South Africa: Northern Cape High Court, Kimberley

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Northern Cape High Court, Kimberley >> 2006 >> [2006] ZANCHC 59

| Noteup | LawCite

Coetzee v Du Toit (635/06) [2006] ZANCHC 59 (17 November 2006)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: 635/06

DATUM AANGEHOOR:10-11-2006

DATUM GELWER:17-11-2006


In die saak tussen:


ANDREAS JOHANNES JAKOBUS BAARD COETZEE EISER


teen


ABRAHAM HENDRIK PETRUS DU TOIT VERWEERDER



CORAM: C.C WILLIAMS R:

U I T S P R A A K


WILLIAMS R:

1. Hierdie is ‘n bestrede aansoek om summiere vonnis in die bedrag van R163 057, 62 tesame met rente en kostes gebasseer op ‘n ondertekende Erkenning van Skuld.


2. Die causa debiti word in die Erkenning van Skuld uiteengesit as:

Die bedrag van R163 057,62 (eenhonderd drie en sestigduisend sewe en vyftig rand en twee en sestig sent) soos op 17 September 2004 uit hoofde van boumateriaal gelewer en boudienste gelewer deur die gemelde AJJB Coetzee aan myself in verband met die bou van Kleinplasie te Springbok waarvoor ek verantwoordelik is.”


3. Die verwere deur die verweerder geopper is die volgende:

3.1 Dat die skulderkenning nie die werklike posisie weergee nie weens ‘n bona fide of opsetlike fout aan die kant van die eiser en word die verweer van rektifikasie voorgehou.

3.2 Dat die skulderkenning tersyde gestel behoort te word as gevolg van dwang wat op die verweerder toegepas is om dit te onderteken.

3.3 Dat die skulderkenning a causa debiti openbaar wat die weg ooplaat vir die verweerder om verwere te opper – spesifiek die exceptio non adimpleti contractus.

3.4 Dat die verweerder ‘n teeneis teen die eiser het wat groter as die eiser se eisbedrag is.


4. Ek beoog nie om die eerste twee verwere hierbo gestipuleer te behandel nie. Mnr. Claassen wat namens die verweerder optree het in elk geval nie veel staatgemaak op hierdie verwere nie maar het in sy betoog gekonsentreer op die twee laaste verwere (causa debiti en die teeneis), wat hy bestempel het as die hoofverwere.


5. Dit is so dat die Erkenning van Skuld ‘n causa debiti uiteensit (boumateriaal gelewer en boudienste gelewer) wat die verweerder geregtig maak om verwere ten opsigte van die spesifieke causa debiti op te werp. Sien Wustrow v Wustrow 1980 (2) SA 308(WLD) te 312 g waar Coetzee R die volgende sê;

Hence it is my view that, once a causa debiti is clearly stated in a liquid document (which is not a prerequisite in terms of Barclays Bank V McCall (supra) the defendant is entitled to defend provisional sentence proceedings in respect of that particular causa debiti.”


6. Mnr. Claasen gaan verder deur te betoog dat die ooreenkoms tussen die partye (die boukontrak) ‘n wederkerige ooreenkoms is en aangesien daar gebrekkige prestasie aan die kant van die eiser was, hy die verweer van exceptio non adimpleti contractus kan opwerp.


7. Hierdie verweer van die verweerder is nie spesifiek of in soveel woorde openbaar in sy opponerende eedsverklaring nie. Wat wel in redelike detail daarin vervat is, is ‘n uiteensetting van die gebrekkige prestasie aan die kant van die eiser en die gevolglike verliese en uitgawes wat hy beweer vanaf sy kant ‘n teeneis daarstel.


8. Daar moet egter nie uit die oog verloor word dat ‘n verweer geopper in summiere vonnis verrigtinge nie met dieselfde presiesheid geformuleer hoef te word soos wat verwag word in ‘n verweerskrif nie. In Maharaj v Barclays National Bank Ltd 1976 (1) SA 418 (AD) te 426 stel Corbett AR die posisie as volg:

