South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2012 >> [2012] ZAGPPHC 167

| Noteup | LawCite

Hammond v Protea Coin Group (Assests in Transit and Armed Reaction (Pty) Ltd and Another (21482/2011) [2012] ZAGPPHC 167 (15 August 2012)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

NOT REPORTABLE

IN DIE NOORD GAUTENG HOe HOF

VAN SUID-AFRIKA (PRETORIA AFDELING)


SAAKNO: 21482/2011

DATUM:15/08/2012


IN DIE SAAK TUSSEN:

CEDRIC HAMMOND......................................................................EISER

EN


PROTEA COIN GROUP (ASSESTS IN TRANSIT......................TWEEDE VERWEERDER

AND ARMED REACTION (PTY) Ltd


BEN MODISE............................................................................... VIERDE VERWEERDER



UITSPRAAK


[1] Die eiser het inter alia aksie ingestel teen tweede en vierde verweerder gegrond op die actio iniuriarum. Die aksie teen eerste en derde verweerder is teruggetrek. Vierde verweerder is 'n werknemer van tweede verweerder wat te alle relevante tye opgetree het in sy hoedanigheid as werknemer en binne die raamwerk van sy uitoefening van sy pligte as werknemer van tweede verweerder.


[2] Die partye het by ooreenkoms quantum en meriete geskei en ek handel net met die meriete van die saak op hierdie stadium.


[3] Die eis spruit voort uit 'n insident wat plaasgevind het op 7 Februarie 2011. Tweede verweerder is 'n sekuriteitsmaatskappy wat onder andere OTM tellers van finansiele instellings diens. Op die datum was vierde verweerder een van 'n span van tweede verweerder se werknemers wat besig was om 'n OTM teller by 'n winkelsentrum in Eerste Rus te diens namens tweede verweerder.


[4] Volgens eiser wou hy op die stoep van die sentrum verby die OTM teller loop. Tweede verweerder se voertuig was voor die OTM teller geparkeer en vierde verweerder het op die stoep gestaan. Hy is gekonfronteer deur vierde verweerder wat aangedui het met handseine dat eiser af van die stoep en voor die voertuig van tweede verweerder moes verby loop. Vierde verweerder wou dus nie toelaat dat eiser op die stoep tussen die OTM teller en die sekuriteitsvoertuig verby loop nie. Vierde verweerder was gewapen met 'n semi outomatiese wapen. Eiser het navrae gerig oor waarom hy nie toegang kon verkry nie en sy navrae het daartoe gelei dat vierde verweerder horn 3 keer met die kolf van sy geweer geslaan het. Eiser het geval, waarop vierde verweerder horn geskop en getrap het. Toe eiser opstaan het 'n verdere konfrontasie en woordewisseling ontstaan wat daartoe gelei het dat vierde verweerder sy vuurwapen op horn gerig het en horn weer geslaan het met die kolf. Volgens eiser het hy weer geval en is weer getrap en geskop deur vierde verweerder. Die polisie het opgedaag, maar wou die eiser nie behulpsaam wees nie en het volgens horn geen ag op sy klagtes geslaan nie. Hy is later na die polisiestasie toe en die polisie het uiteindelik op 8 en 9 Februarie 2011 verklarings by sy huis kom afneem. Hy is ook na die distriksgeneesheer en 'n J88 is ingehandig wat verskeie beserings aantoon. Die dokter het egter nie getuig nie.


[5] Vierde verweerder ontken die aanranding. Hy voer aan dat hy besig was met sy taak om die terrein, gepanserde paneelwa en OTM te beskerm. Hy het met handbewegings aan lede van die publiek aangetoon dat hulle om die tweede verweerder se voertuig moes loop, videomateriaal wat tydens die verhoor vertoon is toon aan dat ten minste 10 ander persone gehoor gegee het aan die handseine. Eiser het egter nie gehoor gegee nie en 'n konfrontasie het ontstaan. Volgens tweede verweerder het eiser tydens die konfrontasie 'n handbeweging gemaak wat deur vierde verweerder ge'interpreteer is as 'n poging van eiser om sy vuurwapen af te neem. Volgens vierde verweerder het hy eiser geskouer met die doel om homself te beveilig. Eiser het gestruikel by die kant van die stoep en het geval. Volgens horn het eiser vinnig opgestaan en het hy horn geskel en wou vierde verweerder aanval. Vierde verweerder het ook 'n dreigende houding ingeneem. Vierde verweerder se kollega, Mnr Mabunda wat intussen uit die voertuig geklim het en die situasie probeer ontlont het, het hulle egter uitmekaar gehou. Mnr Mabunda wat in die voertuig was toe die konfrontasie begin het, kon glo as gevolg van 'n mikrofoon in die voertuig hoor wat buite aangaan. Vierde verweerder het 'n verklaring in opdrag van Mnr Snyman, sy werkgewer afgele wat later aan die polisie oorhandig is. Hierdie verklaring is volgens horn deur 'n vriend opgestel en hy het dit nooit gelees voordat hy dit aan sy werkgewer oorhandig is nie. Hierdie verklaring strook dus nie in alle opsigte met sy weergawe nie. Mnr Snyman het bevestig dat die verklaring op sy versoek opgestel is.


