“The employer would, during a careful appraisal of the employee’s performance, discuss his criticisms with the employee, warn
him of the consequences of there being no improvement and give a reasonable opportunity to improve. Such an appraisal would or at
least should show whether the employee’s performance can be improved by advice, guidance and additional training. It may also
highlight weaknesses in the support management has provided. The employer must after all, create the conditions which enable the
employee to carry out his duties satisfactorily. A failure to provide adequate and suitably trained staff may render a dismissal
for inadequate performance unfair.”
Daar word nie gesê dat die beoordeling van ‘n werknemer se bekwaamheid nie as deel van dissiplinêre verrigting kan
geskied nie. Dit sou uiteraard die doel wees van progressiewe dissipline. Dit is die reg van ‘n werknemer om verduidelikings
vir sy versuim om aanvaarbare standaarde te handhaaf voor te lê sodat hulle as deel van die materiaal voor die tribunaal ondersoek
en evalueer kan word.
[15]
Billikheid vereis oor die algemeen dat ‘n werkgewer wat nie met ‘n werknemer se dienste tevrede
is nie hom daarvan moet verwittig en, nadat die saak met laasgenoemde bespreek is, hom of haar ‘n geleentheid moet gee om aan
die vereiste werkstandaard te voldoen. (Sien Gostelow v Datakor Holdings (Pty) ltd (supra)); Unilong Freight Distributors (Pty) Ltd v Muller, 1998 (1) SA 581 (SCA) waar James v Waltham Holy Cross Urban District Council, [1973] ICR 398 te 593 E –G met goedkeuring aangehaal word.
[16]
Billikheid sal normaalweg ook vereis dat ‘n werknemer wat met sy werkgewer se opdragte en prosedures
ontevrede is, aan die werkgewer ‘n geleentheid bied om sake waaroor daar onmin bestaan reg te stel. ‘n Werknemer kan,
afgesien van ekstreme situasies, dus nie maar net uit die bloute bedank en dan aanvoer dat die diensverhouding onuithoudbaar geword
het nie.
[17]
Ek vind steun vir hierdie standpunt in die volgende passasie uit die saak van Pretoria Society for the Care of the Retarded v Loots, [1997] 18 ILJ 981 (LAC):
“When an employee resigns or terminates the contract as a result of constructive dismissal such employee is in fact indicating that
the situation has become so unbearable that the employee cannot fulfil what is the employee’s most important function, namely
to work. The employee is in effect saying that he or she would have carried on working indefinitely had the unbearable situation
not been created. She does so on the basis that she does not believe that the employer will ever reform or abandon the pattern of
creating an unbearable work environment. If she is wrong in this assumption and the employer proves that her fears were unfounded
then she has not been constructively dismissed and her conduct proves she has in fact resigned.
Dit is dan ook een van die funksies van ‘n grieweprosedure wat die meeste vooruitstrewende werkgewers tot beskikking van hulle
werknemers het. In casu, het die respondente nie daarvan gebruik gemaak nie. Die appellant het derhalwe geen geleentheid gehad om op ‘n gestruktureerde
wyse aan die respondente se klagtes aandag te gee nie. In die Jooste saak (supra) het Myburgh R opgemerk dat ‘n appellant wat aangevoer het dat hy konstruktief ontslaan is, hom eerder van die
grieweprosedure moes bedien het.
[18]
Buitendien sou so ‘n werknemer wat uit die bloute bedank dit gewoonlik moeilik vind om ‘n
hof te oortuig dat hy werklik konstruktief ontslaan is. Die bewyslas rus op die werknemer. (Jooste v Transnet t/a South African Airways, (supra) te 638 B.) Die bewyslas is nie ‘n ligte een nie. (LAWSA, band 13 bl 226 para. 418.) Dit is nie vir ‘n werknemer maklik om aan te toon dat ‘n werkgewer die voortsetting van sy
diens onuithoudbaar gemaak het nie. Hy kan hom nie maar net op frustrasies en irritasies verlaat en hom bekla oor reëls wat
vir alle werknemers geld, maar hom nie aanstaan nie. Net soos ontslag is gedwonge bedanking ‘n allerlaaste opsie. Dit is ‘n
uitweg wat ‘n werknemer nie mag volg terwyl daar nog ander uitweë oop is nie. Die respondente het byvoorbeeld geweier
om Cockcroft se mondelinge waarskuwing te aanvaar omdat die nuwe mikpunte wat hy wou stel nie hulle verloftydperke in aanmerking
geneem het nie. Dit is egter die gebruik by die appellant se Georgetak om die jaar in 46 weke te verdeel om voorsiening te maak vir
verloftyd. Dit kon nooit as regverdiging vir ‘n beroep op konstruktiewe ontslag dien nie. Die tweede respondent het getuig
dat Cockcroft gedreig het om hom te ontslaan as hy nie teen 9 Februarie 1996 dubbel sy weeklikse fooie verdien nie. Dit was nadat
die eerste werksweek van 1996 niks opgelewer het nie. Hierdie dreigement, selfs as dit gemaak is, kon die tweede respondent nie so
verskrik het dat hy bedank nie. Hy het goed geweet dat ‘n verdere dissiplinêre verloor (en moontlike appèl) eers
sou moes volg.
[19]
Na my oordeel het die respondente nie daarin geslaag om op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys
dat hulle nie bedank het ten einde die diensverhouding te beëindig nie.
[20]
Daar is twee verdere sake wat aandag weg. Die appèloorkonde is nie betyds afgelewer nie. ‘n
Aansoek van kondonasie is gebring. Die verduideliking vir die vertraging bevredig nie ten volle nie. Praktisyns moet meer nougeset
wees met die nakoming van die reëls van hierdie hof. Die appellant se vooruitsig op sukses verg egter dat die aansoek om kondonasie
toegestaan word. Ek is nietemin van oordoel dat, as blyk van die hof se misnoë, dit reg en billik is dat die appellant sy koste
van die voorbereiding van die appèloorkonde ontneem word.
[21]
Die teenappèl waarvan daar kennis gegee is, is nie voortgesit nie. Mnr van der Schyff het tydens
sy argument namens die respondente aangedui dat dit abandoneer word. Mnr de Kock namens die appellant het nie sterk op koste in die
nywerheidshof aangedring nie.
[22]
Die appèl word met koste gehandhaaf en die teenappèl met koste van die hand gewys. Die
vasstelling van die nywerheidshof word ter syde gestel en vervang met ‘n bevel wat lees:
“Aansoek van die hand gewys. Elke party betaal sy eie koste.”
___________________
CONRADIE AR
Ek stem saam
__________________
NGCOBO Wn RP
Ek stem saam
__________________
KROON AR
Datum van verhoor:
16 Maart 1999
Datum van uitspraak:
30 Maart 1999
Verskynings vir die Appellant:
Mnr de Kock
Verskynings vir die Respondent:
Mnr van der Schyff
SAFLII:
|
Terms of Use
|
Feedback
URL: http://www.saflii.org/za/cases/ZALAC/1999/32.html