeel op te dra nie - hy kan bv tog nie
verwag /
14.
verwag word om bv elke brief eiehandig te pos nie -dit in
bepaalde omstandighede wel nalatig sou kon wees (vgl Mkhomolo v President
Versekeringsmaatskappy, 1984(1) SA 342(T) bo-aan bl 348).
Uit die reeks
beslissings van hierdie Hof hierbo genoem, is dit verder duidelik dat daar
tussen die "spesiale omstandighede" en die
nie-pos of nie-aflewering van 'n MVA
13 vorm ooreenkomstig art 25(1) 'n oorsaaklike verband moet wees. Dat dit
beteken dat die omstandigheid
minstens 'n conditio sine qua non
van die nie-voldoening aan die bepalings van art 25(1) moet wees, is
vanselfsprekend. Of dit 'n enger kousaliteit moet wees, is nie
so duidelik nie
(alhoewel
in /
15
in 'n saak soos Garvin v President Insurance Co
Ltd,
1983(2) SA 112(N) op bl 117 G, die mening uitgespreek
is dat die
omstandigheid die "effective cause" moet
wees). Wat wel vasstaan is dat as
die nalatigheid
van die derde party of die persoon aan wie die derde
party
opdrag gegee het (of die persoon aan wie lg die
volle verantwoordelikheid
oorgedra het) die "effective
reason" (Webster-saak op bl 883 E-F), die "direct and
immediate cause" (Magubane-saak op bl 719 H), of die
"direct cause" (Mamela-saak op bl 226) is van die
nie-voldoening, of as die nalatigheid "a clear and
direct causal connection" (Johannesburg City Council-saak,
op bl 234 D) met die nie-voldoening het, kan 'n aansoek
ingevolge art 124(2)(a) nie slaag nie.
Volgens /
16. Volgens art 124(2)(a)(i) is dit nie genoeg dat daar wel
"spesiale omstandighede" aanwesig was nie, maar hulle moet ook sodanig
wees dat
daar op grond daarvan nie redelikerwys van die derde party of die persoon aan
wie hy opdrag gegee het (of die persoon aan
wie lg die volle verantwoordelikheid
oorgedra het) "verwag kon word om voor die datum waarop die eis verjaar het" aan
die bepalings
van art 25(1) te voldoen nie. Dit beteken dat die optrede van
sodanige persone "must be critically examined in the light of the criterion
of
reasonableness" (Magubane-saak t a p op bl 717 D). Dit volg dat
nalatigheid van een van sodanige persone ("neglect simpliciter" -
Magubane-saak t a p op bl 716 C - E) nie per se 'n spesiale
omstandigheid
kan /
17
kan wees nie. Of die "criterion of reasonableness"
noodwendig dié van die bonus paterfamilias is, is nie
heeltemal duidelik nie, alhoewel dit in Ngubane se saak gesê is "if
a party is negligent about the matter of service, it can hardly be said that he
could not reason= ably
be expected to have effected service" (op bl 719 F). In
Mamela se saak (t a p op bl 225 H) word wel gebruik gemaak van die
maatstaf van die "reasonable man", maar dit blyk nie soseer op "redelikerwys",
soos ±n art 24(2)(a)(i) gebruik, te slaan nie, maar wel op "nalate, versuim
of onkunde" soos in art 1(1) gebruik. As die bonus paterfamilias
wel die maatstaf by "redelikerwys" is, dan is daar oorvleueling van die
nalatigheid behels
deur /
18.
deurdie "nalate, versuim of onkunde" genoem in art 1(1). .
In die lig van die voorgaande uiteensetting kan nou na die feite van die onderhawige geval teruggekeer
word.
