South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2012 >> [2012] ZAFSHC 149

| Noteup | LawCite

TA De Swart h/a Leeuwkop v Honiball en Anders (2988/2005) [2012] ZAFSHC 149 (19 July 2012)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


Saaknommer : 2988/2005


In die saak tussen:-


T A DE SWARDT h/a LEEUWKOP FUEL .......................................Eiser


en


M J HONIBALL ..........................................................Eerste Verweerder

SA NATIONAL ROADS AGENCY LTD ..................Tweede Verweerder

THEODOR WILLEM VAN DEN HEEVER N.O. ....................Derde Party

(In sy verteenwoordigende hoedanigheid as

likwidateur van Black Top Surfaces (Edms) Bpk

(In Likwidasie))

_____________________________________________________


CORAM: VAN ZYL, R


GELEWER OP: 19 JULIE 2012

_____________________________________________________


AGTERGROND EN PLEITSTUKKE:


[1] Eiser het eerste verweerder; alternatiewelik, tweede verweerder; alternatiewelik, eerste verweerder en tweede verweerder gesamentlik en afsonderlik gedagvaar vir die betaling van skadevergoeding in die bedrag van R875 419-40, tesame met rente daarop en koste. Hierdie vordering spruit voort uit ‘n botsing wat plaasgevind het op 18 November 2004 te die N1-nasionale pad tussen Bloemfontein en Ventersburg. Die botsing het plaasgevind tussen ‘n voorhaker met registrasienommers en -letters CVH 905 FS met twee leunwaens met registrasienommers en letters BNF 225 FS en DNF 226 FS (hierinlater gesamentlik na verwys as “die voorhaker”) en ‘n Nissan trok met registrasienommers en letters BFY 467 FS (hierinlater na verwys as “die Nissan”). Aldus die besonderhede van vordering was eiser te alle tersaaklike tye hiertoe die eienaar van die voorhaker; alternatiewelik het eiser die risiko van die verlies daarvan gedra, terwyl eerste verweerder die eienaar was van die Nissan, welke Nissan ten tyde van die plaasvind van die botsing bestuur was deur ‘n werknemer van eerste verweerder, wie binne die omvang en in die uitvoering van sy werksverpligtinge jeens eerste verweerder opgetree het. Dit is volgens die besonderhede van vordering eiser se saak dat die botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike nalatigheid van die bestuurder van die Nissan; alternatiewelik, deur die uitsluitlike nalatigheid van tweede verweerder; in die verdere alternatief, deur die gesamentlike nalatigheid van die bestuurder van die Nissan en tweede verweerder.


[2] Ten opsigte van die beweerde nalatigheid van die bestuurder van die Nissan, is dit in paragraaf 7 van die besonderhede van vordering beweer dat hy in die volgende opsigte nalatig was:


7.1 He failed to keep a proper lookout;

    1. He entered the roadway at a time and place where it was unsafe to do so;

    2. He entered the roadway from a stationary position right in front of plaintiff’s vehicle;

    3. He failed to avoid the collision when, by the exercise of reasonable care, he could and should have done so.”


Ten opsigte van die beweerde nalatigheid van tweede verweerder, is die volgende bewerings van sodanige nalatigheid in paragraaf 8 van die besonderhede van vordering gemaak:


8.1 It caused road works to be executed to the National Road at a place where the collision occurred without providing adequate warning signs to traffic;

    1. It failed to adequately mark the roadway;

    2. It failed to ensure that traffic remained in their correct lanes;

    3. Second Defendant; alternatively Second Defendant and it’s agents jointly and severally, failed to ensure that the road surface was adequately cleaned and free of stones and debris, to ensure such road surface was safe to drive upon;

    4. It failed to adequately protect the dangerous situation that it created.”


[3] Dit moet reeds op hierdie stadium vermeld word dat eiser sy vordering teen eerste verweerder op 26 Januarie 2009 teruggetrek het. Ek meen egter dat ten einde die uiteindelike verloop van die verhoor in behoorlike perspektief te plaas, dit steeds nodig en doelmatig is om ook met eerste verweerder se pleitstukke te handel.


[4] Verdermeer moet ook uitgewys word dat Black Top Surfaces (Edms) Bpk aanvanklik as die derde party gevoeg was, maar dat dit intussen blyk gelikwideer te wees, aangesien die derde party by wyse van `n kennisgewing in terme van Hofreël 15(3) op 8 Januarie 2009 deur Theodor Willem van den Heever N.O. is sy verteenwoordigende hoedanigheid as likwidateur, vervang is.


[5] In eerste verweerder se verweerskrif het hy beweer dat ene Mnr Ras die bestuurder van die voorhaker was, wie ‘n werknemer van eiser was en te alle tersaaklike tye hiertoe binne die aard en omvang van sy diensbestek jeens eiser opgetree het, terwyl verweerder se Nissan bestuur was deur ene Mnr Diza. In die verweerskrif is ontken dat Mnr Diza nalatig was in sy bestuur van die Nissan trok en is dit voorts gepleit dat indien sy nalatigheid bewys sou word, eerste verweerder ontken dat dit ‘n oorsaak van die botsing was. Dit is voorts deur eerste verweerder beweer dat Mnr Ras in sy bestuur van die voorhaker, nalatig was, welke nalatigheid die uitsluitlike oorsaak van die botsing was. In die alternatief is gepleit dat indien bevind sou word dat Mnr Diza nalatig was in sy bestuur van die Nissan trok en dat sodanige nalatigheid ‘n oorsaak van die botsing was, die nalatigheid van Mnr Ras in sy bestuur van die voorhaker ‘n bydraende oorsaak van die botsing was. Gevolglik is gepleit dat eiser se vordering teen eerste verweerder van die hand gewys moet word met koste; alternatiewelik, dat dit verminder word met sodanige bedrag as wat die Hof reg en billik ag met inagneming van die bepalings van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 34 van 1956, tesame met sodanige kostebevel as wat die Hof reg en billik mag ag.


Eerste verweerder het verdermeer ‘n teeneis teen eiser geliasseer, gebaseer op Mnr Ras se beweerde nalatige bestuur van die voorhaker, welke nalatigheid aldus eerste verweerder se teeneis, die uitsluitlike oorsaak van die botsing was. In eerste verweerder se teeneis is derhalwe skadevergoeding in die bedrag van R32 401-79, tesame met rente daarop en koste vanaf eiser gevorder.


[6] Tweede verweerder het ook ‘n verweerskrif geliasseer, die inhoud waarmee ek aanstons sal handel. Daaropvolgend het tweede verweerder ook die Hof genader vir verlof om ‘n derde party kennisgewing soos voorsien in Hofreël 13 na die sluiting van pleitstukke op die derde party te beteken, welke verlof op 28 Junie 2007 verleen is, tesame met gepaardgaande aanvullende regshulp.


[7] In tweede verweerder se derde party kennisgewing is, onder andere, die bestaan van `n skriftelike kontrak tussen tweede verweerder en die derde party met betrekking tot die uitvoering van padwerke op die N1-nasionale pad tussen Bloemfontein en Ventersburg deur die derde party, beweer. Die tersaaklike terme daarvan is as volg deur tweede verweerder gepleit:

11.


The material express, alternatively implied, further alternatively tacit terms of the mandate were inter alia, as follows –


    1. The Third Party would protect the works properly and would so arrange his operations that no danger and the least possible inconvenience were caused to the public and to vehicle and pedestrian traffic. For this purpose it would inter alia, provide and maintain sufficient road signs, lights, barricades, fending and guarding as may be necessary or required by the engineer or by any act, regulation or statutory authorities;


    1. All operations required in connection with the execution of the completion of the works and temporary works, would as far as the provisions of the contract permit, not unnecessarily or in any improper manner encroach upon the use of public roads or upon access to private property, and the Third Party would indemnify the Second Defendant against any claims, demands, damage and/or legal costs that could arise in this regard.


    1. The Third Party indemnified that the Second Defendant against any liability in respect of damage to or physical loss of the property of any person or injury to or death of any person.”


Verdermeer is die volgende tersaaklike bewerings en regshulp voortspruitend daaruit, deur tweede verweerder in die derde party kennisgewing gepleit:


14.


