South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2012 >> [2012] ZAFSHC 142 | Noteup | LawCiteS v Meyer (A95/2011) [2012] ZAFSHC 142 (10 August 2012)
Download original files | Bookmark/share this page |
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèlnommer : A95/2011
In die appèl van:-
ESAIAS ENGELBERTUS MEYER ...........................................Appellant
en
DIE STAAT ........................................................................................Respondent
CORAM: HANCKE, WND RP et KRUGER, R
AANGEHOOR: IN KAMERS
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP: 10 AUGUSTUS 2012
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n uitspraak van Zietsman Wnd R (waarmee Hancke Wnd RP saamgestem het) gelewer op appèl vanaf die Streekhof op 17 November 2011. Ooreenkomstig die riglyne neergelê in LAW SOCIETY, NORTHERN PROVINCES v MOGAMI AND OTHERS 2010 (1) SA 186 (HHA) par [3] en S v DLOMO, saak 129/2007, Vrystaatse Hoë Hof, gelewer op 8 Desember 2011 het ons die aangeleentheid in kamers beslis nadat skriftelike betoë van beide partye ontvang is.
[2] Ons het die punte wat deur beide partye geopper is, oorweeg. Mnr Greyling, namens appellant, voer aan dat daar ‘n redelike kans is dat ‘n ander hof kan beslis dat al die klagtes nie teen appellant bewys is nie, hoofsaaklik weens die gebrek aan opset. Geen gronde word geopper wat nie in ons uitspraak hanteer is nie. Na ons mening bestaan daar geen redelike vooruitsigte dat ‘n ander hof tot ‘n ander gevolgtrekking sal kom nie.
BEVEL:
[3] Aansoek om verlof om te appelleer word geweier.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Ek stem saam.
_____________
A. KRUGER, R
Namens die appellant: Adv P du P Greyling
In opdrag van:
Steenkamp De Villiers & Coetzee Ing
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv M Swanlow
In opdrag van:
Direkteur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp

RTF format