South Africa: Constitutional Court

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Constitutional Court >> 2002 >> [2002] ZACC 19

| Noteup | LawCite

Beyers v Eleven Judges of the Constitutional Court (CCT25/02) [2002] ZACC 19; 2002 (6) SA 630; 2002 (10) BCLR 1001 (10 September 2002)

Download original files

PDF format

RTF format

Links to summary

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share

KONSTITUSIONELE HOF VAN SUID-AFRIKA




Saak CCT 25/02


KAREL EDUARD BEYERS Applikant

versus

ELF REGTERS VAN DIE GRONDWETLIKE HOF Respondente


Gelewer op : 10 September 2002



UITSPRAAK






DIE HOF:

[1]Hierdie is =n eienaardige saak. Die applikant siteer die regters van hierdie Hof en wil hulle B iedereen of =n onbepaalde aantal van hulle B dagvaar vir skadevergoeding ten bedrae van etlike miljoene rande. Die aangevoerde skuldoorsaak is die summiere afwysing deur hierdie Hof van =n vorige aansoek deur die applikant om spesiale verlof tot appèl hierheen vanaf die Hoogste Hof van Appèl.[1] Volgens die applikant was sodanige afwysing =n bewuste en kwaadwillige miskenning van sy grondwetlike reg op appèl. Hy vra dan openbaarmaking van die name van die regters wat aan die gewraakte besluit deel gehad het en wil as voorlopige stap artikel 25(1) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 ongrondwetlik laat verklaar.[2] Daarvoor wil hy as verdere voorlopige stap die regters van hierdie Hof laat vervang deur =n onpartydige tribunaal wat deur die Wetgewende of Uitvoerende Gesag aangewys moet word.

[2]Die voorgenome aksie teen ampsbekleërs van hierdie Hof skep =n oënskynlike beletsel wat betref hul deelname in regterlike hoedanigheid aan die huidige verrigtinge. Regters behoort natuurlik nie as sodanig deel te neem aan regsverrigtinge waarby hulle persoonlik betrokke is nie. Hul rekusering en vervanging is egter nie hier nodig nie. Die aansoek is nie alleen prosessueel gebrekkig nie, maar ook wat betref substantiewe meriete, onhoudbaar. Gevolglik sou die aansoek in die gewone loop summier en sonder opgawe van redes afgewys gewees het. Vanweë die sonderlinge aard van die beoogde regshulp meen ons egter dat bondige redes vir afwysing aangewese is.

[3]Ten eerste die prossesuele gebrek. Daar word in die aansoek nie gepoog om te voldoen aan die regsvereistes ten aansien van direkte toegang tot hierdie Hof nie. Volgens die geregtelike hiërargie wat deur die Grondwet geskep is, is die Konstitusionele Hof nie =n hof van eerste instansie nie maar wel die eindbeslisser in grondwetlike sake en verbandhoudende kwessies. Hierdie Hof is alleen by wyse van uitsondering en in gegewe omstandighede regstreeks toeganklik. Artikel 167(6) van die Grondwet maak spesiale voorsiening daarvoor dat direkte toegang tot hierdie Hof by wyse van wetgewing of reëls georden moet word. Dientengevolge stel artikel 16 van die Aanvullende Wet op die Konstitusionele Hof[3] en reël 17 van hierdie Hof se reëls die belange van geregtigheid as =n voorvereiste tot direkte toegang. Die applikant meen skynbaar dat hy geregtig is om sondermeer by hierdie Hof om regshulp aan te klop en gevolglik is daar geen poging om direkte toegang te motiveer nie.

[4]Vervolgens word die substantiewe regshulp ondersoek. Die aansoek en die uiteindelike regshulp wat dit beoog, is op =n wanbegrip gebaseer. Die applikant voel verontreg omdat beide die Hoogste Hof van Appèl en hierdie Hof hom summier en sonder verstrekking van redes verlof tot appèl geweier het. Hy voer aan dat die opgawe van redes vir hierdie afwysing van sy aansoeke om verlof tot appèl =n grondwetlike vereiste is.