In light of the allegations contained in the Plaintiff’s particulars of claim, and the contract of works concluded between Second Defendant and Third Party, the Third Party and/or its employees, acting within the course and scope of their employment with and as servants of the Third Party, was/were negligent in the respects as alleged against the Defendants.


15.


In terms of the agreement, the Second Defendant is entitled to an indemnification from Third Party in the event of the above Honourable Court finding that its employees were negligent.


WHEREFORE the Second Defendant claims as against the Third Party:


  1. An order declaring that the Third Party indemnify the Second Defendant for any liability which it might incur vis-à-vis the Plaintiff;

  2. An order declaring the Third Party to be jointly and severally liable to the Plaintiff to the extent of such damages as the Plaintiff may prove against the Second Defendant;

  3. Costs of suit;

  4. Further and/or alternative relief.”


[8] In die derde party se verweerskrif tot tweede verweerder se derde party kennisgewing, het die derde party die sluiting van die tersaaklike kontrak erken. Die derde party het voorts sy kwytskelding van tweede verweerder met betrekking tot enige aanspreeklikheid jeens eiser wat teen tweede verweerder bevind mag word, erken.


Met betrekking tot nalatigheid en kousaliteit, het die derde party as volg gepleit:


16.


Without detracting from the generality of anything pleaded above the Third Party denies each and every alleged ground of negligence which the Plaintiff attributes to the Second Defendant which the Second Defendant is in turn attributing to the Third Party whilst the Third Party furthermore pleads, albeit in the alternative, as follows:


    1. In the event of it being found that the Third Party or any of its employees were negligent, the Third Party denies that such negligence contributed to the Plaintiff’s damages;


    1. In the alternative, in the event of it being found that the Third Party or its employees were in fact negligent and that such negligence contributed to the Plaintiff’s damages, the Third Party pleads that the Plaintiff, alternatively the employee of the Plaintiff, who was driving the Plaintiff’s vehicle in question, was also negligent and that such negligence also contributed to the Plaintiff’s damages;


    1. The Plaintiff, alternatively the Plaintiff’s said employee was negligent in one or more or all of the following respects:


16.3.1 The driver of the Plaintiff’s vehicle failed to keep a proper lookout;

      1. The driver of the Plaintiff’s vehicle was travelling too fast in the circumstances;

      2. The driver of the Plaintiff’s vehicle drove the Plaintiff’s vehicle without any, alternatively due consideration for the rights of other road users;

      3. The driver of the Plaintiff’s vehicle failed to avoid the collision whilst, with the exercise of reasonable skill and care, he could and should have done so.


    1. The Plaintiff is vicariously liable for the conduct of the Plaintiff’s said employee as the said employee was acting within the course and scope of his employment with the Plaintiff and/or in furtherance of the interests and objectives of the Plaintiff.


WHEREFORE the Third party prays that the Second Defendant’s claim against the Third Party be dismissed with costs.”


[9] Nadat tweede verweerder sekere wysigings aan sy verweerskrif tot eiser se besonderhede van vordering aangebring het, het tweede verweerder se pleit in antwoord op eiser se bewerings van nalatigheid deur tweede verweerder, welke ek reeds in paragraaf 2 hierbo aangehaal het, onder andere as volg gelees:


10.

AD PARAGRAPH 8:

    1. The Second Defendant admits that on 18 November 2004 and on the N1 National Road between Bloemfontein and Ventersburg certain road works were being executed.


    1. The Second Defendant has no knowledge of the alleged allegations that the collision occurred where the road works were executed and accordingly denies that the road works were the cause of the collision, as alleged or at all.


    1. In the event of the Honourable Court finding that the road works were the cause of the collision, Second Defendant denies any negligence on its part in this regard. In amplification of this denial, the Second Defendant pleads that it had appointed the Third Party as a competent independent subcontractor to execute the works...


    1. Alternatively and in the event that the Court finds that the road works were the cause of the collision and there was negligence as pleaded by the Plaintiff, the Second Defendant pleads as follows:


10.4.1 The Third Party was appointed as a sub-contractor to conduct the road works and was obliged to ensure that all safety measures were taken to conduct such road works in a safe manner.


      1. That any such negligence as found by the Honourable Court is attributable to the Third Party.


    1. Further alternatively, and in the event of the Honourable Court finding that the Second Defendant was negligent, which is denied, it is denied that such negligence contributed to the collision.


    1. Further alternatively, and in the event of the Honourable Court finding that the Second Defendant was negligent, which is denied, and that such negligence contributed to the collision, which is denied, the Second Defendant pleads that the driver of the Plaintiff’s vehicle, acting in the course and scope of his employment with the Plaintiff, was negligent in one or more of the following respects:


      1. He failed to keep a proper lookout;

      2. He failed to keep his vehicle under proper control;

      3. He failed to apply the brakes of his vehicle timeously or at all prior to the collision;

      4. He failed to avoid a collision when he could and should have done so;

      5. He drove too fast in the circumstances;

      6. He drove the vehicle without due consideration of other road users;

      7. He failed to keep a proper follow distance behind First Defendant’s motor vehicle.


10.7 In the premises, the Plaintiff’s claim falls to be reduced in accordance with the provisions of the Apportionment of Damages Act, No. 34 of 1956.”


Gevolglik het tweede verweerder in sy verweerskrif gevorder dat eiser se vordering van die hand gewys word; alternatiewelik verminder word ooreenkomstig die bepalings van die Wet op die Verdeling van Skadevergoeding, 34 van 1956, met `n gepaardgaande gepaste kostebevel.


UITSTEL EN SKEIDING VAN GESKILPUNTE:


[10] Die oggend waarop die verhoor ‘n aanvang moes neem, dit wil sê 29 November 2011, het Mnr Snyman, namens eiser, Mnr Den Hartog, namens tweede verweerder en Mnr Maritz, namens die derde party, my in kamers genader en by ooreenkoms tussen die partye versoek dat die saak uitgestel word na 30 November 2011, koste om oor te staan vir latere beregting. Die rede(s) vir hierdie versoek sal ek later hierin mee handel. Ek het wel sodanige bevel verleen.


Duidelikshalwe moet vermeld word dat daar geen verskyning namens eerste verweerder was nie (hoewel eerste verweerder se teeneis nie teruggetrek was nie). Waar ek dus hierinlater na “die partye” verwys, is dit die partye wat wel ten tyde van die verhoor voor die Hof verteenwoordig was.


[11] By die hervatting van die hofverrigtinge op 30 November 2011, het Mnr Snyman teenoor my aangedui dat daar verdere Reël 37-samesprekings gehou was tussen die partye op Dinsdag, 29 November 2011, om 15h00 tot 16h00, ‘n notule ten opsigte waarvan aan my opgehandig is. Hoewel daar reeds ten tyde van die aanvanklike Reël 37-samesprekings op 19 Januarie 2009 ooreengekom was dat die beregting van meriete en kwantum geskei word, het dit uit voormelde notule geblyk dat die partye ooreengekom het dat sekere (verdere) geskilpunte geskei en apart bereg word, ten opsigte waarvan Mnr Snyman ‘n konsepbevel aan my opgehandig het. Ek het gevolglik ‘n bevel in terme van Hofreël 33(4) ooreenkomstig die konsepbevel verleen, wat as volg gelees het:


By agreement between the plaintiff, second defendant and third party, it is ordered:


  1. The following issues are separated for adjudication:

    1. The degree to which negligence on the part of the first defendant’s driver and of the plaintiff’s driver respectively, caused or contributed to the collision and to the plaintiff’s damages, if at all; and


    1. The extent to which any inadequacy in the provision of warning signs and/or road markings, at the time and place of the collision, caused or contributed to the collision and the plaintiff’s damages, if at all.


2. All issues about wrongfulness and negligence on the part of the second defendant, together with issues about the interpretation and effect of indemnities given to the second defendant by the third party, stand over with the question of quantum of the plaintiff’s damages, for later adjudication.”


[12] Dit het ook uit die notule ten opsigte van hierdie verdere Reël 37- samesprekings geblyk, soos deur Mnr Snyman bevestig, dat eiser se locus standi en dus sy eienaarskap van die voorhaker, nie meer in dispuut was nie. (Die plaasvind van die botsing, en die tyd en plek ten opsigte daarvan, was egter steeds in dispuut.) Daar was voorts ooreengekom dat eiser verantwoordelik sal wees vir die samestelling van `n nuwe, beperkte bundel bewysstukke, gegewe die beperking van die geskilpunte.


