South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2012 >> [2012] ZAGPPHC 161

| Noteup | LawCite

Smith v Lamprecht (67917/2010) [2012] ZAGPPHC 161 (14 August 2012)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

NOT REPORTABLE

IN DIE NOORD GAUTENG HOOGEREGSHOF,

PRETORIA (REPUBLIC VAN SUID AFRIKA)


DATUM: 14 AUGUSTUS 2012

SAAK NO: 67917/2010


In die saak tussen:

PIETER MILES SMITH.....................................................................EISER

DANIEL COENRAAD LAMPRECHT.............................................VERWEERDER


UITSPRAAK

LI VORSTER (WR)


[1] Die eiser eis van die verweerder betaling van die bedrag van R500 000,00 tesame met rente en koste. Die verweerder bestry die aksie. Die verweerder het ook 'n spesiale pleit van bevrydende verjaring gelisasseer. Tydens die verhoor is daardie spesiale pleit deur die verweerder geabandoneer. Gevolglik is die meriete van hierdie saak in geskil tussen die partye.


[2] Dit is gemene saak tussen die partye dat daar gedurende Maart 2002 en te Potchefstrrom xn mondelinge kontrak gesluit is waar tydens die eiser sowel as die verweerder asook xn ouditeur Mr Jonker teenwoordig was. Dit is ook gemeensaak dat Jonker nie aan daardie gesprek deel geneem het nie, maar dat hy eenkant gesit het terwyl die eiser en die verweerder met mekaar gesprek voer waar tydends die kontrak tot stand gekom het.


[3] Die agtergrond wat gelei het tot die samekoms van die eiser en die verweerder en Jonker op die betrokke dag in Maart 2002 te Potchefstroom kan kortliks soos volg saamgevat word:

[3.1] Jonker is die ouditeur van die Eiser asook die Beslote Korporasies en Maatskapye waarin die eiser 'n belang het. Jonker was ook bekend met die eggenote van die verweerder. Sy het gewerk vir 'n besigheid of instansie waarvoor Jonker ook as ouditeur werk gedoen het en hulle het mekaar op daardie wyse leer ken.

[3.2] Verweerder was woonagtig te Brits en werksaam as werknemer by 'n pluimvee onderneming, genaamd Sangiro. Op 21 September 2001 het die verweerder, handelende namens 'n maatskappy wat nog gestig staan te word, met Greater Brits Investment Group Trust, 'n skriftelike ooreenkoms gesluit. Waarin GBIG onderneem het om aan die Verweerder ('n Maatskappy nog gestig te word, dienste te lewer met die oog op die voorgenome werksaamhede vang gasveredeling, verspreiding en verkope, wat deur die verweerder in die vooruitsig gestel is. Op 27 Februarie 2002 het Hemic Ferrochome (Pty) aan GBIG 'n skriftelike opsie verleen om die ekonomiese haalbaarheid van produktiewe gebruik van uitlaat gas by GBIG te bevestig en infrastuktuur daaromtrent te vestig vir die verpakking en vespreiding en filtrasie daarvan. Hierdie fiete blyk duidelik uit die bundel wat by ooreenkoms tussen die partye ingehandig is en bepaaldelik bladsye 34-57 daarvan.


[4] Die voormelde feite het klaarblyklik tot die kennis van die verweerder gekom. Hy het geen tyd verspil nie en 'n bestaande Maatskappy Envigas(Pty) Ltd oorgeneem, by die bestaande direkteur en alleen aandeelhouer daarvan, ene Louise De Beer. Sy het 16 Januarie 2002 bedank as Direkteur en die Verweerder is op dieselfde datum aangestel as nuwe direkteur van die Maatskappy. Dit blyk uit bladsye 14 en 15 van die bundel. Die verweerder het klaarblyklik die potensiaal van die groot rykdom gesien indien sy maatskappy Envigas (Pty)Ltd die kontrak met GBIG wat hy reeds bevestig het tot volvoering kan bring veral in lig van die opsie wat Hemic Ferrochrome aan GBIG verleen het vir die daadwerklike ontwikkeling en bemarking van die produk. Die verweerder het nie geld gehad nie, Hy het geen eiendom op sy naam gehad nie en is enkele jare vantevore (1989) deur xn egskeiding. Hy het ten einde raad met Jonker, wat hy van tevore deur middel van sy gewese egenote ontmoet het, geskakel. Die verweerder was opsoek na iemand wat bereid was om kapitaal te voorsien. Jonker het gedink aan die Eiser as 'n moontlike kandidaat wat moontlik geintreseerd mag wees om betrokke te raak in die projek. Op daardie manier is die eiser en die verweerder, wat mekaar glad nie geken het nie, na Potchefstroom gedurende Maart 2002 waar hulle ook vir Jonker ontmoet het en saam by O'Hagans pub bymekaar gekom het die betrokke dag in Maart 2002.