[5]Dit is egter =n fundamentele dwaling. Hierdie Hof het vantevore reeds ondubbelsinnig bevind dat die verstrekking van redes by die afwysing van =n aansoek om verlof tot appèl deur =n hof van finale instansie[4] onnodig is en verduidelik waarom dit selfs ongewens is. Dié onderwerp word breedvoerig ontleed in paragrawe 8 tot 19 van die uitspraak van Goldstone R, namens =n eenparige hof, in Mphahlele v First National Bank of SA Ltd.[5]

[6]In die gesiteerde passasie bespreek Goldstone R ter aanvang die basiese submissie dat die Handves van Regte verg dat daar altyd redes verstrek moet word vir regterlike beslissings. Dit sou luidens die betoog regterlike toerekenbaarheid bevorder en gevolglik die legitimiteit van die regsproses onderskraag en openbare vertroue daarin handhaaf. Die uitspraak oorweeg ook beroepe op artikels 32 en 34 van die Grondwet[6] ter stawing van die basiese submissie dat geregtelike besluite altyd vergesel moet gaan van redes. Gemelde oorwegings word in die uitspraak ondersoek en oor die algemeen volmondig ondersteun.

[7]Wat egter hier van belang is, is dat die uitspraak dan daartoe oorgaan[7] om ten aansien van die verstrekking van regterlike redes =n duidelike onderskeid te maak tussen howe in die algemeen en howe van finale instansie by aansoeke om verlof tot appèl na hulle. Om dwingende praktiese en gegronde beleidsoorwegings is dit hier te lande en in vergelykbare jurisdiksies gevestigde reg dat howe van finale instansie =n mate van beheer uitoefen oor hul eie sakelyste. Een van die beheermaatreëls verseker dat die waardevolle tyd van die betrokke howe nie met onverdienstelike appèlle verbeusel word nie. Deur middel van die siftingsproses van verlof tot appèl word dié in die kiem gesmoor. Dit word soos volg gestel in =n voetnota by die passasie:

ACourts of appeal in many democratic countries have a procedure for applications for leave to appeal. It is not customary for reasons to be furnished for the refusal of leave. In countries such as the United States of America and Canada one of the reasons for requiring leave to appeal is to enable their Courts of final instance to control their dockets. In those jurisdictions, therefore, leave may be refused even where there are prospects of success on appeal. As it was put by Lamer CJ in R v Hinse (1996) 130 DLR (4th) 54 at 62:

>The ability to grant or deny leave represents the sole means by which this Court is able to exert discretionary control over its docket. In order to ensure that this Court enjoys complete flexibility in allocating its scarce judicial resources towards cases of true public importance, as a sound rule of practice, we generally do not convene oral hearings on applications for leave, nor do we produce written reasons for our grants and denials of leave.=

In the German Constitutional Court there is also no requirement for the furnishing of reasons for the refusal of an application for leave to appeal. See Kommers The Constitutional Jurisprudence of the Federal Republic of Germany 2nd ed at 19.

For different reasons, it would be appropriate to deal with matters summarily and make orders without furnishing reasons B for instance unopposed applications where the matter is clear or applications for direct access to this Court.@

[8]Die konklusie in Mphahlele was dan ook dat die die Hoogste Hof van Appèl nie grondwetlik verplig is om redes te verstrek waar dit gaan om aansoeke om verlof tot appèl nie. Dit sou trouens die doel van die verlofvereiste verydel:[8]

ATo require the Supreme Court of Appeal to listen to argument and give reasoned judgments in applications for leave to appeal which have no substance, or even to give reasoned judgments in such matters without hearing oral argument, would defeat the purpose of the requirement that >leave= be obtained. Such matters can and should be disposed of summarily.@


Daarom was daar geen meriete nie in die applikant se voorgenome aanval in saak nommer CCT 12/02 op die grondwetlikheid van die Hoogste Hof van Appèl se weiering van verlof tot appèl sonder opgawe van redes.

[9]Dieselfde beleids- en praktiese oorwegings vir die summiere afwysing van aansoeke om verlof tot appèl geld vir aansoeke na hierdie Hof. Daar is trouens wat hierdie Hof betref, dwingender oorwegings waarom die voorlopige sifting van voorgenome appèlle noodsaaklik is. In die eerste instansie is ons jurisdiksie beperk tot grondwetlike sake en daarmee in verband staande kwessies.[9] Bygevolg is dit ten alle tye =n voorvereiste tot =n geldige beroep op hierdie Hof dat dit inderwaarheid gaan om =n grondwetlike of verbandhoudende saak. Die skeidslyn tussen grondwetlike en ander sake is soms bra dof,[10] en moet éérs uitgemaak word. Meermale kan dit gerieflik geskied ten tyde van die oorweging van die aansoek om verlof tot appèl.