GETUIENIS NAMENS EISER:


[13] Mnr Snyman het daarop die getuienis van twee getuies namens die eiser aangebied. Duidelikshalwe kan reeds op hierdie stadium vermeld word dat Mnr Den Hartog by die sluiting van eiser se saak aansoek gedoen het om absolusie van die instansie.


Uit die totaliteit van beide die getuienis van die eerste getuie, Mnr De Swardt, synde die eiser wie die eienaar/risiko-draer van die voorhaker was en die getuienis van Mnr Ras, die tweede getuie, wie die bestuurder van die voorhaker was, het dit geblyk dat die botsing tussen die voorhaker en die Nissan plaasgevind het op 18 November 2004 om ongeveer 16h00 in helder sonlig omstandighede. (Duidelikheidshalwe moet vermeld word dat daar in die getuienis na eerste verweerder se trok verwys is as `n “Bedford”, maar is almal dit eens dat bedoel is `n verwysing te wees na die “Nissan”.) Die botsing plaasgevind op die N1-hoofweg tussen Winburg en Ventersburg, terwyl die voorhaker met geen vrag op die leunwaens in ‘n noordelike rigting gereis het, met ander woorde in die rigting van Ventersburg, ongeveer tussen 10 en 17 kilometer vanaf Ventersburg. Vanweë padwerke aan die tersaaklike roete, wat klaarblyklik onder andere behels het dat die plek waar die botsing plaasgevind het en die onmiddellike omgewing daarvan die padoppervlak nuut geteer was, was daar ten tyde van die plaasvind van die botsing geen padmerke of padlyne op die teerpad geverf waar die botsing plaasgevind het en in die onmiddellike omgewing daarvan nie. Daar was ook geen ander padtekens of waarskuwingstekens by die plek van botsing of in die onmiddellike omgewing nie. Die volgende dag, dit wil sê die dag na die botsing, het beide getuies vanaf Parys na Bloemfontein op dieselfde roete gereis, waartydens dit geblyk het dat daar toe intussen, dit wil sê sedert die plaasvind van die botsing, inderdaad sekere padlyne op die teerpad geverf was op die plek waar die botsing plaasgevind het en ook in die onmiddellike nabye omgewing daarvan. Dit het ook duidelik sodanig geblyk uit sekere foto’s wat deur Mnr De Swardt die dag na die voorval geneem was en ten opsigte waarvan hy getuig het, welke foto’s deel vorm van Bewysstuk “A”. Beide getuies het getuig dat hierdie padlyne in die middel van die teerpad geverf was, met ‘n sperstreep aan die kant van die verkeer wat in ‘n noordelike rigting, met ander woorde vanaf Winburg in die rigting van Ventersburg, reis, en met ‘n gebroke streep, dit wil sê stippellyne, aan die kant van die verkeer wat in ‘n suidelike rigting vanaf Ventersburg na Winburg reis. Hierdie geverfde padlyne is duidelik sigbaar op, onder andere, foto’s 7, 8, 12, 14, 21, 24, 25 en 29 van Bewysstuk “A”, welke foto’s ook deur Mnr De Swardt geneem was die dag na die voorval. Wat hierdie spesifieke geverfde lyne betref, was beide getuies dit ook eens dat dit ooreengestem het met hoe hierdie lyne voor die plaasvind van die padwerke op die plek van die botsing en in die onmiddellike omgewing daar uitgesien het. Beide getuies was dit verdermeer eens dat die ryvlak aan die kant van die pad waar die voorhaker gery het, met ander woorde vir verkeer wat in ‘n noordelike rigting beweeg, voor die ongeluk sodanig breed was dat dit voorsiening gemaak het vir twee bane wat by wyse van ‘n stippellyn verdeel was. Gegewe die plek waar die middellyne op die teerpad geverf was die dag na die voorval, was die baan vir die noordelike verkeer steeds breed genoeg vir twee bane. Die baan vir verkeer wat in ‘n suidelike rigting beweeg, was vantevore ‘n enkelbaan en nadat die middellyne geverf is die dag na die plaasvind van die botsing, was dit steeds ‘n enkelbaan. Altwee getuies het ook getuig dat voor die padwerke plaasgevind het en derhalwe voor die dag van die botsing, daar aan beide kante van die pad ook ‘n geel streep geverf was wat voorsiening gemaak het vir ‘n smal skouer aan die kant van die pad.

[14] Volgens beide getuies het hulle die tersaaklike pad gereeld gery en was hulle bewus daarvan dat daar padwerke op verskillende stadiums op verskillende gedeeltes van die tersaaklike pad plaasgevind het. Met verwysing na foto’s 7 en 8 van Bewysstuk “A”, het Mnr De Swardt getuig dat die botsing plaasgevind het in die omgewing waar sy motor op foto 7 aan die linkerkant van die pad geparkeer staan, wat Mnr Ras ook in sy getuienis bevestig het. Albei die getuies het ook verduidelik dat die pad soos gereflekteer op foto’s en 7 en 8 ‘n geleidelike opdraande vorm en aan die bopunt daarvan, min of meer waar die boom aan die regterkant van die pad op foto 7, Bewysstuk “A”, sigbaar is, ‘n kruin vorm met ‘n duik/afdraende agter dit, waarna die pad ‘n draai na links vorm. Indien ‘n persoon in ‘n noordelike rigting reis oppad na daardie kruin, sal ‘n vragmotor aan die ander kant van die kruin, met ander woorde in die duik, nie vir die bestuurder wat in ‘n noordelike rigting reis, sigbaar wees nie. Vir verkeer wat in ‘n suidelike rigting reis en nog suid van die kruin is, sal aankomende verkeer wat in ‘n noordelike rigting reis, ook nie sigbaar wees nie. Waar die suidelike verkeer egter bo-op die kruin kom, is daar ‘n stippellyn en staan dit sodanige suidelike verkeer vry om ‘n ander voertuig wat in dieselfde rigting beweeg, verby te steek indien dit veilig is.


[15] Uit die totaliteit van spesifiek Mnr Ras se getuienis, met insluiting van kruisverhoor, het dit geblyk dat volgens sy viva voce getuienis die botsing as volg plaasgevind het. Hy het teen ongeveer 80 tot 85 kilometer per uur teen die tersaaklike opdraande in ‘n noordelike rigting gery in die linkerbaan van die twee beskikbare bane vir noordelike verkeer, waarop hy die Nissan voor hom opgemerk het, ook in die linkerkantste baan van die twee noordelike bane, welke Nissan op ‘n afstand van ongeveer tweehonderd tot tweehonderd-en-vyftig meter voor hom was en stadig beweeg het teen ongeveer 40 kilometer per uur. Mnr Ras het besluit om die Nissan verby te gaan en het hy dus die proses begin om na regs te beweeg om agter die Nissan uit te kom en hom verby te gaan in die regterkantste baan van die twee linkerbane. Mnr Ras het verduidelik dat dit met ‘n swaar voertuig soos wat hy bestuur het, ‘n tydsame proses is om aldus regs te beweeg ten einde ‘n ander voertuig verby te gaan. Toe hy op ‘n afstand van ongeveer vyftig meter agter die Nissan was, in ‘n posisie waar die voorhaker as sulks se regter voorwiel al oor die denkbeeldige stippellyn na die regterkantste baan van die twee linkerbane beweeg het, maar met die twee leunwaens in ’n skuins posisie steeds in die linkerkantste baan van die twee linkerbane, was hy in ‘n posisie om aankomende verkeer te sien. Hy het toe opgemerk dat daar twee vragmotors op ‘n afstand van ongeveer tweehonderd tot tweehonderd-en-vyftig meter van voor in ‘n suidelike rigting beweeg het, langs mekaar. Mnr Ras het probeer om te rem ten einde terug te beweeg agter die Nissan in. In die verband het hy verduidelik dat die remmerke wat op die foto’s sigbaar is (waaromtrent Mnr De Swardt ook getuig het), in besonder soos sigbaar op foto 14 van Bewysstuk “A”, die remmerke is van die leunwaens, aangesien die voorhaker as sulks ‘n ABS-remsisteem het en die remme daarvan dus nie sou sluit nie. Dit is waarom hierdie remmerke, aldus sy verduideliking, hoofsaaklik nog in die linkerbaan van die twee noordelike bane voorkom. Mnr Ras se rem-aksie om die botsing te probeer vermy deur terug te beweeg agter die Nissan in, was egter nie suksesvol nie en het hy die Nissan aan sy regter agterkant getref met die voorhaker se linker voorkant. (Hierdie impak op die voorhaker is dan ook gereflekteer op sekere foto’s van Bewysstuk “A” waaromtrent Mnr De Swardt getuig het.) Vanweë die impak, het Mnr Ras beheer oor die voorhaker verloor en het dit na die regterkant van die pad oor die baan van die aankomende verkeer beweeg, waarna dit aan die regterkant van die pad in die veld tot stilstand gekom het. Die leunwaens het steeds in die rigting van Ventersburg gekyk nadat dit tot stilstand gekom het, maar die voorhaker het geknipmes en teruggekyk in die rigting van Winburg. Volledigheidshalwe kan vermeld word dat die posisie en toestand waarin die voorhaker tot stilstand gekom het, ook gereflekteer is op sekere van die foto’s van Bewysstuk “A”, waaromtrent Mnr De Swardt getuig het. Die Nissan het langs die pad aan die linkerkant van die pad tot stilstand gekom, in ‘n posisie waar dit ook omgeswaai het en teruggekyk het in ‘n suidelike rigting. Die twee aankomende vragmotors het, aldus Mnr Ras se getuienis, ongeskonde daarvan afgekom en weet hy nie wat van hierdie vragmotors geword het nie.


