South Africa: Constitutional Court

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Constitutional Court >> 1996 >> [1996] ZACC 14

| Noteup | LawCite

S v Julies (CCT7/96) [1996] ZACC 14; 1996 (7) BCLR 899; 1996 (4) SA 313 (11 June 1996)

Download original files

PDF format

RTF format

Links to summary

PDF format

RTF format

Bookmark/share this page

Bookmark and Share




KONSTITUSIONELE HOF VAN SUID-AFRIKA


SAAK NR CCT 7/96


DIE STAAT

teen

JULIES


Gelewer op: 11 Junie 1996




UITSPRAAK




KRIEGLER R

[1] Hierdie saak dien voor ons by wyse van ’n verwysing deur die Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof.[1] Dit gaan om die grondwetlike bestaanbaarheid van a 21(1)(a)(iii) van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary Nr 140 van 1992 (“die Wet”). N∴g die verwysende hof n∴g die Wes-Kaapse prokureur-generaal twyfel dat die bepaling wel ongrondwetlik is en die verwysing geskied bloot omdat hierdie hof uitsluitlike jurisdiksie het om Parlementswetgewing ongrondwetlik te verklaar.[2] Die verhoorlanddros voor wie die beskuldigde in die Paarl tereggestaan het, was dieselfde mening toegedaan. Ons stem saam.

[2] Die beskuldigde is daaraan skuldig bevind dat hy handel gedryf het in drie metakaloon tablette (meer algemeen bekend as Mandrax), ’n ongewenste afhanklikheidsvormende stof, in stryd met die bepalings van die Wet. Vir die skuldigbevinding het die verhoorhof staat gemaak op die gewraakte wetsvoorskrif wat, vir sover hier ter sake, so lui:

21. Vermoedens met betrekking tot handeldryf in dwelmiddels.— (1) Indien daar by die vervolging van iemand weens ’n misdryf bedoel—
(a) in artikel 13(f) bewys word dat die beskuldige—
. . . .
(iii) in besit van ’n ongewenste afhanklikheidsvormende stof . . . gevind is,
word vermoed, totdat die teendeel bewys word, dat die beskuldigde in sodanige . . . stof handel gedryf het.


[3] Hoewel daar geen regstreekse gesag oor die grondwetlikheid van hierdie spesifieke voorskrif is nie, is die uitspraak van O’Regan R, namens die eenparige hof in S v Bhulwana; S v Gwadiso,[3] feitlik vierkantig van toepassing. D<<r is bevind dat a 21(1)(a)(i), waar die einste vermoede in werking tree waar iemand in besit van meer as 115 gram dagga gevind word, bots met die vermoede van onskuld en swygreg in a 25(3)(c) van die tussentydse Grondwet, en nie deur a 33(a) daarvan gered word nie. In die geval van dagga, ook ’n gelyste ongewenste afhanklikheidsvormende stof, laat die blote besit van enige hoeveelheid nie die vermoede intree nie maar net die besit van ’n meer noemenswaardige hoeveelheid. Hier skep die besit van enige hoeveelheid die vermoede. Die redenasie in gemelde saak is dus des te meer hier van toepassing. Volgens geen denkbare logika kan die besit van byvoorbeeld ’n halwe Mandrax tablet op sigself vir ’n rasionele mens enige aanduiding wees dat die besitter enige besondere voorneme daarmee gehad het nie. Van handeldryf, daadwerklik of voorgenome, eerder as persoonlike gebruik is dit bepaald geen aanduider nie. Die betrokke voorskrif is daarop gemik om ’n besitter op te saal met ’n bewyslas wat eenvoudig nie met gesonde verstand en gebillikte afleiding strook nie. Wat ookal die beleidsoorwegings wat die voorskrif gemotiveer het, is dit, om die redes wat gemelde uitspraak aanstip,[4] onbestaanbaar met die standaarde van a 25(3)(c) van die tussentydse Grondwet en nie ingevolge a 33(1) regverdigbaar nie.

[4] Wat die aangewese bevel betref, is die redenasie in S v Bhulwana; S v Gwadiso[5] en S v Mhlungu and Others[6] ewe seer hier van toepassing. Geregtigheid vereis dat reg geskied aan diegene wat met welslae ongrondwetlikheid aanvoer, maar is traag om net hulle vir beskerming uit te sonder. Terselfdertyd sou dit die regspleging ontwrig as daar nie ’n sinvolle perk aan die trefwydte van ’n ongeldigheidsverklaring gestel sou word nie. Die bevel in eersgenoemde saak[7] hou die ewewig en word nagevolg.

[5] Bevel

(a) Die bepalings van a 21(1)(a)(iii) van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary Nr 140 van 1992 is onbestaanbaar met die tussentydse Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika No 200 van 1993 en word met ingang van die datum van hierdie uitspraak ongeldig en kragteloos verklaar.
(b) Ingevolge a 98(6) van die tussentydse Grondwet word gelas dat sodanige ongeldigheidsverklaring van toepassing is op die aanwending van bedoelde subartikel in enige strafsaak waar die skuldigbevinding n< die inwerkingtrede van die Grondwet geskied het en ’n appΠl of hersiening op datum van hierdie uitspraak hangende is of nog betyds aangeteken kan word.
(c) Die saak word na die Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof terugverwys vir afhandeling ooreenkomstig hierdie uitspraak.



J C KRIEGLER
Regter van die Konstitusionele Hof


Chaskalson P, Mahomed Adj P en Ackermann, Dicott, Langa, Madala, Mokgoro, O’Regan en Sachs RR stem saam.




[1]Ingevolge a 102(1) van die tussentydse Grondwet Nr 200 van 1993 en r 22 van die ReΝls van die Konstitusionele Hof.

[2]Ingevolge a 98(2)(a) van die tussentydse Grondwet saamgelees met a 101(3)(c) daarvan.

[3][1995] ZACC 11; 1996 (1) SA 388 (CC); 1995 (12) BCLR 1579 (CC).

[4]Id paras 19-24.

[5]Id paras 30-3.

[6][1995] ZACC 4; 1995 (3) SA 867 (CC); 1995 (7) BCLR 793 (CC) para 48.

[7]Supra n 3 para 34.