Die werkswyse van die applikante se prokureur met lêers in die
algemeen en die applikante se lêer in besonder, blyk uit
die volgende
aanhaling uit sy beëdigde verklaring:-
"My gebruik is dat lêers gedagboek word beide in my eie dagboek en in my sekretaresse se dagboek, benewens my lessenaar dagboek vir afsprake. Wanneer my sekretaresse die nodige aandag aan 'n lêer gegee het, stuur sy die lêer na my deur vir my verdere aandag. Wanneer ek dit dan nagegaan het, word getikte briewe of dokumente waar nodig, onderteken en in die posmandjie geplaas en dan dagboek ek, onafhanklik van my sekretaresse se dagboék,
die /
19.
die lêer vir 'n gepaste datum in my dagboek. Die leer gaan dan terug na my sekretaresse wat dit ook in haar dagboek aanteken voordat die lêer weer in 'n kabinet geplaas word. Met ander woorde, 'n dubbele dagboekstelsel word gehou waarvolgens my sekretaresse en ekself, onafhanklik van mekaar, die lêers dagboek en opvolg.
Die betrokke lêer in hierdie aangeleentheid was aldus gedagboek in my dagboek sowel as in my sekretaresse se dagboek vir 14 September 1981. Nadat dit dienooreenkomstig getrek was vir aandag, het ek dit nie dadelik weer ge= dagboek of laat dagboek in my sekretaresse se dagboek nie aangesien ek afsprake met die applikante gemaak het eers vir 17 September en daarna vir 21 September 1981 en die afsprake op my lessenaar dagboek aangeteken was.
As dit nie was vir my afwesigheid en die afwesigheid van kantoor van my ervare sekretaresse, Mev Nigrini, gedurende die betrokke tydperk nie, sou die betrokke lêer sekerlik betyds weer opgevolg gewees het."
Dit /
20.
Dit is reeds vermeld dat die prokureur vanaf 22
September
tot 28 September 1981 van kantoor afwesig was omdat hy
skielik
siek geword het, en dat sy sekretaresse tydens
daardie periode ook nie op
kantoor was nie. Haar eg=
genoot het op 17 September 1981 'n beroerte-aanval
gehad
as gevolg waarvan die regterkant van sy liggaam verlam
is en hy sy spraak verloor het. Sy was gevolglik vanaf
daardie datum tot
30 September 1981 nie op kantoor nie,
en daarna het sy ook net deeltyds kom werk aangesien sy
haar aandag aan beide haar man en hul besigheid moes
skenk.
Soos reeds genoem, het die prokureur op 22 September 1981 die
lêer en die band met die opname
van die gedikteerde brief aan mev Hechter gegee om te tik.
Op /..
21
Op 28 September 1981 toe die prokureur weer
begin
werk het, was die lêer nie op sy lessenaar nie. Mev
Hechter
het dit op die 22ste wel op mev Nigrini se
lessenaar gesit, maar toe mev Nigrini op die 30 ste
weer kom werk het, was
dit nie meer daar nie. Op of
na 17 Maart 1982 is dit gevind "onder die
'afgehandelde'
lêers wat in 'n rak in 'n sekere kantoor gehou word".
Die prokureur kon nie verduidelik hoe die lêer tussen
22 en 30 September vanaf mev Nigrini se lessenaar
verdwyn het en daar beland het nie. Ook geen personeel=
lid kon dit aan die prokureur verduidelik nie. Mev
Hechter opper egter 'n moontlike verklaring wat die
prokureur ook bevestig :-
"Daar /
22.
"Daar het altyd en ook op ongeveer 30 September 1981 'n aantal 'afgehandelde' lêers in 'n stapel op 'n oop rak in my kantoor langs 'n staal kabinet gelê, aangesien dit deel van my werk was om afgehandelde lêers uit te sorteer en weg te bêre.
Ek vermoed dat nadat mev Hechter die lêer op my lessenaar gesit het,
dit waarskynlik die enigste lêer was op my lessenaar
en dat een van die
skoonmakers dit waarskynlik op die vloer laat beland het en dit toe op die
enigste sigbare ander lêers,
synde die stapel 'afgehandeldes' geplaas of
dat dit deur die skoonmaker van die lessenaar geneem is en toe op die gemelde
stapel
lêers geplaas het."
Wesenlik is die omstandighede waarop die
appellante haar beroep die toevallig gelyktydige afwe= sigheid van beide die
prokureur en
sy ervare sekretaresse tussen 22 en 28 September 1981 en die
verdwyning van die lêer tussen 22 en 30 September 1981. As sodanig
kan
hulle wel as buitengewoon en onverwag bestempel word.