[16] Mnr Ras het ook getuig dat hy hierdie bepaalde pad ongeveer twee tot drie keer per week heen en weer gery het. Volgens sy herinnering, het hy ongeveer twee dae voor die plaasvind van die botsing die pad die laaste keer gery. Soos reeds gemeld, was dit Mnr Ras se getuienis (soos die van Mnr De Swardt), dat die aard van die middellyne soos dit geverf was die dag na die botsing, dieselfde was as wat dit vantevore was voordat die padwerke plaasgevind het. In die verband het Mnr Ras ook kennis gedra daarvan dat voordat die padwerke plaasgevind het, die middellyne sodanig geverf was dat daar in die omgewing van die botsing `n stippellyn vir verkeer in `n suidelike rigting was en kon sodanige verkeer dus, indien dit veilig was, `n voertuig verbygaan.


Soos ook reeds gemeld, het Mnr Ras getuig dat daar op die plek waar die botsing plaasgevind het en in die onmiddellike omgewing daarvan, geen padlyne of padmerke op die teeroppervlak geverf was nie. Daar was ook geen padtekens of waarskuwingstekens wat aandui dat daar padwerke plaasvind of wat byvoorbeeld die verbygaan van ‘n ander voertuig verbied nie. Mnr Ras het egter pertinent gedurende kruisverhoor deur Mnr Den Hartog getuig dat hy opgemerk het dat daar nie padlyne op die teerpad geverf was nie, maar selfs indien daar padlyne geverf was of ander padtekens aangebring was, sou dit geen invloed op sy optrede gehad het nie – hy sou steeds onder dieselfde omstandighede die Nissan verbygegaan het.


[17] Verdermeer was sy spesifieke getuienis ten tyde van kruisverhoor as volg:


Mnr Den Hartog: Mnr u het ‘n baie belangrike opmerking gemaak tydens u getuienis in hoof toe u gepraat het oor remme en die verskil tussen ‘n sedan-voertuig en ‘n swaar motorvoertuig. U het gesê as jy ‘n swaar motorvoertuig ry, moet jy verder vooruit dink en jy moet gaan dink wat doen daardie ou voor jou, is dit korrek? ..... Dit is heeltemal reg.


Korrek, nou goed. U ry nou ‘n pad wat u baie goed ken, u weet daar is twee bane vir u en daar is een baan vir aankomende verkeer. U sig vorentoe is beperk as gevolg van ‘n pad wat draai en as gevolg van ‘n opdraande en ‘n afdraande, is dit korrek? .... Dit is reg, ja.


U weet ook dat die aankomende voertuie ook nie kan sien tot hulle op die koppie is soos wat u getuig het nie, is dit korrek?..... Dis reg.


Nou is daar nie lyne op die pad nie, u besef dit is ‘n gevaarlike situasie omdat daar nie lyne op die pad is nie, is dit korrek? ..... Ja.


Moet u nie u optrede as ‘n bestuurder aanpas by daardie omstandighede nie? Nou is daar nie lyne nie, u weet hier is ‘n draai, u sig is beperk, u weet die sig van die aankomende voertuie is beperk, wag nou maar net tot ek oor die koppie is voor ek die trok verbygaan? ..... Dit is ‘n moontlikheid, maar ek het mos nou gedag dit was veilig vir my gewees soos ek gesien het. Daar het nie voertuie gekom totdat ek feitlik op hierdie voertuig was nie.


Maar dit was toe nou nie veilig volgens u getuienis...... Ja.


Want u weet daar kan ‘n voertuig daar agter daardie koppie wees. U kan hom nie sien nie, maar u is tevrede om die kans te vat? .... Wel, daardie dag was ek tevrede.


Sê nou dit was donker en dit het gereën?.... Nee.


Sou u dit nie gedoen het nie?.... Nee.


Nou is daar nie lyne nie, dit is ‘n gevaarsituasie wat bestaan? ..... Ja.


En as ‘n mens in ‘n gevaarsituasie is dan moet jy stappe neem om die gevaar te beperk...... Dis waar.


Is dit korrek? ..... Dit is reg.


En u het nie? U het gegaan ten spyte van u wete dat daar moontlik verkeer van voor kan kom? Daar is nie lyne nie, u weet dit. ...... Ja.


Desnieteenstaande vat u maar die kans? ..... Ja. Ek sou verbygegaan het soos wat dit vir my in die verlede veilig was, so het die padtekens vir my gesê ek mag verbygaan.


Die trokke wat van vooraf gekom het, op u weergawe, u ken nou immers die pad van die teenkant af, sou u gedoen het wat hulle gedoen het, verbygesteek het terwyl u nie kon sien nie? ..... Hoe kan ek sê, as jy van daardie rigting afkom, is dit moeilik om te bepaal, so ek weet nie. Ek weet nie wat het hy gesien nie.


As ons kyk in beginsel na foto 7, op die stadium toe u hulle gewaar het, toe was hulle heeltemal geregtig om langs mekaar te wees, is dit korrek? Want dit was ‘n stippellyn vir hulle, hy kon verbygegaan het. ...... Dit is reg, ja.


So die twee aankomende trokke het eintlik niks verkeerd gedoen nie, stem u saam? Of daar nou ‘n lyn was of nie, hy was geregtig om verby te gaan? ..... As dit veilig is, is hy geregtig om verby te gaan teen die opdraande, dit is ‘n stippellyn.


Of daar ‘n lyn daar is en of daar nie ‘n lyn daar is nie, hy sou dieselfde gedoen het want die lyn laat hom toe om ‘n ander voertuig verby te steek? So lyn of geen lyn nie, dit sou geen verskil gemaak het nie, stem u saam? ...... Dit is reg”.


[18] Volledigheidshalwe moet vermeld word dat Mnr Ras ook ten tyde van kruisverhoor gekonfronteer is met die inhoud van ‘n ongeluksverslag, sowel as die inhoud van ‘n beëdigde verklaring van hom, afskrifte waarvan aangeheg was tot Bewysstuk “A”. Dit is gedoen op die basis dat sekere bewerings wat daarin voorkom, strydig is met die viva voce getuienis van Mnr Ras met betrekking tot die wyse waarop die botsing sou plaasgevind het. Vanweë die feit dat geloofwaardigheid in die meeste gevalle nie ‘n rol speel by die oorweging van ‘n aansoek om absolusie na sluiting van eiser se saak nie, asook vanweë die feit dat Mnr Den Hartog se argument ter ondersteuning van tweede verweerder se aansoek om absolusie gebaseer was op die viva voce getuienis van en namens eiser aangebied, met ander woorde op eiser se eie weergawe, ag ek dit onnodig om met die inhoud van die ongeluksverslag en die beëdigde verklaring van Mnr Ras en/of Mnr Ras se antwoorde op vrae ten opsigte daarvan, te handel.