[6] Die eiser het 2 verklarings afgelS na die insident. Hierdie verklarings verskil van mekaar en van eiser se getuienis in verskeie opsigte.


6.1 Die eiser meld in beide sy eerste verklaring (8 Februarie 2011) en in sy tweede verklaring (9 Februarie 2011) dat vierde verweerder 'n vuurwapen op horn gerig het terwyl hy op die plaveisel die vierde verweerder genader het. Tydens kruisondervraging gee hy egter toe dat hierdie nie die geval was nie. Sy verduideliking hiervoor is dat daar in gedagte gehou moet word dat hy die verklaring afgelS het voordat hy kans gehad het om die videomateriaal te sien. Die videomateriaal weerspreek duidelik die eiser se verklaring dat 'n vuurwapen op horn gerig was, op daardie stadium.

6.2 Eiser meld in sy getuienis in hoof dat hy as gevolg van die houe met die kolf gesteier het, neergeval het en toe bewus geword het van die feit dat hy deur vierde verweerder geskop, getrap en geslaan word. Hierna stop die aanval. Eiser kon in sy getuienis egter nie 'n verduideliking bied oor hoe die aanval gestop is nie. Hierdie getuienis is nie versoenbaar met sy eerste verklaring waarin hy meld dat die aanval gestop is deur Mnr Mabunda, die vierde verweerder se kollega nie.

6.3 Volgens eiser se getuienis het hy na die aanval opgestaan en in kru taal aan die vierde verweerder gevra hoekom die horn aanrand. Hierdie getuienis word weerspreek deur eiser se eerste verklaing waarin hy meld dat hy aan Mnr Mabunda sou vra hoe dit dan sou kom dat hy deur die vierde verweerder aangerand is.

6.4 Eieser meld dat hy eers bewus geword het van die teenwoordigheid van die tweede sekuriteitswag, Mnr Mabunda, nadat hy alreeds die vierde verweerder gaan konfronteer het en di6 'n geweer gespan het en op eiser gerig het. Hierdie getuienis is egter onversoenbaar met die videomateriaal wat daarop dui dat eiser en Mnr Mabunda vir ongeveer 22 sekondes agter die voertuig is alvorens vierde verweerder by hulle aansluit. Eiser kon geen verduideliking gee van wat gebeur het in hierdie periode en waarom hy nie bewus sou gewees het van die teenwoordigheid van Mnr Mabunda (wie getuig het dat hy besig was om eiser en die vierde verweerder uitmekaar te hou) nie.

6.5 Eiser meld dat die tweede aanval gestop het toe 'n onbekende dame verby geloop het en die vierde verweerder gekonfronteer het. Die videomateriaal toon egter geen sodanige konfrontasie nie. Eiser meld in sy getuienis egter dat die tweede aanval gestop is toe die mense van die nabygelee winkelkompleks rondom hulle opgedam het en horn kom red het. Hierdie weergawe word herhaal in sy tweede eedsverklaring. Later tydens kruisondervraging meld hy egter dat hy nie deur die skare gered is nie, maar dat 'n paar lede van die publiek op die wagte geskree het wat die aanval gestop het. Die videomateriaal staaf egter nie sodanige optrede van lede van die publiek nie.

6.6 Eiser se weergawe in hoof was dat hy hierna in 'n hewige rusie betrokke was met die wagte aangesien hy graag die agterste registrasienommer van die voertuig wou neerskryf. Volgens eiser het die wagte horn verhinder om dit te doen. In sy tweede verklaring meld hy egter dat die sekuriteitswag horn beveel het om die agterste registrasienommer neer te skryf. Die eiser se verduideliking in die verband is dat sy geheue horn seker in die steek gelaat het.


[7] Die eiser het 'n sekere Mnr Johnson geroep om te getuig. Mnr Johnson het 'n gekondenseerde weergawe oor die gebeure aan die Hot voorgehou synde die totaliteit van gebeure wat hy raakgesien het. Sy weergawe van gebeure strook glad nie met die van die eiser nie. Hy is op herhaalde geleenthede daarop gewys dat sy getuienis verskil met die van eiser en was sy antwoord telke male dat hy maar net getuig wat hy gesien het. Ernstige weersprekings sluit in die volgende:

7.1 Dat eiser onmiddelik na die aanval opgespring het en aan die mense rondom horn sy wonde gewys het;

7.2 Dat eiser 3 maal met die geweerkolf geslaan is en onmiddelik platgeval het waarna die aanval van die vierde verweerder voortgegaan het by wyse van skop en trap.