Hulle /
23. Hulle is ook minstens conditiones sine aua
non van die nie-versending van die MVA 13: as mev Migrini bv daar was,
sou sy na alle waarskynlikheid gesorg het dat die nodige verdere
stappe gedoen
word; as die lêer op haar lessenaar was toe sy op 30 September teruggekom
het, sou sy dit dadelik aan die prokureur
voorgelê het (dit verklaar sy
self).
Die hof (a quo wys op verskeie "leemtes" in die verduideliking
van die versuim om die MVA 13 met die dekkende brief wat mev Hechter getik het,
te
versend. Daarop word gewys dat alhoewel dit blyk dat die prokureur verwag het
dat mev Hechter die lêer op sy lessenaar sou
plaas, hy nie presies
verklaar wat sy instruksies aan mev Hechter was nie; dat die tussenkoms van 'n
skoonmaker blote
bespiegeling /
24
bespiegeling is en geen poging aangewend is om
te
verklaar hoe die lêer by die afgehandeldes beland
het "sonder dat
iemand dit ondersoek en enige inskrywing
in 'n dagboek of register gemaak
het"; dat die prokureur
die hof nie inlig oor enige stappe wat hy geneem het
om
te verseker dat onafgehandelde werk in sy afwesigheid
deur 'n vennoot
of personeellid behartig word nie; dat
die prokureur se stelsel van
inskrywings in dagboeke
"ontoereikend was om te verhoed dat 'n lêer soos dié
van die
applikante wat van tyd tot tyd die aandag van
die prokureur sou verg
spoorloos verdwyn vir 'n tydperk
van meer as drie maande". Die hof kom tot
die gevolg=
trekking dat nog die afwesigheid van mev Nigrini nog
die ongesteldheid van die prokureur "die oorsaak van, of
rede /
25
rede vir die versuim" van die prokureur was om die
MVA 13 aan die respondent te besorg en dat gesien die leemtes in die prokureur
se "verduideliking van die omstandighede wat tot daardie versuim gelei het ....
dit nie bevind (kan) word dat daar nie van hom verwag
kon word om betyds aan die
vereistes van art 25(1) te voldoen nie". Onderliggend is blykbaar die beskouing
dat die prokureur of mev
Hechter nalatig was en dat dit die rede vir die versuim
was.
Al sou aanvaar word dat die prokureur se enigste instruksie aan mev
Hechter was om die brief te tik, kom dit nie onredelik voor dat
hy sou verwag
het om dit terug te kry vir nasien, ondertekening en afhandeling nie. As mev
Hechter nalatig was' deur die
brief /
26.
brief op mev Nigrini se lessenaar té plaas aangesien die prokureur self afwesig was en deur te aanvaar het dat mev Nigrini na haar terugkoms dit gevind het en verder afgehandel het, dan was dit ook nie iets wat vir die prokureur redelikerwys voorsienbaar was nie en is dit ook nie per se 'n beletsel vir die bestaan van 'n "spesiale" omstandigheid nie. Dit was ook nie nalatig nie van die prokureur om te verwag dat die lêer in die normale verloop van sake weer by hom sou uitkom sodra hy weer op kantoor sou wees. Hy wys op die feit dat hy en sy vennote elk ongeveer 300 tot 600 lopende lêers van tyd tot tyd hanteer en dat "dit is nie prakties moontlik om 'n stelsel te implementeer wat voorsiening maak daarvoor dat wanneer 'n vennoot en 'n senior sekretaresse gelyktydig
ongesteld /
27
ongesteld of afwesig is van kantoor, al die lêers van die
betrokke vennoot binne 'n kort tydperk deur 'n ander verantwoordelike
persoon in
my firma gekontroleer kan word nie". Maar in ieder geval wás daar geen
dringend= heid wat onmiddellike optrede
i v m die MVA 13vereis het nie. Daar was
nog meer as 3 maande oor en dit sou kon wag tot hy weer op kantoor sou wees. 'n
Versuim
om iemand anders aan te sê om intussen daarvoor te sorg kom in die
omstandighede nie op nalatigheid neer nie. Weliswaar het
hy by sy terugkoms op
kantoor nie weer aan die geval gedink of daaroor navraag gedoen nie.