[5] Die partye is hemelsbreed uitmekaar oor die inhoud van die mondelinge ooreenkoms wat hulle gesluit het. Die eiser se weergawe van die ooreenkoms is dat hy het xn bedrag van R500 000.00 aan die verweerder beskikbaar stel as xn rente vrye lening wat aangewend sou word deur die verweerder om die maatskappy Envigas (Pty) Ltd te finasier in die projek ten opsigte waarvan daardie Maatskappy 'n opsie gehad het van Henric Ferrochrome (Pty)Ltd.

Indien die projek suksusvol sou wees en Envigas handel begin dryf sou die eiser xn 10% belang in daardie maatskappy verkry en sou die R500 000,00 op daardie stadium aan die eiser terug betaal word. Indien die projek nie sou suksesvol sou wees nie sou die verweerder die bedrag van R500 000.00 aan die eiser terugbetaal.


[6] Die verweerder het die bestaan van xn mondelinge ooreenkoms erken, maar die terme daarvan soos beweer deur die eiser betwis. Volgens die Verweerder was die ooreenkoms dat die eiser die bedrag van R500 000.00 aan die maatskappy Envigas (Pty) Ltd leen as waagkapitaal. Indien daardie maatskappy binne xn redelike tyd 'n wins toon sou die eiser 10 % van die aandele van Envigas bekom sonder enige verdere teen prestasie en sou die eiser se lening van R500 000.00 as sodanig weerspieel word en Envigas se rekords. Die lening sou terugbetaal baar word sodra Envigas (Pty) Ltd se finasieele posisie dit sou toelaat.


[7] Soos blyk uit die voorgaande is die kern geskil punte tussen die partye die vraag of die kontrak tussen die eiser en die Verweerder persoonlik tot stand gekom het, dan wel of die kontrak tussen die eiser en die Maatskappy Envigas (pty) Ltd tot stand gekom het. Dit is gemeensaak dat die eiser aan die verweerder persoonlik die bedrag van R500 000.00 betaal het. Die bedrag is nie in een betaling oorbetaal aan die verweerder nie, maar in verskeie paaiemente wat uiteindelik 'n total van R500 000.00 beloop. Dit is ook gemene saak dat die projek nooit van die grond af gekom het nie. Dit het duidelik geword gedurende Maart - April 2009.


[8] Dit is nie nodig om in die besonderhede integaan oor die redes waarom die projek misluk het nie. Dit is voldoende om te se dat die eiser terugbetaling van die geld van die verweerder per epos gevra het by meerdere geleenthede sedert begin 2009. Die verweerder het daardie versoek van die eiser nooit reguit geantwoord nie. Telkens het die verweerder die eiser se eis vir terugbetaling ontduik deur te verwys na gesprekke wat hy gehad het met Henric ferocrome asook X-strata myn groep. Dit is vir my duidelik uit die bundel dokumente wat voor die hof geplaas is dat die verweerder nie kon vrede maak met die feit dat die projek geen kans meer op sukses gehad het nie en dit ten alle koste aan die lewe wou hou. Daardie feit is na my oordeel ook die sleutel tot die interpretasie van die getuienis wat die verweerder in die hof gelewer het. Ek handel hieronder meer volledig daarmee.


[9] Die verweerder het my nie as getuie beindruk nie. Daarmee se ek nie dat hy 'n leunagtige getuie was nie. Hy was egter 'n onbetroubare getuie. Ek grond daardie bevinding op die volgende:

[9.1] Hy het in sy getuienis afgewyk van die ooreenkoms wat deur horn gepleit is in die verweerskrif. Toe hy gekonfronteer word dat die bedrag van R500 000.00 deur die eiser aan horn persoonlik betaal is, en nie aan die Maatskappy Envigas (Pty) Ltd nie, en dat dit daarom 'n persoonlik lening aan horn was, het hy getuig dat die bedrag wel aan horn betaal is en dat hy dit moes aanwend in die belang van die projek waarby die Maatskappy en nie hyself nie, betrokke was. Alleenlik indien hy daardie geld nie vir daardie doel sou bestee nie, sou die bedrag aan die eiser terugbetaalbaar wees volgens sy getuienis. Hy kon nie verduidelik waarom hy nooit aan die eiser 'n uiteensetting verskaf het van die wyse waarop die bedrae deur horn gespandeer is ten einde, op sy eie weergawe, aanspreeklikheid van die terugbetaling te vermy nie.