TWEEDE VERWEERDER SE AANSOEK OM ABSOLUSIE VAN

DIE INSTANSIE:


[19] Mnr Den Hartog het in sy aansoek om absolusie van die instansie betoog dat dit duidelik uit die getuienis blyk dat Mnr Ras die tersaaklike pad en meer in besonder die gedeelte van die pad waar die botsing plaasgevind het, baie goed geken het. Hy het presies geweet wat die omstandighede normaalweg daar is, met ander woorde toe daar nog padlyne op die teeroppervlak geverf was. Hy kon sien dat daar nie padlyne geverf was nie, maar omdat hy die omstandighede op die pad geken het, sou hy steeds dieselfde gedoen het selfs indien daar padlyne geverf was en/of ander padtekens aangebring was. Mnr Ras het ook toegegee dat die aankomende verkeer, selfs indien daar padlyne geverf sou gewees het, binne hul regte opgetree het, deurdat daar vantevore ‘n stippellyn vir suidelike verkeer was en die dag na die ongeluk steeds weer sodanige stippellyn geverf was. Hoewel dit dus moontlik so kan wees dat die aankomende vragmotor wat in die noordelike verkeer se baan inbeweeg het, nie ‘n behoorlike uitkyk gehou het deur dit eers te doen wanneer dit veilig is nie, sou sodanige vragmotor waarskynlik presies dieselfde gedoen het selfs indien die padlyne wel geverf was. Mnr Den Hartog het gevolglik betoog dat alwaar dit duidelik Mnr Ras se getuienis is dat die aanwesigheid van padlyne, padmerke en/of ander padtekens geen verskil sou maak nie, daar geen getuienis is op grond waarvan tweede verweerder op sy verdediging geplaas behoort te word om getuienis aan te bied oor padlyne of padtekens wat daar was of nie daar was nie, aangesien dit die saak nie verder sal neem nie. Hy het derhalwe gesubmiteer dat daar geen getuienis is waarop ‘n Hof kan bevind dat die afwesigheid van padlyne of padtekens enigsins kousaal bygedra het tot die plaasvind van die botsing nie.


[20] Mnr Maritz het Mnr Den Hartog se aansoek om absolusie van die instansie ondersteun. Uiteraard is die derde party ook afhanklik van die toestaan van sodanige absolusie ten gunste van tweede verweerder vir doeleindes van die derde party se lis met tweede verweerder. Mnr Maritz het insgelyks betoog dat daar geen getuienis deur die eiser aangebied is wat eers prima facie aanduidend is van ‘n kousale verband tussen die afwesigheid van padlyne en padtekens en die plaasvind van die botsing nie.


[21] Mnr Snyman het in sy betoog in antwoord op Mnr Den Hartog se aansoek om absolusie van die instansie, saamgestem dat die enigste vraag is of daar ‘n kousale verband is tussen die afwesigheid van padlyne en padtekens en die plaasvind van die botsing. As daardie bevinding nie gemaak kan word nie, moet, aldus sy betoog, absolusie van die instansie wel verleen word. Hy het daarop verwys na die toegewing deur Mnr Ras dat die aanwesigheid van padlyne en padtekens geen verskil sou gemaak het in sy optrede en derhalwe met betrekking tot die plaasvind van die botsing nie en het Mnr Syman dus toegegee, na my mening heeltemal tereg, dat hy nie enige sinvolle betoog aan my kan voorhou om die aangeleentheid ten gunste van eiser verder te neem nie.

[22] By oorweging van die vraag of absolusie van die instansie by sluiting van ‘n eiser se saak verleen moet word, aldan nie, behoort geloofwaardigheid nie, behalwe in uitsonderlike omstandighede, ‘n rol te speel nie. In ERASMUS SUPERIOR COURT PRACTICE, F.B.J FARLAM ET AL, op p. B1-292A tot B1-293 is dit opsommenderwys met verwysing na gesag as volg verwoord:


In deciding whether absolution should be granted at the close of the plaintiff’s case, it must be assumed that in the absence of very special considerations, such as the inherent unacceptability of the evidence adduced, the evidence is true. Questions of credibility should not normally be investigated at this stage of the proceedings, except where the witness have palpably broken down and where it is clear that what they have stated, is not true.”


[23] In die onderhawige geval is dit wel so dat Mnr Ras, soos ook deur Mnr Den Hartog aan die hand gedoen, sekerlik nie een van die beste getuies was nie en in sekere opsigte het dit voorgekom dat hy moontlik nie meer behoorlik kan onthou wat gebeur het nie en/of was hy onseker oor sy getuienis. Ek meen egter dat vir doeleindes van die oorweging van die aansoek om absolusie van die instansie, soos ook deur Mnr Den Hartog toegegee, sy getuienis as waar en korrek aanvaar moet word.


[24] Wat betref die benadering tot ‘n aansoek om absolusie van die instansie by sluiting van ‘n eiser se saak, is dit as volg gestel deur Harms AR in GORDON LLOYD PAGE & ASSOCIATES v RIVERA 2001 (1) SA 88 (SCA) op p. 92 E – 93 A:


The test for absolution to be applied by a trial court at the end of a plaintiff’s case was formulated in Claude Neon Lights (SA) Ltd v Daniël 1976 (4) SA 403 (A) at 409 G – H in these terms:


‘…..when absolution from the instance is sought at the close of plaintiff’s case, the test to be applied is not whether the evidence led by plaintiff establishes what would finally be required to be established, but whether there is evidence upon which a Court, applying its mind reasonably to such evidence, could or might (not should, nor ought to) find for the plaintiff. ….’


This implies that a plaintiff has to make out a prima facie case – in the sense that there is evidence relating to all the elements of the claim – to survive absolution because without such evidence no court could find for the plaintiff…… As far as inferences from the evidence are concerned, the inference relied upon by the plaintiff must be a reasonable one, not the only reasonable one….. The test has from time to time been formulated in different terms, especially it has been said that the court must consider whether there is ‘evidence upon which a reasonable man might find for the plaintiff’ – a test which had its origin in jury trials when the ‘reasonable man’ was a reasonable member of the jury…. Such a formulation tempts to cloud the issue. The court ought not to be concerned with what someone else might think; it should rather be concerned with its own judgment and not that of another ‘reasonable person or court’. Having said this, absolution at the end of a plaintiff’s case, in the ordinary course of events, will nevertheless be granted sparingly, but when the occasion arises, the court should order it in the interests of justice”.


[25] Gegewe die totaliteit van die getuienis aangebied deur en namens die eiser en die toegewings gemaak deur Mnr Ras, is daar na my mening inderdaad geen getuienis, nie eers `n prima facie saak, waarop bevind kan word dat die afwesigheid van padlyne of padtekens enigsins ‘n bydra gemaak het, met ander woorde kousaal verbind kan word, tot die plaasvind van die botsing nie. Op Mnr Ras se eie getuienis sou hy, en waarskynlik ook die bestuurders van die aankomende vragmotors, op presies dieselfde wyse opgetree het selfs indien daar padlyne, padmerke en/of padtekens was. Die botsing sou dus in sodanige omstandighede in ieder geval steeds plaasgevind het.


[26] Dit is dus duidelik dat absolusie van die instansie verleen moet word ten opsigte van die tweede geskilpunt vervat in die Reël 33(4)-bevel.


[27] Wat betref die eerste geskilpunt in die Reël 33(4)-bevel, synde die graad van nalatigheid aan die kant van eerste verweerder se bestuurder en eiser se bestuurder onderskeidelik in die veroorsaking van die botsing, was al drie regsverteenwoordigers dit eens dat hierdie aspek eers relevant sou raak indien ek die bestaan van ‘n kousale verband sou bevind tussen die afwesigheid van die padlyne en die padtekens aan die een kant en die plaasvind van die botsing aan die ander kant. Gegewe die absolusie van die instansie bevel wat ek voornemens is om te maak ten gunste van tweede verweerder, meen ek dat dit dus onnodig en irrelevant is om enigsins ‘n bevinding te maak op die eerste geskilpunt in die Reël 33(4)-bevel vervat. Insoverre dit egter moontlik nodig mag wees of nodig mag word dat dit in die toekoms beslis word, hoewel dit onwaarskynlik is, sal ek veiligheidshalwe hierdie geskilpunt sine die uitstel.