[10]Daar is =n bykomende oorweging wat hierdie Hof betref. Luidens reël 18(10) van die reëls van hierdie Hof berus die beskikking oor aansoeke om verlof tot appèl na hierdie Hof nie by =n paneel bestaande uit enkele regters nie maar by die Hof as sodanig. Die hoofregter is by magte om in gevalle van dringendheid verlof toe te staan B maar alleen die Hof mag verlof weier. Tensy die hoofregter dus sy goeddunke ten gunste van so =n applikant uitoefen, oorweeg al die regters die aansoek. In die onderhawige geval was die aanvanklike weiering van die applikant se aansoek om verlof tot appèl na hierdie Hof in saak CCT 12/02 dan ook =n beslissing van al die regters wat destyds hier diens gedoen het.[11]

[11]Ons wil benadruk dat die maatstaf wat aangelê word by die beoordeling van so =n aansoek betreklik toeskietlik is. Die betrokke hof loop nie =n beslissing aangaande die deugde van die voorgenome appèl vooruit nie, maar kyk slegs of die appèl lewensvatbaar is. As daar maar net =n redelike vooruitsig op sukses is, word verlof tot appèl toegestaan. Dit dien ook beklemtoon te word dat nie alleen die appèlinstansie by die siftingsproses baat nie. Die gedingvoerders word daardeur die tyd en B veral die voorgenome appellant B die koste van =n doodgebore appèl gespaar. Die proses is dus allerweë in die openbare belang en skend geeneen se grondwetlike reg op billike beregting van regsaansprake nie.

[12]Om die voorgaande redes was en is die applikant se grondwetlike beswaar teen die afwysing deur die Hoogste Hof van Appèl en deur hierdie Hof van sy aansoeke om verlof tot appèl ongegrond. Bygevolg is die uitgangspunt waarop die regshulp in die huidige kennisgewing van mosie meen te steun kragteloos.

[13]Ter elfder ure en nadat daar reeds kennis gegee is van die lewering van hierdie uitspraak, het die griffier van hierdie Hof =n e-pos boodskap ontvang waarluidens kennis gegee word van die vermeende terugtrekking van die huidige aansoek. Die boodskap is skynbaar gestuur deur een van die applikant se eertydse mede-applikante in saak nommer CCT 12/02. Soos die aansoek self, is dit prosessueel en substantief heeltemal gebrekkig en word nie in ag geneem nie.

[14]Die aansoek word van die hand gewys.


Chaskalson HR Langa AHR Ackermann R


Goldstone R Kriegler R Madala R

Mokgoro R Ngcobo R O=Regan R

Sachs R Yacoob R


[1] Die applikant was die derde van drie applikante onder saak nommer CCT 12/02.
[2] Gemelde bepaling plaas =n beperking op die individu se reg om =n regter te dagvaar.
[3] Wet 13 van 1995.
[4] Luidens aa 167(3)(a) en 168(3) onderskeidelik is hierdie Hof die eindbeslisser in grondwetlike sake en die Hoogste Hof van Appèl in ander sake.
[5] 1999 (2) SA 667 (CC); 1999 (3) BCLR 253 (CC).
[6] Wat onderskeidelik handel met die reg op inligting in besit van die staat en die reg op =n billike openbare verhoor in beregbare sake.
[7] In para 13 tot 15.
[8] In para 15.
[9] Artikel 167(3)(b) van die Grondwet.
[10] Soos blyk uit beslissings soos S v Boesak 2001 (1) SA 912 (CC); 2001 (1) BCLR 36 (CC).
[11] Hul name was ten alle tye openbare kennis en is bowendien per brief van die griffier gedateer 4 Julie 2002 aan die destydse eerste applikant oorgedra. Die smeekbede om bekendmaking van die betrokke name is gevolglik oorbodig.