7.3 Mnr Johnson kon geen verduideliking gee van wat gebeur het in die 22 sekondes toe eiser en vierde verweerder agter die voertuig in mekaar se teenwoordigheid was nie.

7.4 Die tweede aanval wat deur eiser beskryf is, word glad nie deur Mnr Johnson genoem nie.


[8] Alhoewel 4 persone in die pleitstukke genoem word, wat na bewering die insident aanskou het, is net een, Mnr Johnson geroep om te getuig. Eiser het ook in sy getuienis verwys na Mnr Raymond Smith en Dorris Jones wat die insident gesien het, verklarings van hulle was in die bundel wat voor my geplaas is en ek is ook meegedeel dat hulle by die Hot teenwoordig was, maar nie aan die verweerders beskikbaar gestel is nie. Verweerders het my versoek om 'n nadelige afleiding hieruit te maak. Ek glo dat sodanige negatiewe afleiding geregverdig is, aangesien geen verduideliking vir die versuim gegee word nie.


[9] Die J88 wat ingehandig is toon dat die eiser verskeie beserings opgedoen het, maar omdat die geneesheer nie getuig het nie weet ek nie of hierdie beserings onversoenbaar is met die weergawe van die vierde verweerder nie. Die verweerder se advokaat het ook nie erken dat die beserings wel tydends die insident opgedoen is nie. Die distriksgeneesheer was ook teenwoordig by die Hof, maar is vir redes onbekend aan my, nie geroep nie.


[10] Die vierde verweerder se weergawe word in alle wesenlike opsigte gestaaf deur Mnr Mabunda, sy kollega, wat teenwoordig was tydends die insident. Mnr Mabunda getuig dat hy van binne die voertuig bewus geword het van die konfrontasie en uitgeklim het. Hy het getuig dat hy gesien het toe die eiser geskouer word deur vierde verweerder en geval het. Hy staaf die vierde verweerder se weergawe. Ek aanvaar dat Mnr Mabunda nie as 'n totale onafhanklike getuie beskou kan word nie, maar hy het 'n baie goeie indruk geskep en sy getuienis was grotendeels gesteun deur die videomateriaal wat voor my geplaas is. Daar is ook opsigte waar hy van die vierde verweerder verskil, dit is egter nie wesenlik nie en dui volgens my daarop dat hy geloofwaardig is.


[11] Die verweerder het ook getuienis aangebied van Mnr Terblance wat opleiding van wagte doen en wat verduidelik het hoe wagte moet optree om situasies te beveilig. Hy het ook getuig oor hoe wagte opgelei word om op te let na sekere situasies wat moontlik potensieel gevaarlik kan wees. Hy het bevestig wat vierde verweerder in die verband ges6 het en bevestig dat wagte ook op die uitkyk moet wees vir mense wat daarop uit is om hulle aandag af te trek.


DIE REGSPOSISIE


[12] Die eiser se eis is gebaseer op die action inuriarum.


[13] Om te slaag met die actio iniuriarum moet die volgende bewys word:

13.1.1 'n liggaamlike ingryping wat nie van 'n beuselagtige aard moet
wees nie;

13.1.2 Die ingryp moet onregmatig wees;

13.1.3 Die handeling moet verrig word animo iniuriandi1;


[14] As aanvaar word dat die liggaamlike integriteit van 'n persoon aangetas is, is die volgende vraag of die skending geregverdig is. Indien die eiser se weergawe aanvaar word, moet eiser slaag in sy eis. Indien vierde verweerder se weergawe aanvaar word, dat hy die eiser geskouer het om horn self te beveilig, moet dan voorgestel word of sy optrede geregverdig was onder die omstandighede.


[15] In die lig van die weerspreking in eiser se getuienis en verklarings, sowel as die feit dat sy getuie Mnr Johnson se weergawe verskil van eiser se getuienis kan ek nie eiser se weergawe aanvaar as bewys op 'n oorwig van waanskynlikhede nie. Hierdie posisie word versterk deur die feit dat die eiser gekies het om nie beskikbare getuies wat die insident waargeneem het te roep nie.


[16] Indien vierde verweerder se weergawe aanvaar word, wat ek in die lig van bogenoemde moet doen, moet dan besluit word of vierde verweerder se optrede redelik was.Ten einde dit te bepaal, moet die besonderse aard en gevare inherent aan die verweerders se werk in aggeneem word. In die verband is die volgende getuienis wat namens die verweerder aangebied is van belang.