[28] Wat betref eerste verweerder se teeneis teen eiser, het Mnr Snyman aan die hand gedoen dat absolusie van die instansie ten gunste van eiser daaromtrent verleen behoort te word, met geen kostebevel nie. Ek is dit eens dat dit die gepaste bevel is onder die omstandighede.

KOSTE:

A. Gedingskoste:


[29] Al drie regsverteenwoordigers was dit eens dat indien ek absolusie van die instansie ten gunste van tweede verweerder verleen, dit met koste verleen moet word, synde verwysend na die gedingskoste. Hulle was dit ook eens dat in sodanige geval eiser dan ook aanspreeklik behoort te wees vir die betaling van die derde party se gedingskoste. Ek stem met hierdie submissie saam en is dus voornemens om dit aldus te gelas.


B. Verspilde koste van 27 Januarie 2009 en van 29 November 2011 onderskeidelik:


[30] Volgens al die regsverteenwoordigers, was bogemelde datums die enigste uitsteldatums waartydens gelas is dat koste oorstaan vir latere beregting en is daar geen ander oorgestane kostebevele nie. Ek is dus slegs gevra om die verspilde koste ten opsigte van hierdie twee datums te bereg. Die advokate het my op volledige wyse toegespreek ten opsigte van die gebeure en faktore wat hulle onderskeidelik betoog het my bevinding behoort te bepaal. Hoewel ek my deeglik vergewis het van die inhoud van hul onderskeie betoë, is ek nie voornemens om dit in detail te herhaal nie, maar sal die tersaaklike aspekte daarvan tog blyk uit die wyse waarop ek met die gebeure wat na my mening tersaaklik is by die bepaling van die gepaste kostebevele, hieronder mee gaan handel.


B1. 27 Januarie 2009


[31] Dit was die betoog van Mnr Snyman dat tweede verweerder beide die eiser en die derde party se verspilde koste teweeggebring deur die uitstel op 27 Januarie 2009, behoort te betaal. Beide Mnre Den Hartog en Maritz het betoog dat die verspilde koste teweeggebring deur die uitstel op 27 November 2009, koste in die geding behoort te wees op die basis dat nie enige van die partye werklik op daardie stadium gereed was om met die verhoor voort te gaan nie en geen spesifieke party derhalwe aanspreeklik was vir daardie uitstel nie.


[32] Mnr Den Hartog het ten tyde van sy betoog vermeld dat gedurende of omtrent 18 Desember 2008 namens eiser gepoog was om Reël 37-samesprekings te hou. Vanweë die feesseisoen wat toe reeds op hande was, was nie al die tersaaklike regsverteenwoordigers beskikbaar om dit by te woon nie, waarop dit eventueel op 19 Januarie 2009 plaasgevind het. Hierdie feite blyk nie in dispuut te wees nie en aanvaar ek dit dus ter agtergrond. Hierdie Reël 37- samesprekings het derhalwe plaasgevind enkele dae voor die verhoor ‘n aanvang moes neem op 27 Januarie 2009. Uit die Reël 37-notule ten opsigte van daardie samesprekings, soos dit voorkom op bladsye 492 tot 501 van die geïndekseerde pleitstukke, blyk die volgende aspekte waarna die advokate ook in hul betoë verwys het en wat na my mening tersaaklik is vir doeleindes van die beregting van die koste:


  1. Eiser het sekere navrae in terme van Reël 37(4) aan tweede verweerder gerig, ten opsigte waarvan genotuleer is dat tweede verweerder onderneem het om die navrae te beantwoord teen 21 Januarie 2009.


  1. Die derde party het die volgende beweerde benadeling in paragraaf 3 van die notule laat notuleer:


3.1 The Plaintiff’s discovery affidavit had not been served on the Third Party, but was only telefaxed to it on 8 January 2009. The discovered documents were only provided to the Third Party on 13 January 2009.


3.2 The Plaintiff’s discovery was inadequate and a notice in terms of Rule 35(3) would be served on the Plaintiff by no later than 21 January 2009.


3.3 The Third Party only received the Second Defendant’s discovery affidavit by telefax on 14 January 2009.


3.4 The Second Defendant’s discovery was inadequate and the Third Party’s attorneys have already requested proper discovery in a letter. A notice in terms of Rule 35(3) will be served on the Second Defendant by no later than 21 January 2009.”


  1. Dit is ook in paragraaf 5 genotuleer dat alle partye toestem dat betekening kan geskied via e-pos en faksimilee.


  1. Wat betref die voorbereiding van bundels, is die volgende in paragraaf 13 genotuleer:


The Plaintiff will prepare the bundle of documents for use by the parties, the witnesses and the Court and the Defendant and Third Party are invited to indicate whether they want to supplement the bundle. The Plaintiff undertook to provide its bundle by 21 January 2009.”


[33] Ten tyde van Mnr Snyman se betoog, het hy uitgewys dat die ooreenkoms dat die saak op 27 Januarie 2009 sine die uitgestel word met koste om oor te staan, voortgespruit het uit ‘n voorstel tot dien effekte deur tweede verweerder se prokureur van eerste instansie. In die verband het hy verwys na ‘n skrywe van laasgenoemde prokureur aan die ander partye se prokureurs van eerste instansie, gedateer 21 Januarie 2009, welke aan my opgehandig is en na aanleiding waarvan hy sekere submissies gemaak het. Hoewel dit ‘n redelike lywige skrywe is, ag ek dit noodsaaklik om die inhoud daarvan hierin te herhaal:


1. The Third Party’s letter dated 16 January 2009 has reference.


  1. It appears from the discussions between the various parties that it is inevitable that the matter cannot proceed due to the voluminous amount of documents required by the Third Party from Second Defendant and Plaintiff. The Third Party also states in its letter dated 16 January 2009 that the matter is not right for hearing.


  1. The Second Defendant is at present using all resources in an attempt to obtain the necessary documentation, make copies thereof, collate same and provide the necessary bundles.


  1. Both Plaintiff and Third Party are seeking an order that their costs be paid in the event of a postponement as they allege that they are not to blame for the state of affairs.


  1. Save for the allegations levelled at the Second Defendant insofar as it may be at fault, Second Defendant does not believe that Plaintiff and Third Party are entirely innocent for the existing state of affairs, for the following reasons:


Ad Plaintiff:


    1. A pre-trial was only arranged in the last three weeks before trial and had this been done prior to the vocation period and/or six weeks as provided for in the Rules, the situation as it stands could have been avoided.


    1. The Third Party alleges that plaintiff’s discovery is inadequate and consequently the Plaintiff is also at fault.


    1. The Plaintiff has only undertaken to withdraw its claim against the First Defendant on the 20th January 2009, thereby prejudicing Second Defendant and Third Party in not allowing them to consult with First Defendant’s witnesses and/or gain access to the First Defendant’s documents.


Ad Third Party:


    1. Until the pre-trial, the Third Party has taken no steps to enforce discovery and/or obtain discovery affidavits from either the Plaintiff or the Second Defendant.


    1. It is trite law that a dilatory party to litigation is not entitled to rest on its laurels and await the coming of the trial date to raise its complaints of non-compliance by other parties without having used the machinery of the court rules to enforce any such non-compliance.


    1. The masses of documents called for by the Third Party from Plaintiff and/or Second Defendant may very well prove to be irrelevant and/or superfluous in the circumstances.


  1. Having regard to all of the above, it is our instructions to record the following proposals to both Plaintiff and Third Party:

    1. The matter be postponed sine die;

    2. Costs to be reserved.


7. Should any of the parties not be amenable to the aforesaid proposal, the contents of this letter will be brought to the attention of the presiding Judge and particularly the fact that the three sets of legal teams will have to travel to Bloemfontein merely to argue an issue of costs which can be argued at any later stage. A punitive cost order will accordingly be sought against any party not agreeing to the aforesaid proposal.”


