South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2006 >> [2006] ZAFSHC 86

| Noteup | LawCite

S v Pieterse (439/2006) [2006] ZAFSHC 86 (14 July 2006)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

IN THE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)


Hersiening Nr: 439/2006


In die saak tussen:


DIE STAAT


en


ARRIE PIETERSE

_____________________________________________________


HERSIENINGSUITSPRAAK

_____________________________________________________


CORAM: KRUGER, R

_____________________________________________________


UITSPRAAK: KRUGER, R

_____________________________________________________


GELEWER OP: 14 JULIE 2006

_____________________________________________________


[1] Die beskuldigde is in die landdroshof Philippolis skuldig bevind aan:

(1) ‘n oortreding van artikel 17 gelees met artikel 6 van die Wet op Gesinsgeweld 116 van 1998, en

(2) aanranding gewoon.

Die klagtes is saamgeneem vir doeleindes van vonnis, en 5 jaar gevangenisstraf is opgelê.


[2] My ampsbroer Cillié R het ‘n navraag aan die landdros gestuur:


(1) Is daar enige getuienis voor die hof dat daar ‘n bestaande gesinsgeweld interdik teen die beskuldigde van krag was toe die voorval plaasgevind het? Indien nie, op welke getuienis het die landdros dan die beskuldigde aan klagte 1 skuldig bevind?


(2) Die opgelegde vonnis oorskry die landdros se jurisdiksieperk. Ek is onder die indruk dat die saamneem van skuldigbevindings vir doeleindes van vonnis nie die landdros magtig om sy jurisdiksieperk te oorskry nie. Vgl:

S v VAN ZYL 1974 (1) SA 113 (T)

S v LEITH 1972 (4) SA 262 (K)


[3] In sy antwoord verwys die landdros na S v HAYMAN 1988 (1) SA 831 (NK) waar Wessels Wn R. te bladsy 832 I – 833 A sê dat alhoewel ‘n landdros klagtes kan saamneem vir doeleindes van vonnis, is hy nie bevoeg om ‘n vonnis wat ten opsigte van een misdryf geoorloof is en ten opsigte van ‘n ander misdaad ongeoorloof is, op te lê ten opsigte van die twee tesame nie. So ‘n vonnis is de jure ‘n nulliteit en moet reggestel word (S v NTULI 1975 (1) 429 (A) op 435C.) Die argument sluit aan by S v LEITH (supra).


[4] Wat die eerste navraag betref, sê die landdros dat die beskuldigde in sy pleitverduideliking nie die bestaan van die beskermingsbevel aangeteken het nie, en dit is as erkenning aangeteken. Die landdros het die getikte notule dienooreenkomstig gewysig. In kruisondervraging veg beskuldigde nie klaagster se bewering dat hy van die interdik weet, aan nie.


[5] Wat klagte 1 betref, gee Artikel 17 van die Wet op Gesinsgeweld die landdros strafjurisdiksie van 5 jaar gevangenisstraf waar ‘n beskermingsbevel verbreek word. Wat klagte 2 betref is die landdros egter beperk tot 3 jaar. Die twee klagtes kan dus nie saamgevoeg word vir doeleindes van ‘n 5 jaar vonnis nie.


[6] In die lig van bovermelde vra die landdros dat die opgelegde vonnis ter syde gestel word en vervang word met die volgende:

Aanklag 1: Ingevolge artikel 276(1)(b) Wet 51 van 1977 – 5 (vyf) jaar gevangenisstraf.

Aanklag 2: Ingevolge artikel 276(1)(b) Wet 51 van 1977 – 6 (ses) maande gevangenisstraf.

Die hof gelas dat ingevolge artikel 280(2) Wet 51 van 1977 die vonnis op aanklag 1 en 2 samelopend uitgedien word.


[7] Die twee klagtes spruit uit een insident. Ek meen dat ‘n vonnis van 5 jaar gevangenisstraf skokkend onvanpas is. Die gepaste vonnis is myns insiens 3 jaar gevangenisstraf.


[8] Die volgende bevel word gemaak:


1. Die vonnisse word ter syde gestel en vervang met:

Klagte 1: 3 jaar gevangenisstraf

Klagte 2: 1 jaar gevangenisstraf

Dit word ingevolge artikel 280(2) van Wet 51 van 1977 gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien word.


2. Hierdie vonnisse moet geag wees opgelê te gewees het op 28 Februarie 2006.




_______________

A. KRUGER, R


/em