Klaarblyklik het hy bewustelik of onbewustelik
daarop staatgemaak dat sy
personeel in die gewone loop van sake
dit weer tot sy aandag sou bring. In dié bepaalde
omstandighede /
28.
omstandighede kan dit kwalik as nalatigheid aangemerk
word. 'n Prokureur moet noodwendig in die algemeen op
sy kantoorroetine en personeel vertrou. As dit nie was
dat die lêer vanaf mev Nigrini se lessenaar verdwyn het
nie, sou sy wel die prokureur weer op die saak attent
gemaak het. Die prokureur kon nie redelikerwys voorsien het dat beide mev Nigrini en mev Hechter hom sou faal of
dat die lêer sou verdwyn nie.
Die wegraak van die lêer is die deurslaggewende
faktor. Alhoewel nog die prokureur
nog sy personeellede'
kan verklaar hoe dit by die afgehandelde lêers
beland
het, staan dit vas dat dit wel gebeur het. Dat die
toetrede van 'n
skoonmaker bespiegeling mag wees, doen
nie hieraan af nie. Ook die kritiek
dat verdere
inligting /
29. inligting in hierdie verband verstrek moes gewees het,
sou slegs slaan op die moontlikheid van nalatigheid aan die kant van die
administratiewe personeel. Maar sodanige nalatigheid sou op grond van die
vertolking hierbo van art 24(2)(a)(i) nie ter sake wees
nie.
M i blyk dit nie
dat die prokureur nalatig was nie, maar dat die buitengewone en onverwagte
wegraak van die lêer nie alleen
'n sine qua non van die
nie-nakoming van art 25(1) was nie maar ook (indien dit die vereiste is) dat dit
die effektiewe of direkte oorsaak van
die nie-nakoming was. Die wegraak van die
lêer moet beskou word as 'n spesiale omstandigheid op grond waarvan dit
nie redelikerwys
van die prokureur verwag kon word om die vereistes van art
25(1) betyds na te kom nie. M i moes
die /
30.
die hof a quo die aansoek ingevolge art
24(2)(a)(i)
toegestaan het.
Oie appèl slaag met koste en die bevel van
die hof a guo word met die volgende vervang :-
"Die applikant se aansoek word toegestaan in terme van artïkel 24(2)(a)(i) van Wet 56 van 1972 en dit word beveel :
(a) Dat die tydperk waarbinne die MVA 13 eisvorm wat die applikante aan die respondent moes besorg het ten einde die applikante in staat te stel om ingevolge Wet 56 van 1972 teen die respondent 'n eis om skadevergoeding in te stel voortspruitende uit die dood vanhaar eggenoot in 'n botsing wat op 10 Januarie 1980 plaasgevind het tussen 'n motorvoertuig met registrasienommer CNT 683 T wat deur die respondent verseker was en 'n motorfiets wat deur die oorledene bestuur was, verleng word tot 7 April 1982 synde die datum waarop
die /
\
31.
die Kennisgewing van Mosie in hierdie aansoek aan respondent beteken is;
(b) Dat die MVA 13 eisvorm wat as deel van die aansoekstukke tesame met die Kennis= gewing van Mosie op 7 April 1982 aan die respondent beteken is, geag word voldoende nakoming van die voorskrifte van artikel 25(1) van Wet 56 van 1972 te wees; (c) Dat aan die applikante verlof verleen word om haar voorgenome aksie om skadevergoe= ding binne dertig dae na die datum van hierdie bevel teen die respondent in te stel; en (d) Dat die applikante die koste van hiérdie aansoek, met uitsluiting van die koste van bestryding daarvan, moet betaal en
dat die respondent die koste van bestryding moet betaal."
E.L. JANSEN AR.
KOTZé AR )
Stem saam.
SMUTS Wnd AR )
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZASCA/1984/125.html