[17] Vierde verweerder se taak is om die area te beveilig.


[18] Die hanteerder van die geld het reeds homself in die bank toegesluit toe die eiser opgedaag het en was Mnr Mabunda in die sekuriteitsvoertuig by die geld. Daar was dus 'n potensieel gevaarlike situasie.


[19] Vierde verweerder het op ten minste 10 geleenthede aan die publiek handseine gegee om die voorkant van die voertuig te gebruik eerder as die agterkant en het hulle op al hierdie geleenthede positief daarop gerageer.


[20] Vierde verweerder het opleiding ontvang om op die uitkyk te wees vir suspisieuse persone, byvoorbeeld persone wat probeer om met horn in 'n rusie betrokke te raak, soos wat die eiser gedoen het.


[21] Die eiser het volgens vierde verweerder al die karaktertrekke vertoon van 'n persoon wat daarop uit was om vierde verweerder se aandag af te lei. Al het eiser dit nie besef nie, het sy optrede veroorsaak dat vierde verweerder op sy hoede was.


[22] Die eiser het 'n skielike beweging met sy hand na links gemaak wat vierde verweerder onder die indruk gebring het dat hy dalk sy wapen wou vasgryp. In die lig van al die omstandighede aanvaar ek dat eiser se handbeweging redelikerwys so interpreteer kon word.


[23] Vierde verweerder het die minimum geweld gebruik om die eiser weg te stamp en die situasie te beveilig.


[24] Vierde verweerder se bedoeling was nie om die eiser aan te rand nie, maar om die situasie te beveilig.


[25] Daar moet in gedagte gehou word dat die verweerders 'n uiters gevaarlike werk verrig, soos gestel deur Du Plessis R2:

"The defendants were engaged in a notoriously dangerous job where pre-emptive action could mean the difference between life and death. The plaintiff, in turn was engaged in a lawful activity that entailed covertly following and watching the truck. As it turned out, the second to fourth defendants observed the plaintiff following them, speaking in his cellular phone and photographing them. They did not know and could not know that he was doing so lawfully. In the circumstances the plaintiff's actions caused reasonable suspicion on the part of the defendants and it called for pre-emptive action. The entry of the BMW into the parking lot heightened these suspicions and the need for swift and effective pre-emptive action."


[26] In die lig van die omstandighede was dit redelik van vierde verweerder om met die minimum geweld die situasie te probeer beveilig.


[27] Daar moet ook deurgaans in gedagte gehou word dat die eiser om te slaag in sy eis opset moet bewys, nie eens growwe nalatigheid sal voldoende wees nie. Onder die omstandighede het die eiser nie daarin geslaag om sodanige opset te bewys nie en kan die eis dus nie slaag nie.


[28] Soos wat Du Plessis R, supra ges§ het:

"Some may reason that the defendant's actions were not appropriate reaction to lawful but suspicious conduct but rather a reaction to a danger that did not really exist Such reasoning will lead thereto that the defendant's actions constituted putative self defence and that, because the plaintiff acted lawfully, the defendants acted unlawfully. On that basis the defendants can in my view still not be held liable because they did not act with the required intent to injure the plaintiff. The defendants' actions were aimed at dealing with a suspicious situation that could, from their point of view, have been dangerous to the point of life threatening. Their intent was to defuse the situation."


[29] In die lig van voormelde kan die eiser se eis nie slaag nie, aangesien hy nie in sy bewyslas geslaag het nie en gevolglik behoort absolusie van die instansie toegestaan te word.


[30] Gevolglik maak ek die volgende bevel:


1. Absolusie van die instansie word toegestaan.

2. Eiser word gelas om die koste te betaal.


R G TOLMAY

REGTER VAN DIE HOe HOF

CEDRIC HAMMOND V

PROTEA COIN GROUP AND ANOTHER


CASE NO: 21482/2011


JUDGE: TOLMAY

DATE OF HEARING: 26 - 31 JULY 2012

DATE OF JDUGMENT: 15 AUGUST 2012

ATTORNEY FOR PLAINTIFF: WEAVIND & WEAVIND ATTORNEYS

ADVOCATE FOR PLAINITFF: ADV F GROBLER

ATTORNEY FOR DEFENDANTS: ENGELA & GIBBENS ATTORNEYS

ADVOCATE FOR DEFENDANTS: ADV B BOOT


1Mentor v Union Government 1927 CPD 11 op 13; Esterhuizen v Administrator Transvaal 1957(3) SA 710 (TPD) op 722; Moses v Minister of Law and Order 1995(2) SA 518 (C) op 525

2Anthony Church Makitla v SBV Services (Pty) Ltd and Others, Case No: 54731/2009 Date heard: 08-02-2012, Date of Judgment: 22-02-2012 (ongerapporteerde beslissing)