[34] Mnr Snyman het betoog dat die kruks van die saak egter is dat die derde party op daardie stadium dokumente vanaf tweede verweerder versoek het, welke dokumente handel met die kontraktuele verhouding wat tussen die derde party en tweede verweerder geheers het op datum van die plaasvind van die botsing, welke dokumente tweede verweerder nie aan die derde party verskaf het nie en inderdaad eers die week voor die huidige verhoor beskikbaar gemaak is deur tweede verweerder. (Dit is die dokumente waarna gedurende die advokate se betoë verwys is as die “ ongeveer 2000 bladsye”.) Daardie dokumente het dus, aldus mnr Snyman se betoog, slegs met die lis tussen tweede verweerder en die derde party gehandel en het eiser geen verpligting ten opsigte van die blootlegging daarvan gehad nie. Aldus Mnr Snyman se verdere betoog, was eiser nie op daardie stadium enige dokumentasie aan tweede verweerder of die derde party verskuldig nie, nieteenstaande die bewerings in hierdie verband in beide die Reël 37-notule en die skrywe van 21 Januarie 2009 nie. Ter stawing hiervan het Mnr Snyman daarop gewys dat daar op geen stadium ‘n Reël 35(3) kennisgewing op eiser beteken was vir doeleindes van sodanige verdere blootlegging nie.


[35] Addisioneel tot voormelde, het Mnr Snyman ook betoog dat tweede verweerder die antwoorde wat hy in terme van Reël 37(4) onderneem het om op 21 Januarie 2009 aan eiser te verskaf, waarna ek reeds in paragraaf 32 hierbo verwys het, ook nie verskaf het nie en dat eiser dit eers op Maandag, 28 November 2011, dit wil sê ‘n dag voor die aanvang van die huidige verhoor, ontvang het.


[36] Mnr Snyman het gevolglik betoog dat tweede verweerder die party is wat nie gereed was om op verhoor te gaan op 27 Januarie 2009 nie en dat dit dus die party is wat aanspreeklik behoort te wees vir beide eiser en die derde party se verspilde koste ten opsigte van daardie datum.


[37] Ek het deeglik oorweging geskenk aan Mnr Snyman se betoog. Ek meen egter dat daar duidelik sekere dispute tussen die partye bestaan het op daardie stadium wat nie deur blote betoog uit die weg geruim kan word nie. Hoewel Mnr Snyman betoog dat dit net tweede verweerder was wat op daardie stadium versuim het om tersaaklike dokumentasie aan die derde party te verskaf, blyk dit duidelik uit die Reël 37-notule dat die derde party op daardie stadium van mening was dat eiser se blootlegging nie net laat geskied het nie, maar ook onvolledig was. Addisioneel hiertoe, het tweede verweerder by wyse van die skrywe van 21 Januarie 2009, aspekte uitgewys op grond waarvan namens tweede verweerder beweer is dat eiser saam met die ander partye verantwoordelik was daarvoor dat die aangeleentheid nie op daardie stadium ryp vir verhoor was nie. Wat tweede verweerder se antwoorde in terme van Reël 37(4) betref, blyk daar ook ‘n dispuut hieromtrent te bestaan. Mnr Den Hartog het aan my `n dokument bevattende sodanige antwoorde verskaf, tesame met ‘n dekskrywe deur tweede verweerder en twee bewyse van faksimilee versendings, op grond waarvan Mnr Den Hartog betoog het dat die Reël 37(4) antwoorde inderdaad, soos ooreengekom was ten tyde van die Reël 37-samesprekings, per faksimilee aan eiser verskaf was op 21 Januarie 2009. Aangesien dit egter namens eiser beweer was dat hierdie antwoorde nie ontvang was nie en omdat tweede verweerder se prokureur op daardie stadium nie ‘n afskrif van die antwoorde wat reeds verskaf was kon verkry nie, is ‘n nuwe dokument bevattende sodanige antwoorde opgestel en geliasseer op 25 November 2011, `n afskrif waarvan in my hofleêr was. Mnr Den Hartog het voorts verduidelik dat na die liassering van laasgenoemde dokument, is die oorspronklike dokument egter weer in die leêr van tweede verweerder se plaaslike korrespondent opgespoor. Mnr Snyman het daarop die twee dokumente vergelyk en uitgewys dat daar `n verskil in die antwoorde is wat in paragraaf 9 van die onderskeie dokumente verskaf is. Hoe dit ook al sy, wat duidelik is, is dat daar ook ‘n dispuut tussen die partye bestaan wat die tydige verskaffing van hierdie antwoorde betref.


[38] Wanneer ek al die voormelde aspekte oorweeg, ingesluit die klaarblyklike dispute wat tussen die partye bestaan het ten opsigte van hul onderskeie aanspreeklikheid of verantwoordelikheid vir die feit dat die aangeleentheid nie op daardie stadium op verhoor kon gaan nie, meen ek dat die betoë van Mnr Den Hartog en Mnr Maritz waarskynlik die korrekte is. Aldus hulle betoë was daar op daardie stadium, dit wil sê kort voorafgaande en tydens die plaasvind van die (laat) Reël 37-samesprekings en die enkele dae voorafgaande die verhoor, ‘n spreekwoordelike geskarrel tussen die partye om aan die een kant die aangeleentheid poog ryp te druk vir verhoor en aan die ander kant oor en weer spreekwoordelik modder te gooi oor waarom die aangeleentheid nie ryp is vir verhoordoeleindes nie. Dit blyk vir my duidelik uit die kontemporêre dokumente wat op daardie stadium tot stand gekom het, in besonder die Reël 37-notule en die skrywe van 21 Januarie 2009, dat daar waarskynlik skuld, in ‘n meerdere of mindere mate, voor die deur van elk van die partye gelê het wat veroorsaak het dat die aangeleentheid nie gereed was om op verhoor te gaan nie.


[39] Ek stem derhalwe met Mnr Den Hartog en Mnr Maritz saam dat die verspilde koste teweeggebring deur die uitstel van die verhoor op 27 Januarie 2009, koste in die geding moet wees.


B2. 29 November 2011


[40] Wat die verspilde koste teweeggebring deur die uitstel van 29 November 2011 betref, het Mnr Snyman toegegee dat die oggend se verspilde koste gedeeltelik teweeggebring was deur eiser. Hy het egter betoog dat tweede verweerder en die derde party vanweë die redes wat ek hieronder sal vermeld, ook gedeeltelik aanspreeklik behoort te wees vir die verspilde koste van die oggend en het hy aan die hand gedoen dat dit dus deur al drie partye gedra behoort te word. Vanweë die feit dat eiser se bundels teen 13h00 die middag aan die ander partye beskikbaar gestel was en aangesien die middag van 29 November 2011 egter toe deur al die partye benut was om die aanvullende Reël 37- samesprekings te hou, waarna ek reeds vroeër in hierdie uitspraak verwys het, het hy betoog dat selfs indien slegs eiser aanspreeklik gehou sou word vir die oggend se verspilde koste, dit nie reg en billik sal wees dat eiser ook verantwoordelik moet wees vir die betaling van die middag se verspilde koste nie – dit behoort onder die omstandighede deur die partye gedeel te word.


Teenoor voormelde, was dit die submissies van beide Mnr Den Hartog en Mnr Maritz dat eiser aanspreeklik behoort te wees vir die verspilde koste van die dag, deurdat die uitstel teweeggebring was deur eiser se versuim om gereed te wees om met die verhoor voort te gaan en het hulle voorts betoog dat die middag se verdere Reël 37-samesprekings bloot voortvloeiend was uit die feit dat eiser veroorsaak het dat die partye nie die middag in die hof kon wees nie.