Accordingly, one of the ways in which a defendant may successfully oppose a claim for summary judgment is by satisfying the Court by affidavit that he has a bona fide defence to the claim. Where the defence is based upon facts, in the sense that material facts alleged by the plaintifft in his summons, or combined summons, are disputed or new facts are alleged constituting a defence, the Court does not attempt to decide these issues or to determine whether or not there is a balance of probabilities in favour of the one party or the other. All that the Court enquires into is: (a)whether the defendant has ‘ ‘fully’ ’ disclosed the nature and grounds of his defence and the material facts upon which it is founded, and (b) whether on the facts so disclosed the defendant appears to have, as to either the whole or part of the claim, a defence which is both bona fide and good in law. If satisfied on these matters the Court must refuse summary judgment, either wholly or in part, as the case may be. The word ‘ ‘fully’ ’ , as used in the context of the Rule (and its predecessors), has been the cause of some judicial controversy in the past. It connotes, in my view, that, while the defendant need not deal exhaustively with the facts and the evidence relied upon to substantiate them, he must at least disclose his defence and the material facts upon which it is based with sufficient particularity and completeness to enable the Court to decide whether the affidavit discloses a bona fide defence. (See generally, Herb Dyers (Pty) Ltd. v. Mohamed and Another, 1965 (1) S.A. 31 (T); Caltex Oil (S.A.) Ltd. v. Webb and Another, 1965 (2) S.A. 914 (N); Arend and Another v. Astra Furnishers (Pty.) Ltd., Supra at pp. 303-4; Shepstone v. Shepstone, 1974(2) S.A. 462(N) ). At the same time the defendant is not expected to formulate his opposition to the claim with the precision that would be required of a plea; nor does the Court examine it by the standards of pleading. (See Estate Potgieter v. Elliott, 1984 (1) S.A. 1084 (c) at p. 1087; Herb Dyers case, supra at p. 32.”


9. Die feite wat die verweerder in sy opponerende eedsverklaring uiteensit is na my mening, na aanleiding van die gewysdes, genoegsaam om ‘n bona fide verweer van exceptio non adimpleti contractus daar te stel deurdat:

9.1 Wat die wederkerigheid van die boukontrak aangaan maak die verweerder die bewering dat hy ooreengekom het met die eiser dat betaling vir die bouwerk eers sou geskied het na die registrasie van ‘n verband by Absa en ook op die veronderstelling dat die werk behoorlik voltooi is. Die beginsel van wederkerigheid geld in elk geval, as daar geen ander bedoeling blyk nie, by kontrakte soos die onderhawige vir locatio conductio operis. Sien BK Tooling v Scope Precision Engineering 1979 (1) SA 391 (AA).

9.2 Die verweerder maak verder die bewering dat nadat hy ‘n rekening gekry het vanaf die eiser vir die bouwerk in die bedrag soos geëis, hy samesprekings gehad het met die eiser oor die tekortkominge aan die bouwerk en ook ‘n lys daarvan opgestel het. Die lys van tekortkoming is aangeheg tot die verweerder se eedsverklaring. So het verweerder ook kwotasies bekom vir die herstel van die tekortkominge in die bouwerk, een waarvan ‘n bedrag van R50 740, 00 beloop.


10. Wat die verweerder se teeneis (wat nou verbind is met die exceptio) aanbetref, het die eiser reeds in sy betoogshoofde by monde van mnr. Van Niekerk toegegee dat die verweerder moontlik ‘n bona fide verweer openbaar het ten opsigte van R84 340,00 van die eiser se eis en is daar versoek dat die hof summiere vonnis toestaan slegs in die oorblywende bedrag van R78, 717, 62 tesame met kostes.


11. Ek is egter nie van plan om hierdie uitspraak te belas met ‘n uiteensetting of oorweging van watter gedeeltes en ten bedrae waarvan die verweerder ‘n behoorlike saak uitgemaak het vir ‘n teeneis nie. Hierdie is na my mening by uitstek ‘n geval waar die geskille tussen die partye in die geheel met ‘n verhoor geventileer behoort te word.


Bygevolg word die volgende bevele gemaak;


a) Summiere vonnis word geweier.

b) Verlof word aan die verweerder verleen om die aksie te verdedig.

c) Verdere pleitstukke in hierdie aangeleentheid moet geliasseer word in terme van die Hofreëls.

d) Koste is koste in die geding.







________________________

C.C WILLIAMS

REGTER





Nms. Eiser: Adv. J.G Van Niekerk SC

i.o.v. Van der Wall & Vennote


Nms. Verweerderes: Adv. J.Y Claasen

i.o.v Duncan & Rothman