![]() |
[Home]
[Databases]
[WorldLII]
[Search]
[Feedback]
South Africa: Land Claims Court |
[Database Search] [Name Search] [Recent Decisions] [Noteup] [Help]
IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA
RANDBURG SAAK NOMMER: LCC 13R/03
In kamers: GILDENHUYS R LANDDROSHOF SAAK NOMMER: 489/01
Besluit op: 24 Februarie 2003
In die hersienings aansoek van:
HANEKOM, G Applikant
en
HENDRIKS, P Eerste Respondent
HENDRIKS, F Tweede Respondent
HENDRIKS, P N.O. Derde Respondent
UITSPRAAK
Hierdie saak dien voor my op outomatiese hersiening ingevolge artikel 19(3) van die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997. Die Landdros vir die Landdroshof van Gordonia het ‘n uitsettingsbevel teen die respondente verleen, wat soos volg lees:
“19.1 13 Januarie 2003 is ‘n billike en regverdige datum van uitsetting van die respondente vanaf die plaas: Weltevrede Elim Freissdale. (H. Ras and M. Kang + 22 others). Alternatief binne 7 dae nadat respondente kennis gekry het dat die uitsettingsbevel deur die grondeiseshof bekragtig is, met dien verstande dat ontruiming nie voor 13 Januarie 2003 hoef te geskied nie indien die grondeisehof voor die datum ‘n hersieningsuitspraak lewer.
19.2 Uitsetting kan uitgevoer word binne 7 dae, dus 20/01/2003, of 7 dae na die grondeisehof se hersieningsuitspraak, maar nie voor 20 Januarie 2003.
20. Laastens word beveel dat die respondente die geleentheid gebied word deur die eienaar om die krale af te breek, wat hulle deur middel van materiaal wat hulle eiendom is, gebou het, verwydering van die herwinde materiaal word ook beveel. Die tydperk vir die geleentheid is dieselfde as die tydperk in paragraaf 19.”
Die oorkonde in die saak het hierdie hof eers op 13 Februarie 2003 bereik.
Ek stem met die Landdros saam dat die applikant geregtig is op ‘n uitsettingsbevel teen die respondente. Aangesien die bewoording van die bevel egter twyfel mag laat oor wanneer die respondente die plaas moet verlaat en wanneer die bevel uitgevoer mag word, is dit raadsaam dat ek die bevel herformuleer.
Die bevel van die Landdros: Gordonia gemaak op 11 Desember 2002 word gevolglik in sy geheel ter syde gestel en met die volgende bevel vervang:
(a) ‘n uitsettingsbevel word hiermee teen die respondente verleen;
(b) die respondente moet die plaas verlaat binne sewe dae nadat hulle van hierdie bevel in kennis gestel is;
(c) indien die respondente nie binne 7 dae na verstryking van die 7-dae tydperk in para (b) bedoel, die plaas verlaat het nie, mag die uitsettingsbevel uitgevoer word; en
(d) die respondente mag enige krale wat hulle op die plaas met hul eie materiaal gebou het, afbreek en die herwinde materiaal verwyder, mits dit gedoen word binne 14 dae nadat hulle van hierdie bevel in kennis gestel is.
_______________________
REGTER A GILDENHUYS
Prokureurs vir die Applikant:
Lange Carr & Wessels Ing.
Prokureurs vir die Respondente:
AnCRA Rights Legal Unit
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZALCC/2003/8.html