[9.2] Die verweerder kon nie verduidelik waarom die bedrag van R500 000.00 nooit in die boeke van Envigas (Pty) Ltd getoon is nie. Hy het daardie probleem probeer afskuif op Jonker, wat die ouditeur van die Maatskappy was. Jonker het op sy beurt getuig dat hy by meerdere geleenthede dokumentasie van die verweerder gevra het ten einde die boeke van die Maatskappy op datum en in orde te hou en dat daardie dokumentasie nooit aan horn verskaf is nie.


[9.3] Die eiser het in sy hoof getuienis getuig dat die transaksie xn persoonlike lening is tussen horn en die Verweerder wat ten doel het vir die verweerder in staat te stel om uitgawes te betaal wat nodig is om die projek lewensvatbaar te maak. Hy het vir die verweerder gevra wat sou gebuer as die projek platval. Die Verweerder het volgens sy getuienis geandwoord dat hy dan sy Toyota Prado sou verkoop en die geld aan die eiser terugbetaal. Hierdie getuienis, naamlik die verwysing na die Toyota Prado en die terugbetaling van die lening is deur Jonker in sy getuienis bevestig. Die verweerder het dit ook nie ontken nie, behalwe dat hy gese het die voertuig was nie 'n Pajero, nie maar wel 'n Prado. Die verweerder kon nie verduidelik waarom hy in persoonlike hoedanigheid desnoods sy voertuig sou verkoop om die skuld terug te betaal aan die eiser as die lening aan die maatskappy plaasgevind het soos dit gepleit is nie. Dit het horn genoop om te se dat die geld wel persoonlik aan horn oorbetaal is, maar dat hy slegs aanspreeklik sou wees teenoor die eiser indien die geld nie vir die bevordering van die projek deur horn bestee is nie. Dit is klaarblyklik na my oordeel xn onsuksesvolle poging van die verweerder om die feit dat hy die geld verskuldig is aan die eiser te rasionasliseer op 'n wyse wat daarop neerkom dat hy nie aanspreeklik is nie.


[10] Hierdie verskynsel van rasionalisering deur die verweerder loop soos 'n goue draad deur die dokumente bundel wat ingehandig is. Ek het reeds daarna verwys dat, toe die eiser aangespreek is vir terugbetaling, hy nie die eis vir terugebetaling pertinent aangespreek het nie maar telkens verwys het na verwikkelinge, gesprekke en moontlikhede wat, as dit sou materialiseer, die projek xn dawerende sukses sou maak. Dit sou na my oordeel die verweerder min geskeel net tydens die gesprek met die eiser gedurende Maart 2002 te Potchefstroom of die geld wat hy wou he aan horn persoonlik voor geskiet word by wyse van 'n lening, dan wel of dit aan die maatskappy Envigas (Pty) Ltd voorgeskiet sou word. Die verkryging van die gevraagde bedrag was, horn aanbetref, 'n laaste hindernis wat in die weg gestaan het van 'n waarskeinlike dawerende ekonomiese sukses.


[11] Aan die ander kant is daar die weergawe van die eiser. Die eiser het my beindruk as getuie. Hy was saaklik en op die punt af. En het homself in geen opsig weerspreek nie. Gevolglik en vir redes hierbo genome aanvaar ek die weergawe van die eiser en verwerp ek die weergawe van die verweerder waar dit strydig is met die weergawe van die eiser.


[12] Dit volg dat die eiser se eise soos vervat in die besonderhede van vordering moet slaag.

[13] Wat die eis vir moratore rente aanbetref is ek verwys na die feit dat die betekening van 'n formele kennisgewing waarin die eis bedrag geeis is, plaasgevind het op die verweerder op 22 July 2010.


[14] Ek maak gevolglik die volgende bevel.

[14.1] Vonnis vir die eiser in die bedrag van R 500 000.00 tesame met rente daarop bereken teen 15,5% per jaar gereken vanaf 22 July 2010 tot datum van betaling;


[14.2] Koste van die geding.


LI VORSTER

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOGGEREGSHOF

DATUM VAN VERHOOR:8 AUGUSTUS 2012 DATUM VAN UITSPRAAK : 14 AUGUSTUS 2012