[41] Dit blyk gemeensaak te wees en het Mnr Snyman toegegee dat die vier bewysstukbundels van eiser nie voorafgaande die aanvangsdatum van die verhoor aan die ander partye beskikbaar gestel was nie en was dit ook nie die oggend van 29 November 2011, toe die verhoor ‘n aanvang moes geneem het, gepagineer en gereed om aan die ander partye beskikbaar gestel te word nie. (`n Mindere probleem, maar tog ook voor die deur van die eiser, is dat nie al die pleitstukke van eiser en die hof behoorlik en ooreenstemmend met mekaar geïndekseer en gepagineer was nie.) Gevolglik het Mnr Snyman tereg toegegee dat die oggend se verspilde koste, hoewel volgens sy submissie sleg gedeeltelik, teweeggebring was deur eiser. Sy betoog dat die ander twee partye ook gedeeltelik aanspreeklik behoort te wees vir die oggend se verspilde koste, het Mnr Snyman op die volgende gebaseer:


  1. Die blootlegging van die “ongeveer 2 000 bladsye” wat nog deurentyd deur tweede verweerder aan die derde party verskuldig was, is eers ongeveer ‘n week voor die verhoor deur tweede verweerder beskikbaar gemaak, sonder dat tweede verweerder aangedui het welke van die dokumentasie relevant is en welke tweede verweerder voornemens is om te gebruik tydens die verhoor. Verdermeer het Mnr Snyman ook daarop gewys dat eiser ‘n kennisgewing van wysiging vanaf tweede verweerder ontvang het en was dit vir eiser noodsaaklik om te weet of tweede verweerder van voornemens was om met die wysiging voort te gaan, aldan nie, en kon die verhoor nie voortgaan alvorens uitsluitsel daaromtrent aan eiser gegee was nie, wat nie gebeur het nie.


  1. Wat die derde party betref, het Mnr Snyman toegegee dat die derde party se dokumentasie in orde was, maar dat daar ‘n soortgelyke situasie as in die geval met tweede verweerder bestaan het, deurdat die derde party ook ‘n kennisgewing van aansoek om wysiging geliasseer het, ten opsigte waarvan die derde party eers aan eiser moes aandui of daar voortgegaan word met die wysiging, aldan nie, voordat daar met die verhoor voortgegaan kon word.


[42] Mnr Den Hartog het ten tyde van sy betoog hieromtrent daarop gewys dat tweede verweerder inderdaad gedurende Oktober 2012 aanvullende blootlegging gedoen het, maar dat dit uit ongeveer 3 500 bladsye dokumente bestaan het. Vanweë die feit dat geen bewysstukbundels vanaf eiser verkry was soos wat in die oorspronklike Reël 37- samesprekings ooreengekom was nie, het dit tweede verweerder genoodsaak om sy eie bundels saam te stel, welke bundels die “ongeveer 2 000 bladsye” behels het – dus is dit nie korrek as beweer word dat tweede verweerder nie aangedui het welke van die blootgelegde dokumentasie hy voornemens is om te gebruik nie. Hierdie bundels was ongeveer tien dae voor die verhoor beskikbaar gemaak, gepagineer en geïndekseer. Mnr Den Hartog het toegegee dat by die aanvang van die verhoor op 29 November 2011, tweede verweerder aanvanklik te min bundels beskikbaar gehad het, maar het hy daarop gewys dat daar toe twee addisionele kopieë verkry is en was hierdie probleem teen 11h00 die oggend uitgesorteer en was tweede verweerder dus toe gereed om met die verhoor voort te gaan. Eiser het egter toe aangedui dat sy gepagineerde bundels steeds nie gereed en beskikbaar was nie, voortspruitend waaruit die uitstel tot 30 November 2011 toe versoek en verleen was. Mnr Den Hartog het dus betoog dat eiser verantwoordelik was vir die uitstel en derhalwe aanspreeklik moet wees vir die verspilde koste van 29 November 2011.


[43] Wat die derde party en meer spesifiek die voorgenome wysiging waarna Mnr Snyman verwys het, betref, het Mnr Maritz daarop gewys dat hy die oggend van 29 November 2011 dit pertinent in kamers op rekord gestel het dat indien eiser sou beweer dat dit die voorgenome wysiging is wat die oponthoud met betrekking tot die aanvang van die verhoor en die uiteindelike uitstel na die volgende dag veroorsaak, dit nie ‘n korrekte bewering sou wees nie. Mnr Maritz het voorts daarop gewys dat hy dit daardie oggend in kamers spesifiek gestipuleer het dat indien die voorgenome wysiging enigsins ‘n probleem sou wees vir eiser wat tot ‘n oponthoud van die verhoor sou aanleiding gee, Mnr Maritz die wysiging sou laat vaar. Mnr Maritz het derhalwe betoog dat eiser uitsluitlik verantwoordelik was vir die uitstel van die verhoor op 29 November 2011 en dus aanspreeklik behoort te wees vir die verkwiste koste daardeur veroorsaak.


[44] Na my mening is dit dus `n gegewe dat eiser se verhoorbundels nie net nie voor die tyd aan die ander partye beskikbaar gestel was nie, maar dat dit ook die oggend waarop die verhoor ‘n aanvang moes neem op 29 November 2011, steeds nie beskikbaar en gepagineer was nie. Die verhoor kon nie ‘n aanvang neem sonder dat dit gedoen is nie. Wat tweede verweerder se bundels betref, was dit tydig aan die ander partye beskikbaar gestel en met betrekking tot die tekort aan twee bundels die oggend van die verhoor, was hierdie probleem teen 11h00 uitgesorteer, op welke tydstip eiser se bundels steeds nie gereed en beskikbaar was nie. Wat tweede verweerder en die derde party se kennisgewing van wysigings betref, is dit inderdaad so dat Mnr Maritz pertinent die derde party se houding met betrekking tot die voorgenome wysiging in kamers op rekord gestel het soos deur hom herhaal ten tyde van sy betoog. Eiser kan dus na my mening nie nou gehoor word om te sê dat dit enigsins ‘n oponthoud kon veroorsaak het nie. In ieder geval, indien eiser op 29 November 2011 gereed was om met die verhoor voort te gaan, kon Mnr Snyman by die aanvang daarvan in die ope hof aangedring het op uitsluitsel met betrekking tot tweede verweerder en die derde party se voorgenome wysigings, wat hy nie kon doen nie, juis omdat eiser nie gereed was om met die verhoor voort te gaan nie.


[45] Gevolglik is ek oortuig dat dit duidelik is dat die uitstel uitsluitlik teweeggebring was deur die skuld van eiser.

[46] Die feit dat eiser se bundels die middag beskikbaar was en die middag eventueel toe ook gebruik was om aanvullende Reël 37- samesprekings te hou, welke die beperking van geskilpunte tot gevolg gehad het, is na my mening irrelevant vir doeleindes van die beslissing wie aanspreeklik is vir die verspilde koste van 29 November 2011. Die feit bly staan dat die Reël 37- samesprekings nie die oorsaak was dat die partye nie die middag van 29 November 2011 in die Hof was nie – eiser was steeds die oorsaak daarvan. Die blote feit dat die tyd toe nuttig deur die partye gebruik was, doen nie afbreuk aan die oorspronklike rede waarom die saak uitgestel was op 29 November 2011 tot 30 November 2011 nie. Die feit dat die bundels ook teen 13h00 beskikbaar en gelewer was, is insgelyks irrelevant, want toe was die uitstel reeds versoek en verleen. Derhalwe behoort eiser na my mening ook aanspreeklik te wees vir die middag se verspilde koste.


BEVEL:


[47] Gevolglik word die volgende bevele gemaak:


  1. Met betrekking tot die geskilpunt uiteengesit in 1(b) van die Reël 33(4)-bevel, word absolusie van die instansie ten gunste van tweede verweerder verleen.


  1. Eiser word gelas om tweede verweerder en die derde party se gedingskoste te betaal.


  1. Met betrekking tot die geskilpunt in 1(a) van die Reël 33(4)-bevel, word die beslissing daarvan sine die uitgestel.


  1. Ten opsigte van eerste verweerder se teeneis teen eiser, word absolusie van die instansie ten gunste van eiser verleen, met geen kostebevel nie.

  1. Wat betref die verspilde koste teweeggebring deur die uitstel op 27 Januarie 2009, word dit gelas koste in die geding te wees, welke koste dus voortspruitend uit die bevel in paragraaf 2 hierbo, deur eiser betaal moet word.


  1. Wat die verspilde koste van 29 November 2011 betref, word dit gelas dat dit deur eiser betaal moet word.



____________

C. VAN ZYL, R







Namens die Eiser: Adv M. Snyman

In opdrag van:

Goodrick & Franklin Prokureurs

BLOEMFONTEIN




Namens die Tweede Verweerder: Adv A.P. den Hartog

In opdrag van:

Lovius Block Prokureurs

BLOEMFONTEIN



Namens die Derde Party: Adv J.D. Maritz SC

In opdrag van:

Webbers Prokureurs

BLOEMFONTEIN